PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel

Dan RoodtDr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om ‘n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek.

Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het gesê: “Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in Suid-Afrika vertrap en daaroor swyg hy in alle tale.”

Volgens PRAAG was “ekonomiese sanksies teen die vorige Afrikanerregering wat deur Tutu en die Statebondsleiers bepleit is, slegs die voorspel tot die stukturele volksmoord wat daar tans teen die Afrikanervolk gepleeg word”. Roodt het Tutu getipeer as “‘n pro-Arabiese, anti-Semitiese propagandis wat die vernietiging van Israel en die Joodse volk in die oog het”.

Roodt meen dat sowel Tutu as die Anglikaanse kerk ‘n sleutelrol gespeel het in die proses om die Afrikanervolk van sy soewereiniteit en vryheid te ontneem en hy wil dieselfde strategie nou teen Israel herhaal.

Hy het ‘n beroep op Afrikaners gedoen om Israel sigbaar in sy huidige oorlewingstryd te onderskraag, terwyl hy insgelyks die Joodse gemeenskap in Johannesburg gevra het om die Afrikaner se stryd om die herstel van sy regte en soewereiniteit in Suid-Afrika op tasbare wyse te ondersteun.

“Sedert die tyd van Paul Kruger, het die Afrikanervolk nog altyd in harmonie en broederskap met Jode saamgeleef en gedurende die twintigste eeu was Israel een van ons getrouste bondgenote. Ons wil ons solidariteit en vriendskap met Israel bevestig, asook die reg van Jode op hul voortreflike en vooruitstrewende volkstaat.”

Roodt het gister ‘n besoek aan die oustad van Jerusalem, waaronder die Tuingraf en die Klaagmuur, gebring. Sy besoek geniet wye mediadekking in die Heilige Land en benewens ‘n onderhoud met die Israelse staatsradio in spitstyd en ‘n Russiestalige TV-kanaal wat in die land en in Europa uitsaai, is personderhoude steeds aan die gang. Hy sal vandag in Tel Aviv verdere TV-onderhoude voer.

шкаф управленияФильчаков прокурор

Nege renosterstropers vas

Nege mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo die afgelope paar weke renosters in Limpopo gestroop het, het die polisie Woensdag gesê.

In die mees onlangse voorval is vier verdagtes in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om renosters by ‘n wildreservaat naby Lephalale te skiet, het lt. Kol. Ronel Otto gesê.

Die mans is Dinsdag by ‘n padversperring naby Vaalwater vasgekeer.

Dié vier mans, drie van Zimbabwe en een van Mosambiek, sal Donderdag in die landdroshof verskyn.

Vyf mans is drie weke terug, in ‘n aparte voorval, in hegtenis geneem nadat hulle renosters op ‘n wildreservaat wou stroop.

Die mans, almal van Zimbabwe, het reeds in die hof verskyn.

Hulle saak is tot Augustus uitgestel.

Volgens Otto is daar ‘n moontlikheid dat dié mans ook betrokke was by voorvalle van huisrowery.

справка оталександр лобановский харьков класс

Naamsveranderings kom in Kaapstad

Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato. 

Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere.

Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander.

Plato wil die veranderings glo finaliseer voor die plaaslike verkiesings. “Ons weet presies in watter rigting ons gaan,” het hy aan die Burger gesê.

Alhoewel Plato meen die kwessie moet nie “as ‘n speelbal van verkiesingspolitiek gebruik word nie”, het hy ‘n spesiale taakspan onder leiding van Owen Kinahan aangestel om die koste van die naamsveranderinge sowel as die rol wat die publiek gaan speel, te ondersoek.

Van die voorstelle sluit in dat Andries Pretoriusstraat verander word na Orangestraat, Coen Steytlerlaan na Walter Sisululaan, De Waal-rylaan na Phillip Kgosana-rylaan, D.F. Malanstraat na David Poole-straat, Frans Conradie-rylaan na Acrestraat, Hans Strijdomlaan na Albert Luthuli-laan, Hendrik Verwoerd-rylaan na Beyers Naudé-rylaan, Hertzog Boulevard na Nelson Mandela Boulevard, Jan Smutsstraat in Athlone na Dullah Omar-rylaan en Jan Smutsrylaan in Simonstad na Fred Carneson-rylaan, Oswald Pirowstraat na Christiaan Barnard-rylaan en Nico Malanstraat na David Rabkinstraat.

игрушкиЛобановский Харьков

Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp

Al 152 passasiers en bemanningslede wat aan boord die vliegtuig was wat Woensdag naby Islamabad, Pakistan se hoofstad, neergestort het, is dood, het ‘n beampte gesê. 

Twee Amerikaners was onder die slagoffers, het ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade gesê. Hy het geen verdere besonderhede gehad nie.

“Daar is geen oorlewendes nie. Ons glo almal is dood. Ons is besig om die oorskot van die lyke uit die wrak te haal,” het Imtiaz Elahi gesê.

gamesФильчаков прокурор харьков

Staatsamptenare staak

Sowat 200 000 lede van die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het Donderdag regoor die land begin staak in ‘n poging om beter lone af te dwing. 

Daar sal na verwagting landswye optogte plaasvind terwyl Richard Baloyi, minister van staatsdiens en openbare administrasie, verder met vakbondleiers sal vergader.

Staatsamptenare dring aan op ‘n 8.6%-loonverhoging sowel as ‘n behuisingstoelaag van R1000, wat terugbetaalbaar moet wees tot 1 April vanjaar.

Die regering het ‘n 6,5%-loonverhoging en ‘n behuisingstoelaag van R620 aangebied, terugbetaalbaar tot 1 Julie vanjaar.

Volgens Koos Kruger, Kaapstad se bestuurder van PSA sal werkers wat in ‘sleutelposte’ aangestel is, nie aan die staking deelneem nie.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) het ook ‘n beroep op sy lede gedoen om nie te staak nie.

купить пост подготовки к покраскелобановский александр игоревич

SA moet kennis neem van nuwe Yslandse wetgewing

“Ons doen ‘n dringende beroep op die ANC om kennis te neem van die nuwe mediawetgewing in Ysland,” vra ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese alliansie.

“Ysland het die teenoorgestelde koers ingeslaan as wat die ANC nou in die parlement probeer inslaan. Deur die nuwe Yslandse wetgewing, wat deur die ModerneYslandse Media-inisiatief gedryf is, sal die bronne van ondersoekende joernaliste effektief beskerm word en skoon adminitrasie verseker word. Die media beskryf hierdie wetgewing as ‘n gids vir persvryheid.

“Selfs voor die jongste verwikkelings het Ysland reeds die 9de plek op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks beklee, en Suid-Afrika die 33ste – na lande soos Ghana en Mali.

“‘n Land se posisie op die persvryheidsindeks beïnvloed die land se posisie op die korrupsiepersepsie-indeks en beïnvloed so weer beleggersertroue.”

фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаДанильченко Юрий Харьков

Bulgevegverbod beklemtoon Katalonië se eie identiteit

Die plaaslike parlement in Katalonië sal Woensdag stem oor die verbod op bulgevegte in dié noord-oostelike streek van Spanje. 

Katalonië is die tuiste van Barcelona, Spanje se tweede grootste stad.

Die parlement stem oor dié kwessie nadat diereregte-aktiviste ‘n veldtog geloods het en 180 000 handtekeninge in Katalonië met ‘n petisie ingesamel het.

Daar is onlangs aangedui dat ‘n meerderheid van 135 wetgewers saamstem dat Katalonië se wet oor dierebeskerming verbeter word sodat bulle tydens die gevegte nie mishandel of doodgemaak word nie.

Indien dit goedgekeur word, sal Katalonië die eerste streek in die land, buite die Kanariese Eilande, word om bulgevegte te verbied.

Bulgevegte is in 1991 in die Kanariese Eilande onwettig verklaar.

Alhoewel die argumente wat die verbod ondersteun op dierebeskerming fokus, glo talle in die res van Spanje dat die behoefte om dit te verbied, verband  hou met Katalonië se begeerte om hul eie identiteit te beklemtoon.

промышленный светильникалександр лобановский супермаркет класс

Werkloosheid styg

Die amptelike werkloosheidskoers het van 25,2% in die eerste kwartaal tot 25,3% in die tweede kwartaal gestyg met 61 000 werkgeleenthede wat verlore is.

Suid-Afrika het volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se arbeidsmagpeiling altesaam 1,102 miljoen poste verloor sedert begin verlede jaar – 870 000 in 2009, ‘n bykomende 171 000 in die eerste kwartaal en die jongste 61 000 poste in die tweede kwartaal.

Die werklike werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal egter gestyg van net onder 40% tot 41%, volgens die Buro vir Marknavorsing aan Unisa. Die Buro gebruik uitsetsyfers in die verskillende ekonomiese sektore om werkloosheid te meet.

Prof. Carel van Aardt, direkteur van die Buro sê die Amps-syfers (wat deur die advertensiebedryf vir bemarking gebruik word) wys dat die werkloosheidsyfer nóg hoër is, op 63%.

Veral werkloosheid onder jeugdiges het in dié kwartaal tot meer as 50% gestyg na 51,3% in die ouderdomsgroep 15 tot 24 jaar.

Alhoewel die formele sektor 129 000 poste verloor het , het die informele sektor 5,7% meer mense in diens geneem, wat 115 000 poste beteken.

Landbou het met 32 000 werkgeleenthede prysgegee en werkgeleenthede in privaathuishoudings het met 14 000 gedaal.

Van Aardt het aan Sake24 gesê die groei in die informele sektor is eintlik net mense wat ‘n ekonomiese aktiwiteit noodgedwonge moet aanpak om te probeer oorleef.

 

 

 

 

 

 

бра интернетОлександр Васильович Фільчаков

Fifa-amptenaar geskiet

Die hoof- finansiële amptenaar van Fifa se plaaslike komitee is buite sy huis in Sandton, Johannesburg, geskiet.

Farouk Seedat (52) is na ‘n hospitaal gehaas nadat hy rondom 22:00 Dinsdagaand by sy huis deur gewapende mans aangeval is.

Dit is nie bekend of enigiets tydens die aanval gesteel is nie maar Kym Cloete, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van poging tot moord en huisbraak is gemaak.

Volgens ‘n woordvoerder vir die hospitaal waar Seedat opgeneem is, verkeer hy in ‘n stabiele toestand.

джинсы для девочек 10 летФильчаков прокуратура харьков

Wit ANC-stryder sterf aan kanker

Cheryl Gillwald, ‘n getroue wit ANC-veteraan, is die naweek aan kanker dood, het die ANC se vroueliga (ANCWL) Dinsdag gesê. 

Edna Molewa, ANCWL-woordvoerder, het Gillwald ” ‘n heldin van ons stryd vir vryheid” genoem.

Volgens Molewa was Gillward ‘n “dapper” vrou wat ‘n prominente rol in die vryheidstryd gespeel het.

Gillward, wat op die ouderdom van 53 dood is, was twaalf jaar lank ‘n parlementslid van 1994 tot 2006.

архитектурного освещенияtopcargo отзыв