praag.co.za

Britte stem vandag oor Brexit

Written by

in

,

Jeremy Corbyn, die leier van Brittanje se opposisie Arbeidersparty, het by ‘n byeenkoms in Manchester weer sy steun vir die veldtog om Brittanje in die Europese te hou, toegesê.

Corbyn en premier David Cameron wil albei hê dat Brittanje in die EU bly, maar Corbyn het onlangs van plan verander nadat hy jare lank gesê het die VK moet uit die EU tree.

Boris Johnson, die flambojante voormalige burgemeester van Londen (foto hierbo), lei die uittogstem om weer beheer te neem van die eilande en soewereiniteit te herstel.

Meer as 12 000 sakeleiers het op die vooraand van die emosioneel uitputtende en sterk betwiste referendum verenig om te waarsku oor die gevolge sou Brittanje wegbreek uit die EU.

Die wêreld se vyfde grootste ekonomie sal ’n gevoelige slag toegedien word indien Brittanje die eerste staat word om in die 60-jarige bestaan van die EU weg te breek het hulle gesê.

EU-leiers het gewaarsku dat daar geen omdraaikans is as die Britte besluit om die 28-lidlande vaarwel te roep nie.

“Uit is uit,” het die hoof van die Europese Kommissie Jean-Claude Juncker in Brussel gesê en dit duidelik gemaak dat enige kanse van ‘n post-referendum heronderhandeling oor Brittanje se lidmaatskap van die EU nie moontlik sal wees nie.

Die Franse president, Francois Hollande het gesê ‘n uittrede deur die Verenigde Koninkryk sal “onomkeerbaar” wees.

Die referendum het kommer oor die hele Europa laat ontstaan dat ‘n Britse onttrekking ‘n domino-effek kan sneller wat die integriteit van die blok dalk kan aantas.

Die EU verkeer reeds onder groot druk weens die Eurosonebeleid en migrasiekrisisse wat deur Duitsland se onbesonne verwelkoming van derdewêreld mense geskep is.

Selfs al is dit bly, sal die status quo nie meer ‘n opsie wees nie, meen leiers.

“Wat ook al sy gevolg gaan wees, moet ons ‘n lang harde kyk na die toekoms van die Unie neem. Ons sou dwaas wees as ons so ‘n waarskuwingsein ïgnoreer soos die Britse referendum,” het die EU-president Donald Tusk vandeesweek gemaan.

Meer as 80% van Amerikaners meen Brittanje behoort uit te tree.

Comments

6 responses to “Britte stem vandag oor Brexit”

  1. Guest Avatar
    Guest

    Brexit forever!

  2. Craig Avatar
    Craig

    Obama would be heartbroken

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hulle was in die eerste plek onnosel om toe te tree – jy gee nie jou sowereiniteit op nie, of het hulle by FW geleer?

    1. Johann Schutte Avatar
      Johann Schutte

      Hoe gouer ons demokrasie verruil vir `n intellektuele aristokrasie, wat alle teoloë en regsgeleerdes a-priori uitsluit, hoe beter.

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Dit sal help – my enigste probleem is – wie is daardie mense? Dit is net magsugtiges wat sulke posisies soek en om vir Spyker aan te haal: ” Mense wat dink hulle is donners slim is nie altyd so donners slim nie” –

        Hier is maar so ‘n paar gedagtes wat ek oor ‘n tyd lank mee worstel – hoe kies jy so ‘n leier?

        Vir behoort so iets meer soos ‘n maatskappy bestuur te word. Die ou wat aan die hoof staan word verkies deur die aandeelhouers (dis nou die landsburgers) met goed gedefinieerde doelwitte en teikens – kry jy dit nie reg nie dan waai jou kop in die spreekwoordelike sin – jy ontvang jou vergoeding eers aan die einde van jou termyn. Verder verdien jy nie meer as wat billik is nie – jy ry in gewone karre wat jyself bestuur op dieselfde paaie as die landsburgers – as jy deurmaak wat hulle deurmaak sal jy dalk meer simpatie hê en sorg vir behoorlik infrastruktuur.

  4. Johann Schutte Avatar
    Johann Schutte

    It is very seldom that we have good news. France, Germany, Italy, Netherlands to follow! Brexit is worth a celebratory cooking fire.

Leave a Reply