praag.co.za

Category: Buks van Rensburg

Buks van Rensburg is ‘n Vrystaater van geboorte en tans professor in Wiskunde aan York-universiteit in Kanada.

  • Voedsel en voeding

    Daar is gerugte van onluste in die Fillipyne, in Indonesië, in Peru en in Sri Lanka.

    Die rede vir al die onluste? Rys.

    Niemand is seker oor wat besig is om verkeerd te loop nie. Die droogte in Australië word as ‘n rede voorgehou, of Fillipynse rysboere word daarvan beskuldig dat hulle rys opgaar en van die mark afhou, terwyl Indië openlik verklaar dat rys strategies opgegaar gaan word om moontlike tekorte in die toekoms af te weer. Verder moet lande soos Japan en Suid-Korea skielik rys en ander boon- en graanprodukte invoer, en is hulle nie meer selfvoorsienend nie.  

    In Haïti se groot families in krotbuurte het lewe ontaard in ‘n nagmerrie. Daar is nie kos nie, daar is nie skoon water nie. Lewens is kort en goedkoop, en sosiale kapitaal bestaan nie. Haïti se honger onderklas protesteer in Port-au-Prince, brand motors uit, verwoes en besteel winkels, en het selfs die presidensiële paleis probeer bestorm.

    Die desperate omstandighede in Haïti is nog nie die norm nie, maar dit is ‘n voorbeeld van die desperate omstandighede wat heers as voedseltekorte begin byt. Die berge kaas en tenkwaens vol melk in die Europese mark van weleer, en die suiers vol graan in die Suider- en Noord-Amerikaanse platteland, begin nou na ‘n vergete oomblik lyk. Koerante en kommoditeitshandelaars berig oor tekorte in koring, mielies, sojabone, terwyl vleis onbereikbaar vir die meeste van die wêreld se mense bly. Met die tekorte in graan styg pryse meedoënloos om dit buite bereik van meer en meer van die wêreld se arm mense te plaas. Oor die afgelope jaar het pryse vir rys, koring en sorghum ten minste verdubbel, en in sommige gevalle vervyfdubbel. Die prys van rys het net in die laaste maand met ongeveer 40% gestyg.

    Stygende pryse vir ‘n produk soos rys is normaalweg die gevolg van of ‘n toename in aanvraag na rys, of ‘n afname in produksie van rys, of albei. Dit is bekend dat rysproduksie nie afgeneem het oor die laaste dekade nie, behalwe in Australië, waar ‘n droogte rysverbouing tot stilstand gebring het. Daar is egter ander makroskopiese ontwikkelinge onderliggend aan rys en ander voedsel- en graantekorte. Ten eertse word ‘n groeiende aantal mense in Sjina en Indië sodanig ryker dat hulle meer en beter kos op die internasionale mark koop. Dit verhoog die aanvraag en stoot pryse op. Ten tweede is daar Westerse investering. Westerse beleggingsfondse wat eens in huise en ander vaste beleggings geïnvesteer was, word nou meermale gebruik om op die kommoditeitsmark te spekuleer. Meer geld jaag dus na kommoditeite, en dit stoot die pryse op. Laastens, en in ‘n mindere mate, is daar biobrandstof en stygende oliepryse wat of graan uit die voedselketting neem, of wat andersins produksiekostes verhoog. Terwyl laasgenoemde effek waarskynlik die minste bydra tot die huidige prysstygings, is dit ook waarskynlik ‘n permanente effek wat net gaan toeneem met tyd.

    Westerse lande het histories groot hoeveelhede graan en ander kos op die wêreldmark beskikbaar gemaak as hulp aan die derde wêreld. Goedkoop of gratis graan, met die netjies gedrukte letters “gift from the people of X” waar “X” Australië, of Nieu-Seeland of Kanada, of selfs die VSA is, is ‘n geykte beeld wanneer daar in die Weste oor hulp aan die Derde Wêreld, en veral aan Afrika, gepraat word. Hongersnood in Etiopië en in Kameroen, in lande soos Liberië, is histories deur Westerse skenkings verlig. Rock-konserte deur Live Aid,  noodhulp deur CARE, en menige ander Westerse organisasies, hou duisende mense in die Weste besig met hulp en samel geld in om Westersgeproduseerde graan aan te koop en te verskaf aan honger Afrikalande. Die honger kontinent, die geykte beeld van ‘n honger kind met ‘n bedelbak, is diep in die Westerse persepsie ingeskroei. Maar as beskikbare graan in die Weste in etanol omskep word, sal geen Live Aid of CARE geld die graan vind nie, die geykte beeld ten spyt.

    Daar is geen sekerheid oor die beskikbaarheid en pryse van rys en graanprodukte oor die korttermyn nie. Veranderinge in die wêreld se produksie van graan het met intensiewe landboupraktyke in die twintigste eeu ‘n historiese rewolusie in voedselproduksie veroorsaak, wat goedkoop hoë kwaliteit produkte op supermarkte orals in die wêreld beskikbaar gemaak het. Die rewolusie was grotendeels te danke aan goedkoop ru-olie (in die vorm van diesel), en goedkoop kunsmis (wat meermaals uit aardgas of uit ru-olie vervaardig word). Pesbeheer vorm ‘n derde been in die landbourewolusie, en die resultaat was dat baie kos deur min mense baie effektief geproduseer is.

    Die direkte gevolg van die rewolusie was ‘n aanpassing in die wêreld ekonomie. Die persentasie mense wat primêr met voedselproduksie gemoeid was, het afgeneem. Dit het mense in staat gestel om te verstedelik waar hulle ekonomies gespesialiseer het om ander dele van die ekonomie ontwikkel. Die gevolg was snelgroeiende bevolkings in komplekse en groeiende ekonomieë wat soms fantastiese rykdom geproduseer het. Effektiewe produksie, preservering en verspreiding van kos het lewensstandaarde baie in die Westerse wêreld verhoog. Dit was nie meer nodig om op die plaas te swoeg nie want mense kon spesialiseer in die ekonomie en steeds ‘n vol maag en hoë lewensstandaard handhaaf.

    Die landbourewolusie het dus ‘n bevolkingsontploffing en verstedeliking gebaar, en die psigologiese ervaring van voedsel en voeding het verskuif van plase tot in supermarkte. Voedsel is vir meeste mense vandag iets wat volop, en taamlik goedkoop, verkrygbaar is. Resepte uit vervloeë dae om kos te preserveer, hetsy as konfyt, of biltong of droë vrugte, hetsy as soutvleis en dies meer, het in sekere gevalle verander in ‘n restaurant se deftige gereg, waar eters hulleself in die wêreld se stede neerplak om lippe af te lek sonder om die vaagste benul te hê oor die groot en komplekse samewerking tussen die natuur en ekonomiese beginsels onderliggend aan die voedsel wat hulle geniet.

    En dit bring ons terug by rys. Met die Amerikaanse dollar se verswakking het Sjinese beleggers die dollar begin verkoop, en begin kyk na ander meganismes om hulle nuutgevonde (relatiewe) rykdom te investeer. Die geld het in die kommoditeitsmark gevloei en rys is aangekoop. Dit aanvraag is opgestoot en kunsmatige tekorte is daardeur veroorsaak. Armer lande soos Indonesië en die Fillipyne, wat rys moet invoer, kan dit nou nie meer teen ‘n billike prys doen nie, en die gevolg is duur en minder rys, en onluste.

    Intussen is die duur pryse van rys en graan besig om ‘n politieke ondertoon te verkry, met die Westerse wêreld aan die een kant teenoor ‘n meer onseker en honger Derde Wêreld aan die ander kant. Dit is veral Westerse vervaardiging van biodiesel uit oliesade en etanol uit mielies wat waarnemers in die Derde Wêreld erg ontstig. Biobrandstof verminder die beskikbare hoeveelheid graan op die wêreldmark, en maak minder graan beskikbaar vir noodlenigingshulp aan hongersnoodgeteisterde wêrelddele.  Dit stoot die pryse van graan verder op, met die gevolglike sosiale onrus in armer lande.

    Intussen verhoog die prys van ru-olie, en dus ook van diesel en ander brandstof, as gevolg van die groei in aanvraag en die vermindering in beskikbare bronne. Dit veroorsaak verhogings in produksiekoste, en plaas ‘n absolute perk op die hoeveelheid graan en ander landbougewasse wat geproduseer kan word. Vir elke ton mielies wat geproduseer word, is ‘n sekere aantal liters diesel nodig. Verminder die diesel, of die kunsmis, en minder mielies groei. Daar is voorspellings dat die wêreldbevolking teen 2050 met 50% gaan groei van die huidige ses miljard tot ongeveer nege miljard. In dié konteks van afnames in ru-olie produksie, en toenames in die produksie van biobrandstof in Westerse lande om die brandstof tekort te verlig, begin dit al moeiliker lyk om nege miljard mense te voed. Inteendeel, dit blyk dat baie lande hongersnood en ontbering in die gesig gaan staar, en dat ons op die vooraand van permanente voedseltekorte staan.   

    Dit is in hierdie internasionale konteks dat Robert Mugabe se vernietiging van produserende plase in Zimbabwe en die komende grondhervorming in Suid-Afrika verstaan moet word.

    Soos hierbo opgemerk, het die landbourewolusie baie mense van die arbeid op plase verlos.  Hulle het verstedelik en gespesialiseer, en in baie gevalle merkwaardige tegnologiese en kulturele beskawings gebou. Die vernietiging van kosproduksie in Zimbabwe het die proses ten minste daar omgekeer, en selfbehoud in Zimbabwe beteken dat Zimbabweërs vandag teruggekeer het na 'n primitiewe toestand waar voedselverkryging die primêre daaglike aktiwiteit is.

    Die situasie in Suid-Afrika is dalk net so ongebalanseerd. Voorgestelde grondhervorming, en die gevolglik gepaardgaande afname in voedselproduksie, wat verder ook deur tekorte in ru-olie produksie vererger sal word, kan katastrofiese voedseltekorte veroorsaak.  Die persepsie dat voedsel in die algemeen, en dat die fantastiese hoeveelhede graan en rys wat die wêreld produseer, maklik is, of maklik volgehou kan word, is vals. Suid-Afrika se posisie is ook baie meer riskant as wat algemeen aanvaar word. Daar is geen nabygeleë staat wat Suid-Afrika kan voed in die geval dat haar voedselproduksie afneem weens die ANC se politiek of selfs weens ander ekonomiese of fisiese faktore nie. Die waarheid is baie meer ontstellend, en die situasie baie meer kompleks.  

    Die ANC regering glo skynbaar steeds dat voedsel maklik deur enige iemand op omtrent enige plek in groot hoeveelhede geproduseer kan word, terwyl hulle punte aanteken oor hoe en aan wie plase moet behoort en dat daar te veel wit boere is. Daarbenewens word hulle geskiedenis op die koop toe as irrelevant afgemaak.

    Voedsel is natuurlik nog steeds beskikbaar by die naaste supermark terwyl u hier lees. Maar vir hoe lank?

    трековые светильники екатеринбургФильчаков прокурор

  • Zimbabwe en Suid-Afrika: ‘n Vergelyking

    Weerstand van Roy Welensky (die wit koloniale Engelse leier in Zambië) ten spyt, het swart nasionalistiese aktiwiteite momentum gekry, en na dikwels bloedige gevegte tussen Kenneth Kaunda se United National Independence Party en NKumbula se African National Congress, het Kaunda ‘n eenpartystaat gestig en 26 jaar lank geregeer tot in 1991.

    Zambië is ‘n tipiese mislukte Afrikastaat.  Die Britte het ‘n myn- en landbouekonomie (gebaseer op die land se ryk landboupotensiaal en koperneerslae) ontwikkel.  Die ontwikkeling van infrastruktuur het onder meer die Karibaprojek (gedeel met Rhodesië), paaie, en ‘n hoofstad met regeringsgeboue, hospitale en skole ingesluit.  Ten spyte hiervan bestuur Kaunda die land die afgrond in. In 1991 gee Kaunda uiteindelik bes, en word droogte geblameer vir sy regering se onbekwame hantering van die land se ekonomie en hulpbronne oor ‘n tydperk van 26 jaar.  Hy is een van net twee Afrikadespote in die hele twintigste eeu wat vrywillig die troon opgee ná hy by die stembus verslaan is (die ander is Kerekou van Benin).  Sy permanente opvolger is Frederick Chiluba.

    Kaunda is hierna ryk beloon.  Dat die man, wat ‘n hele land die afgrond in geregeer het, ‘n Afrikadespoot was wie se demokratiese instinkte beperk was tot eenparty- en eenkanditaatverkiesings, wie se vriendekring Sadam Hussein en Josip Tito ingesluit het, is tussen 2002 en 2004 die “African President in Residence” by Boston Universiteit in die VSA  en is die 2007 ontvanger van die Ubuntu Prys (nogal vir sy voortreflike humanitêre karakter) van Suid-Afrika.  Met sy vrylating in 1990, was Kaunda ook die eerste Afrikaleier wat deur Nelson Mandela besoek is.

    Tot in 2008 bly Zambië ‘n hopelose staat met ‘n uitgeholde ekonomie en regeringslui wie se korrupte lewensuitkyk net met hulle lang vingers vergelyk kan word.  Op ‘n tipiese Afrika-nasionalistiese manier het Chiluba Kaunda opsy geskuif deur te verklaar dat hy ‘n Malawiër is, en in 1999 word Kaunda staatloos verklaar in die Zambiese Hooggeregshof.  Weer in 2000 word hy as ‘n Zambiese burger verklaar na ‘n appèl. ‘n Mens kan dié petalje en sy ander post-1991-penaries in ‘n sekere sin seker as skreeusnaaks beskou.

    Kaunda, met sy Ubuntu Prys, verteenwoordig ‘n karikatuur van die ZANU-PF-leiers in Zimbabwe, en van die ANC-regeringslui in Suid-Afrika. Terwyl hy nooit die wreedheid van ‘n Robert Mugabe, of die opgeblasenheid van ‘n Thabo Mbeki geopenbaar het nie, is sy onbeholpenheid nie net tipies nie, maar skynbaar ‘n vereiste eienskap vir omtrent enige Afrikaleier wat na 1950 op die toneel verskyn het.  Of dit nou Sam Nujoma (sy eerste daad as president was die aankoop van ‘n privaatstraler), of Idi Amin, of  Jomo Kenyatta (wat verdink word van moord op sy opponente),  of selfs Mugabe en Mbeki was, post-koloniale Afrikaleiers is skynbaar universeel in hulle verdraagsaamheid teenoor korrupsie en onbekwaamheid, asook hulle onbeholpe swart nasionalisme.

    Die verkrummeling van Zambië, Mosambiek en Zimbabwe (en ander beduidende Afrikastate) onder post-koloniale diktature was dramaties, onvermydelik, en is in elke geval vooraf voorspel.  Die uitsetting van 500 000 wit Portugese uit Mosambiek in 1975 deur Frelimo het die spogstede Lourenço Marques en Beira vernietig.  In Zimbabwe is ‘n eens vooruitstrewende Salisbury vandag ‘n krotbuurt genaamd Harare vergeleke met wat dit in 1980 was.

    Die vernietiging van infrastruktuur en ekonomiese bates in Zimbabwe en in Mozambiek was in elke opsig sistematies en meer vernielsugtig as wat dit in Zambië was.  Teen 1976 was daar net 5 ingenieurs oor in Mosambiek, en die dramatiese agteruitgang van Beira, eens ‘n ryk vakansiestad aan die Indiese Oseaan, is kenmerkend van Afrikaleiers se reaksionêre afguns teenoor Europese voortreflikheid.  As wit koloniale Portugese voortreflike stede in Mosambiek gebou het, dan is die skandalige vernietiging van hierdie bates in elke opsig ‘n weerspieëling van die roofmentaliteit in Afrika se post-koloniale bevrydingsbewegings, of dit nou Kaunda se UNIP, of Mugabe se ZANU-PF, of Samora Machel se Frelimo, of vandag, Mandela en Mbeki se ANC is.

    Die verval in Zimbabwe en Mosambiek ná 1980 was dramaties en traumaties.  Maar dit is in groot mate deur die groot Suid-Afrikaanse ekonomie gekussing.  Dit het nie so baie saak gemaak dat Zimbabwe die produktiewe wit landbousektor vernietig het nie; Suid-Afrikaanse boere se voedselproduksie het steeds goedkoop kos geproduseer.

    As elektrisiteitsopwekkingvermoëns in die bevryde state verniel is, of afgeneem het, was dit nie so erg nie, omdat Eskom in Suid-Afrika goedkoop krag aan ‘n geintegreerde verspreidingsnetwerk beskikbaar gestel het.  Die ligte het nooit werklik in Zimbabwe afgegaan nie, en Mugabe se onbekwame en kwaadwillige politiek het nooit werklik die totale vernietiging van Zimbabwe tot ‘n primitiewe staat tot gevolg gehad nie.  Hy kon, sonder om die ware koste daarvan te verstaan, voortgaan met sy vernietigingswerk en onteiening van wit en produktiewe eiendom.  Hy kon op ondemokratiese wyse beslag lê op Zimbabwe se bates, of dit ten gronde laat gaan.  Dis grotendeels omdat die groot Suid-Afrikaanse ekonomie, en sy verantwoordlike regering, verhoed het dat hongersnood, of totale ineenstorting, in Zimbabwe plaasvind.  Dit het ook aanvanklik beter in Zimbabwe as in Mosambiek gegaan omdat Mosambiek se Frelimo-regering uit die staanspoor baie meer anti-wit en gewelddadig was.

    Verder het mynmaatskappye in Suid-Afrika se kundigheid en volgehoue investering die “bevryde” lande se ekonomieë aangehelp en werk geskep wat die lande minimaal aan die gang gehou het.  Daar was altyd krag, ‘n bietjie werk, investering in die ontginningsektor aangehelp deur die kundigheid in Johannesburg en die Johannesburgse Aandelebeurs.

    Derhalwe, terwyl dit sleg gegaan het, het dit nie so sleg gegaan dat die krisisse nie deur Mugabe se regering gehanteer kon word nie.  Hongersnood is verhoed met Suid-Afrikaanse graan, en met die migrasie van miljoene van Zimbabwe se honger burgers oor die ANC se onbewaakte noordelike grens, waarna hulle ‘n kriminele hel in Suid-Afrika gestig het.  Skynbaar met die ANC-regering se gelate aanvaarding en dus goedkeuring hiervan.

    Elders in Afrika was min state so gelukkig soos Zimbabwe.  In Wes-Afrika is die verval van Liberië, die Ivoorkus, en dies meer, baie meer dramaties en meer gewelddadig.  Daar het die krag finaal afgegaan. Die privaatsektor en sosiale dienste het totaal ineengestort. Hongersnood en burgeroorloë was onafwendbaar en het derduisende lewens gekos.  Daar was geen magtige en groot state byderhand om die besigheids- en ekonomiese omgewing te stabiliseer nie.

    Wat is die ooreenkomste en verskille tussen Zimbabwe en Suid Afrika?  Daar is heelwat ooreenkomste:  beide loop deur onder onbeholpe roofregerings gestig deur bevrydingsbewegings.  Beide loop deur onder die swartkultusideologie van ‘n Robert Mugabe en Thabo Mbeki.  Beide lande se regerings, met Zimbabwe verder gevorder, het ‘n renons in wit voortreflikheid, of dit nou in die vorm van wit boere, of wit leiers, of wit ingenieurs, of wit sportlui, of wit besigheidslui is.  As die regegings moet kies tussen ‘n suksesvolle staat waar wit kundigheid beide geakkommodeer en bevorder word, en ‘n mislukte en gewelddadige staat met armoede en hongersnood, dan kies hulle laasgenoemde.

    Daar is egter een groot verskil tussen Zimbabwe en Suid-Afrika.  Dit is destyds voor Mandela se opkoms, deur Westerse kommentators soos volg opgesom:  “South Africa is a serious state, with a large industrial economy and huge assets in the form of an educated population and excellent infrastructure.  States such as those do not fail."

    Dit is die woorde van ‘n optimis wat Afrika nie verstaan nie, en wat nog minder die mees belangrike feite in Suid-Afrika en haar verhouding met haar buurstate in ag geneem het.  Naamlik dat daar geen groot ekonomie naby Suid-Afrika bestaan om haar te stabiliseer teen haar onbeholpe en kwaadwillige bevrydingsbewegingsleiers se onvermydelike vergrype nie.

    Anders as in Zimbabwe, is die krag in Suid-Afrika finaal af as Eskom se infrastruktuur vernietig word.  Daar is nie ‘n buurstaat wat krag gaan verskaf nie.

    Anders as Zimbabwe, gaan daar nie kos wees nie as die wit boere van hulle grond ontneem word nie.

    Anders as Zimbabwe, gaan daar geen staat op aarde wees wat dit in sy eie belang ag om in Suid-Afrika te belê nie.  As Suid-Afrika vir nou al meer as ‘n dekade gevoel het dat dit in eie belang is om Zimbabwe nie heeltemal tot niet te laat gaan nie, dan is daar geen beduidende staat wat dieselfde verhouding vandag met Suid-Afrika koester nie.

    En dit is die grootste verskil tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

    инструмент ликотаФільчаков Олександр Васильович

  • Op pad na die Olduvaikloof

    Westerse denke is dus gebaseer op die idee van vooruitgang, vanaf ‘n primitiewe oorspring tot by mense in die ruimte, met hartoorplantings, selfone en hoë kwaliteit, goedkoop kos wat maklik geproduseer word.
    Onderliggend aan dié denke is elektrisiteit, of ten minste die illusie dat elektrisiteit oneindig beskikbaar is deur doodeenvouding by ‘n muurprop in die netwerk in te skakel.  In beginsel en in wese is tegnologiese beskawing elektriese beskawing.  Dat elektriese energie dalk eendag nie meer beskikbaar gaan wees nie, is ‘n skrikwekkende idee.  Sonder elektrisiteit keer ‘n beskawing terug tot by sy kulturele primitiewe oorsprong.  Maar is vooruitgang, en die onbeperkte beskikbaarheid van elektrisiteit die natuurlike toestand van die wêreld waarin ons leef?

    Die idee word lank reeds ondersoek.  Die geskiedkundige Henry Adams het reeds in 1907 gespekuleer dat beskawing gebaseer op elektrisiteit waarskynlik op die langer duur daartoe verdoem is om te herprimitiviseer.  Verdere ondersoek is gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu gedoen,  en die geofisikus L. King Hubbert het in die periode 1950 tot 1970 hieroor geskryf.   Hubbert het beweer dat elektriese beskawings een van drie moontlike paaie van ontwikkeling sal volg.  Toekoms I: Die mees optimistiese pad na verdere onbeperkte ontwikkeling en vooruitgang gebaseer op ‘n oneindige beskikbare energiebron.  Toekoms II:  ‘n Geordende afname tot ‘n middelmatige  beskawing in ekwilibrium met die natuur (die sogenaamde volhoubare beskawing), wat tegnologies minder gevorderd is as wat ons vandag in die Weste sien.  Toekoms III:  ‘n Katastrofiese verval tot ‘n primitiewe staat (herprimitivisering).

    R.C. Duncan, ‘n Amerikaanse elektriese ingenieur en die direkteur van die Institute on Energy and Man in Seattle skryf in 2005 dat Hubbard se mees optimistiese toekoms I nou reeds buite die kwessie is. Waarom is Duncan, en was Hubbard, so seker van hulle voorspellings?

    Die voorsiening van elektriese krag vind plaas in geweldige komplekse masjienerie en verspreidingsnetwerke.  In totaal is die elektrisiteitsvoorsiening in ‘n land soos Suid Afrika ‘n komplekse netwerk van elektriese opwekkingsentrales, hoë spanningslyne, en verbruikers.  In somtotaal is sulke netwerke miskien van die mees komplekse masjiene ooit vervaardig.

    Sisteem teoretici wat elektriese netwerke ontleed besef reeds jare lank dat kragonderbrekings ‘n normale toestand in elektriese distribusienetwerke is, wat van nature geweldig sensitief en onstabiel is. Kragonderbrekings word dikwels geblameer op enkele gebeurtenisse, byvoorbeeld ‘n boomtak wat ‘n kraglyn breek, of ‘n transformator wat ontplof, en dies meer.  Maar hierdie effekte is klein rolspelers in ‘n baie groter drama, naamlik dat kragonderbrekings skynbaar nooit heeltemal verhoed kan word nie, maar ‘n inherente eienskap in van die netwerk is.  Netwerke is van nature onstabiel en sensitief.  As ‘n netwerk nog onder verdere druk geplaas word, destabiliseer dit meer en word eindelik onbetroubaar.  Dit verhoog die aantal en duur van onderbrekings.

    Duncan merk verder op dat selfs in die gevalle waar ‘n netwerk goed onderhou word, kragonderbrekings ‘n normale verskynsel is, en dat dit ‘n sekere distribusiekurwe volg waaruit die waarskynlikheid van onderbrekings bereken kan word.  Plaas die netwerk onder druk en die waarskynlik van onderbrekings verhoog terwyl die netwerk op sig self baie meer onbetroubaar en onstabiel word tot op die punt waar dit onherstelbaar vernietig word.

    Terwyl elektriese netwerke van nature onstabiel is, is die graad van onstabiliteit die gevolg van die beskikbare energiebronne in die netwerk.  Ladings op die netwerk deur gebruikers moet presies met die opwekking van energie gebalanseer word.  Te veel verbruikers en te min opgewekte energie en die netwerk kom onder stres. Die ongelukkige gevolg is dat die natuurlik onstabiliteit van die netwerk na vore tree om kragonderbrekings te veroorsaak.

    Soos energiebronne uitgeput word, word dit moeiliker om energie te voorsien om netwerke stabiel te opereer.  Die groei in verbruik, en die onvermoë om bykomstige en nuwe energiebronne te aktiveer, veroorsaak onstabiliteit en onderbrekings wat met tyd meer en meer algemeen word om mettertyd permanent te word.  Uiteindelik gaan die krag af vir die laaste keer, en die gebeurtenis is die teken dat elektriese (en dus tegnologiese) beskawing sy einde bereik het.

    Elektrisiteit voorsien 43% van die wêreld se energie, en word opgewek deur 7% van die beskikbare olie, 20% van natuurlike gas, 88% van die steenkool en 100% van beskikbare hydro-elektriese en kernkrag te gebruik.  Terwyl die verbruik van elektriese energie steeds eksponensieel toeneem, is die groei in die beskikbare olie, steenkool, kernkrag en gas reeds sedert die 1970s nie meer eksponensieel nie.  Die gevolg is dat netwerke steeds meer en meer onder druk kom en onstabiel word.

    Die energie in ‘n beskawing kan gemeet word as energieverbruik per kapita, wat dikwels uitgedruk word as “e”.  Gedurende die tydperk van 1900 tot ongeveer 1980 het “e” eksponensieel toegeneem.  Vanaf 1980 tot 2008 is dit op ‘n plato, wat beteken dat beskikbare elektriese energie min of meer proporsioneel met die populasie groei.  Daar word nou voorspel dat “e” gaan afneem vanaf ongeveer 2012 om tot by sy 1930 waarde te val teen 2030.  Die vooruitskattings word die “Olduvaikloof-teorie" genoem, en voorspel die einde van elektriese en dus tegnologiese beskawing soos ek en u dit verstaan teen 2030.

    Richard Leaky se werk in die Olduvaikloof (in Noord-Tanzanië) het ons vertel dat mense in ‘n steentydperk omgewing ontwikkel het, vandaar oor die aarde versprei het, om eindelik ‘n elektriese beskawing te ontwikkel.  Die vooruitspelling is dat ons met Hubbard se Toekoms III weer tot ‘n steentydperk omgewing gaan primitiviseer oor die volgende dekades soos energievoorsiening afneem en elektriese netwerke hulle stabiliteit verloor.

    Die Olduvaikloof-teorie word reeds lank as verregaande en onmoontlik verklaar, maar word onderlê deur die volgende fisiese feit:  Dat sisteme wat nie in ekwilibrium is nie, noodwendig ontwikkel tot ‘n fisiese ekwilibrium met tyd.  Elektriese beskawing is ‘n proses wat uit ekwilibrium (met die omgewing) gebaseer is op ‘n energiebron wat nie hernubaar is nie, en dit sal terugval na ‘n ekwilibrium sodra die energiebron verwyder word.  Dit is so onvermydelik as wat ‘n warm koppie koffie afkoel nadat dit geskink is.

    In sy rubriek in Rapport op 27 Januarie 2008 skryf Tim du Plessis dat “so begin ‘n mislukte staat” en gaan voort om die liberale ontnugtering met Suid Afrika se ontwikkeling sedert 1994 te verduidelik.  Du Plessis is natuurlik korrek met sy uiteensetting, al kom dit bietjie laat in die dag.  Die onderliggende opmerking aan sy betoog is dat sonder elektriese energie geen beskawing in die moderne sin moontlik is nie.  Geen elektrisiteit beteken geen vervaardiging, geen myne, geen medisyne, geen kos, geen ontwikkeling, geen vooruitgang, geen ekonomie nie.  Dit beteken herprimitivisering tot by die Olduvaikloof, onvermydelik en onherroeplik.

    Die herprimitivisering tot in die Olduvaikloof het ons reeds in ander Afrikastate gesien, en du Plessis erken dat die verval van elektrisisteitsvoorsiening ‘n teken is van die verval.  Maar sy argument is verkeerd.  Die einde van elektrisiteit beteken die einde van beskawing, nie anders om nie.  Kragonderbrekings is nie ‘n simptoom nie, dit is ‘n oorsaak.  Dit veroorsaak ekonomiese en maatskaplike verval, om uiteindelik met kannibalisme in primitiewe omstandighede in die Olduvaikloof te eindig, soos ons nou reeds in die Kongo en Liberië weereens onlangs gesien het.

    Met die oorname in 1994 het die ANC regering uitstekende kapasiteit geërf  in die vorm van bates soos kragsentrales, ‘n goed-onderhoude en stabiele netwerk om elektrisiteit te versprei, en kundige (maar baie wit) personeel wat hard gewerk het om die netwerk stabiel en in stand te hou.  Hierby het hulle die toegeneendheid van Afrikaners oor die algemeen gehad. Sedertdien is die kundigheid verwilder, die geld gesteel, die toerusting verwaarloos, en die probleme ontken.

    Sedert 1994 was daar ‘n groep Afrikaners wat wou terugveg teen die ANC se onverantwoordelike anti-Afrikaner agenda.  Du Plessis (en ander “liberale” Afrikaners) het hulle spreekbuise gebruik om diegene as onverantwoordelik of as rassisme te verdoem.

    In dié verband wonder mens vandag wie verkeerd was in 1994 en sedertdien, en waarom Afrikaanse meningsvormers die (nuwe) status quo tot so ‘n mate ondersteun dat hulle nie die ware toedrag van sake ontken. Tot watter mate kon ‘n ander politieke aanslag die Olduvaikloof vermy het? ‘n Ander ontleding en benadering is nou nodig, een wat verskil van wat ons tot dusver gesien het.

     

    10 online casinosФильчаков Александр Васильевич

  • Malthussiese katastrofes

    Snelle bevolkingsgroei het vanaf 1980 die politiek van Suid-Afrika radikaal verander. Die meeste mense besef glad nie hoe ʼn eksponensiële toename in bevolking werk nie. Daarom, kom ons veronderstel die volgende:  Neem ʼn leë bottel, en laat ʼn paar bakterieë daarin los, in die teenwoordigheid van baie voedingstowwe wat vrylik beskikbaar is en genoegsaam bygevoeg word om die bakterieë in die bottel voldoende te voed.

    Veronderstel dat die bakterieë hulle getalle verdubbel met verdeling (mitose) een keer per minuut (dit is ʼn redelike aanname).  As ons met een bakterium begin, dan is daar twee na een minuut, vier na twee minute, agt na drie minute, ensovoorts.  Die getal bakterieë in die bottel groei soos volg elke minuut:

    1,2,4,8,16,32,64,128,256,512,…., 1 073 741 824,….

    waar ons opmerk dat daar 1 073 741 824 bakterieë in die bottel is na 30 minute (dit is ongeveer een duisend miljoen).

    As die bottel ʼn totale volume van een liter het, en die volume van ʼn tipiese bakterium benader word tot ongeveer een femtoliter (ʼn femto is tien tot die mag minus vyftien), dan is die totale aantal bakterieë in ʼn vol bottel ongeveer tien tot die vyftiende mag.  As mens met een bakterium begin, kan mens uitreken dat die bottel na omtrent 50 minute vol gaan wees, as elke bakterium een keer per minuut verdeel.

    Wanneer is die bottel halfvol?  Of kwartvol? Of een agste vol?

    Op watter stadium dink u dat die bakterieë gaan uitvind dat hulle ruimte opraak, en dat die bottel gaan oorloop met katastrofiese gevolge (vir die bakterieë)?

    Die bottel is natuurlik halfvol na 49 minute – dit is een minuut voor dit vol is.  In ʼn halfvol bottel kan ʼn bakterium aanvaar dat daar nog baie ruimte oor is.  Maar dit is verkeerd, daar is net een minuut oor, en dit is letterlik een minuut voor ʼn onvermydelike katastrofe.  Net so is dit bedrieglik om te dink dat daar nog baie ruimte is as die bottel een-sestiende vol is (en vyftien-sestiendes leeg is), maar daar is dan net 4 minute oor voor ʼn katastrofe.

    Die belangrike opmerking is dat daar min waarskuwing is dat ʼn katastrofe gaan plaasvind.  Vir meer as 49 minute groei die bakterieë sonder belemmering, net om in die laaste minuut uit te vind dat ruimte opraak, en dat daar min daaraan gedoen kan word.  In die een-en-vyftigste minuut verdeel elke bakterium in die vol bottel, en die bottel loop oor.  Die totale aantal bakterieë wat uitvloei is gelyk aan die totaal in die bottel.  Die gevolg is dat ʼn bottel vol bakterieë vergaan – gelykstaande aan die hele bevolking in die vol bottel.

    Die katastrofe stem ooreen met die totale bevolking.

    Veronderstel dat ʼn tweede leë bottel beskikbaar gestel word.  Hoe lank voor dit óók vol is?  Dit is vol na 51 minute, net een minuut na die eerste bottel vol is.  Vier bottels is vol na 52 minute, net twee minute na die eerste bottel vol is.  Die eerste bottel is vol na 50 minute, die tweede bottel word gevul in die volgende een minuut, die derde en vierde bottel is vol na nog een minuut.  In die drie-en-vyftigste minuut word vier bottels gevul, in die vier-en-vyftigste minuut agt bottels, en so aan.

    Uiteindelik is dit fisies onmoontlik om genoegsaam bottels vinnig genoeg te verskaf om die bakterieë se groei te akkommodeer, en ʼn katastrofe vind plaas.  Dit gebeur selfs as daar ʼn oneindige voorraad bottels beskikbaar is, omdat hulle nie vinnig genoeg geplaas kan word nie.

    Die katastrofe stem ooreen met die grote van laastebevolkingsbakterieë.  As daar 16 vol bottels was, dan is daar ʼn katastrofe vir 16 bottels vol bakterieë in die volgende minuut.  Dus, hoe langer daar gewerk word om die katastrofe te verhoed, hoe groter die uiteindelike katastrofe.

    Die bostaande voorbeeld word dikwels gebruik om die eksponensiële funksie te verduidelik.  Die belankrikste eienskap van eksponensiële groei is die verdubbelingsperiode, naamlik die tydperk wat iets neem om te verdubbel in massa of in getalle.  Die bakterieë het dit elke minuut gedoen, maar onder normale omstandighede word eksponensiële groei eerder in persentasies uitgedruk.  Ons praat byvoorbeeld van ʼn bankbalans wat teen 3% rente per jaar groei, of ʼn bevolking wat teen 5% per jaar aanwas.

    Dit is maklik om die verdubbelingsperiode taamlik akkuraat uit te werk as groei in persentasies gegee word:  Deel 70 deur die persentasie, en jy kry die verdubbelingsperiode taamlik akkuraat.  Byvoorbeeld, as iets teen 5% per jaar groei, dan verdubbel dit in ongeveer 70/5 =14 jaar.  Of as jou bankbalans teen 3% per jaar groei, behoort jou saldo oor 70/3 = 23,3 jaar ongeveer te verdubbel.

    Die byt in bostaande word egter duidelik as ons aan bevolkingsgroei dink:  Indien ʼn bevolking teen 5% per jaar groei, verdubbel dit elke 14 jaar.  Dit beteken dat druk op voedselverskaffing, skoon water, gesondheidsorg, skole, en dies meer, elke 14 jaar verdubbel.  Normaalweg groei die hoeveelheid beskikbare voedsel en ander sosiale dienste stadiger as die bevolking, omdat landbougrond met tyd verarm en buitendien nie oneindig is nie, en omdat die vermoë om dienste te lewer net met baie moeite eksponensieel kan groei, of soms beperk word deur fisieke werklikhede.  Dit is byvoorbeeld waarom die voormalige wit Suid-Afrikaanse regering nooit genoeg dienste aan die snel-groeiende swart bevolking gedurende die twintigste eeu kon verskaf nie.  Die eksponensiële toename in die nodige dienste het beskikbare bates ontgroei.

    Bostaande is ʼn weergawe van ʼn argument wat ʼn negentiende-eeuse demograaf, Thomas Malthus, gemaak het.  Malthus het besef dat bevolkings eksponensieel groei, maar dat voedselverskaffing nie oneindig kan groei nie, maar beperk word deur klimaat, weer, water en beskikbare vrugbare grond.  Op ʼn stadium sal ʼn bevolking  wat eksponensieel aanwas ʼn groter hoeveelheid voedsel benodig as wat verskaf kan word, en die onvermydelike gevolg is hongersnood, terwyl die skaal van die hongersnood met die grootte van die bevolking ooreenstem.

    As ʼn bevolking die helfte van hulle oes eet en teen 5% per jaar groei, hoe lank sal dit neem voor hulle die hele oes opeet, en hongersnood in die gesig staar?  Ons het die antwoord reeds uitgewerk – dit is veertien jaar, nie eers een geslag nie, en dit moet ʼn groot verrassing wees, omdat dit net veertien jaar gelede gelyk het of daar uitbundige voorrade voedsel beskikbaar is.  Soos die bakterieë in die bottel kan ʼn bevolking eeue lank elke veertien jaar in getalle verdubbel, maar hulle sal net in die laaste veertien jaar uitvind dat kosvoorrade onvoldoende gaan word.

    Dit is die wese van Malthussiese demografie, en is ʼn siening wat dikwels onder hewige kritiek deurgeloop het.  Tog is daar ʼn knaende onsekerheid wat dit moeilik maak om dit summier te verwerp.  Dit is wel die geval dat Malthussiese demografie nie die verrassende landbourewolusie voorspel het nie.  Mensgemaakte kunsmis en veral gifstowwe wat landbougewasse teen peste beskerm, het voedselverskaffing geweldig laat toeneem oor die laaste eeu, en die wêreld se bevolking het in ooreenstemming hiermee gegroei tot meer as ses miljard.  Dit lyk steeds of voedsel uitbundig beskikbaar is.

    Daar is egter ʼn paar donderwolke op die horison:  Eerstens merk ons op dat kunsmis uit aardgas en olie vervaardig word, en hierdie grondstowwe is besig om skaars te raak.  Landboupeste is besig om weerstand teen gifstowwe op te bou.  Die genetiese rewolusie om beter gewasse te teel, bring ten beste marginale verbetering in produksie, vergeleke met die uitstekende resultate wat kunsmis en pesbeheer gebring het.  Verder is vrugbare grond (die boonste paar duim van landbougrond) besig om uitgeput te raak in groot dele van die wêreld, en word baie gewasse gebruik om biodiesel en etanol te vervaardig (eerder as voedsel) om ʼn groeiende olietekort te verlig.

    Dit begin dus lyk asof daar ʼn plafon in voedselverskaffing bereik word.  As bevolkings nie stabiliseer nie, is daar ʼn klassieke Malthussiese nagmerrie aan die kom:  ʼn eksponensieel groeiende bevolking wat hulle bottel figuurlik vul en laat oorloop, en wat op die koop toe ook bitter min waarskuwing gaan kry dat iets besig is om verkeerd te loop.

    Dit lyk reeds asof politieke en sosiale onrus in sekere wêrelddele terug te voer is na Malthussiese katastrofes – dele van Wes-Afrika (die Ivoorkus) en Suid-Amerika, Haïti, Zimbabwe,  Fiji, en nog ander gevalle, waar eens taamlik vooruitstrewende lande of streke meteens (sonder waarskuwing) in anargie en onluste verval het, en waar die basiese eienskappe van die ellende voedseltekorte, anargie, omgewingsverval, en veral die onvermoë van die regering om genoegsame sosiale dienste te verskaf om ʼn groeiende bevolking te dien, opvallend is.

    Daar bestaan deesdae neo-Malthussiese denke wat bevolking en ekonomie met politieke verandering en onluste korreleer.  In dié opsig is Suid-Afrika ʼn voorbeeld waar oneweredige bevolkingsgroei tussen verskillende bevolkingsgroepe politieke gevolge gehad het, en dit is opmerklik dat sterk bevolkingsgroei in die swart bevolking waarskynlik die gevolg is van die wit Suid-Afrikaanse verskaffing van voedsel en mediese dienste.

    In die 1980s het James Goldstone en David Lempert ʼn Malthussiese model voorgestel om politieke en ekonomiese toestande in Mauritius te bestudeer, en Lempert het selfs na die Russiese rewolusie en Stalin se regering uit dié oogpunt gekyk.  Politieke onluste in Palestina en die mensemoord in Rwanda en die Kongo (wat die wêreld se snelgroeiendste bevolking het) is soortgelyk skynbaar die gevolg van ʼn Malthussiese spanning tussen bevolkingsgroei en beskikbare hoeveelhede voedsel en vars water.

    Malthus is reeds in 1834 oorlede, en van sy idees het polieke denke in veral Engeland en die Weste baie beinvloed.  Charles Darwin, asook die Britse koloniale owerhede, het beide baie aandag aan sy idees gegee, maar ander het sy teorieë erg veroordeel, en veral marxiste het nie veel erg aan hom nie.

    Die mees onrusbarende idee wat ons by Malthus vind, is die opmerking dat daar feitlik omtrent nooit genoegsame waarskuwing is dat iets verkeerd loop nie.  Onluste in Kenia is skielik en skynbaar onverhoedbaar, en kon nie voorspel word nie.  Suid-Afrika het 70 jaar lank in relatiewe stabiliteit bestaan tot 1980 voor onluste en ʼn vinnig groeiende swart bevolking die land in net 10 jaar totaal verander het. Min mense het in 1980 geglo dat die land binne net vyftien jaar met ʼn ANC-regering sou sit.

    Onderliggend aan die skielike omverwerping van die status quo in Suid-Afrika is eksponensiële bevolkingsgroei en die verhouding daarvan tot beskikbare bates.  Dat eersgenoemde laasgenoemde skielik en fataal verbysteek, is Malthus se mees onstellende insig.free slots cleopatra no downloadsданильченко юрий брониславович прокурор

  • Jacob Zuma: die trein het reeds vertrek

    Op soortgelyke wyse was dit ook Xhosas wat geweldig persoonlike finansieel voordeel getrek het uit die koöptering van die ANC se leierskap na 1994 deur die voormalige wit Suid-Afrikaanse sake-establishment.  Kitsgemunte miljoenêrs (meestal Xhosas) wat uit die bloute verskyn het, is direk gekoop met geweldige bedrae geld om hulle politieke samewerking te verkry, die besigheidsatmosfeer te beskerm en om die finansiële, politieke en maatskaplike orde in Suid-Afrika te beïnvloed.

    In dié opsig word die invloede van Xhosas en van die (voormalige) wit besigheidsklas in die ANC se komende opvolgingstryd ’n interessante kwessie.  Die stryd sal aantoon in watter mate Xhosas as ’n politieke groepering en die besigheidsklas, asook hul organe wat onder meer die Afrikaanse pers, en ook ander publikasies en dinkskrums (soos die Helen Suzman-stigting, wat steeds deur die wit Engelse besigsheidsklas beheer word), en dan die gekoöpteerde Xhosaleiersklas in die ANC, nog beheer oor die ANC en oor Suid-Afrika uitoefen.  Dat die Afrikaanse pers byvoorbeeld druk besig is om te probeer om ’n invloed uit te oefen op die verkiesing van ’n nuwe ANC-leier sien mens byvoorbeeld in uitsprake in Beeld se hoofartikels dat

    Cosatu se dreigement dat hy strate toe sal gaan as mnr. Jacob Zuma voor die ANC-kongres in Polokwane (Pietersburg) aangekla gaan word, is ontstellend.

    Dit lyk duidelik dat daar gronde is om Zuma aan te kla. Schabir Shaik is reeds skuldig bevind aan korrupsie en in dié saak is hy duidelik aan Zuma gekoppel.

    Dit sal sekerlik wys wees om Zuma nie in die volgende drie weke aan te kla nie – die aanklag sal te maklik as politieke inmenging gesien kan word.

    Maar dit behoort ook duidelik te wees dat die enigste oplossing vir die voortslepende Zuma-kwessie ’n behoorlike hofsaak is. [27 November 2007]

    waarin voorgestel word dat Jacob Zuma voor ’n hof gedaag moet word, met die waarskynlike resultaat dat ’n skuldigbevinding hom van sy populariteit en aanspraak op die presidensie sal stroop.

    Jacob Zuma het reeds in die eerste ronde (om ANC-president te word) as ’n wegholoorwinnaar verskyn, met meer steun as wat daar voorheen bespiegel is.  Die skokgolwe van sy oorwinning kring steeds uit, en daar is ’n verslaentheid te bespeur onder ANC-hooggeplaastes en hulle aktiewe ondersteuners in die Afrikaanse en voormalige wit Engelse pers.  Publikasies soos Rapport, Beeld, The Sunday Times, en dies meer, wat reeds lank ’n stryd voer om die opvolgingsdrama in die ANC te beïnvloed, begin nou uitvind dat hulle irrelevant in die stryd geword het en dat hulle geen beheer uitoefen of invloed het oor die ANC, of oor Suid-Afrika se swart massas nie.  In dié opsig praat rubriekskrywers in Beeld byvoorbeeld steeds oor moontlike verrassings in die verkiesing.  Mens, wonder, wie se verrassings? Die ontsteltenis oor Zuma is so groot dat Mbeki selfs ondersteuning kry vir ’n derde termyn as president, ten spyte van die feit dat die grondwet dit eksplisiet verbied.  Verder verklaar briefskrywers in koerante dat hulle die land sal verlaat as Zuma verkies word as president, omdat dit hulle vertroue in die toekoms van die land ondermyn. 

    Jacob Zuma is ’n omstrede figuur en is tans die adjunkpresident van die ANC.  Ten spyte van sy bloutjies met die reg (’n aanklag van verkragting is uit die hof gegooi, en sy finansiële adviseur, Shabir Shaik, is skuldig bevind op aanklagte van bedrog), bly Zuma se gewildheid onaantasbaar onder sy ondersteuners.  Hy is in 2006 ontslaan uit sy pos as adjunkpresident deur president Thabo Mbeki, maar selfs die ontslag het sy ondersteuning in veral die ANC se jeugliga en vroueliga nie negatief beïnvloed nie.  Die ANC-jeugliga reageer byvoorbeeld soos volg op sy verkiesingsege op hulle webwerf:

    “The ANC Youth League welcomes the outcomes of the Provincial General Councils of the ANC which overwhelmingly endorsed the positions put forward by the Youth League. While we appreciate that this is but the conclusion of the first phase of the electoral process, we are however satisfied that these represent the will and conviction of the majority of the ANC membership on the ground.”  [28 November 2007]

    Jacob Zuma word ten beste verstaan as ’n African Strong Man, dit wil sê, as ’n hoofman in die Afrikakonteks, gebore om te lei, verhewe bo normale wette, en onaantasbaar in sy gesag.   Hy is die seun van ’n huisbediende in Durban, en het bitter min formele opleiding ondergaan.  Hy sluit in 1959 by die ANC aan en word ’n lid van Umkhonto we Sizwe in 1962.  In 1963 word hy op Robbeneiland toegesluit om ’n tienjaarvonnis uit te dien. Na sy ontslag is hy instrumenteel in die vorming van ondergrondse strukture in die ANC in KwaZulu-Natal in die 1970s.  In 1975 verlaat hy Suid-Afrika en vestig homself in Swaziland en Mosambiek tot in 1987.  Hy is vinnig tot senior posisies in die ANC bevorder, om uiteindelik as ’n senior verteenwoordiger van die ANC in Mosambiek aangestel te word.  Toe PW Botha se regering sterk druk op Mosambiek uitoefen om die ANC uit te skop, verhuis hy na Lusaka waar hy die hoof van die ANC se intelligensiedepartement word.  Na die ontbanning van die ANC in 1990 word hy verkies as die ANC se voorsitter in die Suid-Natalarea waar hy vredesooreenkomste met Inkatha onderhandel.  Die volgende jaar word hy as adjunk-sekretaris-generaal van die ANC verkies.  In 1994 word hy nasionale voorsitter van die ANC en in 1999 adjunkpresident van Suid Afrika.

    Hy is in 1998 met die Nelson Mandela-toekenning vir Uitstaande Leierskap in Washington DC vereer.  Ten spyte hiervan word Zuma skepties deur die voormalig wit Suid-Afrikaanse pers bejeën. Die Mail and Gaurdian reageer soos volg gedurende sy verskyning op aanklagte van verkragting voor die hof: 

    “The political damage is incalculable, with the ruling African National Congress now an openly divided and faltering movement. This has had a domino effect on the South African Communist Party and the Congress of South African Trade Unions, which have floundered and fractured in the face of damaging charges against a man they ardently backed as the country’s next president.

     

    The trial has been fought against the backdrop of a bitter succession war between Mbeki and Zuma… Mbeki’s support in the ANC has crumbled, with the party faithful refusing to accept that he will anoint a leader… But even Zuma’s most diehard supporters privately acknowledge that he cannot now be president, regardless of the trial outcome.”  [22 November 2006]

    Die Mail and Gaurdian is natuurlik verkeerd.  Daar is nie skerp verdelings in die ANC nie. Jacob Zuma het nou weer gedemonstreer dat hy geweldige meerderheidsteun in die ANC het.  Nie net in die Jeugliga en die Vroueliga nie, maar ook in provinsie na provinsie, en op voetsoolvlak.  Selfs al verlaat die minderheid wat hom nie steun nie die ANC, sal hy steeds genoeg stemme op hom verenig om die ANC-president en uiteindelik president van Suid-Afrika te word.  Dit is wensdenkery om dit anders te ontleed.  Jacob Zuma is op ’n onvermydelike oorwinningskampanje om die volgende president van die ANC en van Suid-Afrika te word.  Dié feit veroorsaak konsternasie in die Afrikaanse (en ook in die Engelse) pers in Suid-Afrika, wat Zuma as ’n outokratiese en selfs as ’n gevaarlike figuur beskou.  Dit sal ’n ongewone versameling gebeure verg om hom te stuit, byvoorbeeld algemene onluste, of ’n ingryping deur die konstitusionele hof, of iets dergeliks.

    Wat baie meer interessant is sover dit senior ANC leiers aangaan, is hulle reaksie op Zuma se verkiesing as ’n Zoeloe, wat die dominansie van die Xhosaleierskap in die ANC gaan uitdaag en waarskynlik in ’n mate gaan verplaas en reinig.  In dié opsig is daar ’n moontlikheid dat die huidige Xhosaleierskap ’n bondgenoot in die voormalige wit establishment mag soek, iets wat eienaardig sal wees, en wat ook die irrelevansie van die establishment in die huidige politieke klimaat sal demonstreer.

    Die grondwet beperk Suid-Afrikaanse presidente tot net twee termyne.  Thabo Mbeki was die natuurlike opvolger vir Nelson Mandela in 1999 en sy tweede termyn loop ten einde in 2009.  Die enigste ander figuur wat Mandela kon opvolg (Chris Hani) is reeds baie jare terug vermoor en soos Mbeki en Mandela, was hy ’n Xhosa.  Daar is nou al geruime tyd bespiegelinge rondom moontlike opvolgers.  In veral Afrikaanse koerante en ander publikasies word moontlike leiers wat meer aanvaarbaar as Zuma sou wees, gepromoveer as opvolgers vir Mbeki.  So byvoorbeeld word Tokyo Sexwale reeds lank voorgehou as ’n verkieslike opvolger in die Afrikaanse pers, maar die name van Cyril Ramaphosa en ander senior ANC-figure het ook al die rondte gedoen.  Die idee dat Thabo Mbeki vir ’n derde termyn verkies moet word is ook al bevorder, in weerwil daarvan dat die grondwet dit verbied.   Al die voorgestelde opvolgers is Xhosas, konsekwent met die Helen Suzman-stigting se opmerking oor sendelinge en Xhosas.

    Terwyl die Afrikaanse pers druk besig is om die een of ander ANC-leier voor te hou as ’n moontlike opvolger en die verkiesing op dié manier probeer beïnvloed, is die ANC besig met sy eie prosesse.  As wit en Afrikaanse meningsvormers glo dat hulle idees enigsins nog ’n indruk op die ANC of selfs in Suid-Afrika maak, gaan die opvolgingstryd tot ’n wrede ontnugtering lei.  Die knaende bevording van Sexwale en/of Ramaphosa as opvolgers laat die indruk dat Afrikaanse redakteurs dink dat hulle voorkeure die proses kan beinvloed, so asof Rapport, of Beeld, nog ernstig deur die president of senior ANC-leiers gelees word. 

    Sexwale is ook ’n witbroodjie by die Helen Suzman-stigting wat in ’n onlangse uitgawe van Focus ’n hele toespraak wat hy by Wits gegee het, gepubliseer het.  Dit alles is egter irrelevant.  Nóg die Afrikaanse pers, nóg die voormalige wit Engelse persorgane soos die Mail and Gaurdian, nóg die Helen Suzman-stigting, kan nog enige invloed of beheer uitoefen op die ANC en hulle leierskapsverkiesing.  Om in die Afrikaanse pers verduidelikings te eis van die ANC-vroueliga vir hulle steun vir Zuma, of om die ANC-jeugliga te betig, is in der waarheid om jou asem te mors.  Die trein het die stasie reeds verlaat.

    жакет для девочки 8 летЛобановский

  • Die komende permanente oliekrisis

    Hubbard se idees word steeds in die ru-oliemark net skramsweg erken:  Finansiële deskundiges in die oliemark is normaalweg ekonome, en hulle glo dat ʼn vraag na ʼn grondstof noodwendig die produksie van die hulpbron sal opstoot.  Geoloë en ingenieurs wat in die ru-olievelde werk, is opgelei in fisiese wetenskappe en hulle verstaan beter dat daar harde fisiese perke is rondom die produksie van ʼn grondstof soos ru-olie.  Anders as graan of papier, is dit nie hernubaar nie.  As ʼn boorgat leeggepomp is, is dit permanent leeg, en geen vraag na ru-olie of nuwe tegnologie sal dit regkry om die boorgat weer produktief te maak nie.

    Teen die einde van die vorige eeu het sommige ontleders en sakemanne begin voorspel dat die totale produksie van ru-olie in die wêreld deur ʼn Hubbard-maksimum sal gaan voor 2010.  Ru-olie was redelik volop in die laaste dekade van die twintigste eeu, en ekonomiese ontleders en ander politieke kommentators het die voorspellings as kranksinnig afgeskryf.  Die term “Peak Oil”, wat verwys na die Hubbard-maksimum, word tot vandag toe nog deur die Pers vermy, met die ongelukkige gevolg dat baie mense totaal in die duister is oor ʼn baie belangrike ekonomiese gebeurtenis.  Politieke ontleders, ekonome, en veral politieke leiers, wat soms histeries tekere gaan oor aardverwarming, het nog nie aandag gegee aan die gevolge van ʼn komende energiekrisis wat deur ʼn tekort aan ru-olie veroorsaak gaan word nie. Omdat die wêreld se ekonomie so afhanklik van ru-olie is, is ʼn tekort aan dié grondstof ʼn ramp wat handel en ekonomiese groei erg kan ontwrig, met ʼn gepaardgaande destabilisering van die wêreld se ekonomiese en politieke orde wat sedert die Tweede Wêreldoorlog taamlik stabiel was.

    Met hedendaagse rekordhoogtes in die prys van ru-olie op die wêreldmark, word “peak oil” nou meer dikwels gefluister in beskaafde geselskap. Sakemanne soos Matthew Simmons, wat reeds sedert 2000 artikels oor die kwessie skryf, verskyn soms op televisie en in die pers om oor ru-olieproduksie te praat.
    Intussen styg die prys van ru-olie genadeloos.  In 2000 was dit ongeveer $20 per vat, vandag is dit oor die $90 per vat, en sommige ontleders praat van $100 per vat binne maande of selfs weke.  In die openbaar praat deskundiges oor “geopolitieke” faktore wat die prys opjaag (die oorlog in Irak en Venezuela se Chavez wat OPEC manipuleer om pryse op te stoot). In private gesprekke erken hulle dat daar ʼn basiese produksieprobleem is: lande soos Saoedie-Arabië wat die olieprys met ʼn kraan-oop of kraan-toebeleid beheer het, kan die prys nie afbring met verhoogde produksie nie.

    Daar bestaan geruime tyd al geheimsinnigheid rondom die oliemark.  Lande in die Midde-Ooste beskou data oor ru-olievelde as staatsgeheime en publiseer geen gegewens oor die grote van velde of hulle olievoorrade nie.  Wat wel gebeur is dat deskundiges oor dié olievelde soms privaat menings lug, en die gerugte word versamel en in die Weste geïnterpreteer.  Daar is dus net skattings oor die totale hoeveelheid ru-olie in die grootste olievelde, en oor die hoeveelheid ontginbare ru-olie.  Die beste skattings, wat steeds ongeverifieerd is, is dat produksie van olie en olie-vloeistowwe in 2006 deur ʼn Hubbard-maksimum beweeg het en dat ons sodanig op ʼn produksieplato verkeer waar nuwe tegnieke en beter ontginningsmetodes net ʼn konstante produksie kan verseker. ʼn Stygende vraag veroorsaak dus ʼn fisieke tekort op die mark, met ʼn gevolglike toename in prys.

    Terwyl amptenare in Saoedie-Arabië die moontlikheid van ʼn Hubbard-maksimum heftig ontken, is daar deesdae meer tekens dat hulle begin erken dat daar ʼn fundamentele verandering in die produksie van ru-olie aan die gang is.  Sadat al-Huseini, voorheen die hoof van eksplorasie en produksie by “Saudi-Aramco” (Saoedi-Arabië se ru-olie ontginnings maatskappy), het onlangs in ʼn onderhoud met David Strachan (ʼn Amerikaanse ontleder van die oliemark) erken dat die produksie van ru-olie in Saoedie-Arabië ʼn “strukturele plafon” bereik het wat eerder die gevolg is van geologie as van geopolitieke faktore.  Met ander woorde, Saoedi-Arabië wat normaalweg hulle produksie sou verhoog om wins uit die hoë prys te maak en om die mark te stabiliseer, het ʼn fisieke grens bereik en kan blykbaar nie die hulle produksie opstoot nie. Die gebruik van die term “strukturele plafon” deur al-Huseini is opmerklik, omdat dit eufismisties na ʼn ongemaklike waarheid verwys:  Saoedi-Arabië se ontginbare ru-olie is besig om op te raak, en produksie in die land gaan dalk binnekort katastrofies afneem.

    Al-Huseimi se opmerking is ʼn merkwaardige erkenning uit die belangrikste olieproduserende land oor ʼn penarie wat die wêreld blykbaar fundamenteel gaan verander.  Hy merk ook op dat die vloer van die olieprys (die prys wat ontginning winsgewend maak) met sowat $12 per vat per jaar gaan styg in die nabye toekoms.  Hier verwys hy na ʼn ander effek van ru-olieproduksie, naamlik dat dit moeiliker word om ru-olie te ontgin uit ʼn veld soos wat die veld ouer word.  Die eerste vate word maklik getap, maar as die veld eers die maksimum in sy produksie behaal, word dit aansienlik moeiliker (en baie duurder) om die ru-olie te ontgin.  Selfs gevorderde tegnieke kan uiteindelik nie verhoed dat produksie afneem nie – dit is ʼn les wat Amerikaanse olieprodusente reeds in Texas in die 1970s geleer het.

    Daar is verskeie grade ru-olie beskikbaar.  Die beste, maklikste raffineerbare grade, word “soet” genoem, terwyl olie wat besoedel is met swawelwaterstof en ander giftige chemikalieë dikwels as “suur” bestempel word.  Suur ru-olie is moelik en duur om te raffineer, en produseer besoedelende bybestanddele.  Soet ru-olie is dus by voorkeur ontgin, en wat grootliks oorbly is suur ru-olie.  Olievelde wat soet ru-olie gee, is sodanig uitgeput dat daar ʼn merkbare afname in die produksie sigbaar is.  Beskikbare voorrade Brent ru-olie, ʼn hoë graadse soet ru-olie uit die Noordsee, is vinnig aan die afneem, en is ʼn toonaangewer vir die hoër pryse in die oliemark.

    Olieproduksie het histories  hoofsaaklik uit groot olievelde in Saoedi-Arabië en die Midde-Ooste, Meksiko, Texas, Alaska, Rusland en die Noordsee gekom. Die laaste reuse-olieveld is in die 1960s ontdek en terwyl die ontdekkings van nuwe velde sedertdien skerp afgeneem het, het die verbruik van olieprodukte toegeneem. Vandag gebruik ons gemiddeld twee tot drie keer soveel olie as wat daar jaarliks ontdek word.  Soos olievelde uitgeput word en die vraag toeneem, styg die olieprys in ʼn klassieke illustrasie van die aanbod-prysverhouding in die vrye mark, vanaf ongeveer $20 per vat in 2000 tot meer as $90 per vat vandag.  Die belangrikste olieveld op aarde is Ghawar, in Saoedie-Arabië, wat ongeveer een kwart van al die ru-olie wat reeds geproduseer is gegee het.  Daar word deesdae beweer dat die veld oor sy Hubbard-produksiemaksimum is en besig is om uitgeput te word.  Produksie in die reuse Canterell-olieveld in Meksiko en in die Noordsee-olievelde  is besig om vinnig af te neem, en Brittanje sal binne vyf tot tien jaar ru-olie moet invoer om haar ekonomie aan die gang te hou. Hieronder is die produksiekurwe vir Noordsee-olie uit Britse olievelde (figuur 1).  Die afname in produksie na die Hubbard maksimum is opmerklik en dramaties.  Soortgelyke produksiekurwes is gevind vir die reuse Cantarell olieveld in Meksiko.

    Image

    Figuur 1: Olie produksie in die Britse Noordsee. Soortgelyke Hubbard-maksima bestaan vir Meksiko se Canterell olieveld. Het die reuse Ghawar-olieveld in Saoedie-Arabi? deur I soortgeluke produksie maksimum beweeg?

     

    Terwyl daar steeds ontleders is wat dink dat geopolitiek eerder as ʼn harde fisiese feit onderliggend aan die prysverhoging vir ru-olie is, kom meer en meer mense (waaronder die voormalige sekretaris van Energie vir die VSA, James Schlesinger, tot die besef dat ru-olie besig is om op te raak en dat die gevolge merkwaardig gaan wees.

    Om die invloed van olie op ons beskawing in perspektief te stel, kan mens byvoorbeeld die grafiek in figuur 2 bestudeer.  Dit is ʼn voorstelling van die wêreld se ru-olieproduksie van die jaar 0 tot met 4000, en benader toekomstige produksie deur ʼn Hubbard-maksimum in ongeveer 2010 te projekteer, en daarna ʼn simmetriese afname in produksie te postuleer.  Die eenheid is miljoene vate per dag as ʼn funksie van tyd.

    Image

    Figuur 2: Olieproduksie (jaartal 0-4000). Olie-produksie was nie so simmetries nie, maar het deur skommelinge gegaan soos byvoorbeeld gedurende die Tweede Wereldoorlog en die 1970 olieboikot ? die kurwe is dus slegs ‘n benadering.

    Die produksie toon ʼn skerp toename gedurende die 20ste eeu, bereik ʼn maksimum tussen 2005 en 2015, en neem daarna vinnig af oor ʼn periode van ongeveer 50 tot 100 jaar.  Wat in gedagte gehou moet word, is dat die afname in die kurwe moeilik ontginbare en duur suur  ru-olie is, terwyl die toename maklik ontginbare soet ru-olie is.

    Die grafiek toon die kort “olietydperk” aan in ʼn historiese perspektief sedert die geboorte van Christus.  Voor die “olietydperk” was daar die steenkooltydperk.  Dié tydperk het in Brittanje begin in die 19de eeu toe Engeland die eerste nywerheidsland geword het.  Engeland se industrialisering het die land die magstigste ter wêreld gemaak en het bygedra tot haar suksesvolle kolonisering van die groot dele van die wêreld. Die steenkooltydperk is deur die olietydperk beëindig en Engeland is deur die oliereus van die wêreld, die VSA, verbygesteek.  Die gevolge van industrialisering weens olie is skokkend ten toon gestel in die Eerste Wêreldoorlog, toe industriële produksie in die olie-ekonomie ʼn slagting op ʼn industriële skaal in Europa veroorsaak het.  Die VSA gebruik steeds ongeveer een kwart van al die daaglikse ru-olieproduksie ter wêreld, maar ander groeiende ekonomieë se verbruik is vinnig aan die toeneem, wat verdere tekorte op die oliemark veroorsaak en die prys verder verhoog.

    ʼn Sekere teken dat ʼn maksimum in olieproduksie bereik is, behoort mens in die prys van ru-olie te sien.  ʼn Onverbiddelike en voortdurende prysverhoging waaruit produsente nie kan voordeel trek met verhoogde produksie nie is ʼn markgebaseerde teken dat die produksie nie in die vraag kan voorsien nie.  Ryker lande kan die verhoogde ru-olieprys tans in ʼn mate absorbeer, maar armer lande sal aankope nie kan bekostig nie en sonder ru-olie moet klaarkom.  Sulke lande trek dus geen voordeel uit die oliemeevaller nie, en kan nie volledig deelneem aan globalisering nie.  Sommige lande in dié kategorie kan ons duidelik identifiseer: Somalië en ander state in Oos- en Sentraal-Afrika.  Daarby lande in Wes-Afrika soos Tsjad, asook Haïti en Birma:.  Die lande is verdoem om brandarm te bly en om nog verder onder te gaan soos wat hulp uit die Weste opdroog as biodiesel uit voedsel vervaardig word wat normaalweg na die Derde Wêreld gestuur sou word om hongersnood te verlig.

    Daar is taamlik ruimte in die Eerste Wêreld se ekonomieë om die eerste gevolge van ʼn olietekort te verduur.  Die olieboikot in 1970 kan as ʼn historiese voorbeeld in dié geval dien:  Eerstens het dit brandstoftekorte veroorsaak, met spoedbeperkings en in sommige gevalle die rantsoenering van petrol en diesel.  Tweedens het die olieboikot inflasie in Westerse ekonomië veroorsaak; die gepaardgaande rentekoersverhogings het ekonomiese groei tot ongeveer die middel van die 1980s beperk.  Uiteindelik het verhoogde produksie in die OPUL-lande, asook hoëgraadse Noordsee- en Meksikaanse ru-olie, op die mark meer as twintig jaar se ekonomiese opbloei in die Weste tot gevolg gehad:  dit is opgesom deur Ronald Reagan se opmerking dat “It is morning in America”.

    Die oliekrisis in 1970 was egter van korte duur en in elke opsig ʼn tydelike energiekrisis.  Die komende energiekrisis is ʼn permanente toestand en net ʼn onvoorsiende nuwe energiebron kan dit vermy. Daar is egter geen tekens dat wetenskaplikes en ingenieurs enige idees of produkte het wat die energiekrisis kan verhoed nie.  Windenergie, energie uit die getye, selfs kernkrag en steenkool, kan in somtotaal nie naastenby genoeg energie in die vorm produseer wat Westerse en ander ekonomieë benodig nie.

    Met ʼn vraag na olie wat nie deur verhoogde produksie versadig kan word nie, is die genadelose prysstyging van ru-olie op die mark dalk die eerste teken dat alles nie pluis is nie.  Westerse ekonomieë sal eerstens aanpas met motors wat minder brandstof gebruik, asook ander metodes om krag te bespaar en meer effektief aan te wend.  Oorskotgraan sal in biodiesel omskep word, met ʼn gepaardgaande verhoging in voedselpryse (en nood en honger in die Derde Wêreld).  Meer kernkragsentrales sal gebou word en steenkool, ʼn laegraadse bron van energie wat reeds met die stoomenjin uitgefasseer is, gaan terugkom op groot skaal, met lugbesoedeling en gevaarlike myne. 

    Daar sal steeds ontkenning oor die langertermyngevolge van die energiekrisis wees, en omdat die gevolge van die krisis taamlik langsaam oor dekades erger sal word, sal die verband tussen ʼn olietekort en die energiekrisis nie altyd verstaan word nie.  

    Pogings om brandstof uit steenkool en ander bronne te vervaardig, sal algemeen aangewend word en kan in sommige gevalle verligting bring.  Dit is egter duidelik dat geen produksie van olie uit steenkool of ander bronne genoeg energie kan gee om al die burgers in ʼn land soos Suid Afrika tot op dieselfde vlak as byvoorbeeld Europeërs te kan voorsien nie.   Dieselfde opmerking kan oor nader energiebronne gemaak word en mens moet hier opmerk dat daar nie met ʼn kernkragsentrale geploeg kan word nie.  Om te ploeg moet jy implemente en diesel gebruik, en trekkers en ander implemente is net relatief goedkoop in die olie-ekonomie.  Verder is dit banaal om diesel te gebruik om gewasse te produseer waaruit biodiesel vervaardig word.  As die produksie van trekkers en dies meer in ag geneem word, is dit myns insiens ʼn negatiewe spiraal met netto negatiewe energiekoste.

    Die aanvanklike gevolge van die energiekrisis gaan waarskynlik nie skielik plaasvind nie, maar oor dekades (behalwe as ʼn geopolitieke krisis soos ʼn nuwe oorlog in die Midde-Ooste dit laat kristalliseer).  Uiteindelik gaan die (permanente) energiekrisis oorsese lugreise duur maak en dit sal die einde van globalisering en grootskaalse migrasie beteken. Fisiese afstande wat vandag  redelik goedkoop afgelê kan word, gaan weer langer (en duurder) word.  Stede, en veral voorstede, wat intens afhanklik is van goedkoop brandstof vir kosvoorsiening in moderne supermarkte, gaan veral hard getref word.  Plattelandse dorpe naby voedselproduserende plase gaan beter aanpas en verlore kundigheid (soos die inleg van vrugte, die maak van biltong, soutvleis en ham, die verwerking van vrugte, ensovoorts) sal weer aangeleer moet word.  In die pre-industriële tydvak het mense daardie kundigheid ontwikkel en geleer nie omdat dit lekker was nie, maar omdat dit noodsaaklik was.

    Intussen wissel die olieprys bokant $90 per vat, ongeveer vier maal die prys in 2000.  Meningsopnames onder deskundiges toon aan dat $100 per vat meer waarskynlik is as $80 per vat in die nabye toekoms.  Met ander woorde,  daar is druk op die prys om te styg.  Terwyl Reuters berig dat OPUL op 31 Oktober 2007 nog aangedui het dat hulle ongelukkig is met die stygende prys, en OPUL se president Mohammed bin Dhaen al-Hamli aantoon dat OPUL beplan om produksie op te stoot om tekorte op die mark te verhoed en ʼn afwaartse druk op die prys te plaas, is daar geen versekeringe dat OPUL fisies in die verhoogde vraag kan voorsien nie. Daar is vandag ʼn netto tekort van ongeveer 2,000,000 vate ru-olie per dag, en niemand beweer nou meer dat die tekort met verhoogde produksie uitgewis kan word nie.  Konsensus is dat verdere afnames in produksie die tekort eerder verder in die nabye toekoms gaan verhoog.

    Die spekulasie en aktiwiteite vind natuurlik plaas teen die agtergrond van onstabiliteit in die Midde-Ooste. Daar word beweer dat Iran binne 5 jaar ʼn kernwapen gaan besit en die Amerikaanse president praat onheilspellend van ʼn Derde Wêreldoorlog.  Die VSA is steeds vasgeval in Irak en senior militêre figure het reeds aangedui dat die oorlog in Afghanistan ook verloor kan word.  Verdere militêre onstabiliteit, soos byvoorbeeld ʼn aanval op Iran deur Israel, kan die voorsiening van olie erg ontwrig, met gevolglike stygings in die prys en ander gevolge vir die wêreldekonomie.  In dié opsig het Arthur Schlesinger onlangs opgemerk dat “almal glo nou in ‘Peak Oil’”, asook dat die wêreldekonomie onvermydelik gaan afneem namate olieproduksie afneem.


    Gevolge van die nuwe situasie sal oor dekades (en dalk oor korter termyne soos jare) gevoel word.  Hoe vinnig dit ook al gebeur, en wat ook al die uiteindelike resultaat, maak maar jou sitplekgordel nou vas: ons is op ʼn opwindende en verskriklike reis na die toekoms op pad.

    грибки иФільчаков прокурор

  • Imperiale skemer

    Daar is egter teen dié tyd tekens dat Amerikaanse uitsonderlikheid en selfversekerdheid besig is om uit te rafel.  Dit word veral duidelik geïllustreer deur die fiasko in Irak, waar Amerika vasgeval is in ’n oorlog waar dit al moeiliker word om ’n oorwinning te verbeel. ’n Voormalige Amerikaanse bevelvoerder, luitenant-generaal Sanchez noem die situasie daar ’n “nightmare with no end in sight”.  Hy blameer veral die politieke inmenging in die oorlog, asook swak beplanning en ontleding van die Midde-Ooste wat hopeloos naïef is.  Ander belangrike stemme wat gehoor word is dié van Generaal Odom (“[Iraq] is the greatest strategic disaster in American history”), kolonel Larry Wilkerson (voorheen ge-assosieer met generaal Colin Powel) wat skryf dat “[Iraq is a] blunder of historic proportions”, en die voormalige National Security Council-voorsitter Zbigniew Brzezinzki” (“[Iraq is a] historic, strategic and moral calamity”). Daar is verder gerugte oor diep verskille tussen raadgewers en politici in die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers, asook in die Wit Huis, oor Irak en wat gedoen moet word.  Die argumente wissel van meningsverskil oor besondere gebeure tot kwessies wat strategiese posisies aangaan.

    Die gemors in Irak het ’n krisis by Washington se elite ontketen wat selfs dieper as die Viëtnam-oorlog se gevolge strek.  Dit is merkwaardig dat dit presies die Viëtnam-oorlog is wat neo-konserwatiewe denke in Washington aangespoor het om in Irak betrokke te raak:  Sielkundig omdat dit Amerikaanse uitsonderlikheid sou herstel, en strategies om aan die res van die wêreld te bewys dat die Hegemoon in die enkelpoolwêreld ’n internasionale betrokkenheid sal handhaaf om avonturiers en ander ongure lande en leiers in toom te hou.  Die resultaat was net die teenoorgestelde. 

    Die neo-konserwatiewe elemente het nou in onguns verval.  Die Washington-elite, wat eens deur die ideologie van Amerikaanse uitsonderlik meegesleur is, is ontsenu en ontnugter.  Hillary Clinton, wat dalk die volgende president gaan wees, kry massiewe ondersteuning uit die Amerikaanse middelklas wat terugverlang na minder gekompliseerde dae toe Bill Clinton se eskapades the belangrikste nuus was in ’n wêreld waar Amerika by verre die belangrikste land was.  Die Demokratiese Party in die VSA is in ’n baie moeilike posisie oor Irak.  In die laaste Huis- en Senaatsverkiesings is lede verkies op grond van verkiesingsbeloftes dat Amerika uit Irak gaan onttrek.  Ongemaklike vrae oor die verkiesingsbeloftes begin uit die Amerikaanse kieserskorps opklink, en as die volgende president ’n Demokraat is, gaan daar ’n kreet van protes wees as Amerika nie met ’n vinnige uitgangstrategie uit Irak vorendag kom nie.  Die probleem?  Om so te vertrek is om te erken dat die oorlog verlore is en dit sal Amerika se baie vyande aanvuur om haar weer en aanhoudend aan te val.

    Die idees onderliggend aan Amerika se uitsonderlikheid en haar persepsie om ’n unieke historiese rol te speel, kan dalk na haar Protestantse oorsprong teruggevoer word.  Hoe dit ook al sy, tot met die Eerste Wêreldoorlog was Amerika taamlik self-geïsoleerd van die res van die wêreld.  Toetredes tot die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die skaal in beide oorloë in die guns van die Amerikaanse hegemoon se bondgenote geswaai.  Die toetredes was in beide gevalle ietwat onwillig.  Pearl Harbour in 1941 het Amerika finaal wakker gemaak, en die wêreld word sedertdien deur haar (kultureel en ekonomies) oorheers.

    Dat Amerika ’n land met buitengewone potensiaal is, was reeds voor die Eerste Wêreldoorlog bekend, maar dit is veral die diepte van Amerikaanse mag soos dit byvoorbeeld in die Slag van Midway in 1942 gesien is (toe Amerika met die geweldige sterk Japannese vloot korte mette gemaak het), wat vriend en vyand diep beïndruk het.

    Die Amerika van die 1940s was ’n uitsonderlike en beskeie reus.  Die land het nie net uit die Groot Depressie opgestaan nie, maar het ’n nywerheidspotensiaal sonder gelyke opgebou. Haar soldate (wat gelowige en eerlike mense was) het nie net met Duitsland afgereken nie, maar het die Sparta van die Twintigste Eeu (Japan) oortuigend afgeransel en op die punt gestaan om die ontmoontlike doen:  Om Japan in te val en te beset.  Dit is net verhoed deur Amerikaanse kernwapens, wat Japan finaal geknak het en daarna heeltemal in bedwang gebring het. 

    Uit die Tweede Wêreldoorlog kom net die VSA ongedeerd, as ’n land waarin amper 50% van die wêreld se totale ekonomiese bedrywighede plaasvind.  Die persentasie het later afgeneem, maar tot met 1990 was soveel as 25% van die wêreld se ekonomie Amerikaans. 

    In die 1950s was Amerika ’n land met ’n doel:  Veg die Koue Oorlog, konfronteer kommunisme, en versprei die demokratiese en kapitalistiese ideaal.  Viëtnam het daardie gemeenskaplike doel ondermyn, en die Amerika van die periode 1960 tot 2000 was ’n verdeelde land sonder gemeenskaplike doelwitte.  Diep verskille tussen die Tweede Wêreldoorlog-generasie en hulle kinders (Die Baby Boomers) het Amerika se normale persepsies oor haarself ondermyn. Ook die wye verspreiding van dwelms en veral linkse idees geskoei op ’n nihilistiese en dekadente lewensbeskouing, het Amerikaanse families ondermyn, godsdiens as ’n dissiplinerende faktor verwyder, en sosiale kapitaal laat afneem.  Die land het tog daarin geslaag om kommunisme hok te slaan – dalk omdat kommunisme ’n onhaalbare ideal en ideologie was wat self sy logiese ondergang bewerkstellig het.

    Die onvermoë van Amerikaanse soldate om af te reken met Noord-Viëtnamese insypelaars, Sputnik, Yuri Gagarin, studente-onluste in 1968, asook die olieskok in 1970 het die Amerikaanse psige diep geskud.  Daar was ’n kort herstel van Amerikaanse hegemonie na 1980, tydens die periode wat die val van die Berlynse muur en Ronald Reagan se optimistiese jare in die Wit Huis insluit. Gedurende die 1990s het ’n dekadente Amerika onder Bill Clinton rondgeslinger in die waansinnige geloof dat Amerika onaantasbaar, onoorwinlik en die enigste supermoondheid is.  Die aanvalle in New York en in Washington in 2001 daag Amerikaners se persepsies oor hulleself uit, maar die diep verdelings onder Amerikaners oor religie, rassisme, seksisme en die rol van Amerika in die wêreld, veroorsaak dat die reaksie na 2001 van korte duur is.  Amerika kan nie ’n lang oorlog veg nie, wat dalk ’n kenmerk van etnies en religieuse diverse gemeenskappe verteenwoordig.

    Irak het die diep krake in die Amerikaanse gemeenskap laat uitkristalliseer.  Dit het verder weereens bewys, soos in die geval van Brittanje en Rome, dat Imperiale Skemer dikwels duidelik word wanneer die Empaaier betrokke raak in oorloë buite sy onmiddellike invloedsfeer.  Amerika kan nie eers een middelmatige land met ’n kleinerige bevolking dissiplineer nie.  Om wêreldleier te wees, verg meer potensiaal as dit, en ander lande weet nou dat die Amerikaanse Tier se tande wel getrek kan word. Amerikaanse leiers, wat met moedersmelk die idee van uitsonderlikheid en ’n unieke rol in die geskiedenis vir Amerika ingekry het, is ontnugter en ontsteld.  Hierdie leiers, wat glo dat hulle op die hoogste piek van die Wêreld sou sit, om ’n dominante staat te regeer wat vryheid en vooruitgang na die res van die mensdom sou bring, vind uit dat die werklikheid dalk baie anders gaan ontwikkel.  Die internalisering deur Amerikaanse leiers van sosiale idees soos anti-rassisme en anti-seksisme, ekonomiese vooruitgang,  kapitalisme, en Amerika se leiersrol om die idees te bemoedig en te versprei, het skielik te staan gekom teen ’n baie meer primitiewe vorm van politiek:  Dié van verowering, verslawing, oorlogsbuit en kulturele en geloofsoorheersing.

    Net soos Britse uitsonderlikheid in die 19de eeu uiteindelik deur die Boere gestuit is, en later in die Wêreldoorloë vernietig is, blyk dit dat Viëtnam en Irak Amerikaanse uitsonderlikheid uitgedaag het en dalk mag vernietig. Die resultaat in Irak is nog onbekend, maar dit het die tekortkominge in die idee van Amerikaanse uitsonderlikheid duidelik sigbaar gemaak. In dié opsig gaan dit die internasionale balans van mag en Amerikaanse gewilligheid om internasionaal betrokke te wees ernstig aantas.

    Op 20 Januarie 1961 het ’n selfversekerde Amerikaner die Wêreld aangekyk en verklaar: “Let every nation know, whether it wishes us well or ill, that we shall pay any price, bear any burden, meet any hardship, support any friend, oppose any foe to assure the survival and the success of liberty.”  Amerikaanse uitsonderlikheid het hoogty gevier, en John F. Kennedy het in sy eerste toespraak as president Amerikaanse uitsonderlikheid sentraal in sy presidensie en politiek gemaak.

    Na Viëtnam en die olieskokke in die 1970s, verklaar Ronald Reagan in 1980: “it is morning in America”.  Hy was verkeerd, dit is skemer, en die Amerikaanse oomblik het dalk minder as ’n eeu geduur.

    Оборудование Данильченко Юрий Харьков

  • Die jeugbom, demografie en geskiedenis

    Daar is nietemin pogings om die prosesse wat geskiedenis veroorsaak in die algemeen te ondersoek.  Op hierdie oorhoofse of metavlak word aannames gemaak oor meganismes wat geskiedenis in die toekoms invoer, terwyl daar driftig geargumenteer word oor watter prosesse en tendense belangrik is in menslike samelewings en in die omgewing, veral oor die langtermyn. 

    Op die metavlak is die “Groot Man-teorie” ‘n gewilde en aanvaarde teorie vir die prosesse onderliggend aan die loop van die geskiedenis.  Dié teorie stel voor dat geskiedenis nie soseer onderhewig is aan die kollektiewe kragte wat deur massas mense of natuurrampe veroorsaak word nie, maar dat enkele “Groot Manne” hulle omgewing (en ander mense) sodanig beïnvloed en domineer dat hulle die gang van die geskiedenis (en dus die toekoms) primêr bepaal.  Onder die “Groot Manne” tel mens veral figure soos Bismarck, Stalin, Hitler, Churchill en Mao (en verder ook die politieke filosowe wat vir invloedryke idees verantwoordelik is).

    Die argument is nie soseer dat die “Groot Manne” die toekoms beplan het nie, maar dat hulle teenwoordigheid die primêre oorsaak of invloed in die geskiedenis was as dit geëvalueer word by wyse van ‘n terugblik.  Dus sien mens dikwels in geskiedenisboeke hoofstukke met titels soos “Bismarck en Duitsland”,  “Mao Tse Toeng se Lang Mars”, of “Ghandi en Indië in1948”, en dies meer.  Die implikasie is dat Duitsland sonder Bismarck nie Duitsland kan wees nie, dat China sonder Mao onmoontlik is en vandag iets anders sou wees.

    Terwyl die “Groot Man-teorie" steeds aanvaar word as ‘n metateorie oor geskiedenis, is ‘n alternatiewe teorie hedendaags besig om meer aandag te kry.  Dit gebeur veral in Westerse departemente van Verdediging, en selfs in Westerse sentra wat ontsenu is na die reeks terreuraanvalle sedert die middel van die 1990s.

    Die nuwe benadering heet die “Youth Bulge” (Jeugbom, afkorting: JB), en is die produk van filosowe soos Gunnar Heinsohn en Gaston Bouthoul.  Reeds in 1997 het die Amerikaanse weermag die JB-teorie aanvaar as ‘n nuttige benadering om bedreigings te erken en te ontleed.  John Gannon (nog ‘n proponent) sê byvoorbeeld in getuienis wat hy voor die National Intelligence Committee (‘n Amerikaanse Senaatskomitee) in 1997 gelewer het dat  “The Youth Bulge [provides the ultimate] intelligence challenge for the next generation”.

    Dat die JB-teorie ernstig beskou word, is vanselfsprekend as mens opmerk dat stede met verlinkse stadsrade soos London simposia gehou het met titels soos “Demography and War” met Gunnar Heinsohn as genooide spreker.  Dit is merkwaardig dat selfs Westerse linkse ideoloë, wat die indiwidu as die onaantasbare rolspeler in beskawing beskou, JB as ‘n faktor in Westerse sekuriteit kan beskou. Veral inaggenome dat JB uiteraard kollektiewe gedrag deur anderskleurige of minderheidsgroepe se “jeugdiges” in Europa is. 

    Soms word daar eufemisties na JB verwys om dit as polities beskaaf voor te hou, iets wat dit definitief nie is nie.  In dié opsig is die interpretasie wat voorgehou word dat die onluste in Frankryk sedert 2005 kollektiewe gedrag deur indiwiduele Moslemjeugdiges met geldige griewe is, eerder as die gevolg van JB wat deur bevolkingsgroei in die banlieues (voorstede) rondom Parys en ander stede veroorsaak is.

    Onder al die "aanvaarbare" redes wat vir die onluste verskaf is, is daar nie ‘n JB nie maar eufemisties soms vae verwysings na Moslemghettos in die banlieues en groot getalle radikale “jeudiges” wat as gevolg van onvriendelike sosiale omstandighede rebelleer. "Jeudiges" is natuurlik op sigself ‘n term wat gebruik word om etno-kulturele- en rasseverskille te verbloem. Dié soort politieke korrektheid verhoed nugtere denke om die onluste te verstaan en in die toekoms te vermy, maar dit is die prys van moderne selfbedrog.  Selfs in Heinsohn se werk is daar nie veel verwysings na onluste en probleme in moderne Europa nie.  Dit is egter myns insiens ‘n fout om die uitwerking van ‘n JB in sommige Europese lande soos Denemarke, Frankryk, Holland en Engeland te ontken as jy die stabiliteit van daardie samelewings oor die langer termyn wil verstaan.

    Wat is die vooruitsig in Frankryk, of in Denemarke?  Wel, dit kan mens probeer vasstel deur te tel, en ek is seker dat die Franse en Dene en andere in die geheim hard besig is om te tel en om die godsdienstige karakter van die onluste met regeringsbeleid (immigrasie en assimilasie) te probeer rym.

    Wat is ‘n JB?

    Die streng definisie is dat ‘n JB “gebeur” as 30% tot 40% van die mans in ‘n gemeenskap in die “vegtersouderdomsgroep” tussen 15 en 30 jaar behoort.  JB volg op ‘n “kinderbom” wanneer ten minste een derde van alle mans kinders onder 14 jaar oud is.

    Waarom is dit ‘n probleem? 

    Basies omdat jong mans hulle ambisies as onbereikbaar beskou in ‘n omgewing met baie mededinging as gevolg van JB.  Jong mans vind uit dat hulle demografies oortollig is, dat hulle nie kan werk kry nie, en dat ‘n (wettige) sekslewe onmoontlik is sonder ‘n toekoms waar hulle inkomste kan verdien om vir kinders te sorg.  Daar is uitlaatkleppe vir die frustrasies.  Die “oortollige” jong mans kan emigreer, of kan met kriminele gedrag bates verkry, of hulle kan natuurlik met revolusie, burgeroorlog of selfs kolonisering die bates van ouer mans of ander gemeenskappe steel of bekom.

    Die uitwerking van JB is in verskeie gevalle ondersoek.  Dit word nou algemeen aanvaar dat die oorlog tussen 1981 en 1992 in El Salvador (met 70000 ongevalle) die direkte gevolg van ‘n JB was.  Tussen 1960 en 1975 het vroue in die land gemiddeld elk amper 7 kinders gebaar, die bevolking het gegroei van 2.5 miljoen tot 5 miljoen, en teen 1970 was een derde van mans onder 15.  Dieselfde soort analise dui aan dat oorloë in Sri Lanka, eers ‘n Sinhalese en toe ‘n Tamoelguerilla-oorlog, voorafgegaan is deur ‘n JB. Nog ander gevalle sluit Libanon, Iran, en selfs Japan voor die Tweede Wêreldoorlog in.

    Die ironie van JB is dat terwyl vredesaktiviste ploegskare, vrede en vol mae preek, dit juis dikwels vrede (en vol mae) is wat JB en daarna groot aantalle honger jong mans baar wat dan oorlog veroorsaak.  Ek dink dat ‘n mens Suid-Afrika in die tydperk 1950-1970 op dieselfde manier behoort te beoordeel.  Vrede en voorspoed en die ekonomiese en maatskaplike toestande asook beter mediese en ander sosiale dienste onder veral die swart bevolking, wat (ironies genoeg) deur wit politici geskep is, het uiteindelik ‘n swart JB gebaar wat die einste wit regering en gemeenskap ondermyn het.

    Heinsohn skryf dat miskien die belangrikste gebeurtenis in die moderne wêreld se geskiedenis plaasgevind het met ‘n edik deur Pous Innocentius VIII (1484-1492) wat geboortebeperking onder Katolieke (in Europa) met die dood strafbaar gemaak het.  Die aantal kinders per vrou het hierna toegeneem van tusssen 2 en 3 tot ongeveer 8.  Binne enkele dekades het die gepaardgaande JB afgereken met ‘n Moslembedreiging, oor oseane geseil om die Amerikas te verken en te koloniseer, en om Afrika geseil om met Indië handel te dryf. 

    Die JB sou honderde jare duur, Europa se wêreldoorheersing veroorsaak, en sou eers na die Eerste Wêreldoorlog uitgewoed wees.  Die Tweede Wêreldoorlog het Europese oorheersing finaal geknak, en hierna het Europeërs nog nie weer ‘n oorlog gewen nie. Die sogenaamde Baby-boom van die na-oorlogse jare onder Europeërs en Amerikaners is in der waarheid maar ‘n flou demografiese eggo vergeleke met die JB tussen 1500 en 1918. 

    Wat beteken ‘n JB in ander gevalle?

    Kom ons kyk na Irak. Vandag is die bevolking 26 miljoen, en vroue baar elk ‘n gemiddelde 4,80 kinders.  Tot 2020, word geprojekteer, sal ten minste 350 000 jong mans elke jaar die ouderdom van 15 jaar bereik, terwyl daar net werk en bates vir ongeveer 150 000 sal wees.  Die ander 200 000 is demografies oortollig en dus reeds geradikaliseer en gereed vir oorlog.  Dit is ‘n miljoen elke 5 jaar.  Daar is steeds Amerikaners wat glo dat hulle die oorlog in Irak kan wen op ‘n morele manier en met ‘n “menslike benadering”. Dit wil sê, sonder om toestande te skep wat die demografie en JB sal omkeer met hongersnood of ‘n verskroeide-aardebeleid.

    Ander wêrelddele is soortgelyk besig om ‘n JB in die gesig te staar teen 2020.  Dit sluit Soedan, Pakistan, en Palestina in. Andersins is daar ander lande wat nou baie meer vreedsaam is nadat ‘n JB uitgewoed is, byvoorbeeld Libië, Algerië en Tunisië.

    Die globale distribusie van mans in die ouderdomsgroep tussen 15 en 30 vertel verder ‘n interessante storie. In Europa neem dit af van 89 miljoen in 2006 tot 71 miljoen in 2020 (en meeste van die jeugdiges is of enkelkinders of enigste seuns).  In Afrika neem dit toe van 160 miljoen tot 182 miljoen oor dieselfde tydperk.  In die Moslemwêreld neem dit toe vanaf 280 miljoen tot 300 miljoen terwyl dit in die Weste (Noord-Amerika, Australasië en Europa) afneem van 128 miljoen tot 115 miljoen.  Die Moslemwêreld ervaar tans ‘n JB, en die einde hiervan is nog nie in sig nie en kan trouens eeue duur. Teenoor Wes-Europa se babadroogte en demografiese ondergang is dit van geskiedkundige belang. Op wie gaan u wed? En in watter mate veroorsaak ‘n kultuur of ‘n godsdiens ‘n JB en uiteindelik oorheersing oor verslane vyande en beslag van hulle bates?

    Daar is ‘n paar paradokse in die JB-fenomeen.  Dit is ‘n sosiale en demokratiese reg om 7 of meer kinders groot te maak (vra maar vir Jacob Zuma), selfs as die gedrag kollektief is, ‘n JB veroorsaak en oorlog baar vir ander se bates in die volgende geslag.  Paradoksaal is dit verkeerd vir ‘n JB om minderhede en ander slagoffers uit te wis of van hulle bates te ontneem, selfs al is dit skynbaar onvermydelik, en geen minderheid kan aksies neem om ‘n JB in ‘n vyandiggesinde meerderheid te verhoed nie  Nog meer paradoksaal kan dit gebeur dat ‘n minderheid (soos in Suid-Afrika) die ekonomiese en sosiale klimaat self skep wat ‘n JB veroorsaak oor ‘n tydperk van twintig of dertig jaar.  Die gevolge is soveel later eers waar te neem sodat die verband met aanvanklike oorsake nie verstaan of ingesien word nie.

    Westerse insigte het ‘n paar voorstelle hoe om ‘n JB te hanteer.  Ten eerste moet ‘n JB geïsoleer word om sy natuurlike gang te gaan.  Ten tweede moet alle hulp (en gedrag) wat demografiese bewapening wat deur ‘n JB veroorsaak word, afgesny word.  Ten derde moet ‘n JB eerder in ‘n burgeroorlog teen homself gedraai word om sodanig uitgewoed te word, en laastens, moet toestande nie verbeter word nie tot die JB verby is (selfs al neem dit baie dekades).   Opgesom is dit ‘n immorele lys voorstelle, maar Westerse lande sal hopelik immorele selfbehoud bo morele ondergang verkies, alhoewel dit nie altyd so duidelik is nie.

    Hierby wil ek ook vra:  Waar is die “goedvoelteorie” van geskiedenis wat gewoonlik deur linksgesinde meningsvormers aangehang word en wat voorhou dat mense inherent goed en vredeliewend is? In dié opsig kan ek net opmerk dat Margaret Thatcher eenkeer gesê het dat die feite van die lewe konserwatief is.  En hierby wil ek voeg dat indiwidue nie in ‘n vakuum leef nie, maar meegesleur word deur die fisiese omstandighede waarin hulle leef, en waaraan hulle soms nie kan verander nie. Daarom moet toestande geskep word om te oorleef.  Die Voortrekkers het dit uiteindelik glashelder in hulle konteks begryp.  Maar besef mense dit nog vandag?

    игрушки купить киевОлександр Васильович Фільчаков

  • Alan Paton se nalatenskap

     
    Tussen die jare 1935 en 1948 is Paton die prinsipaal van die Diepkloof Reformatory School vir jong swart oortreders.  Hy voer baie progressiewe hervormings in, onder meer ‘n oop-deur konsep en ‘n huisbesoekbeleid.  Gedurende ‘n besoek aan Noorweë in 1948 skryf hy sy novelle Cry, The Beloved Country, en dit word in San Francisco deur Aubrey en Marigold Burns gepubliseer.  Laurens van der Post was deurgaans ‘n groot ondersteuner van Paton, en het finansiële hulp verskaf vir sy projekte.  Paton was self gekant teen gewelddadige teenstand teen Apartheid, en bepleit eerder vreedsame verset.  Sommige figure in die South Africa Liberal Party verkies egter geweldadige verset, en die stigma kleef steeds aan Paton se Party.  In 1960 word sy paspoort deur die regering gekonfiskeer, nadat hy in New York die Freedom Award verwerf het.

    ‘n Ondersoek na Alan Paton se politiek, skrywe en aksies toon sonder twyfel aan dat Paton ‘n voorstaander van ‘n een mens, een stem demokrasie in Suid-Afrika was, ten spyte van die Liberal Party se oorspronklike beleid vir ‘n gekwalifiseerde stemreg.

    Onderliggend aan die politieke oortuigings van soveel wit liberale soos Paton was eerstens ‘n ontkenning dat Afrikaners, as ‘n kollektief, ‘n reg op self-beskikking het.  Dit was nie merkwaardig nie, Engelse intellektuele het nog nooit sedert 1910 toegegee dat Afrikaners of Boere self-beskikkingsreg het nie; nie Alan Paton nie, nie Alex Boraine nie, en seer sekerlik nie Joe Slovo of Donald Woods of self Helen Suzman nie.

    Tweedens, was wit liberale, en hierby moet mens selfs Afrikaners soos Beyers Naude insluit, oorweldigend oortuig dat Suid-Afrika, met sy diverse populasie, vreedsaam as ‘n eenheidstaat kon bestaan, sonder dat haar verskeie populasies in kompetiese met mekaar sou kom oor bates.  Die feit is inkonsekwent met ‘n erkenning dat mense in der waarheid oor ‘n sterk territoriale instink beskik.  As jy my nie glo nie, kyk maar na die landkaart, opgedeel in  persele, plotte, plase, provinsies en uiteindelik lande, met grense wat soms nie oorgesteek kan word nie, of aggressief verdedig word.

    Daar was derdens ‘n algemene aanvaarding onder wit liberale dat die natuurlike taal van Suid-Afrika Engels is, en daar is nog bitter min toegewings hieroor gemaak.  Afrikaanse instellings bestaan vandag in Suid-Afrika slegs met toestemming van die owerhede.

    Alan Paton is die aksiomatiese verteenwoordiger van die wit liberale aktivis wat Suid-Afrika se geskiedenis so dramaties sou beïnvloed na Sharpeville, toe hulle die stryd verinternasionaliseer het, en in die strate van Londen en New York begin veg het. Uiteindelik het hulle geseëvier, en hulle verkose kampioene, Nelson Mandela en die ANC, het die regering in Suid Afrika oorgeneem.  Alan Paton is reeds in 1988 oorlede, maar ek kan my voorstel dat baie van sy vriende, familie en mede-stryders, met vreugde Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990 aanskou het – die vrylating van Mandela, en die ANC oorname in 1994, moet ondersoek word as die vindikasie van Paton se stryd as ‘n wit liberaal in die Suid Afrikaanse konteks. 

    En hierna loop dinge skynbaar baie verkeerd vir sy weduwee.  Sy word aangeval en begin in vrees lewe.  Sy is nie al wat so deurloop nie, Nadine Gordimer loop soortgelyk deur, maar hulle beserings (indien enige) is minimaal vergeleke met wat ander mense sedert 1994 oorgekom het.  Nietemin, dit is duidelik dat Anne Paton in ‘n toestand van absolute vrees na 1994 verval.  In 1998 beskryf sy dit soos volg:

     

    I love this country with a passion, but I cannot live here any more. I can no longer live slung about with panic buttons and gear locks. I am tired of driving with my car windows closed and the doors locked, tired of being afraid of stopping at red lights. I am tired of being constantly on the alert, having that sudden frisson of fear at the sight of a shadow by the gate, of a group of youths approaching – although nine times out of 10 they are innocent of harmful intent. Such is the suspicion that dogs us all.

    Among my friends and the friends of my friends, I know of nine people who have been murdered in the past four years.

    An old friend, an elderly lady, was raped and murdered by someone who broke into her home for no reason at all; another was shot at a garage.

    We have a saying, "Don’t fire the gardener", because of the belief that it is so often an inside job – the gardener who comes back and does you in.

    All this may sound like paranoia, but it is not without reason. I have been hijacked, mugged and terrorized. A few years ago my car was taken from me at gunpoint. I was forced into the passenger seat. I sat there frozen. But just as one man jumped into the back and the other fumbled with the starter I opened the door and ran away. To this day I do not know how I did this. But I got away, still clutching my handbag.

    On May I this year I was mugged in my home at three in the afternoon….

     

    En uiteindelik vat sy haar Britse paspoort, pak haar tassies, en vlug Londen toe, met ‘n finale beskuldiging aan die Boere wat Alan Paton so lank geopponeer het:  “One of the worst legacies of that time [of Apartheid] is that of the Bantu Education Act, which deliberately gave black people an inferior education.” Met ander woorde, dis die Boere se  skuld, hulle het swart Suid-Afrikaners nie opgevoed nie.

    Die idee dat Afrikaners verantwoordelik is vir die opvoeding, of dat hulle voogdyskap oor swart Suid-Afrikaners het, is nog altyd een wat ek beide verrassend en verwerplik vind.  Waar dit vandaan kom (het dit iets te doen met sendelinge?) weet ek nie.  Wat ek wel weet, is dat wit Suid-Afrika buitensporig baie gedoen het om opvoeding na ‘n ongeletterde swart bevolking te bring.  Teen 1990 (voor die val van apartheid) was daar reeds 20 kolleges en universiteite vir swart studente (Fort Hare was ‘n sentrum vir anti-apartheid aktivisme), en duisende skole.  Baie onderwysers aan die skole was wit (Alan Paton is ‘n voorbeeld).  Nog nooit het een bevolkingsgroep so baie gedoen om geletterdheid op so ‘n groot skaal na ‘n ander te bring nie. En nog nooit is hulle soveel daarvoor geblameer nie. 

    Dit was natuurlik ‘n onbegonne taak – ‘n klein wit minderheid kon nooit, selfs al sou al die wit onderwysers in die land in swart skole gaan klasgee het, ‘n groot meerderheid kon opvoed nie. Dit was fisies onmoontlik.  Dus is Anne Paton se aanklag van ‘n “inferior education” akkuraat, maar dit kon nie anders wees nie.  ‘n Eersteklas opvoeding kon net vanuit die swart bevolking self kom.  Manna val nie meer uit die hemel nie, lank nie meer nie.

    Intussen het Suid-Afrika, soos Anne Paton tereg opmerk, verval in ‘n kriminele hel.  En wit liberale het skielik van die terrein verdwyn, of leef in objektiewe ontkenning (Anne Paton, ten minste, leef nie meer in ontkenning nie).  Die standaarde wat wit liberale van die Boere vereis het, is skynbaar nie op die ANC van toepassing nie.  Mens mag opmerk dat die stilte te wyte is aan die feit dat die meeste van hulle reeds dood is:  Alan Paton is dood, so ook Joe Slovo en Donald Woods.  Alex Boraine is nog lewendig, maar hy behoort aan die ANC.  Helen Suzman is oor die tagtig, en het al ‘n paar geluide gemaak.  Maar meestal is die stilte uit wit liberale geledere oorverdowend, maar daar is iets pateties in Anne Paton se vrees vir die resultate van haar gewese man se politieke denke.

    Die wit studente, wat agter wit radikale dosente by Wits geprotesteer teen die Boere, of anti-Afrikaanse slagspreuke geskree het, is nou volwasse. Baie het die veilige Engeland opgesoek.  Die doel is dus bereik en die kriminele plaag en die wanregering deur die ANC was onbedoelde resultate: “No hard feelings then”.

    Intussen glimlag Wendy Woods (Donald Woods se weduwee) breed met die nuwe standbeeld van Nelson Mandela se inwyding op Trafalgar plein, en is Anne Paton veilig êrens in Engeland, waar sy die verrigtinge waarskynlik met goedkeuring aanskou.  Of dalk nie? Daar is geen aanduiding dat hulle nalatenskap van wanorde, moord en verkragting binnekort gaan verander nie. Inteendeel.

     

    Why I’m fleeing South Africa

     

    by Anne Paton (widow of Alan Paton)

     

    London Sunday Times—DISPATCHES, Sunday, November 29, 1998

     

    I am leaving South Africa. I have lived here for 35 years, and I shall leave with anguish. My home and my friends are here, but I am terrified. I know I shall be in trouble for saying so, because I am the widow of Alan Paton.

    Fifty years ago he wrote Cry, The Beloved Country. He was an unknown schoolmaster and it was his first book, but it became a bestseller overnight. It was eventually translated into more than 20 languages and became a set book in schools all over the world. It has sold more than 15 million copies and still sells 100,000 copies a year.

    As a result of the startling success of this book, my husband became famous for his impassioned speeches and writings, which brought to the notice of the world the suffering of the black man under apartheid.

    He campaigned for Nelson Mandela’s release from prison and he worked all his life for black majority rule. He was incredibly hopeful about the new South Africa that would follow the end of apartheid, but he died in 1988, aged 85.

    I was so sorry he did not witness the euphoria and love at the time of the election in 1994. But I am glad he is not alive now. He would have been so distressed to see what has happened to his beloved country.

    I love this country with a passion, but I cannot live here any more. I can no longer live slung about with panic buttons and gear locks. I am tired of driving with my car windows closed and the doors locked, tired of being afraid of stopping at red lights. I am tired of being constantly on the alert, having that sudden frisson of fear at the sight of a shadow by the gate, of a group of youths approaching – although nine times out of 10 they are innocent of harmful intent. Such is the suspicion that dogs us all.

    Among my friends and the friends of my friends, I know of nine people who have been murdered in the past four years.

    An old friend, an elderly lady, was raped and murdered by someone who broke into her home for no reason at all; another was shot at a garage.

    We have a saying, "Don’t fire the gardener", because of the belief that it is so often an inside job – the gardener who comes back and does you in.

    All this may sound like paranoia, but it is not without reason. I have been hijacked, mugged and terrorised. A few years ago my car was taken from me at gunpoint. I was forced into the passenger seat. I sat there frozen. But just as one man jumped into the back and the other fumbled with the starter I opened the door and ran away. To this day I do not know how I did this. But I got away, still clutching my handbag.

    On May I this year I was mugged in my home at three in the afternoon. I used to live in a community of big houses with big grounds in the countryside. It’s still beautiful and green, but the big houses have been knocked down and people have moved into fenced complexes like the one in which I now live. Mine is in the suburbs of Durban, but they’re springing up everywhere.

    That afternoon I came home and omitted to close the security door. I went upstairs to lie down. After a while I thought I’d heard a noise, perhaps a bird or something. Without a qualm I got up and went to the landing; outside was a man. I screamed and two other men appeared. I was seized by the throat and almost throttled; I could feel myself losing consciousness.

    My mouth was bound with Sellotape and I was threatened with my own knife (Girl Guide issue from long ago) and told: "If you make a sound, you die." My hands were tied tightly behind my back and I was thrown into the guest room and the door was shut. They took all the electronic equipment they could find, except the computer. They also, of course, took the car.

    A few weeks later my new car was locked up in my fenced carport when I was woken by its alarm in the early hours of the morning. The thieves had removed the radio, having cut through the padlocks in order to bypass the electric control on the gates.

    The last straw came a few weeks ago, shortly before my 71st birthday. I returned home in the middle of the afternoon and walked into my sitting room. Outside the window two men were breaking in. I retreated to the hall and pressed the panic alarm.

    This time I had shut the front door on entering. By now I had become more cautious. Yet one of the men ran around the house, jumped over the fence and tried to batter down the front door. Meanwhile, his accomplice was breaking my sitting- room window with a hammer.

    This took place while the sirens were shrieking, which was the frightening part. They kept coming, in broad daylight, while the alarm was going. They knew that there had to be a time lag of a few minutes before help arrived – enough time to dash off with the television and video recorder. In fact, the front-door assailant was caught and taken off to the cells.

    Recently I telephoned to ask the magistrate when I would be called as a witness. She told me she had let him off for lack of evidence. She said that banging on my door was not an offence, and how could I prove that his intent was hostile?

    I have been careless in the past – razor wire and electric gates give one a feeling of security. Or at least, they did. But I am careless no longer. No fence – be it electric or not – no wall, no razor wire is really a deterrent to the determined intruder. Now my alarm is on all the time and my panic button hung round my neck. While some people say I have been unlucky, others say: "You are lucky not to have been raped or murdered." What kind of a society is this where one is considered "lucky" not to have been raped or murdered – yet?

    A character in Cry, The Beloved Country says: "I have one great fear in my heart, that one day when they are turned to loving they will find we are turned to hating." And so it has come to pass. There is now more racial tension in this country than I have ever known.

    But it is not just about black-on-white crime. It is about general lawlessness. Black people suffer more than the whites. They do not have access to private security firms, and there are no police stations near them in the townships and rural areas. They are the victims of most of the hijackings, rapes and murders. They cannot run away like the whites, who are streaming out of this country in their thousands.

    President Mandela has referred to us who leave as "cowards" and says the country can do without us. So be it. But it takes a great deal of courage to uproot and start again. We are leaving because crime is rampaging through the land. The evils that beset this country now are blamed on the legacy of apartheid. One of the worst legacies of that time is that of the Bantu Education Act, which deliberately gave black people an inferior education.

    The situation is exacerbated by the fact that criminals know that their chances of being caught are negligible; and if they are caught they will be free almost at once. So what is the answer? The government needs to get its priorities right. We need a powerful, well-trained and well-equipped police force.

    Recently there was a robbery at a shopping centre in the afternoon. A call to the police station elicited the reply: "We have no transport." "Just walk then," said the caller; the police station is about a two-minute sprint from the shop in question. "We have no transport," came the reply again. Nobody arrived.

    There is a quote from my husband’s book: "Cry, the beloved country, for the unborn child that is the inheritor of our fear. Let him not love the earth too deeply. Let him not laugh too gladly when the water runs through his fingers, nor stand too silent when the setting sun makes red the veld with fire. Let him not be too moved when the birds of his land are singing, nor give too much of his heart to a mountain or a valley. For fear will rob him of all if he gives too much."
    What has changed in half a century? A lot of people who were convinced that everything would be all right are disillusioned, though they don’t want to admit it.

    The government has many excellent schemes for improving the lot of the black man, who has been disadvantaged for so long. A great deal of money is spent in this direction. However, nothing can succeed while people live in such fear. Last week, about 10km from my home, an old couple were taken out and murdered in the garden. The wife had only one leg and was in a wheelchair. Yet they were stabbed and strangled – for very little money. They were the second old couple to be killed last week. It goes on and on, all the time; we have become a killing society.

    As I prepare to return to England, a young man asked me the other day, in all innocence, if things were more peaceful there. "You see," he said, "I know of no other way of life than this. I cannot imagine anything different." What a tragic statement on the beloved country today. "Because the white man has power, we too want power," says Msimangu.
    "But when a black man gets power, when he gets money, he is a great man if he is not corrupted. I have seen it often. He seeks power and money to put right what is wrong, and when he gets them, why, he enjoys the power and the money.

    Now he can gratify his lusts, now he can arrange ways to get white man’s liquor. I see only one hope for our country, and that is when white men and black men, desiring neither power nor money, but desiring only the good of their country, come together to work for it.

     

     

     

    печи для дачилобановский александр отзывы

  • Ter nagedagtenis aan die NP

    Dit is egter maklik om oordrewe standpunte oor die party in die pers te lees.‘n Bekende rubriekskrywer skryf onlangs in Beeld oor ‘n vorige leier van die Nasionale Party soos volg: “Die feit is dat Mugabe bloot ’n onaangename diktator is. Net soos Mussolini, P.W. Botha, Pol Pot, Augusto Pinochet en Sani Abacha was.”  Hoe Botha in dieselfde lysie tussen Pol Pot en Mussolini beland sal net Beeld se redaksie weet, hulle gee immers duime kolomspasie aan kommentators van die soort kaliber en ondersteun derhalwe die standpunt.

    Ten spyte hiervan, was die Nasionale Party, soos Inus Aucamp en Johan Swanepoel in hulle boek "Einde van ‘n Groot Party" opmerk, ‘n party wat oorweldigend uit eerbare mense bestaan het.  Mense wat met eerlike bedoelings, opregte motiewe, en met dekades se harde werk, onvergoed gewerk het om armoedige toestande onder Afrikaners te verlig, om Afrikaans te bevorder, en om Afrikaners hulle selfrespek terug te gee na die verskrikking van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.

    Wat het dan verkeerd gegaan?  Hoe kon die politieke party, met sy primêre missie as die opheffing van Afrikaners (‘n eerbare doel), so mistas en tekens van die tye so verkeerd lees? Soveel so dat die Party nie net op die kantlyn gerangeer is deur sy eie ondersteuners nie,  maar dat dit selfs deur sy eie verkose lede die doodskoot toegedien is?  En om vandag steeds die teiken te wees van ‘n re-evaluasie en herskrywing van geskiedenis met die doel om die party soortgelyk aan Mussolini se Fascisme te stel, en sy leiers, Verwoerd of Botha, gelyk aan Mussolini of Pol Pot?

    Die oorsprong van die Nasionale Party kom vanuit die eerste dekades na die Anglo-Boereoorlog.  ‘n Verarmde, verslane en magtelose Boer het die party as ‘n meganisme gesien om dit te herstel wat in die oorlog verlore gegaan het. Afrikaners, veral Boere, was in die eerste dekades van die twintigste eeu net ‘n skadu van wat hulle in die Boererepublieke was.  Die republieke is tot voortreflike instellings opgebou oor drie geslagte, maar word met die ontdekking van goud en gevolglike migrasie die teiken van Britse Imperialiste. Die Britte vernietig die state in die Anglo-Boereoorlog wat ‘n generasie Boere van al hulle bates, families en kinders sou ontneem, en wat hulle verarm en eensaam, en sonder bates soos skole, banke, en besighede sou laat.  Die Boer in die 1902-1920 was ‘n brandarm en verwese mens in ‘n verskroeide landskap, sonder die simpatie van Europeërs of ander inwoners van die destydse Britse Empaaier.

    Uit hierdie omstandighede moet die Nasionale Party se ontstaan as ‘n party wat Afrikanerbelange eerste stel verstaan word.  Dit is weliswaar die geval dat Boere en Afrikanerleiers (Louis Botha en Jan Smuts) leidende rolle in Unie van Suid Afrika gespeel het, en dat staatsbates wel deur hulle aangewend is om Afrikaners in die Unie ‘n helpende hand te gee – daarom het baie Afrikaners Smuts en Botha as helde gesien en hulle ondersteuning vir Smuts en Botha se visie van ‘n Verenigde Suid Afrika in die Britse Statebond was diep-gesetel selfs in die Vrystaat en die Transvaal, ten spyte van voortdurende bitterhede oor die oorlog.

    Die Nasionaliste het egter ‘n ander visie gehad, wat verder as net Smuts en Botha se versoening gestrek het.  Nasionaliste wou nie net aan Afrikaners hulle eer teruggee nie, maar wou ook vir selfbeskikking vir die Afrikaner stry, in sy eie land, asof ‘n Boererepubliek weer die lig sou kon sien.  Die nasionalistiese impuls onder Afrikaners het reeds vroeg in die twintigste eeu uiting gekry in die totstandkoming van Afrikaanse instellings soos Helpmekaar, en het later beslag gekry in Afrikaansmediumuniversiteite (byvoorbeeld Potchefstroom) asook besighede soos Volkskas (wat gebou is met die pennies wat brandarm kaalvoet Afrikanerkinders gebring het om te spaar).  Dit is onder dié omstandighede dat Afrikaners kollektief besluit het om hulle taal en kultuur self te bevorder, dat dit edel is om mekaar te help, en dat samehorigheid resultate lewer. Hierdie impulse het ‘n plek gevind in die Nasionale Party, en in organisasies soos die Broederbond (deesdae die Afrikanerbond), wat nog altyd en nog steeds, vol eerbare mense is wat hulle beste probeer in moeilike omstandighede.  Met die oorwinning van die party in 1948, begin die party sy beleid formuleer rondom sy basiese missie.  Afrikaans word in die staatsdiens ingevoer, afsonderlike onwikkeling om Afrikaners self-beskikking in hulle eie gebiede te gee word ingestel, met die vooruitsig dat self-regerende swart state onafhanklikheid gaan kry.

    Die beleid staan later bekend as apartheid.  Die gevolglike geskiedenis is goed bekend, en duur tot ongeveer 1990, toe die Nasionale Party erken dat dit onuitvoerbaar is, en dat ‘n nuwe weg gebaan moet word om Suid Afrika konstitusioneel te orden.  Gedurende die periode groei die ANC tot ‘n sterk swart nasionalistiese organisasie, word Nelson Mandela in die tronk gegooi, en vind die skietery by Sharpville en die Soweto-onluste plaas. Uiteindelik breek algemene onluste uit in die laat 1970s en dit duur onverpoos voort tot met kapitulasie in 1994.

    En aan die begin van die een-en-twintigste eeu val die Nasionale Party uiteen na ‘n dekade van katastrofes vir die party.  Hoekom het die party so snel ondergegaan?  Hoekom het die idee dat Afrikaners mekaar help, ‘n basiese beginsel onderliggend aan die party se missie, so skielik en heeltemal onaanvaarbaar onder so baie Afrikaners geword?  Waarom het die Nasionale Party sy basiese missie so heeltemal en so vinnig versaak? Hoekom het die idee om Afrikaners te verteenwoordig of kollektief te help, skandalig geword, soos telkens geïmpliseer in rubrieke wat Afrikaanse koerante plaas, en dus aangemoedig?

    Dat die Nasionale Party reeds vroeg na 1994 sy missie verander het, is bekend. In 1996 verklaar die party dat dit sy missie is om onder meer “’n gematigde, nie-rassige federale party” te wees wat hulle magsbasis onder “alle Suid-Afrikaners drasties” wil uitbrei.  Mens kan nie veel hiermee verkeerd vind nie, maar dit is tog intessant om op te merk hoe die party sy Afrikanerondersteuners feitlik reeds toe die rug gekeer het.  In ‘n onderhoud in 1996 verklaar ‘n bekende figuur in die party dat “As ons wil uitreik na swart ondersteuners, sal ons noodwendig hulle belange voorop moet stel”, soos gedokumenteer in Aucamp en Swanepoel se boek.  Met ander woorde, van die oorspronklike idee om Afrikaners te bemagtig het daar dadels gekom.  Die ANC, en die NP, gaan swart mense se belange vooropstel.  En miskien as gevolg van die nuwe missie, het die NP se ondersteuners, ontnugterd, die party begin verlaat om by die DA en die Vryheidsfront aan te sluit, om eerder aktief teen die ANC weerstand te bied.

    Intussen het die Volkstaatraad hulle werksaamhede voortgesit, maar het skynbaar geen ondersteuning uit die Nasionale Party ontvang nie.  Die verslag van die raad, wat veronderstel was om megamismes vir self-beskikking aan die Nasionale Party se historiese ondersteuners voor te stel is deur Nelson Mandela geïgnoreer, terwyl die Nasionale Party skynbaar ongesteurd voortgegaan het om maniere te vind om ondersteuning onder enige ander groep behalwe Afrikaners te werf, en later, as die Nuwe Nasionale Party, in die bed saam met die ANC te klim.  ‘n Meer eerlose kapitulasie en versaking van die Nasionale Party se basiese missie kan moeilik voorgestel word.

    Terwyl die finale woorde nog nie deur historici hieroor geskryf is nie, is dit ooglopend dat die Nasionale Party se ondersteuning onder wit Afrikaners begin afneem het toe die party weggeloop het van sy oorspronklike missie. Dit het die rede vir die Party se bestaan onder verdenking geplaas, en Nasionale Party ondersteuners wat eerstens teen die ANC gekant was, het oorgeloop DA toe, terwyl ondersteuners wat ‘n Afrikaner Party as noodsaaklik beskou om hulle belange te beskerm, oorgeloop het na die Vryheidsfront.

    Wie van die twee groepe op die langer duur bevredig gaan word deur hulle keuse, sal die toekoms nog leer.

    пародонтит лечение стоимостьАлександр Фильчаков

  • Is daar ‘n God?

    Die boek verkoop baie goed, het tot op nommer vier op The New York Times se blitsverkoperslys gestyg, waar dit vir nege weke lank onder die eerste tien verskyn het.  Dat Dawkins ‘n interessante en skynbaar belangrike saak aangeraak het, is gewis, en ander kommentators, onder meer Christopher Hitchens, het opgevolg met hulle eie werke oor religie. 
     
    Hitchens se titel, “God Is Not Great: How Religion Poisons Everything” is nog ‘n bydrae in ‘n reeks boeke waarin Westerse kommentators hulle ateïsme bely.  “The End of Faith” deur Sam Harris, en “Breaking the Spell” deur Daniel Dennett is verdere bydraes waarin religie in die algemeen, en Christendom in die besonder, as agterlik, of gevaarlik, of sommer net as dom, verklaar word.
     
    Die argumente teen die bestaan van ‘n Opperwese word gemaak met beide logiese en emosionele argumente deur Dawkins en die ander skrywers.  Logiese argumente maak gewoonlik aanspraak op wetenskaplike feite, terwyl emosionele aansprake dikwels dele uit die Bybel, dikwels wel in konteks, aanhaal en as dom of net as verkeerd of selfs as immoreel verdoem. 
     
    So byvoorbeeld kan aanhalings oor slawerny, of opdragte om ongehoorsame kinders en slawe te stenig, gebruik word om emosionele pleidooie te lewer wat die Bybel, en dus die Goddelik opdrag, as dom en agterlik en dus sonder inhoud,  af te maak.  Dus, omdat die Bybel boeke bevat wat in die moderne konteks slawerny goed praat, of kindermoord promoveer, is die hele Bybel verkeerd en nie van toepassing op moderne mense nie.  Daarom kan die bestaan van God dus verwerp word.   Dit is veral in die opsig dat morele lesse vanuit die Bybel deur Dawkins, Hitchens en Harris verwerp word as ongeldig.
     
    Daar is ook ander emosionele aansprake wat deur Dawkins en Harries gemaak word as argumente teen die bestaan van ‘n Opperwese.  Harris skryf byvoorbeeld in sy boek dat daar mense (Christene) is wat ‘n Boek op hulle bedkassies neersit en daagliks lees, wat geskryf is deur ‘n onsigbare Wese wat hulle in die Hel in ewigheid sal laat brand as hulle Sy boodskap durf verwerp, maar wat terselfter tyd bewys sal vra as beweer word dat joghurt ‘n mens onsigbaar kan maak. 
     
    Hierdie mense word Christene genoem, en hulle is dom om die Bybelse storie sonder bewys te aanvaar, maar om die joghurt-storie te verwerp weens afwesigheid van ‘n bewys.  Met ander woorde, daar is geen God nie, omdat die die aansprake van die Bybel (‘n onsigbare God) teëstrydig is met ons alledaagse ervaring van die fisieke wêreld.  Die argument vereis dat die Bybel letterlik gelees word.

    Maar om die Bybel net figuurlik te lees skep probleme vir Christene, selfs al haal dit die angel uit bostaande argument.  As die Bybel figuurlik gelees word, wat kan ons dan skryf oor Christus as ‘n historiese figuur?  Het Hy bestaan? Was sy wonderwerke net figuurlike gebeure wat nie histories waar is nie?  Indien so, wat sê dit oor Christus as deel van ‘n Drie-Enige God?  Predikante en Filosowe het al baie eeue lank oor die kwessies geworstel, en die laaste woord is nog nie hieroor geskryf nie. 

    Mens moet ook in die opsig oplet dat fundamentele Christene wel ‘n letterlike interpretasie van die Bybel verkies, wat hulle die hoon van ateïsme en selfs ander Christene op die hals haal.  Christene in hoofstroom sektes verkies soms ‘n figuurlike interpretasie van die Bybel, en worstel daarna oor die Goddelikheid van Christus en ander belangrike vrae tot so ‘n mate dat selfs basiese eksplisiete uitsprake in die Bybel ondermyn word (vandag word daar oor homoseksualiteit en die huwelik geargumenteer).

    ‘n Belangrike argument (wat self ateïste soms toegee) is dat die Bybel en die Christelike geloof  ‘n fondasie bied waarop moraliteit gevestig kan word.  Die aanvaarding dat ‘n toornige en alleswetende Opperwese mense wat afdwaal sal straf, dissiplineer mense oor die algemeen, en skep sosiale kapitaal in die vorm van eerlike en opregte mense wat  beskawing beter laat werk tot almal se voordeel.  Daar word egter ook skerp aantygings gemaak dat alle godsdiens gevaarlik is, oorloë veroorsaak, en mense indiwidueel onderdruk. (Dit idee dat godsdiens dalk beter soldate lewer eerder as om oorloë te veroorsaak, word skynbaar nie ondersoek nie).

    Sommige ateïste wil wetenskap gebruik om die Opperwese in Westerse kultuur te verplaas – dit kan kwansuis gebruik word om mense die voordele van religie te gee (gesondheid en ‘n gevoel van ontsag en vrees vir die grootheid van die skepping en die kortstondigheid van indiwiduele bestaan) sonder om die logiese fondamente van Westerse kultuur te ondermyn.  Mens kan veronderstel dat ‘n gemeente die Son, die Melkweg, Lewe op Aarde en dies meer, met eerbied en ontsag kan bejeën, min of meer soos sommige gelowe wat planete as Gode bejeen het, dit eeue gelede gedoen het.  Daar is derhalwe niks juis oorspronklik in die idee nie, behalwe dat die bestaan van ‘n spirituele wêreld onafhanklik van die fisiese heelal ontken word.

    Daar is natuurlik baie meer probleme met bostaande voorstel – Omdat wetenskap net ‘n paradigma wat gebaseer op die beginsels soos Okkam se Lem is, is dit nie volmaak nie, en het dit tekortkominge:  dit kan byvoorbeeld nooit gebruik word om Geluk, of indiwiduele bestaan, of selfs die fisiese wêreld volmaak te beskryf nie. 

    Verder is daar baie logiese stellings wat nie wetenskaplik is nie.  Besin byvoorbeeld oor die stelling “Daar is nie ‘n God nie”.  Daar is geen manier om die stelling wetenskaplik te toets nie.  Dit is konsekwent met fisiese wette, kan dalk korrek wees, is soms emosioneel aanvaarbaar, en daar is baie slim mense wat glo dat dit waar is.

    Die negatief van die stelling, naamlik “Daar is ‘n God”, is om dieselfde redes aanvaarbaar.  Met ander woorde, daar geen toets, logies of eksperimenteel, wat gedoen kan word om absoluut te bewys, dat die stelling, of sy negatief, waar is of nie.  Derhalwe is ons beskrywing van beide die fisiese en geestelike wêreld onvolmaak, en kan ons dit nooit vervolmaak nie.  (Selfs fisiese wette, waaroor ons baie seker is, is nie volmaak nie, maar is bloot wiskundige beskrywings van die heelal).

    Maar wat kan ons oor wetenskaplikes soos Dawkins skryf?  Hier is die ironie: Dawkins is ‘n bioloog en ‘n erkende spesialis wat evolusie-teorie betref.  Daar is geen kwessie dat Darwin se evolusie nie net ‘n teorie is nie, maar wel ‘n proses is wat duidelik, wetenskaplik bewysbaar, onderliggend is aan die ontwikkeling en geskiedenis van lewe op aarde.  Die meganisme werk op ‘n prinsiep van survival of the fittest.  Dit kan beskryf word as ‘n proses wat “goeie gene” selekteer as die gene sy draer ‘n beter kans op oorlewing en voortplanting gee. Dit erken ook die bestaan van meme, hierdie is idees en kultuur wat in die brein gedra word, en voortplant in geslagte.  Taal, resepte, musiek en natuurlik godsdiens, sovel as ateïsme, is sulke meme, en Dawkins besef waarskynlik goed dat ‘n meem geselekteer kan word as dit ‘n voordeel aan sy draers in ‘n gemeenskap gee.

    Dus, as die meem “Christendom” sy draers beter laat oorleef en voortplant (beter laat veg in oorloë, beter laat saamwerk in nood, beter kinders grootmaak en sosiale kapitaal laat oordra van geslag tot geslag), sal dit geselekteer word, en alle getuienis is skynbaar dat die meem “ateïsme” nie ‘n voordeel aan sy draers gee nie (daar is geen suksesvolle ateïstiese gemeenskap wat honderde of duisende jare oorleef het nie). 

    Die grappie is dus op Dawkins, en ek dink hy moet dit besef – hy maak seker goed geld met sy boek, maar as sy idees ‘n meem is wat nie ‘n voordeel as sy volgelinge gee nie, is dit bestem om op die ashoop van geskiedenis te beland, dit terwyl Christendom steeds sal oorleef in een of ander vorm.

    подставкиданильченко юрій броніславович

  • Die Weste faal in Irak

    Mnr Scheuer beweer dat die Weste eerstens nie genoeg troepe na Irak gestuur het nie, en tweedens dat daar ‘n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se uiteindelike doelwitte en griewe.  Dit is verrassend dat die honderdduisende troepe en miljarde rande se toerusting, kundigheid en ander hulp, wat die Amerikaners na Irak gestuur het, skynbaar nie as genoeg beskou word nie.  Die VSA, wat die rykste en enigste hipermoontheid  is, is sover dit hulle weermag betref, beter en vollediger toegerus as enige ander land ter wêreld, sommer verreweg.
    Ten spyte hiervan, is dit duidelik dat die Amerikaanse leer dun versprei is oor Irak, en dat hulle toenemend uitgeput word deur die aanhoudende en suksesvolle aanvalle deur insypelaars en Al Kaida-vegters.  Dit is nog steeds, in ons moderne wêreld, merkwaardig hoe die wilskrag om te veg die kern van oorlogvoering is.  ‘n Soldaat mag die beste wapens besit, met die beste opleiding, maar as duidelike doelwitte ontbreek, en as die wilskrag om te veg ondermyn word, kan selfs so ‘n soldaat verslaan word.
    Mnr Scheuer se tweede opmerking dat daar ‘n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se griewe, word dikwels geopper en berus op twee aannames.  Die eerste is dat die Weste in die Midde-Ooste betrokke is met die uitsluitlike doel om olie te bekom.  In dié opsig is olie van fundamentele belang in Westerse ekonomieë en ‘n onderbreking in die verskaffing van olie kan vinnig tot ‘n rampspoedige ekonomiese depressie lei met erge gevolge ook in Suid Afrika en ander onbetrokke lande.  Daar is ook toenemend tekens dat olievelde in ander wêrelddele uitgeput word (olieproduksie in die Noordsee en uit Meksiko se groot Canterella-veld is vinnig besig om te verminder). Dit maak die olie-velde in Irak en Saudie-Arabië nog belangriker in die Westerse ekonomieë en regverdig die direkte inmenging van die Weste in die Midde-Ooste.  Die tweede aanname oor Islam se griewe is dat die historiese Westerse ondersteuning van Israel die Islamitiese lande van die Weste vervreem.
    Intussen word meer en meer verwyte in die Amerikaanse senaat oor-en-weer geslinger oor “who lost Iraq?” en is president Bush besig om in ‘n geïsoleerde figuur wat nogtans dapper voortmarsjeer na ‘n onbereikbare doel te verander.  Die politieke konsensus onder Demokrate in die VSA, en nou ook toenemend onder Republikeine, is dat Irak nie gered kan word nie, dat die oorlog ‘n flater was, en dat die onttrekking van Amerikaanse troepe ‘n voldwonge feit is. Indien nie nou nie, dan definitief onder ‘n nuwe president wat Bush sal opvolg (dit begin toenemend lyk asof Hillary Clinton en Barak Obama die volgende president en vise-president gaan wees).
    Dus, die VSA en die Weste, gaan die oorlog in Irak verloor in die sin dat voorwaardes waarop ‘n oorwinningsaanspraak gemaak kon word, nooit geskep is nie.  Intussen sleep die oorlog in Afghanistan ook voort, teen ‘n laer intensiteit as in Irak.  Dit is egter nou duidelik dat Westerse pogings om die Taliban omver te werp en om ‘n pro-Westerse regering in Afghanistan aan bewind te plaas net kan kan werk met aanhoudende en direkte militêre inmenging.  Die aanwesigheid van Westerse (Christen) troepe in Islamitiese lande radikaliseer mense in die lande, en ook in nabye kernmoonthede soos Pakistan, met die gevolg dat die troepe teikens word vir insypelaars vanuit beide Afghanistan en Pakistan.  Soos in Irak ontbreek duidelike voorwaardes om te wen, en die gevolgtrekking deur Mnr Scheuer is dat oorwinning ontmoontlik is binne die een of twee jaar voordat troeponttrekkings onvermydelik word.
    Die merkwaardige feit rondom artikels in Westerse koerante oor die oorlog in Irak en in Afghanistan is die mate van ontkenning dat die gebeure op 11 September 2001 die onderliggende rede was wat uiteindelik Westerse troepe na Irak en Afghanistan sou stuur.  The Age verwys nie eers na 07/11 nie, en nòg Mnr Schreuer nòg die koerant verbind die VSA of Australië se militêre avonture in die Islamitiese wêreld met aanvalle in Bali of in New York, of in London, of in Madrid.  Die aanvalle in Madrid met Spanje se vinnige ontrekking uit Irak daarna, het aan Al Kaida bewys dat die Weste nie ‘n lang oorlog kan veg nie, ten minste nie effektief nie, en dat die psigologiese verwydering tussen 07/11 en Irak besig is om die Westerse oorlogspoging te ondermyn.
    Derhalwe die onlangse belangrike opmerking deur die Amerikaanse bevelvoerder, generaal Petreaus, dat dit dekades geneem het om die insurgensie in Noord-Ierland te oorkom.  Vir die oorloë in Irak en in Afghanistan is daar nie dekades tyd nie – demografiese verandering in dié lande, en die onvermoë van Westerse demokrasieë om beginselvas te veg, maak dit onmoontlik.  Dus die gevolgtrekking deur Mnr Schreuer dat die oorlog reeds verlore is.
    Die interessantste feit egter, is dat Mnr Schreuer die idee dat Islam op ‘n veroweringstog is om die Weste uiteindelik te domineer, of heeltemal ignoreer, of nie as belangrik ag nie.  Dit blyk instede dat hy die oorlogsteater net tot die Midde-Ooste beperk, en die Weste steeds as onaantasbaar beskou.  Oor hierdie beskouing sal die geskiedenis nog ‘n beslissing lewer.

    купить липецк пластыри диагональныеОлександр Васильович Фільчаков

  • Hulp aan Afrika

    Die Christelike sendingsopdrag het Europeërs genoop om Die Woord onder barbaarse stamme in Afrika te versprei en sendingstasies is reeds in die 1780s in Suidelike Afrika deur die Morawiërs gestig.  Hulle is opgevolg deur ander Europese sendinggenootskappe, onder andere die “Church Missionary Society” en die Londense Sendinggenootskap. Uiteindelik het bekende sendelinge, onder andere Robert Moffatt, David Livingston en John Smith Moffatt, sendingstasies in Suidelike Afrika gestig, met die uitsluitlike doel om te kersten, om “horde[s] of bloodthirsty savages” in mense te verander wat kuns en beskaafde lewe waardeer, en wat kan lees en skryf.

    Die idee dat “Afrika gered moet word”, en dat historiese Afrikane ongeletterde en onskuldige barbare is wat [nog] nie deur Westerse denke besmet is nie of dat Afrikane die onskuldige en ongekunstelde slagoffers is van Westerse Imperialisme, is dus omtrent so oud soos die Weste se ontdekking van die kontinent Afrika. Die Westerse begrip van die onbesmette “edele barbaar” word aan die wysgeer Rousseau toegeskryf, maar miskien was Rousseau se denke net ’n weerspieëling van die sendelingopdrag onder Christene, wat berge sou versit om aan “barbare” en “savages” Die Woord van God te bring. Vandaar die invloedryke sendelinge en die belangrike geskiedkundige rol wat hulle in die koloniale tydvak gespeel het.

    Daar bestaan steeds sendelinge en as hulle prominensie afgeneem het, is die sendelingopdrag nog steeds sterk in die Weste gevestig. Westerse leiers wat hulle klere figuurlik oor Afrika skeur, wat hulp belowe en mildelik uitdeel en wat Afrika se ellendes gebruik om hulle morele waardigheid te hervestig, kom in alle geure. Westerse leiers het die sendelingopdrag so verinnerlik dat hulle vandag die verpersoonliking van die 18de-eeuse sendeling is. Nie meer Livingston en Moffatt nie, maar Blair, Bush en die Pous. Nog nooit het soveel Westerse leiers van soveel lande soveel hulp so gretiglik onder Afrikane verdeel nie. Planne, begrotings, internasionale hulp, word weekliks, indien nie daagliks nie, aangekondig terwyl Westerse aktiviste soos die handewringende Bono en Stephen Lewis leiers aanmoedig en verdoem as ongevoelige rassiste wat Afrika se pyn nie genoeg voel nie.

    En vergiffenis vir die Weste se koloniale vergrype, wat kwansuis Afrika se armoede veroorsaak het, kom uit die beursie. “Gee geld!”, mnr. Blair, mnr. Bush, mnr. Sarkozy, en Frau Merkel, en dan sal julle sondes oor Afrika gewas word. En dan reën die geld, mildelik en aanhoudend. En dan dans Afrika se leiers rond van blydskap, tot die volgende keer as nog meer hulp beloof en gegee word.

    Afrika die hopelose en hulpelose. Afrika die verhongerde en sterwende kind. Afrika wat bakhand staan terwyl die groot wit Westerse helde, omtrent deur die bank manlik, geld uitdeel, geld wat verduister word en later in Switserse bankrekenings beland. Dit alles ’n bose kringloop van geveinste bekommernis oor hopelose Afrika se nood; die wit helde wat Afrika soos sendelinge sal kom red; en wat aanspraak op morele hoogtes maak deur geld uit te deel; geld wat uiteindelik in Afrika se leiers se sakke eindig om hulle skatryk te maak. Die deursnee-Afrikaleier besit reeds alles wat hy aanskou. Al die vroue, al die motors, al die geld en natuurlik ook al die grond. En natuurlik ook die bankrekeninge in Switserland, en die goue trone, en die vlote motors en vliegtuie en vakansiehuise. Dít terwyl Tony Blair en George Bush en John Howard hulle onsteltenis oor Afrika se hopeloosheid verkondig en nog planne maak om soos die kavallerie Afrika binne te galop en te red.

    En Afrika het plan na plan ingesluk. Die Kanadese het kom ploeg. Westerse hulp om hongersnood in Etiopië te stop het uiteindelik in ’n bloedige burgeroorlog in Eritrea ontaard. Hongersnood en oorlog het Soedan en Somalië toe verskuif. Westerse inmenging in Rhodesië het Zimbabwe en Robert Mugabe met die gepaardgaande katastrofe gebaar. Westerse geld en kundigheid in Nigerië, in die Ivoorkus, in Kenia, in Tanzanië, in Zambië, het net armoede en geweld gebaar, dít terwyl siekties soos malaria en vigs hulle dodemars oor die kontinent laat weerklink in ’n makabere dans met tuberkulose.

    Dat Westerse hulp Afrika glad nie help nie, maar eerder skaad, word vermoed. Maar die Westerse hulpnywerheid is so invloedryk en die Westerse sendingopdrag so oorweldigend dat kritici doodeenvoudig opsygeskuif word en nog meer planne beraam word om nog meer geld te gee. Dat geen mate van skenkings aan Rusland, ’n land wat 99% geletterd is, toestande daar kon verbeter nie, maak skynbaar geen indruk op diegene soos Blair, Carter, Bono en Lewis nie. Afrika, wat kwalik 50% geletterd is, met ten minste ses keer Rusland se bevolking, kan deur Westerse vrygewigheid gered word. Dit is beter om goed te wees as om reg te wees en om skenkings vir Afrika te bepleit, maak mens goed.

    “Afrika is hopeloos, en aan haar is daar geen salf te smeer nie”, pleit Westerse skeptici as hulle vyftig jaar van mislukking en ekonomiese verval, ten spyte van miljarde dollars se hulp, aanskou. “Miskien moet Afrika aan haar eie lot oorgelaat word – Westerse hulp veroorsaak net ’n bevolkingsontploffing wat toestande vererger in ’n bose spiraal: meer hulp, meer geboortes, meer monde, meer nood”, sê die meer siniese beleidmakers. “Ons moet Afrika red!” meen Tony Blair en Jimmy Carter en Stephen Lewis en Bono, asook die Verenigde Nasies, van oorloë en pestilensies en hongersnood, en gedurende die apartheidsjare, ook red van wit Suid-Afrikaners, wat die sendelingopdrag nie wou uitvoer nie.

    Dit is die Weste se groot aanklag teen Afrikaners. Afrikaners wat Afrikane kwansuis nie opgevoed het nie, maar wat skynbaar net Bantoe-onderwys aangebied het. Dít, nieteenstaande die feit dat dit ’n onmoontlike taak vir ’n minderheid is om ’n vinnig groeiende meerderheid op te voed. En nieteenstaande die feit dat Bantoe-onderwys geletterdheid gebring het, waar daar voorheen niks was nie. En ten spyte van hierdie geskiedenis is daar nog ’n groot Afrikaner-elite wat glo dat Afrikaners sendelinge moet wees, om Afrika te kersten en verantwoordelikheid te aanvaar vir die opvoeding van Afrikane, en wat gewillig Afrikaanse skole en universiteite herdefineer om Afrikane ten koste van Afrikaners te akkommodeer. Die sendelingopdrag is inderdaad sterk gevestig in die Westerse lewensuitkyk van Afrikaners. Maar miskien raak dit nou tyd om dit te verwerp.

    бардолино италия вино красное сухоеалександр лобановский харьков класс

  • Orwell se lys

    Die Potsdam-ooreenkoms het Europa in ’n Kommunistiese Blok onder Stalin en ’n Westerse gedeelte onder Amerikaans-Britse leiding, verdeel. Duitsland is in twee geskeur, en Westerse en Kommunistiese magte het mekaar uiteindelik oor die muur in Berlyn aangegluur. Die ontploffing van atoombomme deur Rusland in 1949 het ’n histeriese reaksie in die VSA ontlok: Hoe het die Russe, in net vier jaar nadat die Duitsers hulle so verniel het, dit reggekry om atoomwapens te bou? Vandag word dit erken dat hulle inderdaad hulp uit die VSA gekry het. Julius en Ethel Rosenberg, lede van die Amerikaanse Kommunistiese party, het atoomgeheime aan die Russe oorhandig (iets wat Kroestjof in sy memoirs beaam het). Julius en Ethel is in 1953 tereggestel vir hulle moeite, te midde van groot omstredenheid.

    Joseph McCarthy was ’n produk van dié paranoïse klimaat. Teen 1950 het McCarthy reeds ’n swartlys opgestel van individue in Amerikaanse staatdepartemente wat hy as simpatiseerders met kommuniste beskou het. Op sy oorspronklike lys was daar 205 name, wat later tot 57 verminder is. Dosyne mense is voor sy senatoriale kommittee gedaag om uitgevra te word oor hulle aktiwiteite.

    “Are you now or have you ever been a member of the Communist Party or a member of any organization that is or was affiliated with the Communist Party or have you ever attended an event sponsored by the Communist Party, or signed a Communist Party petition, or attended a Communist Party rally, or read a Communist book?” het McCarthy se komitee gevra, en ’n positiewe antwoord was ’n skulderkenning. Prominente Amerikaners het deurgeloop, hulle werk verloor en is selfs van hulle vriende vervreem, soms net deur ’n vermoedelike assosiasie met ’n derderange kommunistiese organisasie. In die histeriese reaksie teenoor die kommunistiese bedreiging was selfs net ’n skramse assosiasie genoeg om die einde van ’n professionele loopbaan te beteken en om uit beskaafde geselskap verban te word. Dit is wat vandag met “McCarthy-isme” bedoel word.

    Maar is dit so eenvoudig?

    George Orwell (die skrywersnaam van Eric Arthur Blair), die skrywer van Animal Farm and 1984, was sy hele lewe lank ’n linksgesinde politieke aktivis. Nieteenstaande dat Orwell ’n Eton-matrikulant was, kon sy familie nie bekostig om vir sy tersiëre onderrig te betaal nie. Weens dié omstandigheid, sluit Orwell aan by die Indiese Imperiale Polisie in 1922 en doen hy diens in Burma. Gedurende dié tydperk leer hy om Britse Imperialisme te verafsku en in 1927, met sy terugkeer na Brittanje, bedank hy uit die polisie en word hy ’n skrywer en vryskutjoernalis.

    In 1928 vertrek hy Frankryk toe en daar misluk sy vryskutloopbaan. Brandarm werk hy onder andere as ’n arbeider in ’n hotel om geld te verdien. In 1929 trek hy terug Engeland toe en hy baseer sy boek Burmese Days (1934) en sy essays A Hanging (1931) en Shooting an Elephant (1936)) op sy ervaringe as ’n polisieman in die Imperiale polisiediens in Burma. Teen 1936 kry hy ’n kommissie van die “Left Book Club” om armoede in die werkersklas in die noorde van Engeland te beskryf. Dit verskyn in 1937 as The Road to Wigan Pier. Terwyl die eerste helfte van die relaas handel oor die maatskaplike omstandighede onder die armes in die Noorde van Engeland, verteenwoordig die tweede helfte ’n essay deur Orwell waarin hy onverantwoordelike elemente onder linksgesindes skerp veroordeel.

    Dit is moeilik om vandag te verstaan in watter mate politieke ideologie veral gedurende die 1930’s onder die invloed van linkse intellektuele was. In Engeland was dit ’n reaksie op die verskrikking van die Eerste Wêreldoorlog, en die woorde “never again” was ’n simptoom van ’n oortuiging dat enigiets beter is as oorlog, selfs ’n versagtende houding teenoor fascistiese leiers soos Hitler en Mussolini. Die intellektuele vaandeldraers van die idee was die “Bloomsbury Group”, ’n groep Engelse intellektuele wat Bertrand Russel en Virginia Woolf ingesluit het. Die groep het Churchill verafsku en het die “paaibeleid” met betrekking tot Hitler ondersteun en intellektueel aanvaarbaar gemaak.

    Nieteenstaande die hersiening van geskiedenis sedert die Tweede Wêreldoorlog, het ’n groot meerderheid Engelse intellektuele, en selfs Amerikaanse en Franse intellektuele, ’n beleid van versoening met fascisme bepleit en sterk ondersteun. ’n Uitsondering op die reël was Orwell, wat verstaan het dat fascisme uiteindelik verslaan sou moes word en sy idees rondom revolusies (beide fascisties en kommunisties) het uiteindelik uiting gekry in sy twee beroemde werke: Animal Farm en 1984.

    In die 1930’s bevind Orwell hom dus intellektueel ’n uitgeworpene in linkse politiek, maar hy bly deurgaans ’n opponent van fascisme en vertrek selfs Spanje toe, primêr om teen Generaal Franco se fascisme te gaan veg, eerder as om net daaroor verslag te doen. Daar word hy deur die nek geskiet, gaan ses maande Marokko toe om te herstel, en bevind homself eindelik terug in Engeland voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Orwell sterf in 1950. Hy was toe 46 jaar oud.

    In 1949 besoek Celia Kirwin, ’n werknemer in die Britse buitelandsesakedepartment, Orwell met ’n versoek om ’n lys op te stel van skrywers en ander aktiviste wat nie geskik sou wees om vir die regering te werk nie. In die besonder wou die Britse regering skrywers huur om anti-kommuntiese propaganda te skryf. Orwell se lys is saamgestel ongeveer op dieselfde tyd as wat McCarthy in die Amerikaanse Senaat met sy anti-kommunistiese veldtog bedrywig was.

    Orwell se lys is eers in 2003 gepubliseer en bevat 37 name, meestal dié van joernaliste en ander kunstenaars soos byvoorbeeld Michael Redgrave (vader van Vanessa Redgrave) en Charlie Chaplin. Daar word vandag algemeen aanvaar dat sy lys akkuraat was. Elke naam op die lys het behoort aan ’n individu wat op een of ander stadium pro-kommunistiese posisies ondersteun het.

    Orwell het egter dieper insigte in die menslike kondisie gehad, in vergelyking met McCarthy. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, word dit beweer, het Orwell en sy vriende ’n speletjie gehad: Noem die name van bekende Britse politici en sakemanne wat met die Nazi’s sou saamwerk in die geval dat Engeland soos Frankryk beset sou word.

    Die houding bewys dat Orwell die politieke instinkte van mense baie goed verstaan het – die mate waartoe mense met ’n vyandige invaller saamwerk, is dikwels verbasend, en is ’n taamlik algemene verskynsel. Individue wat voor die besetting soms hard baklei om dit te verhoed, is dikwels gretig om met die nuwe heersers tydens okkupasie saam te werk. In dié opsig is persepsie van die vyand belangrik. Osama bin Ladin het eenkeer opgemerk dat mense van ’n wenperd hou. As die wenperd jou inval, dan word samewerking met hom maklik gerasionaliseer. Daar is baie voorbeelde hiervan. Die saamwerkers tydens die Nazi’s se besetting van Frankryk, die National Scouts gedurende die Anglo-Boereoorlog, die samewerking wat die wenperd ANC uit Afrikanergeledere in die tydvak 1990-1994 verkry het, en vandag ook in die oorloë in Irak en Afghanistan, waar sommige inwoners van die twee lande gretig met die Westerse alliansie werk, dikwels teen hulle eie mense wat elders besig is om die besetters, wat hulle as Kruisvaarders beskou, aan te val.

    Met die Nazi’s se besetting van Frankryk in 1940 het baie bekende Franse besluit om hulleself met die nuwe omstandighede te versoen en om met die Duitsers saam te werk. Die argument onderliggend aan hulle houding was universeel en is wesentlik utilitêr: Vrede is beter as oorlog en samewerking (selfs met die vyand) spaar lewens en hou ’n ekonomie aan die gang wat hongersnood en ander ellendes verhoed.

    Dat enige vrede beter is as oorlog, is ’n argument wat die Bloomsbury Group reeds gemaak het en dit het versoening met fascisme gerasionaliseer. In dié opsig staan die Bloomsbury Group se argument lynreg teenoor die houding van ’n Joseph McCarthy gedurende die Koue Oorlog. Hy het enige versoening met kommunisme as verraad beskou. Ook Orwell het versoening met fascisme as ’n groot fout beskou en sy geheime lys bewys dat hy ook versoening met kommuniste met afkeur bejeën het. Maar hy het ook ’n meer siniese houding teenoor diegene gehad wat versoening bepleit het. Gedurende ’n besetting raak dit baie maklik om ’n versoeningsbeleid te rasionaliseer; selfs in Suid-Afrika gedurende die Anglo-Boereoorlog het National Scouts aan die Britse kant hulleself geregverdig deur te pleit dat hulle optrede die oorlog verkort en lewens spaar.

    Samewerking met ’n besetter verg dikwels dat saamwerkers gruweldade pleeg teen hulle eie mense of blindelings opdragte uitvoer wat dodelik is vir hulle eie mense. In die Anglo-Boereoorlog het National Scouts aktief gewerk om Boerevroue en kinders in die konsentrasiekampe te sit. In Frankryk het samewerking met Nazi’s beteken dat Franse Jode bymekaar gemaak moes word om na Duitse konsentrasiekampe vervoer te word. Net soos National Scouts die Boerekommando’s as die vyand geïdentifiseer het, het saamwerkers in Frankryk die Franse Weerstandsbeweging as ’n vyand geïdentifiseer en het soms aktief gewerk om die beweging te ondermyn. Terwyl gewone Franse burgers die Duitse besetting meestal verdra het, het hulle nietemin passiewe ondersteuning aan die Weerstand verleen. In dié geval was hulle net soos gewone burgers elders: Die Engelse burgery het die Bloomsbury Group se linkgesinde idees onderliggend aan die “paaibeleidt” verwerp en het oor hulle koppe vir Churchill as eerste minister gekies om teen die Nazi’s te veg.

    Soms verstaan gewone mense wanneer dit nodig word om aktief weerstand te bied, eerder as om passief beset te word. Die Franse Weerstandsbeweging het die Duitse besetters aanhoudend aangeval en het ook onthou wie met hulle saamgewerk het. Met die bevryding van Frankryk is Nazi-samewerkers tereggestel; selfs Franse vroue wat met Duitse soldate romantiese verhoudings aangeknoop het, is opgehang of summier doodgeskiet.

    Daar is skynbaar geen parallel tussen bostaande historiese gebeure en Suid-Afrika se 1994-verdrag met die seëvierende ANC nie. Sover ons weet, het Afrikaners nooit soos Orwell ’n speletjie gehad om te voorspel wie met die ANC sou saamwerk na ’n oorname nie. Nog minder het niemand soos Orwell of soos McCarthy ’n lys saamgestel om saamwerkers te teiken nie. Maar daar is nietemin ’n paar verrassings. Wie sou kon raai, gemeet aan hulle houdings in die 1970’s en 1980’s, dat soveel Afrikaners vandag versoening sou bepleit en rasionaliseer? En wie sou kon raai dat soveel hulle uiteindelik aan die ANC se kant sou skaar? In dié opsig wonder mens wat versoening dan beteken? Is dit dalk net ’n siniese oorlewingstrategie?

    детектор лжи в судеданильченко юрій Харків