Duur ongeluk

In Jeddah, Saoedi-Arabië, het ‘n Saoedi-F-15 vegvliegtuig dié week teen ‘n Franse Mirage gebots en albei het neergestort het tydens ‘n gesamentlike oefening.

Die ongeluk het in die Taboekstreek in die noorde van Saoedi-Arabië gebeur volgens ‘n Saoedi-Press-nuusagentskapberi.

Die oefening is Sondag gehou sê die ministerie van Verdediging. Geen ongevalle is aangemeld nie en die drie vlieëniers in die twee vliegtuie, ‘n Saoedi en twee Franse, is ongedeerd. Hulle valskerms het hulle veilig op die grond gebring.

“Ondersoeke is aan die gang en die omstandighede wat gelei het tot die ongeluk is onder die soeklig,” het die staatmedia bygevoeg.

Intussen het Amerikaanse intelligensie-agentskappe hul kommer uitgespreek dat Saoedi-Arabië sal poog om kernwapens te ontwikkel, te midde van spanning in die streek oor Iran se kernprogram.

Een van die belangrikste waarskuwingstekens is die samewerkingsooreenkoms wat Sondag in Riyadh deur China en Saoedi-Arabië onderteken is.

Volgens die Saoedi-Jedda News, sal die ooreenkoms die gesamentlike ontwikkeling van “atoomenergie vir vreedsame doeleindes, wat sal help om die koninkryk se stygende vraag na energie en sy groeiende afhanklikheid van die afbrekende van hulpbronne in te kort,” nastreef.

Die ooreenkoms is deur koning Abdullah en die Chinese premier Wen Jiabao onderteken. ‘n Senior Saudi prins het vroeër gesê sy land het kernwapens nodig om mededinger Iran se arsenaal teen te werk.

Die voormalige hoof van Saoedi-intelligensie Prins Turkye al-Faisal het op 5 Desember verklaar dat “ons pogings en dié van die wêreld om Israel te oortuig om sy wapens van massavernietiging te laat vaar, sowel as Iran, nie geslaag het nie… Daarom is dit ons plig teenoor ons volk en mense om alle moontlike opsies, insluitend die besit van hierdie wapens te oorweeg.”

Saoedi-Arabië is China se grootste verskaffer van ru-olie.

Saoedi-Arabië het verlede jaar gesprekke met die Obama-administrasie oor Amerikaanse kernsamewerking gehou en ‘n ooreenkoms bereik vir kernontwikkeling met Suid–Korea in November.

China het in die 1980’s aan Saoedi-Arabië 36 DF-3 medium-reeks ballistiese missiele verskaf, wat alhoewel nie toegerus is met ‘n atoomkop nie, beskou word as kernafleweringstelsels.

 

лобановский александр харьков

Krakers verlam Israel

Die webtuistes van Israel se aandelebeurs en nasionale lugdiens, El-Al, is dié week deur pro-Palestynse kuberkrakers aangeval. Die groep “Nagmerrie”, het toegeslaan ‘n dag nadat die Islamitiese Hamas belowe het om ‘n kuberoorlog teen die Joodse staat te verdiep.

Die onlangse aanval volg op ‘n golf van soortgelyke kuberinbraakaanvalle waarin kredietkaartinligting van duisende Israeli’s deur ‘n kuberkraker vrygestel is. Die kraker het beweer dat hy ‘n Saoedi is.

“Die penetrasie in die Israeliese webwerwe open ‘n nuwe front vir elektroniese verset en oorlog teen die Israeliese besetting,” het Hamas se segsman, Sami Aboe Zoehri, gister gesê.

Terwyl El-Al se webwerf kan glad nie kon laai nie, het die aandelebeurs se webtuistes slegs handelsyfers getoon, sonder die moontlikheid om enige ander aksie uit te voer.

лобановский супермаркет класс

Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

Rusland se minister van buitelandse sake het gewaarsku teen die VSA se militêre inmenging in Sirië en geëis dat wapenvoorrade aan die Siriese opposisie gestaak word.

Sergeï Lawrof het Woensdag gesê dat Rusland nie dit nodig geag het om ‘n verduideliking te gee of verskonings aan te bied oor die vermoede dat ‘n Russiese skip ten spyte van ‘n ​​EU-wapenverbod, wapens na Sirië vervoer nie.

Lawrof het by ‘n nuuskonferensie verklaar dat Rusland ten volle ten opsigte van die internasionale reg optree en nie gelei sal word deur eensydige sanksies wat opgelê word deur ander lande nie.

Die vragskip het verlede week sy aanvanklike roete verander na die Cipriotiese hawe van Limassol omdat dit laag op brandstof was, en het eers later by die Siriese hawe van Tartus aangedoen. Ciprus se amptenare, wat die vrag geïnspekteer het, het gesê dit dra wapens.

Lawrof wou nie sê watter vrag die skip gedra het nie.

Данильченко Харьков

Protes teen internetsensuur laai op

Internetprotes teen voorgestelde teen-roofkopie wetgewing in die VSA is besig om veld te wen.

Die teenkanting volg in reaksie op twee wetsontwerpe wat binnekort voor die Kongres sal dien.

Die twee wetsontwerpe, die Stop Online Piracy Act (Sopa) en die PROTECT IP Act (Pipa), is daarop gemik om die onwettige besit van intellektuele eiendom, soos musiek en rolprente, te bekamp.

Internetgebruikers oor die algemeen is bekommerd dat dié wette kan lei tot sensuur en inperking van vryheid van spraak.

Kritici van die wetgewing hou ook vol dat dit spraakvryheid sal beperk en inhoud-eienaars drakoniese magte sal gee om webtuistes te sluit wat met plagiaat verbind word.

Die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales sê die wetgewing sal ‘n skrikwekkende presedent skep vir Internetsensuur in die wêreld.

топкарго кидалы

Panama: 14 voor na medisyneramp

Veertien mense sal aangekla word vir een van Panama se ergste onlangse nasionale tragedies: Besmette medisyne wat ten minste 282 mense gedood het in 2006, het die slagoffers se woordvoerder Dinsdag gesê.

“Die Tweede hoër hof het kriminele sake teen 14 mense vir misdade teen die openbare gesondheid, insluitende die vervalsing van dokumente, onwillekeurige manslag en persoonlike besering tydens die inname van ‘n stroop wat vergiftig was, aanhangig gemaak,” het die slagoffers se woordvoerder Gabriel Pascual aan AFP gesê.

Nog 13 mense is ten minste tydelik nog nie aangekla nie, het Pascual gesê en daarop gewys dat hy Dinsdag in kennis gestel is deur die Hof van Justisie se sekretaris Abilio Rudino.

Die datum vir die verhoor sal binnekort vasgestel word, het Pascual bygevoeg.

Die 2006-sterftes is veroorsaak ná Rasfer van Barcelona, Spanje, 2300 gelling (9000 liter) glycerine uit China ingevoer het, en dit daarna na Panama gestuur het, waar dit gebruik is om suikervrye stroop vir ‘n ekspektorant te maak vir hoë bloeddruk en diabetes. Die medisyne is daarna dmv die openbare gesondheidstelsel versprei.

Die stroop was besmet met diethylene glycol, ‘n industriële produk wat nie ontwerp is vir menslike verbruik nie.

Amptelik, het 282 mense gesterf agv die gebruik van die stroop. Pascual beweer dat daar meer as 1400 lêers oor individue bestaan wat gesterf het nadat hulle die medisyne ingeneem het. Hulle gevalle moet nog ondersoek word.

Александр Фильчаков

Ongemaklike vrede heers in Nigerië

Soldate is Maandag in die strate van Nigerië se stede ontplooi om die einde van die betogings in Afrika se mees bevolkte land te verseker.

Vakbondleiers beskou dit as ‘n oorwinning vir arbeid, en sê die land se beleid oor brandstofsubsidies sal in die toekoms deur hulle optrede gelei word. Maar die nuwe ooreengekome prys van sowat $2,27 ‘n gelling is nog duurder as die vorige prys van $1,70 per gelling, en plaas steeds ‘n las op die armstes wat min voordele van ‘n groot olie-uitvoerder geniet.

Om die kompromie af te dwing en oplaaiende protes te stop, het pres. Jonathan beveel dat soldate vir die veiligheid in die land se groot stede sorg, iets wat onsigbaar gebly het sedert die land ‘n militêre bewind vir ‘n ongemaklike demokrasie in 1999 verruil het.

“Dit is ‘n duidelike teken van onverdraagsaamheid en sluit die demokratiese ruimte van die mense van Nigerië, wat deur demokrate regoor die wêreld veroordeel sal word,” lui ‘n verklaring van die Red Nigerië Groep, wat in Lagos verlammende opstande gereël het.

Baie betogers het ook by die groeiende teenstand teen ‘n kultuur van regeringskorrupsie in opstand gekom. Wetgewers in Nigerië verdien byvoorbeeld $1 miljoen ‘n jaar en state het begrotings groter as naburige lande.

Onder die “hashtag”-slagspreuk van “Occupy Nigeria,” het talle die sosiale media platform gebruik om die land se swak paaie en hospitale te midde van die uitspattighede van die land se elite te kritiseer.

Die regering het vroeër probeer om die volk te oorreed tot kalmte, en belowe om ‘n geraamde $8 miljard ‘n jaar vir openbare werke aan te wend. Dié skuif het nie die protes gekeer nie.

Die laaste twee dae het owerhede provocateurs gewaarsku teen saamtrekke om onrustigheid aan te hits; die land het ‘n lang en ongelukkige geskiedenis van staatsgrepe.

“Dit het duidelik geword aan die regering en alle welmenende Nigeriërs dat ander belange protes teen die proses van implementering van deregulering gekaap het… Hierdie belangegroepe soek verdeeldheid, anargie en wil onsekerheid bevorder tot nadeel van die openbare vrede,” het president Jonathan in ‘n toespraak op die staatsbeheerde Nigeriese Televisie gesê.

Minstens 10 mense is dood en meer as 600 ander gewond tydens die pas afgelope stakings.

Soldate het groot paaie en padaansluitings oor die hele Lagos beset, waar 15 miljoen mense woon, asook Kano, Nigeria se tweede grootste stad.

Die soldate in Lagos het hulle aanvalsgewere oor hul skouers gedra, en voornemende oproermakers met bajonette geheg aan hul aanvalsgewere voorgekeer. Hulle het aan die betogers gesê om terug te gaan vanwaar hulle kom.

Hulle het skote in die lug afgevuur en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag Geweerskote se eggo op een snelweg is gehoor.

Intussen het die owerhede in Lagos ook sommige van die buitelandse media geteiken. Beamptes van die Staatsveiligheidsraad, Nigerië se geheime polisie het Maandag ‘n klopjag op ‘n kantoor wat deur die BBC en CNN gebruik word uitgevoer, het getuies gesê. Marilyn Ogar, ‘n veiligheidspolisie-woordvoerder, het gesê sy het geen inligting oor die optrede nie.

Nigerië is die vyfde grootste ru-olie verskaffer aan die VSA.

Chevronwoordvoerder Scott Walker het gesê ‘n brand het vroeg Maandagoggend by een van hulle olie-installasies uitgebreek. Regeringsamptenare blameer die brand op ‘n industriële ongeluk.

Chevron het nie dadelik sê wat die brand veroorsaak het nie. Nigerië se regering meen egter ‘n “gas kick”, ‘n groot opbou van gasdruk in die boor, was verantwoordelik.

topcargo

Clinton reis na gespanne Wes-Afrika

Die Amerikaanse sekretaris van buitelandse sake, Hillary Rodham Clinton, het hierdie week oor die stand van demokratiese vooruitgang in Wes-Afrika besin na ‘n intense jaar van diplomasie na aanleiding van die Arabiese Lente.

In talle Wes-Afrikalande is groot dele van hulle bevolkings Moslem. Die toestand in Nigerië bly gespanne na die tweede week van geweld oor hoë brandstofpryse, wat deur die onderskeie godsdiensgroepe asook kriminele uitgebuit is.

Pres. Goodluck Jonathan het in ‘n TV-uitsending aangekondig dat die brandstofprys verlaag sal word in ‘n poging om die dreigende burgeroorlog in sy land hok te slaan.

Die hele streek se pogings met veelparty-regerings en die oppergesag van die reg het gekom met rukke en stote, en dikwels op die rug van politieke geweld.

In Liberië, is Ellen Johnson Sirleaf vir ‘n tweede termyn verkies, tydens ‘n stemmery wat waarskynlik vry en regverdig verklaar sou gewees het as die leier van die opposisie nie ‘n boikot uitgeroep het, en Sirleaf gedwing het om onbestrede te staan nie.

Clinton het Maandag Sirleaf se inhuldigingseremonie bygewoon en haar sterk ondersteuning aangebied. Die Amerikaanse sekretaris ontmoet Dinsdag die presidente van die Ivoorkus en Togo, en die Eerste Minister van die Kaap Verde.

Фильчаков Харьков

Zuma se broerskind in DRK vir olie

Twee maatskappye wat aan die sakeman Khulubuse Zuma behoort, boor vir olie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, berig die Sunday Times. Hy is president Zuma se broerskind.

Zuma jnr. se maatskappye, Caprikat and Foxwhelpm is in die Britse Maagde-eilande geregistreer en het volgens die Britse waghond-groep in die oliebedryf, Platform, in die ooste van die DRK begin boor, het die koerant berig.

Dít is ook deur Michael Hulley, Zuma se regsadviseur, bevestig.

“As jy enigeen daar vra, sal hulle jou sê die gebied is bekend vir olie wat daar voorkom, maar die feit van die saak is dat daar sekere stappe is wat jy moet neem. Ons is besig met daardie stappe,” het Hulley gesê.

Zuma, president Jacob Zuma se broerskind, het in 2010 $6 miljoen (nagenoeg R48 miljoen) vir twee oliekonsessies in die land betaal.

Die gebiede behoort sedert 2006 aan die Ierse groep Tullow.

Tullow het teen Zuma se heraanstelling geveg maar was onsuksesvol.

лобановский депутат

‘Slegs Wit’

‘n Inwoner van Cincinnati in die VSA het glo anti-diskriminasie wette oortree het nadat sy ‘n “Slegs Wit” bordjie buite haar swembad aangebring het.

Sy het Donderdag ‘n appèl by die Ohio se Burgerregtebewegingkommissie verloor.

Die beslissing baan die die weg vir moontlike staatsiviele aanklagte en kompenserende en bestraffende skadevergoedingseise.

Die kommissie het beslis dat die teken, wat lees “Openbare Swembad, Slegs Wit,” diskriminasie wette skend, en die verhuurder Jamie Hein se eis dat dit net ‘n dekoratiewe en verouderde bordjie is, verwerp.

Die kommissie se uitspraak het gevolg op ‘n klagte deur Michael Gunn, ‘n voormalige huurder wat sy 10-jaar-oue bruin dogter na die swempartytjie op Hein se eiendom wou bring wat deur sowat 20 ander gaste bygewoon is.

Gunn het gesê Hein het hom later gevra oor die “chemikalieë” wat sy dogter vir haar hare gebruik en die meisie, die enigste nie-Kaukasiër by die partytjie, beskuldig daarvan dat sy die swembadwater “vertroebel”.

Gunn het aan die kommissie gesê ongeveer ‘n week later het hy die “Slegs Wit” teken by die swembad opgemerk. Hy het gesê hy en sy verloofde het besluit om onmiddellik iets te doen sodat “my dogter nie blootgestel word aan die teken en vernedering nie”.

As deel van die kommissie se ondersoek, het Gunn kopieë van die tekste wat hy beweer Hein gestuur het na sy verloofde, voorgelê. Daarin blameer Hein die “vet” in sy dogter se hare vir die troebel toestand van die swembad.

Na ‘n ondersoek na die bewerings en “informele pogings om die saak op te los,” het die Kommissie in September bevind dat Hein die wet oortree het.

Hein het weer appèl aangeteken, maar nóg sy nóg haar prokureur het die verhoor Donderdag bygewoon.

Фильчаков прокурор харьков

VSA ontken betrokkenheid by moord op kernwetenskaplike

Die VSA het Donderdag ontken dat hy betrokke was by die moord op ‘n Iranse kernwetenskaplike in Teheran.

Volgens berigte in Iran is Moestafa Ahmadi Roshan en sy bestuurder Woensdag in ‘n ontploffing gedood nadat twee verdagtes op ‘n motorfiets ‘n kleefmyn aan Roshan se motor geheg het.

Roshan was ‘n chemikus en direkteur van die Natanz­uraanverrykingsaanleg, die grootste in sy soort in dié land.

Sy moord word beskou as ‘n aanduiding dat daar toenemende geheime pogings is om Iran se kernprogram te stuit.

Die sluipmoord op Roshan volg op ‘n jaar van hernude spanning in betrekkinge tussen Iran en die VSA. Dit sluit in nuwe Amerikaanse sanksies teen Iran, dreigemente om Amerikaanse skepe uit die Persiese Golf te verbied, die doodstraf wat Iran vroeër vandeesweek aan ‘n Amerikaanse burger opgelê het en die uitbreiding van Iran se uraanverry­­­kingsprogram.

Amerikaanse amptenare het Donderdag gesê hulle het niks met Roshan se dood te make gehad nie.

“Ek ontken ten sterkste dat Amerika enigsins betrokke is by enige voorval van geweld in Iran,” het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, hier gesê.

“Ons glo daar moet ‘n verstandhouding wees tussen Iran, sy buurlande en die internasionale gemeenskap vir die beëindiging van sy uitdagende gedrag, om sy soeke na kernwapens te staak en weer ‘n produktiewe lid van die internasionale gemeenskap te word.”

Die moord op Roshan was ‘n dag nadat Israel se militêre hoof, lt.genl. Benny Gantz, luidens berigte aan ‘n parlementêre komitee gesê het 2012 gaan deurslaggewend vir Iran wees, deels as gevolg van “onnatuurlike dinge wat met hom gaan gebeur”.

Ander Israelse amptenare het gesinspeel op geheime operasies teen Iran sonder om dit regstreeks te erken.

“Baie slegte dinge het onlangs met Iran gebeur,” het Mickey Segal, ouddirekteur van die Israelse weermag se Iranse intelligensiedepartement, gesê.

Iranse amptenare het Israel die skuld gegee.

Die moord op Roshan is soortgelyk aan vroeëre moorde op wetenskaplikes wat aan Iran se uraanverrykingsprogram gewerk het.

Iran blameer die Mossad van Is­rael, die CIA van Amerika en die Britse MI6. Dié drie ontken dit.

Фильчаков прокурор