Londen universiteit wil wit filosofie afskaf

Britse universiteitstudente, vermoedelik nie wit nie, eis dat filosowe Plato en Kant geskrap word van ‘n leerplan, want hulle is wit.

Die stigterslede van die Westerse filosofie, wat die grondslag is van ‘n beskaafde samelewing, moet gaan, volgens studente by ‘n gesogte Universiteit van Londen. Hulle wil Plato, Descartes en Immanuel Kant van die kurrikulum verwyder omdat hulle wit is, het The Telegraph berig.

Die Skool vir Oosterse en Afrika-studies (SOAS) se Studente-unie beweer dat “die meerderheid van filosowe op ons kursusse” uit Afrika en Asië moet wees.

Dit is deel van ‘n wyer veldtog om “dekoloniseer” by die universiteit, sê hulle, om “die strukturele en epistemologiese nalatenskap van kolonialisme” aan te spreek.

Feitlik presies dieselfde eise is deur swart studente van Kaapstad Universiteit verlede jaar voorgehou vir hul wanprestasie. Een swart vrouestudent het selfs gevra dat wetenskap as ‘n geheel uitgehaal word uit die leerplan.

Op ‘n paneelbespreking wat op YouTube te siene is, het die vrou gereageer op ‘n vraag oor die dekolonisasie van wetenskap. “Wetenskap as ‘n geheel is ‘n produk van die Westerse moderniteit en die hele ding moet geskrap word. Veral in Afrika,” was die arme siel se voorstel.

Onder voorgestelde Britse hervormings in hoër onderwys, wil die regering studentetevredenheid plaas in die hart van ‘n nuwe valuasiestelsel, maar kritici vrees dit gaan akademiese integriteit ondermyn.

Sir Roger Scruton, die filosoof, het gesê die eise stel “onkunde” aan die kaak. “Jy kan nie ‘n hele gebied van intellektuele pogings elimineer sonder ondersoek nie en duidelik het hulle nie ondersoek gaan doen oor wat hulle bedoel met wit filosofie nie,” het hy aan The Mail on Sunday gesê.

“As hulle dink daar is ‘n koloniale konteks waaruit Kant se Kritiek van Suiwer Rede ontstaan het, wil ek dit graag hoor.”

Die visekanselier van Buckingham Universiteit Sir Anthony Seldon het bygevoeg: “Daar is ‘n werklike gevaar dat politieke korrektheid buite beheer raak. Ons moet die wêreld verstaan ​​soos dit was en nie die geskiedenis herskryf soos wat ‘n paar dink dit moet wees nie.”

Die Studente-unie by SOAS, ‘n leidende sentrum vir die studie van Asië, Afrika en die Midde-Ooste, glo hulle moet “dekoloniseer” en die universiteit “konfronteer as wit instelling” as een as sy prioriteite vir die akademiese jaar.

Hulle sê dat “wit filosowe” net bestudeer moet word “indien nodig”, en het bygevoeg dat hulle uitsluitlik moet geleer word vanuit ‘n “kritiese oogpunt”: “Byvoorbeeld, die erkenning van die koloniale konteks waarin sogenaamde ‘Verligtingsfilosowe’ geskryf het,” sê hulle.

Dit is maw suiwer kulturele Marxisme.

15 thoughts on “Londen universiteit wil wit filosofie afskaf”

  1. Gee die spul presies waarvoor hulle vra. Laat hulle Fisika 101 bestaan uit die bestudering van hoeveel bakstene jy onder jou bed moet sit om die tokolossie te vermy, en laat hulle Filosofie 101 se kurrikulum die bydraes van pratende bokke dek. http://www.dailymail.co.uk/news/article-1127012/Police-arrest-goat-accused-armed-robbery.html

    Maak net seker hulle graadsertifikate word as sulks gemerk, sodat werkgewers weet waarmee hulle te make het.

    1. Anton, dis nes jy sê! Ek wens elke witmens wil dit besef / begryp / inneem : DAAR IS NIE MIDDEL GROND NIE! Daar sal nooit wees nie. Hulle is nie jou vriende nie, hulle is nie jou maats nie, hulle is nie jou kollegas nie! EN SAL DIT NOOIT WEES NIE. Gaan lees op die “gevreetblad” wat FrontNationaal opgetel het wat swartes sê oor daardie Afrikaner hater & aarts libby “Gillie Skeiter” wat met die gogga getroud is en ‘n halfnaai kleintjie het; jy het ‘n witvel, PUNT! Gaan lees op amren.com en freewestmedia.com, dis nie net hier by ons nie, dis die hele westerse wêreld!

    2. Wat die dom hase nie besef nie, is dat jy nie geskiedenis kan herskryf nie. Dit het gebeur soos dit gebeur het, presies soos dit gebeur het. Net omdat jy nie daarvan hou dat die Boere jou g*t geskop het in die verlede nie, beteken nie jy kan die geskiedenis verander nie. Wys net hoe onnosel en hoe onseker hulle van hulself is, met die dat hulle alles wat vir ons belangrik is wil uitwis

  2. ” ‘n leidende sentrum vir die studie van Asië, Afrika en die Midde-Ooste,
    glo hulle moet “dekoloniseer” en die universiteit “konfronteer as wit
    instelling” . Dit is ‘n universiteit vir wit mense, geskep deur wit mense in ‘n eerste wereld land wat Westerse filosofie wil studeer. Voertsek dan en gaan leer by ‘n ander “swart” universtiteit waar julle jul Asie en Afrika derde wereldse k*k kan gaan leer. Eksuus vir my taal gebruik mede praag lesers, maar die mense maak my de m**r in.

    1. Jy is natuurlik reg Vrystaat, maar ongelukkig is al hierdie instellings besmet en deurtrek met Jode, en ons weet hulle dryf die NWO agenda. Daardie agenda sluit onder meer in om van alle blankes en hulle kultuur ontslae te raak ten alle koste. Kyk maar net na George Sorro’s, en wie en wat hy befonds om ‘n geheel prentjie te kry. Die probleem is die blanke is al so slapgat dat hy toelaat dat die dinge met hom gebeur, sonder dat hy ‘n oog knip daaroor. Wat my elke dag laat wonder is, wanneer gaan die blanke wakker word en uiteindelik se, genoeg is genoeg!

    2. Hierdie dekoloniseer-woord raak nou soos apartheid! A F G E S A A A A G!! Hulle voel seker vreeslik slim as hulle so groot woord kan gebruik. Of hulle hom nou in die korrekte konteks gebruik of die vaagste benul het wat dit beteken, is natuurlik irrelevant

  3. Britse universiteitstudente, vermoedelik nie wit nie, eis dat filosowe Plato en Kant geskrap word van ‘n leerplan, want hulle is wit.
    Anti-wit studente aan die Universiteit van Pennsylvania, in die VSA, het ‘n portret van Shakespeare by die Engelse departement van die muur afgeruk en gekla dat hy nie “diversiteit” verteenwoordig nie.
    Die swart studente van die Universiteit van die Witwatersand het intussen besluit om voort te gaan met hul protesoptrede tot daar aan al hul eise voldoen is. Die lys van hul eise het klaarblyklik ook geen einde nie.

    Dis ‘n globale kanker en word aangevuur deur slapgat Westerse regerings.

  4. Wetenskap is die oorblyfsel van die Sokratiese vraagstellingsproses in Westerse kultuur. Sokrates was wit, daarom moet hulle dan wetenskap ook los, ons weet mos dat hulle wil hê dat wetenskap ook val. Hulle sal dan die resultaat van wetenskap ook moet los.

Maak 'n opvolg-bydrae