praag.co.za

Category: Christo Landman

Christo Landman se rubrieke.

  • Uniewording in 1910 ‘n vernedering

    Die rooiletterdatum 31 Mei 2010 het stilletjies by ons verby geglip. En honderd jaar gelede het die Unie van SA op 31 Mei 1910 plaasgevind. Die kommentare wat meestal rondom hierdie historiese gebeurtenis geskryf is, is grootliks oppervlakkig en misleidend.

    Henry Jeffreys van Beeld op 2 Junie skryf dat 31 Mei ‘n herdenking maar nie ‘n “viering” is nie. Hy kerm en kreun dat sy ouers en hy natuurlik nie in 1910 stemgeregtig was nie en dat, te dien gevolge sy soort polities ontmagtig was. Om nie te kan stem nie is om as tweedeklasburger te leef. Nouja, toenou! Jeffreys het nou stemreg en ten spyte daarvan gaan die land teen “rasse” skrede tot niet.

    Jeffreys moet leer dat die reg om te stem nie sukses vir ‘n land waarborg nie en dat, binne die Afrikakonteks, demokratiese vryheid van keuse dikwels die einde van die liberale demokrasie beteken het. Hier is dit nie anders nie, want ons sit nou met die diktatuur van die ANC.

    Dit is hoe ‘n land bestuur word, wat die waarborg vir sukses is. Die vraag word al meer en meer gevra of die liberale demokrasie as sulks binne ontwikkelende gemeenskappe werk. Die politieke keuses wat in ‘n hoogs geïndustrialiseerde en tegnologies gevorderde staat gemaak moet word, is so kompleks dat dit die beste vaardighede van die leierskorps vra. President Zuma sit in die onbenydenswaardige posisie dat hy politieke keuses moet maak, sonder dat hy ‘n lang akademiese en/of beroepsverlede gehad het, wat daardie keuses tussen verskillende opsies en alternatiewe vergemaklik.

    Die tragiek van SA is dat daardie bevolkingsdeel wat altyd op die minderwaardige Bantoe-onderwysverlede wys, hulleself nou so knap ag dat hulle, ten spyte daarvan beter weet, alles beter kan doen en die wiel heruitvind, terwyl die wiel in Afrika nooit in Afrika, voor die koms van die Hollanders en Engelse, gefigureer het nie.

    Jeffreys spring ook sommer vanaf Uniewording na Republiekwording. Daar is dramatiese verskille tussen hierdie twee gebeurtenisse.

    Uniewording volg op ‘n knaende en bloedige oorlog tussen die Boere-republieke en die Britse Imperium; ‘n imperium wat helaas nou so getaan het, dat daardie eiland met die geringste tsunami onder die golwe kan verdwyn. Die Vrede van Vereeniging het daartoe gelei dat ‘n aantal onafhanklike Republieke en swart gebiede in een staatkundige bedeling ingebed is. Daardeur is die eerste tree gegee om die roereier-SA van vandag te skep. Insgelyks is die Union Jack as deel van die SA vlag ingeverf. SA was toe deel van die Britse Gemenebes en gemeen was hulle inderdaad. Die staatshoof was ‘n Goewerneur-generaal wat die verteenwoordiger van haar Majesteit was. Dit was niks anders nie as ‘n brutale oorwinning van die Britse koningshuis oor Republikeinse Boere-generaals.

    Eers was daar opeenvolgende SAP-regerings, wat SA in die eerste en tweede wêreldoorloë betrek het. Die eerste Eerste Minister Generaal Louis Botha het glo weens depressie op tragiese wyse aan sy einde gekom. Hy is opgevolg deur generaal Jan Smuts, wat deur die Britte tot Veldmaarskalk bevorder is. Dit is dieselfde Smuts wat ‘n boek geskrywe het “Een Eeu van Onreg” en wat toe na Uniewording hand-op-die-blaas met die Engelse was.

    Hoe dit ookal sy. Die stryd van die destydse Nasionale Party – dit is nou voor die uitverkoopbeleid van De Klerk en Kie – was om die Engelse roereier uitmekaar te haal en om die Engelse sweep te ontstrengel. In hierdie sin was Republiekwording in 1961 ‘n groot sukses; ‘n hoogtepunt, totdat die afdraande stelselmatig gekom het.

    Miskien moet veral ons jongmense leer dat Uniewording ‘n vernedering vir die Boere-republieke was en dat Republiekwording ons eer effens herstel het. Wat nou moet gebeur is eenvoudig: raak ontslae van die roereier waarin ons opgelos is en strewe na selfbeskikking.

    расширительный бакдепутат лобановский

  • Die Judasbok

    Drome is soos ons menslike skaduwee. ‘n Skaduwee van ‘n mens kan net soms gesien word. Dit is as die son skyn. Maar, jou skaduwee is altyd by jou. Dit is soos ‘n plantaat in jou mond. Dit is ‘n vreemde voorwerp en tog deel van my. So is dit met drome. Slimjan vertel elke mens droom elke nag, dikwels meer as een keer. Dit is soms die vreemdste drome, van ‘n werklikheid bo en buite my. Die meeste drome word gou vergeet, behalwe as jy wakker word en dit dadelik in die droomboek aanteken. Maar, dan is daar daardie spesiale droom wat nie vergeet word nie. Dit is asof die droom in die menslike brein ingegraveer, ja ingeprent word!

    Die jaar is 1992. Die politiek in SA is swanger aan allerlei bose geeste, onderhandelinge, toegewings en ook kapitulasie. Ek is in Berlyn, daardie hoofstad van trane, wat vir jare deur ‘n muur in twee werklikhede geskei is. Die florerende Weste. Dan natuurlik die treurende Ooste, waar die geboue bleek, gekraak en soos die wolke grys is.

    Dit is nag en ek droom. Ek loop agter ‘n trop skape. Dit is skape met lang wit wol. Die bruin stofpad is gelyk. En dan, skielik, is daar ‘n opdraande. Eensklaps is daar ‘n wal water wat vanaf die middel van die pad na regs ‘n dam maak. Ek besef dat die skape dom is en nie links om die water sal stap nie. ‘n Voorste skaap kies die diepwater. Die ander volg. Ek is beangs. As lang wolle aan skape nat word dan sink so ‘n skaap. Dit is die beste manier om ‘n trop skape vrek te maak. ‘n Skaap is een van daardie diere wat watersku is en boonop nie kan swem nie. Ek storm na voor en gryp een skaap na die ander aan hulle wolle om hulle op droë grond te kry. Dan gryp ek nog ‘n skaap en lig hom hoog bokant my kop op. In hierdie posisie, draai die skaap sy gesig na my toe en wat sien ek: ek kyk in die vol gesig van ‘n bok met sy grys gesplete oë.

    Ek word wakker. Ek is natgesweet en die toneel van die bokkop wat my vol in die gesig kyk, spook by my die hele nag. Op kantoor teken ek dit aan. Ek lees in een van my vele boeke dat die bok die simboliese dier van duistere magte is. Vir die Christendom is dit die duif. Vir die magte van die nag is dit die bok.

    ‘n Paar dae daarna lees ek ‘n berig van ‘n swart leier-onderhandelaar wat verhoudinge met twee wit ministers in die reine wil bring. Hierdie swarte vlieg die ministers uit na ‘n “isangoma”, iewers in die berge van KwaZoeloe. Daar aangekom word die afgevaardigdes seremonieel deur die “toordokter” ontvang. ‘n Bok word daar en dan in hulle teenwoordigheid nek deurgesny. Die bloed word opgevang en in die beeskraal gegooi. Dit is in die beeskraal waar offers aan die voorvadergeeste opgedra word. Die pens word oopgesny en die gal netjies in ‘n houer gegooi. Die wit menere word sitgemaak en die vel van die pasgeslagte bok beurtelings om hulle skouers gedrapeer. Die gal word op en om hulle gesprinkel. Die horings van die bok word weer beurtelings op die ministers se hoofde geplaas. ‘n Beesstert word seremonieel geswaai. Passies word uitgevoer en brulgeluide verlaat die keel van die isangoma en siedaar: verhoudinge is genormaliseer en nou kan die groot fees begin …

    Die droom van die bok bokant my kop en die storie van die ministers bly my pla. Ek is terug in SA. Ons is aan tafel. Ons praat hieroor en daaroor. Een van die gaste is ‘n direkteur van ‘n bekende abattoir. Ek vertel die storie van die droom en die bok. Daar is ‘n stilte en ‘n ongemaklikheid. Dan vertel die direkteur: by meeste slagpale is daar ‘n goedopgeleide bok, wat die skape ter slagting lei. Net voor die skape die slagsaal van die dood bereik, swenk die bok na links en word van die skape slaghuisvleis gemaak. Ja, vertel die direkteur. Hierdie is ‘n Judasbok. Toe is alles vir my glashelder duidelik!

    играшкиФильчаков прокурор

  • Jesus het opgestaan! Maar hoe?

    Dit woel in kerklike kringe. Rapport (23 Mei 2010) lewer verslag dat “Amerikaanse teoloë ‘kom kerk in SA help red’ met debatte”, oor ondermeer die opstanding.  Op die Pretoriabyeenkoms argumenteer die Amerikaners dat “Bybelskrywers se verslae oor die opstanding aan die vereistes van betroubare geskiedskrywings voldoen”.

    Oor die vermeende wetenskaplike benadering van die Amerikaanse fundamentaliste reageer Wolmarans dat hulle insette nie in die kraam van “akademiese debatte” val nie. Hy sê die Amerikaners skep die skyn dat hulle na tradisionele godsdienstige waardes wil terugkeer, maar hulle aggressiewe vorm van Christendom kom neer op retoriese geweld.

    Spangenberg, die Outestamentikus, beskuldig die Amerikaners dat hulle met ‘n fundamentalisties Skrifbeskouing werk. Hulle interpreteer die Bybel letterlik.  Daar is geen teenstrydighede daarin nie.  Sien Eindnota  1.  Met hierdie vertrekpunt kom hulle tot die gevolgtrekking dat Jesus letterlik, histories en liggaamlik uit die dood opgestaan het.

    In sy “A New History of Early Christianity” skryf  Charles Freeman (p. xiv) dat alhoewel die geskiedkundige en teoloog oor die lewe, dood en opstanding van Jesus soek na die waarheid, beide egter met gebrekkige bewyse sit.  Hy skryf: “most historical solutions exist as hypothesis, vulnerable to the discovery of new evidence or to be left for ever unproved.”

    ‘n Ernstige probleem in sake die wetenskaplikheid van die evangelies oor die opstanding is dat, volgens Freeman, die meeste van Jesus se dissipels analfabete was.  Daar is nie ‘n dokument bekend wat deur ‘n ooggetuie geskryf is nie.  Die vier kanonieke evangelies wat in die jare 70 tot 100 na Jesus geskryf is – Mattheus, Markus, Lukas en Johannes – is deur Grieke geskryf; Grieke wat Jesus nooit geken het nie en bloot op mondelinge oorlewering staatmaak.  Hoe betroubaar is ‘n notule van gebeure wat dertig en langer jare na die gebeure geskryf is, vra Freeman.

    Dan is daar kerklike weerhouding van dokumente wat strydig met die aanvaarde dogma is. Die Evangelie volgens Petrus wat in Egipte gevind is, is deur biskop Serapion van Antiochië vernietig, omdat die verhaal van die kruisdood en opstanding nie daarin vervat is nie.  Die aanname kan gemaak word dat as bewys kan word dat Jesus inderdaad nie liggaamlik opgestaan het nie, die teologiese bodem uit die Roomse Kerk teologie uitval.

    Een feit staan in die Bybelse antropologie egter vas en dit is dat die mens per definisie onsterflik is en dat op grond van hierdie stelling algemeen aanvaar kan en moet word dat Jesus opgestaan het.  Hoe die opstanding plaasgevind het, weet niemand verseker nie en hang dus van verskillende skole van denke af.  Die debat oor die opstanding herinner dus sterk aan twispunte soos onderdompeling of besprinkeling en ander kwessies in die teologie.

    Vir die Amerikaanse kerklikes  van die Southern Evangelical Seminary in Noord-Carolina  het Jesus letterlik uit die dood opgestaan.  Hierdie stellingname is volgens andere strydig met God se wetsorde en strydig met die Bybelse standpunt dat by dood ‘n vleeslike liggaam ontbind en dat ‘n geestelike liggaam opgewek word.  As Jesus die Messias is, soos die Profete verwag het sal gebeur, dan moes Jesus na sy opstanding ‘n segetog na Jerusalem onderneem het om die troon van David te vestig. Dit het nie gebeur nie.  Daarna is verwag dat die wederkoms vinnig sal plaasvind.  Ook dit het nie gebeur nie!

    Uitgaande van die veronderstelling dat Jesus gekruisig en begrawe is, redeneer Freeman dat dit in die belang van hoëpriester Kajafas en die Romeinse Owerheid was dat die liggaam van Jesus nie in die hande van die apostels en Essenaars val nie.  Derhalwe is dit net goed moontlik dat die liggaam van Jesus deur Kajafas uit die tydelike graf verwyder en iewers in die woestyn begrawe is.

    Peter Lemesurier  in sy boek “Messiaanse Profetieen – Grote zieners en de Dode-Zeerollen” (1984) verbind Jesus direk aan die Esseense godsdiensbeweging .  Sien Eindnota 2.  Die Messias moes verwek word . Maar, om dit te kon doen moes die juiste voorwaardes geskep word. Die Messias moes ‘n afstammeling van koning Dawid wees. Die vader van Jesus word getipeer as ‘n lid van die Nazareense of Nazoreense subgroepe van die Essenaars.

    Die interpretasie van Lemesurier en andere is dat die Esseners die liggaam van Jesus verwyder en begrawe het en dat die wederkoms van Jesus op die korttermyn verwag is.

    Intussen het die navolgers van Paulus die teologie van die Messiaanse Beweging gepaar met die Hellenistiese lewenswyse en filosofie. Op basis van die onbetroubare Griekse Septuagint is “jongvrou” met maagd vervang.  Die godmens Jesus kon nie ‘n aardse vader gehad het nie. Derhalwe is Josef nie die vader van Jesus nie. Dit ten spyte van twee geslagsregisters (in Matt. 1:1-7 en Lukas 3:23-28) wat die bloedband tussen Jesus en Josef onderstreep. Die geboorteverhaal is met mites verfraai. Die idee van die herders is van die Mithrasgodsdiens oorgeneem.  Die ster wat ook by die geboorte van Nero ‘n rol gespeel het is verchristelik.

    Soos dus gesien kan word, is daar nie net een skool van denke rondom Jesus, sy kruisdood en opstanding nie.  Wat van teoloë-in-debat verwag kan word is dat die verskillende skole van denke objektief aan die orde gestel sal word, sodat elkeen maar sy eie kuise maak.

    Afgesien van verskillende Skrifbeskouings wat die twee groepe gehuldig het, het hulle ook verskillende wêreldbeelde gedeel. Die wyse waarop William Craig die liggaamlike hemelvaart van Jesus probeer verduidelik, is hiervan ’n sprekende voorbeeld. Om te sê dat Jesus se liggaam êrens in ’n ander dimensie as die wat ons ken, verkeer, is volgens Spangenberg ‘n onwetenskaplike stelling. ’n Mens aanvaar die moderne wêreldbeeld of jy verwerp dit.

    Nota 1:

    Deist toon in sy Historiese Heuristiek, Teologiese Hermeneutiek en Skrifgesag (1979):

    Daar is twee skeppingsverhale wat glad nie met mekaar te rym is nie (Genesis1:1–2:4a en Genesis 2:4b–3:24).

    Van alle lewende wesens moes daar twee-twee na die ark gebring word (Gen 6:19–22; 7:15–16). Van alle onrein diere kom daar twee-twee na die ark, maarvan alle rein diere kom daar telkens sewe pare aangestap (Gen 7:2–3).

    Die tempelreiniging van Jesus. Volgens die Johannesevangelie vind dit aan die begin van Jesus se optrede plaas (Joh 2:13–25), terwyl die sinoptiese evangelies dit aan die einde van Jesus se optrede plaas (Mark 11:15–18; Matt 21:12–17; Luk 19:45–48).

    Navorsers het ook ontdek dat daar materiaal in die Bybel voorkom wat aan ander kulture ontleen is. Hiervan is die vloedverhaal of dan die verhaal oor Noag en die ark (Gen 6–9) en die spreuke in Spreuke 22:17–24:22 van die bekendste voorbeelde. Die vloedverhaal kom ooreen met die Mesopotamiese vloedverhaal bekend as die Gligamesj-eposverhaal. Die gedeelte in Spreuke is ontleen aan ’n Egiptiese wysheidsgeskrif bekend as die Wysheid van Amenemope.

    Eindnota 2:

    Die Esseense godsdiensbeweging is in die jaar 150 vC gestig.  Die stigter is by name onbekend, maar was waarskynlik ‘n Priester uit die nageslag van Zadok (die hoëpriester). Die stigting het dan ook saamgeval met die aanvang van die astrologiese tydperk van die Vis.  Hulle staan dan ook bekend as “vissers van mense, wat nogal sterk herinner aan die beeldspraak van Jesus self.

    Die daarstelling van Qumran in die woestyn, hou dalk verband met Jesaja 40:3: “Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God.” Hierdie pioniersgroep van manlikes (ben) moes deur hulle vrywillige lyding en selfverloëning ‘n versoenende funksie vervul vir die sonde van Israël. Die Qumran-woestyngemeenskap moes die weg berei vir die aanbreek van die Messiaanse Eeu.

    In die tydvak van die Joodse historikus, Josephus (37-100 nC), was daar bykans in elke stad van Israel en selfs in afgeleë gebiede Esseense gemeenskappe.  Net ‘n hervormingsbeweging van buitengewone krag en strengheid wat deur ‘n afgesonderde en toegewyde elite onderneem is, sou die nodige religieus-politieke hervorminge laat slaag. Hulle het ‘n lewe van asketisme gevoer. Hulle het soos die Nasareners geleef:  nooit hulle hare geknip nie, nie hulle liggame – soos die Grieke – geolie nie, en ook nie alkohol gebruik nie.

    Soos Jesus was hulle eerder moraliste as wettisiste, eerder manne wat God lief gehad het as godsdiensfanate, en eerder die wese van die wet as die letter van die wet gevolg het. Die Boek van Meditasie is in feite hulle Bybel.

    Die hipotese, gebaseer op skriftelike en argeologiese gegewens , is dat die Essenaars twee oorhoofse doelwitte nagestrewe het. Dit is die herinstelling van die:

      ·    Levietiese Priesterskap en

    ·        Dawidiese koningskap.

    Die politiek van die Essenaars was om die profete tot vervulling te bring.  Sodoende het hulle ‘n stewige greep probeer uitoefen op die politiek van hulle dag.

    Die Essenaars het redeneer dat as die Messias moet verskyn hy dan aan die hand van die profesieë van die Eerste Testament voortgebring moet word . In die waarmaking van die profesieë het hulle die voorwaardes geskep vir die aanvaarding van Jesus as die Messias . Die voortbrenging van die messias het afgehang van die “regte” ouers . Die moeder van die messias moes kom uit die geledere van die Esseense tempelmaagde wat op die berg Karmel diens gedoen het .

    Die Messiasverhaal in die Joodse godsdiens het dan ook sy hoogtepunt, tot en met die kruisiging, bereik. Die kruisiging word direk verbind aan die feit dat Jesus homself aangebied het en deur die Esseense beweging bemark is, as die regmatige koninklike troonopvolger, ingevolge die goddelike belofte van God aan Dawid.

    Die uitwissing van lede van die messiaanse dinastie het nie  met Jesus geëindig nie.  Tydens die regering van Trajanus word bv. die honderdjarige Simon ben Kleopas vermoor, omdat hy ‘n lid van die messiaanse dinastie was .

    Uit die Damaskunsgeskrif van die Qumrangemeenskapsdokumente (wat in 1947 gevind is),  is elke gemeenskap deur ‘n mebaqqer  of Priester-Leviet en opsiener gelei.  Hy is ondersteun deur  ‘n Meester (maskil) of uitlegger van die wet . Die driemanskap was ook ondersteun deur ‘n Raad van twaalf leiers. Totale gehoorsaamheid is vereis vir die seshonderd en dertien bepalinge van die Wet van Moses. Nalewing van die sonkalender, wat in die Boek van die Jubileum vervat is, is gevolg. Die Paasfees en Loofhuttefees het altyd op ‘n Woensdag geval, die Groot Versoensdag op ‘n Vrydag en die Fees van die Weke altyd op die eerste dag van die week, die Sondag.

    Die Esseners het volgens die dokument die Reëls van die Gemeenskap hulle eie interne geheime jargon ontwikkel en hulleself as die “manne van volmaakte heiligheid” genoem . Jonathan Makkabeüs is as die slegte priester aangedui. Die Sadduseërs was Manasse genoem.  Die Grieke en Romeinse was die Kittim. Na hulle stigter is verwys as die Leraar van Geregtigheid.

    Aanbidding is deur rituele reiniging en onderdompeling in water vooraf gegaan. Ook persoonlike eiendom is gemeenskaplik besit, soos tewens die navolgers van Jesus na die kruisiging gedoen het.

    In die antropologie van die Essenaars is die mens ‘n mengeling van twee geeste: die gees van die waarheid/lig en die gees van die leuen/duisternis .

    Na die ballingskap vestig die Esseense “hoofkwartier” van 250 persone hom by Qumran en tel die totale Esseense beweging ongeveer vierduisend persone .

    Subgroepe van die Esseners het bestaan uit die Nazireërs, die Nostrum of Nazoreërs (“bewaarders”), die Nazareërs (“hoeders”), die dopende Mandaeërs en selfs Samaritane (Sjamerim).

     

     

     

     

     

     

    free bet onlineпрокурор Фильчаков

  • Immigrasie en emigrasie – Volkere in beweging

    Vanuit ‘n Afrikanerperspektief het die politieke “gemors”  in Suider-Afrika in die jare sestienhonderd momentum begin gee aan die subkontinent, soos ons hom vandag ken.

    Swart volkere en gemeenskappe het vanaf die grootmeregebiede van Afrika in verskillende rigtings suid getrek en hulle gaan vestig in die beste reënvalgebiede – want Swartes was rondtrekkers wat van roofbou geleef het. Die ontdekkingsreisiger Mungo Park skryf uitgebreid oor hierdie plundery wat hy Kili en Tegria-oorloë op die kontinent noem.

    In min of meer dieselfde tydvak het die Nederlanders ‘n landbouaanleg aan die Kaap vir sy skeepvaart  aangelê.   Aan die Kaap was daar geen georganiseerde land met ‘n sentrale regering wat binne vaste grense volgens geskrewe wette regeer het nie.  Dit was niemandsland en ingevolge die internasionale reg van daardie tyd het die Nederlanders ‘n okkupasiereg verkry – ‘n vaste verblyfreg wat deur die vryburgerboere permanensie aan verleen is.

    Die beperkte genepoel van die Nederlanders is spoedig aangevul deur die koms van die Franse Hugenote en ander mense wat die tirannie van Rooms-Katolieke oorheersing onvlug het.  In die tydgleuf voor 1910 was die geskiedenis van die swartes gekenmerk deur inter-etniese oorloë.  Hulle gemeenskapslewe was een van stamregering. Die militante Engelse imperialiste, wat die Kaap oorgeneem het en ‘n angliseringsbeleid onverbiddelik toegepas het, was die direkte oorsaak van die volksverskuiwing van die Afrikaners-in-wording na die binneland en waar die Boererepublieke tot stand gebring is.  Weer hoofsaaklik op niemandsland in die Vrystaat en anderkant die Vaal.  Die Afrikaners-in-wording het hulle permanent gevestig.

     

    In die tydgleuf 1910 tot 1948 het die volksvernietigende gevolge van die Anglo-Boereoorlog en die groot depressie van die dertigerjare die Afrikaners van hulle plase beroof en het die verstedeliking (emigrasie) van die Afrikaner na die diamantvelde en myne en groeiende stede plaasgevind.

    Baie swartes wat die tirannie van stamhoofde ontvlug het, het hulle toevlug begin neem na wit boere op plase.

    Let dus op die verskil:  rondtrekkende swart gemeenskappe en arbeiders teenoor vaste verblyfsoekende wit boere! Hierdie fase was een van immigrasie na SA en emigrasie vanaf die plase na die stede.

     

    Na 1948 het die sug na Afrikanerselfbeskikking en Afrikanernasionalisme, wat in die eerste plek teen Engelse oorheersing opgewel het, geboorte gegee aan afsonderlike en parallelle selfbeskikking.  Afsonderlik van die swartes en parallel aan die Engelse. Insgelyks het die Noord-Suid-probleem onder Afrikaners ‘n aanvang geneem.  Die Noordelinge was die konserwatiewe vryheidsoekendes en die Suiderlinge die liberale Afrikaners. Die Swartes was die derde stand wat die negatiewe gevolge van klein-apartheid in wit gebiede moes trotseer, of anders emigreer na hulle gebiede (Zoeloeland, Transkei, ens.) van oorsprong. Opeenvolgende Afrikanerregerings het tevergeefs probeer om die roereier te skei en die deurmekaarblyery te ontstrengel.

    Toe breek die brose sestigerjare aan.  Saam met die internasionale politieke toneel van die opkomende kommuniste het die ontstamde swart leiers, wat die produk van uitlandse sendingskole was, hulle beheersingsdrang van Suid-Afrika geïnternasionaliseer.  Verhoudinge tussen wit en swart is geradikaliseer.  Disinformasie en liegstrategieë het die Afrikaners die onderdrukkers gemaak.  Dit ten spyt het opeenvolgende Boere-regerings Suid-Afrika polities en ekonomies van die Engelse beheersingsdrang ontdaan.  Suid-Afrika is toe ontwikkel as ‘n witbeheerde modelstaat met ‘n infrastruktuur wat geskrik het vir niks.  Sy geldeenheid was internasionaal gereken.  ‘n Spoorwegnetwerk is opgebou wat enig in soort in Afrika was. Die Suid-Afrika van Hendrik Verwoerd sal ongeëwenaar in die geskiedenis van SA bly.

    Hierdie ekonomiese opbloei het gelei tot die emigrasie van honderde-duisende swartes uit hulle etniese tuislande.  Die weelde en welvaart wat hulleself nie kon skep nie, was in die blanke gebiede nagejaag. Die withatende swartes het wel toenemend aanspraak gemaak op die innovasies en tegnologiese prestasies van die Europese genepoel, so asof dit produkte van Afrika self was.

    Disinformasie en internasionalisasie van die sg. bevrydingstryd – wat eintlik roofbou was – het gelei tot die kapitulasie van die Nasionale Party van De Klerk en Meyer. Wat De Klerk en Meyer nie verstaan het nie, was dat die Swartes aan ‘n Afrikawerklikheid behoort –  ‘n toestand van stagnasie, roofbou, uitbuiting, oorbevolking en van selfvernietigende seksuele genot – wat fundamenteel haaks staan op die Europese beskawing.

    Na 1993 is alle ooreenkomste met die vorige wit bewindhebbers stelselmatig verbreek.  Wat ‘n politieke kompromis moes wees, was gewoon ‘n swart oorname.  ‘n Politieke sindroom van “ons-kan-beter” het posgevat en ‘n onverskrokke selfoorskatting het begin om die vrugte van ‘n Europese beskawing progressief oor te neem en stelselmatig te verafrikaneriseer en dus finansieel te vernietig. Die tradisionele stamgeoriënteerde swart samelewings moes opgaan in ‘n sosialistiese heilstaat, waar die staat moes sorg vanaf die wieg tot die graf.

    Hierdie omwisseling van die wag het gepaard gegaan met ‘n nuwe emigrasie van die Afrikaner:  sommige na Orania (wat maar nie na verwagting wou groei nie) en die massas na Britse gebiede (Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland, onder meer).   Die nettoresultaat van politieke kapitulasie was politieke ontmagtiging, religieuse ontnugtering en genetiese verarming. Insgelyks het die bykans onmoontlike gebeur: meer as seshonderdduisend wit Afrikaners word geklassifiseer as arm en daar bestaan reeds ongeveer sewe-en-sewentig “slum”-blankegebiede in en om Pretoria (veel erger is as die armblankevraagstuk van die dertigerjare).

    In  die jaar tweeduisend en tien was die ontnugtering nie net beperk tot die wittes nie, maar ‘n klassestryd het in swart geledere ontplof: ‘n klein materialistiese minderheid swartes het hulleself oormatig verryk en die massas swartes is verder verarm en in ‘n moeras gegooi waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Een van die eienskappe van ‘n falende staat is dat hy nie meer beheer het oor sy landsgrense nie en ook nie die veiligheid van die eiendom en lewens van sy burgers kan verseker nie. Die gevolg hiervan is die onbeheerde immigrasie van swartes uit die res van Afrika.  Dit weer het die vlaag van xenofobie aangeblaas en die armoede van die hiergebore swartes dermate verhoog dat die uitsigloosheid erger is as wat gedink kon word.

     Die vraag is, waarheen nou?

    дубовые лестницы на заказФильчаков Александр Васильевич

  • ‘n Insident wat die HNP help skep het

    Dit is min of meer die jaar 1969.  Ek was ‘n arrogante student aan die UOVS.  Op daardie stadium was ek voorsitter van Huis Hendrik Verwoerd, lid van die studenteraad, voorsitter van die Kultuur-filosofiese Studiekring en redakteur van die teologiese blad Tussen Ons.  

    Insgelyks was ek leier van die Raad van Afrikaner Studente (RAS), ‘n geheime organisasie, wat as teenvoeter vir ‘n ander geheime organisasie moes optree. Ons was regs en die ander organisasie ‘n stutorganisasie van die Nasionale Party.  Ons was Calvinisties, onder die leiding van prof. Piet Kock en van Herman Strauss.  Ons het geglo dat die beleid van afsonderlike ontwikkelling net kan werk as die eenheidstaat kan opsplits in ‘n verskeidenheid etniese state en dat die kultuurstate in ‘n konfederale verband ‘n Suider-Afrikaanse regstaat vorm.

    In die Transvaal het leiers soos Albert Hertzog, Jaap Marais, en Willie Marais, Louis Stofberg, ontevrede geluide oor die rigtinglose leierskap van John Vorster gemaak.  By RAS het ons besluit om dr. Albert uit te nooi om ons te kom inlig.  Die gasheer sou die Kultuur Filosofiese Studiekring wees.  Ons “geestelike” leier, dr. Piet Kock, het my gewaarsku dat dr. Albert nie veel van die Calvinisme af weet nie.  Maar, die uitnodiging was reeds gerig en deur dr. Hertzog aanvaar.  Om my verleentheid te spaar het ek Pretoria toe gery om dr. Hertzog in persoon te vra om sy aanbieding oor die Calvinistiese boeg te gooi.

    In Pretoria het ek dr. Hertzog en sy Engelse vrou in Waterkloof besoek.  Ons het uitgerekte gesprekke gehad.  Dr. Hertzog het my toe genooi om die toespraak vir Bloemfontein te skryf en aan hom voor te lê, wat ek gedoen het.

    Notas nou nog in my besit het die volgende bevat:

    ·    Dat die Calvinistiese samelewingsleer die beginsel van soewereiniteit-in-eie-kring ontwikkel het.  Hiervolgens het God nie net eiesoortige plante, diere en mense geskep nie, maar ook eiesoortige instellinge van die samelewing (kerk, staat, en ander organisasies). Hierdie instellinge besit interne selfbeskikking.

    ·    Dat die Westminster-sisteem van denke individuele menseregte oorbeklemtoon, ten koste van kultuurinstellinge.

    ·    Dat ‘n volk in kultuurgevulde instellinge (huwelik, gesin, familie, ens.) tot uitdrukking kom en dus eiesoortigheid, veral binne ‘n plurale samelewing kan opeis.

    Dr. Hertzog het getrou by my toespraak gebly en net daarop uitgebrei.  Die nasionale pers-koerante het natuurlik die vure aangeblaas en begin praat van ‘n studente-opstand teen Vorster se rigtinglose geploeter in modderwater.  Ek is in Bloemfontein uitgesonder en twee-drie studente in Pretoria het ‘n sg. “smeerbrief” teen Vorster versprei.  Hierop het Vorster sy bekende toespraak gemaak “hulle (daardie studente) kon ‘n toekoms gehad het, maar nou het hulle nie meer ‘n toekoms nie”.

      In Bloemfontein is ek gevra om by die Nasionale Jeugbond van die NP ‘n toespraak te hou.  Ek het Vorster se “uitwaartse beleid” trompop aangeval.  Die Sondagkoerant, Beeld, van daardie tyd, het my toespraak op die voorblad onder die kopskrif “Vuiste vir Vorster”  geplaas.  Daaropvolgend het die veiligheidspolisie, te same met die pro-NP-stutorganisasies ‘n veldtog teen my begin om te keer dat ek die volgende president van die Afrikaanse Studentebond word. ‘n Kolonel het prof. Herman Strauss gaan sien en versoek dat ek nie weer plek in ‘n koshuis kry nie.  “Landman ondermyn die regering”, was sy woorde.  Prof. Strauss het my, in die teenwoordigheid van Henry Lederle, nou ‘n professor in die teologie, iewers in die buiteland, ingelig.

    In Kaapstad het dr. Albert Hertzog my toespraak gebruik om sy beroemde (of is dit berugte?) Calvinistiese toespraak te hou.  Hy het Vorster se beleid indirek aangeval.

    Hierdie toespraak het daartoe gelei dat eerste minister Vorster vir dr. Hertzog laat roep het.  Dr. Albert is na Libertas, die ampswoning in Pretoria, ontbied.  Daar aangekom was mev. Vorster in die tuin.  Sy het aan dr. Albert gesê dat die Eerste Minister in die kamer op die tweede verdieping was.  Dr. Hertzog het geklop. Die klop was beantwoord met “kom binne”.  John Vorster het in sy onderbroek met gekruisde bene op die bed gelê.

    Hy het dr. Hertzog versoek om te bedank.

    Dr. Albert het botweg geweier en gewoon geantwoord dat Vorster dan maar sy kabinet moes skommel en hom wat Hertzog is uitlaat. Die koerante het gezoem en die joernalis-lakeie van die NP het geskryf en geskryf en geskryf … om die regte klimaat te skep vir die politieke isolasie van Albert, Hertzog, Jaap Marais en Willie Marais.

    Toe kom die Transvaalse Kongres van die NP.  Ek was daar.  John Vorster se toespraak het die deur geopen na veelrassige sport.  Dr. Hertzog het opgestaan en betoog dat Vorster derhalwe dr. Verwoerd se sportbeleid wysig.  Vorster en sy napraters het betoog dat die sportbeleid dieselfde bly, maar dat Maori’s  wel ontvang sou word.  Hertzog het opgestaan en betoog dat dit die dun wig was wat die deur na veelrassigheid sou oopmaak.  ‘n Ordemosie, ‘n ou slenter, is voorgestel dat die debat gestaak word en dat daar gestem word. Die debat is kortgeknip.  Die stemvee van die NP het met ‘n tiental uitsonderinge vir die Vorster-beleid gestem.

    Minister Botha was die voorsitter.  Hierop moes elke persoon wat teen die Vorster-beleidswysiging gestem het opstaan.  Hulle name en kiesafdelings is genoteer.  Langs my het ‘n organiseerder van die NP gesit.  My woorde aan hom was: “nou het die begin van die einde van die NP begin”.  Die Maandag daarop is die name van die dissidente op die voorblad van die NP-pers gepubliseer.

    Dr. Hertzog het sy kiesafdelingsbestuur vir die daaropvolgende Saterdag byeen geroep.  In Ermelo aangekom, was dr. Hertzog verbaas om te sien dat minister Van Rensburg, as ek reg onthou, deur Vorster opdrag gegee is om die kiesafdelingsbestuur in te lig.  Dit sonder vooraf mededeling aan dr. Hertzog.

    In kort: die tirannie van Vorster en die leierloosheid van die NP toe, het Albert Hertzog eintlik geen keuse gegee nie as om die NP te verlaat.  So het my woorde waar geword.  Vorster wat met sy onderbroek aan vir Hertzog probeer uitskop het, se diktatuur het die HNP tot stand laat kom.  Intussen het die onderbroek van Vorster aanleiding gegee tot die kortbroek van opvolgende leiers wat die Afrikaner uiteindelik kaalgat van sy land beroof het.

    So terloops, een van die uitverkopers van die Afrikaner was lid van Ras, het Ras aan ‘n ander geheime organisasie uitverkoop om sy plek daarin te verseker en uiteindelik was dit juis hy, wat die lakei van De Klerk was, wat in die onderhandelinge gekapituleer het.  Julle weet wie dit is?  ‘n Jakkals verander van haar, maar nooit van streke nie.

    масло для компрессора кондиционераАлександр Фильчаков Васильевич

  • Konsosiatiewe demokrasie

    In ‘n vorige artikel het ek die punt probeer maak dat, gesien die diepverdeelde aard van die Afrikaner en verskeidenheid van organe van die Afrikaner-burgerlike samelewing, die liberale (Westminster) demokrasie nie sal werk nie en verduidelik waarom konsosiatiewe demokrasie ‘n beter opsie is.

    Konsosiatiewe Demokrasie is ‘n vorm van magsdeling wat groepsverteenwoordigend waarborg.  Konsosiatiewe demokrasie is deur die bekende Arend Lijphart  ontwerp om konflik in verdeelde samelewings te besweer.  Dit word dikwels ook beskryf as ‘n vorm van magsdeling wat teenoor die “wenner-vat-alles” staan.  Dit kan ook beskryf word as korporatiewe demokrasie.  

    Die doelwit daarvan is die skep van stabiliteit  en die vermyding van geweld en konflik.  Met ander woorde:  komponente in sodanige demokrasie wat min of meer dieselfde rigting beweeg, werk saam in terme van die rigting, maar met die behoud van ‘n eie organisasiestruktuur, spesifieke doelwitte en uitkomste wat eie daaraan is.  

    Wat die rigtingvraag betref is aansluitende samewerking tussen  alle organe van die burgerlike samelewing (wat selfbeskikking# steun) wenslik en nodig, maar kan die uitkomste vir sommige kulturele# selfbeskikking (binne die grense van ‘n verenigde Suid-Afrika)  wees en vir ander selfbeskikking in ‘n deelstaat# en vir nog ander in ‘n soewerein-onafhanklike# staat.   

    ‘n Konsosiatiewe gemeenskap kan gedefinieer word as ‘n samelewing van mense wat deur interne verdelings gekenmerk word.  Die verdelings kan ideologies en ook kultureel van aard wees.

    Die volgende eienskappe word aan konsosiatiewe demokrasie verbind:

    ·    Een of twee leiers van elke komponent kom bymekaar om gesamentlik oor die rigtingvraag (bv. selfbeskikking) te besin en om doelwitte te formuleer.

    ·    In die geval van groot organisasies word proporsionaliteit tot die maksimum van vyf lede per organisasie aanbeveel.

    ·    Die doelwitte word of afsonderlik deur alle organisasies gedoen of word na ‘n spesifieke organisasie of organisasies gedelegeer.

    ·    Meerderheidsbesluite word deur konsensus geneem.

    ·    Uitvoerende magte word tussen die deelnemende instansies gedeel.

    ·    Die deelnemende partye geniet in die uitvoering van doelwitte outonomie.

    ·    ‘n Goedgeformuleerde grondwet bepaal magte en funksies.

    ·    ‘n Regskomitee besleg konflik en verskille.

    ·    ‘n Neutrale voorsitter wie se magte omskryf moet word, reel verhoudinge.

    ·    ‘n Vaste (verteenwoordigende) sekretariaat onderneem administratiewe pligte.

    ·    Die verhouding van die verteenwoordigers tot mekaar is primus inter pares.

    Die voorstanders van konsosiatiewe demokrasie toon aan dat liberale demokrasie tot oorheersing van ‘n sterk of goedgeorganiseerde groep oor ander is.  Daar word daarop gewys dat in België, die Libanon en Switserland en ook die Europese Unie volgens die beginsels van ‘n konsosiatiewe demokrasie suksesvol regeer word.  Mag word tussen die konstituerende komponente dusdanig uitgebalanseer dat beide besondere/partikuliere belange gedien word.  Die Daytonverdrag (1992-95) tussen Bosnia en Hertzeggovina is op die konsosiatiewe demokrasie geskoei.  Ook die Belfast-ooreenkoms van 1998 in Noord-Ierland is konsosiatief van aard, asook Singapoer.

    blood suckers slotтопкарго отзывы

  • ‘n Burgerlike Owerheid vir Etniese Afrikanerregte (BOER)

    Verskillende instellinge van die Afrikaner burgerlike samelewing is tans gemoeid met die daarstelling van ‘n buiteparlementêre liggaam wat etniese Afrikanerbelange buite die partypolitiek kan bevorder en beskerm.  As dit die idee is dat so ‘n liggaam nie net etniese Afrikaner kultuurbelange bevorder en beskerm nie, maar ook met organe van die staat en die internasionale gemeenskap wil onderhandel, dan is dit natuurlik noodsaaklik dat daar aandag gegee word aan die bestaansmoontlikheid daarvan binne die konteks van die Grondwet van SA (1996).

    Die Grondwet self maak voorsiening vir (taal, godsdiens, kultuur en ander) Rade vir die bevordering en beskerming van taal-, godsdiens- en kultuurregte (sien a. 185). Artikel 185 word verder toegelig deur Wet 19 van 2002.  Artikel 185 en Wet 19 is op alle gemeenskappe van toepassing, en nie net op die Afrikaner nie. Ook maak die Grondwet voorsiening vir die reg op selfbeskikking (a. 235). Artikel 234 open die deur dat taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe – naas individuele menseregte, soos in Hoofstuk 2 van die Grondwet –  taal, godsdiens en kultuuraktes kan formuleer.

    Die bevordering en beskerming van etniese Afrikanerregte in ‘n instelling met die akroniem die BOER,  kan en behoort by die bg. artikels aan te haak.  Maar wat belangrik is, is dat die navorsing en “finale verslag” van die Volkstaatsraad, soos beliggaam in die veelvuldige verslae daarvan, nog nooit deur die owerheid in die parlement ter tafel gelê is nie, en dus as onafgehandel te tipeer is.  Dit is nie net nie afgehandel nie, maar allermins in werking gestel.  Gevolglik lê dit op die weg van BOER om ook die aktiwiteite van die Volkstaatsraad oor te neem en uit te voer.

    Die groot vraag is natuurlik hoe so ‘n orgaan van die burgerlike Afrikaner-samelewing saamgestel sal word.  Daar is ten minste twee oorhoofse maniere:

    –          Die liberale Westminsterstelsel

    –          Die konsosiatiewe model

    In die liberale metodiek sal daar diegene wees wat die buiteparlementêre raad deur ‘n een-mens-een-stem metode, ingevolge en aan die hand van ‘n  kieserslys van geregistreerde Afrikaners verkies sal wil sien.  Dit sou beteken dat persone deur instellinge en/of ander persone genomineer word en dat die geregistreerde kiesers die kandidate sal aanwys.  Alhoewel hierdie model ‘n mate van legitimiteit aan die verkose orgaan sal gee, mag daardie legitimiteit gemeet word aan die aantal stemme wat uitgebring was by ‘n verkiesing.  Dit kan sy legitimiteit bevraagteken. Hierdie liberale metode hou die volgende verdere nadele in:

    –          Die uitkoms daarvan sal analoog kan wees tot die parlementêre stelsel dat die sterkste party die regering uitmaak.

    –          Die numeries-sterkste organisasie van die burgerlike samelewing kan  sy kandidate benoem en verkies kry en so die instelling vir homself kaap.

    –          Die verteenwoordigheidskarakter van die veelvuldige organisasies van ‘n moderne Afrikaner gaan verlore.

    –          Die liberale metode sal ‘n stryd tussen die organisasies ontketen wat nie vir volkseenheid bevorderlik is nie.

    –          Indien ‘n radikalistiese meerderheidsgroep die stelsel oorheers en beheer, kan dit tot grootskaalse konflik met die binneparlementêre owerheid lei en aweregse gevolge inhou.

    –          Die vraagstuk van bekwaamheid en bevoegdheid van kandidate wat in leiershoedanighede moet dien kan daaronder ly.

    Dit is duidelik dat bg. liberale model die dood in die pot is vir die bestaan en werking van ‘n burgerlike owerheid wat die regte van etniese Afrikaners moet bevorder. Die Afrikaners is nie ‘n ongedifferensieerde stam nie, maar ‘n moderne gedifferensieerde gemeenskap met diepgaande verskille oor die “pad vorentoe”.

    Die tweede model is die van konsosiatiewe demokrasie.  Elke deelonemende kultuurorganisasie van die burgerlike samelewing benoem een of twee verteenwoordigers tot ‘n verteenwoordigende leiersraad van afgevaardigdes na die BOER.

    –          Hierdie model is dus nie een van meerderheidsoorheersing nie, maar van aansluitende samewerking.

    –          Dit sluit die diktatuur van ‘n heersersgroep uit.

    –          Dit verdeel mag.

    –          Dit laat ruimte vir debat en vir verskille.

    –          Dit open die moontlikheid dat die knapste persoon of persone van ‘n burgerlike instelling na BOER afgevaardig word.

    –          Dit is ‘n model wat uiting gee aan die gedifferensieerde karakter van die Afrikaner as etniese gemeenskap.

    Dit kan egter so wees dat die afgevaardigdes die sienings van hul onderskeie organisasies voorop stel.  Hulle mag ook probeer om hul organisasies se doelstellings in die Raad te bevorder en nie die belang van die Afrikanergemeenskap as sulks nie.  Latente interne konflikte mag ook lei tot ‘n skeuring in die BOER wanneer besluite geneem moet word waarmee organisasies ongemaklik voel.  Hierdie nadeel kan egter tot groter betrokkenheid deur deelnemende organisasies  by die Boer se sake tot gevolg hê.

    Desnieteenstaande  is dit werklik van kardinale belang dat die Afrikaner in sy gedifferensiëerde gestalte nie weer met die slapriem van ‘n liberaal-demokratiese model om die enkels gevang word nie.  Doen dit verkeerd en die gevolge sal katastrofies wees.

    Dr. Christo Landman, Voorsitter van die Afrikaner Alliansie

    no deposit casino free moneyФильчаков Александр Васильевич

  • Kan sieners soos Nostradamus dieper dinge vooruit sien?

    Die probleem met sieners is dat die aanhangers van die sieners dikwels die visioene van die sieners waar maak.  Dit word selfvervullende profesie genoem.  Dat sekere mense egter wel dieper as die oppervlakte kan sien, is sekerlik waar, maar hoe ver? Nostradamus was so ‘n siener.

    Nostradamus se profesieë van die sestiende eeu het reeds honderde boeke, geskrifte en artikels tot gevolg gehad.  Van die dinge wat hy glo reg voorspel het, sluit in:

    * Die dood van koning Hendrik II in ‘n toernooi.
    * Lodewyk XVI en Marie-Antoinette se vlug na Varennes.
    * Napoleon se se geboorte en opgang tot keiser.
    * Die drie vegtende diere – die Luiperd/Brittanje, Arend/Frankryk en Wildevark/Pruise.
    * Die eerste wêreldoorlog.
    * Die swart dood (griep-epidemie) in Europa.
    * Hitler (alias Hister wat die Latyn vir Donou is) se rol in Duitsland.
    * Die kommunistiese tirannie van drie en sewentig jaar en sewe maande.

    Michel de Nostradamus is op 14 Desember 1503 in Saint-Remy de Provence gebore.  Hy is van Joodse afkoms. In 1512 word sy familie as Christene in die register van die Saint-Rémy-gemeente  ingeskryf.  In 1529 het Nostradamus vir studie in die medisyne by die Universiteit van Montpellier ingeskryf.  As dokter het hy ook die astrologie ingespan om kwale te diagnoseer. Nostradamus se roem is te danke aan die Centuries se rymende vierreëlsverse of kwatryne wat in tien boekdele in 1555 gepubliseer is. Hy verduidelik sy profesieë aan Hendrik die Tweede as ‘n ekstase en kombinasie van goddelike en bonatuurlike inspirasie en astrologiese berekeninge.

    Nostradamus was ‘n tydgenoot van beroemde Renaissance-denkers soos Francois Rabelais, Pierre Ronsard en Michel de Montaigne. Die Frans wat Nostradamus geskrywe het was ‘n verlatynse Frans wat net deur deskundiges “reg” verstaan kan word.

    In die sestigerjare het Eben Meiring van Stellenbosch, ‘n taalgeleerde in Middeleeuse Frans, in Parys deur byna 1000 vierreëlverse van Nostradamus geworstel en in 1999 ‘n boekie gepubliseer “Nostradamus en die einde van die millennium” (Nasionale Boekdrukkery: Goodwood).  Meiring se studies in die klassieke tale en sy deskundige kennis van Latyn asook sy passie vir antieke Frans, het hom toegerus om ‘n dieptestudie van Nostradamus te maak.

    Volgens Meiring is Nostradmus se profetiese blik “oorweldigend op die 20e eeu gefokus”.  Meiring hanteer letterlik honderde aspekte van Nostradamus se visioene.  Gevolglik word net op Suid-Afrika gekonsentreer.

    Nostradamus verklaar dat wanneer die wêreld sy slotperiode, voor die wederkoms nader, die politieke mag na die swart nasies sal verskuif. Christelikheid sal deur vreemde wette vervang word. In die Land van die Olifant, wat Meiring as SA tipeer, sal ‘n nuwe soort bewind ‘n einde maak aan ou onregte en ongelykhede. ‘n Verleier sit in die tronk, maar sal deur ‘n figuur wat Nostradmus “le clerc” noem, vrygelaat word.  Daar sal vrede, eenheid en verandering wees.  Range en ampte wat laag was sal hoog wees en die wat hoog was laag word.

    Die Land van die Olifant kom egter in ‘n gewapende stryd met die Griffioen (half leeu en half arend).  Nostradamus se griffioen lyk baie na een van die diere wat Daniël (7:4) uit die see sien kom.  Hierdie dier het soos ‘n leeu gelyk, maar met die vlerke van ‘n arend.  

    Dit is wanneer die Land van die Olifant sy gesig in ‘n groot Oos/Wes-oorlog sy gesig weg van die Weste in die rigting van die Ooste draai.  Die Griffioen is volgens Meiring een of ander Westerse alliansie (Europa, Brittanje, VSA). Die mitologiese betekenis van die Griffioen is dat hierdie dier die bewaker van goud is.

    Nostradamus sien ‘n derde wêreldoorlog wat teen die draai van die eeue aanbreek.  Dan sal dit bloed, melk, hongersnood en siekte reën.  In hierdie oorlog sal die Land van die Olifant in bedwang gebring word.

    Daar is interessante parallelle tussen Nostradamus en Siener van Rensburg, die Boereprofeet.  Siener maak ook van die beeld van vuur gebruik.  Siener sien hoe vuur uit die weste ‘n hoop nuttelose mieliestronke uitbrand.  Oor die kommunisme profeteer Siener dat ‘n swart wolk uit die ooste oor Europa trek en dat daar ‘n alliansie tussen die rooi beeste (die kommuniste) en Afrika tot stand kom.  Ook Siener sien ‘n derde groot oorlog aankom.  Siener sien ‘n swart slang (honger en burgeroorlog) in Engeland lê.  Vreemde mense in wit Westerse lande staan op teen die wittes.  In SA kom donkerte en rewolusie, maar Duitsland geryp in en bring die land onder bedwang.

    Dit is insiggewend om net op die internet te soek na heldersiendheid, om te weet watter waarde daar nog aan sieners geheg word.  Dit natuurlik nie moontlik om die “gawe”  van heldersiendheid volgens die tipiese natuurwetenskaplike metode was waar of onwaar te bewys nie.  Dit is slegs oor tyd dat die waarde van die visioene van Nostradamus en van Siener beoordeel kan word.  Kom ons wag en kyk …

    Intussen kan u gerus Eben Meiring se Nostradamus lees en geniet!

    карданный светильник фотоФільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Onderdrukking en die eksodus-motief in Afrikaner-bevryding

    Daar word opgemerk dat die debat rondom Afrikanerbevryding buite die raamwerk van ‘n eksodusmotief of bevrydingsteologie deur die verskillende debatvoerders gedoen word.

    As die Afrikaner gesien word as ‘n blote konglomeraat van individue in dieselfde land wat toevallig Afrikaans praat en dieselfde kultuur deel, dan is die politieke uitkomste anders en dan val die eksodusmotief weg.

    Indien onderdrukking en ‘n eksodusmotief belangrike elemente van bevryding is, moet duidelikheid gekry word oor wie die Afrikaner is. Uitgaande van die argument dat die eksistensie (wat meer as loutere bestaan is!) van die Afrikaner, kultuur-histories aan ‘n transendente (dus hoër mag as die aardse) werklikheid verbind kan word, dan speel die element van ‘n Goddelike gelofte soos by Bloedrivier, en van onderdrukking (onder Britse kolonialisme en Afrika neo-kolonialisme), asook die eksodusmotief belangrike rolle in Afrikaner bevryding.

    Die eksodusmotief word nog belangriker as die Afrikaner gesien word as ‘n onderdeel of subgroep van die tien verlore stamme van Israel. Indien dit so is, is die behoud van die Afrikaner fundamenteel belangrik, omdat in die eindtye die stam van Judah in die huidige Israel met die tien verlore stamme sal herenig, om die Godsryk op aarde wyer as Jerusalem te vestig.

    Die Bybelse godsdiens maak veel van YHWH se gesprek met die mens, van die verbondsidee en van ‘n religieuse eksodusmotief by onderdrukking. Vir eers moet duidelikheid gekry word oor die godsbegrip YHWH (die tetragrammaton). In Moses se laaste (Shema)-gesprek met Israel verklaar hy:

    “Luister (Chema) O Israel! YHWH is ons God, YHWH is Een! Jy sal YHWH met jou hele hart liefhê …” Deut. 6:4-6 en Markus 12:28-30

    Die Tetragrammaton word 6000 keer in die Eerste Testament geskryf en beteken waarskynlik “Die Een Wat sal Wees/Is/Was!”. YHWH is alleen God (Exodus 22:20). Hy is ‘n jaloerse God, wat geen afgode duld nie (Exodus 20:5). Hy is die Skepper van alle dinge, sonder tussenganger of hulp van buite (Genesis 2:4-25). Hy is omring van hemelse wesens wat Sy afgesante op aarde is (Deut. 33:2, Ps. 29:1 en Genesis 3:22 en 11:7).

    Jeremia (9:23-24) haal YHWH aan, waar God van Homself verklaar dat hy intens betrokke (chesed) is, reg (mishpat) laat geskied en geregtigheid (zedaqah) wil sien. Die eksodusmotief of uittog uit Egipte was ‘n verlossingsdaad (hesed) van God. Daarom lees die dekaloog, of die tien gebooie: “Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland van verslawing weggelei het”.

    YHWH het in die loop van die geskiedenis van Israel ten minste drie keer direk met die mens gesprek gevoer. Dit is:

    * In die Paradys met Adam en Eva

    * Op die berg Sinai met Moses, waar die dekaloog (Tien Gebooie) aan Moses oorhandig is

    * Deur die koms van die beloofde Messias uit die bloedlyn van koning Dawid

    Elke keer as daar nie na God se stem geluister is nie, òf die geloftes of verbond nie onderhou is nie, het straf gevolg. Dikwels is straf deur wegvoering, na Babilon en na Assirië, gevolg. Die tempel in Jerusalem is twee keer vernietig. Dit is in ‘n staat van onderdrukking dat God se volk dikwels in trane (sa’ag) smag na die herstel van ‘n vertrouensverhouding met God.

    In onderdrukking reik God uit na die onderdruktes. God se Gees sweef dan oor sy mense, soos wat Sy Gees oor die ongeordende waters in die skeppingsverhaal gesweef het. God gebruik ook priesters en profete om die drang na hereniging met God en herstel van regte lewendig te hou. Moses konfronteer Farao. Jesus staan op teen die Romeinse owerheid. Dit is onder Romeinse onderdrukking dat die Messianisme, die bevrydingsteologie van die Israeliete, groei. Dit is binne hierdie konteks dat Jesus die koninkryk van God verkondig. Jesus verwys na homself as die “weg”. Die weg wat hy aanwys is ‘n nuwe eksodus motief:

    * ‘n koninkryksidee wat wêreldwyd uitkring

    * ‘n herskepte situasie wat onderdrukking uitban en geregtigheid vestig

    * ‘n geloof in God wat die Tempel en Jerusalem as heilige plekke transendeer, omvorm, en wêreldwyd universaliseer en dus        vir almal, oral toeganklik maak.

    Ten slotte moet ek onomwonde verklaar, dat as ons ‘n politieke oplossing sonder God soek, die Afrikaner ten minste nog veertig jaar in die woestyn sal dwaal. Daar is van ons volksgenote wat ‘n messias soek Dit is net politieke leiers met ‘n sterk religieuse onderbou en missionêre visie wat die leiding op hulle kan neem. Intussen het ons Afrikaanse kerke stil geword. Merkbaar is die feit dat dominees, ja die priesters en profete van die gevestigde kerke, in die gesprek en in die doen skitter in hulle afwesigheid. Waar is hulle, of verstaan hulle nie wat op die spel is nie? Waar is die D. F. Malans en die Andries Treurnichts?

    Ons geestelike leiers moet teen ‘n goddelose owerheid opstaan, standpunt inneem en vra vir die bevryding van die volk. By weiering het die gesante van God, soos Moses inderdaad gedoen het, die reg om die plae van Egipte op ‘n goddelose owerheid los te laat. In ‘n politiek met ‘n eksplisiete eksodusmotief is die wekroep duidelik hoorbaar: Laat my mense gaan! Anders gestel: gee my mense selfbeskikking!

    ads onалександр лобановский класс

  • Die gesprek oor Afrikanervryheid – ‘n bydrae

    Die gesprek oor Afrikanervryheid – ‘n bydrae

    Deelname aan die gesprek oor die politieke toekoms van die Afrikaner is belangrik. Deur deelname kom die verskille, maar belangriker as dit, ook die ooreenkomste na vore. ‘n Belangrike voorwaarde in die gesprek is dat dit nie platvloers mag word nie en dat dit ook nie verpersoonlik sal word nie.

    Die onderliggende motief in die gesprek lê in die begrip selfbeskikking opgesluit. Uiteraard sal selfbeskikking deur verskillende persone verskillend verstaan word. Vir die doeleindes van hierdie bydrae word dit gewoon omskryf as die fundamentele reg van volkere om hulleself binne ‘n plurale samelewing, soos SA,  op ‘n eie en andersoortige wyse as die res uit te leef.

    ‘n Tweede voorwaarde vir die gesprek is dat ‘n veranderde konteks nuwe antwoorde en oplossings vra. So is antwoorde voor 1993 anders as ná 1993. In 1993 was ek deel van ‘n debat op die Hoofbestuur van die VF oor hoe ‘n (verknegte) volk bevry kon word. My inset daardie tyd was:

    • Dat ‘n eie konstitusionele model of staatsbeskouing binne die raamwerk van ‘n party geformuleer moet word; ‘n standpunt wat ooreenkom met Danie Goosen se republikeinse ideaal.
    • Dat ‘n sekerheidsnetwerk, wat fondse kan genereer, geskep word, analoog aan die huidige private maatskappye, met ‘n goedopgeleide elite-korps wat in noodtoestande ontplooi kan word.
    • Dat die bevrydingstryd deur frontorganisasies in Dietse lande geïnternasionaliseer word, analoog aan die metodiek wat die Russe die sg. “bevrydingsbewegings” geleer het.
    • Dat daar ruimte vir ‘n radikalistiese groep gemaak word.
    • Dat ‘n Afrikanergedomineerde ekonomie as wapen gebruik word in onderhandeling.

    My inset is toe nie ernstig geneem nie en is ‘n politieke pad gevolg wat, as verkiesingsuitslae enigsins ernstig opgeneem moet word, ‘n doodloopstraat (cul de sac) was. Intussen het die politieke konteks verlê na dié van ‘n falende staat wat diskrimineer teen wittes.

    Insgelyks verskans die Grondwet (1996) ‘n regsbeginsel dat SA een ondeelbare staat vir  almal is. Hieruit is dit duidelik dat dit op demokratiese wyse onmoontlik sal wees om die beginsel van geografiese selfbeskikking tot sy logiese konsekwensie deur te voer.

    Dit is ook eenvoudig so dat ‘n vestiging van Afrikaners op een gekonsolideerde of meerdere voorkeurvestigingsgebiede eers de jure erkenning kan kry as dit de facto ‘n  werklikheid is. Die blinde geloof in 1993 dat die ANC, in terme van artikel 235, ‘n volkstaat vir die Afrikaners sou gee, was gewoon onrealistiese dagdromery.  Dit is nou nog minder realiseerbaar.

    Die vraag is dus wat ons nou binne hierdie immer veranderbare en veranderlike konteks moet doen. My voorstel is die volgende:

    1. Koordineer alle bestaande kultuur-, taal- en godsdiensorganisasies in ‘n konfederale werksverband, sonder uitsluiting van sommiges (Israel van ouds was ‘n konfederasie van twaalf stamme).
    2. Bring ‘n verteenwoordigende Afrikanerraad tot stand, met portefeuljes vir bekwame leiers om die raad van situasierapporte te bedien.
    3. Bring alternatiewe strukture of organisasies (bv. Afrikaner- opvoedkundige instellinge) tot stand, elke keer as die owerheid ‘n bestaande instelling vir hulleself annekseer, soos tans die geval is.
    4. Gebruik die Afrikanerraad om met die owerheid te onderhandel en ook om die saak te internasionaliseer, as daar geen vordering is nie (die eksodusmotief in bevryding).
    5. Bemoedig Afrikaners om in stedelike gebiede in bepaalde woonwyke hulle getalle te konsolideer.
    6. Bemoedig Afrikaners wat kan om in voorkeurvestigingsgebiede, soos Orania, te woon.
    7. Depolitiseer die derde vlak van regering deur kandidate van die Afrikanerraad in woonwyke in te stem.
    8. Soek, onderhou, en bou kontak met tradisionele gemeenskappe en leiers en skep alliansies om die reg op selfbeskikking breër as net ‘n reg van Afrikaners uit te bou.
    9. Skep ‘n samewerkende politieke meganisme of party op die eerste vlak van regering om die idee van selfbeskikking te dra en te verwoord.

    Wat die samewerkende politieke meganisme of party betref, word die volgende beleidsbeginsels kortliks aangestip:

    • Die ideaal van ‘n gedesentraliseerde regstaat wat nie net individuele burgerregte beskerm nie, maar ook gemeenskapsregte.
    • Die formulering en formalisering in terme van artikel 234 van die Grondwet, van aktes vir taal, godsdiens en kultuurregte.
    • Devolusie van mag van die kleins moontlike sentrale regering na gedepolitiseerde plaaslike owerhede wat gemeenskappe deur effektiewe dienslewering bedien.
    • Dramatiese en progressiewe hersiening van die Grondwet van SA vanaf ‘n liberaal-demokratiese grondwet na ‘n grondwet wat vir konsosiatiewe demokrasie en gemeenskapsregte voorsiennig maak.

    Dit is duidelik dat bg. model ‘n liberale regstaat sowel as ‘n sosialistiese magstaat vervang. Uit bg. model kan ‘n konfederale losser verhouding tussen verskillende gemeenskappe  bevorder word. Hierdie konfederale model kan dus op die langer termyn lei na geografiese selfbeskikking binne die konteks van ‘n konfederale regstaat, analoog aan die Europese Unie.

    ‘n Kortpad is daar inderdaad nie!

    play slots forДанильченко Харьков

  • Kan Nederduitse gene die Afrikaner se redding wees?

    Na ‘n pas afgelope besoek aan drie Europese lande (die Nederlande, Duitsland en Italië) kom die vraag by my op of die Nederduitse volkere geneties sterk genoeg is om die effek van die invloei van nie-Nederduitse mense sosiaal en religieus te kan weerstaan.

    Daar is opvallende raakpunte tussen Nederlanders, Duitsers en tot ‘n mindere mate met Noordelike (Germaanse) Italianers, maar weinig raakpunte met die ander Italianers.

    Wat opval is die hoë beskawingspeil in die Nederlande en in Duitsland, in teenstelling met  Semitiese en Hamitiese lande.

    Hierdie stelling is natuurlik kontroversieel, want reeds H.G. Wells het in sy The Outline of History (1920) aangevoer dat die Kaukasiese volkere hoër vlakke van beskawing bereik as die Semiete en Hamiete.  Arthur de Gobineau, die Fransman, verklaar dat die Indo-Europeërs ‘n verhewe (soos in hoër!) posisie in die ry van volkere inneem. Dit is op grond van hierdie standpunte dat Adolf Hitler die Duitsers die Herrenvölk genoem het.

    Opvallend is dat mense van die nie-Kaukasiese volkere besig is om die Nederduitse lande en by name Nederland en Duitsland “in te neem” (dalk ook “oor te neem”).  Die meeste van hierdie “invallers” bied hulleself aan as politieke asielsoekers, maar bring hulle tale, kulture en meestal Islamgodsdiens saam.  Die nie-Nederduitsers vermeerder dramaties meer as die Nederduitsers, terwyl die Nederduitsers klein gesinne vorm.  Terwyl die Nederduitse volkere godsdienslos raak, bring die Islamiete ‘n sterk godsdiensbesef saam.  Dit is dus nie vergesog nie dat die Islam binne ‘n eeu die sterkste enkele godsdiens in Nederland en Duitsland sal wees.

    In die naam van die humanisme het liberale en sosialistiese politieke partye oë toegeknyp  en die asielsoekers asook onwettige immigrante om humanitêre redes toegelaat.  So huisves Berlyn die derde grootste Turkse gemeenskap naas Ankara en Istanboel.  In Den Haag, die parlementêre hoofstad van die Nederlande,  is daar sowat sestig Islamitiese religieuse sentra te vind. Nou in die jaar 2010 is daar ‘n teenreaksie wat manifesteer in die opkoms van sg. regse partye, wat in opstand kom teen die permanensie van volksvreemde mense.  Daar word in beide die Nederlande en in Duitsland van die “vreemdelingevraagstuk” gepraat.  Helaas, te laat, want hulle is daar!

    Die implikasie is dat hierdie vreemdelinge eie gemeenskappe in Nederduitse lande geskep het met vreemde godsdienste, waaronder die Islam ‘n belangrike faktor is.  ‘n Bekende Amerikaanse staatsgeleerde het jare gelede reeds voorspel dat die Derde Wêreldoorlog ‘n konflik van gelowe (civilisations) sal wees.  In enige religieuse konfliksituasie skep vreemdelinge in Nederduitse lande ‘n veiligheidsgevaar van ongekende omvang en intensiteit.  Om Talibansimpatisante uit die samelewing te verwyder mag beteken dat die storie van die Duitse konsentrasiekampe hom mag herhaal.

    In die 19de en 20ste eeue is baie gedink en geskryf oor die meerderwaardigheid van die Ariese volkere ten aansien van die res. In die taalkunde is die “Ariërs” daardie volke wat verwant is aan ‘n veronderstelde Indo-Europese oertaal anders as die Semitiese en Hamitiese tale.  In die biologiese antropologie is Ariërs die Nordiese volke, in onderskeiding van die Alpynse en Mediterreense volke (vgl. Vacher de Lapouge se biologiese indeks) sou Ariese volke uitgeken kon word as die langkop-Europeërs, in teenstelling met die kortkopmense.

    Hoe dit ook al sy, sedert die einde van die 19de en begin van die 21ste eeue dui feite op die grond daarop dat die Ariese volkere en lande waar Ariërs in die meerderheid is, grootliks moet “sorg” vir die parasitiese volkere en lande.  Parasitiese volkere en lande is daardie mense en lande wat hulle vergaap en vergryp aan Ariese innoverings en tegnologiese vaardighede, asook ontwikkelingshulp, maar desondanks Ariërs haat.

    Ongelukkig het Ariese volkere nog nie geleer dat die Ariese leefwyse nie sonder meer oordraagbaar is op nie-Ariese gemeenskappe nie.  Dink aan Amerikaners wat Irak van Sadam Hoesein wou bevry. Amerika en Brittanje se stryd teen die Taliban in Afganistan en Pakistan.  In hierdie verband kom die vraag op of ‘n tipiese Ariese “gedemokratiseerde” en gedesentraliseerde politieke sisteem enigsins werk en kan werk in ‘n nie-Ariese beskawingsomgewing?  Dit is te betwyfel.  Onderontwikkelde gemeenskappe moet dikwels deur die harde hand  van ‘n despotiese sisteem bestuur word…

    Dan is daar die kwessie van finansiële hulpprogramme.  Amerika moes nou weer inspring om die chaos in Haïti te probeer aanspreek.  Nie-Ariese volkere (en veral die Hamitiese groepe) is vir hulle ekonomiese oorlewing basies aangewese op Westerse finansiële bloedoortappings, waarsonder hulle eenvoudig nie kan nie.  Martin Meredith dui in sy, The State of Africa, afdoende aan dat Afrika, by wyse van voorbeeld as nie-Kaukasiese gemeenskappe, op die pad van progressiewe degenerasie is!

    Die nie-Ariese volkere het daarin geslaag om die Ariese lande, die voormalige koloniale moondhede, ‘n skuldkompleks te gee; ‘n kompleks wat besig is om deur te skaaf.  Finansiële inspuitings om nie-Ariese volkere van “ondergang” te red, het die neweproduk dat die afhanklikheid van sodanige land op Ariese ontwikkelingshulp jaarliks vergroot, vanweë die bevolkingsontploffing wat met werkloosheid, meer geld en eksterne hulp gepaard gaan.

    Intussen groei die ekonomieë van Ariese lande onverpoos voort en word die gaping tussen ryk en arm lande groter.

    In ‘n onlangse artikel in Elseviers Weekblad skryf die Nederlandse ambassadeur in Washington dat Nederland onder die sestien grootste ekonomieë ter wêreld tel.  In die finansiële sektor is Nederland onder die top tien.  Nederland is die tweede grootste uitvoerder van landbouprodukte.  Die Nederlande, wat geografies ietwat groter as die Kruger- Nasionale Wildtuin is, se jaarlikse blomproduksie alleen is gelyk aan die bruto nasionale produk van Suid-Afrika.

    Dan is daar daardie merkwaardige land, Duitsland en sy mense.  Duitsland is sekerlik vandag die sterkste moondheid van die Europese Gemeenskap.  Duitsers het een teenslag na die ander te bowe gekom.  Ná die Eerste Wêreldoorlog was Duitsland ‘n belangrike teiken van die Russies geïnspireerde Bolsjewiste (Kommuniste).  Jode het belangrike rolle in die Kommunistiese en Sosialistiese Partye in Duitsland gespeel.  Die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland letterlik platgeskiet.  Die uitslag van hierdie oorlog is welbekend en het aanleiding gegee tot die verdeling van Duitsland in Wes- en Oos-Duitsland.  In Oos-Duitsland is die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) as kommunistiese staat tot stand gebring.  Amerika en Brittanje het goedskiks toegekyk en niks gedoen nie!

    Berlyn is as stadstaat in vier dele verdeel, waarvan die Russe beheer oor Oos-Berlyn verkry het.  ‘n Twee meter hoë muur van 160 km. het probeer verhoed dat ‘n massa Oos-Duitsers na die Weste oorloop. In Oos-Berlyn het Berlyners toenemend in opstand teen die kommunistiese diktatuur gekom.  In 1989 het die Oos-Duitse leier Hoenecker onder toenemende druk bedank.  Die Rus, Gorbatsjof, se perestroika-beleid (verligting) het daartoe bygedra dat die skandmuur op 10 November 1989 stuk vir stuk afgebreek is.  Honderde duisende Oos-Duitsers het na die Weste gehardloop om vryheid te proe.

    Oos-Duitsland was ná die hereniging van Duitsland in 1990 ten minste ‘n honderd jaar ekonomies agter die Weste.  Vandag, skaars twintig jaar ná die afbraak van die muur en vernietiging van die kommunistiese DDR, is Duitsland weer ‘n Europese modelstaat.

    Is dit vergesog dat ‘n Ariese genepoel die dryfkrag agter die herrysenis van Duitsland is? Is daar hoop dat die Afrikaner se kollektiewe genepoel – na die voorbeeld van Duitsland – nog so sterk sal bly dat ons die wil sal bly behou om uit die as op te staan?

    Die implikasie van hierdie artikel is dat Afrikaners se kinders aangemoedig moet word om Duits te leer, dat Afrikanerinstellinge noue skakeling met Nederlands- en Duitssprekende ambassades moet onderhou, en dat ons inligtingsprogramme in die Duitstalige lande van stapel moet stuur.  Dit is, om begrip vir die bevrydingstryd van die Afrikaner op te wek.  Siener van Rensburg het iewers gesê dat daar hulp vir die Afrikaner uit Duitsland, via Duitswes, sal kom.

    Soos ek iewers op die Praagnetwerk in ‘n ander artikel geskryf het, moes die Afrikaners afstand tussen ons en die Engelse geskep het en noue kontak met die Nederlandse en Duitssprekende volkere gesoek en onderhou het.

    хорватия отелипрокурор Фильчаков

  • Afrikaners behoef ’n politieke ommekeer

    In voorafgaande artikels in die Geskiedenisafdeling van dié webwerf is gepoog om kortliks (ja, baie kortliks!) en oorsigtelik na politieke tendense te kyk binne vier periodes:

    Die indruk kan nie ontsnap word nie dat, met hier en daar ‘n suiwer uitsondering (dr. D.F. Malan en dr. H.F. Verwoerd), daar deurlopend gebrekkige leierskap voorgekom het. Generaal Louis Botha, generaal Jan Smuts en F.W. de Klerk val in die kategorie van meelopers met die Afrikaner se tradisionele vyande.

    Die konflik tussen Afrikaner en Engelsman is in die demokratiese politiek sedert 1948 binne die konteks van Afrikanerregerings versus die Engelse opposisiepartye en pro-Britse pers volgehou.

    Die Engelse anneksasie van Natal en die Kaap asook die twee Vryheidsoorloë is ‘n tragedie wat moeilik uitgewis kan word.

    Tewens, die Engelse politiek, meer as enige iets anders, het die stryd teen sg. “apartheid” geïnternasionaliseer. Dit is die Engelse sakesektor wat die oorsaak is dat die Verwoerdiaanse ekonomiese beleid van grensnywerheidsontwikkeling en op die agentskapsbasis in die tradisionele swart tuislande misluk het. Ook die onbeheersde instroming van swartes na die vier provinsies, in die soeke na werk, is die resultaat van ‘n Engelse ekonomiese beleid. Insgelyks was die verabsolutering van die Engelse Westminsterstelsel die groot dryfveer agter die revolusionêre politiek van die swart bevrydingsorganisasies. Daar kan vandag gekonstateer word dat die ANC die Engelse koloniale politiek van die groot imperialiste – Cecil John Rhodes en andere – waarmaak. Vandaar die beroepsdiskriminasie teen Afrikaners, die onsimpatieke verandering in die name van historiese dorpe, geboue en straatname, asook die verengelsing van die onderwys.

    By terugskoue moes die Suid-Afrikaanse politiek totaal anders ontplooi het. Die tendens van groter afstand tussen SA (die Afrikaner) en die Britse Gemenebes (die Engelse politiek) moes regdeur gehandhaaf gebly het. Groter kontak moes bewerkstellig met Nederland en Duitsland gewees het. Vandag in die jaar 2010 het die Britse invloed in die internasionale politiek dermate getaan dat SA se betrokkenheid by die Britse Gemenebes ‘n holle gebaar is. Tans is Duitsland een van die sterkste lande van die Europese Unie.

    Die Rhodesiese Engelse het tot ‘n groot mate hulle gat gegrawe. Jan Smuts het gedurende sy regeringstyd gepoog om Suid-Rhodesië by SA te laat aansluit. ‘n Referendum is gehou, maar die kortsigtige Engelse het oorwegend gestem om nie deel van SA te word nie. Hulle redes was grootliks die teenwoordigheid van Afrikaners in die Republiek!

    Die daadwerklike optrede van Ian Smith om met Brittanje te breek en UDI (Unilateral Declaration of Independence) uit te roep, was egter ‘n heldedaad. Die feit dat SA vir Ian Smith in die steek gelaat het, was ‘n daad van verraad. ‘n Alliansie tussen SA en Rhodesië, met al die opofferinge wat dit sou vra, sou die regionale geskiedenis anders geskryf het as wat tans die geval is. By terugskoue het Robert Mugabe die ontwikkeling van Zimbabwe dermate geknak dat dit dekades sal neem om te herstel – indien ooit!

    Die fout met die hantering van Rhodesië (onder Vorster en Pik Botha) is in die hantering van SWA (onder P.W. Botha en Pik Botha) herhaal. Namibië is in die hande van SWAPO se Nujoma oorgegee.

    ‘n Alliansie tussen SA, Rhodesië en Suidwes-Afrika kon die Suider-Afrikaanse politiek op ‘n totaal nuwe model en rigting laat ontplooi het.

    Die feit dat die onafhanklikheid van die TBVC-state deur F.W. de Klerk (weer met die steun van Pik Botha) opgehef is, was die grootste daad van lafhartigheid denkbaar.

    ‘n Alliansie tussen Verwoerd se SA, Ian Smith se Rhodesië, dr. Savimbi se Angola, Lukas Mangope se Bophuthatswana en ander goedgesinde swart leiers in die TBVC-state kon ‘n Suider-Afrikaanse konfederale regstaat tot stand gebring het, wat tot seën vir Afrika en vir die Europese gemeenskap sou gewees het.

    Wanneer ons fokus op die politieke geskiedenis van SA moet ons ruiterlik erken dat ons “leiers” ons in die afgrond in bestuur het. Daar was en is nog steeds ‘n kortsigtige politiek onder ons waarneembaar. Wat in die omstandighede nodig is, is om ‘n nuwe kader leiers behoorlik op te lei. Dit is dus nog nie te laat om ‘n ander koers in te slaan nie. Maar, dan sal die rigting duidelik uitgespel moet word en ‘n strategie uitgewerk moet word om dit waar te maak. Dit is nooit te laat om ‘n politieke ommekeer te maak nie.

    воздухаданильченко юрій броніславович

  • Roelfie ontbloot

    Mnr. Roelf Meyer skryf in Rapport 20091212 “Ons was met die rug teen die muur” en nooi die lesewrs dan om te debatteer. Dit is onduidelik wie die “ons” is. Die bedoeling is seker die NP. Maar, dan verklaar drie oudministers van die NP – Delport, Venter en Fourie – dat hulle op ’n gegewe stadium van die onderhandelinge tot die besef gekom het dat “Roelf Meyer ons aan die ANC uitverkoop het!”.

    Roelf vra “hoe sou dit gewees het as ons nie gedoen het wat gedoen is nie”. Wel, so ’n argument is onbewese spekulasie. Sou daar bv. meer boere gemartel en doodgemaak gewees het as die 2000 plus sedert 1993? Ek weet nie! En wat van die geweldspiraal en opwaartse kurwe in korrupsie?

    Die vraag is nie of daar veranderinge moes kom , al dan nie. Reeds in die tagtigerjare het ek en ander gepleit vir grondwetlike hervorming binne die raamwerk van Arend Lijphart se konsosiatiewe demokrasie. Toe het liewe Roelf knus in die ministersbanke gesit. Die vraag is of die huidige grondwetlike bestel die antwoord is op die veelvolkige aard van die SA-bevolking?

    Om die debat minder filosofies en meer konkreet te maak, wil ek ’n paar beweringe neerpen, wat as vrae op beantwoording wag:

    · Dat dit ’n wanperspeisie is dat die huidige grondwet van SA minderheidsregte afdoende beskerm. Wat het van die Volkstaatsraad geword en watter effek het die Kommissie vir Gemeenskapsregte oor 6 jaar onder ANC-voorsitterskap gehad?

    · Dat die reeds verworwe status van Afrikaans, soos verskans in die 1993 grondwet, in die 1996 grondwet weggelaat is. Hoekom?

    · Dat die gelykheidsklousile (a.9) sodanig beperk word dat voorsiening gemaak word vir werkreservering (affirmative action) en wel te dien effekte dat honderde duisende Afrikaners in dispora leef.

    · Dat alle partye – vanaf die regste VF+ tot die linkse SAKP – in terme van een en dieselfde grondwet die land kan regeer. Wat is dan die betekenis van die grondwet?

    · Dat met die sertifisering van die 1996 grondwet hoofregter Shascalson verklaar het dat die 34 grondwetlike beginsels nooit weer in grondwetlike wysiginge te berde gebring kan word nie. Wat is dan die waarde van politieke onderhandeling?

    · Dat die reg op selfbeskikking nie as deel van die handves van regte ingesluit is nie, maar onder ander bepalinge as artikel 235 bestaan. Hoekom?

    Roelf voer geweld aan as faktor waarom die NP met hulle rue teen die muur gestaan het. Is dit vergesog om te verklaar dat die regering-van-die-dag nie die swaarmag effektief gebruik om openbare orde te handhaaf nie? Is dit tipologies van ’n falende staat en wat kan daaromtrent genoem word?

    Hy blameer Afrikaners wat nie meer soos Anton Roepert nuwe groot ondernemings skep nie. Is dit nie juis ’n afdoende argument dat sakemanne nie vertroue in die ekonomiese toekoms van SA het nie en dus landuit gaan?

    Wat die grondwet betref is daar nog tientalle probleme waarop ek in my artikel op die Praag-webwerf (praag.co.za) uitgewy het en waarop ek nie nou ruimte het om op in te gaan nie.

    Vanuit ’n etiese standpunt moet Roelfie maar liewer bely dat hy en die NP die “pot misgesit het” en ons met die gemors gelaat het.

     

    самовсасывающий насос для скважиныданильченко юрий брониславович прокурор

  • Saambly en die Bybelse huwelik onder die loep

    ‘n Polemiek woed tans oor saambly. Van “die kerk” word verwag om standpunt in te neem. Beter gestel: van kerke soos die NGK word gevra om leiding te gee. Aangesien daar ‘n duisternis van kerke is, sal kerke se antwoorde radikaal verskil. So sal “inheemse kerke” en ook Europees-geïnspireerde kerke, soos die Mormone (die Kerk van Jesus Christus van die heiliges van die laaste dae) van Amerika, selfs ruimte bied vir een-man-en-vele-vroue.

    In die kader van die Christendom is dit beter om van ‘n Bybelse karakter van die huwelik as van ‘n Christelike karakter van die huwelik te praat. Die probleem rondom die idee van ‘n Christelike huwelik is dat, sedert Konstantyn die Grote, die kerklike en staatlike huwelik saamgeval het. Dit is die moment toe die Christelike geloof die staatsgeloof van die Romeinse owerheid geword het.

    Met die helenisering van die Christendom, onder die leiding van die kerkvaders, het die band met die Judaïsme vervlak, en het die staatlike huwelik eensklaps nou ook ‘n Christelike huwelik geword. Dit het beteken dat twee huweliksmaats net kan saambly as die staatlike huwelik in die kerk voltrek is. In wese trou ‘n predikant ‘n paartjie in die kerk kragtens ‘n sanksie wat die staat aan hom/haar verleen het. Die predikant is dus ‘n staatlike huweliksbevestiger, of staatsamptenaar vir die duurte van die seremonie.

    Die Christendom is ‘n veel later ontwikkeling van die Messiaanse beweging van Jesus en van die Jerusalembeweging van Jakobus as die Christelike kerk. Jesus was ‘n Jood; het in die Sinagoge aanbid, en die Jesusbeweging was daarop bedag om die koninkryk van JHVH te laat kom. Die implikasie hiervan was die omverwerping van die Romeinse juk van onderdrukking. In wese is die Griekse Christendom wat van sy Joodse wortels vervreem is, ‘n nuwe godsdiens. Wie dus vanuit die ontstaanswortels van die Christendom na die huwelik kyk moet dus by die Eerste Testament begin.

    Die eerste vorm van die Bybelse huwelik waarvan ons weet is die verbintenis van twee persone uit en kragtens twee families. Dus ‘n huwelik soortgelyk aan die moderne inheemse bantoehuweliksvorm. Die vrou se produktiewe vermoë tot gesinsvorming was die waarborg vir die konstante in en van die huwelik. By gebrek aan ‘n vermoë om kinders te hê moes die familie van die vrou in die huwelik ‘n alternatief bied. Kinders wat uit die plaasvervangende vrou gebore is, is geag die kinders van die onvermoënde vrou te wees. Hierdie is die leviraatsgebruik in huweliksverbindinge.

    Onder die invloed van die humanistiese individualisme het die huwelik as verbintenis tussen twee families ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Eerstens word dit toe ‘n verbintenis tussen twee huweliksmaats. Toe het die huwelik ‘n twee-eenheidsgemeenskap van een man en een vrou geword. Daarmee het die familiekonteks van ‘n huwelik binne die raamwerk van twee families vervaag.

    In nog ‘n later ontwikkeling van die humanisme is die huwelik ‘n verbintenis van twee persone. Dit kan twee mans of ook twee vroue wees.

    Wat dus uitgekristalliseer het is die privaatregtelike karakter van die moderne huwelik as ‘n verbintenis van twee persone.

    Nader omskryf: ‘n huwelik is ‘n spesiale samelewingstruktuur van twee persone wat onder die leiding van die liefde seksuele omgang en verkeer moontlik maak.

    Hierdie verbintenis kan wees ‘n privaatregtelike kontrak tussen twee persone, hetsy in die staatlike sin, of heeltemal privaat of in die openbaar bevestig by wyse van ‘n godsdienstige aksie. Laasgenoemde kan getipeer word as privaatregtelike godsdienshuwelike.

    In die Bybelse konteks kan die huwelik net ‘n verbintenis wees van een-man-en-een-vrou. Die kwalifikasie van een-man-en-een-vrou, of twee persone van teenoorgestelde geslagsidentiteite, korrespondeer met die skeppingsorde. Mans en vrouens se geslagorgane verskil van mekaar en die verkeer tussen man en vrou is gerig op gesinsformasie. Dus: trou en vermeerder.

    In ‘n moderne staat moet die staatsregtelike karakter van die huwelik ook voorsiening maar vir privaatregtelike huwelike, by byvoorbeeld tradisionele gemeenskappe of godsdiensgroeperinge.

    As formele saambly gepaard gaan met ‘n plegtige verbintenis tussen twee persone wat seksuele verkeer moontlik maak onder die leiding van die liefde, maar dan nog nie met ‘n staatsregtelike karakter nie, dan kan geen besware daarteen geopper woorde nie.

    Wat “ortodokse” ouers vir hulle kinders moet sê is dat seksuele verkeer tussen twee mense in prinsipe ‘n huweliksband daarstel; ‘n huweliksband wat, as dit verbreek word, op egbreek neerkom.

    слюнявчики для детей купитьДанильченко