Tussenverkiesings onbepaald uitgestel

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het alle tussenverkiesings, insluitend dié wat vir vandag geskeduleer is, weer onbepaald uitgestel weens voorgesette onsekerheid oor die geldigheid van die kieserslys.

Ongeveer twee derdes van geregistreerde kiesers het tans gedeeltelike of geen adresbesonderhede op die kieserslys nie.

Die besluit volg na ’n onlangse beslissing deur die Kieshof om tussenverkiesings in Tlokwe, Noordwes, in Februarie uit te stel. Daarna is tussenverkiesings in KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en die Wes-Kaap ook uitgestel.

OVK-woordvoerder Kate Bapela sê die Verkiesingskommissie se nuutste besluit is in die belang van vrye en regverdige verkiesings.

6 thoughts on “Tussenverkiesings onbepaald uitgestel”

    1. Ek dink nie dis wat hier aangaan nie. Dis duidelik uit ‘n onlangse hofuitspraak dat die hof bepaal het dat mense slegs as kiesers kan registreer as hulle ‘n vaste adres het. Maar miljoene swartes woon in informele nedersettings (beter bekend as plakkerskampe) waar daar nie straatname en n ommers is nie. Die Verkiesingskommissie glo – en ek dink met reg – dat hierdie mense eintlik ontkieser word.

      Vir my nog ‘n aanduiding dat regters – wit of swart – wat in woonbuurte soos Waterkloof en Sandton bly – nie die geringste idee het wat in die land en die lewe van die gewone mense aangaan nie!

      1. Jys reg en verkeerd. Rooikop het dit bitter naby aan reg. Eerstens gaan zumpie nie bedank nie. Daar gaan geen verkiesings verder wees nie agv hierdie adres nonsens, verder sal die revolusie in SA net vergerger as gevolg van dit en sal hy dus geen ander keuse hê om ‘n noodtoestand aan te kondig nie. zumpie sal dan aan bewind bly en soos sy broer noord van ons maak en ‘n diktator word. Burgeroorlog sal volg.

          1. dis nog 5 maande…baie water gaan nog in die see loop. ek hoop eerder en steeds nog dat ek verkeerd is.

  1. Die adresloses word gebruik om kiesafdelings waar die party nie n meerderheid het nie,,oor te neem met “skok troepe-kiesers” soos dit al jare gedoen word in Noord-Wes prov, dit is vooraf beplande verkiesings bedrog.

Maak 'n opvolg-bydrae