praag.co.za

Vergete ‘Wit Zoeloe’ deur die Koningshuis onthou

Written by

in

,

Die Britse Hoëkommissaris in Suid-Afrika, Judith Macgregor, het aangekondig dat Koningin Elizabeth die Tweede die Orde van die Britse Ryk (OBE) aan die Suid-Afrikaanse musikant en anti-apartheidsaktivis, Johnny Clegg, toegeken het.

Sy sê in ‘n verklaring dit is in erkenning vir Clegg se dienste aan die kunste, mense en kinders wat kwesbaar is en vir “demokrasie” in Suid-Afrika.

Die 62-jarige Clegg, ‘n Jood, voorheen bekend as die “Wit Zoeloe”, was veral bekend vir sy musiekgroepe, Juluka en Savuka.

Clegg het deurentyd seker gemaak dat hy die gesig van die groep bly en sy swart musikante is op die agtergrond gehou en glo swak betaal.

Sy musiek was vir ‘n wit gehoor bedoel. Swartes het geen aanklank daarby gevind nie en hy is vandag grootliks vergete.

“Dit was ‘n lang reis van meer as 30 jaar, toe ek die eerste keer begin het om te eksperimenteer met eg-Suid-Afrikaanse oorloopmusiek, en terselftertyd besig was om ‘n kulturele aktivis in die stryd teen apartheid te wees,” het hy gesê.

“Ons musiek is verbied op nasionale radio,” het Clegg gesê, maar vergeet om by te voeg dat sy plate vryelik beskikbaar was.

Hy het gesê hy is ook deur die veiligheidpolisie gejag.

Hy het gesê hy het aan die End Conscription Campaign, het die vakbondbeweging, die Bevryding van kinders in aanhouding-veldtog deelgeneem in pogings om die gedwonge verskuiwings van landelike gemeenskappe die hoof te bied.

Hy het ook met sy musiek fondse ingesamel vir die United Democratic Front, het hy gesê.

Comments

5 responses to “Vergete ‘Wit Zoeloe’ deur die Koningshuis onthou”

  1. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Watter Britse ryk?

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Ouderdom is n blixim of hoe ou Liesbet? Dit lyk vir ook hoe
    later hoe kwater.

  3. GAS Avatar
    GAS

    Nou maar toe – baie geluk ou Jonnie. Was daar nie n Afrikaner in die 80’s wat ook as die wit Zoeloe bekend gestaan het nie , kan my so iets verbeel. Miskien kan hy vir jonnie hof toe vat vir naamsteel of so iets. Het in die mid 90’s in die Natalse middelande gewerk en toe ook n wit Zoeloe (van Ingelse afkoms) naby Greytown ontmoet. Hy en sy 2 half wit, half niks seuns het baie informasie deurgegee oor die plaaslike bevolking se alledaagse bedrywighede soos wapens smokkel , dagga rook en -smokkel ens. Ek dink hy was arm maar gelukkig op sy eie manier. Hierdie Ingelse jood is n oportunis van formaat, glad nie in die klas van die ou “jintelman” wat ek daar in die middellande ontmoet het nie.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “Noddy badges” vir die wat die NWO “cause” dien.

  5. Statetheobvious Avatar
    Statetheobvious

    Sy was sekere geskok toe sy sien die perd se pigment is nie soos haar boeties sin nie

Leave a Reply