Magstryd oor Afrikaanse skrywersorganisasie

Fanie OlivierOor die afgelope ses weke het ‘n magstryd rondom die Pretoria-PEN, die breinkind van dr. Dan Roodt, uitgebreek. Drie skrywers uit die Kaap en Natal, John Miles, Fanie Olivier en Piet Haasbroek, poog naarstiglik om die skrywersvereniging oor te neem, vermoedelik omdat dit vir die Naspersgroep voordelig mag wees. Ook die omstrede digter Breyten Breytenbach het sy stem by hulle s’n gevoeg.

Roodt het in 2004 begin om die skrywersvereniging op die been te bring ten einde Afrikaanse skrywers ‘n stem in die buiteland te gee. PEN Internasionaal is die grootste skrywersorganisasie ter wêreld wat oor ongeveer 15 000 lede in meer as 100 lande beskik. Aanvanklik het die Engels-Suid-Afrikaanse skryfster, Nadine Gordimer, die affiliasie van Pretoria-PEN by die internasionale organisasie teengestaan, dog in 2006 is die Afrikaanse skrywers by die internasionale kongres in Berlyn tot PEN Internasionaal toegelaat.

Hierdie internasionale affiliasie, wat in die praktyk ‘n diplomatieke kanaal vir Afrikaans en Afrikaners na die buiteland geopen het, word nou as te waardevol gesien om in die hande van Roodt, die stigter, en sy geesgenote te laat.

Nadat Miles, Olivier en Haasbroek oor ‘n naweek vir Roodt in kennis gestel het dat hulle en ‘n onbekende groep ander skrywers “voortaan die bestuur sal oorneem”, het Roodt die steun van meer as twintig skrywers en lede van Pretoria-PEN verkry om ‘n nuwe bestuur te verkies. ‘n Jaarvergadering is ook aangekondig wat op 20 en 21 Januarie aanstaande jaar sal plaasvind.

Hierna het Miles, Olivier en Haasbroek aangekondig dat hulle ‘n wegbreekgroep wil stig, dog steeds onder die naam “Pretoria-PEN”. In ‘n verklaring teenoor die nasionale boekeredakteur van die Naspersgroep, Elmari Rautenbach, het Roodt vandeesweek in Beeld gesê hy vind dit vreemd dat Olivier van Pretoria-PEN weggebreek het. “Nie net maak hy homself hiermee belaglik nie, maar eintlik alle Afrikaanse skrywers.” Hy vind dit ook verregaande dat hulle die internasionale PEN betrek by “’n kleingeestige vorm van organisasiepolitiek”.

Hy was tot dusver heel geduldig met Olivier en sy twee vriende, sê hy. Hy en sy nuwe bestuur het selfs aangebied om nogmaals ’n vergadering te reël waar hulle hul saak kan stel en daaroor stem. Daar sal ook tydens hul algemene jaarvergadering op 20 en 21 Januarie geleentheid wees om sodanige kwessies te opper en selfs ’n nuwe bestuur te verkies.

Die huidige bestuur van Pretoria-PEN, wat tydens ‘n buitengewone algemene vergadering op 18 November verkies is, bestaan uit: Roodt (president) Fransi Philips (visepresident), Gustav Venter (tesourier), Christo Pretorius en Karin Roodt (sekretaresse).

Omdat dr. Roodt ontevrede was met die eensydige en onakkurate berigte wat in Die Burger en Beeld verskyn het, het hy ‘n klag by die Persombudsman gelê. Dié klag word tans deur die ombudsman ondersoek.

Teen Vrydag het die polemiek ook na die webwerf LitNet uitgebrei waar ‘n debat daaroor gevoer word. Pretoria-PEN word deur sowel Olivier as Kerneels Breytenbach van Naspers se uitgewerye aangeval. Kerneels Breytenbach en ander werknemers van NB-uitgewerye poog reeds sedert Maart vanjaar om ‘n nuwe skrywersvereniging op te rig, onder die naam die Afrikaanse Skrywersunie. Hoewel Breytenbach belowe dat sy vereniging “meer sigbare resultate as Pretoria-PEN sal behaal”, beskik dit nog nie oor ‘n grondwet of bestuur nie. Ook Fanie Olivier se wegbreekorganisasie, wat fel kritiek teen Pretoria-PEN se grondwet en bestuur lewer, het nog geen stigtingsvergadering gehou nie en het insgelyks geen grondwet of doelstellings nie. Hierteenoor het Pretoria-PEN onlangs sy grondwet hersien en geniet dit uitgebreide kontak met PEN Internasionaal, ander PEN-sentra in die buiteland, asook ‘n tiental ambassades in Pretoria waarmee daar oor kulturele uitruilprogramme geskakel word.

“Die feit dat die ANC-regering so min op kulturele en literêre gebied doen om met ander lande te skakel, skep vir ons ‘n geleentheid,” sê dr. Dan Roodt. “Die meeste buitelandse ambassades en kulturele attachés in ons land is gretig om met Suid-Afrika en selfs Afrikaners projekte en kulturele wisselwerking aan te pak, solank dit deur ‘n min of meer erkende internasionale kanaal soos PEN kan geskied.” In vele ander lande word takke van PEN deur die tuisregerings befonds en gewoonlik word die internasionale kongresse deur hooggeplaastes van die tuisregerings geopen en bygewoon. PEN is insgelyks by UNESCO, die kulturele liggaam van die Verenigde Nasies as NRO geakkrediteer.

Die geskil tussen skrywers het egter in ‘n meer algemene polemiek met politieke ondertone ontaard. Volgens Dan Roodt, wie se presidentskap van die vereniging deur Fanie Olivier, John Miles, Piet Haasbroek en Breyten Breytenbach teengestaan word, “gaan die geveg lankal nie meer oor Pretoria-PEN nie, maar om die wese van die Afrikaanse letterkunde. Dit gaan oor wie mag skryf en wie nie. En laat ons dit maar erken: die moderne Afrikaanse letterkunde het grotendeels misluk, danksy veral Brink en Breytenbach, maar ook Miles wat in hul dampkring verkeer.”

Fransi Philips, visepresident van Pretoria-PEN, beaam haar “ongemak met ‘n vorige geslag skrywers. Dis ‘n snaakse ding, hierdie moraliteit van om teen jouself te moet draai. Ja, regtig, Afrikaans het ‘n herlewing lankal nodig.”

Philips is die skryfster van “Net ‘n lewe” wat vanjaar die Lapa-romanwedstryd gewen het. Sy het voorheen by die Tsjeggiese ambassade in Pretoria gewerk en gee tans Engels in Podolks, ’n 18de-eeuse dorp buite Moskou.

“Ek het in die sewentigerjare al gevoel almal is oud en vervelig en voorspelbaar, en het ontsettende wroegings beleef oor hoe sleg ek daar ingepas het,” sê Philips oor haar mede- Afrikaanse skrywers uit dié tyd. Sy voel die pogings om Dan Roodt en die bestuur van Pretoria-PEN verdag te maak, kom op sensuur en stigmatisering neer. “Almal besef daar is ‘n groot krisis in die land, op alle gebiede, Dis waar dat  daar meer onlangs kritiek uitgespreek is deur skrywers, maar hulle reageer net op die geweld omdat dit so ooglopend is. Oor die res, Afrikaans, die verval van die opvoedingstelsel, korrupsie, ons identiteit wat afgebreek word, daaroor is hulle eenvoudig nie gepla nie. Maar as iemand soos Dan Roodt iets daaroor te sê het, is dit op een of ander manier onaanvaarbaar, omdat hy die goetspa het om oplossings te soek. Daar is ‘n ongelooflike sisteem van stigmatisering en sensurering aan die werk, oor ‘n baie lang tyd.”

Roodt voel ook sterk dat “die begrip verraad in ons letterkunde ondersoek moet word. Ek voel al geruimte tyd lus om ‘n boek daaroor te skryf. Brink, Breytenbach et al het nie eintlik versetsliteratuur geskryf nie, dit moet eerder ‘verraaiersliteratuur’ genoem word. Ek wil Jaap Steyn se roman à clef oor Breytenbach, ‘Dagboek van ‘n verraaier’, herlees. Ek kan onthou hoe Miles, Ampie Coetzee en al die ander selfverklaarde linkses destyds vir Steyn se boek gelag het, ek inkluis, tot my skande. Maar Steyn se kommer destyds oor Afrikanerverraad was byna profeties! Tans sit ons met die gevolge van verraad en al die verkeerde besluite en sienings wat in die verlede aangehang is. Maar wie probeer iets daaraan doen? Die meeste skrywers skitter in hul afwesigheid. Hulle skryf nou speur- of liefdesverhale, ontspanningslektuur. Op sigself is populêre vorme nie te versmaai nie. Maar soms is daar so ‘n polities korrekte sous daarby wat dit ook maar na derderangse propaganda laat lyk. My slagspreuk is ook: Terug na die volk! Maar kom ons voed mense op en laat hulle die wonder van kuns smaak, selfs al is dit in die vorm van ‘n roman noir, film noir of musiekfilm soos Sean Else se Platteland.”

Gustav Venter, ‘n derde lid van Pretoria-PEN se dagbestuur, beskryf homself as ‘n “veelskrywer”. Hy het al draaiboeke, jeugverhale en ‘n (ongepubliseerde) roman genaamd Skaapsklere oor ‘n charismatiese prediker geskryf, behalwe internetrubrieke en rugbyverslae op Praag wat meer aan Tom Wolfe as die gemiddelde sportverslaggewer herinner. “Eintlik is ons almal veelskrywers. Ek stem egter saam dat die ou Sestigerresep van bruin-man-slaap-by-wit-vrou uitgedien is. Vandag is die werklikheid eerder: swart man verkrag wit vrou. En hoe voel sy daaroor, sonder sensuur? Ras is die nuwe seks. Ons moet dit begin verken.”

Roodt is dit hiermee eens. “Dit is waar wat Gustav sê. Die Sestigers het ‘n resep gehad. Op ‘n manier het hulle bloot Nadine Gordimer en Alan Paton in Afrikaans gedoen. Wat weer op hul beurt Britse en Amerikaanse modelle gehad het. Maar ons het geen resep of model nie. Ons is amper soos literêre Voortrekkers, pioniers wat die onbekende, die gevaarlike, moet aandurf. Daar is ‘n storie wat by my spook, dié van ‘n Afrikaanse digteres wat deur drie swart mans in ‘n motor vekrag is. Uiteraard sal ek nie haar naam noem nie. Die punt is dat sy dit nie as verkragting ervaar het nie, want sy was liberaal en deurtrek van skuldgevoelens. Vir haar was dit meer soos die ‘gedwonge seks’ waarvan hulle in Soweto praat.”

Maar hoe verander ‘n mens ‘n hele letterkunde? Brink en Breytenbach het al dosyne boeke gepubliseer en is internasionaal gekanoniseer. “Goed en wel,” sê Roodt. “Maar ‘n groot gebou wat op sand gebou is, verkrummel op ‘n stadium en stort in duie. Net vanmôre het ek Sartre gelees oor kwade wil en onwaarheid. In soveel van die Sestigerwerke is daar kwade wil, die gevoel dat hulle dinge rek en trek om ‘n bepaalde Britse of Amerikaanse stereotipe van ons werklikheid te pas. En Afrikaans is so klein, ons letterkunde is so klein. Vier, vyf skrywers kan dit verander!”

Volgens Roodt het hy en Venter vandeesweek onder ‘n boom oorkant die Militêre museum in Johannesburg gestaan en bespreek hoeveel boeke ‘n mens in ‘n jaar kan skryf, om ‘n nuwe moderne Afrikaanse letterkunde te skep. “Gustav sê toe: ‘Barbara Cartland het 722 boeke in haar leeftyd geskryf. As jy gaan uitwerk hoeveel woorde per dag dit verteenwoordig, is dit baie. Sommige mense sê wel sy het dieselfde boek 722 keer oorgeskryf.’ En ek vertel hom van Georges Simenon se drie hoofstukke per dag, van Balzac wat voor sy skuldeisers moes bly en ‘n kolossale hoeveelheid met ‘n gansveerpen geskryf het. En werk uit dat ek so een boek per maand behoort te kan skryf, teen 3 000 woorde per dag. Skryf kan soos fietsry wees, ‘n uithouwedren. Jy kan elke dag oefen, in die oggend halfvyf opstaan, 30km gaan fietsry, dan 3 000 woorde skryf en teen elfuur is jy klaar en kan jy gewone dinge ook doen. Die 30-3-beginsel!”

Lees meer oor Pretoria-PEN op die vereniging se tuisblad.

топкарго отзывы

Chris Barnard vereer

Die regering het met verskeie programme begin vir die ontwikkeling van al elf amptelike tale, maar met die klem op inheemse tale.

Die adjunk-minister van Kuns en Kultuur, Joe Phaahla sê daar word gefokus op die ontwikkeling van dié tale in skole, by tersiëre instellings en by biblioteke regdeur die land.

Paahla het gepraat by die jaarlikse nasionale letterkunde-plegtigheid in Vereeniging. Negentig Suid-Afrikaanse skrywers is sedert 2005 bekroon.

Vanjaar se wenners sluit die Afrikaanse skrywer, Chris Barnard in wat ‘n spesiale leeftyd-toekenning ontvang het.

Фільчаков Олександр Васильович

Media24 moet opdok oor leuens

Media24 en voormalige Huisgenoot-redakteur Esmaré Weideman moet R75 000 in boetes opdok vir die publikasie van ‘n artikel waarin bewerings oor seksuele wandade teen die Afrikaanse sanger Jurie Els gemaak is.

Die hooggeregshof in Kaapstad het die uitspraak Woensdag gelewer, na Weideman en Media24 skuldig bevind is aan minagting van die hof in die appèlhof verlede jaar.

In Februarie 2008 het Huisgenoot ‘n artikel oor Els gepubliseer, waarin die sanger Robbie Klay beweer hy was gemolesteer deur Els. Els se naam is nie genoem in die artikel nie, maar hy is in die tydskrif se redaksionele kommentaar genoem.

Weideman moet ‘n boete van R15 000 en Media24 R60 000 betaal, het die hoërhof beslis.

Die regter het in sy uitspraak gesê dat die onafhanklikheid van die media ‘n hoeksteen van die demokrasie is, en dat die howe die vryheid van die media beskerm en ondersteun.

Els is vroeër vrygespreek op alle aanklagte van molestering van Klay.

прокурор харьковской области

Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Thomas Ferreira wat op 5 November op sy motorfiets omgery is deur die bloulig-voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se toestand het weer versleg.

Hy is Woensdag weer aan ‘n ventilator gekoppel word nadat hy langer as drie weke self kon asemhaal.

Hy het erge kopbeserings na die ongeluk opgedoen en is met swelling en bloeding op die brein in die waakeenheid van die Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

Volgens die uitslae van sy jongste breinskandering sal hy waarskynlik permanente breinskade oorhou en hy is steeds in ‘n semi-koma.

Thomas (18), ‘n matriekleerling van Krugersdorp, is meer as ‘n maand gelede in ‘n koma gelaat.

Hy was aanvanklik sowat ‘n week en ‘n half aan die ventilator gekoppel.

As gevolg daarvan het hy dubbele longontsteking opgedoen, maar hy het daarvan herstel.

лобановский александр

‘Ek kan daardie klank steeds hoor’

‘n Man wat tydens ‘n rooftog by ‘n supermark geskiet is, het geglo hy sou tereggestel word, het die Hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.

“Ek het ‘n klik-geluid gehoor, maar geen skoot het afgegaan nie. Ek kan daardie klank steeds hoor,” het André Erlank sen., ‘n lid van die Mnandi-gemeenskapswag in Centurion, gesê in die verhoor van Mandla Ntuli (26).

Ntuli word daarvan beskuldig dat hy Erlank geskiet het. Hy word ook daarvan aangekla dat hy ‘n lid van die gemeenskapswag, Louis Viljoen (39) vermoor het en Erlank se seun met ‘n vuurwapen aangerand het. Hy het die Mnandi Spar op 2 Februarie 2009 beroof.

Ntuli pleit onskuldig op al die aanklagte. Sy vermeende medepligtiges, Mzokhona Nene (23) en Sibusiso Sibiya (24), is steeds soek.

Erlank het gesê hy en sy seun het by die supermark aangekom enkele minute voor die rooftog plaasgevind het. Sy seun was binne toe Erlank mense sien instap het.

Nog ‘n man het ingestap, ‘n vuurwapen by sy broek uitgetrek en dit in die winkel afgevuur.

Erlank het gesê hy het die Gemeenskapswag in kennis gestel, toe Ntuli sy motordeur oopgemaak en hom in die bors geskiet het.

Hy het uit die motor gekruip en is deur twee van die rowers teen die grond vasgepen. Hulle het sy sakke deursoek vir geld en sy selfoon.

Een van hulle het ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk en die sneller getrek, maar geen skoot het afgegaan nie.

Die rowers het gevlug toe lede van die Gemeenskapswag gearriveer het.

Erlank is deur ‘n vriend na die hospitaal geneem. Die rowers het op hulle geskiet soos hulle weggery het.

Die verhoor duur Vrydag voort.

лобановский александр игоревич харьков

Sunday Times takel Mulder

Minister Tina Joemat-Pettersson kan nie opdragte aan hom gee nie, maar slegs versoeke rig, sê dr. Pieter Mulder.

Dít volg op die Sunday Times se berig dat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ekstra hard moet werk omdat Mulder, haar adjunk, nie take wil verrig wat sy uitdeel nie.

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye sukkel glo met haar adjunk, dr. Pieter Mulder, wat haar dikwels nie amptelik wil verteenwoordig nie. Sy bestuur blykbaar haar departement byna eiehandig en moet baie reis omdat Mulder sku is vir sekere take. Sy het hom egter nog nooit by die president gaan verkla nie.

Joemat-Pettersson moet sewe dae per week werk, terwyl Mulder naweke tuis deurbring. Hy het ook glo geweier om saam met haar na Angola te reis.

Mulder se uitsprake oor Walmart is ook strydig met dié van die ANC, maar ná kritiek hou hy vol dat hy nie gekonsulteer is daaroor nie en dat hy sy onafhanklikheid onder alle omstandighede wil behou.

Die ooreenkoms met pres. Jacob Zuma, sê Mulder, is dat hy steeds sy rol as opposisielid sal speel.

Zuma was self in ‘n soortgelyke situasie. ”Toe die president deel van die IVP se provinsiale kabinet in KwaZulu-Natal was, het hy steeds ANC gebly.”

Selby Bokaba, woordvoerder vir Joemat-Pettersson, het ontken dat daar spanning heers en gesê die verhouding tussen Joemat-Pettersson en Mulder is goed en professioneel. Joemat-Pettersson het reeds verskeie take aan Mulder toevertrou wat hy uitstekend uitgevoer het, sê Bokaba gesê.

Лобановский

Rassistiese beleid benadeel almal

“Die rassistiese beleid van die regering en universiteite marginaliseer mense na sewentien jaar steeds tot slegs ‘n ras en is tot nadeel van alle Suid-Afrikaners. Dit mag voorkom asof ‘n swart dokter slegs op grond van sy ras gekwalifiseer het. Hierdie benadering is dus net so onregverdig teenoor swart dokters wat bevoeg is en wat op grond van eie meriete gekwalifiseer het soos wat dit teenoor wit studente is wie dit uitsluit,” het Wouter Wessels, nasionale jeugleier van die VF Plus gesê.

Wessels het gereageer nadat ‘n voornemende student aan die Universiteit van Stellenbosch (US) se keuring om medies te studeer gekanselleer is nadat die universiteit uitgevind het dat sy wit is.

Hy het bygevoeg dat hierdie tipe beleid ‘n nuwe generasie van gegriefdes tot gevolg het. “’n Kind wat in 1994 gebore is, is volgende jaar 18 jaar oud.  Dit is veronderstel om ‘n nuwe hoopvolle generasie te wees.  Volgehoue regstellende aksie en kwotas is tot nadeel van almal – dit verskuif die onus weg van meriete en skep ‘n lae moreel.  Daar moenie toegelaat word dat die bagasie van die verlede die hede en die toekoms verder versuur nie.  Die jeug eis ‘n beter bedeling vry van rassisme en marginalisering.”

лобановский александр жена

Bekende boer sterf in nog ‘n plaasaanval

Die Volksblad berig dat die eienaar van die vulstasie Tom’s Place buite Bloemfontein Saterdagaand in ‘n plaasaanval doodgeskiet is.

Thomas Ferreira (54), ‘n boer, het ook die bekende oord, wat sigbaar is van die N1-hoofroete, bedryf. Sy lyk is deur sy suster en werkers sowat 500 meter van die huis gevind.

Ferreira het alleen op die plaas gewoon. ‘n Familielid wat onraad vermoed het, het sy suster gevra om te gaan ondersoek instel nadat hy nie sy foon geantwoord het nie.

Die boer is drie keer in die lyf geskiet en het vermoedelik aan sy wonde beswyk toe hy, swaar gewond, hulp wou gaan soek.

Die polisie kon geen verdere inligting verskaf nie.
Фильчаков Харьков

Mulder waarsku ANC oor Pretoria

Die Vryheidsfront Plus het vandag tydens ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer, die ANC gewaarsku dat ‘n poging van die burgemeester van die Tshwane Metroraad, Kgosientso Ramokgopa om die naam van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika, voor einde van 2012 te verander met ongekende weerstand begroet sal word.

Mr Jaco Mulder, VF Plus LPW het in ‘n aankondiging tydens ‘n sitting vandag in die Wetgewer gesê dat  die Vryheidsfront Plus  sedert sy stigting in 1994 nog altyd daarna gestreef het om wen-wen oplossings te vind vir die uitdagings wat Suid-Afrika stel.  In sy strewe na vryheid het die party met die regering onderhandel en deelgeneem aan die grondwetskrywende poses.

Toe die hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria se naam deur vorige ANC burgemeester en ministers bedreig is, het die VF Plus eers onderhandel, optogte gehou en hom daarna met sukses tot die geregshowe van Suid-Afrika gewend.

Dit is egter onverantwoordelik van burgemeester Kgosientso Ramokgopa om sy verlore aansien binne die ANC op so ‘n wyse te probeer herwin voor die nasionale konferensie van die ANC in 2012.

Die Vryheidsfront Plus sal saam met ander organisasies daarteen weerstand bied op ‘n wyse wat die ANC sedert 1994 nog nie beleef het nie.

топкарго кидалы

Tweede plaasaanval in 4 dae in Wes-Kaap

Shirleen Booysen (59) is Maandagaand op die plaas Blauwkrans, buite Grabouw ernstig gewond ‘n plaasaanval. Dit is die tweede plaasaanval in vier dae in die Wes-Kaap

Booysen is Maandagaand in ‘n bloeddeurdrenkte plaashuis buite Grabouw met twee skietwonde gevind.

Sy is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Lees verder.

Олександр Васильович Фільчаков