Staats- mediese fonds feitlik bankrot

Die Staatswerknemers- mediese fonds kan teen die einde van die jaar heeltemal insolvent wees indien drastiese stappe nie geneem word nie.

Dit sou beteken dat die tesourie die fonds te hulp sou moes snel of andersins dat die fonds saamgesmelt word met ‘n ander, sterker fonds. Alternatiewelik sal die voordele van die fonds se 1,8 miljoen lede drasties verminder moet word of ledegeld sal met ten minste 15% moet styg – twee keer die inflasiekoers.

Een van die redes waarom die fonds in die moeilikheid is, is omdat nuwe lede aansluit, net om daarna groot hospitaalkostes aan te gaan. Van die 5000 nuwe lede wat onlangs by die fonds aangesluit het, het 70% in die hospitaal beland, iets wat baie hoër as die gemiddeld vir ander fondse is.

Guni Goolab, die uitvoerende beampte van die skema sê: “Oor die afgelope ses maande het ons ‘n beduidende toename in eise gesien. Ons het vanjaar ‘n afname in ons reserwe gesien, maar dit word bestuur.”

Mediese fondse moet egter oor ‘n reserwe van ten minste 25% van jaarlikse eise beskik, terwyl verskeie bronne in die mediesefondsbedryf meen dat die staats-mediese fonds se reserwe tussen slegs 5% en 6% mag wees, ongeveer 20% onder die verpligte vlak. Dokumente wat aan die media gelek is, voorspel dat die skema se tekort vir die jaar tot R1,2 miljard kan styg, wat sou beteken dat sy reserwe teen Februarie 2017 op 2% te staan sou kom. Teen daardie tyd sou die skema insolvent wees en nie meer in staat om al sy verpligtinge na te kom nie.

Die Suid-Afrikaanse regering is ietwat teleurgesteld aangesien die staats- mediese fonds as ‘n proeflopie vir sy voorgenome nasionale gesondheidskema gesien word.

Maar dit is ook ‘n aanklag teen die Raad op mediese fondse wat lankal moes ingegryp het om die fonds binne statutêre riglyne te hou. Daar is nou planne om die reserwevlak van 25% te verminder ten einde “groot fondse” tegemoet te kom.

 

7 thoughts on “Staats- mediese fonds feitlik bankrot”

  1. Mediese kostes is buitensporig. Ek het ook onlangs gehoor dat die rakkers bv HF toe gaan en dan dien die maatjie by die privaathospitaal goed in by die mediesefonds vir dieselfde olikheid. Die geldjies wat die fonds dan uitbetaal word gedeel. Een van die reses hoekom die fondse in die gemors is

  2. Verder sit dié mensies dikwels ongevalle by n privaat hospitaal vol hoewel hul klagte nie regtig ernstig is nie.

    Op n ligter trant. Dit het regtig in Pelonomi gebeur dat met n naweek drinkery en messtekery een langs die beseerde op die trollie hardloop , want hy soek sy mes wat nog in die gewonde se lyf steek , terug .

  3. Selfs tydens die sogenaamd “onderdrukkende” Apartheid het die inboorlinge in ons hospitale leeggelê. Die weeklikse roetine van die inboorling is ook van so aard dat baie van hulle op Maandae hospitalisasie benodig. Besopenheid oor naweke is aan die orde van die dag in hul verkose “township” kultuur. Dis ook nie westerse vlakke van besopenheid nie. Al die beskikbare drank word verbruik, ongeag die hoeveelheid. Mediese fondse het gewoonlik ‘n beskermingsklousule oor self-berokkende skade, maar duidelik het hulle inboorling diensnemers nie die inklinasie om dit teen hul eie mense aan te roep nie. Dié glo dat daar elke keer maar weer blanke geld sal wees wat tot die redding kom sodat Philemon oudergewoonte weer ‘n rug het om te ry.

Maak 'n opvolg-bydrae