So ‘n wyle terug publiseer Front Nasionaal ‘n artikel oor leierskap en die belang van demokrasie. As ek reg verstaan is die artikel losweg in reaksie op die gerug dat Steve Hofmeyer as tradisionele leier erkenning wil kry en sodoende aanspraak maak op seker voorregte wat hierdie leiers in ons land geniet.
Die skrywer van die artikel gaan vat die laaste paar eeue se leiers en hoe hulle verkies is en van daardie basis word die idee van demokraties verkose leiers ondersteun, veral ten opsigte van ons kulturele groepering. Om te dink dat demokraties verkose leiers die alfa en omega is is egter oordrewe en daarom moet mens verder gaan kyk om te verstaan waar leiers vandaan kom.
Demokrasie is op sy beste ‘n “gemiddelde politieke ideologie”. In die eerste plek kan dit slegs werk in ‘n homgene groep. Die oomblik, soos in Suid Afrika, waar meer as een groep betrokke is, is dit ‘n nommer-spel oor wie het die meeste siele en die minderhede kan eenvoudig nie dieselfde regte kry as die meerderheid nie. Tweedens, sou mens kyk na die homogene groep se IK op ‘n skaal, kan mens duidelik die Bell grafiek waarneem. Met ander woorde dit is die gemiddelde massa wat bepaal wie die leier is en daarom, kyk mens na Amerika se verkiesings, word dit ‘n populistiese geveg om die harte van die massas te wen…
Geld en publisiteit speel net so belangrike rol in demokrasie. Ongeag hoe sterk ‘n leier is, as niemand van hom of haar weet nie, gaan hulle nie vir so leier stem nie. Sou ons vandag ‘n verkiesing onder die Afrikaners hou behoort die leiers van Front Nasionaal ‘n paar stemme te kry, ander leiers van kleiner groepe sal dalk steun kry, maar ek is oortuig dat Steve lag-lag sal wen (as die liberale groep nie stem nie, want dan is Max dalk president!)
Mens moet nog verder kyk as bloot die tekorte van Demokrasie as politieke stelsel. Die karakter van ware leiers is baie keer in kontras met populisme en daarom word baie ware leiers ontmoedig om deel te neem aan die proses. Die ware leier se opinie is dalk die beter opinie, maar nie noodwendig die gewilde een nie. As een leier kool en die ander roomys aanbied, wie dink jy gaan wen? Dit is eers na die tyd as ons tandpyn en maagpyn het dat ons vrae vra. Baie ware leiers het ook nie die sprankelende persoonlikheid om op ‘n verhoog te staan en met die massas te kommunikeer nie. Gaan kyk ons na die groot leiers in die Anglo-Boere oorlog was van hulle maar bot, hardegat manne, maar hulle het gedoen wat niemand anders kon nie.
Die probleem is dat demokrasie so gewild is dat dit vir meeste mense ondenkbaar is dat daar ander opsies is. In kontras hiermee, in die besigheidswereld, word daar nie na gewilde leiers gesoek nie, maar na mense wat hulle bevoegdheid bewys het om die taak te verrig. So wanneer dit by ons geld kom, soek ons die persoon met die meeste vaardigheid, maar wanneer dit kom by ons oorlewing soek ons iemand wat mooi toesprake kan lewer…
‘n Ander belangrike faktor is die kiesers. ‘n Groep mense het die Volksraad so paar jaar terug verkies om namens hulle ons saak te verteenwoordig. Die vraag is egter as ‘n groter deel van die volk betrokke was, sou daar nie ander leiers ook genomineer word en ‘n ander uitlsag verkry word nie? Dieselfde geld vir ‘n party soos Front Nasionaal- As daar nou ewe skielik ‘n ekstra 20 000 mense lede word, sal daar heel moontlik verandering in die bestuurskorps wees. Hiermee doen mens glad nie afbreek aan die leiers wat hulle tyd en geld opoffer om ons saak na te jaag nie. Ons sit tans in ‘n patetiese situasie met ongelooflike onbetrokkenheid van die mense wat ons as die volk beskou. Die kiesers is dus verdeeld en verward en dit maak dit selfs nog moeiliker om demokrasie as beleid te aanvaar.
Wat is dan die alternatief?
Voor mense nou begin weghardloop om kommunisme en diktatorskap voor te hou as kritiek op die skrywe, stel ek voor dat ons waaragtig nuut moet begin dink. Ons moet nuut begin dink oor wat ons huidige situasie is, wat het ons tot ons beskikking, wat is die groot uitdagings en waar wil ons heengaan? Ons het fyngevoelige wesens geword wat nie kritiek kan hanteer nie, wat nie verder wil dink nie, wat gryp na die boere-planne van die ou mense om ons situasie te verbeter.
Ek wil nie met die skrywe ‘n stempel afdruk ten opsigte van wat so model moet wees nie, maar daar is baie opsies en dit is dalk ‘n goeie ding as dit openbare debat word. ‘n Groep mense wat hulle beywer om ‘n profiel op te stel van wat ons nodig het in ‘n leier, waar hierdie leier(s) ons moet heenvat en hoe ons daar gaan kom. Dalk moet mens kyk daarna om dit te beskou as ‘n tipe werks-onderhoud waar ons ‘n paneel aanstel om die bevoegdheid, waardes en deursettingsvermoe van so leier of leierskorps te ondersoek om vir ons die beste man of vrou vir die pos te gaan soek. Die ander opsie is ‘n verteenwoordigende raad van leiers soos wat in die verlede probeer is. Die punt is dat ons, ons nie moet blind staar teen demokrasie nie. Dit is as gevolg van demokrasie wat ons in die moeilikheid is. Die konserwatiewe Afrikaner is oor die laaste eeue al meer as een keer op die bek geslaan met demokrasie en populistiese linkse leiers wat ons volk tenagekom het.
Sou dit waar wees dat Steve as tradisionele leier erkenning wil geniet, kom ons ondersteun hom. Neem in ag dat dit nie net volke is nie, maar stamme binne volke wie se leiers erkenning geniet. As Steve die deur kan oopmaak vir Afrikaner-tradisionele leiers om befondsing te geniet, kan ons al meer leiers op die manier finansier. Dan kan ‘n groep soos Front Nasionaal dalk ook die voordele geniet en sodoende hulle werk beter doen. Al die groepe sukkel om voldoende fondse in die hande te kry om ons saak te bevorder- enige aksie om meer fondse te kry kan mos net vrugte afwerp.
As ons terugkyk na ons eie geskiedenis was daar bitter min goeie leiers op demokratiese wyse verkies. Ons sterkste leiers was manne wat in tye van nood vorentoe getree het en die las op hulle skouers geneem het om waarlik te lei, met of sonder die steun van die massa. Dit is manne wat op beginsel gestaan het en daardie karakter het van hulle leiers gemaak. Ons volk het al meer seergekry by ‘n stembus as wat ons vreugde gekry het daarvan. Ek sal selfs sover gaan om eerder ‘n “goeie” diktator te ondersteun wat sy mense dien (In die Bybel word hulle konings genoem) as ‘n populistiese, gemiddelde demokraties verkose leier. Die oomblik as die volk vir die man op sy naam begin vra gaan julle weet hier is ‘n groot man wat verbygaan…
Ek vermoed egter ons gaan in die nabye toekoms ‘n krisis ervaar soos ons volk nog nooit beleef het nie. Ek vermoed in daardie tyd gaan baie mense wat die artikel lees voor die vraag te staan kom of hulle gaan lei of gaan volg. Dit gaan ‘n smeltkroes wees en ware leiers sal vorentoe tree en soos De Wet en De la Rey sal hulle name ook deel word van ons geskiedenis. As my vermoede reg is, kan ek u belowe ons volgende groot leiers gaan nie demokraties verkies word nie, maar as gevolg van hulle karakter. Dalk is jy wat hier lees een van daardie leiers. Net tyd sal leer en daaroor hoef ons nie te stem nie…

Daar is beslis ander opsies.
Die ju-jutsi opsie – dit is die opsie waar mens twee dinge moet oorkom voordat die tegniek toegepas kan word.
Punt 1: Hou op om die ANC en die staatsmasjienerie te oorskat.
Punt 2: Hou op met die uitleef van die slagoffermentaliteit. Dit is die direkte oorsaak van apatie en die blote aanvaarding van die status quo – wat die probleemstelling in jou skrywe is. Dit weerhou mense om die kopskuiwe te maak wat nodig is.
Die tegniek: (Wat) Gebruik die huidige swakpunte van die regering en buit dit uit.
Hoe? Kies ‘n swakpunt en fokus daarop. Ek fokus op plaaslike regering. Die munisipaliteite is onbevoeg omdat (1) kader-aanstellings, (2) onbekwame mense (3) RA ens, hulle verswak. Gebruik nou die wette wat plaaslike regering reguleer en eis verantwoordelikheid van hulle deur gebruik te maak van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. As hulle nie die versoek vir inligting hanteer ooreenkomstig die wetsvoorskrifte, kry ‘n interdik.
Dit werk uitstekend!
Ongelukkig neem dit lank om die nodige onderbou daar te stel om dit baie uitgebreid te doen. Die kostes is eintlik die problem. En ons mense het maar kort arpies en diep sakke al sien hulle ook die sukses. Alleen maar as hulle direkte voordeel daaruit put stel hulle belang.
By een munisipaliteit het ek ‘n toeslag van 40% op voorafbetaalde meters gestop gekry binne twee maande nadat ek die munisipaliteit daaroor aangevat het. Verbruikers het slegs 60c uit die R se waarde gekry. En hulle het dit maar gelate aanvaar.
In ‘n ander geval ook met elektrisiteit,) het ek voor die Elektrisiteitsreguleerder verskyn. Dit was in Junie wanneer die jaarlikse aansoeke vir bo-gemiddelde aansoeke van munisipaliteite deur Nersa oorweeg word. Ek het op namens myself voor die Nersa-paneel verskyn en 18% afslag vir besighede en 11% vir huishoudings gekry. Dit is ‘n enorme besparing vir die gemiddelde huis en besigheid. Ek het dit nie eens rugbaar gemaak nie. Die mense weet dit nie eers nie.
Hierdie soorte van suksesse is herhaalbaar. Toegegee, dit los nie ons grotere delemmas op nie behalwe as mens die medemens betrokke kan kry deurdat diè moed kry en begin opstaan.
My skrywe het verdwyn oor moderne leierskap .. wens julle kan dit opspoor…
Daar is iets wat ek kan byvoeg want dis ‘n baie aktuele onderwerp om oor te gesels.
Hoe lyk moderne leierskap ?
Nelus Niemandt se boekie hieroor is baie interessant…en Gideon du Plessis van Solidariteit se toepassing van sy eie idees laat mens dink aan die van ‘n eksekuteur van ons Volk se uitgestorwe / bankrot boedel.
Laat ons Johan se voorbeeld volg.
My voorstel sou wees dat slegs mense wat belasting betaal (paye) mag stem, m.a.w. slegs die wat bydra tot die staatskas mag n stem he in hoe die geld bestee moet word.
Meer soos nege wolwe en ‘n skaap wat stem oor wat vir aandete is.
Die skaap dink dat ‘n ‘demokratiese alliansie’ deur jakkalse bestuur (maar ‘n paar wolwe het wat met daardie alliansie saamspeel) ‘n ander spyskaart vir vanaand kan bewerkstellig … Skapie maak ‘n GROOT fout!
Ek sal met graagte my stemreg opgee en daarmee my “reg” om belasting te betaal!
ALL PEOPLE PLEASE WAKE UP
Wake up all people – ignorance is turning our world into an uncontrollable mess.
Quality people are being subjected to incompetence by way of the democratic system.
Existing democratic system cannot support a discipline to protect all people’s interests.
Quality people will have to take initiative and stop the stupidity created by the majority of so called financial heads misusing all people’s circumstances.
Quality people will have to encourage all real men in the interest of women and children to remove all incompetent politicians from the democratic system as soon as possible.
Please copy and paste this onto as many as possible comments
available on the internet even if it is not related to the discussion – just get it spread around the world.
Quality people can then start to redesign the democratic system in the interest of all of us.
ALL THE WEBSITES AROUND THE WORLD COULD JOIN HANDS AND START
A PLATFORM IN THE INTEREST OF EVERY PERSON
http://www.rt.com/politics/ Money is main threat to democracy says Russian elections chief
Published time: 20 Jul, 2015 15:20
“Ek vermoed egter ons gaan in die nabye toekoms ‘n krisis ervaar soos ons volk nog nooit beleef het nie.”
Bitter waar woorde wat jy daar sê, en dit kom al hoe nader! Ek sê altyd, ons sal weer moet veg – soos ons elke keer maar moet veg omdat sogenaamde “leiers” nie wil of kan sien dat jy sluit nie ‘n ooreenkom met ‘n swart barbaar nie – hulle verstaan nie die konset van ‘n ooreenkom en om daarby te hou nie. Hulle het nog NOOIT by ooreenkomste met ons wit Afrikaner nasies gehou nie, wat laat julle dink dat hulle nou sal? Ek kan net vir ons mense bid.
Lees gerus Hosea 3 vs:4 en die eerste twee hoofstukke ook