praag.co.za

Dwelmhandelaar by Durbanse lughawe vasgevat

Written by

in

kingshaka‘n Man is by die King Shaka Internasionale Lughawe in Durban in hegtenis geneem nadat kokaïen met ‘n geraamde straatwaarde van R600 000 in sy besit gevind is, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

Kapt. Thulani Zwani het gesê die man is Maandag vasgetrek.

“Die Boliviaanse man was op ‘n vlug vanaf Brasilië via Doebai en is met sy aankoms om 17:00 in hegtenis geneem.”

Zwane het gesê die polisie en doeanebeamptes het ‘n wenk ontvang dat dwelms na Durban vervoer word.

“Die verdagte is geïdentifiseer en aangekeer. Sy bagasie is deursoek en beamptes het twee pakkies met sowat 2 kg kokaïen met ‘n geraamde straatwaarde van sowat R600 000 gevind.”

Hy is in hegtenis geneem en aangekla van dwelmhandel. Die man sal na verwagting Dinsdag in die Verulam-landdroshof verskyn. – Sapa

Comments

8 responses to “Dwelmhandelaar by Durbanse lughawe vasgevat”

  1. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Ditsem – pluimpie vir die persoon wat die wenk deurgegee het.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Dit kan ook wees dat die betrapte nie sy ou skuld betaal het nie.
      Dus word hy deur iemand anders gevang en gestraf.
      ‘n soort “Boeremag” trap.

      1. JAVR Avatar
        JAVR

        Dalk Cwele homself?

    2. Eric Bornman Avatar
      Eric Bornman

      wonder of sy vrou vir intelligensie werk?…

      1. Andrea Avatar
        Andrea

        Of miskien het hy sy vrou se verjaardag vergeet …

  2. Dink net bietjie Avatar
    Dink net bietjie

    Kan julle nie sien wat hier gebeur nie? Die een trek aandag af en word met 2 kg gevang. Die ander een of twee kom weg met 20 kg.

  3. Gas Avatar
    Gas

    Mens noem hierdie prys regulering. Al wat hier gebeur is prysinflasie want nou moet die verslaafdes duurder betaal omdat daar minder beskikbaar is. Die kokaien en mensehandel hoofstad in Tel Aviv, hulle sal die profyt maak en die ou van Bolivia sit agter tralieswaar hy niemand meer kan pla nie, ook nie sy base nie

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Voer die dwelmmuil al die dwelms in sy besit binne een uur. As hy oorleef – dan was dit vir eie gebruik en laat hom gaan. Indien nie dan sit sy turf en kan hy nie meer andere se lewens verwoes nie.
    Ek het ‘n kennis so aan dwelms gesien gaan – ‘n lelike hartseer prentjie vir hom en sy familie.

Leave a Reply