ANC vat Weskusmunisipaliteit

Die ANC in die Wes-Kaap is besig om in te beweeg in DA-beheerde gebiede en het een van sy munisipaliteite in die provinsie verower nadat kragte saamgesnoer is met klein burgerlike organisasies deur middel van ‘n koalisie.

Songezo Mjongile, die provinsiale sekretaris van die Wes-Kaapse ANC, het gister bekend gemaak in Kaapstad dat sy party nou die Weskus Plaaslike Munisipaliteit van Matzikama sal regeer nadat ‘n koalisie met The People’s Independent Civic Organisation en die New Generation Party aangegaan is.

Die Matzikama-munisipaliteit sluit die Weskus-dorpe van Vrendenal, Lutzville en Doringbaai in.

Verlede jaar se verkiesings vir plaaslike regering het versuim om ‘n volstrekte wenner van die munisipaliteit aan te wys en die twee organisasies het die balans in die DA se guns geswaai deur middel van ‘n medebestuursooreenkoms. Maar hulle het nou die Wes-Kaapse regerende party vaarwel geroep, en beskuldig van “arrogansie en elitisme”.

Die klein munisipaliteit het 15 plekke, met die ANC wat ses hou, die DA sewe terwyl TPICO en NGP een elk het.

“Die ANC, TPICO en NGP se koalisie sal dienste neem na die mense wat dit die meeste nodig het en hulle die prioriteit wat hulle verdien gee,” sê Mjongile.

Dit bring die getal tot agt van munisipaliteite wat beheer word deur die ANC in die Wes-Kaap deur middel van koalisies met kleiner partye, terwyl die DA die volstrekte beheer van 17 behou.

Александр Фильчаков

‘Massiewe daling’ in MIV-gevalle in SA verwag

Suid-Afrika, die tuiste van die hoogste aantal MIV-gevalle in die wêreld, behoort ‘n massiewe daling teen die einde van die dekade te sien na ‘n verandering in die regering se beleid, het ‘n UNAIDS-amptenaar Donderdag gesê.

“Daar is nou meer mense met MIV-infeksies hier as enige land in die wêreld, met 5,6 miljoen. Dit is agv ‘n gebrek aan politieke verbintenis voorheen,” sê Sheila Tlou, UNAIDS se plaaslike direkteur vir Oos-en Suider-Afrika.

“Daar is egter ‘n ommekeer in die nuwe regering onder president (Jacob) Zuma wat daartoe verbind is,” in sy stryd teen MIV en vigs, het sy gesê.

“Teen 2020 sal daar massiewe daling in Suid-Afrika wees.”

Zuma, wat Suid-Afrika se Vigs-behandelingprogram dramaties uitgebrei het sedert 2009, het verlede maand ‘n plan onthul om die getal MIV-infeksies oor die volgende vyf jaar te halveer.

Die vyf-jaar plan is eers opgestel na 2008 toe president Thabo Mbeki en sy minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, bekend as dr Beet, uitgeskop is. Laasgenoemde wou vrugte eerder as medikasie gebruik om vigs te behandel.

Tlou het gesê Oos-en Suider-Afrika is bekend as die “die hart van die epidemie” want van die 34 miljoen mense wat met MIV leef, woon byna ‘n 3/4 van die wêreld se gevalle in die streek.

“Een van ons doelwitte is om nuwe infeksies met 50 persent te verminder,” teen 2015, het sy aan ‘n perskonferensie in Genève gesê.

Maar Tlou het opgemerk dat die onlangse skugterheid in die verbintenis van die Globale Vigsfonds, om vigs, tuberkulose en malaria te help beveg, UNAIDS kan kortwiek in die stryd teen die siekte.

“Daar is nogal baie vordering sedert 1997 met ‘n 25 persent vermindering in nuwe infeksies in ons streek,” sê Tlou,’ n verpleegkunde-professor en ‘n voormalige minister van Gesondheid van Botswana wat tans in Johannesburg woon.

Steve Kraus, UNAIDS-direkteur vir Asië en die Stille Oseaan, het gesê belangrike vordering is gemaak in groot lande soos China, Indië en Indonesië en in kleiner lande soos Fidji en Samoa.

Kraus het gesê China het ‘n beleid van zero toleransie oor MIV aangeneem. Dit is later oorgeneem deur die 10 ASEAN-lande.

“China se befondsing vir die nasionale reaksie teen [MIV] neem toe en hulle het ‘n bykomende $1 miljard in 2011 bewillig. Thailand is ‘n ander land om dit te doen,” het hy gesê.

Gevra oor die betroubaarheid van Chinese data, het Kraus gesê: “In China is die data vandag beter as gister,” en bygevoeg dat die verbetering van ‘n konstante proses is. “Dit is soos om op soek te wees na die heilige graal om te bly verbeter.”

Фильчаков прокурор харьков

Jeugliga sal opmars na Pretoria oor inmenging

Die plasing van departemente onder administrasie instede daarvan om hulle te help het probleme vir die mense in Limpopo geskep, het die ANC-jeugliga in die provinsie gister gesê.

“As ‘n gevolg van die inmenging van die nasionale Kabinet, is dienslewering in Limpopo letterlik verlam,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

“Vir die eerste keer sedert 1994 ondervind ons probleme.”

Daar word beweer dat skoolvoedingsprogramme en vervoer nie betaal is nie, medikasie in hospitale is nie verkry nie, onderwysbeurse is gevries en verskeie ander diensverskaffers is nog nie betaal nie.

Die nasionale regering het vyf Limpopodepartemente in Desember verlede jaar onder administrasie geplaas as gevolg van miljarde rande in verkwiste besteding wat die provinsie bankrot gelaat het.

Vyf departemente – finansies, onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, openbare werke, en opvoeding is onder die nasionale regering se beheer geplaas. Die oorblywende departemente word mbv die riglyne wat deur die nasionale regering gestel is, bestuur.

By ‘n mediakonferensie oor die Kabinet se aanvanklike bevindings tov die provinsie se finansiële krisis, het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, Donderdag gesê ‘n forensiese ondersoek na Limpopo se moontlike R2 miljard-tekort sal hierdie week begin.

Die ANC-jeugliga in die provinsie het gesê hulle gee die nasionale Kabinet sewe dae om “die situasie reg te stel”.

“As ons nie enige verandering sien nie, sal ons alle betrokke belanghebbendes mobiliseer en in Maart na Pretoria opruk want dit is die middelpunt van ons probleme.”

Die liga het gesê dit was ‘n “raaisel” dat die Limpopo se provinsiale regering geteiken word want dit is nie die “ergste” provinsie nie.

“Ander provinsies het oortrekkings van meer as die R1 miljard aangevra deur Limpopo versoek, maar tog word daardie provinsies is nie geteiken nie,” het die jeugliga gesê.

Фильчаков Александр Васильевич

Limpopo sonder skoolboeke, bankrot

Skole in Limpopo sal binne die volgende paar dae hulle handboeke kry.

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dit belowe by ‘n mediakonferensie in Limpopo wat deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, toegespreek is.

Gordhan het verduidelik dat Limpopo bankkrot is en daarom onder administrasie geplaas is.

Talle skole in Limpopo het vandeesweek geopen sonder enige handboeke, omdat die provinsiale departement van Onderwys dit blykbaar nie bestel het nie.

Motshekga het die versekering gegee dat die betrokke uitgewers gereed is om die handboeke af te lewer.

Фильчаков

DA kos Pretoria R14 miljoen

Tshwane se belastingbetalers sal R14 miljoen moet uithaal vir ‘n wykskomiteeverkiesing wat nooit gebeur het nie omdat die DA die proses se geldigheid bevraagteken.

Inwoners in al 105 betrokke kieswyke was veronderstel om in Januarie wykskomiteeverkiesings te hou. Die regering het in 2011 munisipaliteite versoek om hul wykskomitees binne drie maande ná afloop van die verkiesing van 18 Mei te kies.

Minute voordat verkiesings in die Moot, Queenswood, Wingatepark, Erasmuskloof en Mooikloof sou plaasvind, is ‘n dringende kennisgewing egter uitgestuur dat die proses onbepaald uitgestel word.

Die Tshwane-raad het in Junie 2011 ‘n verslag oor regulasies vir openbare deelname met die verkiesings goedgekeur, maar die regulasies is volgens die DA nooit geproklameer en afgekondig nie.

Die wykskomiteeverkiesings kan dus nie voortgaan nie. Janho Engelbrecht, DA-hoofsweep, het gesê “die regulasies is nooit geproklameer soos vereis word nie.”

Die verkiesings se reëlings is aan TKO Promotions, ‘n privaatmaatskappy, toegeken. Dié kontrak beloop sowat R14 miljoen.

Олександр Васильович Фільчаков

‘Modimollemonster’ kan heilige word

Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu het aan The Star gesê die man wat sy vrou deur swartes laat verkrag het, Johan Kotzé, is nie ‘n monster nie en mag selfs tot heilige verklaar word.

Tutu sê Kotzé bly steeds ‘n “kind van God”. Die media het na Kotzé as die “monster van Modimolle” verwys.

Kotzé staan tereg op verskeie aanklagte, onder meer dat hy drie werkers gedwing het om Ina Bonnette, sy vervreemde vrou, te verkrag en dat hy haar seun vermoor het.

Al is hy skuldig aan hierdie dade, is hy nie ‘n monster nie, sê Tutu. Kotzé bly ‘n “kind van God met die moontlikheid om ‘n heilige te word”, sê hy.

Tutu het gesê die mens is na die beeld van God geskape en die ergste sonde vernietig dit nie.

Tutu het gepleit dat Christene die verhaal moet onthou van die rower aan die kruis wat die paradys belowe is omdat hy berou gehad het.

Олександр Фільчаков прокурор

Vrae oor Weermag se polisiëringsrol bly onbeantwoord

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me Lindiwe Sisulu, sleep voete oor ‘n vraagteken wat hang oor die Weermag se betrokkenheid by Suid-Afrika se polisiëring.

Sy sal eers vir die media geleentheid gee om vrae te stel aan haar oor die betrokkenheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die onlangse misdaadbekampingsplan, by name Operasie Feesseisoen

Minister Sisulu is tans besig in die Kabinet se lekgotla by Bela Bela en is glo bewus daarvan dat die media navraag gedoen het oor die rol van die SANW, wat saam met die polisie misdaad beveg.

Die minister is onder druk om vrae wat oor die aangeleentheid geopper is, te beantwoord, het Jimmy Manyi in ‘n verklaring gesê.

Dit sal egter nie dadelik kan wees nie, aangesien sy eers ná die lekgotla, wat Vrydag eindig, daarop sal antwoord, of selfs later. Dit mag eers tydens die reeks van mediakonferensies wees wat sal volg na die jaarlikse toespraak deur die President aan die land op 9 Februarie.

Лобановский Харьков

‘Grants’ neem 13-voudig toe

Die aantal kinders wat maatskaplike toelaes ontvang het 13-voudig toegeneem sedert 2001, het ‘n opname Woensdag aan die lig gebring.

Begunstigdes het van 800 476 in 2001 tot 10 387 238 in 2011 gestyg, volgens die studie wat volgende week deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge vrygestel sal word.

Hierdie getal sal toeneem met nog ‘n miljoen in 2013, sê navorser Lerato Moloi.

Kinders op die kinderondersteuningstoelaag is verantwoordelik vir 70 persent van alle mense op maatskaplike welsyn. Hulle ontvang R260 per maand.

In Februarie 2011 het die regering die uitbreiding van die kinderonderhoudstoelaag vir alle kinders tot die ouderdom van 18 jaar aangekondig.

Moloi het gesê die algehele maatskapliketoelaebegunstigdes het van sowat R3.5 miljoen tot R15 miljoen toegeneem.

Ouderdomspensioenbegunstigdes het in dieselfde tydperk met slegs 40 persent toegeneem, terwyl die oorlogveterane wat subsidies ontvang met 85 persent afgeneem het.

Dit is volgens die raming op nasionale besteding wat deur die Nasionale Tesourie in 2011 gepubliseer is.

Ouderdomspensioenbegunstigdes ontvang R1140 ‘n maand. Hoewel pensioenarisse verantwoordelik is vir slegs 18 persent van alle mense op maatskaplike welsyn, is die ouderdomspensioen verantwoordelik vir die grootste deel van die toekenning van uitbetalings met 39 persent.

Die kinderonderhoudstoelaag is verantwoordelik vir 36 persent van die totale bedrag.

Kritici meen die kinderondersteuningstoelaag is ‘n aansporing vir tienerswangerskappe.

Volgens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het die getal swangerskappe onder meisies tussen die ouderdomme van 15 tot 19 jaar ‘n hoogtepunt bereik in 1996. Dit was twee jaar voor die instelling van die kinderonderhoudstoelaag.

Die studie het getoon dat die getal sedertdien gedaal het.

Dit is teenstrydig met ‘n verslag deur Limpopo se gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingsafdeling wat in November verlede jaar gepubliseer is, wat wys dat swangerskappe in skole toeneem.

“Sowat 16 persent van die wat swanger te raak, verkry toegang tot die kinderondersteuningstoelaag,” sê Moloi.

Sy het gesê dat meer navorsing nodig is om die bestaan ​​en omvang van so ‘n korrelasie vas te stel.

Фильчаков

Phosa uitgehaal omdat hy Malema steun

Die ANC moet konsekwent te alle tye kommunikeer, sê die party se sekretaris-generaal Gwede Mantashe. Hy het Dinsdag oor die opmerkings wat gemaak is deur die tesourier Mathews Phosa, kommentaar gelewer.

Party-amptenare het Maandag, onder andere, Phosa se verklarings bespreek wat hy gemaak het by die ANC se eeufeesvieringe in Limpopo, het Mantashe in ‘n verklaring gesê.

Hulle het ooreengekom om “te belê in die eenheid van hierdie organisasie”.

“Ons het verder ooreengekom dat dit bereik sal word met die leierskap van die ANC en nie die stuur van uiteenlopende boodskappe aan die publiek nie.”

Tydens die eeufeesvieringe van Limpopo in Sekhukhune hierdie naweek, het Phosa die opgeskorte ANC-jeugliga leier, Julius Malema, verdedig en gesê die party is “geen asblik vir kamerade” nie.

“Ek weet Juju is bekommerd oor die [dissiplinêre appèlverhoor], maar ek wil hom verseker dat die ANC geen asblik vir kamerade is nie,” het hy gesê, en Malema se bynaam gebruik.

“As kamerade foute maak, vind ons ‘n meganisme om hulle aan te spreek,” het City Press Phosa aangehaal.

Dit was die eerste keer sedert Malema se vyf-jaar skorsing uit die ANC, wat in November verlede jaar aangekondig is, dat een van die party se top-ses amptenare hom verdedig het in die openbaar.

Malema se appèl teen sy skorsing sal volgende Maandag aangehoor word.

Phosa het ook die regering daarvan beskuldig dat hy die Limpopopremier Cassel Mathale se magte “gesteel” het nadat die Kabinet vyf van die provinsie se departemente onder administrasie geplaas het. Dit is gedoen nadat die bankrot provinsie nie verlede jaar diensverskaffers kon betaal nie en meer geld gevra het.

Phosa het Mathale versoek om die saak aan die African National Congress voor te lê.

“Ons sou graag wil weet, as die NUK [nasionale uitvoerende komitee] watter impak dit op dienslewering in die provinsie gehad het sodat ons ons regering kan vertel wat hier en daar gedoen kan word,” het Phosa na wat berig word gesê.

Mantashe het gesê dit is net “korrek” vir partyleiers om “weg te bly van die proses” in die dissiplinêre saak teen Malema.

“Indien enige van die nasionale amptenare kommentaar lewer oor ‘n aangeleentheid wat nog steeds hangende is, mag dit geïnterpreteer word as ‘n geleentheid om die uitkoms te beïnvloed.”

Mantashe het gesê die vergadering van die amptenare het ook kommentaar wat gemaak is oor die plasing van sommige departemente onder nasionale administrasie soos die in Limpopo, die Vrystaat en Gauteng, bespreek.

“Die besluit wat geneem is deur die nasionale regering … is ‘n intervensie wat bedoel is om regeringsadministrasie te versterk en hierdie besluit is ondersteun deur die bevindinge van die Ouditeur-generaal,” het hy gesê.

Александр Фильчаков

NW-polisiestasie aan die brand gesteek

Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat die Bethanie-satelliet-polisiekantoor aan die brand gesteek is.

Skade wat veroorsaak is deur die brand, is op R20 000 geraam, het die polisiewoordvoerder Captain Tselane Nkala Dinsdag gesê. Die brand is in die vroeë oggendure Sondag gestig.

“Twee polisiebeamptes wat aan diens was, het gepatrolleer en toe hulle terug gekom het, het hulle gesien dat die satellietstasie brand. Die voorste vensters was gebreek, die deur was aan die brand en die voorste plafon was ook aan die brand.”

Die polisie vermoed die plaaslike inwoners wat verlede week in ‘n optog betrokke was waartydens bande verbrand is en klippe gegooi is, kon die brand gestig het, want ‘n band is op die perseel gevind.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Die ANC het twee intussen ook van sy burgemeesters in Noordwes “herroep” vir die oortreding van ANC-beleid en beweerde korrupsie.

“’n Besluit is geneem om Boitumelo Moloi en Andrew Maphetle te herroep. Hulle werk nie saam met die organisasie nie en doen dinge op hul eie manier,” het David Kham, adjunk-streeksekretaris van die ANC, gesê.

“As jy deur die ANC ontplooi word, moet jy doen wat van jou verwag word, jy kan nie net doen wat jy wil nie. Sommige het gekies om baie anti-ANC te wees… dit affekteer die gebied van Tlokwe en die Dr Kenneth Kaunda-distrik.”

Moloi was die burgemeester van die Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit, wat Tlokwe, Matlosana en Maquassi Hills insluit. Maphetle was die burgemeester van die Tlokwe-plaaslike munisipaliteit.

Ook die party se streeksekretaris, Aubuti Chika, is geskors omdat hy nie sy pligte nagekom het nie.

Die DA het gesê Maphetle se verwydering behoort vir Dakota Legoete, ‘n vorige burgemeesterskandidaat wat oorgesien is nadat hy na bewering betrokke was by korrupsie in Tswaing, die weg te baan.

“Hierdie is ‘n politieke tsunami om sekere ‘kaders’ uit te haal en hulle te vervang met lede wat meer polities gemaklik by die ANC is. Dit het niks te doen met die behoeftes van die mense nie,” het Chris Landsberg, woordvoerder, gesê.

Volgens Kham het die proses om plaasvervangers aan te wys reeds begin.

Фильчаков прокуратура харьков