Solidariteit staak saam

Solidariteit-verteenwoordigers van regoor Suid-Afrika het Woensdag tydens ʼn spesiale bedryfsraadvergadering in die metaal- en ingenieursbedryf die 7%-loonaanbod van die Bedingingsraad vir die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) verwerp. Indien die werkgewers nie tydens Vrydag se geskilvergadering ʼn beter loonaanbod maak nie, sal Solidariteit kennis gee van ʼn staking.

Volgens Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het die vakbond lank besin voor hy op dié stap besluit het, aangesien dit ʼn groot impak op die bedryf sal hê indien Solidariteit se lede, meestal geskoolde werknemers en ambagslui met skaars vaardighede, sou staak.

“Loononderhandelinge is ook aan die basiese ekonomiese beginsel van die wisselwerking tussen vraag en aanbod onderwerp,” verduidelik Hermann. “Daar is tans ʼn reuse-vaardigheidstekort in Suid-Afrika ten opsigte van geskoolde werknemers en ambagslui. Indien die vraag na ʼn produk styg, styg die prys daarvan en dieselfde beginsel behoort te geld vir die vergoeding van werknemers met skaars vaardighede,” volgens Hermann.

Intussen het Solidariteit beklemtoon dat sy lede nie die werk van stakende werknemers sal doen nie.

Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 27 000 werknemers in die metaal- en ingenieursbedryf.

Die vakbond het egter Woensdag ná die vierde rondte van loononderhandelinge in die goudsektor van die Kamer van Mynwese, ʼn loongeskil verklaar. AngloGold Ashanti en Goldfields het vandag ʼn algemene loonaanbod van 5,5% vir kategorie 3-werknemers en ʼn loonverhoging van 5% vir kategorie 4- tot 8-werknemers, asook ambagsmanne, myners en amptenare, aangebied. Harmony en Rand Uranium het ʼn loonverhoging van 5,3% vir kategorie 3-werknemers en 4,8% vir kategorie 4- tot 8-werknemers en ambagsmanne, myners en amptenare aangebied.

Volgens Louis Pretorius, woordvoerder van Solidariteit, beteken die werkgewers se verbeterde loonaanbod niks. Werkgewers het in die derde rondte ʼn loonaanbod van ʼn algemene loonverhoging van 5% vir kategorie 3-werknemers en 4,5% vir die kategorie 4- tot 8-werknemers asook ambagsmanne, myners en amptenare gemaak. “Vandag se aanbod, van skaars ʼn halwe persentasiepunt meer, is niks anders as klatergoud nie,” meen Pretorius. “Teen die pas wat loononderhandelinge nou vorder, is ʼn loonooreenkoms beslis nog nie naastenby in sig nie,” voeg hy by.

Intussen is die aanbod vir die uitleeftoelaag steeds nie verbeter nie en werkgewers bied steeds slegs ʼn R50-verhoging aan. Daar is ook nog nie aan Solidariteit se eis, dat die aftreeouderdom van bogrondse werkers na 63 jaar verhoog word, gehoor gegee nie.

Die geskilrondte vir die steenkoolsektor is vir 20 Julie geskeduleer.

детские светильникиданильченко юрій броніславович компромат

SA se ekonomiese rol op vasteland word bedreig

Suid-Afrika se rol as Afrika se ekonomiese toegangspoort word bedreig, volgens ‘n ekonoom vir suidelike Afrika by IHS Global Insight, het Business Report Woensdag berig.

Ronel Oberholzer het Dinsdag tydens ‘n konferensie in Johannesburg tendense wat die land se posisie in die streek ondermyn, uitgelig.

Beleggers raak “minder bang vir Afrika”, en baie buitelandse maatskappye gaan direk na ander Afrikalande eerder as deur Suid-Afrika, het sy gesê.

Dit word weerspieël in die kapitaalvloei uit die res van die wêreld, wat teen ‘n stadiger pas groei na Suid-Afrika as na baie van sy mededingers.

Oberholzer het gesê dat direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika met slegs sowat 10% ‘n jaar gemiddeld tussen 2005 en 2008 toegeneem het.

Mauritius en Ghana was die voorste mededingers met ‘n jaarlikse groei van meer as 100%, alhoewel dit vanaf ‘n veel kleiner basis af geskied het.

“Mauritus wys dikwels in ons navorsing,” het sy gesê.

“Dit is ‘n land om dop te hou.”

Volgens Oberholzer, is een van Suid-Afrika se nadele die arbeidsmark, wat onbuigsaam en duur is.

“In terme van die arbeidsmarkdoeltreffendheid, is Suid-Afrika ver agter Oeganda, Namibië, Mauritius, Botswana, Nigerië, Angola en Ghana,” het sy gesê met vermwysing na die Wêreld Ekonomiese Forum se Wêreldwye mededingendheidsverslag.

Een van Suid-Afrika se grootste mededingers vir ‘n leiersrol op die vasteland is Nigerië.

excalibur casino gamesпрокурор Фильчаков

Reuse-oliereserwes by Namibiese kus gevind

Reuse-oliereserwes is teen die kus van Namibië ontdek, en produksie sal binne vier jaar op dreef wees, het die Namibiese minister van myne en energie, Isak Katali Woensdag aangekondig.

Die ontginning sal deur Enigma Oil & Gas, wat deur die Londense genoteerde maatskappy Chariot Oil & Gas besit word, behartig word.

Hulle het lisensies bekom vir ten minste agt konsessies net af van die Namibiese kus, wat die grootste deel wat 38,725km2 beslaan, insluit.

Dit sal Namibië, soos Angola met sy ongeveer 13 miljard vate se reserwes, as nog een van Afrika se top produsente, saam met Nigerië, lys.

Die rykste konsessie, die Nimrod, sal soveel as vier miljard vate kan lewer, het Katali gesê.

Volgens Katali, stel ook HVT Oil & Gas, Arcadia Expro en Tower Resources in olie- en gaseksplorasie in Namibië belang.

“Dit kan Namibië binne ‘n kort tyd as ‘n groot produsent van olie en gas vestig,” het Katali gesê.

леґоДанильченко Юрий прокурор

Swartes loop uit BUSA

Die Black Management Forum (BMF) se onttrekking uit Besigheidseenheid Suid-Afrika (BUSA) op grond daarvan dat die swart organisasie (BMF) se stemme ‘n minderheid vorm, spreek volgens die Vryheidsfront Plus van dubbele standaarde. “Daar word gereeld daarop gewys dat Afrikaners en ander minderhede nie ‘n sê het in landsake nie juis omdat hulle nie ‘n meerderheid kan vorm binne ‘n simplistiese demokratiese bestel nie.

Nou weet die BMF presies hoe dit voel om aan die ontvangkant te wees van die tirannie van die meerderheid in ‘n stelsel waar geen voorsiening vir minderheidsregte gemaak word nie.

Dalk moet die BMF sy benadering begin verander deur te vra vir ‘n nuwe akkoord tussen die meerderheid en die minderheid van die land waar eersgenoemde minderheidsregte op politieke vlak erken en die minderheid op sy beurt weer sistematies en volhoubaar betrokke raak by die ontwikkeling van die ekonomies agtergeblewe gemeenskappe,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Gegewe die swart meerderheid se obsessie met demografiese verteenwoordiging op alle vlakke van die samelewing, is dit volgens die VF Plus tog net logies en billik dat minderhede ook ‘n permanente kwota op alle regeringsvlakke moet hê. Is dit dan nie die ander kant van die munt van meerderheidsverteenwoordiging nie? ‘n Nuwe akkoord kan juis lei tot die verbreding van die welwillendheid van die minderheid en voortgesette ekonomiese emansipasie van die swart meerderheid,” het Alberts bygevoeg.

Intussen moet die BMF nie kla as die demokratiese beginsel wat hulle toepas om Afrikaners en ander minderhede te ontneem van besluitreg op hulle politieke toekoms, ook vir hulle negatief uitwerk in ‘n ander forum soos BUSA nie.

насос для водылобановский александр игоревич

Kospryse gaan klim

Die mielieoorskot help tans om voedselinflasie in Suid-Afrika te beperk, maar Kevin Lings, ekonoom by Stanlib, het aan Sake24 gesê voedselinflasie gaan in die komende maande merkbaar hoër klim, alhoewel die tempo stadig is.

Op internasionale terrein was die voedselprysindeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie in Mei 2011 steeds 37% meer as in Mei 2010.

Ontleders meen die langtermynvooruitsig vir kospryse is net een rigting: Opwaarts.

Oxfam, die Britse hulporganisasie, meen selfs voedselpryse kan teen 2030 in reële terme met 70% tot 90% styg, sonder inagneming van die uitwerking van klimaatsverandering, wat prys­stygings kan laat verdubbel.

“Die wêreld se voedselstelsel lyk maar sleg,” sê me. Barbara Stocking, uitvoerende hoof van Oxfam.

Die IMF sê die belangrikste verklaring vir hoër voedselpryse is verbruikers in ontwikkelende ekonomieë wat ryker word en hul dieet ­verander. Hulle eet meer hoëproteïenvoedsel soos vleis, suiwelprodukte, eetbare olies, vrugte, groente en seekos, terwyl hul graankosinname afneem.

Waar China voorheen ‘n netto uitvoerder van soja en mielies was, hy nou ‘n netto invoerder is van albei.

As dieselfde met koring sou gebeur en China 5% van sy koringverbruik by internasionale markte moes bekom, sal dit sy deel van die vraag in die internasionale mark van byna nul tot 4,7% opstoot en sal hy daardeur die sesde grootste koper van koring word, ná Japan. Dit sal pryse wêreldwyd opjaag en die internasionale supersiklus in kommoditeitspryse vererger.

косметика для детейtopcargo кидалы

Ergste styging in kospryse in 36 jaar

Groothandelpryse in die VSA het verlede maand met die meeste in byna twee jaar opgegaan as gevolg van hoër energiekoste en die skerpste styging in voedselpryse in 36 jaar.

Die Amerikaanse departement van arbeid het gister gesê die produsenteprysindeks het ‘n seisoensaangepaste 1,6 persent in Februarie gestyg, dubbel die 0,8 persent styging in die vorige maand.

Voedselpryse het die hoogte ingeskiet met 3,9 persent verlede maand, die ergste sedert November 1974. Meeste van die verhoging was te wyte was aan ‘n skerp styging in groentekoste, wat met byna 50 persent toegeneem het. Dit was die meeste in byna ‘n jaar. Vleis en suiwelprodukte ook opgegaan.

Energiepryse is op met 3,3 persent verlede maand, gelei deur ‘n 3,7 persent toename in die petrolkoste.

Daar was weinig tekens van inflasionêre druk behalwe vir voedsel en energie. Verbruikers betaal egter meer vir die basiese noodsaaklikhede.

Petrolpryse het in Februarie opgeskiet en is selfs tans hoër. Stygende vraag na olie in snelgroeiende opkomende ekonomieë soos China en Indië het pryse in die afgelope maande opgedruk. Onrus in Libië, Egipte en ander Midde-Oosterse lande het ook pryse beïnvloed.

Maar ekonome verwag dat die aardbewing in Japan oliepryse uiteindelik sal laat styg. Japan is ‘n groot olieverbruiker. Die koste van ander grondstowwe, soos staal en sement, kan ook styg.

Oliepryse het skerp geval Dinsdag soos vrese oor Japan se kernkrisis verskerp. Olie het geval met 4 persent, op $ 97,18 per vat op die New York Mercantile Exchange.

Kospryse, intussen, is aan die styg. Slegte weer in die afgelope jaar het  gewasse in Australië, Rusland en Suid-Amerika beskadig. Vraag na koring vir etanolproduksie het ook bygedra tot die verhoging.

Pryse het met 1 persent vir klerasie opgegaan, die meeste in 21 jaar. So ook vir motors, juwele, en verbruikersplastiek.

насосные станции ценыФільчаков прокурор

‘Malema-uitsprake skaad ekonomie’ – VF Plus

“Die nuutste uitsprake van mnr. Julius Malema oor nasionalisering van Suid-Afrikaanse besighede, nie net myne nie, kan die ekonomie ernstige skade berokken deur buitelandse beleggers af te skrik en plaaslike sakevertroue te ondermyn. Die Vryheidsfront Plus gaan dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye versoek om die party se bekommernis hieroor na die Kabinet te neem,”   het dr. Conrad Beyers, hoofwoordvoerder oor Finansies vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Volgens die weekblad Rapport het Malema tydens ‘n dinee op Nelspruit uitsprake gemaak wat daarop neerkom dat alle besighede in Suid-Afrika met wit aandeelhouding ‘n teiken vir nasionalisering kan word.

“Malema se uitsprake eskaleer nou verder deurdat nasionalisering nie net op myne van toepassing is nie, maar op die totale ekonomie. Sodanige stappe sal ‘n katastrofiese uitwerking op die ekonomie hê, net soos wat in Zimbabwe onder leiding van Malema se held Mugabe gebeur het,” het Beyers bygevoeg.

In die mynbedryf begin Malema se uitsprake reeds sy tol eis. In ‘n peiling (deur die Kanadese Fraser Institute se Policy Potential Index) onder die hoofde van sowat 3 000 mynboumaatskappye het meer as 80% aangedui dat besorgdheid oor die rigting wat die regering met sy mynbeleid inslaan ‘n faktor is wat hulle van beleggings in Suid-Afrika afskrik. Sedert 2009 het Suid-Afrika se posisie as ‘n bestemming vir mynboubeleggings afgeskuif vanaf 49ste posisie tot 67ste posisie uit 79 gebiede.

Nasionalisering van die meerderheidsaandele in talle Suid-Afrikaanse besighede en die gepaardgaande ekonomiese ineenstorting sal tot massiewe werkloosheid in die land lei. Dit kan tot politieke onstabiliteit en selfs Egipte-tipe opstande in Suid-Afrika lei.

“Die VF Plus is besorg daaroor dat mense soos Malema juis wil sien dat die ekonomie vernietig word ten einde die land te destabiliseer. Malema se radikale ideologie van rassehaat weeg vir hom swaarder as die daarstel van ‘n vreedsame, suksesvolle land.

In Suid-Afrika, met sy komplekse en kwesbare sosiale struktuur, is dit maklik vir radikaliste om die vreedsame naasbestaan wat met groot moeite oor ‘n lang tyd heen opgebou is, af te breek. Daarom het dit tyd geword dat koelkoppe wat die land se belange op die hart dra – beide binne en buite die regering – hul stem moet dik maak teen rassistiese radikaliste soos Julius Malema en Jimmy Manyi”.

мультики игрушкиОлександр Васильович Фільчаков

SA sal binne 15 jaar uitmekaarval

‘n Hoë-profiel Britse verskansingsfonds, Toscafund, sê SA sal binne die volgende 15 jaar heeltemal implodeer met erger nagevolge as wat Libië tans ervaar.

Die kommoditeit-ryke Rusland en Australië sal daaruit bevoordeel word.

Die hoofekonoom en vennoot Savva Savouri, wat navorsing gedoen het oor Suid-Afrika se ekonomie, het die emigrasie van professionele lui en die “tekort aan gesentraliseerde leierskap” hiervoor blameer, veral dit kom by die hantering van probleme soos die Vigs-epidemie.

“Die land ly aan sosiale, politiese en demografiese gebreke en sal binne die
volgende 15 jaar nie meer kan funksioneer nie. Dit sal dieselfde pad as die Midde-Ooste en Noord-Afrika stap, maar die gevolge sal baie ernstiger wees,” het Savouri verlede week in ‘n onderhoud aan Reuters gesê.

“Professionele wittes en swartes verlaat die land is groot getalle – die menslike kapitaal is besig om te verdwyn,” het hy gesê.

Savouri se kommentaar kom nadat die Libiese leier Kadhafi steeds sukkel om ‘n twee-week-oue gewilde opstand te onderdruk. Libië is die wêreld se 12de grootste olie-uitvoerder, en die onrus het Brent ru-olie reeds bo $115 per vat gedruk.

Die onrus in Noord-Afrika en die Midde-Ooste het ook die einde van die Egiptiese leier Hosni Mubarak en Tunisië-leier Zine al-Abidine Ben Ali aangekondig, sowel as protes in Bahrain en Saoedi-Arabië tot gevolg gehad.

Savouri het gesê ‘n “wanpresterende” Suid-Afrika, wat is die wêreld se grootste produsent van platinum en ‘n belangrike produsent van palladium saam met Rusland is, sal kommoditeitspryse hoër druk, tot voordeel mededingende kommoditeit-ryke lande.

“Dit is duidelik Rusland en Australië sal hieruit wen. Die oplewing in kommoditeitspryse sal hulle baat,” het hy gesê.

Savouri, wat vir sy uitgesproke voorspellings bekend is, het in Januarie gesê dat die finansiële dienstebedryf bykans “wetteloos” is.

 

to playОлександр Васильович Фільчаков

Sakevertroue daal

Sakevertroue het in Februarie afgeneem in vergelyking met die vorige maand, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid Donderdag (SAKKN) gesê.

“Ongeag dié maand se afname, is die opwaartse momentum steeds daar en ons glo dat die sakevertroue-indeks op koers sal bly ná die laagtepunt in sakevertroue in die eerste kwartaal van 2009,” het die SAKKN in ‘n verklaring gesê.

Die indeks was 86,4 in Februarie in vergelyking met 87,4 in Januarie. Dit is 3,4 indekspunte hoër as Februarie 2010.

Die verskeie subindekse van die indeks het gemengde tekens vertoon.

Die wisselkoers en reële koste van finansiering was negatief en dit dui daarop “dat die finansiële omgewing ten gunste van strenger finansiële toestande in die toekoms swaai”.

Hoewel daar op ‘n jaargrondslag ‘n verbetering was, is die SAKKN steeds bekommerd dat vervaardigingsproduksie en konstruksie sukkel om te versnel, ongeag ‘n beter positiewe vooruitsig vir ekonomiese groei.

“Verskeie internasionale verwikkelings tydens Februarie 2011 het die huidige wêreld- ekonomiese herstel in gedrang geplaas,” het die SAKKN gesê.

“Sakevertroue kan drasties getoets word in die nabye toekoms, gegewe ekonomiese onsekerheid en moontlike prysonstabiliteit,” het die SAKKN gewaarsku.

металлические брекетыАлександр Фильчаков прокурор

Werk sonder groei, hoe nou?

Die regering gaan moeilik die gestelde teiken van 5 miljoen werkgeleenthede bereik as die groeikoers in die volgende paar jaar nie dramaties toeneem nie. Ten einde 5 miljoen werkgeleenthede te skep, moet Suid-Afrika vir 10 jaar ‘n groeikoers van 6% tot 7% handhaaf. Die huidige groeikoers is 2,8% en die Minister van Finansies projekteer dat dit tot 4% in die toekoms kan groei. Dit is nie genoeg nie.

Die begroting het ook geen verbeeldingryke aansporingsmaatreëls bevat wat werkgewers groot hoeveelhede nuwe werkgeleenthede sal laat skep nie. Die belastingverligting vir klein sake-ondernemings word verwelkom maar sonder byvoorbeeld verbeeldingryke verslapping van dempende arbeidswetgewing vir hierdie ondernemings gaan dit nie werklik lei tot die skep van grootskaalse nuwe werkgeleenthede nie.

As gevolg van die resessie het die regering verlede jaar R70 miljard minder belasting geïn as wat verwag is. Die belastinginkomste het vanjaar grootliks herstel sonder dat dit nodig was om drastiese belastingmaatreël, soos in sommige ander lande, aan te kondig. Hiervoor en vir die wyse waarop die minister van Finansies Suid-Afrika binne vyf kwartale deur die resessie gekry het, kan die minister van Finansies wel bedank word.

Die VF Plus betreur dit dat geen spesifieke maatreëls aangekondig is om senior burgers teen die huidige lae rentekoerse te beskerm nie. Senior burgers wat van beleggings afhanklik is vir inkomste, se inkomste is die afgelope tyd gehalveer deur die lae rentekoerse terwyl inflasie oor dieselfde tydperk met 12% toegeneem het. Die ondersoek na bankkoste word wel deur die VF Plus verwelkom en dit mag senior burgers help.

Die minister van Finansies het moeilik implementeerbare sake soos die Nasionale Pensioenskema en die gesondheidsversekeringskema vermy deur telkens aan te kondig dat daar nog beraadslaging daaroor gaan plaasvind. ‘n Paar miljoen belastingbetalers in Suid-Afrika dra tans 50 miljoen inwoners. Die VF Plus glo dat voordat die Suid-Afrikaanse belastingbasis nie groter is nie, sulke skemas ‘n onbekostigbare luukse vir die land is.

Die vermeerdering van die polisiemag van 190 000 na 202 000 word verwelkom. Dit gaan ongelukkig nie die misdaadprobleem oplos nie. Wat Suid-Afrika kort is beter opgeleide polisielede, spesialis-eenhede, beter forensiese- en speurdienste. Groter getalle polisie alleen is nie die antwoord nie.

slots noЛобановский

VF Plus soek ‘kleiner’ regering

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat ’n “groot, sosialistiese regering” in Suid-Afrika te duur asook onvolhoubaar vir die land se krimpende belastingbasis word.  Die VF Plus het ook gesê dat hoë belasting en oor-ambisieuse sosiale programme, probleme soos werkloosheid en korrupsie fasiliteer.

Die VF Plus het die verklaring gemaak in die lig van mnr. Pravin Gordhan, minister van Finansies, se begrotingstoespraak wat op Woensdag 23 Februarie gehou sal word.

Die party hoop om beduidende belastingverligting vir individue asook besighede te sien ten einde verbruikersbesteding en werkskepping te help stimuleer.  Die huidige hoë belasting is besig om die tipe besigheidsinisiatief wat nodig is om permanente, volhoubare werk te skep, te vernietig. Hoë individuele belasting wat gebruik word om inkomstetoelaes aan miljoene werkloses te subsidieer dra ook by tot laer verbruikersbesteding en daarmee saam ‘n swakker ekonomie.

Volgens die VF Plus se woordvoerder oor Finansies, dr. Conrad Beyers, moet die spiraal van verhoogde en vrugtelose regeringsbesteding op onvolhoubare sosiale programme verbreek word.

“Inkomstetoelaes aan miljoene werkloses moedig werkloosheid aan en skep ‘n kultuur van afhanklikheid van die staat. Dit plaas ook ‘n enorme finansiële las op belastingbetalers en die ekonomie as ‘n geheel. Ons behoort eerder daarop te fokus om meer besteebare inkomste in verbruikers se sakke te plaas en om sodoende die ekonomie te help groei. Deur die ekonomie te herstel, sal volhoubare werk geskep word wat tot verdere groei kan lei,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat die regering se huidige benadering van duur, staatsgedrewe werkskeppingsinisiatiewe wat deur swart ekonomiese bemagtiging gedryf word, nóg effektief, nóg volhoubaar is. Hierdie multimiljoen-inisiatiewe bevoordeel slegs die bevoorregte swart elite, terwyl die werklose massas, vir wie dit bedoel is, tipies geen voordeel daaruit trek nie.

для картинпрокурор Фильчаков

Werkloosheid oorsaak van sosiale verval

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat werkloosheid nie net armes se probleem is nie, maar dat dit alle Suid-Afrikaners affekteer omdat dit onderliggend is aan misdaad en ander sosiale probleme in die land. Die party het gesê dat dit in alle Suid-Afrikaners, hetsy wit of swart, arm of ryk, se belang is dat hierdie fundamentele probleem die hoogste prioriteit vorm van die regering se beleidsrigtings en inisiatiewe.

Werkloosheid erodeer die sosiale onderbou van die Suid-Afrikaanse samelewing, soos stabiele gesinne en gemeenskappe, en het die geneigdheid om soos ‘n kruipende woestyn ook die werkende deel van die samelewing oor tyd heen aan te tas.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-hoofwoordvoerder oor finansies, is sosialistiese regeringsbeleid die hoofoorsaak van die werkloosheidsprobleem.

“Die regering se sosialistiese beleid van basiese inkomste-toelaes, asook verskeie ander toelaes, skep ‘n kultuur van afhanklikheid en dit smoor die insentief om te werk. Die regering se striemende arbeidsbeleid soos BEE hou talle potensiële besighede, wat werk kan skep, kunsmatig uit die ekonomie. Verder word buitelandse beleggers afgeskrik deur die regerende party se gevaarlike flirtasie met die idee van nasionalisering,” het Beyers gesê.

Die land se werkloosheidsyfer (uitgebreide definisie) staan tans op 35.8%. Statistiek Suid-Afrika (SSA) vererger die probleem deur ‘n kunsmatige en eng definisie vir werkloosheid te gebruik en om op grond daarvan te sê dat werkloosheid verminder het (volgens SSA se nuutste syfers).

Die land se werkloosheidsprobleem gaan nie opgelos word deur mense wat opgehou het om werk te soek net eenvoudig nie meer as werkloos te beskou nie. Ekonome beskou SSA se definisie van werkloosheid as twyfelagtig. Suid-Afrika se werkloosheid is die hoogste van die 61 lande wie se werkloosheid deur die nuusdiens Bloomberg gemonitor word. Die arbeidsmag het in die vierde kwartaal met 207 000 op ‘n jaargrondslag tot 17,3 miljoen gekrimp.

Die VF Plus het gesê dat dit onvolhoubaar is dat die krimpende belastingbasis die regering se sosialistiese programme, wat werkloosheid vererger, moet befonds.

no deposittopcargo

Polisiekommissaris se rowerseun skotvry

Luitenantgeneraal Mzwandile Petros se seun het in September verlede jaar saam met sewe ander rowers uit die hof in Johannesburg ontsnap. Die sewe is intussen weer aangekeer, maar die lasbrief vir Petros junior is intussen teruggetrek.

Die polisielede wat die lasbrief teruggetrek het, is twee dae lank vir nalatigheid geskors, maar is intussen weer in hul poste aangestel.

Praag het dié ilnligting van ‘n bron binne die polisie ontvang. Dt is nog nie vantevore in die media bekendgemaak nie.

камины металлические дровяныепрокурор харьковской области

Zim-ekonomie loop klopdisselboom

Zimbabwe se ekonomie sal vir die tweede agtereenvolgende jaar in 2010  groei as gevolg van positiewe beleid en sterk kommoditeitspryse, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister gesê, terwyl die organisasie ‘n beroep doen vir meer hervormings om die herstel te onderhou.

Die land se ekonomie, wat deur hiperinflasie van 500-miljard persent in 2008 geteister is, het 5,7% in 2009 gegroei – die eerste keer in ‘n dekade – onder ‘n magsdelingsregering deur die bittere vyande president Robert Mugabe en eerste minister Morgan Tsvangirai.

‘n IMF-span wat die land tussen Oktober 25 en November 3 vir roetinegesprekke met die regering en die private sektor besoek het, het gesê Zimbabwe sal vanjaar ‘n begrotingsoorskot aanteken, onder andere tekens van beter ekonomiese toestande.

“Ondersteun deur hernieude pogings om beleid te versterk, asook gunstige skokke, het die Zimbabwiese ekonomie sy tweede jaar van lewendige ekonomiese groei voltooi ná ‘n dekade van ekonomiese agteruitgang,” het die IMF gesê.

“Die begroting is geprojekteer om ‘n kontantsurplus in 2010 te genereer, beheer by die Reserwebank van Zimbabwe is besig om te verbeter en die regering werk aan die bevordering van die ekonomiese klimaat.”

Die IMF verwag dat die ekonomie met 2,2% in 2010 sal groei, terwyl die minister van finansies Tendai Biti sê dit is op koers vir 8,1% groei hierdie jaar en 10% in 2011.

Die IMF het gesê daar moet meer geld vir infrastruktuur en maatskaplike behoeftes in die 2011-begroting wees en het aanbeveel dat die regering kontantbegrotingsuitgawes tot $2,5-miljard beperk.

Hoër goud- en platinumpryse het uitvoere en regeringsinkomste in 2010 opgestoot, terwyl gunstige weerstoestande tot ‘n hoër opbrengs van landbouprodukte bygedra het.

Ontleders het gesê Zimbabwe se wankelrige koalisieregering, wat oor sleutelregeringaanstellings en die tempo van die hervormings gekibbel het, was besig om die hersteltempo te vertraag.

“Politieke stabiliteit is ook die sleutel tot die konsolidering van winste in makro-ekonomiese prestasie,” het die IMF gesê en bygevoeg dat meer hervormings nodig is om die potensiaal te verwesenlik.

“Prioriteitsgebiede sluit in die vermindering van arbeidsmarkregulasies, om sekerheid betreffende grondbesit te vestig, om eienaarskapsvereistes onder die verinheemsingswetgewing op te helder, en om kommer oor bestuur in die diamantsektor aan te spreek.”

Die IMF het ook gesê streng regulering het risiko’s in die bankstelsel sedert die begin van 2010 laat afneem. Dit het bygevoeg dat hulp aan Zimbabwe, wat multilaterale finansiële instellings byna $7-miljard skuld, tans beperk tot tegniese bystand sou bly.

интернет магазин диагностического оборудования для автомобилейДанильченео