Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het ‘n sterkbewoorde waarskuwing aan dokters gerig wat weier om diens te doen by landelike mediese inrigtings.
Die dokters weier diens ten spyte van streng beursvoorwaardes wat hulle verplig om dit te doen.
Die departement sê dat van die sowat 300 dokters wat op die platteland ontplooi is, het 36 geweier om diens te verrig.
Die provinsiale LUR, Sicelo Gqobana sê elke dokter het ‘n halfmiljoen rand aan beursgeld ontvang terwyl ‘n miljoen rand ook bestee is aan elkeen wat verdere opleiding in Kuba ondergaan het.
Sy sê die departement gaan streng optree teen dokters wat nie voor Vrydag vir diens aanmeld nie.
Gqobana sê dat optrede oorweeg sal word teen die oortreders wat nie geldige redes verskaf nie en dat diegene wat nog nie vir diens aangemeld het nie, word aangemoedig om dit te doen met onmiddellike effek.
Individuele gevalle sal op die Januarie 10, die sperdatum, deur ‘n komitee hersien word en kyk na elke uitsondering.
Departementshoof, Dr. Thobile Mbengashe, sê hulle wil verseker dat landelike gemeenskappe ook gehalte gesondheidsorg kry.
Mbengashe het te velde getrek teen diegene wat wil spesialiseer sonder nakoming van hul kontrakte.
“Daar is gevalle waar mense sê hulle wil na Dora Nginza of Livingstone gaan, want hulle is van voorneme om te spesialiseer. Maar jy kan nie dink aan spesialiseer voordat jy die twee jaar wat vereis word voltooi het nie,” sê sy.
“Die idee om te spesialiseer beteken dat jy eers ‘n werk as ‘n dokter moet doen voordat jy eintlik kan registreer,” het sy bygevoeg.

Alles goed en wel maar hulle kan nie die veiligheid van veral die vrouliike dokters in van hierdie verafgeleë klinieke (ook nie in die stedelike klinieke) waarborg nie – hoekom jou lewe in gevaar gaan stel?