SA voer meer landbouprodukte uit in 2010

Suid-Afrika verkoop 30 persent meer landbougoedere in die buiteland as wat in 2010 ingevoer is, het ‘n studie Woensdag getoon.

“Landbou-uitvoere het met 10 persent tussen 2008 en 2010 gegroei, met die totale landbou-uitvoere wat US6.8 miljard (ongeveer R52bn) beloop,” het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge gesê.

Gedurende dieselfde tydperk het landbou-invoere met net minder as ‘n persentasie, US5.2bn (ongeveer R39bn), gestyg.

Landbou-uitvoere was verantwoordelik vir vyf persent van Suid-Afrika se totale uitvoere in 2010, terwyl die landbou-invoere verantwoordelik was vir twee persent.

Die ontleding is gegrond op inligting verskaf deur die buitelandse landboudiens in die Verenigde State se landbou-afdeling.

Nederland was Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerbestemming, met ‘n bietjie meer as 10 persent of US700 miljoen (sowat R5.3bn) in 2010, het die navorsing aan die lig gebring.

Tussen 2008 en 2010, het die vraag na Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere in Asië en Afrika toegeneem, terwyl die persentasie uitvoere na Europese lande gedaal het.

“Onlangse data dui daarop dat die vraag vir die Suid-Afrikaanse landbouprodukte nie net bestendig is nie, maar in werklikheid groei,” het navorser Jonathan Snyman gesê.

“Voedselsekerheid verkeer op ‘n mespunt in veral sub-Sahara-Afrika, dus is dit ‘n positiewe ontwikkeling dat Suid-Afrika sy status gehandhaaf het as ‘n netto landbou-uitvoerder.”

Argentinië het Suid-Afrika se grootste bron van landbou-invoer gebly sedert 2008. Maar dit het van 17 persent in 2008 tot 12 persent in 2010 gedaal het, het hy gesê.

лобановский харьков класс

Malema se ANC-lidmaatskap is betaal

Beleërde ANC-jeugliga president, Julius Malema, het Woensdag daarop aangedring het dat sy ANC-lidmaatskapfooie betaal is.

“My lidmaatskap is opbetaal en dit verstryk volgende jaar. Die ANC sal dit bevestig en hulle het die saak ondersoek,” het Malema aan die New Age koerant in ‘n onderhoud gesê.

Hy het gereageer op verslae vroeër hierdie week dat hy nie sy African National Congress-ledegeld betaal het sedert 2009 nie.

Данильченко Юрий Харьков

SA sterftes neem toe, MIV/Vigs en plaasmoorde

Die sterftesyfer in Suid-Afrika het meer as verdubbel sedert 1985, en geboortesyfers het gedaal, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR), gister gesê.

“In 1985 was daar 1.060.000 geboortes en 259,000 sterftes in Suid-Afrika,” volgens die SAIRR se nuutste SA Survey.

“In 2011 was daar ongeveer dieselfde aantal geboortes as in 1985, maar nog meer as dubbel die aantal sterftes (599,000).”

Geboortes het ‘n hoogtepunt in 1996 bereik, maar het sedertdien afgeneem, en sal na verwagting voortgaan om te verminder.

Volgens data van Statistiek Suid-Afrika, het sterftes as ‘n persentasie van die bevolking van 0,8 persent in 1997 tot 1,2 persent in 2008 toegeneem.

Verder, het die Instituut vir Toekomsnavorsing ‘n geprojekteerde sterftesyfertoename van 17 persent tussen 2010 en 2040 gestel.

Verlede jaar het Stats SA gesê die bevolking word geskat op 50,59 miljoen.

SAIRR het gesê die geboortesyfer in 2011 het afgeneem van 26,1 geboortes per 1000 mense tot 21. Die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika verwag dit sal verder daal tot 18 jaar teen 2025.

Die toenemende sterftesyfer is agv die negatiewe uitwerking van MIV/vigs. Die dalende geboortesyfer weerspieël ‘n internasionale tendens, sê instituutnavorser Thuthukani Ndebele.

Ndebele voel dit is gekoppel aan verbeterde onderwys, lewenstandaarde, en toegang tot geboortebeperking.

“Sterftes beweeg nader aan geboortes teen ‘n vinnige tempo, wat uiteindelik gelei het tot ‘n stadiger bevolkingsgroei,” het Ndebele gesê.

Intussen het die TLU Dinsdag gesê ses boere is vermoor in verskillende dele van die land gedurende Januarie vanjaar.

“Plaasmoorde in Suid-Afrika is hoër hierdie jaar in vergelyking met verlede jaar, toe slegs een boer vermoor is gedurende dieselfde tydperk,” het die algemene bestuurder Bennie van Zyl in ‘n verklaring gesê.

“Dit is onaanvaarbaar … ons het probeer om die regering te oortuig om aksie te neem vir ‘n paar jaar, maar niks is gedoen nie.”

Die vakbond het hierdie week begin met ‘n veldtog om bewustheid oor die plaasmoorde in die land te versprei. Van Zyl het gesê dit is uitgebrei na Europese lande.

Hy beskuldig die regering dat hulle ‘n dowe oor hou vir die vakbond se oproep om te veg teen plaasmoorde. Van Zyl het gesê TLU SA het nie meer enige manier om die boere, wat hy beskryf as die land se voedselprodusente, te beskerm nie.

“Die enigste reaksie wat ons van die regering gekry het toe ons die kwessie van plaasmoorde geopper het, was dat plaasaanvalle nie meer ‘n prioriteit is nie, maar ‘n bekommernis.

“Slegs 35.000 kommersiële boere bly oor in hierdie land, maar die bydrae wat hulle tot die ekonomie maak, is enorm.”

Die TLU gaan intussen probeer om sy saak in Europa te stel.

лобановский супермаркет класс

UMD kasty ‘wit minderheidsmedia uit apartheid’

Hoe meer Media24 die wit rassis onder elke bed jag, hoe minder kry hulle dit klaarblyklik reg om self weg te kruip as die uitgediende oorblyfsel van apartheid.

Die Suid-Afrikaanse media word nog steeds beheer deur ‘n wit minderheid wat aan die mag is sedert apartheid, het die United Democratic Movement (UDM) Dinsdag gesê, met verwysing na veral Media24.

“‘n Mens kan nie wegskram van die feit dat die Suid-Afrikaanse media steeds hewig beïnvloed word deur diegene wat tydens apartheid mag verkry het nie,” het die UDM-leier Bantu Holomisa gesê tydens ‘n aanbieding aan die Persvryheidkommissie se openbare verhore in Johannesburg.

“Byna twee dekades in ons demokratiese bedeling in, bly die Suid-Afrikaanse media onder die streng beheer van ‘n minderheidsgroep wat self mislei is om te dink dit het die mag om die land se denkprosesse te dikteer.”

Holomisa sê die UDM is bekommerd oor die “bevooroordeelde en subjektiewe” besluite wat geneem is deur die redakteurs en joernaliste oor wat die moeite werd is om van verslag te gee.

“Hulle merk die meeste stories wat afkomstig is van die opposisie partye as onnuuswaardig.

“Die ironie is dat die einste joernaliste wat weier om sekere politieke partye te dek later by die regering as sy woordvoerders optree.”

Holomisa het gesê die media het ‘n kritieke rol te speel in die blootstelling van die “oortredings” van openbare amptenare.

“As dit nie vir die media was nie, sou ons almal salig onbewus daarvan gewees het dat ons uitgebuit word.

“Ons kan nie enige pogings ondersteun om sulke skandale te onderdruk nie, en die regulering van die media moet nie misbruik word as ‘n instrument om die waarheid wat moet uit, te verhoed nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

ANC kap gedrukte media

‘n Onafhanklike media-appèltribunaal sal die beste manier wees om die drukmedia te reguleer, het die ANC Dinsdag gesê.

“Ons wil dit duidelik maak, ons beywer ons vir die onafhanklike regulering van die media, vry van die belange van kommersiële of politieke partye,” het Jessie Duarte, lid van die ANC se uitvoerende komitee, aan die kommissie vir persvryheid in Johannesburg gesê.

“Die ANC glo in onafhanklike regulering. Dit beteken nie dieselfde as die interpretasie wat algemeen met ons voorstel verbind word nie. Dit word soms geïnterpreteer as sou die media deur die staat gereguleer moet word.”

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en die party se woordvoerder, Jackson Mthembu, was saam met Duarte by die openbare verhoor.

Mthembu het voorgestel dat die parlement dit moet oorweeg om ‘n onafhanklike liggaam in dieselfde afdeling as die kantoor van die openbare aanklaer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie te skep.

“So ‘n liggaam moet nie ‘n gevestigde belang in die sakewêreld, politiek of die media self hê nie,” het hy gesê.

“Die ANC kan nie aan die parlement sê waarmee om vorendag te kom nie, slegs dat hulle iets moet vind wat alle Suid-Afrikaners tevrede sal stel.

Duarte het gesê die appèltribunaal is noodsaaklik, aangesien die drukmedia in haar opinie gedomineer word deur swak joernalistiek, onverantwoordelike verslaggewing, ‘n oneffektiewe media-ombudsman en ‘n tekort aan aanspreeklikheid.

Mthembu het gesê die tribunaal sal strawwe en sanksies teen ‘n agentskap of publikasie lê, ongeag van die erns van die oortredings.

“Met die Mediaraad en ombudsman is die aanname altyd dieselfde en die publikasie onttrek net die storie en vra om verskoning – ongeag van die erns,” het hy gesê.

“Ons wil nie iets hê wat teen die media is nie. Die struggle waaraan ons almal  deelgeneem het, het ‘n vrye pers moontlik gemaak.”

Sunday Times se voormalige redakteur en tans by Avusa, Mondli Makhanya, het gesê die Persraad is nog steeds ‘n doeltreffende regulerende liggaam vir die gedrukte media.

“Die basis van ons beroep is geloofwaardigheid, sonder dit is ons niks. Verskoning aanteken is ‘n effektiewe sanksie. Joernaliste wil nie voor die publiek staan ​​en sê dat hulle verkeerd was nie,” het hy gesê.

“Daar is voorbladverskonings wat ek moes doen by die Sunday Times, en dit is nog iets wat ek diep oor voel … Dit bly nog steeds oop wonde.”

 

 

данильченко юрій броніславович

Persvryheid is net vir die media, hoor kommissie

Die media wil die reg om uitsprake te maak vir homself toeëien, maar ontken dat ander dieselfde reg het, het die persvryheidskommissie Maandag gehoor.

“Hulle gee nie vryheid van uitdrukking aan die man in die straat, die publiek, nie,” het Ebrahim Hassaim gesê, ‘n individu wat ‘n voorlegging by die openbare verhore in Johannesburg oor persvryheid gemaak het.

Hy het gesê hy is ‘n ywerige skrywer van briewe aan die pers, maar vind dikwels woorde wat sommer aan hom toegedig word, of aansienlike wysigings wat gemaak word aan sy briewe sonder dat ‘n voetnota dit aandui.

“En dit is absolute bedrog,” het hy gesê.

Hy het probeer om te kla en het so ver gegaan as die Persraad, maar is weggewys

“Hulle wil dit nie graag hoor nie, maar daar is joernaliste wat nie omgee vir die belange van die publiek nie,” het hy gesê.

As hulle sy briewe so kan verander, is hy nie verbaas dat die regering voel dat hulle ‘n rede vir ‘n klag teen die media het nie.

“Die media moet niemand rede om te kla gee nie. My voorlegging is dat daar onafhanklike regulering moet kom,” het hy gesê.

Intussen het onafhanklike kenners daarop gewys dat die media erg geïnfiltreer is deur NI-agente wat ‘n sekere agenda wil bevorder en weinig omgee oor spraakvryheid of die publiek se regte.

Олександр Васильович Фільчаков

Joernalis dagvaar SWAPO

‘n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People’s Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom ‘n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het ‘n hof Maandag gehoor.

Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in ‘n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as ‘n “ex-Koevoet”.

Koevoet was ‘n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid van die land se regering toe Suid-Afrika nog daaroor beheer gehad het.

Grobler se prokureur Hannchen Schneider, het aan die Windhoekse Hooggeregshof gesê dat die opmerkings teen vryheid van spraak is en sy “professionele reputasie” beskadig het.

Die koerant word ook op SWAPO se webwerf gepubliseer en die redaksie het ontstoke reaksie van die publiek ontvang, met lesers wat beweer dat Grobler “erger is as wat Osama bin Laden” en “sy hande geweek is in die bloed van die nasie”.

Grobler, wat gesê het dat hy nou vir sy lewe vrees, het gesê die redaksionele kommentaar beskadig sy reputasie.

SWAPO se sekretaris-generaal, Pendukeni Iivula-Ithana, wat ook die Minister van Justisie is, is ook gedagvaar. Die verhoor sal Vrydag hervat.

Фильчаков прокурор харькова

SA verloor AU-leierskapstryd

Die Afrika-Unie het die mandaat van sy hoofkommissaris, Jean Ping verleng nadat die verkiesing van die nuwe AU-hoof op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Ping, van Gaboen, is China se voorkeurkandidaat.

Ping en die Nkosazana Dlamini Zuma van Suid-Afrika was kandidate vir dié pos.

Ping sal nou aanbly tot die volgende beraad later vanjaar in Lilongwe in Malawi gehou word.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayai het die aankondiging gemaak aan die einde van die tweedaagse beraad in Addis Ababa. Yayai het bewerings ontken dat daar ‘n dooiepunt in die verkiesing is as gevolg van verdeeldheid in die Pan Afrika blok van lande.

Die minister van Internasionale Verhoudinge, Maite Nkoanae Mashabana het ook aangekondig dat Dlamnini Zuma wéér Suid-Afrika se kandidaat sal wees by die Malawi-beraad.

President Jacob Zuma het vroeër op die beraad gesê Afrika moet ekonomiese, maatskaplike en omgewingskwessies takel om meer geleenthede vir sy mense te verseker.

Hy het in Addis Ababa gepraat by die bekendstelling van ‘n verslag oor wêreldwye volhoubaarheid.

Zuma sê die toekomstige welvaart van ontluikende lande hang af van leiers wat maniere vir volhoubare groei moet bewerkstellig.

Hy het ongelykhede uitgesonder as een van die probleme wat aandag moet kry vir wêreld groei.

лобановский александр игоревич харьков

Foutjie kos SAPD driekwartmiljoen

Dit is ‘n klein foutjie, maar met ‘n heftige prysetiket: R740 000. Die fout kan waardevolle inligting van die polisie weerhou en selfs die arrestasie van ‘n groot aantal misdadigers verhoed. Die fout? Een ontbrekende nul.

Agt-en-vyftig reklameborde wat regoor die land opgerig is om die SAPD se amptelike wenkediens, Stop Misdaad te adverteer, is met ‘n fout gedruk. Dit was oor die naweek dat die publiek die fout agtergekom het.

Die Stop Misdaad se 08600 10111 se een nul is op 58 reklameborde weg, en iemand met waardevolle inligting oor kriminele aktiwiteite wat 0860 10111 skakel, sal begroet word met ‘n besettoon.

Nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Lindela Mashigo, het gesê die polisie het reeds die fout erken en is in gesprek om dit reg te stel. Die veldtog kan die polisie byna ‘n driekwartmiljoen rand kos, maar Mashigo sê dat die ander uitsaai-en gedrukte advertensies maak seker dat die publiek weet wat die korrekte nommer vir die blitslyn is.

Die advertensieborde is strategies geplaas in misdaadbrandpunte regoor Suid-Afrika. Een van die mees prominente borde op Graystonrylaan in Sandton sal bly vertoon, en die verlore nul sal ingevoeg word deur middel van plakkate of op ‘n ander manier.

Wanneer sal dit gebeur? “So gou as moontlik,” sê Mashigo.

Stop Misdaad se nommer: 08600 10111.

Данильченко Харьков

Oproer by Schoemansdal onderdruk

Altesaam ses-en-twintig mense is op Schoemansdal naby Jeppes Reef in Mpumalanga in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld.

Die mense was glo deel van ‘n gewelddadige betoging. Hulle het volgens berigte vier voertuie, kantore en ‘n gimnasium van ‘n plaaslike sakeman aan die brand gesteek.

Volgens die polisie is daar vermoede dat die sakeman ‘n sluipmoordenaar is. ‘n Woordvoerder, Leonard Hlathi sê die polisie moes die skare met rubberkoeëls uitmekaar jaag.

Die verdagtes sal vanoggend in die hof verskyn.

Данильченко Юрий отзывы