Romney kry beskerming van Geheime Diens

Mitt Romney het die deelstaat Florida voor sy Republikeinse teenstander Newt Gingrich weggeraap. Sy presidensiële veldtog is intussen in kennis gestel dat hulle nou die beskerming van die Geheime Diens sal geniet, sê bronne binne die party.

Die beskerming word aan die veldtog gebied, nie as gevolg van ‘n spesifieke bedreiging nie, maar as gevolg van ‘n toename in die skaregroottes volgens die bronne wat anoniem wou bly.

Volgens beamptes gebruik Romney ‘n privaatveiligheiddiens van sy eie, en het hy nie die beskerming van die Geheime Diens aangevra nie. Sy veldtogbestuur is genader oor die bykomende beskerming in die weke wat na New Hampshire se primêre ronde gevolg het.

Die geheime diens is belas met die beskerming van presidensiële kandidate benewens die beskerming van president self. Sulke besluite word gemaak deur die departement van “Homeland Security”, in oorleg met die kongresleierskap.

Amptenare van die veldtog en die Geheime Diens het geweier om kommentaar te lewer oor die besluit.

Romney is die enigste huidige Republikeinse kandidaat met die beskerming van die Geheime Diens.

александр лобановский класс

Malema is vir Nederland ‘rede tot sorg’

Die Nederlandse politieke party, die PVV, het ‘n paar antwoorde op hul vrae oor Afrikaners se lot gekry in Den Haag. Die uitlatinge van Julius Malema en sy gewildheid is blykbaar “reden tot zorg” vir die Nederlandse kabinet.

Die Nederlandse ambassade het nog geen verdere melding gemaak van die herhaaldelike sing van die lied ‘Kill the Boer’ soos by die ANC se amptelike 100-jarige vieringe nie, alhoewel hulle klaarblyklik die situasie hier te lande “nauwlettend volgd”.

Die appèluitspraak in Suid-Afrika oor Malema en 5 ander senior Jeugligalede se skorsing wat ‘n week gelede afgehandel is, is nog nie bekend nie.

“Ons sal ‘n perskonferensie hou sodra dit gefinaliseer is,” het die African National Congress se woordvoerder Keith Khoza gesê.

Hy kon nie ‘n datum vir die inligtingsessie gee nie. Dali Mpofu, Malema se prokureur, het gesê indien daar ‘n uitspraak is, sal die media daaroor ingelig word.

“Dit sal mettertyd aangekondig word.”

Die Nederlandse minister van buitenlandse sake het Maandag op skriftelike vrae van PVV’ers Louis Bontes en Johan Driessen geantwoord.

Hieronder die antwoorde:

Geachte Voorzitter,

Hierbij bieden wij u de antwoorden aan op de schriftelijke vragen gesteld door de leden Bontes en Driessen over Julius Malema. Deze vragen werden ingezonden op 23 december 2011 met kenmerk 2011Z27426.

De Minister van Buitenlandse Zaken, De Staatssecretaris van Buitenlandse Zaken,
Dr. U. Rosenthal Dr. B. Knapen

Antwoorden van Dr. U. Rosenthal, Minister van Buitenlandse Zaken en Dr. B. Knapen, Staatssecretaris van Buitenlandse Zaken op vragen van de leden Bontes en Driessen (PVV) over geschorste Julius Malema krijgt provinciale ANC functie.

Vraag 1
Bent u bekend met het bericht ‘Geschorste Malema krijgt provinciale ANC-functie’? Trouw, 22 december

Antwoord
Ja.

Vraag 2
Wat is de exacte status van de schorsing van Julius Malema? Waarom kan Malema, ondanks zijn schorsing, onder nota bene luid gejuich van zijn ANC-partijgenoten lid worden van het provinciaal uitvoerend comité in de provincie Limpopo?

Antwoord
Malema is voor een periode van vijf jaar geschorst als lid van het ANC en de onder het ANC vallende organisaties zoals de Youth League. Malema moet zijn voorzitterschap van de Youth League neerleggen. Malema heeft echter beroep aangetekend tegen de schorsing. Hangende het beroep is Malema gekozen tot lid van het provinciale bestuur van de provincie Limpopo.

Vraag 3
Erkent u dat uw uitspraak: “er zijn stemmen binnen het ANC die pleiten voor een gedwongen herverdeling, maar dat is een minderheid. Een belangrijke voorstander van de gedwongen herverdeling, Malema, is vrij recent nog geschorst”, van 21 december jl. in de plenaire zaal van de Tweede Kamer der Staten-Generaal Handelingen, VAO Landbouw en Ontwikkelingslanden, 21 december 2011 sterk aan kracht heeft ingeboet nu Malema toch een vooraanstaande positie heeft verworven binnen het ANC? Zo nee, waarom niet?

Antwoord
De uitlatingen van Malema en de populariteit die hij geniet geven reden tot zorg. De leiding van het ANC heeft met het besluit tot schorsing van Malema duidelijk gemaakt zijn standpunt niet te delen. De behandeling van het beroep tegen de schorsing van Malema zal door de Nederlandse ambassade nauwlettend worden gevolgd.

Vraag 4
Deelt u de mening, dat, nu wederom blijkt dat Malema, die oproept tot gedwongen nationalisaties, kind aan huis is bij het echtpaar Mugabe en ‘kill the boer’ zingt, een belangrijke rol binnen de socialistische ANC blijkt te hebben, alle Nederlandse ontwikkelingshulp aan Zuid-Afrika per direct moet worden beëindigd? Zo nee, waarom niet?

Antwoord
Nee. Nederland werkt samen met de Zuid-Afrikaanse regering en niet met individuele politici. De Zuid-Afrikaanse regering zet zich in voor nationale eenheid en verzoening en neemt afstand van krachten die verdeeldheid bepleiten. Overigens zal conform gesteld in de ‘Focusbrief ontwikkelingssamenwerking’ van maart 2011 de ontwikkelingsrelatie met Zuid-Afrika in de komende periode worden afgebouwd.

лобановский обыск

Afrika wag in spanning

Die Afrika-Unie se nuwe voorsitter het moeilike uitdagings wat wag. Sondag het die VN-hoof Ban Ki-moon gewaarsku dat ‘n woedende stryd tussen Soedan en Suid-Soedan plaaslike veiligheid bedreig.

Thomas Boni Yayi, die president van Benin, het beloof om te werk vir vrede gedurende sy termyn van ‘n jaar as roterende voorsitter van 54 lande, maar konflik slaan oor die hele vasteland uit.

Ban het gesê beide die Soedanese president Omar al-Bashir en sy Suid-Soedanese eweknie Salva Kiir beskik nie oor die “politieke wil” om grens- en oliegeskille aan te pak nie, nadat die Suide in Julie afgestig het.

“Die situasie in Soedan en Suid-Soedan het ‘n kritieke punt bereik, en dit hou ‘n groot bedreiging vir vrede en veiligheid in die hele streek in,” het Ban aan verslaggewers gesê.

Khartoem en Juba is haaks oor die pyplyntransitofooie om die Suide se olie na die hawe van Soedan te vervoer.

Spanning het ook gestyg oor die twee lande se bestrede grensgebied – wat sny deur olie-velde – asook bewerings oor rebellegroepe wat as kliënte van die onderskeie state optree.

“Die internasionale gemeenskap moet optree, en hulle moet nou optree,” het Ban gesê. “Solank as wat hierdie kwessies steeds onopgelos is, kan spanning slegs toeneem.”

Oorloggeteisterde Somalië, die geweld in Nigerië en die onluste in Senegal na aanleiding van ‘n tagtigjarige president se vasberadenheid om te klou aan mag, sal na verwagting ook aangespreek moet word by die vergaderings in die Ethiopiese hoofstad.

Boni Yayi, wat by Ekwatoriaal-Guinee se president Teodoro Obiang Nguema oorgeneem het as AU-voorsitter, het gesê hy wil “verseker dat vrede terugkom na ons vasteland”.

Boni Yayi, ‘n ekonoom sal na verwagting niks omstrede doen in sy nuwe pos nie, ‘n pos wat hoofsaaklik ‘n seremoniële posisie is.

Daar is egter leiers wat gefokus is op die wedloop vir die blok se mees invloedryke pos, die hoof van die blok se uitvoerende arm, die AU-kommissie.

Terwyl die AU-voorsitterskap roteer tussen Afrika-leiers, en vir een jaar geld, is intense wedywering steeds aan die gang voor ‘n stemmery Maandag om die kommissiehoof te kies.

‘n Geheime stemming sal wys of Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma sal oorneem by Jean Ping. Geen vrou het het nog die AU-kommissiepos gevul nie.

Suid-Afrika het Saterdag gesê hulle is optimisties dat Dlamini-Zuma, voormalige vrou van President Jacob Zuma, Gaboen se Ping, wat die eerste keer in 2008 verkies is, kan ontsetel.

Bronne naby Ping sê hy is vol vertroue dat sý herverkiesing sal slaag, want hy reken op die steun van die Franstalige Wes- en Sentraal-Afrika.

AU-leiers, wat in hul slanke nuwe hoofkwartier vergader, ‘n $200 miljoen wolkekrabber met komplimente van die Chinese regering, is vir hul eerste beraad sedert die dood van die blok se stigter Moeammar Gadaffi, byeen.

Die post-verkiesingkrisis in die Ivoorkus, sowel as die Arabiese Lente het voorsitter Obiang opgesom as “eksterne magte” wat probeer om hul “invloed te perpetueer” in Afrika.

“Afrika moet nie onverskillig staan teenoor eksterne inmenging nie. Afrika moet nie bevraagteken word oor demokrasie, menseregte, bestuur en deursigtigheid in die openbare administrasie nie,” het hy gesê.

Ban het gesê die Arabiese Lente is ‘n “herinnering dat leiers moet luister na hul mense.”

“Onderdrukking is ‘n doodloopstraat. Polisiemag is nie die antwoord vir mense se soeke na waardigheid en geregtigheid nie,” het hy gesê, en ook aandring dat Afrika-leiers gayregte moet respekteer.

Homoseksualiteit is onwettig in die meeste Afrika-lande.

Vorige kritiek het woede van Afrika-leiers ontlok, wat beweer dit is vreemd aan hulle kultuur.

Фильчаков прокурор харькова

Franse waterverslag laat Israel bloos

Israel is onkant gevang nadat die Franse parlement se buitelandse sake-komitee in ‘n verslag gesê het Israel voer ‘n “apartheidsbeleid” mbt die verspreiding van waterbronne in die Wes-Oewergebied.

Die Israeliese ambassade in Parys is nie oor die publikasie van die verslag ingelig nie en het twee weke later eers op die Franse parlement se webwerf uitgevind daarvan.

Die Israelse ministerie van buitelandse sake is na wat berig word onthuts oor die vrystelling en versuim deur hul eie amptenare om die verslag aan te meld.

Die verslag sê water word as ‘n “wapen in diens van die nuwe apartheid” gebruik, omdat Tel Aviv doelbewus waterreservoirs in die Gasastrook in 2008-2009 gebombardeer het.

Die verslag het ook bygevoeg dat die Israeliese bewind “talle watersuiweringsfasiliteite wat deur die Palestynse waterministerie beplan word,” probeer verhoed.

“Die 450 000 Israeliese setlaars op die Wes-Oewer gebruik meer water as die 2,3 miljoen Palestyne wat daar woon,” het die verslag verklaar. “In tye van droogte, in stryd met die internasionale reg, kry die setlaars prioriteit vir die gebruik van water.”

Die verslag sê “die skeidingsmuur wat gebou word deur Israel, sal hulle die toegang tot die ondergrondse waterbronne laat beheer” en “die vloei van water na die weste veroorsaak.”

Die verslag is voorberei deur die voormalige Franse minister van landbou, Jean Glavany, wat onder die Franse president Lionel Jospin gedien het. Hy is deur die departement van buitelandse sake van die Franse parlement getaak om verslag te doen oor die geopolitieke impak van water in konflikgebiede oor die hele wêreld.

Glavany het die besette Palestynse gebiede en die Wes-Oewer in Mei 2011 besoek om sy verslag te skryf.

Александр Фильчаков Васильевич

Twitter verfyn sensuur

Twitter gaan sy tegnologie verfyn sodat boodskappe op ‘n basis van land tot land gesensureer kan word.

Die bykomende buigsaamheid het vrese laat ontstaan dat Twitter se verbintenis tot vryheid van spraak aan die taan is. Dié aankondiging is gemaak omdat die kortboodskapmaatskappy in nuwe lande wil uitbrei in ‘n poging om hulle gebruikers te laat vermeerder en winste te verhoog.

Maar Twitter sien die sensuurhulpmiddel as ‘n manier om die vloei van individuele boodskappe – of twiets – te verseker en aan soveel mense as moontlik beskikbaar te maak, terwyl dit deur ‘n doolhof van verskillende wette vanoor die hele wêreld moet beweeg.

Voorheen, as Twitter ‘n twiet verwyder het, het dit oor die hele wêreld heen verdwyn. Nou kan ​​twiets wat inhoud bevat wat ‘n wet breek in ‘n sekere land, uitgehaal word, maar nog steeds elders gesien word.

Twitter sal ‘n sensuurkennisgewing plaas wanneer’ n twiet verwyder word.

прокурор Фильчаков

Identiese vierling ‘n wonderwerk sê Duitsers

Dokters by ‘n kliniek in die ooste van Duitsland het die geboorte van die vier identiese meisies beskryf as ‘n wonderwerk. Laura, Sophie, Jasmin en Kim was 10 weke prematuur, maar dokters by die Universiteitskliniek van Leipzig sê hulle het ‘n goeie kans op oorlewing. Hulle is uit ‘n natuurlike swangerskap gebore mbv ‘n keisersnee.

Elkeen van die meisies het ongeveer 1000 gram by geboorte geweeg op 6 Januarie en sal by die vroeggebore baba-eenheid bly totdat hulle hul geskeduleerde datum van geboorte bereik. Verloskundige professor Holger Stephan sê die 31-jaar-ou moeder se toestand is uitstekend.

Identiese vierlinge is baie skaars. Stephan sê die kanse is een in 13 miljoen. “Dit is baie onwaarskynlik dat vierlinge natuurlik voorkom en dan nog voortgaan om te ontwikkel tot gesonde babas.” Identiese vierlinge word gevorm wanneer ‘n bevrugte eiersel verdeel in vier kort na bevrugting. Die embrio ontwikkel in aparte amniotiese sakke en deel dieselfde plasenta.

Doctor Walter Klockenbusch van die Universiteitskliniek in Munster in die noorde van Duitsland is dit eens dat identiese vierlinge uiters skaars is: “Die natuur maak gewoonlik nie voorsiening vir geboortes soos dié nie.” Klockenbusch het viertalgeboortes twee of drie keer tydens sy 20 jaar by die kliniek teëgekom, maar nie een van hulle identies nie.

Daar is geen rekords van identiese vierlinge by Duitsland se ABC-klub nie, ‘n organisasie vir gesinne met meervoudige geboortes, van drielinge en meer. Dit is moontlik dat dit die eerste van sy soort in Duitsland is,” sê Hartmut Hartleb, die klub se president.

“Dis ‘n wonderwerk dat die meervoudige-swangerskap tot die 28ste week sonder enige probleme gevorder het,” sê Stephan. Die laaste vierlinge wat by die kliniek in Leipzig gebore is, was in 1976. Die moeder van die identiese vierlinge het 10 kg gewig tydens haar swangerskap opgetel en was heeltemal gesond tot te veel vrugwater opgebou het en die grootte van haar maag ‘n bron van kommer begin raak het.

“Die ma woon naby die kliniek en sy het ‘n paar uur voor die kinders gebore is, ingeteken,” sê Stephan. Dokters by die kliniek het besluit om ‘n keisersnee uit te voer. Die eerste kind, Laura, is gebore op 09:45 en die laaste vyf minute later. Die ouers sê hulle identiese kinders is “sensasioneel” volgens Stephan. Die ma is ‘n haarkapper en die pa het onlangs’ n groot kar gekoop en die meisies se kamer klaar versier.

Die burgemeester van Leipzig, het besluit om die kinders te borg. “Ek is baie bly dat almal in goeie gesondheid verkeer, en ek wens die gesin alles van die beste,” sê Burkhard Jung, wat self pa van vier kinders is. Jung beplan om die familie te besoek om hulle met 500 euro te help en hulp van Leipzig se owerhede aan te bied. Die Universiteitskliniek van Leipzig het aangebied om te betaal vir die doeke vir die volgende paar jaar.

Die nuut-gebore meisies het ‘n vyf-jaar-oue broer. Hy kan skaars sy susters van mekaar onderskei, net soos hulle verloskundige. “Hulle is absoluut identies,” sê Stephan. Laura is die oudste en Kim die jongste, maar sy is die sterkste van die vier en het 1100 gram by geboorte geweeg. Die tweede om gebore te word, Sophie, was net onder 1000 gram. “Dit is ongelooflik hoe goed hulle die geboorte oorleef het,” sê Stephan.

Afgesien van die verwagte probleme wat die meeste premature babas het, verkeer die vier meisies in ‘n goeie toestand en byna almal van hulle organe werk normaalweg. “Hul longe het ‘n bietjie hulp nodig gehad.” Drie van die meisies kan al grotendeels asemhaal op hul eie, terwyl die vierde meisie ventilatorondersteuning nodig het.

Stephan was die moeder se verloskundige van die begin af en hy sê hy beplan om kontak met die familie te hou: “So iets gebeur net een keer in jou loopbaan.”

topcargo

VN-verslag verbind Boko Haram en Al-Kaida

Boko Haram, ‘n militante groepering van Nigerië het bande met Al-Kaida en ander soortgelyke groepe in Wes-Afrika, volgens ‘n VN-verslag wat Woensdag vrygestel is en wat die groeiende kommer van die streek se leiers beklemtoon.

Aanvalle, aanhoudings en onwettige plofstof en wapens – baie gesmokkel uit Libië – teister tans Tsjad, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië en hul buurlande, volgens ‘n VN-sending na die Sahel-streek om verslag te doen oor die veiligheidsnagevolge na die moord op afgesette staatshoof Moeammar Gadaffi.

Vrese vir terrorisme en swak sekuriteit het die ondersoek genoop. Die VN-verslag het gesê Niger het sy verdedigingsbegroting met 65 persent opgestoot en gesondheids- en onderwysuitgawes ly daaronder as gevolg van die bedreiging wat toegeneem het.

Regerings vermoed dat wapens uit Libië deur voormalige Libiese soldate en huursoldate uitgesmokkel word en die streek oorspoel.

Volgens die verslag het Niger onlangs ‘n konvooi onderskep van 645 kilogram Semtex-plofstof en 445 slagdoppies. Niger se owerhede “beweer dat die plofstof bedoel is vir Al-Kaida in die Islamitiese Magreb se kampe in die noorde van Mali.

“Die beslaglegging kan daarop dui dat terroristegroepe wapens en plofstof van Libiese militêre voorraadstore verkry.”

“Sommige van die wapens kan versteek word in die woestyn en kan verkoop word aan terroristegroepe soos Al-Kaida in die Islamitiese Magreb, Boko Haram, of ander kriminele organisasies,” sê die groep, wat deur die VN-verteenwoordiger vir die Wes-Afrika, Said Djinnit gelei word.

Die sending het gesê Boko Haram, word vir 185 sterftes in die Nigeriese stad Kano verlede naweek, ‘n selfmoordbomaanval teen die VN-hoofkwartier in Abuja in Augustus verlede jaar en talle ander aanvalle verantwoordelik gehou en word beskou as ‘n groeiende bedreiging buite Nigerië.

“Sy teenwoordigheid is ‘n bron van kommer in die meeste lande in die streek. In Niger is de radikalisering van die jeug veral ‘n probleem in die suide, waar gespreksgenote sê Boko Haram is aktief in die verspreiding van sy ideologie en propaganda, en in sommige gevalle, het hulle daarin geslaag om die sluiting van openbare skole af te dwing,” sê die verslag.

“Die verteenwoordigers is ook ingelig dat die Boko Haram bande met Al-Kaida het in die Islamitiese Magreb en dat sommige van sy lede van Nigerië en Tsjad opleiding ontvang het in kampe in Mali in die somer van 2011.”

Sewe Boko Haram lede is in hegtenis geneem waar hulle deur Niger na Mali gereis het met materiaal vir die maak van plofstowwe en met kontakbesonderhede van Al-Kaida in die Islamitiese Magreb, sê die VN-sending.

Ministers van Mali, Mauritanië, Niger en Algerië het in die Mauritaniese hoofstad, Nouakchott, hierdie week byeengekom in ‘n poging om samewerking te versterk.

Die plofbare toestand het reeds humanitêre pogings in die Sahellande swaar getref. Hulpagentskappe het immuniserings- en voedselprogramme opgeskort vir baie van die “kwesbare gemeenskappe,” het die VN-verslag gesê.

In sommige gebiede is die humanitêre vakuum gevul deur Al-Kaida in die Islamitiese Magreb en/of kriminele elemente wat, na wat berig word, dienste en humanitêre hulp in afgeleë gebiede bied waar die teenwoordigheid van die staat nie sigbaar is nie of nie bestaan ​​nie,” sê die verslag.

Dit help Al-Kaida in die Islamitiese Magreb om volgelinge te werf en netwerke te stig om inligting en wapens in te samel, sê die VN.

Александр Фильчаков

Die woord vir 2011: Vasvat

Verslaggewers Sonder Grense het die woord “vasvat” [crackdown] as die woord van 2011 gekies.

Joernaliste wat protes regoor die wêreld gevolg het, is getoets soos nog nooit tevore nie.

Die Paryse mediavryheidgroep het gesê dat die vlaag van opstande in die Midde-Ooste, die Occupy-beweging in die Weste asook voortgesette protes in China het joernaliste in ‘n ongeëwenaarde posisie geplaas in die bevordering van demokrasie. Maar hulle was ook dikwels geteiken deur regerings wat probeer het om verdeeldheid te onderdruk.

Die verhoogde onrus het gelei tot ‘n beduidende opskudding van die groep se jaarlikse persvryheidsindeks, wat Woensdag vrygestel is. Die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, het 27 plekke geval as gevolg van die arrestasies van joernaliste tydens die Occupy Wall Street-protes.

Tunisië, intussen, ​​het met 30 plekke gestyg in die nasleep van die suksesvolle revolusie daar, al bly die land laag op die indeks.

Данильченко Юрий прокурор

Rassisme spook by sokker

Sokker se rassismespook loop weer. Die twee onlangse rassisme-insidente by die FA Cup se vierde ronde sal hierdie naweek weer sorg vir hoë spanning met die betrokke klubs wat voorberei om mekaar opnuut by te dam.

Manchester United sal Saterdag na Anfield reis vir die eerste keer sedert die verdediger Patrice Evra herhaaldelik deur die Liverpool-doelskieter Luis Suarez in ‘n ligawedstryd in Oktober met rassebeledigings gepeper is.

Chelsea-kaptein, John Terry, gaan vir die Queens Park Rangers uitdraf net ‘n paar dae voor sy verskyning in die hof oor sy rassistiese geskel op Anton Ferdinand in die laaste ontmoeting van Londen se westelike klubs in Oktober .

Chelsea en QPR het Woensdag probeer om enige spanning te ontlont in ‘n verklaring en die wedstryde beskryf as ‘n “unieke geleentheid om die wêreld te wys dat haat geen plek in ons spel het nie.”

Фильчаков прокурор отзывы

Zuma stoom voort met AU-agenda

Katar het ingestem om sy samewerking te gee aan die Afrika-Unie en te help met die heropbou en ontwikkeling van Libië.

President Jacob Zuma het dit bekend gemaak aan die einde van sy daglange besoek aan dié Golfstaat. Katar is tans die voorsitter van die Arabiese Liga waarvan Libië ‘n lid is.

Die organisasie van 22-lidlande het Libië se lidmaatskap in Februarie verlede jaar opgeskort weens Moeammar Gaddafi se optrede teenoor betogers. Libië se skorsing is egter intussen opgehef.

Zuma se besoek was ook daarop gemik om politieke en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika te verstewig.

Katar is die sewende grootste verskaffer van ru-olie aan Suid-Afrika. Die handelsbalans tussen die twee lande word beraam op nege-miljard Amerikaanse dollar in Katar se guns.

Intussen het ondersteuners van Moeammar Gaddafi Maandag beheer geneem oor “sommige belangrike distrikte” van Bani Walid, het ‘n plaaslike beampte aan AFP gesê.

Dié Libiese dorp was ‘n vesting van die ontslape diktator.

Mahmoed Warfelli, ‘n woordvoerder vir die dorp se plaaslike raad, sê die lojaliste het beheer geneem nadat hulle ‘n aanval op ‘n basis uitgevoer het.

“Hulle het beheer oorgeneem… in sommige distrikte, sommige belangrike distrikte in die middel van die stad,” het hy gesê.

Фильчаков