‘Die ergste krisis ooit’

Die Bank van Engeland se goewerneur, Sir Mervyn King, het ná die besluit deur die Bank se Monetêre Beleidskomitee om £75 miljard van nuutgeskepte geld te druk, gesê die wêreld staar die ergste krisis sedert 1930, of “van alle tye” in die gesig.

Dié besluit is geneem in ‘n desperate poging om te verhoed dat ‘n nuwe kredietkrisis en ‘n Britse resessie uitbreek.

Ekonome het gesê dat die Bank se besluit om sy kwantitatiewe verligting [KE], of bate-aankoopprogram te hervat, meer sulke stappe in die toekoms voorspel.

Sir Mervyn het gesê die bank is daartoe genoop deur die groeiende tekens van ‘n ​​wêreldwye ekonomiese ramp.

“Dit is die mees ernstige finansiële krisis wat ons gesien het, ten minste sedert die 1930’s, indien nie ooit nie. Ons het met baie ongewone omstandighede te make, waar ons rustig moet optree en die regte ding doen.”

Lees verder.

александр лобановский харьков

SA sal moet opdok as IMF-lid

Pravin Gordhan, minister van finansies het gesê Suid-Afrika sal waarskynlik honderdmiljoene dollars aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) moet oorhandig om Europa se ekonomiese ineenstorting te keer.

Gordhan het in Pretoria gesê werksgeleenthede sal deur só ‘n stap beskerm word.

“Europa sal na raming $2 000 miljard benodig as sake skeefloop en die IMF moet regstaan om lande teen die ergste skade te beskerm sodat werk­geleenthede nie verlore gaan nie.” 

Gordhan was pas in Wash­ington, waar hy die jaarvergaderings van die IMF en die Wêreldbank bygewoon het

“Die heersende siening in Was­h­­ington is dat meer gedoen moet word om die lande, bekend as die sogenaamde “onskuldige buitestanders”, teen die groterwordende uitwerking van ‘n waarskynlike ekonomiese ineenstorting te ondersteun.”

Gordhan het as voorsitter van die Statebondslidlande gesê dit is gerusstellend dat die krisis samewerking deur alle partye in ‘n geïntegreerde wêreld eweseer vergemaklik. 

Hy het ook die Brics-lande geprys. “Die Brics-lidlande stem saam dat almal deel moet wees van die internasionale oplossing.”

Gordhan het gesê hy hoop die privaatsektor benut die geleenthede wat die huidige ekonomiese klimaat skep om staatsbates oor te neem.

“In die vorige resessie was die siening dat die private sektor die grootskaalse staatsbeleggings mettertyd sal oorneem, maar dit het nog nie gebeur nie en die groot vraag is wanneer dit gaan gebeur.”

Volgens Gordhan sit buitelandse en plaaslike maatskappye met aansienlike kontant-reserwes op hul balansstate wat hulle terughou omdat daar groot onsekerheid in die mark is.

Фильчаков прокурор отзывы

Duitsland kritiseer VSA se ‘onnosel idee’ vir skuldkrisis

Duitsland en Amerika stamp koppe oor die hantering van Europa se skuldkrisis nadat Berlyn planne om die EU se reddingsfonds te versterk as ‘n “onnosel idee” afgemaak het en die Withuis aangeraai het om sy eie gemors op te los voordat hy advies aan ander uitdeel.

Die Duitse minister van finansies Wolfgang Schäuble het gesê dit sou ‘n dwaasheid wees om die EU se EFSF ‘n hupstoot te gee deur die implementering van hefboom van tot € 2 triljoen, dmv die Europese Sentrale Bank.

“Ek verstaan ​​nie hoe iemand in die Europese Kommissie so ‘n onnosel idee kan huisves nie. Die resultaat sal wees om die AAA-skuldgradering van die ander lidlande in gevaar te stel. Dit maak nie sin nie,” het hy gesê.

Mnr Schäuble het Washington aangeraai om sy eie sake in orde te kry nadat president Barack Obama EU-leiers gekritiseer het vir die versuim om banke te herkapitaliseer en die EU die skuld gegee het dat hulle die skuldkrisis laat eskaleer tot by die punt waar dit “die wêreld bangmaak”.

“Dit is altyd baie makliker om advies te gee aan ander, as om vir jouself te besluit. Ek is goed voorberei om advies te gee aan die Amerikaanse regering,” het hy gesê.

Die Amerikaanse tesouriesekretaris Tim Geithner is ‘n sleutelfiguur van planne om die EFSF genoeg hefboomkrag te gee met Italië en Spanje wat, soos Griekeland, ook sukkel. Duitsland voel dat die privaatsektor in Griekeland ook moet bydra tot die oplossing.

Amerika is besig om geweldige druk op Duitsland te plaas. Die Amerikaanse Federale Reserweraad, dreig die Amerikaners, hou tans die Europese banke aan die gang op ‘n verskeidenheid maniere, insluitende met dollar rentekoersruiltransaksies. Duitsland se weiering om gehoor te gee, kan onvoorspelbare gevolge inhou, meen hulle.

лобановский александр отзывы

Phosa waarsku myne dat nasionalisering kom

Die kies van kante in die debat oor nasionalisering is vanwee die land se geskiedenis, nie gesond nie, het Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, Donderdag gesê.

“Ek sal standpunte deur die mynbedryf self verwelkom wat menings begin uitdruk oor waar die middelgrond in hierdie debat is,” het hy gesê in ‘n toespraak by die Exxaro Hulpbronne se uitvoerende sakenetwerkete in Johannesburg.

“Die ideale ooreenkoms… sal nie net verseker dat winsgewende maatskyppe soos julle s’n hul aktiwiteite verder uitbrei en werke skep nie, maar ook die wesenlike uitdagings aan die regering om nuwe werke te skep en in die proses verhoogde maatskaplike binding en sekuriteit aanspreek.”

Persepsies oor nasionalisering moet bespreek word om gemeenskaplike grond te vind, het hy gesê.

Phosa het gesê hy verstaan dat mynmaatskappye ‘n geintegreerde en stabiele ekonomiese beleid nodig het en daarom helderheid oor die uitkomste van nasionalisering vra.

Verskeie leiers in die ANC en die regering het dit reeds duidelik gemaak dat nasionalisering nie die regering se beleid is nie, het hy gesê.

Die ANC doen egter navorsing in verskeie lande oor die wêreld heen en sal wêreldwye ervarings met betrekking tot hierdie kwessie in ag neem.

Die party sal volgende jaar ‘n verslag oor nasionalisering vrystel, het Phosa gesê.

“Ons, as die ANC, is oop tot kritiese insette en kreatiewe gedagtes oor hoe om hierdie proses beter te bestuur en uitkomste te verseker wat ons gemeenskaplike uitdagings beter sal aanspreek.”

лобановский александр игоревич харьков

Swart handelaar smyt R15 miljard weg

Kweku Adoboli‘n Jong, swart handelaar, Kweku Adoboli, is Vrydag in Londen in hegtenis geneem nadat hy die Switserse bank UBS verliese van $2 miljard (R15 miljard) toegedien het. Hy word ook verdink van bedrog en die verdoeseling van verliese wat tot 2008 terug te voer is.

Adoboli, die 31-jarige seun van ‘n voormalige VN-diplomaat wat van Ghana afkomstig is, is as ‘n “opkomende handelaar” in die glanswêreld van Londense aksepbanke beskryf. Hy het duur partytjies vir sy vriende gegee en was tot Vrydag die direkteur van UBS se Delta-een-lessenaar waar finansiële risiko namens kliënte op die markte geneem word.

Die kolossale verlies het die stad van Londen, waar die finansiële bedryf gesetel is, in ‘n nuwe krisis gedompel ná die bankbankrotskappe van die afgelope tyd wat deur belastingbetalers gedra moes word. Politieke partye in Switserland eis reeds dat Switserse banke hul aksepbankbedrywighede moet staak. Indien UBS sy askepbank in Londen sou sluit, sou dit werksverliese vir tot 6 000 mense beteken.

Ook die bank se risikobestuurstelsels staan onder verdenking omdat die jong Ghanese pierewaaier daarin kon slaag om miljarde onder die bank se neus te verloor en weg te steek sonder dat rekenmeesters of die bestuur dit kon agterkom.

Dit wil voorkom asof Adoboli posisies in die valutamark geneem het, wat teen hom beweeg het toe die Switserse sentrale bank besluit het om in te meng ten einde die Switserse frank se oormatige sterkte te verminder. Op Facebook het hy enkele dae gelede geskryf dat hy ‘n “wonderwerk nodig het”, wat sou impliseer dat sy posisies diep in die moeilikheid was.

UBS het gewaarsku dat die verlies die bank se algehele winste vir die huidige kwartaal mag uitwis. In ‘n memorandum het die uitvoerende beampte van die bank, Oswald Grübel, aan werknemers gesê: “Ons verstaan dat u reeds geruime tyd ongunstige, volatiele, markte moes trotseer. Terwyl die nuus kommerwekkend is, sal dit nie die fundamentele sterkte van ons firma beïnvloed nie.” UBS beskik oor meer as $50 miljard aan aandeelhouersefondse, dus sal die verlies van twee miljard nie die bank se balansstaat noemenswaardig raak nie.

Blykbaar het UBS slegs die ongemagtigde transaksies teen 12.00 Woensdag ontdek en twaalf uur later die polisie se hulp ingeroep om Adoboli aan te kla en te arresteer. Volgens die Londense Guardian bestaan daar onder andere drie klagte teen die Ghanees-gebore handelaar, naamlik dat hy verliese met beursverhandelde fondse tussen Oktober 2008 en Desember 2009 verdoesel het, asook tydens ‘n tweede periode tussen Januarie 2010 en September 2011. ‘n Derde klag het betrekking op die bedrog wat hy tussen Januarie 2011 en September 2011 sou gepleeg het terwyl hy senior handelaar in globale sintetiese aandele was.

Sedert sy inhegtenisname Donderdag omstreeks 15.30 by sy luuksehuis in Shoreditch, aan die rand van die Londense finansiële buurt, word Adoboli deur Kingsley Napley verteenwoordig, dieselfde regsfirma as die berugte Nick Leeson wat Barings-bank se ondergang met sy ongemagtigde termynbeurstransaksies veroorsaak het. Die firma het nog nie ‘n verklaring uitgereik of bekendgemaak hoe Adoboli op die klagte gaan pleit nie.

Volgens die polisie in die stad van Londen, gaan hulle ondersoek voort, in “noue samewerking” met die Britse Finansiële Dienste-owerheid, asook die Kantoor vir Ernstige Bedrog en die Kroon-aanklagdiens.

Фільчаков Олександр Васильович

Malema haal Forbes se toptien-lys

Die insluiting van die ANC-jeugliga president Julius Malema op die Forbes-lys van Afrika se 10 mees invloedryke jong mans is “redelik duidelik”, volgens Pat Roberts, ‘n leierskap-afrigter.

Malema word gelys as een van 10 manne onder 40 “wie enorme invloed in Suid-Afrika se politieke en sakekringe uitoefen” skryf die tydskrif Forbes gister.

Ten spyte dat Malema die lys met die DRK se Joseph Kabila, die Suid-Afrikaanse IT-miljardêr Mark Shuttleworth, president van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel-Amerika Euvin Naidoo, Standard Bank direkteur David Munro en Madagaskar se oorgangsvoorsitter Andry Rajoelina deel, sê Roberts dat sy voel Malema was nie uit plek uit in die geselskap van die ander manne op die lys nie.

“Hy het ‘n behoefte by jong werklose [swart] Suid-Afrikaners raakgesien en daarmee sy profiel gebou, en hy doen dit op ‘n baie vaardige manier,” het sy gesê.

“My persepsie is dat die manier waarop hy homself aanbied vir die publiek wat hy lok, aanvaarbaar is.

“Hulle streef daarna om die dinge wat hy het, te bekom, te gaan na die plekke waarheen hy gaan en hulself aan te bied om die manier waarop hy dit doen,” het sy bygevoeg.

Roberts het gevoel dat die Suid-Afrikaanse swart jeug hom as ‘n figuur wat hulle kan volg beskou. “Dit gaan alles oor die strewe en die gevoel is dat, indien hy dit kan doen, hulle ook kan,” het Roberts gesê.

Terwyl die tydskrif Malema as “verdelende en polariserende” figuur beskryf wat geneig is om “opruiende retoriek en rassistiese aanmerkings” te gebruik, maak sy rol in die uiteindelike verkiesing van Jacob Zuma, die ANC en die land se leierskap van hom ‘n politieke krag.

“Die ANC-Jeugliga is ‘n enorme krag in die Suid-Afrikaanse politiek, en het ‘n sleutelrol in die verkiesing van die President Jacob Zuma gespeel tydens die 2009-presidensiële verkiesings.” 

Фильчаков прокурор харьков

Gordhan sê munisipaliteite moet ophou geld mors

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag die tesourie se jongste munisipale oorsigverslag in die parlement bekendgestel. Hy het munisipaliteite berispe oor hul geldmorsery en gekla oor “militante” belastingbetalersunies wat dienstegeld weerhou.

Die verslag toon dat R27 miljard tussen die 2009 tot 2010 gespaar kon gewees het deur onnodige uitgawes te besnoei.

Jaarlikse meningsopnames het getoon dat die helfte van landsburgers geen vertroue meer in hul plaaslike regerings het om noodsaaklike dienste te lewer nie.

Meer as ‘n honderd diensleweringsoptogte is in 2010 gehou. Dit is die meeste sedert 2004. Daar is ook ‘n merkbare toename in die aantal “militante” belastingbetalerverenigings wat dienstegeld weerhou, het hy gesê.

Intussen het personeelaanwas tussen 2006 en 2009 met 4% toegeneem, maar munisipaliteite se salarisrekening in dieselfde tydperk het in sekere gevalle met 52% gestyg. Munisipale bestuurders by distriksrade se salarisse is “buitensporig hoog”, lui die verslag.

Die oorsigverslag dui aan waarop munisipaliteite sal moet besnoei. Duur motors en selfone, borgskappe, kos, weelderige kantore, asook buitelandse reise en konsultante word gelys as “oorbodig” en kan ‘n besparing van 15% aan uitgawes meebring.

“Los die uitspattighede en kry jul beplanning, begrotings, dienslewering en burokrasie reg,” het Gordhan Woensdag tydens ‘n parlementêre inligtingsessie gesê.

Meer mense het die afgelope drie boekjare toegang tot noodsaaklike dienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering verkry, maar die vertroue tussen belastingbetalers en plaaslike regering is glo die “grootste struikelblok”.

Die instandhoudingsagterstand in water-infrastruktuur alleen beloop R13 miljard. Paaie- en elektrisiteitsnetwerke se herstel is ook agter, het die minister gesê. Agterstallige munisipale skuld was teen Desember tot R62,3 miljard opgehoop. Dit verteenwoordig ‘n toename van 10% vergeleke met die vorige jaar.

Gordhan het gesê die fiskus verkeer onder druk weens die ekonomiese onsekerhede en nuwe raadslede moet van sulke “fieterjasies” afsien.

Александр Фильчаков

Minister vaar uit teen belastingbetalersvereniging

In ‘n duidelike vewysing na die Nasionale Belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, gesê dit is “geheel en al onaanvaarbaar” vir belastingbetalersgroepe om te weier om hul plaaslike belastings te betaal en hul geld in trustrekenings te plaas.

“Dit is geheel en al onaanvaarbare gedrag,” het Gordhan vandag aan die media gesê tydens die oorsig oor plaaslike regeringsbegrotings en -uitgawes.

“Dit is iets waaroor ons met die SAPRV (die SA plaaslikeregeringsvereniging) gesprek wil voer en duidelik die boodskap wil oordra dat indien ‘n mens in Suid-Afrika woon en n Suid-Afrikaanse burger is, gebruik jy munisipale dienste – en jy moet daarvoor betaal.”

“Gordhan het gesê die opkomende “neiging” wat deur beslatingbetalersgroepe getoon word was iets wat “baie sterk besprekings” vereis.

“Hierdie tipe nie-nakoming van die wet is glad nie aanvaarbaar nie.”

Hy het gesê baie van die geskille wat belastingbetalersgroepe met hul munisipaliteite het, kan op “die Suid-Afrikaanse manier” opgelos word.

“Ons sit om ‘n tafel, ons sê wat ons uitdagings is en ons vind praktiese oplossings daarvoor. Om spanning en antagonisme te skep, dra niks by nie.”

Gordhan het gesê dat die Tesourie met die SAPRV  en “groter munisipaliteite” sal saamwerk om meer besliste skuldinvorderingsprosedures in te stel en skuld af te skryf wat “oninvorderbaar” is.

Hy het gesê dat in die lig van die fiskale beperkings wat deur die regering in die gesig gestaar word, moet politieke en administratiewe leiers meer doen om “onbehoorlike” aankooppraktyke te verminder, asook bedrog en korrupsie.

“Daar is sonder twyfel heelwat meer wat op dié gebied gedoen kan word,” het hy gesê.

Die Tesourie “sien uit” daarom met die ouditeur-generaal en die rekenmeester-generaal saam te werk om “strenger vereistes in te stel” en om beter samewerking van amptenare en politieke leiers te verkry ten einde te verseker dat belastingbetalers se geld nie sonder regverdiging “verkwis” word nie.

Munisipaliteite, het hy gesê, moet meer doen om te verseker dat hulle besluite neem om besteding van beter gehalte te bewerkstellig.

“Munisipaliteite moet daarop fokus om dienste te lewer, kapasiteit te bou, om ekonomiese infrastruktuur te bou, om die regte hoeveeheid kapitaal op infrastruktuur te bestee en om sowel infrastruktuur in stand te hou as om infrastruktuur te ontwikkel.”

Hulle moet ook “van uitspattighede vergeet” soos om ‘n “splinternuwe Mercedes of iets van die aard te koop”.

“Dit sal ‘n meer beduidende bedrae lewer om munisipaliteite in staat te stel om die Testourie in staat te stel om die spanninge en druk te hanteer van die baie onsekere ekonomiese omgewing waarin ons tans leef.”

лобановский александр жена

Solidariteit verwerp Eskomaanbod

Meer as 16-duisend Eskomwerkers maak gereed om te staak nadat loononderhandelinge vasgeval het. Die National Union of Mineworkers sê optogte is op koers as ‘n opbou vir die staking.

Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie probeer voordat hulle staak.

‘n Woordvoerder, Hillary Joffe, sê hulle gaan die finale salarisaanbod van sewe persent implementeer wat by die September-salaris gevoeg sal word.

Sy sê enige staking deur Eskomwerkers sal onbeskermd wees, omdat Eskom ‘n noodsaaklike diens is. Die vakbonde Numsa en Solidariteit het ook Eskom se aanbod verwerp.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed

Die grondwethof het gister beslis dat die regering grond mag onteien voordat ‘n vergoedingsbedrag uitbetaal word.

In ‘n eenparige uitspraak, het die regters gesê dit sal te swaar weeg vir die regering om altyd vooraf oor vergoeding ooreen te kom.

Regter Johan Froneman het die uitspraak gelewer.

“Ek bevind dienooreenkomstig dat artikel 25 2b van die Grondwet nie vereis dat die vergoedingsbedrag, asook die tydstip en betalingswyse altyd voor onteiening bepaal moet word nie,” het hy gesê.

Hy het verklaar dat indien vergoeding na onteiening bepaal word, moet dit so gou as wat redelik moontlik is gedoen word.

Die uitspraak is gelewer rondom grond wat die departement van openbare werke in Kwazulu-Natal wil afneem.

Volgens die hof is daar genoeg “wetlike beskermingsmaatreëls” wat sal verseker dat mense se grond nie arbitrêr onteien sal word nie.

topcargo кидалы

Rand daal bykans 10% teen dollar

{jathumbnail off}Dollar-randkoerse oor die afgelope paar maande

Die Suid-Afrikaanse rand het die afgelope paar dae feitlik tien persent teen die Amerikaanse dollar gedaal; dít terwyl die dollar self onder druk teen ander geldeenhede verkeer. Teen die euro en veral die Switserse frank, wat tans as ‘n toevlugseenheid gesien word, is die rand se daling nog meer dramaties.

Tans verhandel die rand teen R7,30 per dollar terwyl dit al ‘n laagtepunt van R7,49 in na-uurse verhandeling gehaal het. Enkele dae gelede is die rand nog teen R6,67 per dollar gekwoteer.

Die daling in die rand kan aan die Malema-faktor, asook onstuimigheid in die internasionale markte toegeskryf word. Die voortslepende Amerikaanse skuldkrisis het ‘n vermindering in die risiko-aptyt van beleggers tot gevolg gehad sodat minder likiede geldeenhede soos die rand tans onder druk verkeer. Hoewel veel groter en meer likied as die rand, het die Australiese dollar insgelyks skerp gedaal omdat dié geldeenheid tradisioneel aan die koerse van grondstowwe gekoppel word.

ниблер силиконовый купитьФільчаков Олександр Васильович

Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom

Johannesburg – Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê.
“As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak … Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor,” het Cosatu se ekonoom Chris Malikane gesê tydens ‘n debat oor nasionalisering.
Hy het gesê die taakspan wat deur die ANC op die been gebring is om nasionalisering te ondersoek, ondersoek nie die haalbaarheid van die beleid nie, maar ondersoek die mees geskikte model om te implementeer.
Cosatu het die ANC-jeugliga aangemoedig om nasionalisering stewig op die agenda te plaas, het hy gesê.
Malikane het gesê al die partye wat by die laaste nasionale uitvoerende komitee-vergadering van die ANC teenwoordig was, ondersteun nasionalisering.
As die ANC-taakspan bloot met ‘n studie vorendag kom wat na die haalbaarheid van nasionalisering kyk, sou dit ronduit verwerp word, het hy gesê.
Nasionalisering verwys na staatseienaarskap van alle produksiemiddele, insluitend myne, banke en minerale rykdom. Vergoeding sal daarvoor betaal word, maar nie vir grond nie.
“Ons sal in die openbare belang vergoeding betaal, maar nie op ‘n manier wat die Suid-Afrikaanse staat knou nie… daar moet’ n balans wees.”
Hy het gesê grond was ‘n natuurlike bate wat deur die staat besit word en deur boere gebruik word, en dat geen vergoeding vir grond verskaf moet word nie.

Johannesburg – Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê.

“As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak … Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor,” het Cosatu se ekonoom Chris Malikane tydens ‘n debat oor nasionalisering gesê.

Hy het gesê die taakspan wat deur die ANC op die been gebring is om nasionalisering te ondersoek, ondersoek nie die haalbaarheid van die beleid nie, maar ondersoek die mees geskikte model om dit te implementeer.

Cosatu het die ANC-jeugliga aangemoedig om nasionalisering stewig op die agenda te plaas, het hy gesê.

Malikane het gesê al die partye wat by die laaste nasionale uitvoerende komitee-vergadering van die ANC teenwoordig was, ondersteun nasionalisering.

As die ANC-taakspan bloot met ‘n studie vorendag kom wat na die haalbaarheid van nasionalisering kyk, sou dit ronduit verwerp word, het hy gesê.

Nasionalisering verwys na staatseienaarskap van alle produksiemiddele, insluitend myne, banke en minerale rykdom. Vergoeding sal daarvoor betaal word, maar nie vir grond nie.

“Ons sal in die openbare belang vergoeding betaal, maar nie op ‘n manier wat die Suid-Afrikaanse staat knou nie… daar moet ‘n balans wees.”

Hy het gesê grond was ‘n natuurlike bate wat deur die staat besit word en deur boere gebruik word, en dat geen vergoeding vir grond verskaf moet word nie.

free online casino no deposit bonusАлександр Фильчаков Васильевич

Wêreld wag in spanning op VSA se skuldoplossing

Regerings en beleidmakers regoor die wêreld het gewaarsku dat die risiko van ‘n finansiële ramp gaan realiseer indien Washington nie die Amerikaanse skuldplafon verhoog nie.

Terwyl die Amerikaanse Kongres aan die stry is om ‘n ooreenkoms te bereik oor die skuldkwessie, het Britse en Japannese amptenare Sondag gesê ‘n Amerikaanse mislukking gaan huishoudings regoor die wêreld seermaak.

“Die wêreld kyk na die Verenigde State kyk met huiwering, met angs, met kommer, maar ook met hoop,” het die IMF se nuwe direkteur Christine Lagarde aan CNN gesê.

“Onstabiliteit is nooit ‘n goeie idee nie, nooit ‘n goeie idee nie, en hierdie vlak van onsekerheid, die onsekerheid wat oor Augustus 2 heers, het baie onstabiliteit gebring.,” het sy bygevoeg.

Demokrate en Republikeine staar ‘n Dinsdag-sperdatumooreenkoms in die gesig. Die Amerikaanse tesourie het gesê hulle gaan nie meer verder kan leen teen Dinsdag nie, hoewel ontleders sê daar is genoeg kontant om skuld te diens en rekeninge te betaal tot die middel van hierdie maand.

Die Duitse Sentrale Bank het die vertroue uitgespreek dat die Verenigde State van Amerika ‘n krisis sal kan voorkom.

Die belangrike globale rol van die Amerikaanse dollar in banke en beurse beteken dat die finansiële markte die risiko van groot onstabiliteit in die gesig staar sonder ‘n ooreenkoms.

In Tokio, het bronne wat vertroud is met Japan se internasionale en monetêre sake, Sondag gesê hulle is toenemend bekommerd dat die markte te optimisties kan wees oor die vooruitsigte vir ‘n blywende oplossing vir die skuldkrisis.

Japannese amptenare hoop Washington kan ‘n ooreenkoms bereik en indien dit onmoontlik is, voorkeur sal gee aan die internasionale rolspelers om die onmiddellike impak op markte te beperk, het die bronne gesê.

Maar Tokyo se kommer is dat as die krisis kan voortsleep sonder ‘n duidelike langtermyn-oplossing, en markte op dieselfde manier kan ly as toe die Amerikaanse beleggingsbank Lehman Brothers in September 2008 ineengestort het.

Nog ‘n Japannese bron het gesê, “Niemand het gedink Washington sal die Lehman-ineenstorting toelaat nie, maar kyk wat het gebeur.”

“Indien daar nie regtig ‘n oplossing is nie, ontstaan ​​die vraag: Wat gebeur dan?,” het ‘n Duitse Sentrale Bank-woordvoerder gesê. “Maar ek verwag … daar sal ‘n oplossing in die Verenigde State wees, vandag of in die komende dae.”

China, wat ver oor die $1 triljoen se Amerikaanse staatseffekte hou, is erg onthuts. Saterdag het die amptelike People’s Daily-koerant, die mondstuk van die Chinese Kommunistiese Party, die VSA se hantering van die skuldkrisis as “onverantwoordelik” en “immoreel” beskryf.

Daar word gesê die Amerikaanse demokratiese stelsel is te blameer vir die “klug,” en dat “nie ‘n enkele verteenwoordiger kennis geneem het van die wêreld daar buite, of selfs Amerikaanse nasionale belang nie”.

Vrydag het ‘n senior ekonomiese beleidmaker in die euro-sone, wat anoniem wil bly, sy verbasing en woede uitgespreek dat Amerikaanse politici mekaar op kinderagtige wyse sit en koggel in ‘n saak van so belangrik is vir die globale ekonomie.

Eurosoneleiers sukkel self met skuldkrisisse in verskeie lande in die EU, ‘n taak wat bemoeilik word deur die Amerikaanse skuldlas.

Sentrale banke regoor die wêreld staan ​​gereed om noodvoorrade van geld te voorsien aan die kommersiële banke in die geval van banke wat te senuweeagtig raak onder die huidige omstandighede om aan mekaar te leen.

‘n Woordvoerder vir die Switserse Sentrale Bank het gesê: “Die Switserse Nasionale Bank is gereed om te reageer op enige markontwrigting.”

светильники влагостойкие для ваннойданильченко юрий брониславович прокурор

Vloedskadeverslag is onakkuraat

‘n Verslag oor skade wat vroeër vanjaar deur vloede aangerig is, is onakkuraat, het Agri SA Woensdag gesê.

Die verslag is namens die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) deur onafhanklike assessors saamgestel wat geen kennis van ingenieurswese of infrastruktuur dra nie, het dié landbou-vereniging gesê.

Die vloede, wat sewe provinsies in Januarie vanjaar en Desember verlede jaar geraak het, het minstens 40 lewens geëis en meer as 6 000 mense ontwortel.

In die verslag word die omvang van die skade op ongeveer R1, 136 miljard geskat.

Die skatting vóór die assessering was ongeveer R3,8 miljard.

Volgens Agri SA het die assessors nie die verlies aan oeste in ag geneem nie en het hulle ‘n steekproef-metode gebruik om gemiddelde koste te bepaal.

Die vereniging het ‘n vergadering met die NDMC aangevra om die verslag te bespreek.

все для бани и сауныДанильченко