Vuurpyle tref Israel se Eilat-hawe

‘n Vermoedelike kortafstandvuurpylsalvo vanuit die Egiptiese Sinaï, ‘n gebied waar Islamitiese militantes in die verlede aktief was, het Israel en Jordanië se Rooi See-hawens Maandag getref, het die Israeliese polisie gesê.

Daar was geen nuus oor ongevalle in die Israeliese hawe van Eilat nie, het die distrikshawehoof Moshe Cohen gesê en bygevoeg dat sy magte nog steeds probeer om te bevestig dat die vyf ontploffings wat in die oggend gehoor is wel deur granate veroorsaak is.

Cohen het aan die Israeliese Radio gesê dat twee van die verdagte vuurpyle of mortierbomme blykbaar in die see beland het, terwyl ‘n ander die nabygeleë Jordaanse hawe van Aqaba getref het.

Op ‘n vraag van waar die salvo gevuur is, het Cohen gesê: “Dit is ‘n bietjie vroeg om te sê, maar dit is redelik om te aanvaar dat dit uit die suidelike gebied afkomstig is.”

Hy het verwys na die naburige Egipte se Sinaï-woestyn van waar sporadiese geweld afkomstig is wat aan Islamitiese militantes toegeskryf word.

Ten minste een vuurpyl het Aqaba op 22 April getref, maar geen ongevalle veroorsaak nie. Amman het gesê dat die vuurpyl van buite Jordanië afgevuur is en die Israeliese media het gepraat van die Sinaï as ‘n moontlike lanseerpunt.

In 2005 is vuurpyle op Amerikaanse oorlogskepe in die hawe van Aqaba afgevuur, maar het hul teiken gemis het en ‘n Jordaanse soldaat op land gedood. ‘n Groep wat aanspraak maak dat hy bande met Al-Kaida het, het gesê dat hy vir die aanval verantwoordelik is.

Twee jaar later het ‘n Palestynse selfmoordaanvaller deur die Sinaï gesypel en drie mense by ‘n bakkery in Eilat vermoor.

Jordanië en Egipte is die enigste Arabiese state wat volle vredesooreenkomste met Israel het.

детские пазлы для девочекОлександр Фільчаков прокурор

Wat om uit Nederland en België se regeringsamestelling te verwag

Nederland se vervroegde algemene verkiesing het reeds byna twee maande gelede – op 9 Junie – plaasgevind, en die Belgiese kort hierna.

Beide is gekenmerk deur die sterk opkoms van wat in Suid-Afrikaanse terme as regse partye beskou kan word. In die geval van Nederland, die opkoms van Gert Wilders se PVV, en in België van ‘n party wat sterker standpunt inneem oor ‘n onafhanklike Vlaandere.

Sedert 9 Junie word Nederland deur ‘n oorgangskabinet regeer. Dié Kabinet bestaan uit die oorblyfsels van die voor-verkiesingskoalisie nadat die Partij van de Arbeid reeds voor die verkiesing uitgestap het. Die oorblywende partye, die groter Christen-Demokratiese Appèl en die kleiner ChristenUnie het beide swaar verliese gelei. Die CU word nie eens as ‘n moontlike koalisievenoot in enige moontlike kombinasie genoem nie.

Die CDA het lank, blykbaar vrywillig, in die koue bly staan terwyl die fasiliteerders wat deur die monarg aangewys is koalisievennote probeer vind het en ‘n werkbare kabinet uitgetimmer kon kry. Uiteindelik het die CDA weer toegetree, en die samesprekings behels nou die daarstel van ‘n regse kabinet, bestaande uit die CDA, die PVV en die VVD.

Sou dié samesprekings slaag is daar dadelik ‘n probleem, naamlik dat dit ‘n minderheidskabinet sal wees. Elkeen van hierdie partye sal egter op van die klein partye se steun kan reken, soos die CDA wat op die CU en ander Christenpartye se steun sal kan reken … maar teen ‘n prys.

In dié stadium stem die potensiële regse koalisievennote oor belangrike sake saam, soos strenger immigrasiewetgewing. Die CDA en die VVD wil die begroting hokslaan, terwyl Wilders ‘n klein tekort op die begroting nie te onaardig vind nie.

Die PVV en VVD stel meer in grootskaalse kernkrag as in groen energie, en spesifiek windenergie belang. Die rede is om Nederland so gou as moontlik onafhanklik van die invoer van kernenergie te maak.

Die uiteindelike daarstelling van ‘n koalisiekabinet kan nog lank duur. Wanneer die partye mekaar genoegsaam gevind het, word oorgegaan tot die daarstel van ‘n lywige koalisie-beleidsdokument, wat aan Kodesa herinner.

In België gaan dit nie veel vinniger nie. In die proses om ‘n federale regering daar te stel word daar op die oomblik ook nie veel gehoor van Vlaamse afskeiding nie, maar dit sal stellig anders daaruit sien as regeringsvorming op nasionale vlak afgehandel is, en die aandag na die regeerbaarheid van die Vlaamse regering verskuif.

Van buite gesien lyk dit egter of die Nederlanders en Belge in die verkiesing hul voorkeure vir sekere opsies uitdruk, maar dat daar in die praktyk min daarvan in die regeringsamestelling gereflekteer word, en nog minder in die koalisiekabinet se regeerbeginsels. Dit is die prys wat hierdie lande bereid is om te betaal om te verhinder dat een party so allesoorheersend word dat verkiesings bloot die bevestiging van daardie party se voortgesette mag sal wees.

универсальное оборудование для диагностики автомобилейлобановский александр интервью

Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp

Al 152 passasiers en bemanningslede wat aan boord die vliegtuig was wat Woensdag naby Islamabad, Pakistan se hoofstad, neergestort het, is dood, het ‘n beampte gesê. 

Twee Amerikaners was onder die slagoffers, het ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade gesê. Hy het geen verdere besonderhede gehad nie.

“Daar is geen oorlewendes nie. Ons glo almal is dood. Ons is besig om die oorskot van die lyke uit die wrak te haal,” het Imtiaz Elahi gesê.

gamesФильчаков прокурор харьков

Bulgevegverbod beklemtoon Katalonië se eie identiteit

Die plaaslike parlement in Katalonië sal Woensdag stem oor die verbod op bulgevegte in dié noord-oostelike streek van Spanje. 

Katalonië is die tuiste van Barcelona, Spanje se tweede grootste stad.

Die parlement stem oor dié kwessie nadat diereregte-aktiviste ‘n veldtog geloods het en 180 000 handtekeninge in Katalonië met ‘n petisie ingesamel het.

Daar is onlangs aangedui dat ‘n meerderheid van 135 wetgewers saamstem dat Katalonië se wet oor dierebeskerming verbeter word sodat bulle tydens die gevegte nie mishandel of doodgemaak word nie.

Indien dit goedgekeur word, sal Katalonië die eerste streek in die land, buite die Kanariese Eilande, word om bulgevegte te verbied.

Bulgevegte is in 1991 in die Kanariese Eilande onwettig verklaar.

Alhoewel die argumente wat die verbod ondersteun op dierebeskerming fokus, glo talle in die res van Spanje dat die behoefte om dit te verbied, verband  hou met Katalonië se begeerte om hul eie identiteit te beklemtoon.

промышленный светильникалександр лобановский супермаркет класс

Wikileaks stel Pentagon in die verleentheid

Getuienis van Amerikaanse oorlogsmisdade wat die afgelope paar dae op die internet gepubliseer is, maak wêreldwyd opspraak.

Die Pentagon hou asem op vir die duisende memo’s wat die werf verder bekend wil maak.

Julian Assange, die stigter van die webwerf Wikileaks, het gesê die 92 000 hoogsgeheime items wat hy tot dusver vrygestel het, is “net die oppervlak” van wat hy in sy besit het. Hy beweer hy het tasbare bewyse van oorlogmisdade.

Assange het gesê hy het ‘n verdere 15 000 dokumente wat hy in die komende weke sal publiseer en dat hy hoop dit sal lei tot “vervolging van die mense wat misdrywe gepleeg het.”

Assange het een van die grootste lekkasies van geklassifiseerde materiaal in die geskiedenis veroorsaak toe hy aan verskeie koerante Amerikaanse militêre dokumente wat sensitiewe inligting bevat oor burgerlike slagoffers in Afghanistan en die aktiwiteite van ‘n geheime “swart ops”-eenheid wat verantwoordelik is vir sluipmoorde op Taliban bevelvoerders, deurgegee het.

Sommige aksies is glo uitgevoer deur die Britse magte. NAVO-geleide koalisielede het intussen die vrees uitgespreek dat die lekkasie lewens in gevaar gestel het.

Die Pentagon het nou begin met ‘n skoonmaakaksie om die verdagte netwerk van militêre personeel wat agter die lek kan wees, uit te snuffel.

Die man wat die materiaal aan Wikileaks deurgegee het is Bradley Manning, ‘n 22-jaar oue Amerikaanse leërintelligensie-ontleder wat vroeër hierdie jaar in hegtenis geneem is, maar hy het vermoedelik medepligtiges.

Volgens bronne het Manning nie die “tegniese kundigheid” om soveel inligting na die buitewêreld te kommunikeer nie.

Gister het die Wit Huis gesukkel om die internasionale gevolge van die lekkasies, wat hulle as “onverantwoordelik” beskryf het, te bekamp.

Senator John Kerry, voorsitter van die invloedryke Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge, het gesê die lekkasies hou “ernstige vrae oor die realiteit van Amerika se beleid teenoor Pakistan en Afghanistan” in.

Assange het Maandag ‘n perskonferensie in Londen gehou en beweer dat die mees sensitiewe dokumente nog moet kom.

Die vrystelling van die dokumente kom nadat die Afghaanse regering beweer het dat 52 burgerlikes, waaronder vroue en kinders, gesterf het tydens ‘n NAVO-aanval verlede week wat ‘n dorp in die suide van Afghanistan in puin gelê het.

free depositФільчаков Олександр Васильович прокурор

Vrese oor nuwe terreuropleiding

Erigavo – ‘n Bekende wapenhandelaar is besig om opleiding aan Islamitiese vegters in die berge van noordelike Somalië te verskaf.

Plaaslike amptenare vrees dat hierdie tot ‘n nuwe Tora Bora kan lei – die naam van ‘n voormalige Afgaanse skuilplek vir Al-Kaïda.

Volgens ‘n senior veiligheidsamptenaar het Mohamed Said Atom, wat die wapen-verbod in Somalië oortree, sy basis in die Sanaag-berge opgerig.

Die Sjebab-rebellegroep wat aan Al-Kaïda verbind is, is hoofsaaklik in suidelike en sentrale Somalië aktief en spits hulle daarop toe om die regering in Mogadisjoe, wat deur die Weste ondersteun word, tot ‘n val te bring.

“Atam het bande met Al-Kaïda en verteenwoordig die Shebab in die omgewing,” het kol. Mohamed Jama, ‘n senior veiligheidsamptenaar van die Puntland-staat, gesê.

“Ons is besig om inligting te ontvang dat hy honderde Islamitiese rebelle in die dorpe rondom Sanaag Bari gemobiliseer het,” het Jama verklaar.

Volgens Jama het hul veiligheidsmagte voorberei om ‘n aanval teen dié terroriste te loods.

липецк очистныеалександр лобановский супермаркет класс

China nou groter energievebruiker as VSA

China het die VSA pas as die wêreld se grootste energieverbruiker verbygesteek, maar China ontken dit.

Volgens die Internasionale Energie-agentskap het die China in 2009 altesaam 0,4 % meer energie verbruik as die VSA.

Dié energie word uitgedruk as die ekwivalent aan 2 265 Amerikaanse biljoen ton olie, en dit is juis blykbaar waar China se beswaar vandaan kom.

China het in die jongste verlede groot moeite gedoen om sy beeld as voorste groen energie-ontwikkelaar te bevorder, en om nou by implikasie as ‘n groot sondaar met koolstof-vrystellings voorgehou te word, gaan onlekker af.

Hoewel China meen die agentskap se inligting is foutief, is die syfer wat deur China self vrygestel is nie veel minder nie, naamlik 2 132 Amerikaanse biljoen ton olie. Die agentskap gogga hierdie syfer, omdat dit bykans identies dieselfde as die vorige jaar is, en ook nie met die BNP tred hou nie. China belê reuse bedrae in die ontwikkeling van swaar nywerhede.

Die Nederlandse Omgewingswaarderingsagentskap het reeds in 2007 aangekondig dat China die wêreld se voorste koolstofsondaar is, maar ook dit is deur China ontken.

мультик про робота трансформералобановский александр

Facebook bereik 500miljoen-kerf

Die sosiale netwerk Facebook het ‘n mylpaal bereik met die aantal gebruikers wat tot 500 miljoen wêreldwyd gestyg het. Volgens hierdie syfers het een uit elke 14 mense in die wêreld nou ‘n Faceboek-profiel. 

“Sedert vanoggend gebruik 500 miljoen mense reg oor die wêreld Facebook om in kontak met hul vriende en ander te bly, ” het Mark Zuckerberg, die stigter van die sosiale netwerk, gesê.

Volgens Zuckerberg is dit ‘n belangrike mylpaal vir almal wat betrokke is en was daarby om Facebook reg oor die wêreld te bemark.

Facebook het ter viering hiervan ‘n diens op hul netwerk bekendgestel wat mense toelaat om hul “merkwaardige stories van die hartroerende en interessante maniere wat hulle Facebook al in die verlede gebruik het”, te vertel.

loveДанильченко Юрий прокурор

SA-ambassadeur keer terug na Israel

Suid-Afrika se ambassadeur in Israel, Ismail Coovadia, gaan na Tel Aviv terugkeer om sy ampspligte te hervat.

Coovadia is verlede maand deur die Suid-Afrikaanse regering teruggeroep nadat Israel ‘n Turkse skip met aktiviste voorgekeer het. Nege mense is in die voorval wat wêreldwyd opspraak gemaak het, dood .

‘n Woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge, Saul Molobi, sê ‘n interne komitee se ondersoek na die voorval is afgehandel.

Hy sê hoewel die komitee dit eens was dat die Israelse weermag foute gemaak het, is daar nie op enige verdere optrede besluit nie.

игр детскиеданильченко юрий брониславович прокурор

Clinton na Suid-Korea om steun te wys

Hillary Clinton, Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag in Suid-Korea aangekom vir ‘n besoek wat beoog om ondersteuning aan die land te toon.
Dit kom nadat ‘n dodelik vlootaanval op Suid-Korea geloods is, waarvoor Noord-Korea die skuld gegee word. 

Clinton en Robert Gates, minister van verdediging, sal Woensdagoggend die grens tussen die twee lande besoek en dan hul eer betoon aan die 46 lede van die Suid-Koreaanse vloot wat tydens die aanval in Maart vanjaar dood is.

Clinton en Gates sal Woensdagmiddag gesprekke met hul Suid-Koreaanse eweknieë hou.

боди для новорожденных девочек купитьпрокурор Фильчаков