Glibberige Otter glip van DA na EFF

Glibberige Otter
Glibberige Otter

Die DA-burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille se voormalige woordvoerder Steven Otter, is glo lid van die EFF.

Otter was De Lille se woordvoerder as leier van die OD voordat sy in Augustus 2010 na die DA oorgeloop het.

Die glibberige wit Otter ontken dat hy by die EFF-saamtrek was, ten spyte daarvan dat hy oor die naweek in Khayelitsha opgemerk is kompleet met rooi beret en revolusionêre ywer.

DA-lede het met skok gereageer op Otter se bedrywighede.

Maar Otter hou vol dat dit ‘n geval van ‘n verkeerde identiteit is, en sê hy was 68 kilometer ver van Khayelitsha in Bettiesbaai.

Hy werk tans vir die DA-stadsraad as ‘n woordvoerder vir die vervoerdirektoraat.

Die DA se parlementêre woordvoerder Phumzile van Damme het die foto van Otter aan haar volgelinge uitgestuur, met die toevoeging van “interessant”.

Otter het later die aand ‘n Twitterrekening geopen, in reaksie op Van Damme en Mazibuko en ontken dat hy by die saamtrek was, ook in ‘n SMS aan De Lille.

De Lille het ontken dat haar voormalige woordvoerder na die EFF oorgeloop het en gesê dit was ‘n geval van ‘n verkeerde identiteit .

“Hy was in Bettiesbaai met sy vrou en kinders, ” het De Lille volgehou.

EFF-ondersteuners het egter gesê dat dit wel Steven Otter was wat by hulle saamtrek opgedaag het.

 

11 thoughts on “Glibberige Otter glip van DA na EFF”

  1. “………… I did not have a sexual relationship with that woman….” Clinton
    “………….Die ou op die video lyk soos ek maar dis nie ek nie….” Joost
    Spring die Otter van Denottar skip?
    Dalk begin Zillie bietjie stres die rooi staan mooi uit teenoor die blou..
    Gaan die DA volkstaat val tydens die verkiessing…..?

  2. As mens gaan kyk wie eintlik agter die politici sit dan kom jy agter dit is dieselfdes wat vir al die spanne kolf, so hierdie verbaas my gladnie. So ‘n ruk gelede het die hoofsweep van die DA in Gauteng mos terugverhuis na die ANC. Hy het ook ‘n blanke gelaat.

  3. As jy wil weet van watter stoffasie ou Patrys aanmekaar gesit is soek “Stories of Cape Town” (Miskien “Stories of the Cape”) [Ek kan ongelukkig nie die skakel gee nie want waar ek is kan ek nie google of yahoo nie] Soek dan “Commandant de Lille” (miskien Kommandant – ek kan nie onthou nie) Dit was tydens die eerste besmetting van die Kaap deur die engelse (hy was die 2e in bevel van die gewaapende magte in die Kaap) waar hy homself by uitstek bekendgestel het as ‘n papbroek en veraaier. Nog voor die vredes ooreenkoms na genoemde besmetting het hy homself in diens van die engelse gestel.

Maak 'n opvolg-bydrae