Majuba bestorm

Majuba het die afgelope naweek ‘n inval beleef.

Dié bekende kultuurhistoriese erfenisterrein waar vanjaar (oor minder as twee weke) weer ‘n Majubafees aangebied word, was bestorm deur 24 jongmanne van die Perdekommando en Verkennerbeweging van Suid-Afrika. Hulle was slegs bewapen met grassnyers, bossiekappers, kettingsae, skrapers en verfrollers. Mnr Hendrik Eksteen was die bevelvoerder.

Hulle het daarin geslaag om die swartwattelbome(pes) en lang gras te tem.

Die mans- en damesbadkamers in die jeugherberg het ‘n splinternuwe laag verf gekry en die grasdakkleedkamers in die kampeerterrein spog met ‘n nuwe stelsel waterpype nadat vandaliste ál die koperpyper (sug!) verlede daar afgesteel het.

Na verwagting, sal meer as 3000 Afrikaners/Boere gedurende die laaste naweek van Februarie daar kom uitkamp om die heldedaad van ons krygers te vier wat die Engelse mag 131 jaar gelede oortuigend verslaan het.

Nuwe vlagpale is ook opgerig in voorbereiding van ‘n seremonie wat insluit die hysing van die Transvaalse en Vrystaatse vlae, oggendoordenking asook die feesrede deur mnr Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad.

Die Majubafees word gereël deur die GHA.

Фильчаков прокурор харькова

Stem vir mense wat soos jy lyk…

Barack Obama se politiek beteken niks vir Samuel L. Jackson nie, want die ster van “Pulp Fiction” het net vir die president vir een rede en een rede alleen gestem … omdat hy swart is.

In ‘n onderhoud met die Ebony-tydskrif, het Jackson verduidelik, “Ek het gestem vir Barack omdat hy swart is, “want dis hoekom mense vir ander mense stem… Want hulle lyk soos hulle… Dit is die Amerikaanse politiek, suiwer en eenvoudig. [Obama se] boodskap beteken f…. vir my.”

Jackson het daarna op die N-woord [Nigger] ‘n paar keer laat val terwyl Obama bespreek is, vertel die tydskrif. Dié woord is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse skelterm “kaffir” in die VSA.

“Op die keper beskou sou hulle nie ‘n N… gekies het nie. Want wat is ‘n N…? ‘n N… is skrikwekkend. Obama is nie is ‘n skrikwekkende N… nie. Die N… drink nie bier by die Withuis nie. ‘n N… laat nie ‘n paar wit latte, terwyl jy in die middel van ‘n toespraak is, hom ‘n leuenaar noem nie. ‘n N… sou die vergadering net daar gestop het en het gesê: “Wie de f… het dit gesê?” Ek hoop Obama raak vreesaanjaend in die volgende vier jaar, want hy moet nie bekommerd wees oor herverkiesing nie.”

Александр Фильчаков

‘Mandela is verraai’

Die ANC-leierskap is “onsensitief” en “gee nie om nie” nadat partybase nie die begrafnis van Nelson Mandela se suster, Nosithile Bulehluthi, bygewoon het nie.

Mfundo Mtirara, ‘n verteenwoordiger van die Mandela- en Bulehluthi-gesinne, het ‘n striemende aanval teen die ANC geloods nadat sy plaaslike, provinsiale en nasionale leierskap die begrafnis in Mthatha, Oos-Kaap, geïgnoreer het.

“Dit wys dat mense wat jy jou kamerade noem, assosieer net met jou in tye van blydskap en roem,” het hy gesê.

“Ons is almal lief vir die ANC en sal dit nooit verlaat nie, maar soms is dit ‘n verleentheid vir ons,” sê die woedende Mtirara. Die begrafnis is bygewoon deur honderde roubeklaers, insluitende Mandela se vrou, Graça Machel.

Ook by die begrafnis was Mandela se huisbestuurder Même Kragara, Mandla Mandela, sy twee vroue, David Petrus en Nodiyala, sy moeder, Nolusapho Mandela, en Mandela-ouderlinge.

Mtirara het gesê Madiba het nie tronkstraf uitgedien vir sy eie selfsugtige behoeftes nie, maar vir die aktiwiteite van die ANC as ‘n organisasie wat die bevryding van Suid-Afrika nagestreef het.

“Maar vandag, is die ANC-leierskap nie hier om te huil saam met Dalibhunga se familie en sy suster te begrawe nie – sy laaste naaste gesinslid.

“Ek is ontsteld want ek het persoonlik [ANC-leiers oor die begrafnis] gebel,” sê Mtirara, ‘n ANC-raadslid in die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit.

Hy het gesê Mandela wou die begrafnis bywoon, maar kon nie weens sy gesondheid.

“Ons is baie teleurgesteld en voel verraai deur die ANC,” het hy gesê.

Bulehluthi was Mandela se jonger suster, een van Nodayimani se kinders, wat een van die vier vroue van Mphakanyiswa Gadla Mandela, Mandela se pa was.

Haar begrafnis het saamgeval met die 22ste herdenking van die dag toe Mandela uit die tronk vrygelaat is. Sy is oorlede op 28 Januarie.

Mandela was geskok deur die dood van sy suster, aan wie hy baie geheg was, sê sy seun.

topcargo

Polisie vas vir platinumhandel

Twee polisiekonstabels sal in die Polokwane-landdroshof verskyn vir beweerde onwettige platinumhandel, het die polisiewoordvoerder in Limpopo, gister gesê.

Tebogo Motau, 28, en Rudzani Nefuri, 27, het Vrydag in die hof verskyn, sê brigadier Hangwani Mulaudzi, in ‘n verklaring. Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Motau is verbonde aan die sigbare polisiëringseenheid. Nefuri is ‘n lid van die polisie se taktiese reaksiespan.

Hulle is Donderdag in hegtenis geneem na ‘n wenk dat hulle na bewering op soek is na kopers vir platinum ter waarde van R1.2 miljoen.

Mulaudzi het gesê die oorsprong van die platinum vorm ook deel van die ondersoek.

Фильчаков прокурор харькова

ANC-raadslid wat eiendom onwettig verkoop, geskors

‘n ANC-wyksraadslid wat skuldig bevind is aan die onwettige verkoop van die raad se eiendom, is geskors uit sy Johannesburgse posisie met onmiddellike effek, het die party Sondag gesê.

“Hy het die party in die verleentheid gestel en sal dissiplinêr verhoor word,” het woordvoerder Jolidee Matongo gesê.

Die besluit om Nkhasi, die raadslid vir Wyk 28, te skors is deur die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Memezi geneem en is verwelkom deur die ANC in die Johannesburg-streek, het Matongo gesê.

“Die LUR het opdrag gegee dat ‘n strafsaak geopen word wat in die loop van die week sal gebeur,” het hy gesê.

In 2008, het Nkhasi grond in Diepkloof aan ‘n kerkgroep, Together As One Church of Christ, verkoop vir R15 000.

Na ‘n vraag oor die geldigheid van die oordragdokumente opgeduik het, het die kerk ‘n anonieme oproep ontvang waarin hulle gewaarsku is om bouery op die grond te staak of iemand sal doodgemaak word.

Nkhasi het daarna gesê die kerk kan nie langer die grond koop nie en die R15 000 terugbetaal. Maar die kerk het toe reeds R11 000 op boumateriaal uitgegee waarvoor hulle nie vergoed is nie.

Matongo het gesê dat ‘n tussenverkiesing gehou sal word en dat die raad wag vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie om beskikbare datums te gee.

Фильчаков прокурор отзывы

Jeugliga stoom voort

Die beleërde ANC Jeugliga-leiers se verskyning voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee ter versagting van hul vonnisse, sal Maandag begin.

Die liga het die mediakonferensie na afloop van die nasionale uitvoerende lekgotla gekanselleer, het die ANC-jeugliga se woordvoerder Floyd Shivambu in ‘n verklaring gesê.

Die lekgotla is by die St. George’s-hotel in Centu­rion gehou. Adj.pres. Kgalema Motlanthe het ook die byeenkoms toegespreek. Hy is entoesiasties deur die skare begroet.

Motlanthe het gedurende sy toespraak gesê die ANC het die Jeugliga gefaal deur nie vir hulle leiding te gee nie.

Verlede Saterdag het die ANC aangekondig dat die ANC-jeugligapresident Julius Malema, Shivambu, en vier ander ANCJL-amptenare ter versagting teen hul skorsings kan appèlleer.

Malema het dit by die lekgotla duidelik gemaak dat die ANC-jeugliga beplan om pres. Jacob Zuma in Desember in Mangaung by die ANC-kongres te onttroon. Hulle eis die nasionalisering van myne en die onteiening van grond.

“Die ANC hou in Desember sy 53ste verkiesingskongres en ons missie is eenvoudig: Om die stryd vir ekonomiese vryheid in ons leeftyd te konsolideer,” het Malema gesê.

Malema sê die vraag is of die huidige ANC-leierskap Suid-Afrika “vorentoe” sal kan neem.

Malema sê die Vryheidshandves bepaal dat rykdom en grond in die geheel aan die mense oorgedra moet word, en nie dat belasting gehef word op inkomste nie.

Malema sê die ANC se voorlopige verslag oor nasionalisering maak nie net ‘n bespotting van die Vryheidshandves nie, maar ook ‘n bespotting van die ANC se nasionale algemene raad se besluite in 2010 in Durban.

Фильчаков прокурор

Mandela se gesig laat rand tuimel

Nelson Mandela se gesig sal op ‘n nuwe reeks banknote verskyn, het pres. Jacob Zuma Saterdag in Pretoria aangekondig. Die rand het dadelik na dié aankondiging na benede getuimel.

Dié note sal Suid-Afrikaners help om te onthou wat hulle bereik het, het Zuma aan verslaggewers gesê by ‘n funksie wat ook deur Gill Marcus, goewerneur van die Reserwebank, en Pravin Gordhan, die minister van finansies, bygewoon is.

“Dit is ‘n toepaslike herdenking van Mandela se bydrae tot die geboorte van demokrasie in Suid-Afrika, sowel as sy aansienlike positiewe impak op nasionale versoening,” het die DA in ‘n verklaring bygevoeg. Die DA het die “gelukkige” aankondiging verwelkom.

Vroeër Saterdag, het die Duitse internasionale nuusagentskap DPA egter berig dat ‘n gebrek aan besonderhede oor die aard van die aankondiging kortliks markte negatief beïnvloed het. Die rand het sowat 2,5 persent teenoor die dollar getuimel.

“Handelaars is bekommerd dat die sentrale bank van Afrika se grootste ekonomie op die punt is om ‘n drastiese beleids- of personeelverandering te maak, terwyl markte gesluit is,” het DPA gesê.

Ná gerusstellende kommentaar deur bankamptenare, wat aangedui het dat die nuus nie ook rentekoersveranderings of bedankings sal insluit nie, het die rand herstel.

Die aankondiging sou aanvanklik om 13:00 gemaak word, maar is toe tot 15:00 verskuif.

Hoewel die Reserwebankgoewerneur Gill Marcus om verskoning gevra het vir die verwarring, was sensitiwiteit vir die skedulering van dié groot aankondiging nie deur die bank in ag geneem nie, sê markontleders.

Marcus het gesê die nuwe banknote sal oor ‘n tydperk ingefaseer word, en die huidige note sal steeds ná die bekendstelling wettig gebruik kan word.

 

Александр Фильчаков прокурор

Treine brand weer

Drie treinwaens is in Kuilsrivier in Kaapstad aan die brand gesteek, het Metrorail Vrydag gesê.

Een wa is geheel en al uitgebrand, terwyl twee ander kwaai beskadig is, het die streeksbestuurder, Lindelo Matya, gesê.

Die brand het omstreeks 11:00 Donderdag uitgebreek. Geen beserings is aangemeld nie.

Matya sê hulle vermoed dat opsetlike brandstigting vir die voorval verantwoordelik is. Die skade sal glo etlike miljoene rand beloop.

Agt treinwaens is reeds die afgelope ses maande aan die brand gesteek.

“Die verlies aan (die drie waens) verminder ons kapasiteit om reisigers op ‘n baie besige roete te bedien, Ons kliënte dra die gevolge van onverantwoordelike, lafhartige optrede,” het hy gesê.

Metrorail het ‘n beloning van tot R25 000 gebied vir inligting wat sal lei na ‘n suksesvolle skuldigbevinding.

Александр Фильчаков

Gerugte van staatsgreep in Noord-Korea

Die nuwe Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un is glo vermoor in China, volgens vele gerugte op Twitter en die soortgelyke Chinese werf Weibo.

Die gerugte oor die vermeende dood van Jong-un versprei volgens die persbureau Reuters soos ‘n veldbrand.

Volgens ander sou die vermoedelik 28 of 29-jarige leier nie dood wees nie, maar op die vlug wees. Daar is in elk geval sprake van ‘n staatsgreep in die land waar Kim Jong-un nog maar enkele maande gelede sy oorlede pa Kim Jong-il opgevolg het.

Iemand skryf op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, dat Kim Jong-un Vrydagoggend in Beijing gevind is, dat daar ingebreek is in sy blyplek en dat die leier vermoor is deur onbekende persone. Die skuldiges het glo die lyfwagte van die Noord-Koreaanse leier doodgeskiet.

Die gerugte bly onbevestig, maar word deur ‘n aantal internasionale mediagroepe gerapporteer.

топкарго кидалы

Historikus diep swart muitery in Oz op

‘n Australiese akademikus het bewyse van ‘n muitery deur Afro-Amerikaanse soldate wat tydens die Tweede Wêreldoorlog Doer Onder gestasioneer was, opgediep wat glo aangevuur is deur rassemishandeling.

‘n Historikus van James Cook University, Ray Holyoak, het ondersoek ingestel waarom die Verenigde State se kongreslid Lyndon B. Johnson die noorde van Queensland, en spesifiek die gemeente van Townsville, vir drie dae in 1942 besoek het.

“Vir 70 jaar was daar ‘n gerug in Townsville dat daar ‘n muitery onder Afro-Amerikaanse dienspligtiges was,” het Holyoak aan ABC Radio gesê.

“In die laaste jaar en ‘n half het ek die primêre dokumentasie opgediep wat bewys dat dit gebeur het in 1942.”

Queensland was ‘n belangrike ondersteuningsbasis vir soldate wat tussen 1942 en 1945 aan die Suidwes-Stille Oseaan-veldtog deelgeneem het, met vliegvelde, kampe, fabrieke asook mediese fasiliteite.

Holyoak het gesê dokumente uit die era openbaar dat lede van ‘n groep van 600 Afro-Amerikaanse troepe in 1942 na Townsville gestuur is om ‘n vliegveld te bou maar dat dit in ‘n beleg geëindig het met swartes wat hulle gewere op hul wit offisiere gerig het.

“Na ‘n reeks misdrywe deur twee wit Amerikaanse beamptes, was daar verskeie ringkoppe wat besluit het om die tente van die wit offisiere met masjiengeweervuur te besaai,” het hy aan die staatsuitsaaier gesê.

Die argiewe van die Queensland-polisie en die Townsville Brigade het getoon, sê Holyoak, dat een persoon dood is en dosyne ernstig beseer tydens die beleg op ‘n basis op die buitewyke van die stad.

Soldate van die VSA se 96-Ingenieurs op die basis was gedwing om die hulp van Australiese troepe in te roep, het hy aan ABC gesê.

Holyoak het gesê die beleg het agt ure geduur waartydens die muiters masjiengewere en anti-vliegtuigwapens op tente waar hulle mede-Amerikaners gesit en drink het, leeggemaak het.

Die historikus, het gesê die voorval is nooit aangemeld nie, maar hy het ‘n verslag wat daaroor geskryf is deur ‘n Amerikaanse joernalis, wat saam met die troepe was, ene Robert Sherrod, opgespoor.

“Ek dink destyds is dit beslis onderdruk,” het Holyoak gesê.

“Beide die Australiese en die Amerikaanse regering sou nie wou gehad het dat die besonderhede hiervan uitlek nie. Die rasse-beleid van daardie tyd het regtig mense van kleur uitgesluit.”

Holyoak is van voorneme om sy navorsing voort te sit, en is op soek na die vonnisse opgelê aan diegene wat betrokke was in die dramatiese voorval.

Фільчаков Олександр Васильович