Die Valke wil ondersoek instel oor die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir se verbintenis met skietgevegte, bomaanvalle en moorde in Bedfordview.
Inwoners van Bedfordview, oos van Johannesburg vrees vir hul lewens weens die toename in geweldsmisdaad in die gebied
Die span wat Suid-Afrika se misdaad-onderwêreld te ondersoek is reeds maande gelede aangestel, maar bedrywighede is die afgelope ses weke verskerp, berig The Times.
In die mees onlangse voorval by Krejcir se onderneming Money Point is twee mense dood en vyf beseer.
Krejcir wou nie Woensdag kommentaar lewer nie.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het bevestig dat speurders met baie ervaring ’n reeks moorde, poging tot moord, ’n huisroof en ’n inbraak waartydens juweliersware van miljoene rande gesteel is, ondersoek.
Al dié voorvalle het die afgelope ses weke in Bedfordview aan die Oos-Rand plaasgevind en die span het afsonderlike sake waarin Krejcir die klaer is.
‘n Aantal voorvalle die afgelope paar maande het verskeie lewens in die gegoede buurt geëis. Inwoners sê dit is veral kommerwekkend dat die voorvalle skynbaar in intensiteit toeneem.
Verlede maand is twee mans, Bassam Issa en Veselin Laganin doodgeskiet.
Dinsdagaand is nog twee mans dood in ‘n bomontloffing by die Tsjeggiese voortvlugtige, Radavon Krejcir se winkel. Drie ander mense is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.
Volgens berigte was die twee mans meelopers Krejcir.
Die mafiabaas probeer om sy uitlewering aan die Tsjeggiese republiek waar gevangenisstraf op verskeie aanklagte hom in die gesig staar, te fnuik.

Stuur hom terug na waar hy vandaan kom. Ons het nie hierdie soort in ons land nodig nie.
Rooikop ons het die soort volksvreemdes nie nodig nie, maar hulle is vir die komende verkiesing broodnodig vir iemand.
Solank ons grense onbewaak le en die grens poste deur korrupte amptenare beman word sal dit net vererger.
Moet seker die volgende polisiehoof oplei 🙂
Ek het vergeet dat hy in ‘n boksie, verkieslik ‘n klein houtkissie teruggestuur behoort te word.
Dit neem gewoonlik n krimineel om een te vang.
Die valke en polisie ondersoek eenhede is so besig om mekaar te vertrap dat daar nie tyd is vir ander kriminele se sake nie…..
Dink McGoose, bommer is n goeie een om die saak te ondersoek.
Krejcir is baie ryk,hy koop die Valke gou om. Daar gaan niks kom van die ondersoek nie. Suid Afrika het n tuiste geword vir moordenaars, diktators,pedofiele en al die ander sub spesies. Dit gaan net erger word.
Ek sien dat die hoofrede waarom GOOGLE die advertensies op PRAAG gestop het is omdat die webtuiste in Afrikaans is. Lees die storie by http://mybroadband.co.za/news/internet/91707-truth-behind-praag-google-ad-issues.html
Waarom nie die engelse gedeelte van Praag met die Afrikaanse gedeelte saamsmelt en een maak nie?
Wat van ander Afrikaanse web tuistes en van N24 se Afrikaanse koerante.