Grensposnagmerrie

‘n Suid-Afrikaanse egpaar en hul Italiaanse vriend se herinneringsreis na Namibië om hul eerste kennismaking met die land 25 jaar gelede te herdenk, het weens die optrede van twee immigrasiebeamptes by Sendelingsdrift in ‘n nagmerrie ontaard.

Mnr. Franco Cancellier (51), bemarkingsbestuurder van ‘n Italiaanse maatskappy in Como, is in hegtenis geneem en moes ‘n nag in die polisieselle op Alexanderbaai deurbring omdat die immigrasiebeamptes volgehou het dat met sy paspoort gepeuter is.

Selfs ná amptelike briewe uit Italië via die land se konsulaat in Kaapstad om die egtheid van die paspoort te bevestig, moes die trio hoor hulle is nie welkom om Namibië deur Sendelingsdrift binne te gaan nie.

‘n Ontstelde mnr. Herman Steyn, ‘n sakeman van Welgemoed in Kaapstad met belange in die tekstielbedryf, sê die betrokke immigrasiebeamptes se “wanbestuur van hul gesag” en “hul totaal rassistiese houding en arrogansie” skaad Namibië se beeld in die buiteland. “Vir toeriste om so iets te beleef, is totaal onaanvaarbaar en berokken jul land baie skade,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud uit Kaapstad gesê.

Steyn, sy vrou, Leslie, en Cancellier het op 11 Januarie vir ‘n besoek van 12 dae aan Namibië uit Kaapstad vertrek. “Ons drie het 25 jaar gelede ook só ‘n toer onderneem en hierdie was ‘n herinneringsreis. Ons eerste bestemming was die Visrivier Lodge aan die noordekant van die spoelvallei, wat ons laat besluit het om Namibië deur die grenspos by Oranjemund binne te gaan.”

Hy sê hulle is sonder enige probleme deur die grensposte aan die Suid-Afrikaanse en Namibiese kant, maar toe hulle met Namdeb se private pad van Oranjemund na Rosh Pinah wou ry, is hulle meegedeel dat hulle ‘n permit moet hê. Dit het die drie gedwing om terug te gaan na Suid-Afrika en die 80 km langs die Oranjerivier na Sendelingsdrift af te lê sodat hulle daar met die pont oor die rivier kon gaan.

“Ons is sonder probleme uit Oranjemund terug na Suid-Afrika en by die Suid-Afrikaanse grenspos by Sendelingsdrift is ons ook sonder enige probleme deurgelaat.” Min het hulle egter geweet wat aan die Namibiese kant op hulle gewag het, vertel Steyn.

Hy sê die twee Namibiese immigrasiebeamptes, ‘n man en ‘n vrou, het nadat hulle Cancellier se paspoort geskandeer het, gesê daar is mee gepeuter en hulle kan hom nie in Namibië toelaat nie. “Ons het verduidelik ons vriend is reeds deur 20 lande, insluitend Namibië vroeër die dag, toegelaat, maar hulle wou niks weet nie. Ons het die idee gekry hulle wag dat ons vir hulle omkoopgeld aanbied, wat ons nie gedoen het nie.”

Steyn sê toe hulle weer sien, was daar vyf Namibiese polisiemanne by die grenspos. “Die immigrasiebeamptes en die polisiemanne is toe saam met ons met die pont terug na die Suid-Afrikaanse kant, boonop sonder dat hulle enige paspoorte by hulle gehad het.

“Hier het die situasie vinnig versleg. Die Suid-Afrikaanse immigrasiebeamptes onder leiding van me. Ellison Links wat ons twee ure vroeër vriendelik deurgelaat het, het skielik omgeswaai en met die Namibiërs saamgestem dat daar met die paspoort gepeuter is.”

Hy sê in ‘n stadium was omtrent veertien polisiemanne en doeanebeamptes van beide lande in die vertrek en die uiteinde was dat Cancellier se paspoort gekonfiskeer is. Hy is summier in hegtenis geneem, agter in ‘n vangwa gelaai en na die polisieselle op Alexanderbaai geneem.

Die Steyns het op dié kusdorp in ‘n gastehuis oornag en vroeg die volgende oggend die Italiaanse konsulaat in Kaapstad gekontak, wat weer met Italië geskakel het. Twee amptelike briewe later, kon hulle einde ten laaste daarin slaag om hul vriend vrygelaat te kry.

“Omdat sy paspoort deur die Suid-Afrikaners by Sendelingsdrift afgeneem is, moes ons reël dat die paspoort na Alexanderbaai gebring word. Dit was omdat die Suid-Afrikaanse beamptes vir ons gesê het die man aan die Namibiese kant het gesê hy gaan ons nie deurlaat nie en ons moet maar deur Noordoewer ingaan.” Volgens Steyn het dit beteken hulle moes ‘n draai van nagenoeg 320 km ry.

Mnr. Walderich Tibinyane, toesighouer by die Namibiese grenspos by Sendelingsdrift, het die voorval gister bevestig en gesê die drukwerk op Cancellier se paspoort het ‘n “dowwigheid” gewys waar die geslag van die paspoorthouer aangedui word.

Hy sê al rede hoekom die “fout” nooit deur enige ander immigrasiebeampte raakgesien is nie, is omdat “my mense aan diens by die Namibiese kant baie meer opmerksaam is”.

Op ‘n vraag waarom die trio aangeraai is om Namibië liewer via Noordoewer binne te gaan, het hy geantwoord: “Ek kan nie daarop kommentaar lewer nie. Vra die Suid-Afrikaners (immigrasiebeamptes).”

лобановский александр дети

Donkiemelk het skop

Cleopatra had haar skoonheid daaraan te danke gehad dat sy in donkiemelk gebad het, maar dit is nie waar die heilsaamheid van hierdie produk eindig nie. As die Namibiese welsynsorganisasie Donkey Welfare of Namibia (DwoN) sy sin kry, gaan donkiemelk in die toekoms ‘n groot rol in Afrika speel om ondervoeding te bekamp en voedselsekerheid in arm, landelike gemeenskappe te verseker.

Dit is om hierdie rede dat DwoN pas ‘n projek bekendgestel het om die gebruik van donkiemelk in Afrikalande te bevorder waar baie donkies voorkom. Samesprekings is reeds met die Namibiese regering, die Universiteit van Namibië en die Universiteit van Molise in Italië gevoer, terwyl dr. Peta Jones, ‘n donkiekenner, die projek ondersteun. Volgens hierdie organisasie beskik die vasteland oor meer as 20 miljoen donkies en veel meer kinders en volwassenes wat ondervoed is.

Indien die voedsaamheid van donkiemelk reg bemark word, kan miljoene liter van hierdie melk daagliks gebruik word om in honger mense se voedingsbehoeftes te voorsien. Wetenskaplike navorsing toon donkiemelk is gesonder as koeimelk, lui ‘n verklaring hieroor. Dit bevat minder vet, beskik oor ‘n hoër persentasie proteïen en bevat meer van die vitamiene wat in melk voorkom. Verder hoef donkiemelk nie gepasteuriseer te word nie. Omdat donkies volop is in landelike gebiede, hoef mense ook nie donkies ten duurste te koop nie.

DwoN sê sy projek behels die bewusmaking van die gesondheidswaarde van donkiemelk en bied demonstrasies aan oor hoe om donkies te melk, terwyl gemeenskappe aangemoedig word om hierdie produk deel van hul daaglikse dieet te maak. Volgens DwoN se verklaring beoog die organisasie om die projek stelselmatig in die hele Suider-Afrika te vestig. Eerw. Edward Amadhila, hoof van die TOV Veeldoelige Sentrum op Tsumeb wat na die onderwys, fisieke en emosionele behoeftes van weeskinders omsien, het sy steun aan die projek toegesê. DwonN het donkies aan die sentrum geskenk sodat die kinders voortaan donkiemelk kan drink.

Die BBC het Vrydagaand ‘n onderhoud met Amadhila hieroor in die program “World Service” uitgesaai. DwoN is ses jaar gelede gestig om na die welstand van die honderde duisend donkies in Namibië om te sien. Een van die eerste uitdagings was die groot aantal donkies wat jaarliks padongelukke veroorsaak. Die organisasie beywer hom daarvoor dat donkie-eienaars oorplaatjies vir die diere aanbring wat snags weerkaats sodat motoriste hulle betyds opmerk.

прокурор Фильчаков

Richard Branson spoel mond uit oor wit rassisme

Twee klagtes van rassisme by Virgin Active gimnasiums in Johannesburg is afgehandel, het Virgin Active SA, gister gesê.

“Ek het persoonlik verantwoordelikheid aanvaar om die feite te oorweeg en of enige verdere plan van aksie nodig is,” het besturende direkteur, Ross Faragher-Thomas in ‘n verklaring gesê.

“Ek is tevrede dat Virgin Active SA so spoedig as moontlik met die voorval gehandel het, asook die erns van die twis erken het en die prioriteit wat dit verdien.”

Dinsdag, het Independent Online berig dat Lesley Mofokeng ‘n kriminele klag gelê het nadat hy beledig is by Sunninghill Virgin Active, in die noorde van Johannesburg.

‘n Mede-lid van die gim het Mofokeng ‘n “boy” genoem en hom beskuldig dat hy  “die toerusting beset”.

Mofokeng het gesê: “Die man het gekom en begin skree en gesê:” Julle swart ouens neem alles oor wat ons het. Ons weet dit is jou fokken land, maar jy hoef nie alles te beheer nie. “

The Star het Maandag berig dat ‘n lid van die Virgin Active Morningside, in Sandton, op grond van ras beledig is deur ‘n ander lid tydens ‘n spinklas op 31 Desember.

Volgens Liz Hleza het die man ontstoke geraak omdat sy geskree het “Yebo” in haar entoesiasme vir die musiek en oefening.

“Ek was so bang en het gedink hy gaan my slaan, hy was so kwaad. Hy het gesê ek moet stilbly en aanhou herhaal ‘this bloody kaffir, you kaffir’,” het Hleza gesê.

Sy het gesê sy was ontevrede met die gim se hantering van die saak.

Faragher-Thomas het gesê Virgin Active het vier personeellede aangewys om te kyk na die klagtes. Die algemene bestuurder was ook betrokke by pogings om die opstootjies op te los.

Die voorval by die Morningside-gim is ondersoek en hy het persoonlik met Mofokeng oor sy ervaring gesels.

“Ons neem altyd gepaste optrede in die geval van ‘n lid se wangedrag.”

Hy het gesê lede is in die verlede geskors vir onvanpaste gedrag, en dat die maatskappy ‘n zero-toleransie benadering tot diskriminasie deur sy lede inneem.

Stigter en hoofuitvoerendebeampte van die Virgin-groep Richard Branson het kommentaar oor die aangeleentheid op die Virgin Active SA se Facebook-bladsy gelewer, berig News24.

“Ons keur nie enige vorm van diskriminasie by Virgin goed nie- veral nie rassisme nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Virgin beskou die klagtes as “baie ernstig”.

“[Ons] is van plan om te kyk na al die feite om die regte uitkoms vir alle betrokke partye te bereik,” het Branson geskryf.

лобановский обыск

Die pienk hoofstad van Afrika

Selfbewuste sonbaaiers lê langs die swembad by The Glen, ‘n gastehuis wat op die Pink Map van Kaapstad aangedui word. Dit word uitgedeel by die lughawe vir die 225,000 gay toeriste wat elke jaar die stad besoek.

Gay kultuur floreer sedert die val van apartheid, toe homoseksualiteit nie openlik beoefen is nie. Vandag is gelyke regte in die grondwet verskans en paartjies van dieselfde geslag trou en neem kinders aan in Suid-Afrika.

Maar geen stad in die land, of op die vasteland, is so aggressief besig soos Kaapstad om “pienk” toerismedollars te jaag, en as ‘n model van verdraagsaamheid en ‘n trekpleister vir internasionale gay toeriste te probeer lyk nie.

“Die gay mark is beslis een van die nismarkte waarna ons kyk,” sê Skye Grove, woordvoerder van Kaapstad Toerisme, die stad se bemarkingsagentskap. “Hulle het ‘n baie groter besteebare inkomste as nie-gay toeriste.”

Van die stad se 1,5 miljoen besoekers per jaar, is ongeveer 15% gay, meen sy, baie van hulle blanke mans.

“Dit gaan regtig oor die leefstyl,” het sy gesê, verwysende na die stad se witsandstrande, die wêreld-klas restaurante en ‘n lewendige straatkultuur.

By die Glen, floreer sake. Die hotel het onlangs sy aantal beddends verdubbel en ‘n tweede swembad, ‘n tweede jacuzzi en ‘n tweede kroeg oopgemaak.

“See, seks en die son,” sê Chris Hattingh, wat die hotel bestuur, ‘n opsomming van wat gay toeriste najaag.

Die suidelike somer lok trekvoëls vanaf die noordelike klimaat en Kaapstad se reputasie vir verdraagsaamheid maak dit aantreklik vir gay reisigers, het hy gesê.

“Ons soek die son!” sê Pierre Huygh, ‘n jong Belg wat langs die swembad in die son bak.

“Ons het gedink oor die Karibiese Eilande, maar ons was reeds daar. My broer het vir my gesê Kaapstad is baie gay. Dus het ons ‘n motor gehuur en ons is hier om te verken.”

Op baie maniere, is gay Kaapstad ‘n eiland waar toeriste kan hande vashou of soen in die straat.

In baie die residensiële dele van die stad, beide wit en swart, waar tradisie en godsdiens egter sterk invloede bly, word gays met minagting of geweld behandel. Lesbiërs word dikwels verkrag om hulle te “genees”.

Vir toeriste, is dit wêrelde ver.

“Ek voel gemaklik hier. Dit is ‘n baie mooi land. Ek is ‘n bloemiste, en ek hou van die blomme en plante. En ook die ouens,” sê Stefan Gutwenger, ‘n Italianer met ‘n Suid-Afrikaanse vlag op sy skouer getatoeëer. Hy is op sy vyfde reis hier.

Kaapstad beskik oor ‘n wye verskeidenheid van plekke, stedelik en landelik, van baie gay tot gemengde nagklubs en restaurante.

Die bemarking daarvoor is selfs erg oordrewe.

“Basies, het talle plekke ‘n reënboog-vlag op die balkon, maar dit beteken nie dat hulle goeie diens sal gee nie,” sê die Evan Tsouroulis, wat ‘n plaaslike gay-tydskrif uitgee.

Woord oor die stad is beslis uit, maar dit is nie goedkoop nie.

“Tien jaar gelede, was Kaapstad redelik onbekend as ‘n gay bestemming, en dit was baie goedkoop. Dit het verander, het Hattingh gesê.

“Kaapstad het ‘n mededingende voordeel van ‘n goedkoop vakansie verloor. Dit is nie goedkoop om hierheen te vlieg nie, en akkommodasie het al hoe duurder geword.”

Riaan Kirsten, verkoops-en bemarkingsbestuurder by Kaap Info-Afrika, ‘n toeristemaatskappy, sê Kaapstad ondervind ook meer mededinging want wêreldwyd het stede ontdek wat die waarde van die pienk dollar is.

“Maar die Kaap is nog steeds gesog as ‘n gay bestemming. Elke jaar, is daar meer gay toeriste wat hierheen kom.”

Фільчаков Олександр Васильович

SA-leerlinge wil in Engels, Afrikaans leer

Meer as 60 persent van Suid-Afrika se leerlinge kies Engels vir leer en onderrig, het die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudings Dinsdag gesê.

Dit was ten spyte van die feit dat slegs sewe persent van die land se leerlinge (852,000 van 12.2 miljoen) Engels by die huis praat.

‘n Totaal van 7,6 miljoen leerlinge wil in Engels onderrig word, het die instituut se SA Survey bevind.

Net so, oorskry die aantal leerlinge wat in Afrikaans wil leer die aantal studente wat die taal by die huis praat.

Zoeloe is die mees gesproke huistaal, met meer as 3,1 miljoen leerlinge.

Ongelukkig verkies minder as ‘n derde van hierdie leerlinge om in Zoeloe geleer te word.

Dieselfde tendens is waar van Xhosa, Tswana, Pedi, Swati, en Venda-sprekende leerlinge.

Minder as ‘n kwart van leerlinge wie se huistaal, Ndebele, Sotho, of Tsonga is, het verkies om in hierdie tale te leer.

“Die meerderheid van die leerlinge ontvang onderrig in Afrika-tale in die grondslagfase, maar skakel oor na Afrikaans of Engels as hul onderrig- en leertaal van so vroeg as graad vier,” sê Jonathan Snyman, ‘n navorser by die instituut.

Hy het gesê die afname in Afrika-tale is ‘n gevolg van die keuses wat ouers en leerlinge vroeg in hul skoolopleiding neem.

прокурор Фильчаков

‘Selfs Homer Simpson is teen nasionalisering’

Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die ANC se insig dat die nasionalisering van myne, soos vervat is in die verslag van ‘n ANC-taakspan, nie ‘n lewensvatbare beleid vir Suid-Afrika is nie, mosterd na die maal is.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor minerale, moet die ANC kennis neem van die geskiedkundige feit dat die groot projek van sosialisme internasionaal gefaal het en dat dit reeds in 1989 plaasgevind het met die val van die Berlynse muur.

“‘n Mens moet wonder op watter planeet die ANC woon dat hulle enigsins die pleidooie van ‘n quasi-kommunis met tenderpreneuriese neigings, soos Julius Malema, ernstig opgeneem het en hierdie ondersoek geloods het.

Selfs Homer Simpson sou kon aandui dat privaatbesit en die vrye mark, hoewel nie perfek nie, die beste stelsel is om rykdom en werk te skep en sosiale geregtigheid te verseker.

Wat wel hierdeur gebeur het, is dat Suid-Afrika se beeld by buitelandse beleggers baie skade gely het. Dit mag dalk snaaks wees dat die ANC werklikheidsvreemd optree, maar dit is geen grap nie, veral vir die mense wat ‘n werk kon bekom het weens beleggings, maar wat nou verlore is as gevolg van die ANC se optrede,” het Alberts gesê.

Die VF Plus is van mening dat die ANC reeds deur middel van kaderontplooiing, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging die ekonomie van Suid-Afrika toenemend begin beheer.

Dit is deel van die ANC se plan soos uiteengesit in die bloudruk van die Nasionale Demokratiese Rewolusie wat met alle mag teëgestaan moet word.

лобановский депутат

Moorde hoër as padsterftes

Suid-Afrika is die enigste land waar ‘n mens meer geneig is om vermoor te word as om in ‘n padongeluk te sterf, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) in ‘n opname bevind.

“Dat ons moordsyfer meer as die sterftes op die paaie is beteken nie dat padsterftes laag is nie, net dat ons ‘n hoë moordsyfer het, selfs hoër as ons baie hoë padsterftesyfer,” het navorser Kerwin Lebone Maandag gesê.

Die studie is gebaseer op inligting uit die padverkeerkorporasie en die polisie vir die 2010/11 finansiële jaar wat verlede Maart geëindig het.

Daar is bevind dat 32 Suid-Afrikaners per 100,000 dood is as ‘n gevolg van moord, terwyl 28 per 100,000 in padongelukke gesterf het.

“Internasionale data toon dat die koers van padsterftes altyd baie hoër is as die moordsyfer oor die hele wêreld,” het Lebone gesê.

In die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, is padsterftes verantwoordelik vir drie maal meer sterftes as moord.

Slegs Limpopo en Mpumalanga is naby aan die internasionale norm, met twee keer soveel mense vermoor in padsterftes as deur moord.

Александр Фильчаков прокурор

Twee vas oor plofstof

Twee mans het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir die versuim om oorskiet plofstof na skietwerk wat hulle gedoen het, te vernietig, het die polisie Maandag gesê.

Sersant Fikiswa Matoti het gesê Alen Smith, 36, en Johannes van der Merwe, 24, twee werknemers van ‘n privaatplofstofmaatskappy, is aangekla van die onwettige besit, vervoer en berging van plofstowwe.

Die saak teen hulle is uitgestel tot Dinsdag in dieselfde hof.

Die mans is in hegtenis geneem toe die plofstof in hul besit gevind is Donderdag. Polisie het gesê hulle het ‘n wenk van ‘n lid van die publiek ontvang.

Matoti het gesê dit word deur die wet vereis dat oorblywende plofstof na elke wettige ontploffingsoefening vernietig word, maar dat die mense versuim het om by die reël bly.

Polisie het die gekonfiskeerde plofstof aan die forensiese eenheid gestuur om dit te vergelyk met dié wat gebruik word by onlangse skietwerke.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

‘Tieners bewonder my hare’

Die Demokratiese Alliansie se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het Maandag gesê sy is ‘n rolmodel vir jong meisies van alle rasse.

“Die demografie van die jong mense wat my voorkeer in die straat is veral tiener-en pre-tiener meisies van alle rasse wat my vra watter vakke hulle in die hoërskool moet neem om ‘n LP te word, en wat sê hulle dink dit is so opwindend dat ek is ‘n lid van die Parlement is en dat my hare pragtig lyk,” het sy aan die Kaapstadse Persklub gesê.

Mazibuko het gesê dat sy nie die rassekaart gespeel het in die bitter veldtog vir die parlementêre leierskap nie, maar dat sy tot die diversiteit van die DA se topbestuur bygedra het.

“Jong mense in die besonder stel in die toekoms van die party belang en identifiseer en bewonder die lede van die leierskap op ‘n manier wat hulle gewoonlik nie vyf of 10 jaar gelede sou nie.”

Sy het gesê swart kiesers vind toenemend ‘n “ideologiese resonansie” met die DA en sy glo dat die party binne die volgende twee verkiesings ‘n dramatiese verandering in sy ondersteuningsbasis sal sien.

“By ons is diversiteit ‘n uitdaging. Die manier waarop ons betrokke raak met ras in die DA is ‘n iets waarmee ons die hele tyd worstel.

“Ek is daarvan oortuig dat dit ‘n uitdaging is waarmee ons met enorme spoed handel.”

Mazibuko het geweier om direk kommentaar lewer oor die kwessie rondom haar verkiesing waaroor die swart LP Masizole Mnqasela gewaarsku het dat dit blote oëverblindery was wat swart kiesers nie sal flous nie.

Sommige ontleders het tydens die laaste verkiesing gesê die party het deur die sogenaamde “wit plafon” gebreek, maar ander het daarop gewys dat die stemme hoofsaaklik ten koste van kleiner partye eerder as van die ANC gekom het.

Mazibuko het Athol Trollip in die parlementêre leierskapsverkiesing in Oktober maklik verslaan om die eerste swart persoon te word om die pos te beklee.

Sy het gister gesê dat die Parlement ‘n “disfunksionele instelling” geword het, want dit keur wetgewing goed wat geskryf is in die regerende party se hoofkwartier.

Sy het die regering se nuwe Gesondheidsplan sowel as die geld wat aan onderwys besteë word gekritiseer as ondoeltreffend.

лобановский александр биография

Polisieteenwoordigheid opgeskerp na ‘Bobbejaan klim die berg’

‘n Sterk polisie-teenwoordigheid sal weer in Ventersdorp heers wanneer Eugene Terre’Blanche se moordverhoor vandag hervat word.

Rassespanning het verlede week opgevlam toe die enkele paar AWB-ondersteuners ‘Bobbejaan klim die berg’ begin sing het nadat swart inwoners snedige plakkate vertoon het.

Die swart inwoners het ook ‘Awuleth ‘Umshini wami’ gedreunsing.

Noordwes se polisiewoordvoerder Thulani Ngubane het gesê meer beamptes word in die gebied ontplooi.

Verlede week is die geloofwaardigheid van die ondersoekbeampte in die saak, luitenant-kolonel Tsietsi Mano, in die gedrang gebring. Die verdediging se prokureur Norman Arendse het die polisie daarvan beskuldig dat die ondersoekbeampte die reëls verontagsaam het, asook eie beleid en wetgewing.

Chris Mahlangu en ‘n minderjarige pleit onskuldig aan moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer dat hy in selfverdediging opgetree het. Hy beweer ook dat hy die vermoorde man verkrag is.

Die tiener ontken betrokkenheid by die misdaad.

Arendse het Mano daarvan beskuldig dat hy apartheid-styl martelmetodes op die roofverdagtes uitgevoer het.

Hy het gesê dat dit elektriese skokke, pogings tot verdrinking, en ‘n doodsvonnisafkondiging ingesluit het.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор