Oz-spioenasiehoof waarsku selfs teen ‘blond met blou oë’

Die hoof van Australië se binnelandse spioenasie-agentskap het gesê dat hy meer rekrute van nuwe immigrantegemeenskappe, veral onder die Moslems, soek, om die gevare van ‘n aanval op eie bodem te bestry.

David Irvine, hoof van die Australiese Security Intelligence Organisation (ASIO), het gesê daar is ‘n “regte en aanhoudende bedreiging” van ‘n plaaslike ekstremistiese aanval, met ‘n “kommerwekkende tendens van tuisgemaakte terrorisme.”

Daar was drie groot aanvalle oor die afgelope dekade wat “die werk was van tuisgroepe, met min of geen direkte kontak met Al-Kaida of sy oorsese affiliasies nie”, en 23 veroordelings vir ekstremistiese misdade wat afgeweer is.

Alhoewel simbolies, het Irvine gesê dat die dood die laaste jaar van Osama bin Laden en die Jemeens-Amerikaanse imam Anwar Al-Awlaki min gedoen het om die gevare te verminder, en die verdieping van bande met Australië se baie en diverse etniese groepe is die sleutel.

“ASIO moet meer mense van binne ons nuwe aankomelinge in immigrante-gemeenskappe werf,” het Irvine gesê in ‘n rare openbare toespraak Dinsdagaand in Sydney .

“Die behoefte bestaan dat ASIO nog beter moet uitreik na ons verskillende etniese gemeenskappe, veral Australiese Moslem-gemeenskappe.”

Maar hy beklemtoon dat Islam nie die vyand is nie, en het gevra dat Australiërs hulself moet weerhou daarvan om sekere groepe as ‘n geheel vir ‘n “klein aantal buitestaanders of ontevredenes” onder hulle te blameer.

“My konstante boodskap aan ons gewaardeerde Islamitiese gemeenskap is baie eenvoudig:” ASIO is nie teen Islam nie, dit is teen terrorisme, teen terrorisme wat beide Moslems en nie-Moslems tegelyk dood,” het Irvine gesê.

“Om ons gemeenskaplike doel van ‘n veilige en harmonieuse gemeenskap te bereik, het ons nodig om met julle saam te werk.”

Hy het die twee aanvalle in Noorweë deur die anti-Islamitiese Anders Behring Breivik aangehaal as ‘n herinnering dat “die bedreiging vir ons mense uit verskillende rigtings kan kom, en in verskillende gedaantes – selfs van diegene wat blond is en blou oë het.”

Die spioenasiehoof het toegegee dat dit “nie altyd maklik is” om vertroue te bou binne immigrantegroepe nie want “baie van hierdie gemeenskappe kom uit lande waar daar ‘n goeie rede was om baie bang vir die intelligensie dienste te wees.”.

“Uiteindelik egter kan baie potensiële terroristebedrywighede vermy word omdat ASIO en wetstoepassing in staat is om met die gemeenskappe saam te werk, op die basis van wedersydse vertroue en begrip,” het Irvine gesê.

“‘n Groot deel van ASIO se intelligensie kom van binne hierdie gemeenskappe.”

Александр Фильчаков

Iran, die tydbom tik

Die besluit om ‘n EU-olie-embargo op Iran in te stel, is Maandag deur die Europese ministers van buitelandse sake ooreengekom. ‘n Potensiële tydbom tik, wat op 1 Julie kan ontplof.

Op daardie dag, volgens die pakket van sanksiemaatreëls op die tafel in Brussel, sal Europa nie meer olie uit Iran invoer nie, sowat ‘n vyfde van die land se totale uitvoere. Teen ongeveer dieselfde tyd, sal Amerikaanse sanksies gerig teen die globale finansiering van Iran se olie ook inskop.

Iran sal dan nog steeds uitvoer na sommige lande in Asië, maar teen groot afslag.

In teenstelling met vorige sanksies teen Iran, sal die olie-embargo byna alle burgers tref en verteenwoordig ‘n bedreiging vir die regime. Teheran het lank reeds gesê dat sulke optrede ‘n oorlogsverklaring verteenwoordig, en daar is regskenners in die Weste wat saamstem met Iran se ontleding.

Die bedreiging van ‘n direkte botsing in die Golf oor die naweek is afgeweer toe die USS Lincoln-vliegdekskip en sy taakmag, insluitend die Britse fregat HMS Argyll en ‘n Franse oorlogskip, deur die Straat van Hormuz gereis het sonder voorval.

Dit was ten spyte van waarskuwings vroeër hierdie maand van Iran teen die terugkeer van ‘n Amerikaanse draer van die streek.

Maar spanning bou met die jongste oliesanksiebenaderings. Die VSA het reeds begin om sy militêre teenwoordigheid in die streek te verstrek, en die Fars nuusagentskap het vroeër hierdie maand oefeninge met die kodenaam “die Groot Boodskapper”, afgekondig wat anders sal wees as die vorige oorlogspeletjies, sonder om in detail te gaan.

Die Straat van Hormuz is die kinkel in die kabel, in dele slegs 2 km breed, binne Iran se territoriale waters.

Dit is waar olietenkers baie kwesbaar is vir ‘n poging om die globale petrolpomp af te skakel.

Maar dit is ‘n beslis tweesnydende swaard, potensieel meer dodelike vir Iran as vir sy teëstanders. Want terwyl Saoedi-Arabië die seestraat kan omseil mbv ‘n pyplyn, sit elkeen van Iran se olieterminale wes van die verstikpunt. Iran sal afgesny sy eie lewensbloed wees, wat verantwoordelik is vir meer as 60% van sy ekonomie.

Verder het die VSA dit duidelik gemaak dat ‘n onderbreking van die seeverkeer in die Golf s’n “rooi lyn” sal wees, wat met oorweldigende militêre reaksie teen Iran se kernaanlegte begroet sal word.

Tot nou toe het die Amerikaanse weermag aanvalle op die kernprogram uitgesluit. Maar as die VSA in elk geval oorlog oor olie voer, sal die koste-voordeel-ontleding uiteraard verander.

Dus is die sluiting van die seestraat selfmoord, ‘n oefening in die uiterste selfopoffering deur Iran, en onwaarskynlik.

Daar is nietemin ‘n spektrum van opsies, en vorme van teistering wat die olieprys sal beïnvloed sonder om ‘n casus belli wees. Maar die uitoefening van die opsies vereis subtiliteit en fyn oordeel aan alle kante. Die VSA, Europa en Iran weet dit goed.

Die laaste keer dat Iran en Amerika mekaar in hierdie spesifieke gedeelte van die waters uitgedaag het, in 1988, het ‘n Cruisermissiel van die USS Vincennes ‘n Airbus van Iran afgeskiet en die dood 290 burgerlikes waaronder 66 kinders, veroorsaak.

Daar is geen twyfel die oorweldigende vuurkrag tot Amerika se beskikking nie. Die Amerikaanse Vyfde Vloot, wat die Golf te patrolleer, is daar en die Pentagon het rustig sy weermag wat uit Irak onttrek het, se teenwoordigheid in Koeweit aangevul. Die Los Angeles Times het berig daar is nou 15 000 troepe daar, insluitend twee brigades van die weermag en ‘n helikopter-eenheid. Die VSA word ook ondersteun deur die aansienlike vlootteenwoordigheid van die Britse vloot en Golfbondgenote.

Die skaduwee van Iran Air 655 hang oor die huidige spanning, as ‘n herinnering van hoe die wêreld se magtigste en mees gevorderde weermag nie noodwendig gaan terugstaan vir reëls nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Obama se geboortesertifikaat

‘n Regter in Georgia in die VSA het beveel dat president Barack Obama in die hof verskyn hierdie week om te bewys of hy as ‘n Amerikaanse burger kwalifiseer om president te wees aangesien hy nie in die VSA gebore is nie.

Dit is die jongste saak deur die sogenaamde “birther” beweging wat sê Obama is oorsee gebore en nie in die VSA nie.

Hoewel dit is onduidelik is of ‘n hof ‘n sittende president kan dwing om in ‘n hof te verskyn, het Georgia se adjunkhoofregter Michael Malihi ‘n mosie deur die president se regshulp geweier om ‘n dagvaarding wat vereis dat Obama verskyn, nietig te verklaar.

Die klagte is bedoel om Obama se naam van die staat se stembrief in die Maart presidensiële primêre verkiesingsrondte af te hou.

Orly Taitz, ‘n Kaliforniese advokaat wat die regsgeding aanhangig gemaak het, het gesê sy verwag dat die president se regspan sy verskyning in die Georgiahof sal beveg, maar deur dit te doen sal hy sy kwesbaarheid ontbloot.

‘n Obama-veldtogamptenaar het gesê die saak sal waarskynlik nie voortgaan nie.

“Soos howe regoor die land gewys het, het hierdie saak geen meriete nie en enige pogings om die president se persoonlike betrokkenheid af te dwing sal misluk,” het ‘n verklaring gelui.

Intussen het birthers dokumente vrygestel waarin die president se geboortebesonderhede duidelik nie so eenvoudig is as wat die Obama-kamp wil voorgee nie.

“Barack Hussein Obama is in die Algemene Hospitaal, Mombasa, Kenia, gebore om 07:21 op 4 Augustus 1961. Vier dae later het sy ma na Hawaii gevlieg en sy geboorte in Honolulu geregistreer as ‘n lewende geboorte maar op die sertifikaat is die plek en die hospitaal van geboorte weggelaat.”

‘n Britse geskiedeniskundige het die koloniale registrateur vir Mombasa in 1961 na slegs ‘n paar minute van navorsing opgespoor. Sir Edward F. Lavender is dieselfde amptenaar wat die geboorte in Mombasa geregistreer het.

Die bron is die Kenia Dominion Rekord 4667 van die Australiese biblioteek.

Die bogenoemde dokument waarop die birthers staatmaak is nie ‘n gewaarmerkte afskrif van die registrasie van geboorte nie, maar glo die werklike sertifikaat van geboorte.

Die Mombasa se registrateur van geboortes het reeds getuig dat Obama se geboortesertifikaat van die Algemene Hospitaal in Mombasa eg is.

Hierdie afskrif is verkry deur Lucas Smith deur die hulp van ‘n Keniaanse kolonel wat onlangs dit direk van die betrokke hospitaal in Mombasa, Kenia, verkry het.

Die plaaslike Moslem Imam in Mombasa, het aan Barack sy naam asook sy Moslem-middelnaam Hussein, gegee sodat sy amptelike naam op hierdie sertifikaat as Barack Hussein Obama II gegee word.

Die ouma van Barack Hussein Obama, onthul die storie van sy geboorte in Mombasa, Kenia, nadat sy ma kraampyne gehad het terwyl sy geswem het by Ocean Beach in Mombasa.

“Sy ma kon nie vlieg nie as gevolg van haar nege maande swangerskap. Dit was ‘n warm Augustusdag by die Moslemfees en die Obamas is na die strand toe om af te koel. Terwyl sy geswem het in die see het sy ma kraampyne ervaar en is inderhaas na die Coast Provinsiale Algemene Hospitaal, Mombasa, Kenia, waar Obama ‘n paar uur later om 19:21 gebore is op 4 Augustus 1961.

Vier dae later het sy ma na Hawaii gevlieg en sy geboorte in Honolulu geregistreer as ‘n sertifikaat van lewende geboorte maar die plek en die hospitaal van geboorte is weggelaat.”

Die geboortesertifikaat is eg, sê Keniaanse owerhede en sê dit sal bekragtig word deur ‘n forensiese ouditeur. “Ons is baie trots dat Obama hier gebore is.”

“Ons het ‘n heiligdom vir hom geskep en daar is baie mense wat sy geboorte onthou hier, want hy het ‘n wit moeder gehad.”

Daar is selfs foto’s van sy ouers met hom dadelik na sy geboorte by die Mombasa-hospitaal met die hospitaal in die agtergrond.

Dan is daar voorts ‘n registrasiedokument beskikbaar gestel op Jan 24, 2007, deur die Fransiskus Assisi-skool in Jakarta, Indonesië, wat die registrasie van Barack Obama, onder die naam Barry Soetoro deur sy stiefpa, Lolo Soetoro, wys.

Naam: Barry Soetoro
Geloof: Islam
Nationaliteit: Indonesies

Die vraag is nou hoe hierdie Moslemkind, ene Barry Soetoro, (eintlik Barack Obama) met die vreemde nasionaliteit, president van die Verenigde State van Amerika kon word?

Die groep “Amerikaners vir vryheid van inligting” het vroeër afskrifte van president Obama se transkripsies van die Occidental College vrygestel.

Die transkripsie dui aan dat Obama, onder die naam Barry Soetoro, finansiële hulp ontvang het as ‘n buitelandse student uit Indonesië, terwyl hy voorgraads by die skool was.

Die transkripsie is vrygestel deur die Occidental College in ooreenstemming met ‘n hofbevel van die Hoërhof van Kalifornië.

Die transkripsie toon dat Obama (Soetoro) vir finansiële hulp aansoek gedoen het en ‘n beurs vir buitelandse studente van die Fulbright-Stigting se beursprogram ontvang het.

Om in aanmerking te kom vir hierdie beurs moet ‘n student aanspraak maak op buitelandse burgerskap. Daar is geen rekord van hom wat ooit aansoek gedoen het vir Amerikaanse burgerskap nie.

Gary Kreep van die Verenigde State Justice Foundation het in ‘n studie beraam dat Obama reeds meer as $950.000 van sy veldtogfondse spandeer het in die afgelope jaar met elf regsfirmas in 12 state om die bekendmaking van enige van sy persoonlike rekords te keer.

Kreep het aangedui dat die ondersoek nog aan die gang is, maar dat die finale verslag aan die Amerikaanse prokureur-generaal, Eric Holder oorhandig sal word. Holder het geweier om kommentaar oor hierdie saak te lewer.

Intussen het Google alle verwysings na Obama se kokaïenverslawing verwyder. Obama het self daarna verwys in sy biografie, maar dit is intussen gesensureer.

Pornografiese foto’s van Obama se moeder is ook van verskeie webwerwe afgehaal. Sy was op haar dag ‘n pornomodel.

Фильчаков прокурор отзывы

Die einde van die wêreld

“In ‘n oogwenk kan enigiets gebeur,” sê Patty Tegeler. “En ek glo vas jy moet voorbereid wees.”

Tegeler is deel van ‘n groeiende subkultuur van Amerikaners wat na hulself verwys as “preppers.” Sommige word gedryf deur ‘n vrees van ‘n dreigende maatskaplike ineenstorting, ander is bekommerd oor terrorisme, en baie het ‘n vae bekommernis dat ‘n toenemende reeks van natuurrampe kan lei tot ‘n soort van alegemene omgewingsramp.

Hulle volg in die voetspore van die hippies in die 1960’s wat kommunes opgerig het om hulself af te skei van wat hulle gesien het as ‘n materialistiese samelewing, en die oorlewingskundiges in die 1990’s wat gehoop het om ‘n toenemend sekulêre en onderdrukkende staat te ontsnap.

Preppers is nie bekommerd oor die regering nie.

Tegeler, 57, het haar huis in die landelike Virginia in ‘n “oorlewingsentrum” omskep, kompleet met ‘n groot kragopwekker, draagbare verwarmers, watertenks, en ‘n twee-jaar voorraad van vries-gedroogde kos wat haar suster onlangs vir haar gegee het as ‘n verjaarsdaggeskenk. Sy sê in geval van nood, kan sy vir ‘n onbepaalde tyd oorleef in haar huis. En sy dink die nood kan gou kom.

“Ek dink die ekonomie is besig om uitmekaar te val,” het sy gesê.

‘n Wye verskeidenheid verskaffers bemark produkte aan preppers, hoofsaaklik aanlyn. Hulle verkoop alles van watertenks, gewere en oorlewingsvaardighede.

Konserwatiewe radiogasheer Glenn Beck herhaal preppers se boodskap as hy aan luisteraars verkondig: “Dit is nooit te laat om voor te berei vir die einde van die wêreld soos ons dit ken nie.”

“Ongelukkig, gegewe die toenemende kompleksiteit en broosheid van ons moderne tegnologiese samelewing, is die kanse van ‘n maatskaplike ineenstorting jaar na jaar besig om te verhoog,” sê die outeur James Wesley Rawles, wie oorlewingsblog beskou word as die leidende een van die prepper-beweging.

‘n Voormalige Weermag intelligensie-beampte, skryf Rawles fiksie en nie-fiksie-boeke oor die einde-van-beskawing onderwerpe, insluitende hoe om die einde van die wêreld te oorleef soos ons dit ken, die preppers se Bybel.

“Ons kan ‘n vloed van hoër rentekoerse sien, aangepaste marges, ‘n aandelemark wat in duie stort, banke wat val, valutaherwaardasies, massastraatprotes en onluste,” het hy aan Reuters gesê. “Die ergste eindresultaat sal ‘n Derde Wêreldoorlog wees, massa-inflasie, valuta wat in duie stort, en langtermyn kragnetwerkineenstortings.”

‘n Sin van “lyding en vrees” is gewoonlik aan die wortel van hierdie soort van denke, volgens Cathy Gutierrez, ‘n kundige op die gebied van eindtye-oortuigings. Sulke gevoelens is nie onnatuurlik in ‘n tyd van ekonomiese resessie en kommer oor groeiende nasionale skuld nie, het sy gesê.

“Met ons huidige afhanklikheid van elektriese netwerke en toegang tot die Internet, dinge wat mense absoluut geen beheer oor het nie, is daar ‘n gevoel dat ‘n ineenstortingscenario maklik na vore kan kom, met ‘n oortuiging dat die einde kom,” het sy aan Reuters gesê.

Sy vergelyk die belangrikste tegnologiese ontwikkelings van die afgelope dekade met die industriële rewolusie van die 1830’s en 1840’s, wat gelei het tot die groei van die Millerites, die 19de-eeuse ekwivalent van die preppers. Volgelinge van die charismatiese prediker Joseph Miller, het alles verkoop omdat hulle geglo het dat die tweede koms van Jesus Christus in 1844 sal geskied.

Baie van vandag se preppers ontvang inspirasie uit die internet, verslind inligting gepos op webtuistes soos dié van Michael T. Snider, wat die ekonomiese ineenstorting voorspel op sy blog wat hy uit sy huis in die noorde van Idaho bedryf.

“Moderne preppers verskil van die survivalists van die ou dae,” het hy gesê. “Jy kan woon langs ‘n prepper en nooit eers weet dit is een nie. Spaarkamers word kosstore en hulle gaan vir oorlewingsopleiding oor die naweke.”

Soos ander preppers, is Snider bekommerd oor die einde van ‘n funksionerende Amerikaanse ekonomie. Hy wys daarop dat miljoene Amerikaners op voedselkoepons leef en dat baie Amerikaanse kinders wat in armoede leef.

“Die meeste mense het ‘n gevoel dat iets verskriklik verkeerd gegaan het, maar dit beteken nie dat hulle verstaan ​​wat gebeur nie,” het hy gesê. “Baie Amerikaners weet dat ‘n massiewe ekonomiese storm aan die kom is en hulle wil voorbereid wees vir dit.”

Dus, met die veronderstelling dat daar geen ineenstorting van die samelewing gaan plaasvind nie – wat die preppers “uncivilization” noem – wat is die toekoms van die preppers?

Gutierrez sê dat in teenstelling met die Millerites, of volgelinge van radioprediker Harold Camping, wat die wêreld se einde verlede jaar voorspel het, het preppers geen datum vir die komende vernietiging nie. Die Maja-kalender voorspel vreeslike dinge hierdie Desember, terloops.

Tegeler het gesê dat nie een van haar “oorlewingsentrum” se produkte verlore sal gaan nie.

“Ek dink net dit is dom om onvoorbereid te wees,” het sy gesê. “Na alles, kan enigiets gebeur.”

 

Данильченко Юрий Брониславович

Kernwoelinge, VSA en Japan

Die Amerikaanse vliegdekskip USS Abraham Lincoln het deur die Straat van Hormuz gevaar na die Golf, ten spyte van dreigemente deur Iran, het die media Maandag berig.

Die draer is vergesel deur Britse en Franse oorlogskepe toe dit Sondag in die Golf ingevaar het, het die Amerikaanse uitsaaier CNN berig.

Die Verenigde State het tans twee vliegdekskepe in die Golf – die USS Abraham Lincoln en die USS Carl Vinson – na die herontplooiing van die USS John Stennis twee weke gelede in die Stille Oseaan.

Iran het gewaarsku dat die VSA nie ‘n ander draer na die Golf moet stuur nie.

Tehran het gedreig om die Straat van Hormuz te sluit, wat ‘n aansienlike deel van die globale olie-uitvoere hanteer, indien Westerse sanksies ingestel word om Iran se kernprogram in te kort.

Die VSA het gereageer deur te dreig om militêre geweld te gebruik.

Op die ander kernfront het die liggaam wat gestig is om Japan se ontvouende atoomramp by Fukushima te bestuur, geen rekords van sy vergaderings nie, het ‘n amptenaar Maandag gesê.

Die regering se kernramptaakmag, onder leiding van die destydse Eerste Minister Naoto Kan en al sy ministers, het geen notule van die vergaderings wat die ontruiming van mense naby die beskadigde reaktore goedkeur nie.

Die sekretariaat vir die taakmag is op 11 Maart van stapel gestuur, en het gesê dit hou geen notule van die vergaderings nie, ook nie van die verbod van voeding uit die gebied nie.

“Ja, dit is waar,” sê ‘n agentskap-woordvoerder, sonder om verder uit te brei.

Die bevestiging het gekom na ‘n openbare uitsaaier Sondag gesê het dat die agentskap versuim het om die uitwisseling en besluitneming op te neem in die vergaderings omdat amptenare te besig was.

Die kabinet, in beheer van alle openbare rekords, het gesê die agentskap het gesê hulle sal bestudeer wat gedoen kan word om ‘n skriftelike rekord van die besluitnemingsprosesse te skep.

“Ons moet weer oor die proses van besluitneming en hoe inligting verwerk word, besin,” het hy gesê.

Die regering is gekritiseer nadat die Fukushima Daiichi-kernkragsentrale ineengestort het ná hul verkoelingstelsels deur die tsunami van Maart 11 2011, beskadig is na ‘n massiewe aardbewing.

Фильчаков прокурор харьков

‘Naweek van terreur’ eis byna 200

Minstens 11 mense het Sondag gesterf in nóg aanvalle in die noorde van Nigerië, waarna die dodetal van die naweek minstens 191 is.

Bomontploffings kort na mekaar het twee dae vroeër die gebied geruk.

Volgens beamptes het gewapende mans twee kerke en ‘n polisie-kontrolepunt Sondag in die dorp Tafawa Balewa geteiken.

Dit is nog nie duidelik of die aanvalle deur militante van Boko Haram geloods is, of deur plaaslike inwoners wat in etniese konflik betrokke is nie.

Vyf lede van die radikale Islamistiese sekte Boko Haram is Sondag in die olieryke stad Port Harcourt in hegtenis geneem. Intelligensiebeamptes sê hulle wou sekuriteitsbeamptes en olie-aanlegte aanval.

Die naweek se geweld is die ergste nóg wat aan Boko Haram toegeskryf kan word. Die groep het ook verantwoordelikheid aanvaar vir bomontploffings op Kersdag verlede jaar en ‘n aanval in Augustus op die VN-hoofkantoor in Abuja.

Die groep het Saterdag gesê die vorige dag se aanvalle in die noordelike stad Kano, waarin minstens 180 mense dood is, wraakaanvalle was “teen die regering, die wetstoepassers en die Christelike Vereniging van Nigerië, want hulle het ons geslag”.

President Goodluck Jonathan het Sondag die aanvalle veroordeel. “Dit is met ‘n hart vol hartseer en pyn wat ek my medelye uitspreek teenoor die families en vriende van almal wat hul lewens verloor het,” het hy namens die regering gesê en bygevoeg dat die regering nie met “gevoude arms” sal toekyk nie.

лобановский александр компромат

Vyf Marokkane steek hulself aan die brand

Vyf werklose Marokkaanse mans het hulself aan die brand gesteek in die hoofstad Rabat as deel van wydverspreide betogings in die land oor die gebrek aan werksgeleenthede, veral vir universiteit-gegradueerdes, het ‘n menseregte-aktivis gister gesê. Drie is erg verbrand en in die hospitaal.

Self-opoffering is ‘n taktiek van protes in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sedert ‘n groente-verkoper in Tunisië homself aan die brand gesteek in Desember 2010 om protes aan te teken teen polisie-teistering. Dié gebaar word allerweë beskou as die eerste vonk wat gelei het tot soortgelyke bewegings elders in die streek om die Arabiese lente aan te kondig.

Die Marokkane is deel van die “werklose gegradueerdes” beweging, ‘n los versameling van verenigings regoor die land. Die betogings word dikwels met geweld deur die polisie onderdruk en in sommige dorpe en stede het dit gelei tot volgehoue ​​botsings.

Terwyl die amptelike werkloosheidskoers slegs 9,1 persent nasionaal is, het dit gestyg tot sowat 16 persent vir gegradueerdes.

Ongeveer 160 lede van die beweging beset reeds ‘n administratiewe gebou van die ministerie van Hoër Onderwys vir die afgelope twee weke in Rabat as deel van hulle protes. Ondersteuners het vir hulle bring kos gebring tot twee dae gelede toe veiligheidsmagte hulle gestop het.

“Die owerhede het hulle verhinder om kos en water te kry en toe het vyf mense na buite gegaan om kos te kry en gedreig om hulself aan die brand te steek indien hulle voorgekeer word,” sê Youssef al-Rissouni van die Marokkaanse Vereniging vir Menseregte.

Van die drie wat gehospitaliseer is, is twee in ‘n ernstige toestand, terwyl die ander twee het net hul klere geskroei het, het hy bygevoeg.

Video’s van die voorval is op die internet versprei.

Marokkane het ‘n nuwe Islamitiese regering in November gekies.

александр лобановский харьков класс

Charles Taylor was ‘n CIA-agent

Charles Taylor van Liberië, die eerste Afrikastaatshoof wat vir oorlogsmisdade vervolg word deur ‘n internasionale geregshof, het vir die CIA gewerk, het die Boston Globe hierdie week berig.

Die verslag, wat gebaseer is op inligting wat beskikbaar gestel mag word na ses jaar, beweer dat Taylor vir jare lank ‘n verhouding met die Amerikaanse spioenasie-agentskap gehad het, alhoewel die besonderhede van wat hy eintlik gedoen het, onduidelik is.

“Die Pentagon se reaksie op die Globe was om te verklaar dat die besonderhede van Taylor se rol in die spioenasie-agentskap vervat is in dosyne geheime verslae – ten minste 48 afsonderlike dokumente – wat etlike dekades geduur het maar die presiese duur en omvang van die verhouding bly verborge,” het die dagblad gesê.

Die voormalige Liberiese president wag op die uitspraak in sy oorlogsmisdaadverhoor by die spesiale hof vir Sierra Leone in Nederland.

Hy staar 11 aanklagte van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die gesig nadat hy Sierra Leone se Rewolusionêre Verenigde Front (RUF) onwettig bewapen het in ruil vir die myn van sogenaamde “bloed diamante.”

Die Sierra Leone-burgeroorlog het na bewering sowat 120 000 lewens in die 10 jaar tot en met 2001, geëis. RUF-rebelle, wat beskryf word deur die vervolging as Taylor se “surrogaatweermag,” was verantwoordelik vir die verminking van duisende burgerlikes deur hulle ledemate af te kap.

Taylor het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Die Boston Globe se verslag word gerugsteun deur langdurige gerugte van Taylor se werk met die Central Intelligence Agency.

Volgens die verslag, het hy in die vroeë 1980’s vir die agentskap begin werk. Nadat hy aangekla is en die presidentstoel in 2003 verlaat het, het hy openlik in Nigerië geleef, ‘n land wat die Verenigde State as ‘n plaaslike bondgenoot beskou. Hy is uiteindelik in 2006 aan die internasionale hof oorhandig.

Фильчаков прокурор отзывы

Nasionalisme se onstuitbare opmars

Hongarye is byna bankrot en het so skerp na regs geswenk dat die EU regstappe van stapel gestuur het “ter verdediging van demokrasie”. Maar die probleem is veel meer wydverspreid: Nasionaliste is besig om dramaties regoor Oos-Europa veld te wen.

Hongaarse premier Orbán het net wat nodig is gedoen om binne ‘n paar jaar sy land om te keer na ‘n nasionalistiese eenheid. Openbare vryhede en persvryheid is in toom gehou, die demokratiese skeiding van magte nietig verklaar, en ‘n grondwet in die gees van die land se voormalige nasionalistiese leier Miklós Horthy, is deurgevoer.

Hongarye is tans om daardie rede polities geïsoleer in die Europese Unie, en op die rand van nasionale insolvensie. Brussel sien Orbán se grondwetlike hervorming as ‘n skending van EU-wetgewing, en ‘n bedreiging vir ekonomiese hulp. Dit is des te meer ‘n merkwaardige ontwikkeling vir ‘n land wat eers gesien is as ‘n model vir hervorming, om nagestreef te word deur ander lande in die streek.

Orbán self, ‘n eertydse gesiene politikus, lyk nou soos ‘n bedenklike mengsel van Wladimir Poetin en Hugo Chavez sê kritici. En dit omdat hy sy eie mense eerste stel.

Maar die klein politikus uit die klein noordwestelike Hongaarse dorpie van Alcsútdoboz is geensins ‘n spesiale geval nie. Orban en Hongarye verteenwoordig ‘n politieke beweging wat oor die sentrale en suidelike dele van Europa vlamgevat het.

Dis ‘n vuur wat woed met die brandhout wat die euro-krisis verskaf het: Die vernietigende gevolge van 2008 se internasionale finansiële krisis in Oos-Europa, die finansiële en ekonomiese wanbalanse, gespartel met skuld, hoë begrotingstekorte, resessies en werkloosheid.

Maar dit is nie net die brose ekonomieë wat sukkel nie. Baie sentrale en suidelike Europese samelewings se politieke en sosiale stabiliteit vertoon ‘n ander dinamika as in die Weste. Hierdie gebiede het twee dekades van ononderbroke hervormings agter die rug. Baie inwoners is ideologies uitgeput deur die EU se mooipratery, en die weersin teenoor Weste is aan die styg.

“In baie opsigte is dit ‘n proses soortgelyk aan die ontnugtering met sosialisme in die 1970’s en 1980’s in Oos-Europa,” sê die Hongaarse ekonoom László Lengyel. Die antwoord daarop is nasionalisme in gebiede soos dié in die ooste van Pole, Slowakye en Hongarye.

Die hoë verwagtinge wat die Oos-Europeërs met hul toetrede tot die EU gehad het, is nie vervul op ‘n hele aantal gebiede nie, en Brussel sal daarvan moet kennis neem.

Hongarye is ‘n les in die tragedie van samelewings in oorgang. Die elites in die staatsapparaat en die ekonomie is nooit vervang nadat die kommuniste vrywillig mag afgestaan het nie en die veelgeroemde vreedsame rewolusie van 1989-1990, was eintlik in die oë van die kiesers, ‘n suiwer gekonkel.

Na ‘n kort tydperk van euforie oor die einde van die sogenaamde diktatuur, het ‘n klein groepie van die ou-nuwe elite hulself verryk met die dikwels twyfelagtige, kriminele privatisering van voormalige openbare eiendom, en die res van die bevolking daarmee gedwing om ekonomiese en sosiale skokterapie te ondergaan.

Hongarye was die eerste Oos-Europese slagoffer van globalisering, toe baie buitelandse maatskappye verder oos beweeg het. Groot dele van die land se ekonomie, soos die landbou en voedselindustrieë, was te onderontwikkel om die land se toetrede tot die Europese Unie in 2004 te oorleef.

Tussen 2002 en 2010 is nie een van Hongarye se dringende probleme opgelos nie, en dit het aan Orban en sy regse nasionalistiese FIDESZ hulle oorweldigende tweederde verkiesingsoorwinning in April 2010 besorg.

Orbán se beleid moet beskou word as ‘n baie ernstige poging om Hongarye se krisis op te los dmv nasionalisme. Sy model word oor die algemeen in die Weste onderskat. As selfs vier of vyf lande in Oos-Europa dieselfde ding as Orbán doen, het die EU ‘n groot probleem om sy siening af te dwing.

Die EU verloor reeds aansien in Oos-Europa. Van die Baltiese state tot Bulgarye, is daar skaars ‘n Oos-Europese land wat ​​werklik by EU-projekte inval. In die Tsjeggiese Republiek was president Vaclav Klaus nog altyd teen die EU. Onlangs het die stryd oor die EU-fiskale pakt daar gelei tot ‘n regeringskrisis.

In Estland, is weersin aan die groei teen die koste van euroskuld. Na die oorwinning in Maart van die populistiese Robert Fico, het die land weer ‘n regse leier. Roemenië se populistiese Traian Bsescu ondersteun die Verenigde State, eerder as die EU. Intussen het daar onlangs gewelddadige botsings met veiligheidsmagte in Boekarest teen sy regering se soberheidsmaatreëls uitgebreek.

Slegs Pole, die grootste onder die EU se Oos-Europese lande, is nog agter wat hierdie tendens betref. Die nasionalistiese reg en geregtigheid party (PIS) was nog nie in staat om ‘n verkiesing te wen sedert 2007 nie, en in die mees onlangse parlementêre verkiesings in Oktober 2011, het die meerderheid ten gunste van “pragmatiese”, pro-Europese kandidate gestem.

Die voorbeeld van Hongarye toon waarheen hierdie verlies van vertroue in die pan-Europese instellings kan lei: Behalwe Orban se populistiese Fidesz party, staan die ver-regse Beweging vir ‘n beter Hongarye, Jobbik, met 17 persent van die stemme in die 2010 verkiesing sterk tweede.

Byna twee-derdes van die Hongare is van mening dat die invloed van die Jode te groot is in die ekonomie, en dat die Roma het ‘n genetiese vatbaarheid vir kriminaliteit toon.

 

лобановский александр компромат

Italië vier ook ‘n held

Die mees gehate man in Italië wat passasiers op sy noodlottige skip aan hul eie lot oorgelaat het, kaptein Schettino, is aan die kaak stel. Maar Italië vier ook ‘n held: Kaptein De Falco.

Die dramatiese beelde van die omgeslane “Costa Concordia” het regoor die wêreld opslae gemaak. Gedurende die ramp het kaptein Francesco Schettino van die 290-meter skip gevlug, maar Italië se ‘n nuwe held: Gregorio De Falco, het hom tot orde probeer roep.

Die 46-jaar-oue kaptein werk by die hawe-owerheid van Livorno en was aan diens toe die “Costa Concordia” by die Toskaanse eiland Giglio verongeluk het. Verontwaardig, het hy op die drosterkaptein geskree: “Gaan terug aan boord, verdomp!”

Sy aanhoudende gepleit dat Schettino nie die passasiers moet versaak nie, is op die radiokommunikasie wat intussen vrygestel is, vasgelê tesame met die afskuwelike antwoorde van Schettino soos: “Nee, ek is nie aan boord nie omdat die skip sink.”

De Falco het onophoudelik die rampkoördinering behartig gedurende die ongeluk, en die reddingswerk gereël. Selfs sy twee klein dogters Maria Rosaria en Carla wou op ‘n stadium huilend weet of hy nog steeds lewendig is en waar hy hom bevind.

De Falco het later glo gehuil van woede oor Schettino se onbesonnenheid.

“Hy het gehuil van woede,” was die opskrif van die dagblad “La Repubblica” in Rome. Waarop De Falco geantwoord het: “Ja, ek het gehuil, maar ek dink nie dis ‘n swakheid nie. Menslikheid is nie ‘n swakheid nie.”

De Falco kon nie sy woede teenoor Schettino verberg nie: “Gaan aan boord en vertel my hoeveel mense aan boord is – of hulle vroue, kinders en behoeftige mense is.” Vloekend en dreigend het De Falco vanaf die hawe-owerheid probeer om Francesco Schettino tot sy pligte te roep.

Die hele Italië het sy heldedaad gevier: “De Falco vir President” en “Santo Subito” sê hulle op Twitter. De Falco is tans die beter gesig van Italië en Italianers.

Hy staan ​​vir ‘n land wat die nakoming van reëls wil sien, en nie, met verwysing na die sake van die voormalige eerste minister Silvio Berlusconi, vir ‘n piesangrepubliek of soos die Italianers sê, “bunga-bunga” nie.

Maar die land is ongelukkig nog steeds “vol Schettinos”.

Данильченко Юрий отзывы