PUK-student verdrink

‘n Ondersoek is aan die gang na ‘n voorval by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar ‘n student in ‘n swembad op die kampus verdrink het.

Die 19-jarige eerstejaarstudent was ‘n inwoner van die Ratau-manskoshuis. Die voorval het Saterdag na bewering tydens oriëntering gebeur.

Die student was vir meganiese ingeneurswese geregistreer. Die eerstejaarstudent het in die universiteit se swembad verdrink tydens die jaarlikse vrugtefees – ‘n georganiseerde kampusaksie vir nuwe studente om hulself te sosialiseer en vriende te maak.

Die nodige veiligheidsmaatreëls was glo getref en daar was mediese personeel van ER24 onder andere teenwoordig tydens die pretdag. Studente is die geleentheid gegun om na afloop van die dag – wat gepaard gaan met waatlemoene eet en mekaar daarna met die skille te smeer – in die swembad om hulself af te spoel.

Studente wie nie kan swem of wou gebruik maak van die geleentheid nie is die opsie gegun om uit te sit. Na afloop van Ratau se sessie is ‘n koptelling gehou, maar daar is geen ongeruimdhede opgemerk nie.

Die liggaam van die jong man is om half 7 die aand deur senior studente gevind wat wou gaan swem het. Die kampusbeskermingsdienste is in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Brigadier Thulani Ngubane van die SAPS bevestig dat ‘n ondersoek na die omstandighede van die student se dood geloods is. Die familie van die oorledene het gevra dat sy naam nie bekend gemaak word voordat sy ma in kennis van sy afsterwe gestel is nie.

Personeel en kundiges van die universiteit is reeds besig met berading en bystand aan mede-studente en koshuisinwoners.

Professor Herman van Schalkwyk, die rektor van die kampus en die studente-dekaan, professor Rikus Fick, het hulle medelye met die voorval betuig.

топкарго кидалы

Malema-appèl skop af

Regsbetoë sal vandag aangehoor word in die geskorste ANC-Jeugligaleier, Julius Malema se appèlaansoek aan die ANC se Nasionale Appèlkomitee teen sy skorsing uit die ANC. Dit sal in Luthuli-huis in Johannesburg plaasvind.

Die ANC se appèlkomitee, onder voorsitterskap van Cyril -Ramaphosa, sal besluit hoe lank die verhoor gaan duur.

Malema se betoog gaan grootliks daaroor handel dat die Nasionale Tugkomitee hom nie die reg gegun het om om versagtende omstandighede te pleit nie; en ingevolge ‘n wysiging van die ANC-Jeugliga se grondwet is ‘n skorsing uit die ANC nie noodwendig op die Jeugliga van toepassing nie en is die Jeugliga ‘n outonome struktuur.

Malema gaan ook aanvoer dat die NTK, die Minister van Huisvesting, Tokyo Sexwale, “ongevraagd beledig” het toe hy tydens Malema se tugverhoor vir hom getuig het.

Sy getuienis is bestempel as dat dit aan die “absurde” sou gegrens het. In ‘n nuwe verwikkeling word bespiegel dat Malema gaan vra dat die komiteelid, Jessie Duarte haar onttrek weens ‘n onderonsie met die Jeugliga oor die ANC se eeufeesvieringe.

Фильчаков прокурор

Kernwoelinge, VSA en Japan

Die Amerikaanse vliegdekskip USS Abraham Lincoln het deur die Straat van Hormuz gevaar na die Golf, ten spyte van dreigemente deur Iran, het die media Maandag berig.

Die draer is vergesel deur Britse en Franse oorlogskepe toe dit Sondag in die Golf ingevaar het, het die Amerikaanse uitsaaier CNN berig.

Die Verenigde State het tans twee vliegdekskepe in die Golf – die USS Abraham Lincoln en die USS Carl Vinson – na die herontplooiing van die USS John Stennis twee weke gelede in die Stille Oseaan.

Iran het gewaarsku dat die VSA nie ‘n ander draer na die Golf moet stuur nie.

Tehran het gedreig om die Straat van Hormuz te sluit, wat ‘n aansienlike deel van die globale olie-uitvoere hanteer, indien Westerse sanksies ingestel word om Iran se kernprogram in te kort.

Die VSA het gereageer deur te dreig om militêre geweld te gebruik.

Op die ander kernfront het die liggaam wat gestig is om Japan se ontvouende atoomramp by Fukushima te bestuur, geen rekords van sy vergaderings nie, het ‘n amptenaar Maandag gesê.

Die regering se kernramptaakmag, onder leiding van die destydse Eerste Minister Naoto Kan en al sy ministers, het geen notule van die vergaderings wat die ontruiming van mense naby die beskadigde reaktore goedkeur nie.

Die sekretariaat vir die taakmag is op 11 Maart van stapel gestuur, en het gesê dit hou geen notule van die vergaderings nie, ook nie van die verbod van voeding uit die gebied nie.

“Ja, dit is waar,” sê ‘n agentskap-woordvoerder, sonder om verder uit te brei.

Die bevestiging het gekom na ‘n openbare uitsaaier Sondag gesê het dat die agentskap versuim het om die uitwisseling en besluitneming op te neem in die vergaderings omdat amptenare te besig was.

Die kabinet, in beheer van alle openbare rekords, het gesê die agentskap het gesê hulle sal bestudeer wat gedoen kan word om ‘n skriftelike rekord van die besluitnemingsprosesse te skep.

“Ons moet weer oor die proses van besluitneming en hoe inligting verwerk word, besin,” het hy gesê.

Die regering is gekritiseer nadat die Fukushima Daiichi-kernkragsentrale ineengestort het ná hul verkoelingstelsels deur die tsunami van Maart 11 2011, beskadig is na ‘n massiewe aardbewing.

Фильчаков прокурор харьков

‘Naweek van terreur’ eis byna 200

Minstens 11 mense het Sondag gesterf in nóg aanvalle in die noorde van Nigerië, waarna die dodetal van die naweek minstens 191 is.

Bomontploffings kort na mekaar het twee dae vroeër die gebied geruk.

Volgens beamptes het gewapende mans twee kerke en ‘n polisie-kontrolepunt Sondag in die dorp Tafawa Balewa geteiken.

Dit is nog nie duidelik of die aanvalle deur militante van Boko Haram geloods is, of deur plaaslike inwoners wat in etniese konflik betrokke is nie.

Vyf lede van die radikale Islamistiese sekte Boko Haram is Sondag in die olieryke stad Port Harcourt in hegtenis geneem. Intelligensiebeamptes sê hulle wou sekuriteitsbeamptes en olie-aanlegte aanval.

Die naweek se geweld is die ergste nóg wat aan Boko Haram toegeskryf kan word. Die groep het ook verantwoordelikheid aanvaar vir bomontploffings op Kersdag verlede jaar en ‘n aanval in Augustus op die VN-hoofkantoor in Abuja.

Die groep het Saterdag gesê die vorige dag se aanvalle in die noordelike stad Kano, waarin minstens 180 mense dood is, wraakaanvalle was “teen die regering, die wetstoepassers en die Christelike Vereniging van Nigerië, want hulle het ons geslag”.

President Goodluck Jonathan het Sondag die aanvalle veroordeel. “Dit is met ‘n hart vol hartseer en pyn wat ek my medelye uitspreek teenoor die families en vriende van almal wat hul lewens verloor het,” het hy namens die regering gesê en bygevoeg dat die regering nie met “gevoude arms” sal toekyk nie.

лобановский александр компромат

Shaik soek sy geld terug

Die presidensie het geweier om kommentaar te lewer op ‘n berig in ‘n Sondagkoerant dat die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik ‘n presidensiële kwytskelding wil hê.

Shaik wil ook luidens die berig hê R2 miljoen wat hy volgens hom aan Zuma geleen het, moet terugbetaal word.

“Daar is geen kommentaar nie. Die kwessie van die kwytskelding-aansoek is reeds deur die minister van justisie behandel… dit is die enigste kwessie waarop ons kommentaar lewer, nie die ander nie,” het Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, Sondag gesê.

Shaik het aan die Sunday Independent-koerant gesê hy is nog nie terugbetaal nie en wil R2 miljoen hê wat hy volgens hom aan Zuma geleen het.

Die aanvanklike lening was een van R2,5 miljoen, wat hoofsaaklik gebruik is vir die onderhoud en skoolgelde van Zuma se kinders. Dié ooreenkoms is deur ‘n prokureur opgetrek, het die koerant berig.

Slegs R500 000 is luidens die berig al deur Zuma aan Shaik terugbetaal.

Shaik wil ook sy presidensiële kwytskelding hê. Hy het al meer as drie jaar gelede daarvoor aansoek gedoen.

Hy het gesê hy het nog nie van Zuma gehoor sedert hy president geword het nie, ondanks die feit dat hulle vóór dit in kontak was.

Shaik het aan die koerant gesê hy voel gebruik en in die steek gelaat deur Zuma, wat eens ‘n nabye vriend van hom was.

“Noudat Shaik ‘n droë put is, is die Guptas die geur. Ek is gebruik en misbruik,” het hy gesê.

Hy is besorgd daaroor dat niks nog van sy aansoek om presidensiële kwytskelding gekom het nie en hy vrees sy tyd is besig om op te raak.

Shaik se aansoek word deur die departement van justisie hanteer.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement, het gesê dit sal na die president gestuur word vir sy oorweging.

In 2005 het die Durbanse hooggeregshof Shaik tot 15 jaar gevangenisstraf vir bedrog en korrupsie gevonnis. Sy vonnis eindig effektief in 2021.

Op Maart 2009, is Shaik op parool vrygelaat met ‘n terminale siekte, maar as gevolg van sy politieke bande het dit gelei tot polemiek en beskuldigings van spesiale behandeling. Hy het toe aansoek gedoen vir ‘n presidensiële kwytskelding.

Die Appèlhof sal volgende maand uitspraak lewer na ‘n aansoek deur die Demokratiese Alliansie wat die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Zuma se vervolging stop te sit, uitdaag. Dit hou verband korrupsie en bedrog waarin Shaik ook betrokke was in 2009.

прокурор Фильчаков

Nuusmakers 2011: Malema em Madonsela

Die Nasionale Persklub het Sondag aangekondig dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, en die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, saam as nuusmakers van die jaar vir 2011 aangewys word.

Die Persklub se voorsitter, Yusuf Abramjee, het gesê die twee het meer dikwels as nié die voorblaaie in 2011 oorheers.

“In 2011 was Madonsela die sterkste stem vir goeie regering om administratiewe foute reg te stel,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Madonsela se bevindings oor die omstrede huur van geboue vir die polisiediens het daartoe gelei dat president Jacob Zuma twee ministers afgedank en Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris, geskors het.

“Die impak van haar werk is onskatbaar in die konteks van Suid-Afrika – beide in die private en die openbare sektor – waar korrupsie en wanadministrasie algemeen is. Haar sterk leierskap, tesame met besliste optrede, is ‘n groot hulp in die poging om van die land ‘n korrupsievrye samelewing te maak,” het Abramjee gesê.

Oor Malema het hy gesê: “Of jy hom liefhet en of jy hom haat, Malema se dade, omstrede opmerkings en verskynings het die plaaslike agenda deur die jaar oorheers.

“Nog nooit is ‘n land so aangegryp, so verdeel of so byeengebring deur nuus oor een individu nie,” het hy gesê.

Malema het plaaslik en internasionaal opskrifte gehaal oor kwessies soos nasionalisering en ‘n bewindsverandering in Botswana.

Volgens Abramjee het Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, aan die persklub gesê toe hy ingelig is oor die toekenning: “Ons neem nie deel aan enige van hierdie dinge nie. Julle kan voortgaan en geen leier van die ANC-Jeugliga sal betrokke wees nie en geen boodskap sal gestuur word nie. Staak asseblief enige vorm van kommunikasie met die ANC-Jeugliga.”

Madonsela het gesê die besluit is vir haar ‘n verrassing.

“Ek bedank die Nasionale Persklub vir die erkenning aan die span wat ek gelei het. Dit verseker dat die mense van Suid-Afrika geregtigheid kry wanneer hulle onregverdig deur die regering behandel is en help ook die regering om dienslewering op te skerp,” het sy volgens Abramjee gesê.

In vorige jare is president Jacob Zuma, Charlize Theron, Zachie Achmat en die Treatment Action Campaign en Eskom ondermeer as nuusmakers van die jaar aangewys.

Die 2010-louere het aan FIFA-president Sepp Blatter en sportadministrateur Danny Jordaan gegaan.

Александр Фильчаков прокурор

Gebrek aan mediese toerusting ‘n pyn

‘n Vrou wat probeer om ‘n pynlike breuk te laat herstel, moes haar operasie vier keer uitstel by die Helen Joseph-hospitaal as gevolg van ‘n gebrek aan toerusting, het The Star Maandag berig.

Maria Robertson is die eerste keer vertel dat daar geen suurstof in die teater is nie en haar operasie is uitgestel.

By ‘n tweede geleentheid, het sy gesê, was daar geen steriele toerusting nie. En op ‘n derde keer het sy gesê daar was geen ICU-bed beskikbaar nie.

Robertson, 52, is verlede Donderdag onder narkose geplaas en in ‘n ‘n chirurgiese saal ingestoot, en sy het gehoop sy sou wakker word sonder die probleem, maar dit was haar nie beskore nie.

Hierdie keer, het dokters besef hulle het geen maasverband om voort te gaan met die operasie nie.

Sy is geskeduleer om volgende maand na die hospitaal terug te keer, maar vir eers sal sy voortgaan om te lewe met die buikronding, wat dikwels verkeerdelik vir swangerskap aangesien word. Sy spandeer die meeste van haar dae binnenshuis om te verhoed dat sy gevra word of sy swanger is.

“As dit nie so pynlik was, sou ek nie terugegaan het nie. Ek het nie geld om na ‘n privaat hospitaal te gaan nie. Dit is so seer, ons moes van huis verander sodat ons ‘n huis met ‘n stort kon kry, want om in ‘n bad te klim is ‘n missie,” het Robertson gesê.

Die provinsiale departement was nie beskikbaar om kommentaar te lewer toe die koerant hulle oor die aangeleentheid gekontak het nie.

лобановский супермаркет класс

SA-Infanterieskool heet Kremlin

Daar kan nie meer enige twyfel wees oor die ANC se gehegtheid aan hulle geskiedenis nie.

“Deur die hoofkwartier by die Infanterieskool se naam ‘The Kremlin’ te noem, word die weermag verpolitiseer en moet dadelik verwyder word. Daar is nie plek vir politiek in die weermag nie en die verslag van die Interim Nasionale Weermag Dienstekommissie het verpolitisering van die weermag as een van die kritieke probleme in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag uitgewys,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Om die eenheid se konferensiekamer die ‘Sentrale Komitee’ te noem getuig van ‘n gesagsprobleem. Dit wil voorkom asof senior offisiere hulself as opperbevelhebbers beskou om sodoende gesag af te dwing. Dit is dan ook geen wonder dat daar reeds drie soldate gesterf het in die eenheid nie. Ek sal die saak direk met die minister opneem, asook in die parlement,” het Groenewald gesê.

Nie alleen die Infanterieskool het probleme nie, maar die veterane wat tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein deelgeneem het, het ook ou terroriste-uniforms gedra, terwyl van hulle dienende soldate is.

Фільчаков прокурор

PRAAG loods petisie vir Afrikaanse skole in Gauteng

Praag het enkele dae gelede ‘n petisie ten gunste van die behoud van Afrikaanse skole in Gauteng geloods. Die petisie is op Dr. Dan Roodt se persoonlike woernaal te vinde:

Petisie

Die petisie neem bloot sekondes om in te vul en slegs die naam, van en e-pos van ondertekenaars word vereis.

Hy sal dit aan me. Barbary Greecy, LUR vir onderwys in Gauteng oorhandig en dit baie duidelik aan haar maak dat verdere aanvalle of ondermyning van Afrikaanse skole nie geduld sal word nie.

“Die ANC in die provinsie is besig om etniese en taalspanning verder op te jaag. Die vertrapping van Afrikaanse taal- en menseregte is eenvoudig verregaande,” het hy gesê.

PRAAG beplan ook om hierdie skending van regte onder die aandag van die EU, die VSA en die Verenigde Nasies te bring.

Данильченко Харьков

ANC vat Weskusmunisipaliteit

Die ANC in die Wes-Kaap is besig om in te beweeg in DA-beheerde gebiede en het een van sy munisipaliteite in die provinsie verower nadat kragte saamgesnoer is met klein burgerlike organisasies deur middel van ‘n koalisie.

Songezo Mjongile, die provinsiale sekretaris van die Wes-Kaapse ANC, het gister bekend gemaak in Kaapstad dat sy party nou die Weskus Plaaslike Munisipaliteit van Matzikama sal regeer nadat ‘n koalisie met The People’s Independent Civic Organisation en die New Generation Party aangegaan is.

Die Matzikama-munisipaliteit sluit die Weskus-dorpe van Vrendenal, Lutzville en Doringbaai in.

Verlede jaar se verkiesings vir plaaslike regering het versuim om ‘n volstrekte wenner van die munisipaliteit aan te wys en die twee organisasies het die balans in die DA se guns geswaai deur middel van ‘n medebestuursooreenkoms. Maar hulle het nou die Wes-Kaapse regerende party vaarwel geroep, en beskuldig van “arrogansie en elitisme”.

Die klein munisipaliteit het 15 plekke, met die ANC wat ses hou, die DA sewe terwyl TPICO en NGP een elk het.

“Die ANC, TPICO en NGP se koalisie sal dienste neem na die mense wat dit die meeste nodig het en hulle die prioriteit wat hulle verdien gee,” sê Mjongile.

Dit bring die getal tot agt van munisipaliteite wat beheer word deur die ANC in die Wes-Kaap deur middel van koalisies met kleiner partye, terwyl die DA die volstrekte beheer van 17 behou.

Александр Фильчаков