Karel Combrinck: Moenie hierdie kat aanpak nie

Daar is reeds wyd berig in die algemene media asook hier op Praag, oor die Amerikaanse inisiatief om swaar wapentuig in Sentraal- en Oos- Europa, van die Baltiese see tot by die Swartsee te ontplooi.

Die Amerikaanse propaganda lui dat hierdie opbou van militêre vermoë geskied in reaksie op aggressiwiteit en uitbreidingspolitiek aan die kant van Rusland.

Die waarheid, soos in baie gevalle, is weer net andersom. Dit was duidelik die Amerikaners wat die eerste provokasie aan die Russe gerig het deur in 2002 samesprekings met die Poolse regering te begin vir die installering, op Poolse grondgebied, van anti-missielstelsels wat dan ten doel sou gehad het om as verdediging teen Iran te dien. Gaan kyk maar gerus op ‘n atlas hoe ver lê Pole van Iran af. Natuurlik was hierdie net ‘n wolhaarstorie om die knieknakkende Wes-Europeërs gerus te stel, maar nie die Russe nie wat dwarsdeur die foefie gesien het.

Die Sogenaamde Russiese aggressie , nl. die « anneksasie » van die Krim het eers in 2014 plaasgevind, terwyl die krisis in die Oekraïne in 2013 begin het, dus elf-twaalf jaar na die onderhandelings met Pole. (Dis hoekom dit belangrik is dat kinders op skool van datums moet leer!) Dit is dus duidelik dat die Amerikaners se militêre opbou in Sentraal- en Oos-Europa nie in reaksie is op Russiese uitbreidingsinisiatiewe nie, maar inteendeel dat die Russe se optredes ‘n reaksie was op Amerikaanse provokasie. Wat ook duidelik is, is dat ons nou op die drumpel staan van ‘n uiters gevaarlike situasie wat oornag tot ‘n vernietigende konflik kan eskaleer.

En dit bring ons by die kragte wat hier betrokke is. Enigiemand by sy volle positiewe sal besef dat Rusland nie ‘n kat is om sonder handskoene aan te pak nie. Beide Napoleon Bonaparte en Adolf Hitler het hulle daar te pletter geloop. Rusland is in staat om ‘n leër van miljoene binne ‘n ommesientjie op die been te bring. Daarby het hulle van die mees gesofistikeerde en doeltreffende wapentuig ter wêreld, asook natuurlik grondgebied wat bykans onmoontlik is om in te neem of te beset.

Maar selfs voor enige openlike vyandigheid sou uitbreek, beskik die Russe or ‘n wye spektrum van politieke skuiwe en strategieë. Ons weet almal dat hulle die wêreld se beste skaakspelers is, maar dan is dit ook so dat hulle ‘n wêreldwye skaakbord het om op te speel, want Rusland is kortom ‘n wêreldmoondheid. Rusland speel bv ‘n sleutelrol in die onderhandelings rondom Iran se kernprogram. Daarbenewens is hulle ook verreweg die grootste verskaffer van energie- en ander grondstowwe aan Wes-Europa, ondermeer aardgas waarsonder Wes-Europa net nie kan oorleef nie. Die vraag is waarom die Amerikaners so ‘n kat wil aanpak.

Die probleem wat die Weste het met mnr Poetin is dat hy nou maar net nie in die patroontjie wil pas wat hulle vir hom wil voorskryf nie. (Daarvan het ons ook ondervinding). In ‘n artikel, in die Jerusalem Post van 28 April 2014 getiteld, « Why Putin’s Russia will turn anti-semitic », word die volgende stelling gemaak : « If Putin’s Russia continues on the same nationalistic, xenophobic, insular and imperial course – in other words moving away from the 21st century and back to the 19th – it will inevitably end up accusing Jews of disloyalty and perfidy . » Hoef ‘n mens eintlik veel meer te sê ? Let mooi op die redenasie : Ás Rusland op sy huidige weg voortgaan, dan sál hy anti-semities word!

Dit is duidelik dat die Amerikaners na ‘n casus belli met Rusland soek, casus belli synde die Latynse term vir “voorwendsel vir oorlog”. In die aanloop tot so’n oorlog kan ons allerlei propagandistiese verdraaiings en verwringings van die Amerikaners en hulle Europese skoothondjies te wagte wees. Daarvan het ons ook ondervinding. Die propaganda is natuurlik bedoel om sover moontlik die hele wêreld op te sweep en in te sleep by hulle geskil met Rusland wat, indien dit op oorlog uitloop, ‘n stryd om lewe of dood sal wees. Dit is terloops te betwyfel of die dekadente en ruggraatlose Europeërs hoegenaamd aan so ‘n oefening sal wil deelneem. Miskien ‘n bietjie « logistieke steun » hier en daar, maar weinig meer. Hoe kan Europa in elk geval bekostig om in so ‘n avontuur betrokke te raak met die rampspoedige ekonomiese situase waarin hulle verkeer (Griekeland bv. op die vooraand van bankrotskap), terwyl die miserabeles uit Noord-Afrika Europa by hulle honderdduisende binnestroom.

In die twee wêreldoorloë teen Duitsland is Suid-Afrika ook bygesleep, deur propaganda en onderdanige leiers. As beloning daarvoor is ons op die vullishoop van die wêreld gegooi. Hopelik sal enige toekomstige konflik sonder enige bydrae van gedienstige Afrikaners geskied, in elk geval nie aan die kant van Amerika nie .

42 thoughts on “Karel Combrinck: Moenie hierdie kat aanpak nie”

  1. So ‘n oorlog sal rampspoedig wees. Ek weet nie hoe die weste kan dink om so iets aan te pak nie. DIe weste se vervaardigingsvermoë sit in Sjina, die staal in die wêreld word deur ‘n Indiër beheer. So iets is om die dood van die hele weste te soek.

      1. Dit lyk of die weste hulle eie dood soek – daar is ‘n groot kulturele selfmoordpoging aan die gang. Hierdie aanslag kom nie van buite nie – dit het deel geword van die wese van die weste. Die kommuniste het mos gesê dat hulle die weste sonder slag of stoot gaan oorneem – dit is besig om te gebeur voor ons oë.

        1. Ek wil net een ding se…dit lyk my ons almal neig om te vergeet wat se misleier Amerika is. ons kan getuig van hoe Amerika ons in1975 “gedrop” het met die eerste inval inAngola. hulle het hul steun aan die RSA gegee om die PLAN en FAPLA magte in Angola ten te staan. Ek vermoed hulle het gedink RSA sou nie die “guts” he om Angola binne te gaan nie. Sekere SADF magte was ongeveer 50 km vanaf Luanda toe die VSA besef dat hulle nie met ‘n popspeel weermaggie te doen het nie,maar met manne “that mean business” en hulle steun aan die RSA en SADF onttrek het. Hulle gatte afgeskrik sou ek se…. Daarna het hulle telkemale bewys dat hulle iets sal begin maar sodra dit ernstig word sal hulle ‘n koue skouer draai, terugstaan en die debakel wat hulle begin het veroordeel.
          Suid Afrika het nie geval a g v die kommunistiese invloed van Rusland nie,maar eerder deur die VSA wat hom as bondgenoot voordoen en dan skielik terugstaan en die aksie veroordeel.
          Ons moet baie waaksaam wees….Amerika is NIE die vriend van Liberalisme en vrede nie,maar eerder die “bulldog” wat ‘n geveg begin en dan terugstaan en kyk hoe die klein brakkies mekar verskeur. Die VSA doen NIKS sonder dqat hulle deeglik geredeneer het hoe hulle voordeel uit ‘n situasie kan trek nie…anders sal hulle nie betrokke raak nie…FEIT…
          Kyk maar na die “weapons of mass destruction” in Irak…om van Afghanistan nie eers te praat nie…
          Hulle het wel ‘n helse duur les geleer met die Vietnamese oorlog en hulle vingers verdomp goed verbrand daar.
          Ons moet onthou dat die VSA die ontwerper van disinformasie is…hulle is absolute deskundiges daarin…en die ironie van die saak is dat die wereld homself “time and again” daarmee laat vang. Die Russiese Kommunistiese bedreiging is nie die groot “threat” nie , maar eerder die VSA se skynvriendskap met die res van die Westerse wereld. Ek maak nie asof ek die alwetende in hierdie saak is nie…ek is ‘n praktiese mens, en ek basseer my opinie op praktiese ondervinding.
          Groete en sterkte aan almal

          1. Amerikaners is dapper soldate solank hulle die verserkering het dat die oorlog nie langer as drie dae sal duur, daar nie meer as drie soldate sal sterf nie EN hulle die oorlog gaan wen.
            As nie, is dit soos jy sê, laat die brakkies mekaar verskeur met die wapens van dieselfde bron aan beide vegtende kante.

    1. Sal die Weste nie juis andersom aangespoor word deur die Sjinese en Indiese vervardigings industrie om hulle vervardigingsaanlegte te vermeerder nie aangesien daardie lande dan die oorlog sal finansier tussen Europese lande nie.

      Rusland moet versigtig wees… hulle is eelf nie so gedug as wat hulle voorgee nie.

      Montgomery het die foefie begin toe aan hom gevra is wat hy nie in ‘n oorlog moet doen nie en sy antwoord was “Don’t invade Russia”. Hoewel die Britte hom ophemel as een of ander super genraal gee niemand anders om oor sy intellek nie want hy het nie een gehad nie. Feit is dat die vier groot nederlae wat invallers in Rusland geley het juis so uitstaande is omdat dit so skaarse verskynsel was. Net vier keer in ‘n duisend jaar het invallers misluk.

      Selfs hier in ons 20ste eeu het Duitsland en Pole binne vyf jaar uitmekaar in 1917 en 1921 Russiese weermagte verpletter en vernederende vredsverdragte afgedwing.

      Dis nie om te wil voorgee dat ek ten gunste is van Russiese en Amerikaanse Koue Oorlog hernuwing nie, net dat Rusland eerder versigtig moet wees ook. Feit van die saak is dat Amerika die een is wat speletjies speel en deel van Europa se swaai na regs is juis ‘n begin van onwilligheid om meer deel te wees van Amerika se internasionale polisieman optredes ter wille van hulle eie gewin.

      Ek dink dat die EU binnekort krake gaan begin toon met die linkse Duitsers en Franse an Duitsers wat waanhopig die organisasie probeer aanmekaar hou met ‘n pro Amerikaanse houding terwyl al hoe meer die res van Europa soos Griekeland en Bulgarye en Hongarye hulle gaan wegdraai vanaf Europa af. Kom ons wees eerlik… die enigste ding wat Europa aan die gang hou is Angela Merkl se wanbesteding van Duitse mense se belasting geld. Eendag gaan hulle gatvol raak vir haar.

      1. ‘n Mens kan by die lys van mislukte Russiese oorloë die een, nog onder die tsaar, teen Japan voeg.
        Ek dink dit gaan in Karel, en Rookop, se standpunt meer oor die feit dat die Afrikaner hom nie in ‘n Russies-Westerse stryd aan enige kant moet laat insuig nie, iets soortgelyk aan dr. DF Malan en die NP se standpunt wat neutraliteit in WO2 betref (teenoor die pro-Duitse standpunt van die Ossewa Brandwag-manne). En dink net hoe verstandig was Malan se standpunt, dat as die Afrikaner en Suid-Afrika, ongeskaad deur die mense- en materiële verliese, die na-oorlogse tydvak kon betree.
        Dankie nietemin vir jou opheldering, dit gee inhoud aan ‘n probleem wat koelkop-beredenering vra en wat dalk gouer op die Afrikaner afkom as wat hy mag glo.

        1. Daar stem ek saam Salie – dit is nie ons bakleiery nie en die een ding wat ons nie moet vergeet nie is dat die amerikaners ons nie goedgesind is nie en tot baie onlangs het die russe ons vyande gehelp en gefinansier –

          Al het ek waardering vir dit wat Putin tans daar doen – hy is een van die min wêreldleiers wat lyk of sy word sy eer is, vertrou ek hom nie. Hy is eks KGB so hy was deel van daardie masjienerie. Tweedens is hy ‘n politikus en die een ding wat ons in ZA politiek geleer het is om nie op prinse te vertrou nie.

        2. Die oorlog teen Japan – indien Japan net een skuif gemaak het, kon die oorlog sommer gou oor gewees het met ‘n maklike oorwinning vir Japan. Hulle moes net die enigste toevoerroete gesaboteer het – die Trans-Siberië spoorlyn.
          Watter soortgelyke swakhede is daar tans nog in die Amerikaanse en Russiese monderings?

          1. Presies. Blindelingse oorgawe aan ‘n ander se stryd? Soos die Spreukedigter skryf: Ywer (vir ‘n ander man se oorlog) sonder kennis (van ‘n oorlogsteater waarin mega-spanne strateë in fasiliteite soos die Pentagon en West Point en, wie ken die hoofkwartiere van die Kremlin, mekaar sit en beskaak), is gevaarlik. Nee, wat, dan volg ek maar oom Jaap se raad: Kies reg, bly weg.

          2. Die ywer waarna jy verwys is ook sommer van toepassing op die ANC. Hulle ywer het gemaak dat hulle die probleme waarmee hulle te kampe gaan hê, totaal onderskat en hulle vermoë om dit te hanteer oorskat.
            En hulle het nie die kennis (practise) en gepaardgaande vaardighede om die probleme op te los.

          3. Die verdomde ingelse redigeerder maak dat prakties nou sommer pactise word. Plaas dat die ding dit verander na ‘know-how’.
            Kan iemand my laat weet hoe om die redigeerder af te skakel/uit te skakel?

          4. welk programma en waarmee/met wat voor apparaat(een phone ?), werkt u over ‘know how’ gesproken ? 😉
            Dan zullen we vanuit hier een poging kunnen wagen

          5. Hans, ek is bietjie onkundig oor die programmatuur. Dit is maar die een hier op Praag dws Disqus.
            Gebruik nie ‘n foon nie.
            By voorbaat dankie!

          6. Treed dat alleen bij PRAAG op met Disqus ? Merkwaardig, Google doet dat niet automatisch en Disqus ook niet.

            Bij Apple gaat dat dan bij ‘System preferences’, keyboard, automatic spelling correction.

            anders bij Windows :
            PC instellingen, algemeen, spelling——–aan of uit zetten

          7. Die doel agter die Japanese-Russiese oorlog was om Rusland te verswak sodat die Bolsjewiste, wat toetentaal joods was, Rusland maklik kan verkommuniseer. Die Rothschilds trek hulle toutjies en dinge gebeur volgens hulle wens. Die volkere moet net eenvoudig weier om te veg. Daar kan nie ‘n oorlog wees as daar nie soldate is nie. Die grootste fout wat die Afrikaner gemaak het, was om deel te neem aan die twee wereld oorloe.
            Baklei nie vir ‘n jood of K4 nie, nog minder vir ‘n Sassenach of Amerikaner nie.

          8. Dankie vir die inligting.
            Jou laaste sin is verseker geldig – vir wat sal ons veg behalwe ons eie wat gepaard sal gaan met baie verraad deur eie volksgenote?
            Die maklikste manier van veg op die stadium is met ons vermoëns. Val die opponent aan waar dit seermaak – hulle sakke.
            Dit werk, altans vir my.

      2. ‘n Mens kan by die lys van mislukte Russiese oorloë die een, nog onder die tsaar, teen Japan voeg.
        Ek dink dit gaan in Karel, en Rookop, se standpunt meer oor die feit dat die Afrikaner hom nie in ‘n Russies-Westerse stryd aan enige kant moet laat insuig nie, iets soortgelyk aan dr. DF Malan en die NP se standpunt wat neutraliteit in WO2 betref (teenoor die pro-Duitse standpunt van die Ossewa Brandwag-manne). En dink net hoe verstandig was Malan se standpunt, dat as die Afrikaner en Suid-Afrika, ongeskaad deur die mense- en materiële verliese, die na-oorlogse tydvak kon betree.
        Dankie nietemin vir jou opheldering, dit gee inhoud aan ‘n probleem wat koelkop-beredenering vra en wat dalk gouer op die Afrikaner afkom as wat hy mag glo.

      3. Ek stem saam – ek dink die russe is ook besig met “posturing” – lyk groot want so ‘n oorlog sal vir hulle ook duur te staan kom. My probleem met die hele situasie is dat as ooste sou saamstaan teen die weste dan het die weste geen vervaardigingsvermoë om vir hulleself wapentuig te vervaardig nie- (dit is die weste se eie skuld aangesien die grootste gedeelte van die vervaardigingsvermoë na die ooste verskuif is om ‘n paar sente te spaar. Op die korttermyn kan die ooste die goederekrane toedraai na die weste toe)

        Ek reken die Duitsers is reeds besig om keelvol te raak. Ek het ‘n vriend wat nou onlangs daar op kontrak gaan werk het. Dit is ‘n nagmerrie – die wetgewing ens is nogal streng veral as dit by belasting kom. Blykbaar is tot 20% van die britse hoëtegnologiemark in Duitsland op 6 maande kontrakte (dit is om by die belastingwette verby te kom). Verder is Duitsland oorspoel van vreemdelinge wat daar werk. Die geld vir ontwikkeling kom nie van die tradsionele Duitse maatskappye nie maar van oosterse maatskappye bv Huawei –

      4. China is a counter-balancing force for Russia. The US navy is therefore becoming a very expensive accoutrement with little application. Russia (along with Belarus and Kazakhstan) remains the most politically stable and secure land bridge to Europe, thus the ham-fisted attemps to destabilize Ukraine.

        If you watched the movie “V for Vendetta”, the opening scenes showed a dystopic London where “curfew” is imposed on all except the police every night, and loudspeakers warn people that they can be arrested if they violate the curfew. That is the sign of the police state.

        Except a police state would not even bother to announce it through the loud speakers. The real mixed race London, as with 75% of cities in US, already have “curfews” for the young [read blacks], under 18. They don’t tell you loudly, they just arrest the them, “for their own protection”, and then demand that their parents pay fines to bail out the children.

        China doesn’t have it. US, Canada, UK, France, Taiwan do.

        Even Libya and Egypt don’t have it. Which is how they went through the “Arab Spring” Revolutions at the hands of protesting teenagers. They were only too late to impose curfews after the revolutions started.

        Some fun facts:

        (1) in 1857, the British enacted Ordinance No. 9, the “light and pass” ordinance of HK, imposing a curfew on HK’s Chinese residents between 8PM and sunrise. Any Chinese who wanted to be on the streets during the night must first obtain a pass.

        (2) in 1942, many US cities passed curfew laws banning Japanese Americans from the streets at night.

        (3) similarly, during WWII, Nazi Germans imposed curfews on Jewish populations in several countries in Europe.

        Of course, the rationales were that the Japanese Americans during WWII might be prone to crimes at night, and the Chinese in HK might murder the White British at night (or are just all criminals any ways).

        But we know that this is about preventing a race war, because diversity comes at an enormous cost.

        Both costs – the navy as well as policing diversity – are never listed by war game enthusiasts, sadly.

  2. Putin gaan die boi in die “nie-meer-wit-huis” n les in skaak leer, ten koste van miljoene onskuldige lewens.
    Die boi en sy senaat van elite skuim is besig om die Beer se goeters met n doringtak te krap….. magsopbou soos nog nooit van te vore in die Oosblok lande….
    Rumour has it,…… en dit kan ek nie bevestig nie, Putin en/of een van sy grootkoppe het in De Aar n 7 uur samespreking gehou met Zums en Malema so n week of wat gelede……

    1. “Rumour has it,…… en dit kan ek nie bevestig nie, Putin en/of een van sy grootkoppe het in De Aar n 7 uur samespreking gehou met Zums en Malema so n week of wat gelede…”

      Sê wie?
      Hoekom De Aar? Seker nie omdat Japie Laubscher en sy beroemde Boere-okes, die Ysterplaat-kêrels, van De Aar was nie? Moet nou nie sê die Russiese Beer is in ons eie land aan die wals nie? Dis natuurlik nou behalwe die Boere se eie oorspronklike Beer.

          1. Moenie vir my sê jy ken vir Pik nie. Daar was mos bewerings dat hy en Henry Kissinger KGB…

          2. agnee Salie weet of dit Gerhard is nie… ek ken nie vir Pik nie, ek drink glad nie en hou my eie lewer, die enigste Kissing was toe Pikkie, Henry se agterstewe gekiss het die tyd toe hy RSA in VN moes beskerm…… Bacchus het alles om ver gegooi

          3. Wou skryf daar is soveel waarhede in hierdie goeie grappie versteek, of goeie grappies in ‘n enkele waarheid, toe dog ek los dit maar.
            Sela.

  3. zeker Karel.
    En het bevrijde democratische Duitsland mag als kolonie in EU verband zoals beoogd en voorzien wat klappen wegsteken met de boycot die vooral Duitsland miljarden € kost.

    En zo komt men maar zo bok dat kleine linker blauwe vlekje ‘in het niets’ 😉 met, voor wie wil, twee korte informatieve docu’s over olie, bernstein, een ijsvrije haven, en wat Iskander ‘vuurpyle’.
    Terwijl de Poolse vrinden nog maar ongemakkelijk door blijven balanceren met de beer over de bossen bij Katyn.

    https://www.youtube.com/watch?v=HAiQrh0by5o

    https://www.youtube.com/watch?v=V7aN5uZGIIs

  4. Leopold Scholtz sal van u verskil want hy het homself totaal by die Amerikaanse stel leuens ingewerp en verkondig dit sonder ophou, net soos Naarpers. Hy dink seker ook net soos die Baltiese state en Pole dat die Amerikaners hom gaan kom help. Die arme mense in die Oekraïne het ook so gedink tot hulle spyt.

    1. nog 1 spuit met 5cl Botox rond de lippen van Billary en de mond kan niet meer mee als het woordje ‘woman’ moet komen…..

      Maar kan de heer Trump niet gewoon het haar van Oprah op laten zetten i.p.v. haar als vice te lanceren 😉

  5. Kan elke land maar nie net homself regeer nie?? Die Amerikaners het hulself as “loer -broer” aangestel oor die res van die wereld en wil vir almal voorse en voorskryf. En duidelik hou hulle nie van die lande of leiers wat hulle voorskrifte teen staan nie….Amerika en kie sal baie mooi moet dink om die Russe aan te vat. Dit lyk of dit ‘n geval gaan wees van “wie nie wil hoor nie, sal maar moet voel”.

Maak 'n opvolg-bydrae