IMF waarsku dat SA kan ly onder EU-skuldkrisis

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Christine Lagarde, het gewaarsku dat die eurosone se verslegtende skuldkrisis Suid-Afrika se ekonomie in gevaar kan stel.

Suid-Afrika en ander meer ontwikkelde Afrika-ekonomieë “sal terugslae ly indien die Europese krisis nie aangespreek word nie,” het Lagarde het gesê ná ‘n vergadering met Suid-Afrika se Minister van Finansies, Pravin Gordhan, in Pretoria, Suid-Afrika se administratiewe hoofstad.

Sy het bygevoeg dat die IMF sy voorspelling vir globale groei in 2012 laer aangepas het, onder die 4% in September.

Gordhan het ook sy kommer uitgespreek oor die Europese skuldellende, en sê hierdie onopgeloste krisis hou ‘n ernstige bedreiging vir Afrika se grootste ekonomie in.

“Ons wil graag ‘n vinniger resolusie en meer beslissende stappe in Europa sien,” het Gordhan bygevoeg.

Suid-Afrika is die grootste handelsvennoot van die Europese Unie.

Europa is in ‘n finansiële krisis gedompel vroeg in 2008. Daar is ernstige bekommernisse dat die eurosone se skuldkrisis – wat reeds gelei tot reddingspakkette vir Griekeland, Ierland en Portugal – die ver-groter ekonomieë van Italië en Spanje ook kan tref.

Die verslegtende skuldkrisis het die EU-regerings gedwing om harde maatreëls en moeilike ekonomiese hervormings te stem wat gelei het tot sosiale onrus en massiewe protes in baie Europese lande.

Фільчаков прокурор

SA-petrolpryse daal

Die prys van petrol daal vannag met tussen 5 en 6 c per liter.

Die prys van 93 oktaan petrol daal met 6 c per liter. ‘n Liter 95 oktaan loodvrye petrol sal 5 c per liter goedkoper wees.

Die prys van diesel daal met 20 c per liter.

Peter Noke, ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, sê die rand-dollar wisselkoers en die internasionale olieprys was gunstig oor Desember, wat dié daling tot gevolg het.

Фильчаков прокуратура харьков

De Beers moet hoes

‘n Amerikaanse federale hof het ‘n skikking van twee miljard rand in ‘n toetssaak bekragtig teen die wêreld se grootste diamantverskaffer, De Beers.

De Beers Suid-Afrika word daarvan beskuldig dat hy die Amerikaanse mark manipuleer om die prys van ongeslypte diamante kunsmatig op te stoot.

Die maatskappy het daarna ingestem om twee miljard rand aan Amerikaanse kleinhandelaars, juweliers en verbruikers te betaal wat diamante sedert 1994 aangekoop het.

‘n Paneel van drie regters het in Julie verlede jaar die skikking nietig verklaar.

‘n Volbank van die Amerikaanse Appèlhof het egter nie met die uitspraak saamgestem nie en die skikking weer bekragtig.

Александр Фильчаков прокурор

SEB raak swarter

In die Wysigingswetsontwerp op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging gaan daar nie meer punte vir wit vroue en gestremdes toegeken word nie.

Dus gaan die aanstelling van wit vroue en gestremdes nie meer maatskappye se bemagtigingsgradering verhoog nie.

Die wysigingswetsontwerp is vroeër vandeesmaand in die Staatskoerant gepubliseer.

Maatskappye het in die verlede wit vroue en gestremdes aangestel om hul SEB-gradering te verbeter, maar dis nou iets van die verlede.

Swart vroue gaan voortaan voorrang bo wittes geniet, omdat dit vir sakeondernemings meer SEB-punte gaan inbring.

Die wetsontwerp sluit ‘n gedetaillerde definisie van ‘n swarte in en ‘n ouditeur sal jaarliks ‘n sertifikaat uitreik om die SEB-gradering te bevestig. Tronkstraf en ‘n swaar boete wag op oortreders.

прокурор Фильчаков

Dis Sasol teen Shell

Die petroleumreus Shell bly verbind tot sy voorneme om skaliegas in die Karoo te ontgin en het aansoek om eksplorasieregte by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) gedoen.

Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van Shell SA Upstream, het gesê sy maatskappy bly steeds verbind tot die skaliegasprojek. “Ons is nog steeds verbind tot skaliegasontginning in die Karoo.”

Sasol het egter intussen aangekondig dat hy sy planne sal opskort en die regering se moratorium sal steun. Die moratorium, wat in April ingestel is, geld steeds.

Die regering het voorheen aangekondig dat die moratorium tot Februarie 2012 sal geld.

Sasol, Chesapeake en Statoil, het in November 2010 studies oor die gaspotensiaal in die Karoo onderneem. Staatsvergunning vir hul geologiese opnames het op 17 November 2011 verval.

Sasol het intussen besluit om voorlopig eers van sy Karoo-gasplanne af te sien en nie aansoek om eksplorasieregte te doen nie.

 

Фильчаков Харьков

SA ondersteun Brics-enkelgeldeenheid

Suid-Afrika ondersteun planne vir ‘n enkele geldeenheid binne die Brics-groepering wat die opkomende reuse kan gebruik om handel te dryf met mekaar en sodoende euro en dollaromskakelings sal kan uitskakel.

Die idee, wat die eerste keer reeds in April geopper is, toe Suid-Afrika by Brasilië, Rusland, Indië en China as ‘n lid van die groep aangesluit het, kan verdere konsternasie veroorsaak gegewe die eurosone-krisis.

Brics sal na raming byna die helfte van die wêreld se buitelandse reserwes hou op ‘n tyd wanneer Europa en die Verenigde State se reserwes onder ernstige druk verkeer.

In ‘n onderhoud met die Mail & Guardian het Suid-Afrika se minister van handel en nywerheid, Rob Davies, gesê om ‘n geldeenheidalternatief te vind, is ‘n prioriteit vir die Bricslande.

“Een van die kritieke kwessies wat ons het, is die kwessie van handel tussen ons wat nie ‘n derde land se geldeenheid vereis nie en geldeenhede soos die dollar en die euro, wat deesdae ongelooflik wisselvallig is,” sê Davies.

Hierdie “skoonmaakaksie” sal ‘n baie belangrike strukturele verandering in die manier waarop ons die handel dryf, wees.”

Davies het gesê dit is nog nie besluit of ‘n nuwe geldeenheid geskep sal word vir Bricslede nie, en of hulle handel in een van die vyf bestaande monetêre eenhede sal dryf nie.

“Ek dink ons ​​sal moet wag en sien wat die voorstel gaan wees, maar ek neem aan die eerste stap sal ‘n soort van skoonmaakreëling wees, wat beteken ons sal saldo’s vergelyk en die een teen die ander verdiskonteer en handel op dié manier finansier.”

China, die grootste ekonomie in Brics en tweede in die wêreld na die VSA, is die dryfkrag agter die enkel-geldeenheididee. Die Asiatiese supermoondheid maak geen geheim van sy langtermyn-ambisie vir die renminbi of yuan om oor te neem by die Amerikaanse dollar nie.

Renminbibankdienste is reeds beskikbaar in Zambië en Nigerië en die sentrale banke is van plan om deel van hul buitelandse reserwes in die Chinese geldeenheid te hou.

Stappe is reeds geneem om die handel tussen die lede van Brics meer vaartbelyn te maak. In Oktober het die aandelebeurse in Brasilië, Rusland, Hong Kong en Suid-Afrika ‘n kruis-notering ooreenkoms onthul, die BRIC Exchange Alliance, met afgeleide instrumente vir hul gekombineerde markkapitalisasie van $9 triljoen.

Davies het gesê om deel te wees van Brics het gelei tot die verbetering van beide Suid-Afrika se ontluikende markte-handel en die gehalte van daardie bedryf.

“Ons het reeds gesien dat ‘n redelike groot kwantitatiewe verskuiwing na handel met Brics lande, veral China en Indië, plaasgevind het. China is ons nommer een handelsvennoot. Indië is nommer ses in terme van uitvoere en nege in terme van die invoer.”

Die vraag is: Wat is die aard en inhoud van daardie bedryf?

“Ons vind ons verskaf grootliks primêre produkte, na China in die besonder, maar ook na Indië. Ons top 10 produkte in beide gevalle word oorheers deur minerale. Wat ons gesê het is dat ons saam moet werk om die strukturele aard te verander van handel, sodat ons meer toegevoegde waarde-produkte kan uitvoer, dinge wat werkskepping en dinge soos dit ondersteun.

“So, ek dink dat deur die bou van daardie basis dit ook beteken dat Afrika se posisie in die wêreld veel sterker sal wees,” het Davies gesê.

Александр Фильчаков прокурор

Godsell nie bekommerd oor nasionalisering

‘n Bekende gesig van die mynhuise en Suid-Afrikaanse sakefiguur het kommer oor die nasionalisering van die myne in Suid-Afrika Donderdag afgemaak as onnodig. Bobby Godsell het gepraat kort nadat die land se regerende party ‘n belangrike voorstander van die idee geskors het.

By ‘n geleentheid wat georganiseer is deur die Kanadese en Suid-Afrika Sakekamers, het Godsell gesê die kans dat die myne genasionaliseer word, is so onwaarskynlik as wat die Tea Party in die Verenigde State in staat sou wees om die VSA se Federal Reserve af te skaf.

Hy het gesê die jeugliga van die ANC het onrealistiese en onuitvoerbare antwoorde op sommige absoluut noodsaaklik vrae ontwikkel. Godsell is die voormalige uitvoerende hoof van AngloGold Ashanti en ‘n lid van Suid-Afrika se Nasionale Beplanningskommissie.

Hy het gesê as vergoeding vir die myne in ag geneem word, sal dit triljoene dollars wees, wat die Suid-Afrikaanse regering nie het nie.

“En om dit te doen sonder vergoeding, het jy nodig om ons Handves van Menseregte te verander, en daarvoor het jy ‘n 75% meerderheid in die Suid-Afrikaanse parlement nodig, en ek kan absoluut geen kans sien dat die meerderheid ooit behaal sal word nie.”

Suid-Afrika is een van die wêreld se top-platinum- en goudprodusente en Malema se oproepe vir die nasionalisering van die myne om armoede en ongelykheid te verminder, het die beleggers in Brittanje en Amerika ontstig.

Godsell het gesê die omvang van armoede, werkloosheid en ongelykheid in Suid-Afrika is groot, maar die antwoorde wat deur Malema en sy ondersteuners voorgehou word, is onhoudbaar.

Godsell het integrasie voorgehou as die oplossing vir Suid-Afrika.

“Dit is nie moontlik om ‘n behoorlike geïntegreerde samelewing te bou met hierdie vlakke van ekonomiese uitsluiting nie, so daar moet iets gedoen word, dis vir my heeltemal duidelik,” sê Godsell, wat steeds optimisties is oor die vooruitsigte vir groei in beide Suid-Afrika en die hele vasteland.

Данильченко

Stellenbosch móét Afrikaans bly!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die aankondiging van oud-studente van die Universiteit van Stellenbosch en verskeie toonaangewende burgerlike organisasies dat hulle teen die universiteitsbestuur gaan optree weens die stelselmatige afskaling van Afrikaans as primêre onderrigtaal aan die universiteit.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys, is die afskaling van Afrikaans in beide basiese onderwys by skole en in die hoër onderwys by universiteite nou besig om krisisafmetings aan te neem.

“Afrikaanse skole het sedert 1994 van nagenoeg 2000 tot minder as 300 verminder terwyl Afrikaans by tradisionele Afrikaanse universiteite met rasseskrede verminder of uitgefaseer is. Vandag is die voormalige RAU getransformeer tot ‘n Engelstalige ‘UJ’ en Stellenbosch is op dieselfde pad,” het Alberts gesê.

“Ek was self ‘n student by die voormalige RAU en dit is hartseer om te sien hoe die Afrikaanse taal en etos uit die instelling gehaal is. Ek is tans ook ‘n meestersgraadstudent aan die Universiteit van Stellenbosch en op hierdie vlak van onderrig is daar min Afrikaanse onderrig te bespeur.

Die probleem lê egter nie by individuele fakulteite of dosente nie, maar by die universiteit se bestuur wat nie deur befondsing en die skep van institusionele strukture Afrikaanse onderrig ondersteun nie. By Stellenbosch is dit des te meer skandelik omdat dit die een Afrikaanse universiteit is wat hom in Suid-Afrika midde in ‘n Afrikaanse meerderheidsdemografie bevind,” het Alberts bygevoeg.

Die VF Plus ondersteun steeds die aanbevelings van die Gerwel-kommissie dat daar ten minste een primêre Afrikaanse universiteit in die Noorde van die land moet wees en een in die Suide. “Die regering is dit aan die Afrikaanssprekendes verskuldig.

Die ANC het onlangs regsreëls die lig laat sien wat die kultuurgoedere van inheemse gemeenskappe beskerm deur wysigings te maak aan verskeie intellektuele eiendomsregwette.

Indien hierdie logika verder gevoer word, moet die regering ook immers kultuurgroepe self beskerm en so ook hul taal wat, onder andere, die draer is van kulturele uitdrukking en oordrag. Daarom gaan die VF Plus weereens hierdie saak onder die aandag van die minister van hoër onderwys bring,” het Alberts gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Griekeland mag dalk Eurosone verlaat

Die Duitse minister van Finansies, Wolfgang Schäuble, het Griekeland gewaarsku dat hy dalk uit die Eurosone sal moet uittree indien die jongste Europese reddingspakket in ‘n referendum verwerp word.

Kanselier Angela Merkel en die Franse president, Nicolas Sarkozy, sal binnekort dringende samesprekings met die Griekse eerste minister, George Papandreou, voer nadat hy onverwags aankondiging het dat Griekeland ‘n referendum sal hou oor die reddingspakket.

Die Rand het in oornaghandel met net meer as een persent gedaal te midde van beleggers wat ontslae geraak het van hoë risiko bates oor onsekerheid weens die skuldkrisis in die Eurosone.

Asiese aandele, die Euro, kommoditeite en die Australiese dolldar het ook vanoggend gedaal oor vrese dat Europa se skuldkrisis finansiële chaos tot gevolg sal hê en dat beleggers weer die veiligheid van die dollar sal opsoek.

Amerikaanse aandele het ook gedaal, terwyl die leiers van die wêreld se grootste ekonomieë in Frankryk begin aankom vir die G20 beraad. Pres. Zuma sal ook die beraad bywoon.

Dié byeenkoms sal oorheers word deur die moontlikheid dat Griekeland uit die Eurosone sal tree.

Александр Фильчаков

China red Europa

China sal besmoontlik hulp verleen aan die Eurosone se reddingsfonds, maar die omvang van sy betrokkenheid sal afhang van Europese leiers wat aan ‘n paar belangrike voorwaardes voldoen, het twee senior raadgewers van die Chinese regering aan die Financial Times gesê.

Enige Chinese ondersteuning sal afhang van die bydraes van ander lande en Beijing verlang sterk waarborge oor die veiligheid van sy belegging, volgens Li Daokui, ‘n akademiese lid van China se sentralebankmonetêrebeleidskomitee, en Yu Yong Ding,’ n voormalige lid van daardie komitee .

Finansiële markte het met verligting gereageer. Die plan sluit die herkapitalisering van Europese banke in.

Hulle sal egter ‘n verlies van 50 persent op hul Griekse skuld moet aanvaar asook die reddingsfonds help dra.

“Dit is in China se langtermyn-en intrinsieke belang om Europa te help omdat hulle ons grootste handelsvennoot is, maar die kernbekommernis van die Chinese regering is hoe om hierdie besluit te verduidelik aan ons eie mense,” sê prof. Li gesê. “Die laaste ding wat China wil doen, is om gesien te word dat ons geld weggooi, die land se rykdom, en as net ‘n bron van stom geld.”

Hy het bygevoeg dat Beijing ook Europese leiers kan vra om kritiek op China se geldeenheid te staak, dikwels ‘n bron van spanning tussen handelsvennote.

Die VSA voer aan dat ‘n opsetlik ondergewaardeerde renminbi Chinese uitvoere onregverdig ondersteun.

China kan tussen $50 miljard en $100 miljard stort in die reddingsfonds of ‘n nuwe fonds stig onder die vaandel van samewerking met die IMF, volgens een bron wat vertroud is met die denke van die Chinese leierskap.

“As die toestande reg is dan is daar iets ‘n bietjie bo $100 miljard nie ondenkbaar nie,” het die bron gesê.

President Nicolas Sarkozy van Frankryk verwelkom die vooruitsig van ‘n Chinese bydrae tot die eurosone se reddingspakket. “Ons onafhanklikheid sal nie onder verdenking geplaas word hierdeur nie,” het hy in ‘n televisie-onderhoud gesê.

“Hoekom sal ons nie aanvaar dat die Chinese vertroue in die eurosone het nie en ‘n deel van hul surplusse in ons banke stort nie? Wil julle eerder hê hulle moet dit in die VSA stort? “

In Europa is daar, soos in die VSA, vrese dat Chinese hulp teen ‘n sekere politieke koste kom. Hans-Peter Keitel, hoof van die Duitse Industrieë, het aan die FT gesê: “Om ‘n nie-eurosone land te vra om te help sal die ander land die mag gee om oor die lot van een enkele geldeenheid [die euro] te besluit.”

Die globale fokus op hoe China kan bydra tot die Europese reddingsplan illustreer sy groter invloed op die wêreldtoneel en baie in Beijing glo hierdie krisis bied ‘n geleentheid vir globale burgerskap en om verantwoordelikheid met sy stygende status te toon.

“Europese leiers moet ook ‘n duidelike plan hê van wat om te doen en hulle moet aantoon dat hulle die politieke wil sowel as die ondersteuning van hul eie mense het. As ons voortdurend betogings en chaos sien, dan sal China nie vertroue in Europa se politieke vermoë hê nie,” het prof Li gesê.

Фильчаков

Reserwebank verslap valutamaatreëls

Die Reserwebank sê hy gaan die maatreëls oor buitelandse valuta-beheer vir individue verder verslap, wat dit makliker sal maak vir persone om tot vyf miljoen rand per jaar in die buiteland te belê.

Die Bank sê hy sal ook maatskappye toelaat om kapitaal in buitelandse besighede te verhoog, en maatreëls verslap vir korporasies wat buite hulle huidige belange wil belê. Beperkings vir individue op onderhoud-, huweliks- en reistoelae gaan geskrap word.

Dié veranderings is die jongste stap deur die Reserwebank om weg te beweeg van streng beheer oor buitelandse valuta-vloei uit Suid-Afrika.

Die Bank gaan binne ‘n maand verdere besonderhede bekend maak.

Александр Фильчаков прокурор

Infrastruktuurbesteding eerder as verbruik, sê Gordhan

Pravin Gordhan, minister van finansies, het met die bekendmaking van die mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die nasionale tesourie het ongeveer R13 miljard minder belastinginkomste ingevorder as wat in Februarie met die Begrotingsrede verklaar is.

Gordhan het voorts gesê dat besteding van verbruik na beleggings en infrastruktuur- en ekonomiese ontwikkeling sal moet verskuif. Die minister kon nie sê watter sektore daarby gaan baat nie. Die sektore waarop die staat wil fokus, sal glo in samewerking met die departement van handel en nywerheid uitgewerk word.

Volgens die nasionale tesourie sal dié betrokke sektore in volgende jaar se begroting bekend gemaak word.

Hy het ook R25 miljard oor die volgende ses jaar opsygesit om sukkelende sektore in die ekonomie te steun. Kontantreserwes en besparings sal vir sukkelektore aangewend word, het hy gesê. Staatsdepartemente is daarom versoek om onnodige verkwisting te staak.

“Persepsies dat die regering en sy amptenare ‘groot’ leef ondermyn vertroue. Vermorsing met openbare besteding moet uitgeskakel word.”

Gordhan het gesê dié aansporings sal nie met nuwe belastings gefinansier word nie.

Wysigings aan die wet op die bestuur van openbare finansies sal moontlik aangebring word om openbare amptenare glo “verantwoordbaar” te hou. Die ministerie het nie kommentaar gelewer op die bestaande wetgewing wat reeds voorsiening maak vir strawwe nie.

Daar sal vir die komende nasionale gesondheidsversekeringstelsel ook R500 miljoen opsy gesit word vir loodsprojekte in 10 distrikte, om openbare gesondheidsorg te verbeter. Die program sal oor 14 jaar strek om beter en bekostigbare gesondheidsorg te verseker.

Besnoeiings in staatsdepartemente sal aangewend word om ‘n beleidsreserwefonds op te bou. Die besnoeiings sal waarskynlik meer as R10 miljard beloop. Meer besonderhede sal glo in die 2012-begroting bekend gemaak word.

Voorstelle aan die kabinet oor hoe om die reserwefonds te bestee, sal deur die ministerskomitee oor die begroting gemaak word.

Фільчаков Олександр Васильович

Droewige kerstyd wag

‘n Ekonoom van KADD Capital, Elize Kruger sê Suid-Afrikaanse huishoudings staar ‘n droewige feestyd in die gesig, terwyl verbruikersbesteding onder verdere druk verkeer.

Kruger sê die grootste sondebokke wat verbruikers se sak ruk, sluit in hoër elektrisiteits- en watertariewe, terwyl voedselpryse ook skerp gestyg het.

Sy sê dit word vererger deur die toename in werkloosheid. Kruger verwag verder dat brandstofpryse vir die tiende keer vanjaar in November sal styg.

Petrol gaan waarskynlik 20 sent per liter duurder word, diesel 24 sent en paraffien met 27 sent per liter.

Фильчаков прокурор харькова

Kontant is koning in Afrika

Gill Marcus, hoof van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Woensdag in die parlement gesê kontant bly koning in Suid-Afrika.

Die gebruik van tjeks in transaksies daal skerp, maar kredietkaarte bly nog belangrik.

Sy het gesê Suid-Afrika asook Suider Afrika bly nogtans ‘n kontant-ekonomie met toenames in die vraag na die rand in lande soos Zimbabwe, Angola en Tanzanië.

Die vraag na veral R5-munte het drasties toegeneem nadat Zimbabwe besluit het om die rand en dollar as nie-amptelike geldeenhede aan te neem. Die Zimbawiese dollar is tot niet vanweë wegholinflasie.

Die R5-munt is gewild omdat Zimbabwiërs onder geweldige armoede gebuk gaan.

Alhoewel Zimbabwe nie formeel deel van die gemeenskaplike monetêre gebied (GMG) is nie, is daar ná die ineenstorting van hul geldeenheid besluit om die rand te aanvaar tesame met die Amerikaanse dollar.

Die GMG bepaal egter dat die rand die enkel-geldeenheid in lande soos Suid-Afrika, Lesotho en Namibië is.

Die Reserwebank het tans ongeveer R75 miljard se note in sirkulasie en die vraag na kontant groei teen 8% ondanks die ekonomiese omstandighede, het Marcus gesê.

“‘n Paar jaar gelede het die vraag na kontant teen 12% gegroei, maar toe was die ekonomiese toestande beter,” het sy bygevoeg.

 

 

 

Данильченко Юрий Брониславович