AfriForum sê hul plan om die Universiteit van die Vrystaat (UV) se 2017-taalbeleid te laat toets in ‘n hof is nie ‘n stap om transformasie te keer nie.
Die adjunk-uitvoerende hoof van Afriforum Alana Bailey sê hulle is bekommerd oor die nasionale demografie wat op alle kampusse afgedruk word, alhoewel sy transformasie voorstaan.
Dit is nie duidelik hoe Baily dié twee uiteenlopende standpunte met mekaar versoen nie.
Bailey sê die UV se besluit bevorder nie taal nie en is ‘n stap wat uit voeling is met die ideaal wat in die Grondwet oor taal voorgestel word.
Maar Baily het nie verduidelik hoe presies die swart demografie wat uit transformasie spruit Afrikaans sal bevorder nie, aangesien swart studente juis Engels verkies.
Die rektor van die UV, Jonathan Jansen, het ook intussen verklaar dat waar ‘n dosent swart studente, wat hy erken nie Afrikaans magtig is nie, in hul eie klasse onderrig, “soek jy vir moeilikheid”.
Die UV sê hy sal sy nuwe taalbeleid tot in die land se hoogste hof verdedig nadat Afriforum en Solidariteit gedreig het om ‘n regsgeding aanhangig te maak.
Die Vryheidsfront-plus het intussen ‘n beroep op Afrikaanssprekende ouers en studente gedoen om betalings aan die universiteit te weerhou totdat Afrikaans as onderrigtaal heringestel is.
Die visekanselier, Jonathan Jansen, sê alle belanghebbendes is “geraadpleeg” voor die besluit geneem is om Engels as voer- en administratiewe taal te gebruik.
Jansen moes egter glo haastig van ‘n studentedekaan, Rudi Buys, ontslae raak toe Buys wit studente van Huis JBM Hertzog in 2014 begin dreig het om verengelsing te aanvaar.
Die Volksblad het ‘n klankgreep van die sessie gelek waarop Buys se dreigemente en ontstoke studente se teenkanting duidelik hoorbaar is.
Dit het opslae gemaak.
Buys, ‘n politiek korrekte dweper, het slegs swak Engels met Afrikaanse studente gepraat, terwyl hy as Jansen se handlanger opgetree het om studente te intimideer en te indoktrineer om Engels te aanvaar.
In Maart 2014 het Buys die huiskomitee van die JBM Hertzog-koshuis beveel om “self” die naam van die koshuis te verander. Alle foto’s van vorige huiskomiteelede en die geskiedenis van die koshuis is ook verwyder te midde van verwyte dat van die kosbaarhede “verdwyn” het.
Die koerant het die opname van die sogenaamde “raadpleging” – waartydens Buys Engels met ‘n swaar Afrikaanse aksent gepraat het – vrygestel waarin hy as studentedekaan die huiskomiteelede en studente voor die ultimatum stel dat hulle die Afrikaanse naam van die koshuis onmiddellik moet verander.
Hulle moes ook ophou om ‘n vlagparade voor die koshuis te hou, al word die nuwe Suid-Afrikaanse vlag daar gehys, want “dit herinner aan apartheid en mense wat dink dat hulle beter as ander is”.
Buys het weer om die pos van studentedekaan aansoek gedoen nadat dit vakant geraak het, maar later besluit om dit terug te trek – klaarblyklik nadat Jansen se verengelsingsplanne deur sy toedoen uitgelek het.
Die nuwe taalbeleid met Engels as die amptelike onderrigtaal, “beteken nie die einde van Afrikaans aan die instelling nie”, het die slymerige rektor dié week gesê.
Hy het gesê ‘n literêre fees sal aangebied word met Afrikaanse skrywers en digters om te vergoed vir die verlies.
Vermoedelik gaan dit aangebied word deur die gewone politiek korrekte literêre verdagtes wat Naspers om laakbare politieke redes as “groot skrywers” voorhou.
Jansen sê hy hou van Afrikaans, maar die universiteit moet “groei en vooruitbeweeg” en alleen Engels kan dit bewerkstellig.
Die rektor sê hy sal Afrikaans besig met mense wat in die taal met hom wil kommunikeer. Hy sê hy skryf ook in Afrikaans, maar “stadig” en hy het nie “issues” met die taal nie.
Jansen sê verder ‘n tweederdemeerderheid van die senaat het hul ondersteuning gegee vir Engels ondanks die feit dat sowat 85% van die senaat wit Afrikaanssprekendes is.
Die taalbeleid sal volgende jaar in Januarie vir alle eerstejaarstudente in werking tree en sal geleidelik by onderskeie fakulteite ingestel word.
Studente wat nou by die universiteit ingeskryf is, sal goedgunstiglik vir die laaste keer die geleentheid gebied word om hul kursus in Afrikaans te voltooi.
Jansen sê daar sal ook geen tolkdienste beskikbaar wees nie.

‘n Groot deel van ons mense het nog altyd ‘n groot affiniteit vir die rooi taal en die wat dit voorstaan gehad. Selfs van ons groot (ver)leiers soos Smuts. Hoekom wil diegene heeltyd die kwien se taal bo ons eie stel? In Europa het elke volk sy eie taal en dit keer nie voortuigang daar nie, inteendeel ek dink juis dit is hoekom daar so baie tegnologiese deurbrake vandaar kom – kyk maar bv na die navorsing wat uit van die Spaanse en Poolse universiteite kom, nie eens te praat van dit wat die Duitsers mee vorendag kom nie!
Solank swart studente wat Engels verkies toenemend universiteite bywoon, sal hulle daarop aandring om nié in Afrikaans onderrig te word nie en sal AfriForum onbepaald voortgaan met hul hofsake sonder om mense in te lig oor die ware oplossing vir hierdie probleme, nl. die totstandkoming van ʼn onafhanklike blanke volkstaat waarbinne universiteite rustig kan voortgaan om studente in hul moedertaal te onderrig.
As Soliforum die saak verloor dat dit n uitgewysde Hooggeregshof saak word sal die gevolg daarvan die volslae einde van alle Afrikaanse instelling beteken, hoekom weier die mense om die universiteite met ekonomiese middels tot orde te roep? Wil hulle saamwerk met die taal vernietigers?
Wat is hulle werklike agenda?
Die slegte ding is dat Soliforum gelukkig is oor transformasie. Dit beteken eintlik die einde van Afrikaans want swart studente verkies Engels. Hulle sê nou ook dit moet demografies verteenwoordigend wees, wat nog verder wys dat hulle nie staan op meriete nie. Met hulle PK twak gee hulle die plaas weg. Die hofsaak is ‘n mors van geld want hulle staan nie op enige beginsel nie: Nie taal nie en ook nie meriete nie. Ek kan nie verstaan hoekom mense hulle nog ondersteun nie.
Net nog n stap om blanke mense in toekoms geen toelating by universiteite te gee.
Jonathan Jansen – verdien om in beheer te wees van n
barbaarse engelse universiteit soos hy dit onlangs ervaar het.
Die regsbank kan waaragtig nie so gekorrupteer wees dat wat
totaal in stryd is met n mens se primêre mensereg om sy moedertaal te praat of
die reg om in sy moedertaal opgevoed te word – te belet nie.
Hulle kan hoogstens prorata universiteite toeken aan engelse
en Afrikaanse studente of leerlinge.
Geen regter met of sonder assesore sal sy/haar naam so
weggooi nie.
Ek dink vorentoe sal ons maar nog n Afrikaanse universiteit
moet bou vir Afrikaanssprekende studente om die Afrikaner jongmense te
akkommodeer, d.w.s. na ons selfbeskikking gerealiseer het.
Dit maak nie saak as die hof beslis dat Afrikaans ‘n taal van die instelling is as Soliforum klaar toegegee het oor transformasie en demografie nie. Dis net oëverblinery om die Afrikaners kalm te hou. Duidelik werk hulle saam met Jansen.
Ek kan jou nie nou antwoorde nie – ek moet nou
eers bedaar – ek is nie kompus mentus op die oomblik na ek vrywillig verplig
was om na daardie aartsverraaier se gelieg vir die soveelste keer op radio
sonder mense moes luister.
Afrikaners moet hule eie Afrikaans aleenlik Universiteit stig en f.. die regering, hou die linkse et..s daar uit. Bring die standaard terug na voor die swart oorname. Daar is genoeg Afrikaners in hierdie land oor om bydraes te maak vir die stigting van een en die onderhoud daarvan tot dit selfonderhoudend kan wees.