President Zuma het die afgelope dekade onverpoos en doelbewus groeiende bande met Rooi China gesmee.
Onder Jacob Zuma het ‘n sterk China die grootste vennoot en politieke vriend met handelsbande, van Suid-Afrika geword.
Jacob Zuma en Nkosazana Dlamini-Zuma se aksies in Afrika en die Afrika-Unie word ook sterk deur China ondersteun, insluitend die Zuma’s se aandrang op ‘n Afrika-reaksiemag.
Geen man het ooit meer gedoen om Amerikaanse mag so suksesvol met Chinese mag in Suid-Afrika te balanseer as Jacob Zuma nie.
Gesien vanuit ‘n geopolitieke oogpunt, is Jacob Zuma nog meer betekenisvol as Sjaka Zoeloe.
Vandaar dat die top-instituut van China, Tsinghua Universiteit waar ook President Xi Jingping as chemise ingenieur gegradueer het, nou ‘n ere-professorskap aan Zuma toegeken het. Soos Paul Kruger, is Jacob Zuma akademies laag gekwalifiseer, maar polities gesien ‘n onderskatte reus.
Tsinghua Universiteit is verantwoordelik vir die ontwerp van ‘n kommersiele kernkrag-korrelbedreaktor wat tans in aanbou is. Hierdie Duitse-tipe reaktor wat deels moontlik gemaak is deur Afrikaners in die ou Verwoerdburg, plaas China vir die eerste keer in die geskiedenis van die Weste tegnologies voor die VSA.
Eskom wou in 2008 tydens sy kragkrisis nie 50 van sy eie korrelbedreaktors koop nie.
Meeste Afrikaners toon geen respek vir president Zuma van die tanende ANC nie, en beskou sy belangrike Chinese suksesse as persoonlik-politieke uitverkoping en ekonomies-korrupte opportunisme.
Hierdie “rassistiese” kortsigtigheid kyk egter die betekenis van Jacob Zuma as tradisionele Zoeloe in die globale en plaaslike politiek mis.
Op 1 Desember 1975 in Beijing, China, het die Amerikaners Henry Kinssinger, Brent Scowcroft, George Bush en President Ford met Mao en China saamgestem dat Afrikanerbesetting van Luanda ‘n soewereine supermoonheid in Afrika tot gevolg sou hê.
Die VSA het vir China gerus gestel, en genotuleer dat hulle uit Kuba ‘n “balans” in Afrika sal orkestreer. Dit was die begin van die Afrikanerstaat se einde.
Veertig jaar later is Jacob Zuma se Chinese suksesse deel van die begin van Amerikaanse-Westerse wereldoorheersing se einde.
Jacob Mouw

Probleem is dat die hele Zulu magsbasis gebou is op steenkool
Kan ons hierdie bêre en weer oor so 10- 15 jaar daaroor praat ( weet nie of ek dan nog sal lewe nie!). Kyk waar sit ons bure “danksy” Chinese bande:
http://en.wikipedia.org/wiki/China%E2%80%93Zimbabwe_relations
Aan ‘n mens se vriende word jy geken ….
Zuma se sukses mag so wees – nog steeds het hy en sy kader met die Afrikaners te doen en Afrikaners en alles wat hulle verteenwoordig is n enigma – om hulle agter n bos uit te
skop is nie so maklik nie.Vra maar die rooinekke hulle kan eerstehands daarvan getuig.
Sjinese is intellegent – wie gaan hierdie kernreaktors bou en beman – swartes of Sjinese?
Met die ANC se baanrekord wat effektief n funksionele eerstewereldland in n skrale 20 jaar afgebreek het gelyk met die grond kan ek nie sien dat die Sjinese soveel kapitaal in die NSA gaan belê sonder n 100% teenprestasie nie – met n bankrot ANC regering kan ek dit nie anders sien as grondgebied soos in Amerika nie. Ek glo ook dat dit produktiewe plase gaan wees wat die ANC van die blankes gaan afneem en in hulle naam registreer om die Sjinese mee te betaal. Die grond wat die Sjinese in die res van die Afrika kontinet besit was alles betaling deur die swartes vir dienste gelewer aan Sjina.
Riempies, ek kyk gister na ‘n film op rekenaar van die mars landing. Hoe presies alles werk tot op die sekonde.
Hulle wys toe al die mense wat daarby betrokke was ens. ens.
Ek merk toe op dat die span heel bleek daar uitsien. Geen swartes êrens in sig nie.
So sal dit ook wees met hierdie kernreaktors.
En toe kry hy n ere-professorskap.
Wat hy watmee kan maak. Wat ‘n grap.
“Al dra ‘n aap ‘n goue ring…”
Jacob, u heeft een fetish voor het woord geopolitiek en zou dit ook de Cosa Nostra nog toedichten.
Is niet de kern van dat begrip dat het in landsbelang moet wezen en wanneer kan nou eens onomstotelijk vastgesteld dat ook dit weer niet een familie aangelegenheid van de ‘capo di tutti capi’ is ? Deze misdadige gefaalde staat wordt getypeerd door moord en verkrachting en rancuneus racisme jegens degene die wat er wel is opbouwden en dreigt zelfs Stompie post mortem weer als ‘apartheidontkenner’ neer te gaan zetten.
In alle spreeuwen of alle leeuwen doodmaken is maar weinig verschil en de meutes via de twijfelachtige massamedia ‘blij maken met een dode mus’ en ‘veel beloven weinig geven, doet de gek in vrede leven’ is het regenboogvaandel wat wappert.
Heeft de ‘shaka wannabe en verkrachtende Bronx gangsta’ nog een partij eerder in het KWP in beslag genomen ivoor cadeau gedaan om straks in Bangkok weer krokodillentranen te gieten als een of ander anc sakp ministerie weer met de pet rond gaat(bedelen om middelen ter bescherming van het wildbestand) ?
Wordt die school in US $ betaalt om straks ‘de culturele revolutie’ dunnetjes over te doen en de jeugd wat beter/efficiënter opgeleid tot sloop het land in te jagen ?
Hierdie bande met die Sjinese is alles behalwe goeie nuus. Dit is die volgende ramp wat ons gaan tref – ten minste ‘n miljoen keer slegter as die britse inmenging hier oor die laaste paar honderd jaar. As julle dink ons verstaan die afrika kultuur sleg het julle geen idee hoe sleg ons die oosterse kulture verstaan nie. Hierdie is moeilikheid met ‘n hoofletter K.