praag.co.za

Vragmotor vol gesteelde kabels voorgekeer

Written by

in

,

kabelsDie polisie in Johannesburg het beslag gelê op ‘n vragmotor vol elektriese kabels met ‘n geraamde waarde van R5 miljoen, het RSG berig.

Die metropolisie het die voertuig naby die Gold Reef City pretpark voorgekeer. ‘n Woordvoerder van die polisie sê die bestuurder het nie die nodige dokumentasie by hom gehad nie.

Die vragmotor is deur ‘n wit Mercedes Benz begelei en die insittendes het probeer om die polisie met R15.000 om te koop. Hulle was volgens die polisie swaar gewapen.

Toe polisieversterkings ingeroep is, het die motor weggejaag. Die vragmotorbestuurder is na die Booysens-polisiekantoor geneem.

Amptenare van City Power het bevestig dat die kabels aan hulle behoort. ‘n Saak van roof is intussen geopen.

Comments

15 responses to “Vragmotor vol gesteelde kabels voorgekeer”

  1. Phillip Avatar
    Phillip

    Baie huisgesinne is geraak deur hierdie kabeldiefstalle, veral nou onlangs in die Springs-area. Diegene wat hul skuldig maak aan hierdie misdryf, behoort ook vir ‘n lang periode toegesluit te word.

    1. betzie Avatar
      betzie

      Liewer die rowers se hande afkap .

      1. Andy Avatar
        Andy

        More Betzie. Moenie toegee aan wreedaardigheid nie. Anders word ons net soos hulle. Ek verstaan hoe n mens voel op sulke geleenthede, maar ons moet altyd waaksaam wees sou ek sê.

        1. betzie Avatar
          betzie

          Andy , dink jy nie mense loop te katvoet , versigtig wanneer dit by straf kom nie ? Ek stem nie saam dat ‘ ek ‘ soos ‘ hulle ‘ word as hulle wreed gestraf moet word vir hulle roekelose oortredinge nie . Soms het sagte strawwe geen uitwerking nie . Mens kan nie bly duld tot jou eie nadeel nie . Dit ly ook soms tot die situasie waar empatie se donker kant wys . Jy voer die honger leeu totdat hy jou as sy laaste prooi ook verslind . Sou dit nie ook wreed wees nie ?

          1. Andy Avatar
            Andy

            Kyk , ek stem tot n groot mate saam met jou. Strawwe moet net geballenseerd wees. Goed ek wil nou nie hier saam met jou gaan sit dat ons die regstelsel met strawwe ens. oor ontwerp nie maar ek voel net ONS moet regverdig wees, en tog streng.
            Ek is natuurlik n sterk voorstander van die doodstraf. As n man n lewe neem moet hy weet die kans dat hy met sy lewe gaan boet is so- by- so 100%. Klaar.

          2. Gas Avatar
            Gas

            Ek stem nie saam met jou, as jy steel, moet jou hand afgekap word en klaar. As jy ‘n lewe neem, moet jou lewe geneem word.

          3. Andy Avatar
            Andy

            Ek het geen probleem nie dit is jou reg. Wat ek nou net aan dink is dit is dalk beter dat so n persoon sy hande behou en harde arbeid verrig, as wat jy sy hande afkap en hy voor gesorg moet word. Medies,prostesis ens. en dit waarborg geensins dat hy nie weer sal steel nie.

          4. Gas Avatar
            Gas

            Ek baklei nie, Andy, al het hulle nie hande nie, sal hulle steel, al is dit met die voete.
            Maar ek verstaan wat jy sê, dan sorg die staat (ons) weer vir sulke wetters.

          5. Andy Avatar
            Andy

            Dit is mos nou wat vir my lekker is by Praag. Ek sê mos nou die dag ,vir Trippie dink ek, die Pragers praat met mekaar. Kyk nou byvoorbeeld vir Henkst, wat n mooi klompie opbouende inligting deugegee het oor die Vrymesselaars.
            Reg so Gas gee hom bietjie lekker gas.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hierdie mense behoort onder die terrorisme wetgewing vervolg te word. Dit is erger as net diefstal

  3. JAVR Avatar

    So nou weet ek ook hoekom het ons geen krag gehad het gister nie!!! Verdomp!

  4. Andy Avatar
    Andy

    Weet julle ek is nou baie jammer maar dit is vir my weer n bewys van die onvermoë van vinnigge en korrekte doelgerite optrede. Om n situasie in n oomblik op te som en onmiddellik te reageer. Daardie Merc moes nooit weggekom het nie.
    Daar is nie streng doelgerigte onverskrokke optrede nie. Dit lyk vir my soos n speletjie van “cowboys en crooks” op skool.

  5. Andrea Avatar
    Andrea

    Hmmm, wonder of die swaar gewapende insittendes hul wapens sèlf uit veilige bewaring gekry het, of is hulle gehelp?

  6. marula Avatar
    marula

    Wonder of die Mercedes weggejaag het voor of na die R15000 oorhandig is:-)

    1. Gas Avatar
      Gas

      Ek wonder nie daaroor nie. Dit was darem maar te maklik en gerieflik.

Leave a Reply