‘n Wêreldberoemde kunsvliegkampioen, Glen Dell, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem nadat sy Red Bull Extra-vliegtuig by die Secunda-lugskou neergestort het.
Dell oomblikke was besig met lugtoertjies waarin hy ‘n duikslag wou uitvoer sowat 100m van toeskouers.
Hy kon nie die vliegtuig weer lig nie, het ‘n toeskouer, gesê. Hy het hoogte verloor en daarna die grond getref en aan die brand geslaan. Die vlieënier het brandwonde oor sy hele lyf opgedoen.
‘n Enjinfout ingesluip het vermoedelik tot die ramp gelei, maar ‘n ondersoek na die ongeluk sal uitsluitsel oor die oorsaak gee.
Van die toeskouers meen die brandweer was traag om te reageer,

Rus in Vrede – dink aan sy naasbestaandes, sterkte vir julle !
Op Maroela Media
Glen Dell, die top-kunsvliegvlieënier wat vanoggend omstreeks 11:00 in ‘n vliegongeluk betrokke was by die Secunda-lugskou, is laat Saterdagmiddag oorlede, het ‘n woordvoerder van die familie aan Maroela Media bevestig.
Glen is op 9 April 1962 in Johannesburg gebore. Hy het in 1978 as 16-jarige reeds leer vlieg met ‘n Cessna 150 en het die volgende jaar sy vlieglisensie bekom. In 1980 het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in ‘n hele aantal vliegtuie, insluitend die Harvard-vliegtuig, ontvang het. Hy was onder andere ook ‘n helikopter-vlieënier op die Alouette- en Puma-helikopters.
Glen het in 1988 by die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangesluit en het ‘n hele paar jaar Boeing 747 en 767′s gevlieg voordat hy uiteindelik as ‘n kaptein aangestel is op die Boeing 737-vloot.
In Augustus 2004 het Glen die eerste Suid-Afrikaner geword om die Gevorderde Wêreld Kunsvliegkampioenskap te wen.
Hy het tussen 1985 en 2005 minstens 20 keer as wenner weggestap by Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Glen het uiteindelik meer as 27 000 vlugure op sowat 250 verskillende vliegtuie agter die blad gehad.
In ‘n onderhoud met Red Bull het Glen gesê vlieg is soos musiek en ballet: mens moet die skoonheid daarvan kan raaksien sodat jy die kuns daarin kan sien. “Die ware skoonheid van vlieg is die kuns wat daarin lê,” het hy gesê.
Dankie vir die bykomende inligting Trippie. Dit behoort eintlik ook in die berig te gewees het.
Toe ek die foto kyk toe wonder ek hoe kan ‘n radio-beheerde vliegtuigvlieënier verongeluk.
Kritiek of verongeluk? Kritiek, hoop Glen herstel volkome. Verongeluk, sterkte aan die naasbestaandes.
Daar is ook baie mense dood wat bloot net van ‘n perd afgeval het.
Elke sport het maar sy beserings en ongevalle.
Sterkte vir die wat agter bly.
Lekker rus oud kryger. Ek sal my ou boshoed weer ‘n keer omdop om eer aan jou te betoon.