Ekonomiese herstel hang van olieprys af

ImageSuid-Afrika se ekonomiese herstel hang van die olieprys af, het 'n beleggingsontleder vandag gesê.

Mark Appleton, van BJM-privaatkliëntdienste, sê finansiële markte het die potensiaal om te herstel solank as wat die tempo van olieprysstygings verslap.

'n Beter olieprys sou meer buigsaamheid tot gevolg hê sover dit monetêre beleid betref, het Appleton gesê.

Inflasievrese het die sentrale banke gedwing om op beperking eerder as ekonomiese groei te fokus.

Appleton glo dat die olieprysstyging waarskynlik op laer vlakke gaan stabiliseer.

Maar hy is versigtig oor plaaslike rentekoerse en voorsien nog een verhoging van 50 basispunte.

designer bridal headbandsФильчаков прокуратура харьков

Woonhuismark het nog nie herstel nie

Absa-huislenings sê die volle uitwerking van die rentekoersverhogings gedurende die eerste helfte van 2008 het nog nie na die huismark deurgesyfer nie.

Die huismark gaan tyd neem om te herstel, ondanks stabiele rentekoerse.

Verbruikers het tydelike verligting ontvang toe rentekoerse verlede Donderdag onveranderd gelaat is, maar verskeie rentekoersverhogings oor die afgelope twee jaar het 'n baie negatiewe uitwerking op die prys van woonhuise gehad.

Rentekoerse het reeds 10 keer tussen Junie 2006 en Junie vanjaar gestyg.

Dié toename het tesame met skerp stygings in brandstof- en voedselpryse plaasgevind, wat koopkrag geweldig verminder het.

справка от физкультурытопкарго отзывы

Ses miljoen Suid-Afrikaners is diep in die skuld

Consumer Assist, Suid-Afrika se grootste skuldberadingsorganisasie, sê 'n beraamde 6 miljoen Suid-Afrikaners is diep in die skuld.

Dié met die meeste skuld is tussen 25 en 35 jaar oud en verdien tussen R8000 en R15 000 per maand.

André Snyman, die uitvoerende hoof van Consumer Assist sê die lae rentekoerse het 'n valse sin vir rykdom geskep en toe rentekoerse begin styg het verbruikers hulself in die moeilikheid bevind.

Snyman sê die Reserwebank se besluit verlede week om nie rentekoerse te verhoog nie is welkom.

Maar hy het bygevoeg dat dit gevaarlik sou wees om te aanvaar dat rentekoerse nie gaan aanhou styg nie.

детямФільчаков прокурор

Anglo en MDC hou geheime samesprekings

Anglo American het geheime samesprekings met Zimbabwe se MDC gehou, volgens die Financial Times in Londen.

Anglo stel belang in winsgewende platinamynkonsessies indien Tsvangirai se party aan bewind kom.

Die Financial Times sê dat die MDC beplan om die mynbou in die land te hersien, wat oor die tweede grootste platinareserwes na Suid-Afrika beskik.

Impala Platinum se Zimplats is tans die grootste platinamyn in Zimbabwe

Angloplat besit die Unki-projek. Dit beplan om oor twee jaar met produksie te begin ondanks kritiek omdat die maatskappy in Zimbabwe belê terwyl Mugabe aan die mag vasklou.

Nóg Anglo American nóg MDC-amptenare wou onmiddellik op die artikel kommentaar lewer.

переходник для пневмоинструментаДанильченко

Koers hou

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het die sleutelrepokoers onveranderd op 12 persent gelaat. Die prima-uitleenkoers bly staan op 15.5 persent.
Dit is die tweede keer sedert Junie 2006 en in 12 vergaderings dat die koers onveranderd bly. By al die ander vergaderings is die koers elke keer met 50 basiese punte verhoog.

feathered frenzyлобановский александр жена

Finansies gaan ingekort word

'n Komitee wat deur 'n voormalige visevoorsitter van die Federale Reserwebank van New York gelei word, het 'n verslag geproduseer wat 'n revolusie in die finansiële wêreld in die vooruitsig stel.

Dit stel voor dat streng beperkings op afgeleide instrumente geplaas word en dat hulle onder die beheer van reguleerders geplaas word. Kleinhandelbeleggers behoort ook teen hul ingewikkelde produkte beskerm te word.

Die verslag het 'n gunstige reaksie van groot internasionale banke ontvang.

Dit verteenwoordig die eerste institusionele stap om die rol van finansies in die VSA en die globale ekonomie in te kort.

Die ineenstorting in Februarie van die veilingsgraadsekuriteitemark het getoon dat afgeleides in die praktyk, gedurende 'n krediettekort, nie werk nie.

Die verslag stel voor dat 'n verbod op die verkoop van veilingsgraadsekuriteite aan kleinhandelbeleggers geplaas word.

free online casinoФильчаков прокуратура харьков

Gautengse blankes verdien meer as ander rassegroepe

Image

Nog hoop vir blankes Foto: Catalin Stratila

Ondanks regstellende aksie, SEB en 'n gebrek aan regeringskontrakte vir blankes, verdien Kaukasiërs steeds meer as ander rassegroepe in Gauteng, Suid-Afrika se ekonomiese swaartepunt.

Volgens Unisa se buro vir marknavorsing, was die gemiddelde jaarlikse inkomste van blanke huishoudings in Gauteng in 2006 die som van R253 370, met Asiërs kort op hul hakke met R240 114. Swartes en kleurlinge staan heelwat agtertoe met die gemiddelde swart huishoudelike inkomste op R90 280 en die kleurlinginkomste op R130 101.

Die gemiddelde jaarlikse inkomste van huishoudings in Gauteng het R131 563 in 2006 bedra, met salarisse en lone wat die hoofbron van inkomste was.

Die verskillende rassegroepe het ook breed verskil wat die gedeelte van inkomste vanuit eie ondernemings betref, met 28,8% van blanke inkomste wat aan eie ondernemings toegeskryf kan word, teenoor 16% vir Asiërs. Swartes het 12,6% van inkomste uit eie ondernemings verhaal, met kleurlinge laaste op 11,3%.

обучениеалександр лобановский харьков

China gaan die VSA as grootste vervaardiger verbysteek

ImageChina gaan aanstaande jaar die VSA as die wêreld se grootste produsent van vervaardigde goedere verbysteek.

As gevolg van die snel verswakkende Amerikaanse ekonomie het dit vier jaar vroeër gebeur as wat aanvanklik verwag is.

Global Insight, 'n Amerikaanse ekonomiese raadgewende firma, sê China sal aanstaande jaar 17 persent van vervaardigde waarde-uitset verskaf terwyl die VSA 16 persent sal voorsien.

Verlede jaar het Global Insight-ekonome voorspel dat die VSA sy topposisie tot 2013 sou behou.

Die verwagte verandering gaan 'n einde maak aan 100 jaar van Amerikaanse oorheersing.

China keer nou terug na die posisie wat dit vir sowat 1 800 jaar beklee het tot omstreeks 1840 toe Brittanje ná sy nywerheidsrevolusie die wêreld se grootste vervaardiger geword het.

интернет магазин игрушкиФильчаков прокуратура харьков

Vooruitsigte vir billike handel donker

Die geloofwaardigheid van 'n sleutelstaatsinstelling wat billike handel monitor, word betwyfel nadat dit nog 'n hofgeding verloor het.
Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie het vier hofsake oor die afgelope 12 maande verloor, met nog 'n saak wat hangende is.

Die howe het gekla oor die kommissie se gebrek aan prosedures en bevindings.

In die jongste saak het die Pretoriase Hooggeregshof Itac beveel om die storting van skokbuise te ondersoek wat van China afkomstig is.

Nadat Itac duidelike bewys van storting gevind het, is die ondersoek gestaak.

Hoofkommissaris Nomonde Maimela het raad van haar regsbeampte verontagsaam deur te sê dat indien Suid-Afrikaanse maatskappye nie hul mededingers ken nie, hulle behoort dood te gaan.

Verder wil Maimela ander maatskappye ontmoedig om antistortingsaansoeke te bring deur die verontregte party te dagvaar.

машинкі на пультуданильченко юрій броніславович

Absa s? die boubedryf gaan floreer

Absa sê die oplewing in die boubedryf gaan tot na 2010 aanhou.

 
Peter Steyn, die hoof van konstruksie en infrastruktuur by Absa-korporatiewe en sakebank, sê Suid-Afrika ervaar 'n tekort aan produksievermoë.

Hy sê dit sou onrealisties wees om te verwag dat die ekonomie met 4 of 5% gaan groei indien ons nie ons vermoë uitbrei nie.

Steyn sê hoewel die 2010-sokker gehel[p het, sal toekomstige groei deur kragopwekking, padinfrastruktuur en waterverwante beleggings gedryf word.

'n Sleutel-element oor die mediumtermyn gaan die regering se beplande besteding van R600 miljard op infrastruktuur wees.

Die privaatsektor sal waarskynlik 'n mindere rol speel.

Die boubedryf het sedert die jaar 2000 met 10% per jaar gegroei.

большая детская пирамидкаЛобановский

Eskom op besoek aan vernaamste Europese hoofstede

Uitvoerende bestuurslede van Eskom het hul mees gedetailleerde herstelplan tot op hede op 'n besoek aan Europese finansiële hoofstede uiteengesit.

Die toer het verlede week geëindig. Eskom het met banke, kredietgraderingsagentskappe en maatskappy wat in Suid-Afrika belê, gepraat.

Hulle wou ook 'n gedeelte van die R350 miljard wat nodig is om nuwe kragstasies te finansier, bekom.

Dreigemente deur Cosatu en die stygende koste van steenkool en diesel dreig om die nutsmaatskappy in jaarlikse verliese te dompel nog voordat hy met sy kapitaalbestedingsprogram begin.

Suid-Afrika loop tans met 'n gevaarlike klein elektrisiteitsreserwe en na verwagting gaan dit tot 2012 aanhou.

Die duur van die kragkrisis hang gedeeltelik af van hoe vinnig Eskom internasionale finansiering kan bekom.

Die Eskom-bestuurspan sê dat kredietgraderingsagentskappe nou die sentrale belang van Eskom vir die Suid-Afrikaanse ekonomie na hul tog begryp.

справки купитьДанильченко Юрий Брониславович

Midde-Oosterse lugrederye floreer

ImageEmirates het so pas nog 'n jumbostraler by sy vloot gevoeg. Dié keer is dit die wêreld se grooste vliegtuig, die Airbus A380-superjumbo.

 
Terwyl die lugnywerheid met 'n enorme krisis sukkel, is die magsbalans besig om na die olieryke Midde-Ooste te verskuif.

Lugrederye van American Airlines tot Thai Airway International reageer op hoë oliepryse deur poste te verminder, roetes terug te snoei en vliegtuie uit diens te stel.

Maar Midde-Oosterse rederye brei so vinnig as hulle kan uit.

Emirates het sedert 2002 sy bestelling van die aanvanklike sewe superjumbo's met meer as agt vermenigvuldig.

Die plan is om plekke soos Afrika met China, of Rusland met Suid-Afrika te verbind.

Die nuwe passasiersvliegtuig spog met 76 besigheidsklasbeddens, 'n dekoratiewe waterval en twee spastorte vir eersteklaspassasiers.

комплекты нижнего белья для мальчика купить дешеволобановский класс харьков

Amerikaanse biobrandstofprodusente speel bankrot

'n Dosyn Amerikaanse biobrandstofprodusente is besig om hulself bankrot te verklaar soos wat mielie- en sojapryse die hoogte inskiet.

 
Mieliepryse maak die volhoubaarheid van etanolfabrieke elke dag meer en meer problematies, volgens 'n adviseur wat biobrandstofmaatskappye help om te herstruktureer.

Mielies verteenwoordig die rustof vir die meeste Amerikaanse etanolfabrieke.

Intussen styg die pryse vir soja-olie, die rustof vir die meeste biodieselfabrieke, reeds maande lank weens 'n toenemende globale vraag daarna.

Die dalende winsmarges het vele vervaardigers van alternatiewe motorolie gedwing om hul fabrieke teen omtrent die helfte van hul kapasiteit te laat werk.

Pryse vir alternatiewe brandstof het nie tred gehou met stygende petrolpryse nie en dit maak die distilleerders ook seer.

светильники из гималайской соли для баниФільчаков прокурор

Doha-samesprekinge stort in duie

Die jongste rondte van die Doha-handelsamesprekinge het gister na 'n marathonsessie ineengestort.

Die ineenstorting kom na nege dae van handelsamesprekinge nadat Indië en die VSA nie kon ooreenkom oor die beskerming van boere teen invoere nie.

Ontluikende swaargewigte Indië, China en Indonesië het druk toegepas om hul boere te beskerm.

Washington is glo gefrustreerd deur die dooiepunt wat bereik is, wat 'n finale ooreenkoms om vrye handel uit te brei, vir nog 'n paar jaar kan uitstel.

Die dooiepunt het ook aansienlike vooruitgang op ander gebiede soos landbouverwante aangeleenthede, vervaardiging en dienste, negatief geraak

casino games freeтопкарго