praag.co.za

McBride kry verdere hupstoot vir Opod-toppos

Written by

in

,
McBride
McBride

Die benoeming van Robert McBride as hoof van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat is deur die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Veiligheid en Grondwetlike Ontwikkeling die benoeming ondersteun.

Sy welbekende daad was om bomme by die “Why Not” Restaurant en Magoo’s Bar in Durban op 14 Junie 1986 te plant waarin drie blanke vroue dood is en 69 mense beseer.

Hy is gevange geneem en skuldig bevind en daarna tot die dood gevonnis, maar later begenadig in 1992 nadat sy optrede as “polities gemotiveer” geklassifiseer is.

Hy het later amnestie by die Waarheid-en- Versoeningskommissie ( WVK) ontvang nadat die ANC hul vroeë ontkennings van betrokkenheid by die aanval laat vaar het.

Die Waarheid-en-Versoeningskommissie het oor die bomaanval gesê: “Dit blyk dat nie baie nie, indien enige, van die slagoffers in hierdie voorval lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens [die teiken] was.

McBride het amnestie vir die aanval gekry, hoewel die kommissie bevind het dat dit ‘n “growwe skending van menseregte” was.

In 1998 is McBride in hegtenis geneem deur die Mosambiekse polisie op aanklagte van wapensmokkelary, en in 1999, terwyl hy in die geselskap van onderwêreldbase by ‘n gesellinklub was, is McBride aangekla van aanranding.

In 2011, is McBride skuldig bevind aan dronkbestuur en dwarsboming van die gereg, en gevonnis tot vyf jaar tronkstraf. Hy is in April verlede jaar vrygespreek.

Verlede week is McBride se benoeming deur die Portefeuljekomitee oor Polisie gesteun, nadat McBride vir die pos benoem het.

Opposisiepartye is sterk gekant teen McBride se aanstelling in die pos.

Die pos is sedert Francois Beukman se bedanking in 2012 vakant.

Comments

11 responses to “McBride kry verdere hupstoot vir Opod-toppos”

  1. Brand de Ruyter Avatar
    Brand de Ruyter

    Hierdie benoeming word diep betreur. Die land brand. ‘Crime does pay’.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Ja, “ongelukkig” is nie almal van ons gewoonte misdadigers nie.

      1. Eric Bornman Avatar
        Eric Bornman

        Trippie, wat Brand hier kwytraak is nogal waar, die mense gaan eers te laat agterkom waarvoor hulle gestem het.

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Net so Eric, en elders lees ek die volgende:

          Dit was die twee Nobel-manne, De klerk en Mandela wat skynbaar ooreengekom het om aan Suid-Afrika te vertel die land gaan brand en die geweld gaan onbeheerbaar word as apartheid nie afgeskaf word nie.

          En nou nadat ’n volk, die enigste ter wêreld, sy land met kruisies weggegee het aan ander wat voorstanders van terrorisme en kommunisme is, nou brand die land eens so erg, en die geweld het onbeheerbaar toegeneem, en die
          korrupsie, diefstal en boewery neem die oorhand terwyl die land ’n markplein vir jubelende misdadigers geword het.

          Die groot vrede wat moes kom, het toe ’n MUIS gebaar, en die geweld het net nog meer gewelddadig geword.

          1. Eric Bornman Avatar
            Eric Bornman

            al die Lbs se dat 46664 ons gered het van n revolusie, aaaag crap man!!!!!!!!!!!, dit is net uitgestel, die muis word n groot pienk lab-rot” wat almal gaan byt.

  2. Willy Avatar
    Willy

    Korrup!! Seker is die doel van die aanstelling om beskerming te verleen aan ‘n hele paar.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Natuurlik ook om klagtes te filter. Hierdie blanke hater sal mos nie na ‘n blanke se klagte (oor iets soos bv plaasmoorde, wangedrag van blouligbendes ens) luister en/of aandag gee nie? So transformeer hulle dit wat nog oor is in die land in sy pekie in.

      1. Willy Avatar
        Willy

        Hulle het ‘n plan en dit is ‘n plan wat teen ons gaan wees. Ons sal net met ‘n beter plan vorendag moet kom maar ek weet ons sal.

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek woon in n gebied waar roes n probleem is – nounet besluit ek gaan liewer my vuurwapen skoonmaak en olie en my koeëls Brasso gee vir wat op ons wag – Voor ek n woord verder sê.

    1. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      Riempies, Riepmies, bedaar, die man is n goeie polisieman, hy ken, uit ondervinding, al die vuil truuks, ek dink ons is in goeie hande, kyk hoever het ons gekom met die ander vuil-uil, efweetjie en hy was immers n prokerower. (weet jou hart klop nou tjoklits)
      Maar in dieselfde asem gese, jy het n “Blink” plan met die Brasso, gaan jou plan opvat.
      Wat die mense vergeet van McMunch Bride is dat hy n “gun runner” is wat vele wapens deur Lesotho, in die toerbusse se bagasie ruim invoer, nou nie die wettige soort wat n mens met Brasso wil skoonmaak nie, maar die soort wat hulle wil gebruik vir die Revolusie, daai wat in Rusland gemaak is.

    2. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Kruisboog is net so dodelik en akuraat.
      Die moderne kruisboog staan vir niks agteruit nie. Dalk bietjie stadig, maar baie vinniger as ‘n voorlaaier.
      En hy is tog so lekker stil. Jy kan skiet en skiet en skiet en…………………………

Leave a Reply