Die ANC-jeugliga sê hulle gaan ‘n optog in Pretoria lei en die verwydering van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein eis.
Die David Motsamai-tak van die jeugliga in Sunnyside, Pretoria sê in ‘n verklaring hulle is reeds besig om reëlings vir dié optog te tref.
Die jeugliga sal ook glo ‘n versoekskrif oorhandig wat onder meer sal eis dat die standbeeld van Kruger vervang word met dié van struggle-ikone wat tydens die Rivonia-verhoor vervolg is.
Dié optrede dui glo op die “algemene wanfunksionering” binne die liga se geledere sedert Julius Malema die leisels oorgeneem het, het André Duvenhage, ‘n politieke ontleder, gesê.
Dit strook egter heel duidelik met die Kulturele Marxiste se aanslag en is ‘n konsekwente houding deur die Liga.

Paul Kruger is dood vyftig jaar voordat Apartheid regeringsbeleid geword het. Dus is die beplande optog net nog ‘n geval van suiwer en onbeskaamde anti-wit rassisme.
Jip Karel, so ook is Mamelodi na Oom Paul vernoem
Dan moet ons seker ook die dag maar daar wees.
Nou ja toe dan. Weet VF+ hiervan? Nog ‘n lekker wegbly aksie wat deur die Volksgenote geboikot kan word. Vra ook wat AfriForum/Solidariteit daarvan dink. Of dalk Orania wat nie by sulke dinge betrokke wil wees nie.
Spreekwoordelike klip in die skoen