Nog ‘n mesaanval

‘n 22-jarige meisie is gister omstreeks 11:00 in haar ouerhuis in Noordheuwel, Krugersdorp oorval en deur twee jong aanvallers met messe toegetakel. Sy het dapper teruggeveg en kon daarin slaag om ‘n SOS.-boodskap na haar ma te stuur, waarna die aanvallers gevlug het. Sy het in die proses meer as agt steekwonde en kneusings opgedoen waarna sy in die hospitaal opgeneem is.

Die voorval wat reg oorkant die huis van die Gautengse Premier, Nomvula Mokonyane, plaasgevind het, is die nuutste van ‘n hele reeks aanvalle die afgelope tyd in die straat en omgewing. Die identiteit van die slagoffer en haar gesin word op hul versoek op dié stadium van die media weerhou vir veiligheidsredes. Mnr Jaco Mulder, VF Plus-LPW, vriend en woordvoerder van die gesin het gesê dat hy as inwoner van dieselfde omgewing in Noordheuwel, Krugersdorp nie meer veilig in sy omgewing voel nie.

Die omgewing gaan vir ‘n geruime tyd reeds gebuk onder ernstige huisaanvalle ten spyte van ‘n aktiewe polisiesektor en patrolliestelsel. Mulder wat ook ‘n lid van die portefeuljekomitee vir Veiligheid in die Gauteng Wetgewer is, het voorts gesê dat alhoewel die polisie flink reageer het, misdadigers die wetstoepassingsagentskappe van Suid-Afrika nie meer vrees nie.

Misdadigers beweeg vry rond in woonbuurte en beskik oor fyn uitgewerkte intelligensie en inligting oor die wandel en weë van geïdentifiseerde slagoffers. Die SAPD en buurt-beveiligingsinisiatiewe skiet ver te kort op dié terrein.

Фильчаков Александр Васильевич

Boeremagdokter red Tukkiemeisie

Dr. Lets Pretorius, aangeklaagde in die Boeremagsaak, was een van die dokters wat ure lank op die 22-jarige Tukkiemeisie wat deur ‘n swart aanvaller byna doodgesteek en verkrag is, geopereer het. Haar toestand is tans stabiel waar sy in die waakeenheid van die hospitaal verkeer.

Sy is verlede week 23 keer met ‘n mes gesteek, voordat sy wreed verkrag is. Sy is toevallig in ‘n erg verswakte toestand deur ‘n inwoner van dieselfde meenthuiskompleks ontdek by haar tuinhekkie na die aanval. Sy het haarself, byna sterwend, na buite gesleep.

Haar eie dapperheid, die flinke optrede van haar mede-inwoner en haar mediese span, het heel waarskynlik haar lewe gered.

Dr. Lets Pretorius, wat saam met dr. Stefan Rawlins, ‘n plastiese en rekonstruktiewe chirurg, en dr. Pieter Coertze, ‘n ortopediese chirurg, ‘n noodoperasie op haar uitgevoer het, sê sy is besonder dapper asook diep gelowig.

Dr. Pretorius het ‘n oproep aan alle mediese personeel en die gemeenskap in die breë gedoen om saam te staan teen hierdie soort barbaarse optrede

Die meisie ontvang tans antiretrovirale behandeling na die verkragting.

Twee polisielede is intussen aangekeer nadat die verdagte ontsnap het. Konst. Mphikeledi Alfred Mahlanga (39) en ao. Amos Chris Masilela (48) het Maandag in die Pretoria-Noordse streekhof verskyn op aanklagte van regsverydeling en hulpverlening tot ontvlugting.

Die verdagte is sonder hand- of voetboeie na die dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, geneem omdat hy glo gekla het dat hy siekerig voel. Hy het daarna deur ‘n toiletvenster ontsnap.

Volgens Beeld het die twee polisielede foto’s met hul selfone van die joernaliste se motors en registrasienommers geneem, nadat hulle deur die koerant se fotograaf afgeneem is.

Фильчаков Александр Васильевич

Winnie, Malema en die boere

Winnie Madikizela-Mandela het president Jacob Zuma die skuld vir die dissiplinêre klagtes teen Julius Malema gegee.

Madikizela-Mandela het Woensdag gesê die besluit om die ANC-jeugliga leier aan te kla was Zuma se keuse. Sy het getuienis by die verhoor by die Rand-stadion in Turffontein gelewer.

Die vervolgingspan het nie vir Zuma of die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe as klaers opgegee nie. Mantashe getuig teen Malema terwyl Zuma verkies het dat Lindiwe Zulu namens hom getuig.

In een van die klagtes van die ANC-span, onder leiding van Andries Nel, word beweer dat Malema skuldig is aan die oortreding van Reël 25,5 (d) van die ANC-grondwet omdat hy rassisme en politieke onverdraagsaamheid saai.

Nel beweer dat Malema die ANC-grondwet ondermyn het, toe hy op 9 Mei tydens ‘n ANC-saamtrek in Galeshewe, Kimberley, die volgende opmerkings gemaak het: “Hulle [blankes] het ons land in wildplase omskep… Die gewillige koper, gewillige verkoper [stelsel] het misluk. “

In haar getuienis, het Madikizela-Mandela gesê daar is niks verkeerd met sy uitsprake nie, en volgehou dat die stryd teen apartheid nog altyd oor grond was.

In sy verdediging, het Malema die kommentaar geregverdig. Hy het gesê dat die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper is verantwoordelik vir die stadige pas van grondhervorming”.

Hy het ook gesê dat in “10 jaar van demokrasie, slegs sowat 3% van landbougrond deur die grondhervormingsprogram oorgedra is”.

Malema het ook gevra dat Nel die ANC-staatmaker Govan Mbeki se lesing oor die kleinboere-opstand, wat in 1964 gepubliseer is, lees.

“In die vroeë 1990’s,” het Malema aangevoer, “ná die ontbanning van die vryheidsbewegings, het die Wêreldbank die ANC oortuig dat 30% van kommersiële landbougrond in die voormalige wit gebiede oorgedra moet word aan 600 000 kleinboere deur middel van ‘n mark-geleide program vir die herverdeling van grond. Maar dit blyk veel moeiliker te wees as wat verwag is.”

Malema meen dat nasionalisering van grond ‘n blywende oplossing bied.

Die verhoor is tot November 3 verdaag.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

‘DA nie kampvegter vir Afrikaners nie’

Die Gautengleier van die Vryheidsfront Plus en LPW, mnr Jaco Mulder is tydens die party se provinsiale reorganisasie die naweek in Meyerton, Midvaal onbestrede as VF Plus leier van die provinsie herkies. Adv Anton Alberts, LP en Dr Conrad Beyers, raadslid in die Tshwanemetro is as ondervoorsitters verkies.

Mulder het tydens hierdie geleentheid gesê dat die VF Plus ‘n belangrike rol het om te speel in die Suid-Afrikaanse politieke landskap as kampvegter vir selfbeskikking en die beskermer van minderheidsregte. Die party is ook gereed om in Gauteng sy rol as diensleweringswaghond te vervul en veral ook in die DA-beheerde raad van Midvaal waar die vergadering plaasgevind het.

Die inwoners van Midvaal is ‘n brose gemeenskap wat mislei word deur die DA-beheerde raad. Die raad is vir ‘n geruime tyd reeds in omstredenheid gehul na bewerings van grootskaalse korrupsie terwyl die DA Midvaal voorhou as ‘n voorbeeld van sukses en skoon administrasie.

Die DA is geen beskermer van die grondwetlike regte van Suid Afrikaners en die inwoners van Midvaal nie en die res van Suid-Afrika moet daarteen beskerm word. Die DA en ANC is twee teen-pole van dieselfde munt wat totaal uit voeling is met die werklikhede van Suid-Afrika en maak van partypolitiek ‘n karikatuur, het Mulder gesê.

Suid-Afrika benodig ‘n nuwe akkoord. Mulder het verder ‘n beroep op die vergadering gedoen om mense aan te moedig om ‘n party te steun wat hul belange kan dien en nie bloot op ‘n basis van “my vyand se vyand is my vriend” te stem nie.

Lede wat tot die VF Plus Dagbestuur in Gauteng verkies is, is as volg:

Kol Piet Uys, mnr Philip van Staden, Dr Dan Roodt, Corrie Pypers, mnr Franco de Lange, me Amanda de Lange, me Carien Nefdt, mnr Francois Cloete, mnr Sakkie du Plooy, mnr Christo Smith, Wiebe Schultz en me Linnette Badenhorst. Mnr Werner Human en mnr Helgard Cronje is as jeugverteenwoordigers op die dagbestuur aangewys.

Afgevaardigdes na die VF Plus Federale Raad sluit in:

Mnr Philip van Staden, mnr Franco de Lange, Dr Dan Roodt, me Karin Roodt, mnr Corrie Pypers, me Carien Nefdt, mnr Francois Cloete, mnr Sakkie du Plooy, Dr Conrad Beyers, me Amanda de Lange en mnr Jean Kriek (Jeugleier: Gauteng).

Александр Фильчаков Васильевич

VF Jeug poets Kruger-beeld

Op 21 Oktober 2011 het die VF Jeug Pretoria en VF Tuks die beeld van die oud ZAR President Paul Kruger skoongemaak.

Dié is een van baie aksies waar die VF Jeug, beelde van oud-Boere-Afrikanerleiers gaan skoonmaak. Die projek het juis ook gekom na Paul Krugerdag op 10 Oktober.

Deur dié optrede wil die jeug die oud-President vereer vir sy onbaatsugtige werk. Volgens Francois Cloete, VF Tuks leier , wil die jeug die behoud van die Afrikaner se erfenis beklemtoon en deur hierdie aksies kan die Afrikaner-jeug weer trots raak op sy geskiedenis. Francois het ook verder bygevoeg dat hulle as Afrikaner-jeug die toekoms is en dat die jeug die geskiedenis verder moet laat herleef vir ons kinders en kleinkinders.

Daar word ook beoog om die Andries Pretorius- en Sarel Cilliers-beelde by die Pretoria Stadsaal en ook die Genl. Louis Botha-beeld voor die Uniegebou te gaan skoonmaak. Die VF+ Jeug gaan die Paul Kruger-Standbeeld-skoonmaak ‘n jaarlikse instelling maak in Oktobermaand, ter herdenking aan die nagedagtes van die ontslape President.

Daar is tans ‘n oplewing onder die Afrikaner-jeug en ons kan groot dinge te wagte wees.

topcargo отзыв

ET: Doodshoue

Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, het waarskynlik op sy rug gelê toe hy ‘n kapwond aan sy kop opgedoen het, het ‘n patoloog Donderdag in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig.

Dr. Ruweida Moorad het die wond in detail beskryf en gesê sy glo dit is die eerste wond wat Terre’Blanche in die aanval opgedoen het.

“Dit is my opinie dat die besering aan die kop die eerste besering was, gevolg deur die gesig en toe die borskas en bobene. Dié eerste tipe besering sou die oorledene bewusteloos maak.”

Die kapwond het ‘n snyplek aan die brein veroorsaak. Terre’Blanche het veelvuldigde breuke aan ondermeer sy skedel en onderkaak opgedoen.

Terre’Blanche het ook kneus- en snyplekke aan verskeie dele van sy lyf, insluitend sy tong en lewer opgedoen. Al die beserings was aan die voorkant van sy liggaam.

Moorad het tydens die lykskouing geen beserings van “tipiese verdediging” gevind nie. Dít dui daarop dat Terre’Blanche nie probeer het om sy aanvallers teë te sit nie.

Sy het saamgestem dat Terre’Blanche se beserings ooreenstem met dié wat met ‘n panga toegedien is. Terre’Blanche is dood weens stomp geweld aan die kop, borskas en nek.

Semen wat in foto’s op Eugene Terre’Blanche se lyk gesien is, is dalk afgevee voordat ‘n lykskouing gedoen is, het ‘n patoloog Donderdag gesê.

“Dalk toe dit (die lyk) in ‘n lyksak vervoer is, het dit (die semen) afgevee. Ek weet regtigwaar nie,” het dr. Ruweida Moorad in die rondgaande hooggeregshof op Ventersdorp gesê.

Die vog, glo semen, is gesien in foto’s wat op die misdaadtoneel van sy lyk geneem is. Die vog was nie sigbaar toe Moorad haar ondersoek uitgevoer het nie.

Moorad het gesê die lyk was gevries. Sy het op 6 April, drie dae ná die moord op Terre’Blanche, ‘n lykskouing gedoen.

Dit beteken waarskynlik dat twee belangrike items op die moordtoneel, naamlik die oorledene se onderklere en die beweerde semen, nie forensies getoets is nie.

‘n Polisielid, Bobby Sephiphi het Woensdag getuienis oor die dié twee items gelewer wat nie vir ondersoek ingeneem is nie.

Terre’Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp, vermoedelik in ‘n dispuut oor lone, vermoor.

Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Die verhoor van twee plaaswerkers wat beskuldig word van die moord op die AWB-leier Eugene Terre’Blanche, is tot volgende jaar 30 Januarie uitgestel. 

 

Фильчаков Александр Васильевич

Bewusmakingsaksie by Nederlandse Parlement

“Vrienden in Zuid-Afrika sturen mij berichten over de stille volksmoord of genocide die zich daar op het ogenblik afspeelt. De criminaliteit is hoog in Zuid-Afrika en de zwarte en blanke bevolking heeft daar erg onder te lijden. Roofovervallen, moord en verkrachtingen zijn er aan de orde van de dag. Babies en bejaarde mensen worden niet gespaard en vrouwen worden dikwijls eerst verkracht en daarna gruwelijk vermoord. Een onsmakelijk detail is dat vorige week dit een Afrikaner vrouw is overkomen en dat een gebroken fles in haar vagina gestampt werd.

Dit soort zaken komen uitsluitend voor in oorlogssituaties volgens Trauma Society of South Africa experts. En Zuid-Afrika, het land waar zij sinds het jaar 1652 wonen, is voor hen nu een oorlogsgebied. Verhoudingsgewijs – vergeleken met hun kleine aantallen — wordt de blanke bevolking het hardst getroffen en er lijk een geraffineerd plan achter te zitten. De blanken zijn meestal oorspronkelijke Nederlanders met Nederlandse namen, ook wel Boere of Afrikaners genoemd en hechten veel waarde aan de band met Nederland, hier in ons land liggen hun wortels. Zij zijn trots op hun afkomst, geloof en hun taal het Afrikaans.

Daarnaast zijn ongeveer 600.000 Afrikaners in plakkerskampen terecht gekomen verstoken van enige hulp van het communistische ANC regime. Kinderen in die kampen lijden aan ondervoeding en worden in leven gehouden door volksgenoten. Aan het begin van de vorige eeuw hebben hun voorouders zulke dingen ook meegemaakt tijdens de Tweede Boerenoorlog tegen Engeland. 24.000 Afrikaner kinderen zijn toen omgekomen in de Engelse concentratiekampen en er waren tientallen van deze kampen.

Deze misdaad, die deze mensen is aangedaan staat nog steeds in hun geheugen gebeiteld. En nu weer in hun geschiedenis dreigt dit volk uitgeroeid te worden. Blanken worden onder wetgeving uitgesloten van de arbeidsmarkt en krijgen geen uitkeringen of voedselhulp. Er zijn wetten aangenomen die blanken uitsluiten van de arbeidsmarkt waardoor vele honderdduizen nu al in schrijnende armoede verkeren.

Ongeveer 1 miljoen blanken zijn sinds het ANC aan het bewind gekomen is het land uitgevlucht om een betere toekomst overzee op te bouwen. In de jaren 80 van de vorige eeuw liep Nederland voorop in de anti apartheidsbeweging en nu de Afrikaners in nood verkeren hult Nederland zich in stil zwijgen en keert de rug toe naar dit in gevaar verkerende volk. Ik kan u verzekeren dat er ook zwart racisme tegen blanken bestaat, dat zie je nu ook in de Verenigde Staten. Zulke dingen mag je in Nederland niet zeggen en dan wordt je al snel als racist uitgemaakt, maar het is niet anders dan de waarheid. Kunt u zich het voorstellen om in een land te wonen waar de volgende haatspraak tegen uw volksgenoten gescandeerd wordt: — “Kill the farmers, kill the Boers”. En nu ook”Kill the whites”.

Afgelopen vrijdag riep een student aan een universiteit bij de vergadering van het ANCYL, de jongeren-organisatie van het ANC voor zwarte mensen tot de leeftijd van 35 jaar, “to kill the whites”. http://www.GenocideWatch.org/SouthAfrica.html heeft ook aangegeven dat de blanke boeren in Zuid-Afrika een van de meest bedreigde bevolkingsgroepen ter wereld is. De blanken staan op de vooravond van een volschaalse volksmoord, waarschuwt Gregory Stanton van GenocideWatch.

Daarom doe ik een beroep op u, Nederlandse parlementsleden, om hier landelijk en internationaal aandacht aan te geven om het moorden en het zwarte racisme in Zuid-Afrika te stoppen. Het ANC regime ontkend dat de criminaliteit met name tegen de Boere is gericht – maar zij kunnen dit zelf niet weerleggen met politiestatistieken waarin het ras van de misdadigers en van de slachtoffers niet worden aangetekend. Er worden echter wel door criminologen betrouwbare statistieken en gegevens aangehouden waarop het duidelijk wordt dat vooral de laatste twee jaar (http://www.farmitracker.com) de aanvallen op vooral

Afrikaanstalige blanken en de steden en op het platteland reusachtig zijn toegenomen, van een moord per dag voor de FIFA WK2010 in June, tot een gemiddeld van 5 tot 8 moordaanvallen per dag. De moordlust en vooral het sadisme gericht tegen alle blanken (maar ook tegen Indiërs) is ongekend, hele gezinnen worden vermoord en gruwelijk verminkt en gemarteld in hun eigen woningen – en daar moet een einde aan komen. Ik verzoek u derhalve aandacht en bekendheid aan deze zaak te geven om het moorden daar te stoppen. Bij voorbaat hartelijk dank voor uw medewerking en begrip. Ik spreek de wens uit dat Nederland en de Nederlandse regering een hand wil uitsteken naar dit in nood verkerende dochtervolk.

Stuur emails door naar:

C.vdStaaij@tweedekamer.nl
K.Ferrier@tweedekamer.nl
E.Irrgang@tweedekamer.nl
hantenbroeke@tweedekamer.nl
a.pechtold@tweedekamer.nl
r.deroon@tweedekamer.nl
marianne.thieme@tweedekamer.nl
j.voordewind@tweedekamer.nl
m.peters@tweedekamer.nl
a.bosman@tweedekamer.nl
k.dijkhoff@tweedekamer.nl
j.driessen@tweedekamer.nl
w.hachchi@tweedekamer.nl
w.kortenoeven@tweedekamer.nl
M.Haverkamp@tweedekamer.nl
g.wilders@tweedekamer.nl
r.knops@tweedekamer.nl
jasper.vdijk@tweedekamer.nl
esther.ouwehand@tweedekamer.nl
rvraak@sp.nl
e.wiegman@tweedekamer.nl
j.sap@tweedekamer.nl
l.bontes@tweedekamer.nl
b.braakhuis@tweedekamer.nl
h.bruins-slot@tweedekamer.nl
e.dijkgraaf@tweedekamer.nl
j.hennis-plasschaert@tweedekamer.nl
a.mulder@tweedekamer.nl
r.leegte@tweedekamer.nl
joost.taverne@tweedekamer.nl
g.schouw@tweedekamer.nl
s.vveldhoven@tweedekamer.nl

Данильченко Юрий прокурор

Boer skiet swart seun

‘n Boer van Groblersdal, Limpopo, Piet Swart (57), is in hegtenis geneem op aanklag van die moord op ‘n 14-jarige swart seun.

Hy sal vandag in die landdroshof op Groblersdal verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Nog ‘n 17-jarige is gewond in die voorval wat Dinsdag in die Krokodilbrug-gebied plaasgevind het.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Swart het Dinsdagmiddag laat die vier seuns – tussen 14 en 17 jaar oud – op sy plaas betrap waar hulle sonder toestemming visgevang het.

Hulle woon op ‘n buurplaas, waar hul ouers arbeiders is.

Volgens die polisie het Swart glo met ‘n haelgeweer op die groep tieners losgetrek en die 14-jarige noodlottig in die kop getref. ‘n Ander is in die linkerhand getref. Die res het op vlug geslaan.

Swart het die twee gewonde seuns na ‘n hospitaal in Groblersdal geneem waar die jonger een by aankoms dood verklaar is.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Getuienis oor ET-semen kom

Die plaaswerker Chris Mahlangu sal getuienis lewer oor hoe semen op Eugene Terre’Blanche se geslagsdele gekom het, het sy regsverteenwoordiger Woensdag in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê.

“Die is nie die beskuldigde se weergawe dat hulle na Terre’Blanche se huis gegaan het met die bedoeling om hom te vermoor nie,” het Kgomotso Tlouane gesê.

“Hy sal getuienis lewer oor hoe semen op die oorledene se geslagsdele gekom het.”

Tlouane het gepraat tydens die getuienis van kapt. Jan Louw. Louw het getuig oor die misdaadtoneel en sy polisieverklaring.

Louw se verklaring het nie melding gemaak van semen wat op Terre’Blanche gevind is nie, maar hy het dit in die hof genoem.

Adv. Zola Majavu, wat vir die minderjarige optree, voer aan dat Louw die AWB-leier se familie wou beskerm.

“Die rede hoekom jy uitgelaat het dat semen op die penis gevind is, is omdat jy nie Terre’Blanche se familie wou verneder nie.”

Praag het reeds vroeër oor die aangeleentheid berig.

Die hof het vroeër gehoor dat die polisie Mahlangu weggewys het toe hy hulle genader het oor die manier waarop Terre’Blanche hom behandel nie.

Die verhoor duur voort.

александр лобановский супермаркет класс

Moordbeskuldigde vrees ET, vra glo polisiehulp

Chris Mahlangu, wat van die moord op Eugene Terre’Blanche beskuldig word, het die polisie voor die moord om hulp genader, het die rondgaande hooggeregshof op Ventersdorp Woensdag gehoor.

Mahlangu (28) is weggewys omdat nie een van die polisiebeamptes Terre’Blanche wou konfronteer nie.

“Hy het voor die voorval gesê hy het ‘n probleem met die oorledene. Hy het gesê hy is al voorheen deur die oorledene geslaan en dat Terre’Blanche hom gewurg en opgetel het,” het Kgomotso Tlouane, Mahlangu se regsverteenwoordiger, gesê.

“Hy [Mahlangu] het verder getuig dat hy probeer het om dit by die Ventersdorp-polisiekantoor aan te meld, maar dat polisiebeamptes nooit na hom geluister het nie.”

Mahlangu het gehoor hoe polisiebeamptes mekaar vra wie met Terre’Blanche gaan praat. Hy het die indruk gekry dat hulle bang was, omdat niemand die AWB-leier wou konfronteer nie.

Tlouane het gesê Mahlangu sal getuig dat hy een keer geslaan is. Die 28-jarige was “behoeftig, sonder geld en kos en hy was nie ‘n geleerde man nie”.

Die polisiebeamptes het nooit aan hom verduidelik wat sy opsies is nie. Mahlangu het nie ‘n ander keuse gehad as om na die plaas terug te gaan en geslaan te word nie, het die hof gehoor.

Mahlangu het egter nie sigbare merke gehad om vir die polisie te wys nie.

Terre’Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp, na bewering tydens ‘n loondispuut, vermoor.

Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.

Лобановский