praag.co.za

Dan Roodt: Anglomaanse professore op Stellenbosch so erg soos ISIS

Written by

in

,

Toe die oorspronklike pleidooi vir slegs Engels aan Maties deur proff. Sandra Liebenberg en A.J. van der Walt aanlyn in hul gunstelingtaal gepubliseer is, het meeste mense dit as anglomaans en selfs ekstremisties ervaar. Tot my verbasing is dit onlangs in Afrikaanse vertaling in die Media24-koerante oorgedruk.

“Afrikaans verdien nie spesiale behandeling” is die titel van hul betoog… maar Engels verdien wel spesiale behandeling! Die denkarmoede wat uit hul teenstrydige, etnies chauvinistiese argumente spreek, oortuig ‘n mens kwalik daarvan dat die Rooitaal ‘n heilsame uitwerking op akademici het; inteendeel.

Liebenberg en Van der Walt lewer ‘n wesentlike pleidooi vir ‘n neokoloniale monokultuur wat van Suid-Afrika ‘n akademiese stortingsterrein van die VSA sal maak. As ‘n mens kyk hoe sleg die geesteswetenskappe, veral letterkunde, filosofie en ander dissiplines in die VSA en Brittanje by die kosmopolitiese, veeltalige Europese tradisie afsteek, dan lei “eentalig-Engels” regstreeks tot verval. Tot omtrent ‘n eeu gelede het Engeland ‘n betreklik geringe rol in die ontwikkeling van die Westerse kultuur en denke gespeel. Selfs oor die afgelope vyftig jaar het verskeie Franse en Duitse denkers – dink maar Heidegger, Sartre, Camus, Derrida of Foucault – kultusfigure in die Engelse wêreld geword en is in vertaling opgeslurp. Waar in die Engelse wêreld bestaan daar so ‘n lewendige literêre en filosofiese debat soos in Parys waar gedurig grondverskuiwende boeke verskyn en hewig geargumenteer word? Nee wat, Londen en New York kan maar gaan slaap.

Omdat die geesteswetenskappe in ‘n hoë mate uit die interpretasie en herinterpretasie van klassieke idees bestaan, sal die groot name van die Westerse denke – wat juis nie Engels is nie – altyd ‘n groot rol op universiteit inneem. Liebenberg en Van der Walt is albei regsgeleerdes wat waarskynlik nie baie gekultiveerd is nie, anders sou hulle nie so ‘n stomme argument ten gunste van ‘n Engelse monokultuur in die akademie aangevoer het nie.

Selfs daardie platpoot-Boeremarxis en voorstander van histeriese politieke korrektheid, Leopold Scholtz, “beken” in dieselfde Media24-publikasies die volgende:

Ek moet vandag iets beken. Anders as die twee geleerde professore (Liebenberg en Van der Walt) is ek geen regsgeleerde nie. Maar ek het, vermoed ek, ’n gesonde verstand. En wat ek in art. 29 (1) van die Grondwet lees, gee my wel deeglik die reg op moedertaalonderwys.

Miskien is Leopold Scholtz ‘n IK-punt of twee slimmer as Liebenberg en Van der Walt, hoewel ‘n mens hier in die geselskap van verstandelik gestremdes verkeer. Maar hy is ook ‘n “grondwetter” soos Hermann Giliomee na diegene verwys het wat hul hoop op die halfgebakte grondwet plaas wat FW die Griek en sy patetiese handlanger, Roelf Meyer, vir ons “onderhandel” het. Afrikaners is destyds besonder sleg deur die verraderlike FW en Roelf by die onderhandelingstafel verteenwoordig; vandaar die feit dat ons vandag oënskynlik oor weinig regte op enige gebied beskik. Engelse, swartes, Indiërs, kleurlinge, selfs Zimbabwiërs wat ongehinderd oor ons grense migreer, word as verhewe bo Afrikaners beskou. Alles danksy die “wonderlike grondwet”.

In dié opsig mag dit, anders as wat die grondwetter Leopold Scholtz dink, waar wees dat die grondwet nie vir taalgelykheid in Suid-Afrika voorsiening maak nie. Gaan kyk maar hoe die beginsel van taalgelykheid in artikel 6 van die grondwet afgewater is, iets waarop die twee Engelse dwepers van Stellenbosch se regsfakulteit tesame met die onsinnige gedagte van “doenlikheid” in artikel 29 insgelyks steun. Maar daar bestaan die Vrede van Vereeniging-verdrag wat erkenning aan “the Dutch language” (waaronder Afrikaans inbegrepe is) in die onderwys verleen, asook allerlei internasionale regsbeginsels wat wel taalgelykheid erken en selfs verplig. Suid-Afrika is geen Engelse eiland nie, maar is deel van ‘n internasionale, veeltalige stelsel.

Liebenberg en Van der Walt se Boerehaat-onderrok hang ook uit as hulle poog om Afrikaans te stigmatiseer vanweë “die taal se geskiedenis en sy voortgesette assosiasie met die apartheidsera”. Dit is natuurlik twak, maar anglomane is vinnig om die assosiasie van Engels met volksmoord en terrorisme in ons land te vergeet. Joe Slovo en Ronnie Kasrils, om nie van John Harris van die Johannesburgse stasiebom te vergeet nie,  het lustig bomaanvalle op burgerlikes in ons land geloods. Dit was strydig met die Geneefse konvensies, dus oorlogsmisdade. Is die terreur van sulke Engelse “tydens apartheid” nie veel erger as apartheid self nie? Sowel volksmoord as terreur is internasionale misdade, waarvoor vele mense al swaar gestraf is. Maar in weerwil van die hiperboliese retoriek rondom “apartheid” is niemand is nog ooit deur ‘n hof of tribunaal aan daardie “misdaad” skuldig bevind en daarvoor gestraf nie. Indien enigiemand verdien om aangekla te word, is dit natuurlik FW de Klerk, wat jare lank ‘n minister in die NP-regering was en daarvoor behoort te boet. Maar niemand gaan hom ooit internasionaal van “apartheid” aankla nie, omdat daar ‘n onderliggende besef is dat apartheid kwalik “meer verkeerd” as Amerikaanse segregasie was. En wie gaan nou ooit die Anglo-Amerikaanse ryk self wil aankla?

Daar is vir my ‘n besliste kontinuïteit tussen die konsentrasiekampe van Kitchener en Roberts, en die soort haat jeens Afrikaans en ons akademiese tradisie wat uit Liebenberg en Van Wyk se tirade spruit. Om Afrikaans as universiteitstaal te wil uitwis, impliseer ook die uitwissing van die mense wat dit praat, dus volksmoord. Selfs assimilasie verteenwoordig ‘n vorm van volksmoord.

Die radikale anti-Afrikaanse menings wat tans in ons land opklink, het veel gemeen met die ekstremisme van ‘n ISIS wat ‘n Islamitiese monokultuur op aarde wil afdwing. Angel-Saksiese politieke korrektheid en die Engelse monokultuur is bloot die keersy van Islamitiese fundamentalisme; dit is ewe onverdraagsaam en verstikkend. Monokultuur as sodanig moet verwerp word. Wat geld vir die ekologie, geld ook vir taal en kultuur: ons oorlewing hang van diversiteit af.

Comments

30 responses to “Dan Roodt: Anglomaanse professore op Stellenbosch so erg soos ISIS”

  1. Jan Brandt Avatar
    Jan Brandt

    Die dilemma van hierdie betoog is dat nie woord vir woord in die Boereverneukers afgewurg kan word nie

  2. Gas 2 Avatar
    Gas 2

    Engels het ‘n baie groter onderdrukkingsgeskiedenis as Afrikaans: waarom het Engeland dan, soos Siener van Rensburg voorspel het, al haar kolonies verloor?

    Ek lees nou-die dag van mensvreters hier duskant Lesotho in die jare toet. Wie wil nou daarmee assosieer?

    Afrikaans het daardie gehate wit-swart bordjies uit Engelse myne in stede oorgeneem, so dit sal stellig vir ewig ‘n skandvlek veroorsaak (maar Afrikaners sal seker steeds lief vir die swart ousie, wat elke oggend in jou intieme slaapkamer skoon moet maak, bly).

    Terselfdertyd het jy nog altyd oor die hele politiese spektrum mense gevind wat Afrikaans as moedertaal praat en dit maak eenvoudig nie sin om die taal nie op universiteitsvlak te wil uitbou nie.

    Soos jy in Duitsland steeds neo-Nazis vind gaan jy altyd die verregse element in die samelewing vind, soos die verlinkse, maar om oor taal te debatteer is ‘n mors van tyd en ‘n mens wonder oor ‘n universiteitsraad se integriteit wat ‘n akademiese standaard so verlaag deur sulke mense aan te stel.

  3. jan Avatar
    jan

    Afrikaans word gebruik as wapen van ‘n volksmoord soos wat die anti-gotters > 80 % van die volk terroriseer.
    As ‘n taal so misbruik word soos in Naspers vir dekades lank as bloot poltieke polmiek medium dan het dit geen bestaansreg nie.
    Afrikaans worrd as wapen van massa vernietiging misbruik, vir dekades lank .
    Die Anti-gottrers is so besig om Praag se bestaansreg / mark te vernietig soos wat met Naspers gebeur het.
    Naspers het alle kommentare gevolglik gesensor / geblok.

    1. Andries Benade Avatar
      Andries Benade

      Weet nie heeltemal of ateiste noodwendig so ‘n groot gevaar vir die Afrikanervolk inhou as wat byvoorbeeld die NGK se dominees soos Nelis Niemandt en kie doen nie. Laasgenoemde is voor in die koor van diegene wat witskuld verkondig.

      1. jan Avatar
        jan

        So Ateisme is die Afrikaner se redding !!!!??
        Juslaaik julle is inderdaad psigopate.
        Sekulere anti-christelike staat soos wat ons reeds het.,is die Anti-gotter projek Hmm? Makabere kompetisie tussen die klomp wit Afrikaanssprekendes hmmm lekker man lekker.
        Mooi so nou weet ons hoe TsafendaSTAAL KLINK.
        die taal van volksmoord .en selfmoord.
        Mooi skoot Tsafendas Human met jou lewenstaak .

        1. boerseun Avatar
          boerseun

          Jan, met respek, jy soek die vyand op die verkeerde plek. Die ateiste en “anti-gotters” tussen die Boervolk is nie die probleem of die stok in die wiele van volksvryheid nie – wel die kommuniste en liberaliste waar daar ook baie ateiste en “anti-gotters” te vinde is.
          Mense soos FW, Pik, Roelf (en die Susterskerke) roem op hul christelikheid en is “pro-gotters”, maar hulle is opperste verraaiers en die skuim van die aarde. Dus, jou argument hou nie water om heeltyd vir arme Thys en Kie aan te val nie.
          Ateiste soos Robey Leibbrandt en Robert van Tonder het veel meer gedoen vir ons Boere se vryheid as vele ander Boere wat hoogheilig met die Bybel onder die arm rondgeloop het. Wanneer iemand “God” voor en “God” agter, weet ek daar is ‘n slang in die gras…
          En nou gaan jy my ook uitskel as ‘n “anti-gotter”…

          1. henkst Avatar
            henkst

            Die BSP van Robert van Tonder is waarskynlik die enigste blanke regse party
            in Suid-Afrika wat ‘n beleid van godsdiensvryheid handhaaf. Hiervolgens mag geen lid
            sy godsdiensoortuigings op die party of op ander lede afdwing nie.

          2. Thys Human Avatar
            Thys Human

            Boerseun, dankie dat jy vir my opkom, maar ek dink darem nie ek is die titel van “arme” Thys waardig nie! Ek voel nie “erm” weens my nie-gelowige oortuigings of my sterk Afrikanerskap nie. Inteendeel, ek beskou myself as “ryk” aan idees, en kennis en begrip vir die probleme waarmee ons as mense worstel.

            En ek steur my nie aan ou Jan se gebrabbel nie. die vent is al jare lank besig om op die internet hierdie soort van onverstaanbare goed te plak. Hy het by geleentheid erken dat hy gereeld pille moet drink – en dit wil lyk of hy soms vergeet!

            Maar jy maak ‘n baie geldige punt oor die nodigheid vir “vryheid van godsdiens” in die Afrikaner-politiek. Verwoerd was nie ‘n ateis of agnostikus nie, maar daar was destyds al bewerings dat hy ook nie ‘n sterk godgelowige was nie. Dieselfde word nou die dag vir my vertel – hier op die internet – van Jaap Marais. Treiurnicht was ‘n diep gelowige mens, maar dit het jie verhoed dat ek en hy lekker kon saamwerk tydens die 83-referendum nie.

            As ons as Afrikanervolk wil oorleef, sal ons hierdie godsdienstige vooroordele (veral die onder verskillende kerke en genootskappe) eenkant moet skuif en saam dinge doen op die politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele vlak.

          3. jan Avatar
            jan

            Nee oom Thysh en jou aliasse ek drink geen pille nie en ek suip ook nie en rook nie boom soos julle nie.. En ek lieg ook nie soos julle nie. Ek is wreed eerlik.

            Maar ek het Christen Verwoerd se moord deur julle Wit Sataniste beleef en ken sy Christen familie persoonlik. Betsie was my Schoombee familie. Dr Verwoerd het probleme met die uitverkieingsleer van Calvyn gehad omdat dit met die Israelvisxie en Nazis verwar kon word – in daai tyd na die oorlog. Hy het in die sendingveld grootgeword.
            Ek was op die Turnhalle beraad en uiters geskok en ontnugter oor die diepgaande liefdeloosheid en psiopatie van die Afrikaners.
            Afstootlike veragtelike mense. Julle voel vere vir ander sogenaamde volksgenote en vreemdes. As julle nie iets kan steel of verniet kry nie of iemand kan bevark en misbruik nie is dit vir julle nie ‘n bargain nie.

            Daaroor is Perskor en die Suidwester toegemaak waar jy gewerk het as redak-terroris. Is ek reg of verkeerd hmm?

            Maar nie almal nie. – dank die Here daarvoor – nie almal nie.

            Toe help ek Oom Carl Boshoff om Oramia te koop sodat ons nuut kan begin om die kaf en die korrels te probeer skei.

            En ons stig die APK en die BCVO volkseie kerk en skole om te te kan ontsnap uit JULLE gemors Tsafendastront. Reuse taak.

            En ons skryf die argiewe se geheime geskiedeinis van verraad en volksmoord op sodat hierdie volkskanker genees kan word.

          4. jan Avatar
            jan

            My Magtag ou Tsafendas Human jy is dan lewenslank presies die grootste godsdiens operateur van almal om godsdiens as wapen teen die Afiikaner te gebruik om die Afrikaner volk polities te vernietig.!!

            Julle spannetjie Ogotters is besig om die Afrikaanse Christen skole te kriminaliseer en die Vrydenkers met sogenaamde Google gechroomde bollie wetenskap- alles met ‘n anti-afrikaner politieke agenda.

            En jy oom Tsafendas Human is ook gekant teen Afrikaans op US. Sal ons die argief as getuie roep? Hmmm

            En ja Vorster se Nietzche Nazi teokrasie van die NGK was afgodediens soos min ander.

            Ek Jan. is die enigste wat godsdiens en politiek onderskei ,maar het na Putin en Sollchenitzen oa verwys wat sê dat ‘n Volksboom met ‘n verrotte kern nie kan bly staan nie. Daar is ateiste op Orania wat die vrede en veiligheid van ‘n Chrostelike omgewing geniet.

            Julle Volkskern is verrot en julle is dit wat stink – binne en buite die Kerke.

            Ons is geestelik ontwapen deur die moord op Christen demokrasie 40 jaar gelede al.

            Staak NOU julle godsdiens vendetta terreur op Praag en bepaal julle by politieke oplossings. Hoe leer jy ou Perskor bobbejane nuwe toertjies hmm?

          5. Riempies Avatar
            Riempies

            Boerseun hierdie probleem is nie n oppervlakkige probleem
            nie wat nou hier eintlik gesê word is dat of die Christene bly stil of die antichriste mag losgelaat word met hulle Godslasterlike beledingings. – In ieder geval is dit die Christene wat eintlik stilgemaak moet word, of die antichriste
            word losgelaat. Dus wie word nou eintlik bevoordeel? Net die antichriste.

            Dat Christenskap vandag in die NSA misbruik word om die
            Afrikanervolk te vernietig en te laat verbaster – is waar, daarom moet elke Christen baie hard werk om hulle gemeentes suiwer en volgens God se Woord te bestuur benewens Prediker 3 kan die hele Prediker vandag gebruik word om ons predikante
            en individuele gelowiges aan te spreek en te lei want n baie groot gedeelte het die pad heeltemal byster geraak.
            Antichriste kan leer om Christene as mens te respekteer.

          6. jan Avatar
            jan

            Nee wat jy maak sommer self jou eie doeke vuil Boet.

            Maar dis die waarheid: Wanneer ‘n sogenaamde volksgenoot vir jou sê : ‘Die Here sal jou seen en Ek bid vir jou’ – dan moet jy besef dat hy jou so erg gaan bevark dat jy kniediep in die str** is..

        2. Andries Benade Avatar
          Andries Benade

          Jou kop raas, oom. Ek het niks van die aard geskryf nie. Ek het bloot geskryf dat diegene wat kwansuis sulke groot Christene is, onder andere die ekstreemlinkse dominees in die NGK wat die Belydenis van Boesak met sy gepaardgaande witskuld, in ons kele wil afdwing, ‘n groter gevaar vir Afrikaners as die klein groepie ateiste (en terloops, ek is nie een van die lg klein groepie nie) inhou. Ek is wel ontnugter met die iinkse politiekery wat die NGK bedryf.

          Hoe dit ook al sy, ek is seker jou mede-Christene – Nelis Niemandt, Andre Bartlett, Biskop Tutu, Frank Chikane en Allan Boesak – sou jou met ope arms in hul politieke geledere ontvang.

    2. Ray Avatar
      Ray

      Anti-gotter = voorstander van rede. Mitologie is ‘n versugting om irrasionele gedrag te regverdig.

  4. Krokodil. Avatar

    The liberal english are using the DA to further their aims now alongside the zionists from england.
    The same was evident during the boer war.
    Its only natural that the two work in collusion because they both created the state of Israel in 49.

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Juis. Thomas Pakenham het die Boereoorlog aan die “Gold Bugs” (Jode) toegeskryf.

  5. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Van wanneer af is regsargumente nodig om die bestaan en gebruik van ‘n taal te regverdig soos wat die Ayatolla Scholtz probeer aanvoer. Die bestaan van ‘n taal is bloot ‘n feit en ‘n feti wat die kakademici van die regsfakultieit en ander werfetters op Stellenbosch en in die rommelmedia met dwaal- en drogargumente oor apartheid probeer wegredeneer. Die feit dat mense soos hierdie so knaend teem oor apartheid maak dat ‘n mens begin dink apartheid is eintlik ‘n uitstekende idee.

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    En wat van Engels se assosiasie met die Britse slawe ryk? En Britse kolonialisme? En die ABO?
    Wat van die feit dat Afrikaans vir twee eeue al spontaan ‘n gevestigde taal in Suid-Afrika geword het voordat Engels afgedwing is as indringertaal?

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Hierdie alles goeie vrae – ongelukkig skryf die een wat die “oorlog” wen die geskiedenis.

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Waar. Winston Churchill het gesê “History will be kind to me for I intend to write it.”

  7. Piet Avatar
    Piet

    Vir wat ‘n ingewikkelde akademiese debat? Hoe Engelser ‘n ding is, maak nie saak waar in die wêreld nie, hoe Swarter raak ‘n ding (land, gebied, diens, produk), hoe hopeloser raak die diens, produk of samelewing ( gewis ook universiteit). Kyk maar na die ou Suid-Afrika se munispaliteite en die dienste wat hulle gelewer het, die wat ‘n Afrikaanse diens gelewer het, was van hoogstaande gehalte, die begrotings, bestedings, dienste was betroubaar. Maar kyk maar net na die gemors waarmee ons vandag sit. Kyk ook na Wes-Europa voor die EU tot stand gekom het en Engels skaars ‘n openbare taal was en die onderskeie volke hul politiek en openbare lewe in hul eie tale bedryf het. En nou met Engels wat toenemend die streek se bindtaal word? Wat ‘n gemors! Hou Engels uit jou lewe uit en jy hou gemors uit jou lewe.

  8. jan Avatar
    jan

    Die Baalkerk kultus was nog altyd ons grootste vyande.
    Die Tweede plek vatter was is die Anglikaanse kerk / Church of England.
    Daarrna in die derde plek is die Marxsistiese Anti-Christe aasdiere – wit en swart.

  9. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Selfs assimilasie verteenwoordig ‘n vorm van volksmoord”.
    Zeker weten.
    In de West-Europese landen wordt bv. (verplichte)’tolerantie’ daarin bewust verkeerd geïnterpreteerd.
    De op zichzelf levende en groeiende ‘paralelmaatschappijen’ van Moslims/Afrikanen e.d. groeien als kool terwijl de krimpende blanke bevolkingen zonder uitzondering onevenredig zwaar belast voor de kosten van ‘multi culti’ opdraaien. Wat o.m. overduidelijk is bij het verhalen/terugvorderen van financiële schulden. Dat gaat ook in belangrijke mate generatie overschrijdend, ‘oerschuld’ gelijkend.

    Bij alimentatie a.g.v. echtscheiding of erfenisrecht wordt natuurlijk de autochtone bevolking extra over de tafel getrokken waarbij de enorme humane schade als ‘normaal’ moet gelden.

    1. Gas 2 Avatar
      Gas 2

      Afrikaners is dalk ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n versoening tussen dit wat “multi-kultureel” is en dit wat eie is, aangesien ons almal uit ‘n multi-kulturele genepoel saamgestel is, maar ook ‘n eie volkstrots ontwikkel het.

      1. Hans Onrust Avatar
        Hans Onrust

        helaas werd en wordt die ‘diversiteit’ die her en der, met sterke aantrekkingskracht, tot grote hoogtes leidde, niet als voldoende geacht. Het MOET EN ZAL alles nog ‘diverser’…… tot er geen blanke meer over is en de laatste linkse goddeloze volksvijandige naastenhater ‘trots’ het licht uit mag doen alsof er een schip wordt gedoopt.

        1. Gas 2 Avatar
          Gas 2

          schip word gedoopt… ek hou hiervan. Seil voort Hans, seil voort!! So saam met die koer van die duiwe.

  10. Zapata Avatar
    Zapata

    Isis is net so sleg soos – n Hans Khaki of Joiner of Meeloper en Kolaborateurs soos Harris, Slove en Kasrils .
    Waar sal FW in pas ??

  11. common-tator Avatar
    common-tator

    Die vraag is of die voorstanders van Engels die taal juis magtig is.

  12. Deon Van Zyl Avatar
    Deon Van Zyl

    100%

  13. Riempies Avatar
    Riempies

    My mening is nog altyd gewees dat n vrou van haar vroulikheid moet inboet om n prokureur te wees veral n hof prokureur, maar nouja daar is soveel van die manlike en vroulike spesie wat mens nie meer as sulks herken nie.

    Die ontwikkeling van gelykheid van geslagte (hermafrodiete) kan ook nie meer ontken word as in sy gevorderde kinderskoene nie, die voorkoms van gay mense is besig om te eskaleer. Kan dit die voorloper van die uitsterf van die menslike spesie word? EN daar begin alles weer van vooraf – Die slim mense praat daarvan dat die aarde weer deur water bedek gaan word. Lyk so of alles weer van vooraf gaan begin tot ons dit regkry om ordelik en met verantwoordelikheidsin die aarde te bestuur. Kan dit wees dat die funksionering van die US sulke ver gedagte paaie by my aangewakker het?

Leave a Reply