deur Leonie Rheeder
Mnr Piet Le Roux, ras maak saak – loop net by jou deur uit en haal jou donker bril af en kyk hoe lyk die NSA ná ras “nie meer saak maak nie”.
Intussen skryf mnr. Koos Reyneke 20 jaar te laat oor die moontlikheid om in 1994 ‘n Afrikanermeerderheidsgebied van 17% van Suid-Afrika se oppervlak te bekom. Mnr Reyneke, u ongekwalifiseerde verwyte t.o.v. die NP en KP maak geen sin nie en is in wese niks beter as die ondergrawery van ons Afrikanervolk deur die politici van daardie tyd waarna u verwys nie. Geheime vergaderings met Mandela? Watse geheime vergaderings en hoekom geheime vergaderings? Dit het immers gegaan oor ons Afrikaners se toekoms wat julle almal in julle “geheime hande” gehad het en ons Afrikaners belieg het.
Mnr Reyneke hoekom het jy jou dan nie destyds by Jaap Marais geskaar en die waarheid vir ons vertel nie toe dit nog ‘n verskil kon maak nie?
Met hierdie twintig-jaar-te-laat-“openbaring” kan mens nie anders om te wonder wat julle nuwe agenda is om ons Afrikanervolk weer êrens te na te kom en verder te onderdruk nie. Laat ons met rus: ons is besig om te herstel en hierdie keer gaan julle dit nie regkry om speke in die wiele te plaas nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.