praag.co.za

Ramallah onthul Mandela-beeld

Written by

in

,

Dit was ‘n geskiedkundige dag vir die stad van Ramallah in Palestina nádat ‘n ses-meter standbeeld van die voormalige president, Nelson Mandela, onthul is.

Die onthulling kom nadat Ramallah se burgemeester, Mousa Hadid, by ‘n gesamentlike nuuskonferensie Johannesburg se burgemeester, Parks Tau, ontmoet het.

Tau het gesê die Madibastandbeeld is ‘n “simbool van hoop en inspirasie vir die mense van Palestina om hul vryheid te verwesenlik”.

“Suid-Afrika het met die ondersteuning van die internasionale gemeenskap apartheid verslaan, en is dit natuurlik dat ons ons ubuntubeginsels as Afrikane uitbrei en in solidariteit met daardie volke verkeer wat tans verskeie vorme van politieke en humanitêre oproer ervaar.” het Tau.

Die standbeeld, ‘n skenking van Johannesburg aan Ramallah, verteenwoordig ‘n simbool van solidariteit met die mense van Palestina.

Die ses-meter hoë brons standbeeld op die Nelson Mandela-plein in die omgewing van Al-Tireh, is die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars Tania Lee, Christina Salvoldi en Lungisa Kala.

Dit is ‘n maand gelede na Palestina gestuur.

Hadid het gesê die onthulling sal gevier word as ‘n nasionale dag, want die standbeeld van Nelson Mandela “verenig die mense van Palestina en Suid-Afrika”.

“Ons wil nie dat verhoudings hier eindig nie. Ramallah en die mense van Palestina het baie om te leer van Johannesburg en die hele Suid-Afrika.”

Die onthulling kom nadat ‘n sending onder leiding van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Savpr) Ramallah in November 2014 besoek het.

Die besoek het uitgeloop op die ondertekening van ‘n Memorandum van Verstandhouding (MOU) tussen Johannesburg en Ramallah omdat Savpr graag internasionale stad-tot-stad verhoudings en samewerking wil bevorder.

Comments

11 responses to “Ramallah onthul Mandela-beeld”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Mense hou vas , kyk hoe die langneuse die SA ekonomie vernietig uit weerwraak .

    1. G Avatar
      G

      Gelukkig sal hulle dit self nie oorleef nie

    2. Zapata Avatar
      Zapata

      OT jy bedoel seker die platneuse ..

  2. Joseph Avatar
    Joseph

    Nog ‘n rede om Ramallah aan te val..

  3. Zapata Avatar
    Zapata

    Gelukkig is die ou standbeeld in Ramallah aangebring en kan die Israelies dit as baken en ruitverwysing gebruik om jy weet wat te doen.

    1. Andrea Avatar
      Andrea

      Jy maak my dag.

  4. Jared van Niekerk Avatar
    Jared van Niekerk

    Jammer hulle het nie die ondier wat in Sandton Square staan, sommer Palestina toe gestuur nie.

    1. G Avatar
      G

      A nee a, wie moet die Broeders van Media24 dan gaan aanbid as hulle daai een stuur? Hulle sal mekaar vertrap by die Uniegebou se haasoor.

  5. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    wat n klomp twak…terwyl die marakkas tussen Israel and Palistinia aangaan, met die vergeselde verwoesting, haat en vrees, is ek seker dat baie min van die “mense op die grond” nou juis omgee oor a swart terroris se standbeeld. Ek dink hulle sou verbande, pleisters and ander mediese materiaal baie meer waardeer het. Weereens links-gesinde dom-astrandheid

  6. Bob Avatar
    Bob

    Now I know where my rates and taxes go – supporting terrorists!

  7. Andrea Avatar
    Andrea

    Is daar nie reeds nog ‘n standbeeld in beplanning nie? Ek verbeel my die laaste nuus daaroor was dat hulle net nie meer plek kon kry vir nÓg een nie!

Leave a Reply