praag.co.za

Mesmoordenaar nog op vrye voet

Written by

in

,

Niemand is nog in verband met die moord op Ignat Oosthuizen (30) in hegtenis geneem nie.

Die egpaar is Dinsdagoggend vroeg in ‘n veiligheidskompleks in Pietersburg (Polokwane) oorval en Ignat is vermoedelik met ‘n mes doodgesteek.

Die vermoorde se vrou, Simoné (25) moes Dinsdagmiddag glo geopereer word.

Die egpaar is intussen as Simoné en Ignat Oosthuizen geïdentifiseer.

Die twee is in die vroeë oggendure in hul huis in Flora Park oorval en Ignat is op die toneel dood. Simoné, wat ook met die wapen gesteek is, se geskree het glo die verdagte op die vlug laat slaan.

Kapt. Ntobeng Phala, woordvoerder van die Polokwane-polisie, het gesê ‘n saak van huisroof en moord word ondersoek.

Comments

3 responses to “Mesmoordenaar nog op vrye voet”

  1. Andy van Vuuren Avatar

    Ek wonder hoe sal dit wees as daar weer soos in die tyd van die “Wilde Weste”
    ‘n prys op so ‘n persoon se kop geplaas word.
    “Wanted Dead or Alive. R5,000-00”
    Genugtig.

    1. Praat Saam Avatar
      Praat Saam

      Ek dink baie van ons sal dit doen vir ‘n koppie koffie en ‘n skyfie tert. Net so dat ons lekker oor die sukses van die “operasie” kan praat.

Leave a Reply