praag.co.za

Boendoeregter pak Steve Hofmeyr by KKNK

Written by

in

,

Steve Hofmeyr word verbied om in Oudtshoorn op te tree, maar sy handelsmerknaam word uitgebuit om kaartjies te verkoop vir ‘n boendoehof wat tans in sy afwesigheid plaasvind by die KKNK.

Prof. Pierre de Vos, ‘n giftige anti-wit aktivis wat homself voordoen as ‘n grondwetkenner, het onder meer sonder ironie verklaar dat dit nie op sensuur neerkom om Hofmeyer te verbied om op te tree nie.

Die gehoor kon klaarblyklik nie fout vind met dié onsinnigheid nie, ‘n aanduiding van die lae vlak van gesprekvoering by die “debat”.

Die Burger se absurde aanbieding oor “vryheid van spraak” by die sukkelende kunstefees veronderstel ook dat diegene wat reeds geen vryheid het om op te tree nie, ook nie hulself in die openbaar mag verdedig teen kwaadwillige aanvalle van die mediamonopolie nie.

De Vos was een van die paneellede van die boendoehof. Terwyl hy openbare sensuur as sy eie persoonlike voorreg voorgehou het, het hy ook verklaar dat Hofmeyr nie in staat is om ‘n “redelike” debat met hom te voer nie.

Dat Hofmeyr verhoed word om dit te doen, het die “kenner” blykbaar nie opgeval nie.

Duisende mense wat nie meer kans sien vir die KKNK-klug nie het intussen Hofmeyr se boodskap op Facebook ondersteun waar hy ‘n oproep om eenheid teen dié ongeregtigheid gedoen het: “Ek staan op vir julle. Wie sal saam my staan!?”

Die Burger-gespreksreeks het weereens die gehoor se vrees vir swartes uitgebuit. Daar is onheilspellend gevra of kunstenaars volle vryheid het om “enigiets” op die verhoog te sing of te sê. Daarmee is eintlik bedoel of dit iets mag wees wat ongelukkigheid by swartes mag veroorsaak en wat hulle tot verdere geweld sal dryf.

Talle in die gehoor het instinktief op hul vrees vir swart geweld gereageer en Hofmeyr verkwalik daarvoor in ‘n klassieke geval waar die boodskapper en nie die boodskap nie, aangeval word.

Die “grondwetkenner” het dié opsetlike denkfout aangemoedig met herhaaldelike skerp persoonlike aanvalle teen Hofmeyr.

“As ek besluit dat ek nie vir Steve uitnooi na ’n braai nie, het dit nie eintlik ’n effek nie, behalwe dat ek nie na Neil Diamond-covers hoef te luister nie,” het De Vos sarkasties, uit die hoogte, verklaar.

Die Burgerreeks se organiseerders was duidelik ten gunste van sensuur om “kunstenaars wat omstrede politieke uitlatings maak”, dws diegene soos Hofmeyr wat kwelvrae oor swart geweld opper, nie uit te nooi nie.

Lede van die gehoor en die drie paneellede het daarna ‘n versiersuikerlagie op hul onverkwiklikhede teen Hofmeyr se eerlike taksering probeer smeer.

Hofmeyr het Dinsdag gesê De Vos het in dié “dwepende KKNK-gesprek” versuim om te noem dat nóg sy uitspraak nóg sy twiet aan rassisme “skuldig bevind” is.

“Hoe weet ek dit, Pierre de Vos? Want ek sing steeds elke aand in die geselskap van tientalle borge en institusies wat my klaarblyklik onskuldig bevind het,” het hy geskryf.

Hy meen De Vos, die feesraad en “hierdie linkse kangaroe-hof” het geen oordeel aan die publiek oorgelaat nie. “Dis hierdie reg wat onse grondwetkenner van jou, die feesganger en die publiek weerhou omdat hulle jou sien as onoordeelkundig en nie opgewasse genoeg vir jou eie oortuigings nie.”

As komediante op die fees “laakbare, godslasterlike, seksistiese drek” kwytraak, word daar anderpad gekyk en dit as “konteks” afgemaak, meen hy.

“Maar my konteks word my ontneem: my konteks is natuurlik die ‘waarheid’, wat oënskynlik taboe geword het in die na­sionale narratief.”

Hofmeyr het sy gehoor en die boendoeregters daaraan herinner dat “nie een enkele persoon nog ooit gewelddadig geraak [het]. . . na aanleiding van die sing van ‘Die Stem’ nie”.

Comments

29 responses to “Boendoeregter pak Steve Hofmeyr by KKNK”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Hofmeyr is natuurlik heel korrek in dit wat hy se. As dit nie vir die dwepende liberale Cape Talk en Radio 702 radio stasies was nie was de Vos natuurlik nog steeds waar hy hoort – ‘n non-entiteit wat ‘n agter kamertjie versteek is in ‘n Kommunistiese georienteerde akademise instelling.

    de Vos preek natuurlik die grondwet vanaf sy seepkissie in hierdie akademiese instelling (sarkasme word hier ingesluit) en het geen praktiese ondervinding in wat in die Grondwethof gebeur nie – verskeie kere het van my kennisse wat wel sake voor die Grondwethof bepleit het, hom op sy neus laat kyk. Nes Eusebius McKaiser laat die homoseksuele trol nie toe dat enige opinie anders as sy eie gehoor word nie en die uiteinde is dat hy hierdie keniise met ondervinding op sosiale media “blok”.

    Ons weet natuurlik hoekom de Vos so voorbarig in die koor van anti-wit anti-Afrikaner kantelbokke sing – nie net is hy ‘n homoseksueel in die tradisie van North American Man/Boy Love Association en PIE nie – hy hou ook van die kleurdraad spring vir sy “metgeselle”. Aangesien dit vir baie nie aanvaarbaar is nie moet hy die wat hom verkwalik vir sy gedrag as “bar” homofobiese Nazis uitmaak.

    Nee wat de Vos is net nog een in n baie lang linie van sosiale miskreante wat ‘n seepkissie iewers uitgesleep het en dweep vir die wat onnatuurlik en onaanvaarbar is.

  2. Kaylee van Yken Avatar
    Kaylee van Yken

    “As komediante op die fees “laakbare, godslasterlike, seksistiese drek” kwytraak, word daar anderpad gekyk en dit as “konteks” afgemaak, meen hy.”

    SING DIE STEM STEVE MET TROTS, ONS IS SAAM MET JOU, SING SAAM MET JOU !

    “As ek besluit dat ek nie vir Steve uitnooi na ’n braai nie, het dit nie eintlik ’n effek nie, behalwe dat ek nie na Neil Diamond-covers hoef te luister nie,” het De Vos sarkasties, uit die hoogte verklaar.”

    Steve het te veel trots en integriteit om selfs in jou geselskap gesien te word – SIES MAN dat jy wat vossie is selfs net daaraan ‘n gedagte gee.

    Die Stem van Suid-Afrika

    Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
    Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
    Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

    Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
    Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika

    In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
    In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
    In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
    Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

    Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
    Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.

    In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
    In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
    By die klink van huweliks-klokkies, by die kluitklap op die kis –
    Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

    Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
    Om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom Suid-Afrika.

    Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
    Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou –
    Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
    Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry.

    Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer –
    Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

  3. G Avatar
    G

    Is dit waar dat Peer de Vos anderpad kyk oor kindermolestering? Ek het dit nou al by verskillende mense gehoor. Een ou se seun is self gay en hy het dit eerstehands gesien.

    1. Bang Beer Avatar
      Bang Beer

      Wat se jy nou “G” deel die man sweeties uit? sal my nie verbaas nie.

      1. G Avatar
        G

        Wel as die vent hierdie k.ak kan kwytraak oor ‘vryheid van spraak’ is seks met babas en kinders seker vir hom een van die voordele van die nuwe grondwet.

        1. Bang Beer Avatar
          Bang Beer

          he he he he he he vryheid van spraak is net in die guns van die liberales

          1. G Avatar
            G

            Ja die vryheid om die 99% normale mense, wit en swart, te walg

    2. Riaan Slabbert Avatar
      Riaan Slabbert

      Nee, waar kom jy daaraan? Hy kyk gin anderpad nie…hy hardloop nader.

  4. Bert Avatar
    Bert

    Beeld hang omtrent aan De Vos se lippe. Wanneer gaan Steve vir Beeld takel? ‘n Veldtog met ‘n lang asem. Resultate hoef nie oornag plaas te vind nie. Basson gaan duidelik vir Steve. Trek die handskoene uit Steve. Dit is so eenvoudig soos om ‘n #BrandvirBeeld aan die einde van elke tweet te sit. En skop dit af deur om ‘n foto van ‘n brandende Beeld te plaas.

    1. G Avatar
      G

      Nee dit sal martelare van die klomp narre maak. #ignoreerbeeld dan is Aapdrel-aan werkloos wat hy in elk geval in ‘n normale ekonomie sou wees.

  5. Stem Beer Avatar
    Stem Beer

    ek dink….. Pierrie Vosperd, sit op die toilet in sy onderbroek met n foto van Max en doen snaakse dinge…… hy kry lekker net om stupid te wees. Maar hy is seker reg want hy is mos n PROF!! Doekkop van UJ is ook n PROF…….
    Aan die ander kant……. Steve het nog steeds meer aanhangers as Vossie die stemlose sot!

  6. FR2P Avatar
    FR2P

    Meanwhile Putrid de Vos’ friends came up with this new transgression: https://www.youtube.com/watch?v=XjmUgjWle5w

  7. Riaan Slabbert Avatar
    Riaan Slabbert

    Ek hou al hoe meer van die poo gooi idee. Kan iemand asb vir my n date reel met de voes?

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Jy moet ten mense ‘n verfynde klein mannetjie wees, sag, dog hoorbaar en duidelik praat.

      Riaan, waar gaan jy al die poo vandaan kry, tensy ons so paar saam een of ander konstipasie-middel neem … 😉

      1. Rifrug Avatar
        Rifrug

        “waar gaan jy al die poo vandaan kry …”

        Kaylee … ek is bereid om dit wat my twee Riffies op die grasperk los gratis te skenk – dis mos vir ‘n goeie doel!

        1. Kaylee van Yken Avatar
          Kaylee van Yken

          In daardie geval maak ek ‘n draai op ‘n plaas waar daar met Boerboele geteel word, ek eis net vir my binnegoed wat dalk mag opruk – hehe, moet mos nog vars en stomerig wees.

          1. Rifrug Avatar
            Rifrug

            “moet mos nog vars en stomerig wees”

            Nee wat … ‘vars en stomerig’ is nie nodig nie. Laat dit maar uitdroog – maak dit weer aan met water en hitte … soos Knorr souse!

          2. Kaylee van Yken Avatar
            Kaylee van Yken

            Eina, my maag pyn nou lekker, nogal “soos Knorr souse”.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Zolle vir die parlement
          Zolle smakend soos rifrug-peperment…
          ‘n Zol vir Zille
          Vir Zuma – platkop wit-pille…

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        60 sekondes in die parlement behoort ‘n goeie oes te lewer… Ek praat, om mee te begin van hul opening stiltetyd…

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Dolk teen die tyd wat al die onniribils geonnir is is daar
          in elkgeval nie baie tyd oor vir praat in die parlement nie.

  8. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Veroordeel ‘n man sonder om hom ‘n kans te gee om homself te verdedig – dit is mos maar hoe die libnazis werk. Hierdie klomp probeer die volk paai. PAAI WERK NIE. Al wat jy regkry is om hulle weersin in jou te vergroot aangesien die denke anders is. Om swak te lyk is die grootste sonde in Afrika – dit gaan oor mag en magsvertoon. (Hoekom dink julle is die swierige voertuie en klere so ‘n noodsaaklikheid vir die kaders?). Hy wat die sterkste lyk is heelwaarskynlik die sterkste. Ek veroordeel nie hierdie manier van dink nie – dit is net ANDERS as ons s’n en ons moet die besef en dienooreenkomstig optree.

    Vir die klomp is “Vryheid van spraak” nie die vryheid om jou saak te stel nie maar eerder die vryheid om goeie waardes en norme aan te val en te vernietig in die naam van kuns. Die sogenaamde kunstenaars is die hoëpriesters van die liberale kultus wat aangehang word.

  9. Praat Saam Avatar
    Praat Saam

    Ons gaan dalk nie die russeltate oornag sien nie, maar hou aan om hierdie mense en instansies, en feeste te boikot; hulle gaan hulle gatte sien. Moennie bekommer oor wat ander uiter nie, hulle gaan later sien dat hulle verkeerd was en so maar saam met die stroom begin te beweeg.

    Die doelwit is groter as ons, en die Groot Trek was ook nie in een dag nie.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Stem! Russeltate is alles behalwe paddastoele!

  10. Andy van Vuuren Avatar

    Ek wil graag hoor, was daae nie EEN wat opgestaan het vir Steve gedurende daardie siek boendoehof nie?
    Indien nie laat sak ek my kop in skaamte. Wat daar moes gebeur het is dat die hele gehoor moes opgestaan het en Die Stem uit volle bors gesing het.
    Hel waar was ek! (:-((

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Kyk nou watse nat jas is ek… Die hel bly ‘n onvanpaste uitdrukking in my boek. Want waar die hel is, is Satan ook… (Ek striem u nie – dis mooi bedoel hoor! Hoe kan ek dit anders stel?) Dis soos “verskriklik bly”, “dood gelukkig”, “dierbare Koning”… Party woorde het onvanpaste togas aan…

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Nee my ou vriend, jy is reg. Ek het hierdie kommentaar gisteraand getik, en toe was ek so moeg dat ek laat waai het, maar jy is reg en ek gee nie om dat jy my so ‘n bietjie nader trek aan my snorbaard nie. (:-)).
        Daar is beslis beter woorde met dalk nog veel meer inpak, maar ek laat dit nou daar.
        Vrede

    2. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Ek dink nie dat daar een was nie, want die wat ‘n logiese debat kan voer was nie by die KKNK nie, soos Steve. Ek dink buitendien dat die “kunsfees” se motiveerder die partytjie is en doel is geldmaak. Met sulke vlak doelwitte is dit geen wonder dat die Burger en die Huisgenoot so uitstaan daar nie. Hierdie verottende “kultuur” bolaag lok onvermydelik die brommers.

  11. Andy van Vuuren Avatar

    Haanerik,
    weet jy ek sou graag daar wou opstaan in die midde van daardie gemors en Die Stem sing, kom wat wil.

Leave a Reply