‘n Petrolbomaanval op ‘n passasierstrein van die Kaapse Skiereiland by Muizenberg het gelei tot spoorvertragings.
‘n Woordvoerder van Kaapstad, Richard Bosman het bevestig dat die treinwaens aan die brand gesteek is.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Bosman sê daar sal vanoggend vertragings tussen Kaapstad en Vishoek wees, maar daar is ‘n busdiens waarvan pendelaars gebruik kan maak.
Pendelaars moes ontruim word en ten minste drie waens is vernietig in die brand.
Geen beserings is aangemeld nie.
Bosman sê ‘n saak van brandstigting word ondersoek.
“Daar was net drie jeugdiges wat ‘n petrolbom na die trein gegooi het, wat veroorsaak het dat dit aan die brand geslaan het. Die sekuriteitswagte het die stad se wetstoepassers gewaarsku. Hulle het hulle agternagesit en drie jeugdiges is in hegtenis geneem en word tans aangehou by die Muizenberg-polisiestasie.”
Intussen sê Metrorail se Riana Scott tegnici werk sonder ophou om die omvang van die skade te bepaal.
“Ons kan bevestig dat minstens drie waens beskadig is. Ons spanne sal werk om te probeer om die diens te herstel. Ons glo dat die oorhoofse toerusting nie beskadig is nie, maar hulle moet dit ondersoek.”

Terrorisme op sy beste. (Oefeninge?) Dit ly my die spul WIL nou maar net die hele land breek. tot daar niks vir enige iemand oor is nie.
Let wel by Muizenberg, die Joodse vesting van Kaapstad. Dis nie vuurpylwetenskap nie.