praag.co.za

Storm om vloekende Jonathan Jansen en sy handlanger Rudi Buys

Written by

in

,

Terwyl PRAAG reeds verskeie male ‘n oproep gedoen het dat prof. Jonathan Jansen, die vloekende, antiblanke en rassistiese rektor van die Vrystaatse Universiteit moet bedank, het ‘n storm nou in Bloemfontein losgebars. Volgens ‘n berig in Rapport, is “prof. Jonathan Jansen se messias-droom vir Kovsies… besig om in te tuimel soos TB Joshua se tabernakel”.

Alumni van die Bloemfonteinse kampus is woedend oor Jansen se “transformasie” van die kampus, wat die etniese suiwering van Afrikaners beteken. Die mees onlangse slagoffers van Jansen se antiwit haat is prof. Driekie Hay-Swemmer wat in Augustus “uit die bloute geskors en “soos ‘n misdadiger” van die kampus verwyder is, blykbaar omdat sy sonder die diktatoriale rektor se toestemming met Die Volksblad gepraat het.

Haar man, dr. Derek Swemmer, wat tans registrateur is ná ‘n swarte nie die mas kon opkom nie, is insgelyks gevra om te bedank. Met die Swemmers uit die pad, is daar slegs een blanke in die universiteit se topbestuur oor.

Aandenkings en gedenkwaardighede van die JBM Hertzog-koshuis is in Maart vanjaar van die mure verwyder
Aandenkings en gedenkwaardighede van die JBM Hertzog-koshuis is in Maart vanjaar van die mure verwyder

PRAAG het reeds voorheen die universiteit as ‘n “heropvoedingskamp” beskryf. ‘n Predikant van Stellenbosch, Rudi Buys, wat tot Amerikaanse politieke korrektheid bekeer is en slegs Engels met studente praat, tree as Jansen se handlanger op om studente te intimideer en te indoktrineer. In Maart vanjaar het Buys die huiskomitee van die JBM Hertzog-koshuis beveel om “self” die naam van die koshuis te verander. Alle foto’s van vorige huiskomiteelede en die geskiedenis van die koshuis is ook verwyder te midde van verwyte dat van die kosbaarhede “verdwyn” het.

Die Volksblad het insgelyks in Maart ‘n opname van die vergadering – waartydens Buys slegs Engels met ‘n swaar Afrikaanse aksent gepraat het – vrygestel waarin hy as studentedekaan die huiskomiteelede en studente voor die ultimatum stel dat hulle die naam van die koshuis onmiddellik moet verander. Hulle moet ook ophou om ‘n vlagparade voor die koshuis te hou, al word die nuwe Suid-Afrikaanse vlag daar gehys, want “dit herinner aan apartheid en mense wat dink dat hulle beter as ander is”.

Hier is die opname van die byna uur lange “gesprek” wat Die Volksblad op Soundcloud beskikbaar gestel het:

[soundcloud id=’140666879’]

Die publisiteitshonger Jansen wat die universiteit gedwing het om vir hom ‘n persoonlike skakelbeampte aan te stel om sy eie publisiteit te reël, verseg tans om met die media te praat. Kritiek wat daar tans teen Jansen uitgespreek word, is die volgende:

  • sy etniese suiwering van Afrikaners en blankes uit die universiteit;
  • sy obsessie met ras, want hy herlei alles na ras;
  • sy hantering van die vals klag van rassisme teen twee studente, Cobus Muller en Charl Blom wat intussen deur sowel die Menseregtekommmissie as die landdroshof vrygespreek is, maar wat heel jaar lank geskors is en daardeur loopbaansgewys benadeel is;
  • sy gevloek in die openbaar waar hy lustig die “f-woord” in formele situasies voor ‘n gehoor gebruik;
  • godslasterlike uitlatings teen Christene;
  • opmerkings deur Jansen dat “oudstudente geen rol op die kampus het nie” en wat veroorsaak het dat alumni hul finansiële bydraes aan die universiteit gestaak het.
Jonathan Janse, 'Führer van Kovsies wat net soveel eerbied soos Jesus Christus verdien'
Jonathan Jansen, ‘Führer van Kovsies wat net soveel eerbied soos Jesus Christus verdien’, volgens sy handlanger Rudi Buys

Mnr. Paul Colditz van Fedsas het vandeesweek vanuit die raad van die universiteit bedank omdat hy hom nie langer met Jansen se dikatoriale en onprofessionele optrede kan vereenselwig nie. Volgens Die Volksblad het hy “bedank om sy integriteit te beskerm en om hom van die optrede van die universiteitsbestuur te distansieer. Ek is bitter ontevrede met die UV se nie-prosedurele optrede, veral rakende die skorsing van prof. Driekie Hay, die gewese viserektor, en die hantering van die Kovsie-studente Charl Blom en Cobus Muller.”

Comments

29 responses to “Storm om vloekende Jonathan Jansen en sy handlanger Rudi Buys”

  1. Manfred Delport Avatar
    Manfred Delport

    Buys is nog ‘n agterlike Stalinbos-kaderboetie, en ‘n prima-kandidaat vir nog ‘n Abel Malan-klap. Is daar iets in die water wat sogenaamde akademici op Stalinbos se miniatuur-breintjies so wild deurmekaarklits? Stalinbos behoort onmiddelik in ‘n toetsbaan vir artillerie of chemiese wapens omskep te word.

    In die onderhoud in Rapport wil die ou meisietjie, Buys, sommer snik as hy moet dink hoe sy afgod, Djonnitin, hom verraai het. Hy laat my dink aan die tannie wat paniekerig geskree het: “I’m English” toe swartes haar bedreig het. Laat dit ‘n les vir ‘n elke en ‘n iedere kruiperige kaderboetie daar buite wees – kruip maar na hartelus, jou wit vel bly jou uniform.

    1. Guest Avatar
      Guest

      Ek hou van die gepaste naam “Stalinbosch”.

  2. william Avatar
    william

    Dit is nou een ding van kommuniste. Hulle kan nie iets self opbou nie . Hulle vat dinge wat ander mense opgebou het en trek dit deur hulle agterente. Jonathan sien homself as n soort messias wat sogenaamde ongeregtighede van die verlede moet regstel. Hy word deur die ANC gebruik om hulle vuil werk te doen. Ek wens hy wil nou begin te besef dat universiteite is daar om mense op te lei. Daar is nie tyd en plek vir politiek en n getjank oor die verlede nie.

  3. Meta Avatar
    Meta

    Daardie regter Faan Hancke wat blykbaar spesiaal vir Djônnitin na Bloemfontein laat kom het, het ‘n baie groot fout gemaak! Hy en die universiteitsraad is net so skuldig soos Jansen self.

    Die beskrywing van ‘n “heropvoedingskamp” is heeltemal juis. Ons sien hoe Rudi Buys (familie van Flip Buys?) die kinders heeltemal wil breinspoel om die Afrikanerverlede te haat en hul van hul ouers te vervreem, nes dit in kommunistiese lande gedoen is.

    1. Rutger Avatar
      Rutger

      Die rede waarom Hanke en Buys floreer is Britse/Joodse/korporatiewe beskerming, want 99% van Afrikaners haat hulle

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Net so jammer daar is so min Afrikaners oor – 5000 miskien? Dit is hoekom die res ons so haat. – Hulle het mos maar hulle siele aan mammon verkwansel.

        1. Rutger Avatar
          Rutger

          Ek dink daar is heelwat meer. Ons getalle sal aangroei as die res agterkom die wigte-en-teenwigte matjie is onder hulle voete uitgetrek en hulle trap lug

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Mag so wees maar hoekom draai hulle so stadig? Of sit hulle maar op die draad en die volgende keer wat daar iemand met ‘n hoër bod is dan swaai hulle maar weer teen hulle eie mense. Ek is maar bietjie pessimisties vanmiddag.

          2. RSA PATRIOT Avatar
            RSA PATRIOT

            Ek dink Afrikaners soos ons is gefrustreerd met die tekort aan leierskap in ons land. ‘n Ware leier behoort so ‘n miljoen “regte Afrikaners” te lok. Die vraag is – wie is die leier en hoe lank nog?

        2. RSA PATRIOT Avatar
          RSA PATRIOT

          Kom ons wees optimisties en sê 50 000.

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Dit is waarvoor ek hoop. Huidige bewyse is dit ongeveer die syfers gegee hoveel vir FN gestem het. Hoeveel het weggebly? Miskien nog soveel. – plus ‘n klomp wat nog deur Mulder verlei is.

          2. RSA PATRIOT Avatar
            RSA PATRIOT

            Ek twyfel of die verkiesing vir ons enige iets kan sê oor die hoeveelheid “regte Afrikaners” wat oor is. Baie Afrikaners het as beginsel besluit om nooit weer na 1994 te stem nie. Ek het niks teen Mulder en die VF+ nie. Ek glo dat enige party/organisasie wat Afrikaners probeer help, deel van “ons” is. Daarom haat ek die DA vir hul anti-Afrikaner houding.

          3. Rifrug Avatar
            Rifrug

            “Ek het niks teen Mulder en die VF+ nie. Ek glo dat enige party/organisasie wat Afrikaners probeer help, deel van “ons” is.”

            Daar is ‘n probleem met die idee “dat enige party/organisasie wat Afrikaners probeer help, deel van “ons” is.”

            Die Mulder-nepotiste(VF+) MAAK asof hulle die Afrikaner wil help, maar hul eie voordeel/ANCsalaris slaan die kitaar. Hul doen dus skade aan die Afrikaner se saak …

            Ek dink dat GEEN organisasie wat met die huidige bestel saamspeel vertrou kan word nie … dit geld vir Solidariteit/AfriForum ook!

          4. RSA PATRIOT Avatar
            RSA PATRIOT

            Hoe meer stemme uit meer oorde vir Afrikaners, hoe beter. Mulder-hulle maak tog hul stem dik oor grondhervorming en regstellende aksie. Ai, ek besef eintlik dat daar nooit ‘n sambreel sal wees om die hele Afrikaner-volk te bedek nie, wat nog te sê van die hele Suid-Afrikaanse populasie! Ons is so ‘n bietjie geskroef. Afrikanereenheid!

    2. Vrystater Avatar
      Vrystater

      Regter Faan Hancke se pa was – volgens wat ‘n gewese HNP-organiseerder aan my vertel het – ‘n organiseerder vir die Sappe in die Goudveld (Welkom en omliggende dorpe) en boonop die mees gehate man daar! Die liberale SAP-bloed is dus oorgedra van vader na seun (die regter). Kakieridders!

  4. SJ Bouwer Avatar
    SJ Bouwer

    Hoe word mense net so geskors of ontslaan? Wat van die Wet op Arbeidsverhoudinge: Wet op Basiese diensvoorwaardes en onbillike ontslag en al die soort van dinge?

  5. Janus Avatar
    Janus

    Hierdie ISIS ouens het nogal ‘n oulike konsep met die publieke teregstellings van hul politieke vyande. Ek kan nogal dink aan ‘n paar kandidate wie ek ook graag so publiek sal wil onthoof. Met ‘n stomp mes.

  6. Janus Avatar
    Janus

    Ons reel dit sommer vir ‘n Woensdagmiddag op ‘n nabygelee mynhoop. Ek sal die oranje “jumpsuit”, stomp mes, braaier, koelboks en musiek reel. Wie gaan vir JJ en RB haal?

    1. FR2P Avatar
      FR2P

      The Americans are currently shooting a film on that mine dump called Morons of Arabia, and they have requested that you not crash the party. However the fake head bucket challenge is still open

      1. Janus Avatar
        Janus

        No worries – I’ll arrange my own party. Our mine dump will probably be in Virginia, FS. (Forgot to ask – WHO IS BRINGING THE VIDEO CAMERA??)

      2. Janus Avatar
        Janus

        Don’t worry – we know how to organise our own parties – we won’t infringe on yours. Ours will probably take place on a mine dump near Virginia, FS. We’ll keep it to a Wednesday – “Klein Saterdag” – should be a welcome change from the normal Gholf playing activities… ( I forgot to ask – who is bringing the video-camera?) And people, PLEASE don’t fret about blood-splatter – I’ll be doing all the cutting. I’ve been slaugthering sheep since I was 10. I know what I’m doing – your clothes will remain clean. Just relax, have a beer, and enjoy the show.

  7. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Jansen is maar net ‘n rasbehepte rassis. Ek stem 100% saam met Manfred Delport – ek gee nie om oor swart rassisme nie, maar kan dit nie hanteer wanneer wit liberaliste in swart rassiste se hande speel nie, en dit vir hulle moontlik maak om Afrikaners te verdryf nie. Dink Buys nie oor die toekoms van sy kinders en kleinkinders nie, of is hy maar net so behep met Jansen se ideologie dat hy nou skoon breindood is? Enige anti-Afrikaner Afrikaner = breindood/beperk.

    1. G Avatar
      G

      Buys is gay, so nee hy dink nie oor sy nageslag nie. Het jy nie skoolwerk nie?

      1. RSA PATRIOT Avatar
        RSA PATRIOT

        Haha – het jy nie werk nie? Selfde ding in terme van tydsverbruik. Ek het baie tyd. Veral as dit by kwessies kom wat eendag my kinders kan verhoed om skoolwerk in dié land te hê.

  8. jan Avatar
    jan

    “Oor Stalinbosch” kaskenades:

    Die Babeltempel van Mandella se Tsafedastan en Baal tempel van Profaan Joshua van Nigerie en die Heksery van Rektum JJ van UV het gelyktydig in mekaar gebrliksem

    So die projek van afgode-dienaars en anti-gotters soos Perskor Thys se Naspers-kadertjie se anti-afrikaner projek het nou maar die jonger geslag Christen skoolkinders geteiken.

    Opvallend net nadat Praag begin standpunt inneem ten gunste van Godsdiens.vryheid.

    Oom Thys en oom Christo en FW en Wimpie oa was hoeka tydgenote op Potchefstr**t

    Hmmm?

    [Vee maar uit Moederator na u goeddunke]

  9. mourningdemocracy Avatar

    Wat ‘n arrogante, onopgevoede nar wat homself weerspreek, geen kennis van geskiedenis en die wet het is hierdie Rudi Buys nie. Die universiteit is in sy M in.

  10. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Praag Lesers:

    Ons vorder uitstekend met ons projek. Ons het egter ‘n tekort aan beeldmateriaal en opnames. Ons vra dat enige iemand wat enige video- of klankopnames tot hul beskikking het, wat uit die jare 1948-1994 kom, dit asseblief sal stuur na sahistoryproductions@gmail.com

    ‘n Skakel is ook goed genoeg. Videos op YouTube is egter klaar deur ons span verkry. Enige iets anders behoort waardevol te wees. U kan u eie oordeel gebruik om te bepaal of die materiaal gepas sou wees in ‘n dokumentere video oor aparte ontwikkeling. Toesprake word veral benodig.

    Baie dankie!

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      “Ons vorder uitstekend met ons projek.”

      Dis baie goeie nuus … is daar ‘n moontlikheid dat Praag Lesers ‘n voorskou (snippet) kan kry?

      1. RSA PATRIOT Avatar
        RSA PATRIOT

        Absoluut! Ons is tans besig om die navorsing af te handel. Die onderwerp word al meer as ‘n jaar lank nagevors en ons beoog om teen November klaar te wees met navorsing. Ons sal beslis binnekort ‘n voorskou op YouTube laai. Hou julle op hoogte.

Leave a Reply