UMD kasty ‘wit minderheidsmedia uit apartheid’

Hoe meer Media24 die wit rassis onder elke bed jag, hoe minder kry hulle dit klaarblyklik reg om self weg te kruip as die uitgediende oorblyfsel van apartheid.

Die Suid-Afrikaanse media word nog steeds beheer deur ‘n wit minderheid wat aan die mag is sedert apartheid, het die United Democratic Movement (UDM) Dinsdag gesê, met verwysing na veral Media24.

“‘n Mens kan nie wegskram van die feit dat die Suid-Afrikaanse media steeds hewig beïnvloed word deur diegene wat tydens apartheid mag verkry het nie,” het die UDM-leier Bantu Holomisa gesê tydens ‘n aanbieding aan die Persvryheidkommissie se openbare verhore in Johannesburg.

“Byna twee dekades in ons demokratiese bedeling in, bly die Suid-Afrikaanse media onder die streng beheer van ‘n minderheidsgroep wat self mislei is om te dink dit het die mag om die land se denkprosesse te dikteer.”

Holomisa sê die UDM is bekommerd oor die “bevooroordeelde en subjektiewe” besluite wat geneem is deur die redakteurs en joernaliste oor wat die moeite werd is om van verslag te gee.

“Hulle merk die meeste stories wat afkomstig is van die opposisie partye as onnuuswaardig.

“Die ironie is dat die einste joernaliste wat weier om sekere politieke partye te dek later by die regering as sy woordvoerders optree.”

Holomisa het gesê die media het ‘n kritieke rol te speel in die blootstelling van die “oortredings” van openbare amptenare.

“As dit nie vir die media was nie, sou ons almal salig onbewus daarvan gewees het dat ons uitgebuit word.

“Ons kan nie enige pogings ondersteun om sulke skandale te onderdruk nie, en die regulering van die media moet nie misbruik word as ‘n instrument om die waarheid wat moet uit, te verhoed nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

ANC kap gedrukte media

‘n Onafhanklike media-appèltribunaal sal die beste manier wees om die drukmedia te reguleer, het die ANC Dinsdag gesê.

“Ons wil dit duidelik maak, ons beywer ons vir die onafhanklike regulering van die media, vry van die belange van kommersiële of politieke partye,” het Jessie Duarte, lid van die ANC se uitvoerende komitee, aan die kommissie vir persvryheid in Johannesburg gesê.

“Die ANC glo in onafhanklike regulering. Dit beteken nie dieselfde as die interpretasie wat algemeen met ons voorstel verbind word nie. Dit word soms geïnterpreteer as sou die media deur die staat gereguleer moet word.”

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en die party se woordvoerder, Jackson Mthembu, was saam met Duarte by die openbare verhoor.

Mthembu het voorgestel dat die parlement dit moet oorweeg om ‘n onafhanklike liggaam in dieselfde afdeling as die kantoor van die openbare aanklaer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie te skep.

“So ‘n liggaam moet nie ‘n gevestigde belang in die sakewêreld, politiek of die media self hê nie,” het hy gesê.

“Die ANC kan nie aan die parlement sê waarmee om vorendag te kom nie, slegs dat hulle iets moet vind wat alle Suid-Afrikaners tevrede sal stel.

Duarte het gesê die appèltribunaal is noodsaaklik, aangesien die drukmedia in haar opinie gedomineer word deur swak joernalistiek, onverantwoordelike verslaggewing, ‘n oneffektiewe media-ombudsman en ‘n tekort aan aanspreeklikheid.

Mthembu het gesê die tribunaal sal strawwe en sanksies teen ‘n agentskap of publikasie lê, ongeag van die erns van die oortredings.

“Met die Mediaraad en ombudsman is die aanname altyd dieselfde en die publikasie onttrek net die storie en vra om verskoning – ongeag van die erns,” het hy gesê.

“Ons wil nie iets hê wat teen die media is nie. Die struggle waaraan ons almal  deelgeneem het, het ‘n vrye pers moontlik gemaak.”

Sunday Times se voormalige redakteur en tans by Avusa, Mondli Makhanya, het gesê die Persraad is nog steeds ‘n doeltreffende regulerende liggaam vir die gedrukte media.

“Die basis van ons beroep is geloofwaardigheid, sonder dit is ons niks. Verskoning aanteken is ‘n effektiewe sanksie. Joernaliste wil nie voor die publiek staan ​​en sê dat hulle verkeerd was nie,” het hy gesê.

“Daar is voorbladverskonings wat ek moes doen by die Sunday Times, en dit is nog iets wat ek diep oor voel … Dit bly nog steeds oop wonde.”

 

 

данильченко юрій броніславович

Persvryheid is net vir die media, hoor kommissie

Die media wil die reg om uitsprake te maak vir homself toeëien, maar ontken dat ander dieselfde reg het, het die persvryheidskommissie Maandag gehoor.

“Hulle gee nie vryheid van uitdrukking aan die man in die straat, die publiek, nie,” het Ebrahim Hassaim gesê, ‘n individu wat ‘n voorlegging by die openbare verhore in Johannesburg oor persvryheid gemaak het.

Hy het gesê hy is ‘n ywerige skrywer van briewe aan die pers, maar vind dikwels woorde wat sommer aan hom toegedig word, of aansienlike wysigings wat gemaak word aan sy briewe sonder dat ‘n voetnota dit aandui.

“En dit is absolute bedrog,” het hy gesê.

Hy het probeer om te kla en het so ver gegaan as die Persraad, maar is weggewys

“Hulle wil dit nie graag hoor nie, maar daar is joernaliste wat nie omgee vir die belange van die publiek nie,” het hy gesê.

As hulle sy briewe so kan verander, is hy nie verbaas dat die regering voel dat hulle ‘n rede vir ‘n klag teen die media het nie.

“Die media moet niemand rede om te kla gee nie. My voorlegging is dat daar onafhanklike regulering moet kom,” het hy gesê.

Intussen het onafhanklike kenners daarop gewys dat die media erg geïnfiltreer is deur NI-agente wat ‘n sekere agenda wil bevorder en weinig omgee oor spraakvryheid of die publiek se regte.

Олександр Васильович Фільчаков

Joernalis dagvaar SWAPO

‘n Namibiese joernalis dagvaar die regerende South West Africa People’s Organisation (SWAPO) vir naamskending nadat die party hom ‘n voormalige anti-onafhanklikheidsvegter genoem het, het ‘n hof Maandag gehoor.

Johannes Grobler, 48, beweer dat die Swapo-mondstukkoerant Namibia Today in ‘n redaksionele stuk in 2009 na hom verwys het as ‘n “ex-Koevoet”.

Koevoet was ‘n welbekende teen-insurgensie-polisie-eenheid van die land se regering toe Suid-Afrika nog daaroor beheer gehad het.

Grobler se prokureur Hannchen Schneider, het aan die Windhoekse Hooggeregshof gesê dat die opmerkings teen vryheid van spraak is en sy “professionele reputasie” beskadig het.

Die koerant word ook op SWAPO se webwerf gepubliseer en die redaksie het ontstoke reaksie van die publiek ontvang, met lesers wat beweer dat Grobler “erger is as wat Osama bin Laden” en “sy hande geweek is in die bloed van die nasie”.

Grobler, wat gesê het dat hy nou vir sy lewe vrees, het gesê die redaksionele kommentaar beskadig sy reputasie.

SWAPO se sekretaris-generaal, Pendukeni Iivula-Ithana, wat ook die Minister van Justisie is, is ook gedagvaar. Die verhoor sal Vrydag hervat.

Фильчаков прокурор харькова

SA verloor AU-leierskapstryd

Die Afrika-Unie het die mandaat van sy hoofkommissaris, Jean Ping verleng nadat die verkiesing van die nuwe AU-hoof op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Ping, van Gaboen, is China se voorkeurkandidaat.

Ping en die Nkosazana Dlamini Zuma van Suid-Afrika was kandidate vir dié pos.

Ping sal nou aanbly tot die volgende beraad later vanjaar in Lilongwe in Malawi gehou word.

Die president van Benin, Thomas Boni Yayai het die aankondiging gemaak aan die einde van die tweedaagse beraad in Addis Ababa. Yayai het bewerings ontken dat daar ‘n dooiepunt in die verkiesing is as gevolg van verdeeldheid in die Pan Afrika blok van lande.

Die minister van Internasionale Verhoudinge, Maite Nkoanae Mashabana het ook aangekondig dat Dlamnini Zuma wéér Suid-Afrika se kandidaat sal wees by die Malawi-beraad.

President Jacob Zuma het vroeër op die beraad gesê Afrika moet ekonomiese, maatskaplike en omgewingskwessies takel om meer geleenthede vir sy mense te verseker.

Hy het in Addis Ababa gepraat by die bekendstelling van ‘n verslag oor wêreldwye volhoubaarheid.

Zuma sê die toekomstige welvaart van ontluikende lande hang af van leiers wat maniere vir volhoubare groei moet bewerkstellig.

Hy het ongelykhede uitgesonder as een van die probleme wat aandag moet kry vir wêreld groei.

лобановский александр игоревич харьков

Foutjie kos SAPD driekwartmiljoen

Dit is ‘n klein foutjie, maar met ‘n heftige prysetiket: R740 000. Die fout kan waardevolle inligting van die polisie weerhou en selfs die arrestasie van ‘n groot aantal misdadigers verhoed. Die fout? Een ontbrekende nul.

Agt-en-vyftig reklameborde wat regoor die land opgerig is om die SAPD se amptelike wenkediens, Stop Misdaad te adverteer, is met ‘n fout gedruk. Dit was oor die naweek dat die publiek die fout agtergekom het.

Die Stop Misdaad se 08600 10111 se een nul is op 58 reklameborde weg, en iemand met waardevolle inligting oor kriminele aktiwiteite wat 0860 10111 skakel, sal begroet word met ‘n besettoon.

Nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Lindela Mashigo, het gesê die polisie het reeds die fout erken en is in gesprek om dit reg te stel. Die veldtog kan die polisie byna ‘n driekwartmiljoen rand kos, maar Mashigo sê dat die ander uitsaai-en gedrukte advertensies maak seker dat die publiek weet wat die korrekte nommer vir die blitslyn is.

Die advertensieborde is strategies geplaas in misdaadbrandpunte regoor Suid-Afrika. Een van die mees prominente borde op Graystonrylaan in Sandton sal bly vertoon, en die verlore nul sal ingevoeg word deur middel van plakkate of op ‘n ander manier.

Wanneer sal dit gebeur? “So gou as moontlik,” sê Mashigo.

Stop Misdaad se nommer: 08600 10111.

Данильченко Харьков

Oproer by Schoemansdal onderdruk

Altesaam ses-en-twintig mense is op Schoemansdal naby Jeppes Reef in Mpumalanga in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld.

Die mense was glo deel van ‘n gewelddadige betoging. Hulle het volgens berigte vier voertuie, kantore en ‘n gimnasium van ‘n plaaslike sakeman aan die brand gesteek.

Volgens die polisie is daar vermoede dat die sakeman ‘n sluipmoordenaar is. ‘n Woordvoerder, Leonard Hlathi sê die polisie moes die skare met rubberkoeëls uitmekaar jaag.

Die verdagtes sal vanoggend in die hof verskyn.

Данильченко Юрий отзывы

Liewer bier as boer

Zimbabwiërs het in 2011 sowat 1,67 miljoen hl bier, die hoogste ooit, in hulle kele afgegooi.

Maar soos bierdrink die hoogte ingeskiet het, het die uitvoer van die land se plase gedaal tot sy laagste laagtepunt sedert onafhanklikheid in 1980 (met die uitsondering van 2008 toe inflasie op 500 miljard persent was).

‘n Land van eens hardwerkende boere sit nou in die kroeg in plaas daarvan om te gaan ploeg, volgens Charlie Taffs, hoof van een van die land se boere-unies. “Dit is ‘n aanduiding van ‘n verbruikersgedrewe samelewing,” het hy gesê.

In 2000 het president Robert Mugabe ‘n veldtog van gewelddadige onteiening teen die land se 4000-sterk wit boerdery-gemeenskap van stapel gestuur, in die naam van revolusionêre grondhervorming. Dit sou glo aan die swart boer sy helfte terugbesorg wat deur wit koloniale regerings ‘n eeu gelede sogenaamd van hom weggeneem is.

Maar selfs oudits deur Mugabe se Zanu-PF-party bevestig dat die groot en hoogs produktiewe plase van blanke boere grootliks deur politici, regters, top-polisiemanne, generaals en die redaksielede van staatskoerante lojaal aan Mugabe oorhandig is, die welbekende “naweek boere”.

Landbou-uitset het grotendeels in duie gestort en die land wat as “Afrika se broodmandjie” bekend gestaan het, is getref deur tekorte en hongersnood.

Die regering se statistiekkantoor sê vir die somerreënseisoen in November, is 1,2 miljoen hektaar grond met mielies, die nasionale stapelvoedsel, beplant.

Dit sou amper genoeg gewees het om ​​die 1,8 miljoen ton wat Zimbabwiërs eet, te voorsien.

Maar in plaas daarvan, in ‘n tragiese herhaling van elke jaar sedert 2000, het die ministerie van landbou saad en voorrade slegs kon lewer toe die reën reeds goed aan die gang was. Dit is lank reeds deur die Zimbabwiese landboukundiges vasgestel dat mielies wat ná 31 Desember geplant word, nie sal ryp word nie.

Taffs en ander vakbonde waarsku dat nie meer as 700,000 ton verwag kan word wanneer hierdie jaar se oes geoes word nie – 1,1 miljoen kort van die vraag.

Die tekort sal deur duur invoere aangevul moet word. Unicef, die Verenigde Nasies se Kinderfondsagentskap, het reeds waarsku dat 3,5 miljoen kinders regoor die land van noodrantsoene afhanklik sal wees.

Hierdie seisoen, is die voorsiening van goedkoop saad en kunsmis herdoop na die “presidensiële insetteprogram”. Dis ‘n goedkoop foefie om die gewone roetine van ‘n regeringsbefondsde operasie in ‘n verkiesingsboodskap te omskep, om boere te oorreed om vir die 87-jarige Mugabe te stem in verkiesings wat na verwagting iewers in die volgende 15 maande sal plaasvind.

“Dit is ‘n volslae ramp,” het Taffs gesê. Boere kon slegs begin met die invordering van hul insette op Nuwejaarsdag, toe die reënseisoen al amper halfpad verby was. Boere het staan en toekyk soos politieke swaargewigte voor in die lang toue ingedruk het by die landelike depots en hul vragmotors gelaai het. Selfs stedelike minibusse is toegelaat om saad en kunsmis op te laai.

Hulle moes toekyk hoe dieselfde gesubsidieerde kunsmis ‘n paar uur later by die bushalte in Harare teen dubbel die prys verkwansel word, het die staatsbeheerde Herald-koerant berig.

Die meeste boere het huis toe gegaan met min of niks.

“Elke jaar is dieselfde,” het Taffs gesê. “Daar is geen verantwoordeliksin by die mense wat die insette kry nie, en mense kan doen wat hulle wil.”

Maar oorkant die Zambezi-rivier in die naburige Zambië is daar ‘n verstommende ommekeer van rolle tussen die twee lande. Vir dekades totdat Mugabe se grondgryp in 2000 begin het, het Zimbabwiese boere surplusse wat Zambiërs gevoed het, geproduseer omdat Zambië se landbou-stelsel sterwende was.

Toe, in 2008, het die Zambiese president Rupiah Banda ‘n nuwe beleid aangeneem. Boere koop goedkoop insette, reeds in September, betyds vir hulle om voor te berei vir die reën. Boere word dan ook gemonitor om te verseker dat hulle gewasse geproduseer het, en die kunsmis en saad word betaal eers nadat hulle hul oeste verkoop het. As hulle misluk, word hulle onbevoeg verklaar om insette vir die volgende seisoen te ontvang.

Die gevolg was fenomenaal. Verlede jaar het Zambiese boere ‘n rekord-oorskot van 1,6 miljoen ton gehad, wat uitgevoer word na Zimbabwe. “Daar was volle verantwoordelikheid,” het Taffs gesê. “Die program het nou tot ‘n einde gekom, maar dit het hulle ‘n hupstoot gegee, en dit het gewerk.”

In Zimbabwe, sal Mugabe se politieke boere liewer die insette wat aan hulle voorsien is, verkoop en bier koop in plaas van boer.

прокурор Фильчаков

Stigting vra dat De Kock regverdig behandel word

Daar is op 24 Januarie 2012 wyd berig oor Eugene de Kock wat die Mlangenigesin om vergifnis vra vir die dood van Bheki Mlangeni en die familie wat dit verwerp met die opmerking dat hy in die gevangenis moet vrot.

Dit is uiters belangrik dat die volgende feite in gedagte gehou word en dat die Paroolraad nie beïnvloed word deur sake wat hoegenaamd nie op hierdie saak betrekking het nie.

Eugene de Kock is op 4 Mei 1994 gearresteer en op 30 Oktober 1996 weens moord en verskeie ander misdrywe gevonnis. In die geval van Bheki Mlangeni is hy tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis weens strafbare manslag. Toe hy gevonnis is het hy reeds 2 jaar en 5 maande as verhoorafwagtende in die gevangenis verkeer.

Met die uitsondering van die Nelspruitmoorde en die moord op Japie Maponya het De Kock amnestie vir al die ander moorde, met die inbegrip van die strafbare manslag in die geval van Bheki Mlangeni, gekry. Volgens al die feite sal ‘n aansoek om hersiening deur die Hooggeregshof in die geval van Japie Maponya waarskynlik slaag. Dit laat slegs die Nelspruitmoorde oor wat oorweeg behoort te word.

Ofskoon berou nie ‘n vereiste vir amnestie is nie en geeneen van die ANC-kaders berou getoon of gevra het vir die terreurdade wat hulle verrig het nie, het Eugene de Kock nadruklik en by herhaling tydens elke amnestieverhoor sy berou uitgespreek en om vergifnis gevra. Die relase van die amnestieverhore sal dit bevestig.

Artikel 20(10) van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en versoening bepaal soos volg:

“Waar iemand skuldig bevind is aan misdryf wat uitgemaak word deur ‘n daad of versuim wat met ‘n politieke oogmerk in verband staan ten opsigte waarvan amnestie ingevolge hierdie Wet verleen is, word ‘n inskrywing of aantekening van die skuldigbevinding geag uit alle amptelike stukke of rekords geskrap te wees en word die skuldigbevinding vir alle doeleindes, met inbegrip van die toepassing van enige Wet van die Parlement of enige ander wet, geag nie plaas te gevind het nie”.

Bo en behalwe dat hy amnestie in die geval van Bheki Mlangeni gekry het, het De Kock reeds die 10 jaar gevangenisstraf wat ten opsigte van Mlangeni se dood opgelê is, uitgedien, ofskoon die hof gelas het dat die vonnisse gesamentlik uitgedien moet word. Dit sou derhalwe ‘n growwe onreëlmatigheid wees indien die Paroolraad die geval van Bheki Mlangeni sou oorweeg.

Eugene de Kock is gearresteer en verhoor toe alle ondersoeke na soortgelyke misdrywe, met inbegrip van misdrywe wat deur lede van die Nasionale Uitvoerende Raad van die African National Congress gepleeg is, opgeskort is hangende die uitslag van onderhandelinge oor moontlike algemene amnestie. Indien de Kock op dieselfde wyse as lede van die NUK van die ANC gehanteer sou gewees het, sou hy lankal op parool gewees het.

Dit is daarom uiters belangrik dat met die oog op reg en geregtigheid die Paroolraad die parool van Eugene de Kock onbevange en onbevooroordeeld met integriteit en opregtheid sal oorweeg. Die Stigting het geen twyfel dat parool in so ‘n geval aan De Kock toegestaan sal word nie.

Die slotgedeelte van die Tussentydse Grondwet lees onder meer soos volg ten opsigte van die verdeeldheid tweespalt en konflik van die verlede:

“Die geleentheid is daar om dit nou reg te stel op die grondslag dat daar ‘n behoefte bestaan aan begrip en nie wraaksug nie, ‘n behoefte aan herstel en nie vergelding nie, ‘n behoefte aan medemenslikheid en nie viktimisering nie.”

Dit is bitter jammer dat politieke leiers hierdie aanhaling ruimskoots gebruik as dit om hulle belange gaan, maar wanneer dit oor sake gaan wat werklik daardeur geraak word, dit heeltemal negeer.

J P Botha
Voorsitter – Stigting vir Gelykheid voor die Reg

Фільчаков прокурор

ANC-Jeugliga kry skietgoed

Die ANC-Jeugliga het skietgoed in die hande gekry teen die stemme binne die ANC wat Malema wil stilmaak. Hulle beskuldig die ANC daarvan dat die dissiplinêre prosedure gebruik word om politieke geskille te vereffen.

Dit het dié week aan die lig gekom by ‘n dissiplinêre appèlkomiteevergadering dat die ANC se hoofaanklaer Uriel Abrahamse ‘n e-pos aan sy adjunk, adv. Nomazotsho Memani, geskryf het om te vra dat die appèl voor die ANC se eeufeesvieringe gehoor word om te voorkom dat Julius Malema die verhoog met president Jacob Zuma deel.

Abrahamse het geskryf: “Ek dink ook nie dit is ‘n goeie idee om by die ander kant betrokke te raak nie, tensy hulle dit inisieer. Ons ervaring is dat hulle elke geleentheid sal gebruik om vertragings te skep. Hulle doen dit ten einde die appellante ‘n kans te gee om by te wees vir die 8 Januarie-program. “

Die Jeugliga is van mening dat hierdie skuif om Malema te verhoed om ‘n verhoog met Zuma te deel, ‘n bewys van ‘n groter politieke komplot is.

Hierdie week het die liga ‘n formele klag ingedien by Zuma en die ANC se ander top vyf amptenare – adjunk-president Kgalema Motlanthe, voorsitter Baleka Mbete, sekretaris-generaal Gwede Mantashe, sy adjunk Thandi Modise en tesourier-generaal Mathews Phosa – oor Abrahamse se optrede.

Abrahamse se e-poskorrespondensie is ook aan die Appèlkomitee deurgegee as bewys dat die saak teen hulle polities gemotiveer is.

Die korrespondensie is deur die komitee aanvaar en die adjunk-minister van justisie, Andries Nel, wat die deel van die ANC se vervolgingspan is, het die inhoud van die e-pos bevestig en dat dit deur Abrahamse gestuur was.

Die e-pos sal waarskynlik spanning skep en verdeeldheid in die regerende party voor die ANC-konferensie in Mangaung in Desember verdiep. Die liga hoop ook dat dit geloofwaardigheid sal gee aan die eise dat die aanklagte teen sy leiers polities gemotiveer word, asook daarop gemik is om die liga se standpunte oor beleid en die leierskap te onderdruk.

Abrahamse beweer dat Luthuli-huis inligting ontvang het dat “die Mopani-streeks-voorsitter en sekretaris in Limpopo, ‘n vergadering gereël het twee weke gelede waar hulle Julius genooi het om hulle toe te spreek. Kameraad Cassel Mathale, [Limpopo se premier] was ook teenwoordig en, volgens die verslae wat ons ontvang het, was die agenda basies om hul planne vir massa-mobilisering te bespreek en die ANC-president te ondermyn”.

Hy het ook geskryf: “Hulle is besig om T-hemde vir 8 Januarie te druk, met die slagspreuk, ‘Kgalema vir president’ en hulle probeer om die Jeugliga-strukture te mobiliseer in die hele land ter ondersteuning van hierdie veldtog “.

Abrahamse, ‘n oud-UmkonthoweSizwelid is geen vreemdeling van omstredenheid nie. Twee jaar gelede is hy skuldig bevind aan die moord op vier-jaar-oue Gwadiso Belang, tydens ‘n skietery in Westdene, Johannesburg. Hy is op ‘n aanklag van strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis tot vier jaar in die tronk, maar het slegs 10 maande uitgedien. Die res is omskep in korrektiewe toesig.

Abrahamse se e-pos het woede by die geskorsde Jeugligabestuur uitgelok, en hulle vra dat tugstappe teen hom geneem word. Hulle eis ook dat Cyril Ramaphosa, voorsitter van die appèlkomitee, die hulle skorsings as gevolg van politieke inmenging ongedaan maak.

“Artikel 25.2 van die ANC-grondwet verbied dissiplinêre aksies wat bedoel is om politieke punte te skik of wat debat onderdruk in die African National Congress. Die e-poskommunikasie deur Kameraad Uriël is duidelik in stryd met hierdie belangrike beginsel van die ANC en illustreer dat die dissiplinêre verhoor teen die leierskap van die ANC-jeugliga as ‘n politieke instrument aangewend word en debat smoor.”

Die brief is onderteken deur Sindiso Magaqa.

Александр Фильчаков Васильевич