praag.co.za

‘Vrymesselaars het saad van apartheid geplant’

Written by

in

,

masoniclodgeOp gronde van die Parlement, naby Tuynhuys in die hart van Kaapstad, staan die Losie De Goede Hoop agter ‘n parkeerterrein vol duur ministeriële motors versteek.

Dit is ‘n ou, wit, gepleisterde gebou, skryf City Press.

Slegs die Vrymesselaarsimbool op die venster en die ster van Dawid bo die groot houtdeure wys dat dit nie net nog ‘n parlementêre gebou is nie.

Daar is baie samesweringsteorieë, beweerde bande met moorde, en diegene wat glo dat die Vrymesselaars “die saad van apartheid geplant het”.

Die gebou is as die eerste Masonic Temple in Suid-Afrika in 1803 ingewy en word steeds daagliks gebruik deur sy lede.

Hierdie week, het City Press ‘n toer van die tempel onderneem met die nuutaangestelde Grand Master van die SA Vrymesselaars, Geoff Edwards.

Op ‘n tafel in die voorportaal is ‘n vierkant en ‘n passer – bekende simbole van die geheime organisasie. Op die muur is ‘n gegraveerde lys van die name van die voormalige meesters en die muur langs die voordeur is versier met ‘n geraamde foto van Watty Watson, voormalige DA-hoofsweep en uittredende Grand Master.

Die eerste Vrymesselaar losie is in 1772 in Kaapstad gestig en die tempel is ongeveer 30 jaar later gebou.

Die Kaapse regering van destyds en die Vrymesselaars is so nou verweef dat die Kaapse Parlement die banketsaal gebruik het tussen 1854-1884 totdat die ou Volksraad voltooi is.

Twee kunsmatige menslike skedels gee ‘n koue ontvangs.

Die mees fassinerende kamer in die Losie De Goede Hoop is ongetwyfeld die middelste. Die kamer is donker, selfs in die middel van die dag. Hier word seremonies gehou in die nag in die pikdonker.

Die organisasie is oop vir alle rasse maar nie vroue nie.

“In ons losie het ons lede van die Parlement van drie verskillende politieke partye en hulle het kom almal baie goed oor die weg,” spog die Groot Kokkedoor.

Lees verder.

 

Comments

45 responses to “‘Vrymesselaars het saad van apartheid geplant’”

  1. Phillip Avatar
    Phillip

    Dit, is alles vir my SATANIES.
    Geen wonder dit gaan in hierdie land soos dit gaan, en kyk die res van die wêreld.
    Mag God spoedig uitkoms bring aan dié wat Hom getrou volg.

    1. Andy Avatar
      Andy

      Jy is heeltemal reg Phillip, dit is Satanies, en die Dawid ster is n verdoeseling van die waarheid. Die bokkop vorm deel van die ster. Die twee skedels binne in die middelste kamer, en alles wat in die nag en donker gedoen word is mos n duidelike aanduiding van satan se teenwoordigheid.
      Jesus sê, “Ek is die LIG vir die wêreld”. Niks verdoesel in die geheim nie. Satan haat die lig.

      1. henkst Avatar
        henkst

        Die Ster van Dawid heet in Hebreeus Magen David ‘Skild van Dawid’, ook gespel Mogen. Dié Joodse simbool is saamgestel uit twee opmekaar geplaasde gelyksydige driehoeke om ʼn sespunt-ster te vorm. Dit verskyn onder andere op sinagoges, Joodse grafstene en die vlag van die Staat van Israel. Die simbool was histories egter nie net beperk tot en gebruik deur alleenlik die Jode nie – die oorsprong en ontstaan daarvan in die heel vroegste tye, was inderdaad die joelwiel of jaarkring. Die 60º-indeling is van besondere belang, want dit was die presiese skaal waarvolgens die eerste jaargetykalender, joelwiel of jaarkring, ingedeel was. Die 60º-driehoekskaal was ook die skaal waarvolgens die Egiptiese piramides, wat dateer uit ±2700v.C., gebou was.

        1. Andy Avatar
          Andy

          Wonderlik. Dankie vir hierdie uiteensetting Henkst. Nou het ek alweer meer geleer op my oudag. Genugtig.
          Dit is jammer dat sulke simbole soms misbruik word nê.

          1. henkst Avatar
            henkst

            Die name van die ses jaargetye van die aanvanklike maanjaarkalender word in Genesis 8:22 aangetref. In die 1983-vertaling van die Afrikaanse Bybel lui dit soos volg:
            So lank as die aarde bly bestaan,
            sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
            ook nie koue en hitte,
            somer en winter,
            dag en nag nie.
            Volgens die Vrymesselaar-bybel is die ses jaargetye soos volg ingedeel:
            Saaityd: middel-Oktober tot middel-Desember
            Wintertyd: middel-Desember tot middel-Februarie
            Kouetyd: middel-Februarie tot middel-April
            Oestyd: middel-April tot middel-Junie
            Somertyd: middel-Junie tot middel-Augustus
            Hittetyd: middel-Augustus tot middel-Oktober

          2. Andy Avatar
            Andy

            Genade Henkst, hoe het jy aan die bybel gekom met al hierdie inligting. Of is dit beter dat ons die saak gesluit verklaar. Geen probleem nie hoor. Ek dink soms weet ek ook te veel wat vir my goed is.
            My suster het my al gewaarsku dat ek moet stilbly, want nou hoor ek van goed en dan is ek so opgewerk dat ek almal wil vertel en op hoogte bring, en dit kan dalk n probleem wees.
            Eendag sien julle dalk net n foto in die koerant, en dan sê julle o is dit hoe ou andy gelyk het die ou knol. haha.

          3. henkst Avatar
            henkst

            Ek het ‘n intensiewe studie gemaak van die christen Vrymesselaar-bybel!

          4. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Ek soek nie vir moeilikheid nie, henkst … ek noem net dat jy christen kleinletter spel, maar Vrymesselaar … kry ‘n hoofletter?

            Miskien moet ek ook maar soos Andy sê “Genade Henkst, hoe het jy aan die bybel gekom met al hierdie inligting.
            Of is dit beter dat ons die saak gesluit verklaar. Geen probleem nie
            hoor.”

          5. Gas Avatar
            Gas

            Henkst is nie ‘n Christen nie.

          6. Rifrug Avatar
            Rifrug

            Dankie, ek weet!

          7. Andy Avatar
            Andy

            Henkst, nou moet jy my reghelp. Ek sien jy praat van christen vrymesselaar-bybel. Met die c van Christen as n klein lettertjie. Moet dit ook in annhalingstekens wees?
            Lees ek dalk nou weer ook goed tussen die lyne wat nie daar is nie.

          8. henkst Avatar
            henkst

            Beide die katolieke geloof en vrymesselaar geloof is gebaseer op die Mithras geloof.
            Die vrymesselaars gebruik hulle eie weergawe van die King James Bybel.

          9. Straatman Avatar
            Straatman

            @ Henkst

            Wat u en ander skryf is baie interessant. Ek het `n bietjie kennis van die Vrymesselaars maar op my ou dae moet ek nou nog meer leer. Dankie.

            Ek beskou die Vrymesselaasr gevaarliker as die Jode!

            As Suid-Afrika-Duitser kan ek net sê dat so kommentare soos ek hier gelees in Duitsland amper nie moontlik sal wees.

            Die Bund für deutsche Gotterkenntniss (Bond vir Duitse GOD-Erkentenis ). jammer, maar ek weet nie of ek die woord reg vertaal het, was na die Tweede wêreld oorlog in Duitsland verbode aangesien hulle anti-semities en anti-vrymesselaar asook anti Katolieke was.

            Mathilde Ludendorff, vrou van Generaal Ludendorff, `n kameraad van Adolf Hitler, was die stigter van die gemeenskap en het baie jare geveg dat haar gemeenskap weer toegelaat word.

            Enige een wat Duits magtig is, sal ek aanbeveel om haar boeke te lees.

            Maar, ons moet oppas om nie die geloof van `n ander een te veroordeel.

            Die onderwerp oor die Vrymesselaars moet nie die regsgesinde Boere verder verdeel!

            Groete.

            Straatman

          10. Andy Avatar
            Andy

            More, wil jy nie dalk bietjie inzoom op
            http://www.kruispad.com
            Seëngroete.

          11. Gas Avatar
            Gas

            Nee Andy, hierdie tipe artikels word juis geplaas sodat ons moet praat en redeneer daaroor. Baie van ons is hopeloos oningelig oor wie en wat die vrymesselaars is. Die kennis wat jy het moet jy juis met ons deel.

          12. Andy Avatar
            Andy

            Ek hoor jou duidelik Gas, ek vermoed baie sterk dat Henkst baaaaie meer kennis het as ek. Sien sy kommentaar hier onder. Dankie vir die positiewe houding, ek waardeer dit en laat my “klein” voel.

          13. Andy Avatar
            Andy

            Gas ek dink jy of enigiemand anders wat meer tewete wil kom moet na google toe gaan en al die inligting daar gaan oplees.
            Julle sal ook daar meer tewete kom oor hoe die vrymesselaars en Jesuite inmekaar pas .

          14. Andy Avatar
            Andy

            Gas dit is al bietjie laat in die nag maar ek voel my gedwing om hierdie inligting ook vir jou en die wat belangstel deur te gee.
            Gaan na google tik “Vygeboom bedieninge ” in die venstertjie.
            klik dan op “ekstra bladsye” hofie. daar maak nou n webwerf oop waar jy kan gaan kies waarin jy belangstel.
            Klik op DVD AFRIKAANS en dan gaan jy af op die lys wat oopmaak tot by “verbasende ontdekkings” van Prof Walter Veith. Dit is alles gratis en sal baie dinge vir jou “oopmaak”.
            Prof Dr Walter Veith is n diep Christen en het n absolute diepte studie gemaak van die Bybel, die Jesuite, Vrymesselary ens.
            Seëngroete en n rustige nag,

  2. Gas Avatar
    Gas

    Watter drie politieke partye? Die ANC en DA is ‘n gegewe. Is die VF+ die ander party?

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Moenie EFF vergeet nie!

      1. Andy Avatar
        Andy

        O vet nee dit sal ek nie glo nie Rooikop.

    2. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Kyk na die logo van die VF, dan sal jy sien wie hulle is. Die bokryer tekens is duidelik sigbaar.

  3. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “Op ‘n tafel in die voorportaal is ‘n vierkant en ‘n passer – bekende simbole van die geheime organisasie.” … nee, vierkant is ‘n verkeerde vertaling van die Engelse ‘square’ … dit moet wees WINKELHAAK.

    1. Andy Avatar
      Andy

      More Rifrug, dit is so in die kol. Ek het dit ook opgetel maar was mos nou nie daar om self te sien wat lê daar nie, maar nou dat jy die ingelse woord insit val dit in plek . Skerp.

    2. Gas Avatar
      Gas

      Jy is heeltemal reg.

    3. Guest Avatar
      Guest

      Weet jy of enige ander persoon dalk waarvoor staan die ‘G’?

      1. Guest Avatar
        Guest

        Lyk my die foto wil nie aflaai.

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Hierdie is ook die simboliek vir die Israeliese ekwivalent van die SABS!

      2. Gas Avatar
        Gas

        Generative

      3. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Kyk na die vorm wat deur die passer en die winkelhaak gemaak word en die posisie van die G(kol?) daarbinne en evalueer dit binne die konteks van Gas hier onder se “Generative.”

      4. Waarheid Avatar
        Waarheid

        Die G vertel messelaars vir die algemene publiek ‘staan vir God’ alle lede moet aan ‘n hoe”r wese glo – maak nie saak of dit budda, mohammed, god, of een van die 3,000,000 gode van die hindoes is nie. Maar in werklikheid staan die G vir ‘Great Architect’ of te wel hul geheime kollektiewe god wat in die boonste grade geopenbaar word as Yabulon (eintlik ‘n ander word vir satan). Satan noem himself die engel van die ‘lig’, daarom dat die messelaars in die hoogste vlakke die word ‘verlig’ tenoor verkramp (konserwatief) gebruik. Ook die boonste twee grade verteenwoordig die ‘lig’ of te wel illuminati. Messelaars op hoogste vlakke regeer die aarde in die geheim saam met satan. Die slinkse liberale groep binne die Broederbond het hulself die verligte aksie-groep genoem ! Google die stellings as dit te ongelooflik klink.

        1. Andy Avatar
          Andy

          more. Ek hou van jou “naam”. Henkst het hier onder iets gesê va die Mithras. Ek het toe so n bietjie nalees werk gaan doen. Nou moet ek vir jou sê ek weet nou nie meer wat is die WAARHEID nie. Dit voel vir my asof ek al die tyd vir n pawpaw gehou is.
          Ek dink terloops aan Pilatus wat vir Jesus uitdruklik gevra het, WAT IS WAARHEID. Ek is nou diep onstig. Wie lieg dan nou. Hoe skei jy die kaf nou van DIE koring.
          GENUGTIG

        2. Andy Avatar
          Andy

          Ek aanvaar jy het my kommentaar gelees , maar het ook maar nie antwoorde vir my nie. Dit maak nie saak nie , ek het alweer herstel deur die Heilige Gees se leiding.
          Vrede

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Met invloede soos die is dit geen wonder ons land is in sy pekie nie.

    1. Andy Avatar
      Andy

      M..r kan dalk meer beskrywend wees Rooikop. Of wat van d..n. r in.

  5. Andy Avatar
    Andy

    Mauser, ek het n vermoede dat daar n oog geplaas word waar die “G” nou wys, en dit verteenwoordig dan die oog van Lusefer(satan). Help my weer reg as ek verkeerd is aub.

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die ou wat die eerste losie in SA gestig het was ene de Mist. Hy het ook die Orde van de Mist geskryf wat in die Kaapse Kerk opgeneem is. Hierdie orde bepaal o.a. dat daar ‘n verteenwoordiger van die staat in die kerkbestuur, die kommissaris politiek, moes wees om ‘n oog oor die kerk namens die staat te hou. Die orde is van die gees van die Franse revolusie deurtrek. Dink net aan die posisie van die politieke kommisaris in kommunistiese lande. Toe die voortrekkerkerk gesit is was Piet Retief aangestel as kommissaris politiek. Die bokryers het oral in ons geskiedenis hul spoor gelaat. Sies!

  7. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Juis het Hy ook met die maak van die stelling waarna jy verwys gesê dat hulle gelos moet word, ne Mauser?

  8. jan Avatar
    jan

    Isebel die vrou van Agab was die stigter van Baalkultus kanker onder die Jode.
    Hierdie Baalkultus van Isebel is niks anders as die Vrymesselaars nie.

    Mozart is vergiftig oor sy kosbare spottende opera [Die Towerfluit] oor die inhuldigings rituele van die hierdie VM Baalkultus.
    Die lot VM het dit erken.
    Die asemrowende mooi musiek van die opera was so grotesk kosbaar dat hierdie verleentheid vir VM nie deur sy gifmoord op 35jaaroud ongedaan gemaak kon word nie. Hy is aam met gepeupel in ‘n massagraf begrawe.

    Die Koningin van die Nag is inderdaad Isebel van die Bybel. Onse Miemie is van die min kolleratuur soprane wat dit wel kan sing… Ontsaglik mooi / dekandent aangrypend.

    Isebel die aarts satanis wat veroorsaak het dat Jehu die hele nageslag van Agab uitgeroei het.

    Die honde het Isebel opgevreet dat net haar skedel, voetsole en hande oor gebly het.
    Wat ‘n ontsaglike groot metaforiese proffessie
    Hmm?

    1. jan Avatar
      jan

      Die mooiste storie in die Bybel is juis vir my die een van Elia se teregstelling van die 400 Baalpriesters van Isebel – wat ‘n geweldige slagting moes dit nie gewees het nie?

      [ vergl ; met die guillotene is daar op een dag 1000 koppe afgekap…….]

      Toe vlug hy vir Isebel op soek na God en vind Hom in die stilte en sagte wind wat waai [ ‘doofheid van sy singende ore’ ? hmm?]

      Ontsaglik ondenkbaar groots.

  9. jan Avatar
    jan

    Die FAK gaan nou ‘n gedenkding doen om Skelm Bokryer Piet Retief se rampspoedige trek te gedenk.

    Kalium Cloraat en ander – wat dink julle daarvan?

    Wat my betref het Piet gevlug met goedgelowige gyselaars en is onder sensuur geplaas deur die Kaapse Kerk tot vandag toe.

    Maar goddelike ingryping van gebedsverhoring en BEKERING van sommige Bokryers het totale uitwissing van die wittes voorkom.

    Die Gelofte is die moment van Afrikaner /Boere volkstigting en NIE Piet Retief NIE
    Piet Retief was ‘n super skelm en het geen skuld betaal -selfs nie aan sy Losie nie.

    Ons Volk durf mos nie so ‘n skurk as stamvader te beskou nie?

    Dis die ware perspekief waaroor die Voortrekkermonument getuig.

    Of Hoe?
    .

    1. Joop Avatar
      Joop

      Beskou jy Piet Retief as so ver verwyderd van die Afrikanervolk
      dat die grond wat hy gekoop het by Dingaan, dat jy dit ook nie as deel van die
      Afrikanervolk se wettige eiendom erken nie?

      1. jan Avatar
        jan

        Nee Joop daai grond is met bloed gekoop. Maar dis die Vrymesselaars syne – of hoe? Hulle het ‘n wettige intenasionale erkende eiendomsreg op daai grond.
        Of is dit die Volk syne? Ek weet nie.
        Alles draai om die Gelofte –

        En Skelm Piet is juis die mentaliteit van sommige Boere wat deur die swartes gehaat word. Soos wat die mynwerkers weet en soos Mugabe dit openlik verkondig.
        Of hoe?

  10. Andy Avatar
    Andy

    Tertius dit is heeltemal korrek.
    Wat my so bekommer is dat gedurende n TV uitsending van “Reis na gister” was daar n besoek aan Worcester, en hulle het in n kerk in gestap. vir n paar sekondes het die kamera gefokus op n oog wat iewers naby die preekstoel was as n soort simbool of iets. Ek het nou al heelwat opleeswerk rondom hierdie simbole en tekens gedoen wat op n baie subtiele manier besig is om in ons samelewing in te sypel.
    Ek het onmiddelik n brief aan die Burger geskryf in die hoop dat dit geplaas sal word en mense se aandag daarop vestig. Nodeloos om te sê my brief was nooit geplaas nie.
    So was daar al n paar jaar gelede n “hot cross bun” nie met die bekende kruis teken nie maar met die “heksepoot of peace sign” daarop in die Burger geadviteer. Daardie brief aan die Burger was ook nooit geplaas nie.

    1. Tertius Avatar
      Tertius

      Ja, hulle sou nie daardie briewe van jou geplaas het nie, want die vrymesselaars se invloede spruit baie ver en wyd. Dit is jammer dat koerante (wat veronderstel is om informatief te wees en waghonde van die samelewing moet wees) sulke gatkruipers is van ‘n geheime organisasie.
      Jy is heeltemal korrek met jou waarneming van daardie simbole in sommige kerke – in die geskiedenis het die vrymesselaars op verskeie wyses die kerk infiltreer met hulle dwaalleringe en dit saai nou nog baie verwarring onder sommige gemeentelede en sommige predikante.

Leave a Reply