praag.co.za

Een beseer na geweld tussen DA, ANC in Durban

Written by

in

,

Een persoon is beseer toe ondersteuners van die Demokratiese Alliansie en ‘n groep van sowat 40 ANC-ondersteuners gebots nadat ongeveer 1500 mense in Durban Woensdag ‘n DA-saamtrek bygewoon het.

Nadere besonderhede is nie beskikbaar nie, maar die provinsiale leier van die DA, Zwakele Mncwango het gesê aan die einde van die byeenkoms in die Welbedacht-gebied van Chatsworth is DA-ondersteuners gekonfronteer deur ‘n groep van sowat 40 mense wat ANC T-hemde aangehad het.

‘n DA-raadslid Heinz de Boer het gesê: “Toe ons mense die gebied wou verlaat, het ‘n aantal voertuie, insluitend ‘n bakkie met ‘n luidsprekerstelsel en die ANC-vlag aangekom en die pad heeltemal afgesper.”

De Boer het gesê dat hy nie self gesien het hoe die DA-lid gesteek word nie, maar het bevestig dat die wond nie lewensgevaarlik is nie.

Die wond het glo erg gebloei en De Boer het bevestig dat die spanning hoog was.

“Dit het gelyk asof daar soort van geweld sou gewees het as dit [die konfrontasie] voortgegaan het.”

Die eThekwini Metropolisie het opgedaag om die twee groepe uitmekaar te hou.

Comments

One response to “Een beseer na geweld tussen DA, ANC in Durban”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Die wit DA lede het so geskrik hulle hardloop nog steeds , hulle sal ook ‘n militere vleuel soos MK moet kry aangesien 1500 DA’s pakslae by 40 ANC kry.

Leave a Reply