praag.co.za

VSA prys Swapo se onderhandelaar

Written by

in

Martti Athisaari het mbv die VN se Resolusie 435 in die laat sewentiger- en tagtigerjare gesorg dat die mag aan die verloorder Swapo in Suidwes-Afrika, vandag Namibië, oorhandig word.

Hy was eweseer by die konflikte in Noord-Ierland, Kosovo en Indonesië betrokke waar die VSA kon voordeel trek uit vredesonderhandelinge. Die VSA het hul grootste basis, Camp Bondsteel, in Kosovo opgerig danksy die Fin.

Camp Bondsteel is nooit afgebreek na die vrede in Kosovo gesluit is nie, en huisves selfs ‘n Thaise masseersalon.

Athisaari, wie se familie eers Adolfsen uit Noorweë geheet het, het in 1929 Finse burgerskap gekry en in 1937 hul van van Adolfsen na Athisaari verander. Sy jakkalsstreke om die “vrede” dmv geweld in Suidwes-Afrika af te dwing, is alombekend.

Hy het Brent Carlsson, ‘n Sweed, vervang as die VN se gesant. Carlsson is op 21 Desember 1988 in die Pan Am-vliegtuigongeluk dood, vermoedelik deur die Britse geheimediens neergeskiet, omdat hy ‘n ondersoek wou loods na uraan- en diamanthandel in die streek.

Athisaari was vanaf 1977 tot 1981 die VN se kommissaris van Suidwes-Afrika. Sy taak was om Swapo aan bewind te bring nadat dit duidelik geraak het dat die terroriste nie die mas gaan opkom nie.

Resolusie 435 van die Veiligheidsraad van die VN is in 1978 aanvaar, maar die implementering daarvan is meer as tien jaar later eers finaal voltrek.

Die Fin is in April 1989 as die VN se spesiale verteenwoordiger en hoof van die UNTAG-vredesmag na Namibië gestuur.

Hy het Swapo in staat gestel om die land vanuit Angola binne te val terwyl hy gesorg het dat Suid-Afrikaanse soldate “ter wille van vrede” moet terugtrek, maar die destydse administrateur-generaal, adv. Louis Pienaar, was glo ingelig oor sy plan.

Pienaar het Athisaari versoek om Suid-Arika toe te laat om troepe in die gebied te ontplooi en die situasie te stabiliseer. Suid-Afrikaanse troepe het Swapo-insypelaars teruggedryf.

In getuienis wat in September 2000 voor die Waarheids- en Versoeningskommissie in Suid-Afrika gelewer is, het dit aan die lig gekom twee lede van die destydse Burgerlike Beskermingsburo (BSB), Kobus le Roux en Ferdi Barnard, opdrag gekry het om Athisaari ‘n “goeie pak slae” te gaan gee.

Barnard het glo beplan om Athisaari in sy hotel op Keetmanshoop met ‘n vuisyster te gaan oorreed om aan Suid-Afrikaanse troepe toestemming te gee om Swapo te keer, maar Athisaari is gewaarsku om nie die vergadering by te woon nie.

Hy het nogtans daarna ingestem dat troepe teen die Swapo-inval ontplooi word.

Ná die Namibiese verkiesing in 1989 het Athisaari ereburgerskap verkry, terwyl Suid-Afrika aan hom die O.R. Tambo-toekenning gegee het vir “sy buitengewone prestasie as diplomaat en sy toewyding tot die vryheidsproses in Afrika en vrede in die wêreld”.

Dié toekenning moes waarskynlik eerder aan Le Roux en Barnard gegaan het vir hul moeite om die vredesproses nie te laat ontspoor nie. In plaas daarvan is die twee verguis.

‘n Duidelike aanduiding van die Fin se gewildheid by die Amerikaanse magskliek, is sy hagiografie in die New York Times.

Kort ná die Nobelprys vir Vrede in 2008 aan hom toegeken is, het dié koerant Athisaari se “warmte, patos, humorsin en oorredingsvermoë” geprys, waarskynlik weens sy onderdanigheid en kruiperigheid aan Washington.

In 1973 is Athisaari as Finland se ambassadeur in Tanzanië aangestel, met akkreditasie tot Zambië, Somalië en Mosambiek. In dié tyd het hy kontak gemaak met die Swapo-verteenwoordigers in Dar-es-Salaam en oudpres. Hifikepunye Pohamba, ontmoet.

Die Finse Sendinggenootskap is destyds deur die Rynse Sending uit Duitsland, genooi om in Suidwes-Afrika te werk.

Die eerste groep Finse sendelinge het in 1869 in Hereroland aangekom. Finland, soos Duitsland, het daarmee hul netwerk in ontwikkelende lande uitgebrei. Swapo se Nickey Iyambo, uiteindelik die land se vise-president, is op dié wyse deur Finland geborg.

Comments

7 responses to “VSA prys Swapo se onderhandelaar”

  1. G Avatar
    G

    So die stuk gemors het gesorg dat hulle “investering” in Swapo nie verniet was nie.

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    elke liewe land in die wereld waar die satan se VN betrokke was/is het slegter daarvan uitgekom.
    vetgat antie Sarie het sy geld gekry………… Judas geld soos FW se Judas geld…..

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Witbeer Soos ons hier – is daar in elke land terwereld mense
      wat swaarkry onder die NWO kommunistiese bestel en die internet het die wereld
      ook vir ons en hulle groter geword om inligting uit te kry. Sjina natuurlik
      beheer hulle mense met n ysterhand – hulle word geblok in Sjina – die Sjinese
      het net toegang tot die Sjina se inliging/manupulasie. Vergeet om te dink dat
      jy in Sjina Praag.org sal kan lees of nog minder n kommentaar plaas.

      In hierdie sin hinder dit my nie dat die swartes toegang tot
      die hele wereld se inligting het nie – hulle kan nie soos ons, iets daarmee
      doen nie. 😉

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Hulle het maniere daarrrondom. Die internet vuurmure is soos ‘n pyp van sifdraad gemaak, jy moet net weet hoe om daar deur te kom

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Rooikop weet jy my eerste – noem dit maar vriend/kerel was n
          3de jaar siviele-ingenieur-student. Daar het ek respek leer kry vir julle
          ingenieurs wat tot enigiets instaat is deur wiskundige berekenings. Julle koppe
          werk ook mos anders as ons gewone sterflinge 😉

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Jy sal verbaas wees… Dis nie meer so maklik wanneer jy die regte hardeware met sagteware gebruik nie. En, dat jou rekenaartaal vir die walle nie noodwendig kommersieel beskikbaar is nie. Dis egter iets waaroor mens nie uitlap nie.

          Wat maklik is, is om jouself te laat “verdwyn”… Vir die interessantheid daarvan… In die begin hier het ek op ‘n stadium via ‘n “APS” van Amerika, Rusland ens. na Praag gekom. Hulle kan jou nie opspoor nie. IP spoofters ens. is nog ‘n slap riem… Ek kan dit weer doen sou dit moet… Al wat my weg gee is my huidige naam by Disqus… Maar daar is soveel opsies. Ta het geen benul hoe om op sy eie iemand op te spoor nie.

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Dit is interessant hoeveel van die anti-Afrikaners uit die skandinawiese lande kom. Ek dink die noorderligte smokkel met daardie spul se breins as jy sien die gemors wat hulle (alles natuurlik kommunisties en sosialisties) wat uit daardie streke kom.

Leave a Reply