Vryheidsfront het volkstaatidee laat verongeluk

deur Koos Reyneke, Wapadrand, Pretoria

Middel ’93 het generaal Viljoen my versoek om die hele Volkstaatkwessie of eie grondgebied vir Afrikaners, Boere of Boere-Afrikaners, te verkort tot slegs twee beginsels wat hy tydens ‘n beplande eerste en geheime vergadering met meneer Mandela wou gaan bespreek ten einde te probeer om die droogmakery van Afrikanerberoepspolitici in NP-, KP- en Volksfrontkringe te probeer omseil ten einde ‘n beginselskikking te bereik.

My voorstel was: Een: dat ras nie as norm gebruik sou word nie, en twee: dat geen mense verskuif sou word nie.

Generaal Viljoen het saamgestem nadat ek bevestig het dat dit wel moontlik sou wees om ‘n baie klein deel van Suid Afrika, ongeveer 17%, af te baken met ‘n duidelike Afrikanermeerderheid.

Meneer Mandela was baie redelik en het ingestem en gesê hy keur dit in beginsel goed en dat die detail met die ANC se National Executive uitgewerk moes word, waarna verskeie geheime vergaderings met hulle, insluitende Thabo Mbeki, Jakob Zuma, Penuel Maduna, Joe Modise, Joe Nthlandla en nog een of twee gevoer is.

Vir die doel moes ek Suid-Afrika se eerste nie-rassige sensus opstel wat uit twaalf volumes bestaan het en slegs taal (28 tale) as norm sou gebruik.

Dit het ook gelei tot die tweede Grondbeginsel wat die Tussentydse Grondwet tydens KODESA voorafgegaan het.

Beroepspolitici, veral in die VF, het egter ander agendas gehad en die ooreenkoms waarvoor byna 700 000 mense gestem het, verongeluk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.