Geen werkskepping onder huidige toestande nie

Gerhard Papenfus
Gerhard Papenfus

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, of NEASA, sê onder die huidige toestande sal daar geen werklike werkskepping deur die privaatsektor wees nie

Die uitvoerende hoof van NEASA, Gerhard Papenfus, sê sake-ondernemings voel nie meer welkom in Suid-Afrika nie.

Papenfus sê daar bestaan ‘n persepsie dat winste werknemers op een of ander manier benadeel. Hy sê sakelui voel amper skaam omdat hulle suksesvol is.

Papenfus sê Suid-Afrika het ‘n onaanvaarbaar hoë werkloosheidsyfer en ‘n oplossing moet gevind word om werk te skep.

Hy sê Suid-Afrika maak ook geen duik in die werkloosheidskrisis nie, en daar is ‘n netto verlies van meer as 100.000 werkgeleenthede in Februarie.

Papenfus het vroeër gesê kollektiewe bedinging in die mynbedryf is baie nadelig vir klein besigheid.

“Die arbeidswetgewing is opgestel in so ‘n manier dat dit klein besighede benadeel,” het Papenfus in Johannesburg gesê.

“Groot werkgewers en vakbonde kan ooreenkomste aangaan … Ooreenkomste wat heeltemal nadelig in die belang van klein werkgewers is.”

Hy het gesê dit was omdat wetgewing verhoed dat klein besighede onderhandeling oor hul eie loonooreenkomste voer.

Klein besighede word dikwels swaar getref omdat stygings hulle direk en onmiddellik raak, sê Papenfus .

Op grond hiervan het Neasa die departement van arbeid en die minister hof toe geneem.

Tydens ‘n voorlegging in Bryanston , Johannesburg, het Papenfusge sê die bedingingsraad in die mynbedryf “funksioneer ongrondwetlik “, want ‘n ooreenkoms is in ‘n struktuur wat nie bestaan ​​het nie onderteken.

6 thoughts on “Geen werkskepping onder huidige toestande nie”

  1. Interssante obserwasies deur die Industrie. Soortgelyke obserwasies is al gedoen in die militere sektoe waar besluite buite Krygkor geneem word en ook snaaksgenoeg die CCMA. Dit begin te lyk of al hierdie “structures” vir die plebs besoek is.

  2. Die ANC met hul Marxistiese beskouings van die ekonomie sien privaatbesigheid as die vyand. Die houding is dat ‘n sterk en kerngesonde privaatsektor hulle mag ondergrawe. Hulle het nie die insig dat dit juis in die privaatsektor is waar werklike werkskepping plaasvind nie. Om nog meer kaders in die staatsdiens aan te stel en sodoende die belastingbetaler nog harder slaan is nie werkskepping nie. Dan is daar die pas aanvaarde wetgewing wat die privaat mynbousektor basies totaal gaan doodmaak. Die eindresultaat van kaderontplooiing het nou ‘n vol sirkel gekom. En die groot maatskappye? Hulle het’n stem en invloed maar verkies om eerder die knie voor Luthuli buis te buig. En nou blyk dit te laatte wees.

Maak 'n opvolg-bydrae