praag.co.za

Wit koshuismatrone met klip en baksteen doodgeslaan

Written by

in

,

Die polisie in die Vrystaat het nog nie die naam van ‘n 50-jarige vrou, wie se lyk Dinsdagmiddag op die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum se skoolterrein by Dewetsdorp gevind is, bekend gemaak nie.

Volgens PRAAG se inligting was sy glo mevrou Barnard, die koshuismatrone.

Polisiewoordvoerder, Yanda Ngcukana, sê die polisie is steeds op die toneel nadat twee skoolseuns glo omstreeks 14:20 op die vrou, wat verbonde is aan die skool, afgekom het. Sy was reeds dood.

Die SAPD het intussen bevestig dat die twee leerlinge by die Jimmie Roos Jeugsentrum naby Dewetsdorp vir ondervraging in verband met die moord aangehou word.

Volgens hom is die wit vrou ook ‘n bestuurder van ‘n gastehuis op die skoolterrein.

Haar lyk is by haar bakkie tussen die gastehuis en ‘n dam wat op die terrein geleë is, gevind.

Hy sê die seuns het twee mans in ‘n Land Cruiser-bakkie van die toneel sien wegry. Hulle het glo hulp ontbied.

Ngcukana sê die slagoffer is met ‘n baksteen en ‘n groter klip teen die kop geslaan.

Niks word uit die gastehuis of haar bakkie vermis nie. Hy sê haar selfoon is steeds op die toneel.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Ngcukana sê haar familie moet eers in kennis gestel word.

Johnny Erlank, wat onlangs as skoolhoof uitgetree het, help glo die polisie met hul ondersoek.

Comments

16 responses to “Wit koshuismatrone met klip en baksteen doodgeslaan”

  1. Andy van Vuuren Avatar

    Ja, hoe lewer mens nou kommentaar op NOG n brutale moord.
    Hoeveel meer kan nou nog gesê word. Alles woorde in die wind. Ons werk net mekaar se gemoedere op en raak aan die galbraak oor iets wat ons blykbaar op hierdie stadium niks kan doen nie.
    By die stembus kan daar dalk iets gebeur, maar die meerderheid van die bevolking is so gebreinspoel en geindoktrineer dat daar ook maar vere van sal kom.
    Daar is dalk oplossings maar ek gaan dit nie hier bespreek nie, weens die sensitiewieteit (hoop dit is reg gespel) daarvan

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Andy dit is duidelik dat die swartes ons wil uitlok om ook te begin moor – ek hoop net die Afrikaners kan en sal hulle self beheer. Aan die
      anderkant is blankes baie uitgeslape en intelligent – soos Churchill gesê het “give met a thousand of those Boer solders and I will win this war.” Dus wanneer ons moet sal ons kan – ons moet dit net nooit begin nie.

      1. Neko2011 Avatar
        Neko2011

        Goeie môre Tante Riempies, hoop dit gaan goed vandag : )

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Goeiemore Nekro, ja sowaar dit kan maklik al 4 jaar wees. Dit gaan baie goed met my. Met jou seker ook – veral as jy so baie grasie tyd tans tot jou beskikking het. Skryf n boek! ;-))

          1. Neko2011 Avatar
            Neko2011

            Ha-ha : ) Geen grasie tyd vir my nie; is maar by die werk
            hier in die middestad van Pretoria, omsingel deur regstellende aksie personeel.

            Ek loer nou en dan in by PRAAG sodat ek nie my verstand
            verloor nie.

            Ek het darrem ‘n werk al is dit ondraagbaar. Ek is gesond en
            geseend.

            Maar in elkgeval, ek is bly dat dit goed gaan en mag U ‘n wonderlike dag
            verder hê : )

            Groete…

          2. Dolk Avatar

            Geseënd is die wat tyd in oorvloed het… Daar is hulle wat nie weet wat tyd is nie – wat dit opgaar – soos ‘n ryk man geld opgaar… Dit is beter om een sekonde in wysheid deur te bring as, om ‘n leeftyd om Mammon te dien deur te bring…

      2. Andy van Vuuren Avatar

        Middag Riempies,
        ja jy is reg maar ek glo nie ons sal iets begin nie, dit is klaar begin 1995 deur jy weet wie. Ons Sal net op die regte tyd opstaan. Dit wat ons Skepper dan nie alreeds uitgewis het nie sal ons dan net afrond.
        ek sê wat Dolk ook altyd sê, “God slaap nie”, pasop.

        1. Dolk Avatar

          Daar is ‘n spelonk wat stikdonker en stil lyk vir ‘n vlugtende boosaard en sy sak vol gruwelike dade om in weg te kruip… Dis so goed hy kruip weg in ‘n sandwoestyn – waar die son op sy helderste skyn… Selfs die aasvoëls bespot hom al krassende. Wie kan aan God sê: “Ek kan my dade, my gedagtes van U verberg”?

          1. Andy van Vuuren Avatar

            Naand vreemdeling,
            waar was jy. Genugtig ons het jou verseker almal gemis.
            Baie dankie weereens vir hierdie skerp kommentaar.
            Ja vlug sal hy wel, dit is net onbekend aan hom waar hy gaan beland, dis verseker.
            Hoop dit gaan goed met jou en al die ander huisgenote. Hoe affekteer hierdie rondgeskommel van die sodanige “student” jou kinders se studies.
            Vrede.

          2. Dolk Avatar

            Goeienaand aan u ook.

            “Mis”, is ‘n woord wat my senuagtig maak! 😉 Dit daar ingespit en benat gelaat…

            Deur die Heer se genade is ons uitgespaar en gesond dankies. Ek’s baie dankbaar vir die gesondheid om my werk te kan doen. My worstel is egter meer met dit wat ek nie kan bank nie en, minder met wat deur die pos kom in die vorm van tjeks!

            Onse Seuneman het sy derde jaar met lof geslaag – ALLE eer aan onse Hemelse Vader. Soos vele ander het hy bitter hard geswot. Sonder om te oordryf – sy punte wissel van 72~91% Ons is baie dankbaar en beskeie trots daaroor!

            Van die stakings weet hy dalk maar soveel soos wat ons daarvan weet. (Maar meer as wat ‘n kat van saffraan weet…) Ironies genoeg. (Is die aard van doelgerigtheid nie die afwesigheid van beuselagtighede nie? ;-))

            Gaan dit goed met u en u mensies?

            Baie seëngroete aan u en almal.

          3. Andy van Vuuren Avatar

            Naand Dolk,
            uitstekend goed. Sou ons kla is ons weliswaar ondankbaar.
            Vrede en n rustige nag vir julle almal tuis en al ons vriende hier op Paag.

  2. Gas 2 Avatar
    Gas 2

    Die meerderheid dink daaran dat sommiges wel verniet huise kry. En Uncle Jacob se dan dat alles mooi solied met ‘n stewige ritme voortbeweeg.

    Hulle se dis net ‘n slegte hond wat die hand wat hom voed byt. Dit het jy nou van alles gratis maak.

  3. G Avatar
    G

    Nog ‘n wit teregstelling. Hoe nader SA na ‘n gefaalde staat beweeg, hoe nader kom die oplossing hiervoor.

    1. Rutger Avatar
      Rutger

      Gradatim Ferociter

  4. Frikkie Frederick Botes Avatar
    Frikkie Frederick Botes

    Ek kan slegs byvoeg Matt 7 vers 6

  5. Witbeer Avatar
    Witbeer

    volgens my liberale vriend in Parys,….die moordenaar is n wit skoolkind,…….

Leave a Reply