praag.co.za

Category: Joseph Secreve

Joseph Secrève is gebore te Roodepoort op 21 November 1973. Hy was op Laerskool Roodepoort-Wes en het gematrikuleer aan Hoërskool die Adelaar in Witpoortjie in 1991. Daarna is hy RAU toe waar hy ‘n B.A.- (Geesteswetenskappe) graad behaal het, met hoofvakke sielkunde en sosiologie in 1995. In 1997 behaal hy die graad B.A. (Honneurs) in sielkunde aan dieselfde universiteit. Sedert 1998 woon hy in Nederland waar hy ‘n rukkie gewerk het en hy is tans ‘n paar maande weg van sy doktoraal in sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Daarnaas is hy ‘n ongeneeslike boekwurm en beywer hy homself vir die taalstryd om die behoud van Afrikaans.

  • Godsdiens nie altyd gesofistikeerd, nugter

    In die eerste hoofstuk beskryf hy die waarheid agter die Deense spotprent-massahisterie wat nogal aandag verdien. Die hele opstand is veroorsaak deur twee imams wat asiel in Denemarke verkry het. Hulle het die twaalf spotprente – wat eintlik nogal heel gematigd was – aangedik met verhale oor die Deense regering wat Moslems sleg behandel. Tesame met die spotprente het hulle drie ander prente toegevoeg wat as beledigend ervaar mag word vir Moslems, wat niks met die spotprenttameletjie te make het nie. Een daarvan was ‘n foto van ‘n man met ‘n baard en ‘n plastiese varksnoet op sy neus. Hierdie foto was egter ‘n koerantfoto wat op op ‘n Franse dorpie tydens ‘n kermis geneem is, waar die betrokke persoon ‘n kompetisie gewen het vir die persoon wat die beste ‘n vark se snorkgeluide kon na-aap.

    Die imams het sowat die hele Moslemwêreld afgereis en hierdie dossier met spotprente en anti-Deense propaganda aan almal uitgedeel. Hierdie aksie het gesorg vir die nodige ellende soos kerke wat afgebrand word, ‘n miljoendollarlosprys vir diegene wat die spotprenttekenaar sou vermoor (terwyl daar twaalf tekenaars was), proteste met "God bless Hitler" (geen idee hoe hulle die verband tussen Denemarke en Jode lê nie), "slag vyande van Islam", ensovoorts. Selfs in Nigerië is kerke afgebrand en ‘n swart Moslem het ‘n halssnoermoord op ‘n swart Christen toegepas. Die Moslemwêreld het van die Deense regering ‘n verskoning geëis, sonder om te besef dat die media in Westerse lande los van die staat funksioneer.

    En dan kry ons mense soos dr. Leopold Scholtz wat vir ons in Die Burger probeer oortuig het dat Westerlinge diegene is wat nie tolerant is teenoor Moslems nie.

    Let wel, die boosdoeners was imams wat in Denemarke asiel verkry het.

    оборудование для мойкиФильчаков

  • Die ABO as onderwerp van postmoderne geskiedskrywing

    ‘n Akkurate weergawe van die feite is uitermate belangrik, maar in gevalle waar daar baie twyfel bestaan, moet ’n mens oppas om nie die geskiedenis te gebruik om die huidige heersende tydsgees te bevestig nie. Sodra dit gebeur, loop ’n mens die gevaar wat, soos Herbert Butterfield in The Whig Interpretation of History geskryf het, as ’n mens die algemene geskiedenis herrangskik met verwysing na die hede, ’n mens eintlik besig is om ’n groot optiese illusie te skep.

    Oor die presiese feite van die Anglo-Boereoorlog kan ek geen kommentaar lewer nie, maar die rigting waarin hierdie debat stuur, is onheilspellend om ’n paar redes.

    – Ons leef in ’n wêreld waarin kulture hul eie waarde vind en heg aan simbole. Die konsep van universalisme is vervang deur die konsep van multiversalisme. Hoe meer ’n politieke orde streef om universeel geldende waardes te ontwikkel, hoe meer stuit hierdie bewegings teen ander volke en kulture wat geen deelname hieraan wil hê nie. Om na Huntington se stelling te verwys: Universalisme gaan imperialisme vooraf. Die ABO het ’n ander betekenis vir Afrikaners as vir Engelse, en die debat oor ontkenning of versagting van die omvang van die leed van die ABO pas goed in die huidige tydsgees waar “Kill a Boer, Kill a Farmer” die leuse is van die ANC.

    – Die wêreld waarin ons leef, het geen direkte behoefte aan abstrakte feite en opvattings nie maar wil feite en opvattings slegs aanhang en debatteer as dit ’n bepaalde funksie het. “Wat is”, is vervang met “wat is nuttig?”.

    Hierdie kultuurmentaliteit is so reg uit die kraal van die postmoderne denkers, en vanweë die rol van hierdie denke in die interpretasie van die ABO, kan ons konkludeer dat die oorlog ’n onderwerp van postmoderne geskiedskrywing geword het. Die ABO word nie gedebatteer in ’n vakuum nie, maar in ’n klimaat waarin dit ’n bepaalde funksie dien, naamlik die lot van die Afrikaner.

    Grootse historici het tot dusver geen bewys gevind dat die ABO ’n volksmoord was nie, maar as ’n mens die huidige tydsgees van massahisteriese menseregteverheerlikings sou plaas op wat destyds gebeur het, sou dit aan die Verenigde Nasies se kriteria van misdaad teen die mensdom voldoen het.  Die Statuut van Rome, onderteken in 1998, beskou enige van die volgende dade as misdade teen die mensdom.

    A)      Moord

    B)      Uitwissing

    C)      Slawerny

    D)      Deportasie

    E)      In gevangenis aanhou wat bots met fundamentele internasionale regte

    F)      Marteling

    G)     Seksslawerny en gedwonge prostitusie

    H)   Vervolging van enige identifiseerbare groep op grond van politieke, rasse-, nasionalistiese, etniese, kulturele, geloofsgronde wat in botsing is met algemeen geldende internasionale regte.

    I)         Verdwyning van persone

    J)       Apartheid (oftewel hulle interpretasie daarvan)

    K)      Ander onmenslike dade wat opsetlik ernstige lyding of leed aan iemand se persoon of psige aanrig.

    (Bron: Wikipedia)

    Die vraag is egter: Hoekom moet die wandade wat tydens apartheid plaasgevind het hemelsbreed uitvergroot word terwyl die ellende wat die ABO veroorsaak het, ontken word? Wat motiveer Max Du Preez om die Britte te beskuldig van “nalatigheid en ongevoeligheid” oor die 28 000 (oftewel 10% van die Boerebevolking – sy statistieke) Boere wat direk as gevolg van hul aksies dood is, terwyl dieselfde Max so haatlik is teenoor die voormalige polisie se 900 swartes wat hulle gedood het (uit ‘n bevolking van ongeveer 25 tot 30 miljoen swartes in die periode 1965 – 1994, oftewel rofweg geskat so 0,0003% van die swart bevolking)?

    As ’n bepaalde groep mense se plase en kerke afgebrand word, in kampe aangehou word en omkom as gevolg van ekstreme ontberings soos slegte voedsel, siektes, blootstelling aan die natuur en derglike, sou dit nie kwalifiseer as ’n stelselmatige vervolging van ’n bepaalde groep nie? Is die skole, hospitale, tuislande, poskantore, inentings, universiteite ensovoorts wat swartes van blankes ontvang het erger misdade as die ABO met sy kampe?

    Baie arm blankes wat woon in wyke soos Jan Hofmeyer, Newclare, Pretoria-Wes en Vereeniging (waar Afrikaans nog die voertaal is), het in baie gevalle hul armoede nog direk te danke aan die gevolge van die ABO en die “Dutch speakers need not apply”-diskriminasiemaatreëls wat teen hulle en hul voorouers in die stede gegeld het. Ter wille van versoening, sowel destyds tussen Boer en Brit as nou met versoening tussen blank en swart moet hulle steeds die onderspit delf. Hulle moet met lyding, onsekerheid en verdere diskriminasie die prys betaal van die pyprokende, whiskey-drinkende elite se histrioniese politieke korrektheid. Waar figure soos Sir Carruthers Beattie, rektor van die Universiteit van Kaapstad in die dertigerjare die Afrikaners onder groot gejuig van sy Engelse kamerade as ’n geneties minderwaardige ras uitgekryt het, doen Marlene van Niekerk dieselfde met haar draakstekery oor arm Afrikaners in Triomf en Jeremy Mansfield beskryf hulle ewe lughartig as “wit skorriemorrie” op die radio.

    Waar dit op neerkom is dat historiese feite aangepas moet word om die huidige politieke elite se mag verder te versterk. Die geskiedenis word verdraai om Afrikaners in ’n slegte lig te stel en enige ander geluide wat hierdie orde wil versteur, moet verketter word. Deurdat linkse Afrikaners soos Max en kie. self help om sy eie mense te vernietig en hul geskiedenis te ontken, word die ANC se standpunt net verder versterk.

    In ’n eerdere skrywe aan Johan Pienaar het ek verwys na ’n paragraaf in Erik van Ree, ’n gesoute kenner van kommunisme, se boek Wereldrevolutie (2005). As gevolg van die huidige debat en koers waarin Suid-Afrika beweeg onder die ANC vind ek dit noodsaaklik om dit weer hier aan te haal.

    “Eintlik het die Leniniste geen moraal nie. Hulle het nie geglo dat daar so iets soos goed en kwaad bestaan nie, maar slegs nut en skade vir die saak. Hul taktiek was hul moraal. Hulle was hul eie maat en alles was vir hulle toegestaan. Origens het die uitoefening van geweld die kommuniste geen vreugde gegee nie. Hulle het dit gesien as ’n kwessie van goeie verstand. Oor die fascistiese kultus van geweld het hulle hulself ewe vrolik gemaak as oor die Christelike pasifisme. Gandhi en Mussolini was vir hulle een en dieselfde. Die brutale Italianer het hulle ewe belaglik gemaak met sy lofsange oor geweld as die Indiese heilige met sy geweldloosheid. As die doel die middele heilig, is geen enkele middel heilig in sigself nie. Nóg geweld, nóg geweldloosheid het enige intrinsieke waarde, maar word slegs ingesit na gelang van die omstandighede en die vereistes van die beweging. Dit is moelik om te sê aan watter moraal, die fascistiese of die kommunistiese, ‘n mens, indien hy aan die keuse gestel word, die voorkeur sou moet gee.”

    Mense vrees rampe en karaktermoorde om pynlike geskiedenisse bloot te lê of te ontken. Aangesien pre-1990 Moskou die de facto-sentrum geword het van waar Suid-Afrika se beleid bepaal word, kan ons miskien die volgende Russiese gesegde vir die politiek korrektes onder ons meedeel: Hy wat in die verlede leef is blind in een oog. Hy wat die verlede vergeet of ontken is blind in albei.

    сауна для домаОлександр Фільчаков прокурор

  • Propagandataktieke vir beginners

    Tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die Chicago-skool ‘n hele groep navorsers bymekaar geroep om hierdie onderdeel van meningsvorming te ondersoek. Na die Tweede Wêreldoorlog het navorsing oor die krag van propaganda hoogty gevier met die stigting van die Frankfurt-skool en vanweë lukratiewe borge aan verskeie Amerikaanse universiteite wat juis ingestel was om ‘n verklaring te vind vir die gruwel van fascisme in Europa. Die resultate het gewissel van matig tot baie indrukwekkend, waarvan die bekendste sekerlik Stanley Milgram se gehoorsaamheidseksperiment was.

    Met hierdie eksperiment is proefpersone geflous deur te glo dat hulle besig was om iemand te martel met pynlike skokke, maar het op aanbeveling van die "deskundige" navorser die skokke bly toedien wat steeds hewiger geword het. Slegs ‘n klein groepie proefpersone het teen die navorser se aandrang ingegaan en die eksperiment vroegtydig gestop omdat hulle die "marteling" nie meer kon aanskou nie (die "geskokte" persoon het heel oortuigend gemaak asof elke skok hom ‘n helse pyn toegedien het). Die oorgrote meerderheid proefpersone het "teen hul beter wete in" die eksperiment tot aan die einde toe voortgesit, omdat die navorser gesê het dat die skokke nie so erg is nie. Die konklusie was verstommend: Dis verbasend maklik om gewone, naïewe mense oor te haal om iemand te martel sodra ‘n gerespekteerde, magtige persoon jou daartoe aansit.

    As ‘n mens ‘n ander indrukwekkende bevinding hieraan moet toevoeg, naamlik die konformiteitseksperiment van Solomon Asch, het ons al heelwat vordering gemaak om manipulasie en propaganda te begryp. In Asch se eksperiment is ‘n argelose proefpersoon na ‘n kamer vol ander "proefpersone" gelei en moes hy die lengte van ‘n streep op ‘n bord vergelyk uit ‘n keuse van drie ander strepe. Die proefpersoon was nie bewus dat die ander mense in die kamer deel uitgemaak het van die eksperiment nie. Hulle het gemaak asof streep C dieselfde lengte gehad het as die streep op die bord. Alhoewel die antwoord baie duidelik streep B was, het die meeste proefpersone teen hul beter wete in streep C geantwoord. Hulle het met ander woorde hul feitlike waarneming onderdruk ten gunste van dié van die groep.

    Daar is ook nog ‘n derde sielkundige model van oortuiging wat hier van belang is, te wete die “Elaboration Likelihood Model” (ELM) van Richard Petty en John Cacioppo. In hierdie model het die navorsers ontdek dat daar twee weë is waarlangs ‘n mens iemand van ‘n bepaalde standpunt kan oortuig, naamlik ‘n sentrale weg en ‘n periferale weg. Die sentrale weg van oortuiging is net ‘n mooi naam vir die inhoud van die argument. Hoe duidelik is die standpunt, hoe realisties is dit, wat is die alternatiewe, is daar teenstrydighede daarin, ensovoorts. Die periferale weg daarenteen fokus eerder op die persoon wat dit sê se eienskappe en uiterlike kenmerke. Word hy/sy as ‘n deskundige beskou, is daardie persoon aantreklik, het hy ‘n mooi stel tande, lyk hy vriendlik, praat hy/sy mooi? ensovoorts. Sodra die argument wat hierdie persoon lewer van persoonlike belang is by een van sy luisteraars, sal die luisteraar meer geneigd wees om op die sentrale weg van oortuiging te fokus. Maar sodra die argument nie so direk ‘n invloed op die luisteraar het nie, sal hy/sy eerder op die periferale weg fokus, met ander woorde "wie sê dit" in plaas van "wat word gesê".

    Met die ELM moet ek onmiddelik dink aan ‘n figuur soos Ronnie Kasrils. Die laaste parlementêre toesprake wat ek van hom gesien het, het hy ‘n vriendelike en beleefde indruk gemaak. ‘n Mens sou nie kon glo dat hy self betrokke was by die foltering van swartes in Quattro, die ANC se goelag in Angola nie, laat staan nog sy strydkreet dat hy blankes wil doodmaak. Dieselfde geld ook vir iemand soos Jeremy Cronin, wat ‘n aangename indruk maak, maar as ‘n mens sy argumente en opstelle lees, wemel dit van swak geformuleerde en onsamehangende standpunte. Hulle moet gebruik maak van hul sjarme om mense te oortuig. Aan inhoud skiet hulle ernstig tekort.

    Navorsing het eweneens aangetoon dat dommer mense meer geneig is om duidelik bevooroordeelde propaganda te glo terwyl intelligenter mense beter oortuig word deur ewewigtiger standpunte. Egter, om angs in te boesem is ‘n goeie manier om mense te beheer. Dis ‘n taktiek wat Machiavelli goed beskryf het en nog daagliks deur sluwe heersers gebruik word. Die gevaar is dat hoe minder inhoud ‘n heerser kan gee om sy magswellus goed te praat, hoe meer vul hy die leemte met angs en massahisterie.

    Aangesien dit nou twee voor twaalf is vir blankes in Suid-Afrika, is dit van uitermate belang dat aandag bestee word aan die feitelike gebeure van Suid-Afrika se geskiedenis. Die ANC se propagandasiklus moet verbreek word, desnoods deur teenpropaganda te maak. Gelukkig behoort ‘n blote aanhaling van die feitelike gebeure genoeg propaganda ten gunste van blankes te wees. Selfs linkse politici in invloedryke lande is agter die skerms meer ewewigtig as wat ‘n mens dink. Hulle weet dat feite aangespreek moet word en ontkenning op die lang termyn geen nut het nie.

    Myns insiens sou ‘n uitstekende redmiddel wees om ‘n internetargief op te stel waarin parlementêre toesprake, biografieë, meningsopnames, sensusse, ensovoorts van die Nasionale Party-bewind en die ANC/SAKP se planne aan almal beskikbaar gestel kan word. ‘n Strategie wat ook kan werk, maar moontlik nie baie aandag sal geniet nie, is om geleerde blankes wat in die buiteland te woon te mobiliseer om met hul eie lande se politici aan tafel te sit en die situasie in Suid-Afrika aan die kaak te stel. Die ANC kan gelukkig geen druk uitoefen op internetwebwerwe of Afrikaners in die buiteland nie. Die internetargief kan desnoods deur ‘n buitelandse universiteit gedra word, hoewel Orania se webwerf se "In diepte"-afdeling ‘n uitstekende versameling informasie bevat.

    Bok van Blerk het gewys dat daar nog steeds ‘n stewige solidariteit onder Afrikaners bestaan, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, mits ‘n mens die regte snare raak. Dat een lied die ANC so bedreig laat voel, is ‘n belangrike bewys dat Oom Thabo se imperium eintlik ‘n reus op kleivoete is. Sodra ons bewus raak van hoe propaganda werk, soos wat ek geprobeer het om met bogenoemde eksperimente aan te toon, ons feite aanhaal en onsself as skaflike en innemende mense aanbied, mag ons dalk meer op die wêreldtoneel regkry as wat ons gedink het.  

    Ek mag verkeerd wees, maar die middele tot onafhanklikheid lê dalk voor ons neuse. Dis net ‘n kwessie van moed, koördinasie en geleentheid om dit te benut. As Thabo Mbeki kan sê dat Zimbabwe se suiwering van blanke boere onafwendbaar was, wat weerhou ons om aan die beskaafde wêreld te sê dat ‘n onafhanklike volkstaat om dieselde redes onafwendbaar is? Thabo het so pas die geleentheid vir ons gegee. Ons kort nou nog net moed en koördinasie… en ‘n bietjie hulp van buite.

    компьютерная диагностика автомобиля оборудование купить украинаtopcargo

  • Helen Zille se dapper nuwe w?reld

    Hierdie proses hou ’n aantal gevare in, in sowel reële terme as in terme van die boodskap wat dié verwikkelinge aan die buiteland stuur. Wat die reële terme aanbetref, begin Suid-Afrika dieselfde neiging te toon as die res van Afrika. Waar opposisielede uitgeskakel of geneutraliseer word, en die kiesers bedrieg begin voel, begin woede opbou. Sonder ’n stewige opposisie en tekens van verandering neem die wanhoop onder baie mense toe. Waar griewe nie parlementêr verwoord kan word nie, word die weg gebaan vir staatsgrepe en militêre aksies, net soos elders in Afrika.

    Wat die boodskap wat Suid-Afrika na die buiteland stuur aanbetref, word die indruk gewek dat die ANC “iets goeds doen”, dat hulle “gelyk gehad het” deur met moord en terreur aan die mag te kom. Dit maak die situasie van die gewone wetsgehoorsame burger hagliker en wanhopiger, juis omdat hulle nie gehoor word nie. Die Nederlandse departement van Buitelandse Sake meen dat alles koek en ei is in Suid-Afrika; ja, ’n bietjie gewelddadig, maar niks ernstigs nie. Die klug kan nouliks groter wees.

    Die res van die wêreld is onder die indruk dat as ’n mens ’n volk ’n stembus gee, dan het demokrasie vir hulle aangebreek. Met gevare soos meerderheidstirannieë, totalitarisme, diktature, ensovoorts wat ook deur stembusse aan die mag gekom het, word nie juis veel aandag aan bestee nie. Om die waarheid te sê, word diegene wat die heilige stembus se geloofwaardigheid in twyfel trek dikwels as rassiste en wit supremasiste afgemaak, veral as die linkses se weddenskappe op die spel is.  

    Suid-Afrika is in baie gevalle ’n voorloper in die wêreld as dit kom by multikulturalisme, en baie lande kyk na hoe Suid-Afrika (lees: die ANC) polities te werk gaan om inspirasie te vind in hul eie integrasiebeleide. Suid-Afrika is daarom ook in staat om ’n redelik goeie antwoord te gee op distopiese doemprofete van weleer. Ek fokus nou spesifiek op George Orwell met Nineteen Eighty-Four en Aldous Huxley se Brave New World, wat die twee mees bekende doemscenario’s voorstel. In Orwell se roman word ’n futuristiese “utopie” voorgestel as ’n plek waar die staat volledig beheer oor ’n mens se totale wese het. Vrye gedagtes en seksualiteit is totaal aan bande gelê. Huxley se weergawe van “vreedsame saambestaan” vergestalt juis die teenoorgestelde: mense moet hul luste laat botvier, alle verantwoordelikhede verwerp en sodoende reduseer hulle hulself tot infantiliteit en kuddegedrag (lyk soos Nederland!).

    In Nineteen Eighty-Four word met haat en vrees geregeer, en in Brave New World word gedrag wat by die kudde aansluit, beloon. In albei hierdie samelewings word ’n bepaalde klas mense tot die rand van die maatskappy uitgesonder om in armoede te leef, en hulle vorm die kontras vir die “verligte” utopiste. In beide samelewings word gepoog om romantiese liefde te elimineer, en die idee van ’n familie is ook nie gewens nie. In Nineteen Eighty-Four spreek Orwell sy vrees uit dat boeke verban sal word, en in Brave New World vrees Huxley dat boeke gewoonweg nie meer gelees sal word nie. Orwell vrees dat haat die mensdom se ondergang sal word en Huxley vrees dat liefde die mens se ondergang sal word.

    ’n Mens kan Suid-Afrika iewers in die middel van hierdie twee strominge plaas. Daar is elemente van albei aanwesig. Internasionaal staan Suid-Afrika bekend vir sy omgee en versoening, maar heelwat burgers weet beter. Vir meer as ’n dekade is die ANC besig om propaganda te maak teen die blankes, en die Naspers-stal publiseer slegs regimevriendelike nuusberigte, met so hier en daar ’n klein anti-ANC beriggie om die indruk te wek dat hulle nie bevooroordeeld is nie. Agter die ystergordyn was daar ook gebruik gemaak van “onafhanklike” bronne om die regime se standpunt en planne te beaam en goed te keur, en Helen Zille is tans besig om presies dieselfde te doen.

    Deurdat ’n opposisieparty gebruik word om linkser gedagtes as die ANC te verkondig, is weereens ‘n propagandapunt vir die groot Stalinis Thabo Mbeki. Hiermee kan hy voorgee dat hy te “regs” was en dat die opposisie eintlik nog progressiewer is as hyself, waardeur die tweede fase van sy beoogde rewolusie ’n stap nader gekom het.       

    Hoe dit ook al sy, die ANC sal sy wil op die bevolking afdwing. ’n Sluwe taktiek wat gebruik word, is die twee-stappe-vorentoe-een-stap-terug metode. Sodra die ANC so onbeskroomd sy (voornaamlik blanke) volksgenote wil vervreem, neem hulle ’n stappie terug om die indruk te wek dat hulle wel blankes se belange op die hart dra. Later probeer hulle weer. Dis net ’n kwessie van geduldig wees. Op dié wyse lê hulle op ’n subtiele manier beslag op alles wat leef en beef in Suid-Afrika. Die linkse Engelse dien as ’n soort katalisator om die oppermag van Thabo te versterk.

    Mevrou Zille, wat blykbaar ’n aanhangster van die Black Sash was in die jare toe linkse drome nog onskuldig was, hou haarself blind vir die werklikheid van oehoeroe en die doodgebore konsep van die Afrika-Renaissance. Sy hoef net noord van die Limpopo te kyk om te sien waarnatoe sy oppad is. Vir iemand wat onder Tony Leon gestaan het vir baie jare behoort sy tog te weet hoe korrup en magsdronk die ANC eintlik is.

    Wat motiveer haar? Is dit ’n soort Stockholmsindroom dat sy haar gyselnemer begin bewonder? Is dit ’n eiesoortige taktiek om die Zuma-faksie van die ANC klein te kry? Ek weet nie hoe vergesog dit is nie, maar die kans bestaan dat haar Xhosaverheerliking ’n voortsetting van die Boer-Britstryd is met ander middele. Dit wil voorkom asof die Afrikaners begin om ’n alliansie met die Zoeloes te smee, soos belangrike Afrikaners se besoek aan Jacob Zuma ‘n paar dae gelede, en dat sy as teenreaksie kant kies vir die Xhosa’s, die stam wat die groot Engelse Marxiste se harte altyd warm laat klop het.

    Miskien is dit haar bedoeling om die Afrikaners in haar party na links te bekeer of anders moet hulle maar vertrek en ’n ander party gaan soek… ’n opvatting wat die Engelse al eeue lank koester en waarvan selfs die sewentiende-eeuse filosoof John Locke melding gemaak het in sy Two Treatises of Government. Waar die “I am English” voorvegters destyds hulself superieur gestel het teenoor die res van die wêreld deurdat hulle geglo het dat die Engelse ’n beter ras was, of ’n beter geloof aangehang het, waan hulle hulself nou voorvegters vir die Marxistiese gelykheidsideaal, maar slegs as jy hul taal en gewoontes oorneem. Die vorm is effens anders, maar die inhoud is dieselfde. Hulle kan hulself nie van hul eie superioriteitswaan bevry nie.

    Kom ons hoop dat Zille binnekort sal insien watter fout sy gemaak het deur haar partygenote te vervreem. Nie baie mense wil in haar dapper nuwe wêreld deel wat hongersnood, armoede en ellende in Afrika gebring het nie. Hoewel, hoe wrang die ironie ook mag wees, dit vul ’n mens tog met ’n tikkie leedvermaak om te sien hoe die Ingelse chauviniste besig is om hul eie ondergang te saai sonder dat hulle dit self insien.

    ’n Mens sou skaars kon glo dat Orwell en Huxley al twee ook Engels was.

    поверхностный самовсасывающий насос для водыДанильченко Юрий отзывы

  • Nederland: gevang tussen domheid en skynheiligheid

    Inderdaad is dinge aan die rep en roer in Nederland. Die bekende skrywer Harry Mulisch het sowat ’n jaar gelede gesê as hy jonger was sou hy die hasepad uit Nederland gekies het. Dit is nou iemand wat destyds ’n groot voorstaander was van Castro se Revoluçion. “Sedert die moord op Pim Fortuyn hang daar iets onheilspellends in die lug in Nederland. ’n Sekere onskuld het verlore gegaan”, vertel Mulisch in ’n onderhoud. Baie mense voel ook dat die onskuld in Nederland weg is. Die parlementsverkiesing van afgelope November was ’n belangrike barometer om die volk se stemming te bepaal. Sowel die sosialiste en die regse Partij van de Vrijheid van Geert Wilders het ’n groot wins behaal by die stembusse. ’n Onstabiele kabinet is die gevolg hiervan, en Wilders meen dat daar alreeds ’n cordon sanitaire is rondom sy party. Hy word steeds meer deur die opposisiepartye geïsoleer en kan nouliks ’n sinvolle debat uitlok in die kabinet sonder om ’n slagoffer te word van verdagmakery. So byvoorbeeld het hy homself duidelik uitgespreek teen die feit dat parlementslede (oftewel Kamerlede, soos hulle in Nederland bekend staan), oor geen dubbele nasionaliteit mag beskik nie. ’n Dubbele nasionaliteit lei tot ’n dubbele lojaliteit, en as jy in Nederland in die parlement wil dien moet jou lojaliteit puur vir Nederland wees. Nogal logies, sou ’n mens dink, maar bloot omdat Wilders dit eerste gesê het, is pogings gedoen om dit teen te werk. Dieselfde tendens het ’n mens by Pim Fortuyn bespeur. Iemand in die opposisie wat sin maak, moet stil gemaak word.

    Nederland is ’n land met ’n eeue-oue tradisie van toleransie en aanvaarding van vreemdelinge. Portugese, Jode, Italianers, Franse en ander groepe het al ’n spoor getrap in Nederland. Die meeste van hierdie groepe het opgelos in die Nederlandse kultuur en slegs heel selde is daar sprake gewees van ’n hardhandige verwydering van verskillende volke. Nederland het immers slegs twee groot oorloë gehad in sy geskiedenis, te wete die Tagtigjarige Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Die Nederlandse mentaliteit is nie ingestel om mense te beskerm by groot bedreigings nie. Dit mag miskien verklaar waarom dit so maklik was om so ’n groot persentasie Jode te deporteer tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die anti-apartheid opstande kan ook deels verklaar word deur die naïwiteit van Nederlanders wat nie weet hoe dit voel om in ’n land te woon waar etnisiteit jou oorlewing bepaal soos in Afrika nie.

    Vanweë Nederland se sosialistiese ingesteldheid kan ’n mens konkludeer dat daar baie waarde geheg word aan gelykheid tussen mense. Dit word deels bepaal deur die Calvinistiese mentaliteit van Nederlanders wat stel dat daar gelykheid tussen mense moet wees. Ofskoon die meeste mense geen dogmatiese belyders is van Calvyn se leerstellings nie, het hierdie ingesteldheid stewig wortel geskiet in die land se verskeie instellings. Agter die sluier van toleransie teenoor homoseksualiteit, dwelms, prostitusie, etnisiteite en derglike, is daar ’n sterk aanwesige tendens om ander mense of groepe neerbuigend te bejeën, soos dit ’n Calvinis betaam. Daar word af en toe spottend na Nederland verwys as die land van dominees en skoolmeesters, en hierdie mentaliteit het vir genoeg wrewel en haat gesorg by volksgenote.

    Naas Harry Mulisch staan die wyle Willem Frederik Hermans en Gerard Reve bekend as die top drie na-oorlogse skrywers. Laasgenoemde twee skrywers kon die kleinburgerlike koekeloer-en skinder-mentaliteit van Nederland nie verdra nie en het hul heil elders gesoek. Hermans, wat homself in Parys gevestig het, het opgemerk dat Nederlanders altyd dink dat hulle die gewete van die wêreld is maar self geen kritiek kan verdra nie. Toe hy in 1986 Amsterdam besoek het om ’n toespraak te lewer, was die vergadering vanweë ’n bomdreigement tydelik ontruim gewees. Linkse aktiviste wou hom afskrik as gevolg van sy ‘hoogs omstrede’ besoek aan Suid-Afrika ’n paar jaar eerder, en kort na hierdie toespraak het die Amsterdamse burgemeester hom op die swartlys geplaas, wat hom verbied het om ooit weer ’n voet in die hoofstad te sit. Toe ek so drie jaar gelede Adriana Stuijt se bewusmakingsveldtog oor Suid-Afrika se plaasmoorde bygewoon het in Amsterdam, was daar ook bedreigings komende vanuit ’n ekstreem-linkse hoek gewees.

    Daar is egter ’n blinde vlek in hierdie Calvinistiese gelykheidsideaal. Daar is ’n hele stel onsigbare reëls en waardes wat ’n mens moet internaliseer ten einde ’n ‘echte Hollander’ te wees. Nie alle buitelanders kan hierdie reëls en norme reg lees of verstaan nie. Gelykheid is eintlik eers ter sprake sodra jy ’n ‘echte Hollander’ is. In feite kan slegs ’n klein groepie nie-Westerse (allochtone) inwoners hulself volledig inburger in hierdie waardestelsel, en in baie gevalle gaan dit gepaard met ’n afswering van hul kultuur wat hulle van huis uit gekry het. Dit is vanselfsprekend dat die meeste allochtone nie hul afkoms wil verloën nie, en bevind hulself dikwels in ’n posisie waarin hulle met rolkonflikte te make het. Wanaanpassing, lae selfbeelde, haat en nyd is die gevolg hiervan. Vanuit die owerheid word veronderstel dat deur meer integrasie op hierdie mense af te dwing ’n einde gemaak kan word aan hierdie probleem. Soos N.P. van Wyk Louw in Liberale Nasionalisme gestel het, het die groter volke ook ’n swakheid, naamlik hulle besef nie altyd dat hulle verdrukkers van kleiner groepe is nie. Nie almal het die krag of ingesteldheid om ’n ‘echte Hollander’ te wees nie.

    Dit is moeilik, selfs vir my met ’n Afrikaner-Calvinistiese agtergrond, om die volledige las van Nederlanderskap op my te neem. ’n Kultuur soos dié van die hedendaagse Nederland is in sy kern nihilisties. Ek kan absoluut geen regverdiging vind in burgemeester Job Cohen van Amsterdam se goedkeuring dat ‘gay’ kinders so jonk soos elf jaar met die volgende Gay Parade mee mag vaar op vlotte deur die Amsterdamse gragte nie. As ’n mens kinders begin blootstel aan pederastie, wat bly oor van jou trots, jou waardigheid of jou lojaliteit teenoor jou medeburgers? Hierdie daad lig egter geen wenkbrou by die plaaslike Nederlanders nie. Nederland staan hiermee op die vooraand van ’n tweede seksuele rewolusie en sien nie die alarmligte flikker nie. Die Franse skrywer Michel Houellebecq het ons ’n belangrike les geleer in sy roman Moontlikheid van ’n eiland, waarin hy vertel van ’n skerpsinnige verhoogkomediant wat homself volledig gestort het in die wêreld van seksuele losbandigheid, en uiteindelik tot selfmoord gedryf was deur die leegte wat hom begin vul het soos wat hy ouer geword het.

    Met hierdie vervaging van norme, die ophemeling van seksuele losbandigheid wat al hoe meer herinner aan die Markies de Sade se skrywes en tegelykertyd die neerbuigendheid wat allochtone ervaar om ‘meer soos ons’ te word is belangrike redes hoekom spanninge ’n etniese karakter begin kry. Dis myns insiens nie soseer ’n gevoel van bedreiging wat hierdie konflikte aandryf nie – alhoewel dit beslis ’n rol speel – maar ’n gevoel van weersin in die leegte wat die Nederlandse kultuur skep. Die psigiater Theodore Dalrymple het gestel dat ledigheid in hierdie geval beslis die duiwel se oorkussing is.

    Noudat die ekonomie weer begin beweeg in Nederland is die verskillende staatsinstellings ywerig besig om mense terug te bring in die werksfeer deur dit moeiliker te maak om jou uitkering te behou. Bedrywe is egter nog te geslote en kieskeurig vir baie mense, waardeur weereens ’n dubbele verwagting ontstaan by veral allochtone. Bedrywe wil enersyds meer integrasie sien as jy ’n beter werk wil hê, en andersyds probeer die uitkeringsinstansies die indruk te skep dat as jy nie werk soek nie jy lui is. Daar is envoudigweg nie genoeg plek vir almal in die werksfeer nie. Vanweë die hoë eise wat bedrywe stel kom baie allochtone nie aan bod nie, maar as hulle nie probeer nie, kry hulle met die hoë eise van die uitkeringsinstansies te make. Dit hou die siklus van weersin en ongeloofwaardigheid jeens die Nederlandse staat in stand.

    Waar dit op neerkom is dat Nederland ’n hele paar dekades agter loop met Suid-Afrika as dit kom by rasse en etniese kwessies. Hertzog het tagtig jaar gelede al antwoorde gehad op vrae wat Nederland nog moet begin stel. Hoewel, die plaaslike owerheid van Rotterdam het sedert ’n jaar of drie ’n soort groepsgebiedewet ingevoer wat mense met ’n lae inkomste of slegte taalbeheersing buite die stad moet hou. Dit is ironies hoe die bekende Kaaskop gemakstoelsosialis Marcel van Dam homself woedend en skuimend om die mond teen apartheid uitgespreek het, maar self betrokke was by die ontruiming van die Bijlmer, ’n Amsterdamse gettowyk, om die inwoners in omliggende dorpe en stede te huisves, soortgelyk aan die ontruiming van Sophiatown destyds. Waar Sophiatown later omgeskep was in ’n woonbuurt om arm blankes in die stad te huisves sodat hulle nader aan hul werk kan wees, word nou gepoog om die Bijlmer om te bou in ’n luukse woonbuurt vir sakemense. Die arrogansie en skynheiligheid in hierdie daad skrei ten hemele.

    Vanweë die verstikkende reëls, die plaas-alles-in-hokkies mentaliteit, meriete-gebaseerde diskriminasie op die werkvloer en derglike is Nederland by uitstek ’n land wat in die wieg gelê is vir apartheid; ’n segregasie tussen geïntegreerd en nie-geïntegreerd ontstaan op hierdie manier. W.F. Hermans was bloot logies gewees toe hy in 1983 gesê het dat die haat wat Nederland teen die Afrikaner koester slegs gevoed word deur die haat wat Nederland vir sy eie skrywers en kultuur het.

    ’n Mens wonder hoeveel etnies-gebaseerde opstande hier nodig sal wees voordat die politici en burgers hul domheid en skynheiligheid van hul integrasiebeleid gaan begin insien.

    ds dentalДанильченко Юрий Брониславович

  • Jason Lloyd se galbraak oor ‘De la Rey’ en Afrikaners

    Dit is nogal ironies dat Afrikaners nie na hul eie mense kan verwys sonder dat hulle as gevaarlike reaksionêre afgemaak word nie, maar ander volke mag wel sonder vrees van vervolging oor hul eie etniese groepe skryf. ’n Goeie voorbeeld hier is LitNet se Jason Lloyd wat ’n hele rubriek vol onsamehangende twak geskryf het om in alle toonaarde sy minagting vir “De la Rey” te wys. Ek vermoed hy is gevra om kommentaar oor die “De la Rey”-golf te lewer maar gebruik daardie geleentheid om sy gevoel van minderwaardigheid teenoor Afrikaanse koerante uit te basuin, omdat daar kwansuis te veel positiewe “wit” nuus en te min positiewe “bruin” nuus in sou staan. Om hierdie minderwaardigheid en wraakgevoelens gestalte te gee, gebruik hy ’n taktiek wat kommuniste gereeld gebruik, naamlik om abstrakte woorde wat moeilik definieerbaar is slordig rond te strooi, lynregte teenstellings te skryf en dit dan aan die lesers as intellektuele leesstof te verkoop.

    Lloyd skryf byvoorbeeld: “Die nuus oor Bok van Blerk se lied “De la Rey” is so vervelig dat ek iets kan oorkom as ek dit hoor of iets daaroor lees. Ek voel vere vir die vervelige lied oor vervloë tye. Dit is ʼn gewelddadige en ʼn rassistiese lied wat oorlog aanblaas.” Wat wil hy nou vir sy lesers sê? Hoe kan ’n lied tegelykertyd vervelig en gewelddadig wees? Of beskou hy gewelddadigheid en rassisme wat oorlog aanblaas as iets verveligs? Dit behoort hom dan nie te verbaas dat slegs blankes voortdurend kla oor geweld nie.

    Dieselfde Lloyd beskuldig Afrikaners wat nie wil deel in die ANC se totalitêre magspolitiek nie as onpatrioties, en dit wil voorkom asof hy dink dat Afrikaners nog te veel politieke mag het in Suid-Afrika. Alles wat sleg is, is as gevolg van nie-getransformeerde Afrikaners en die bendegeweld onder sy eie mense bekla hy as bevooroordeeldheid in Afrikaanse koerante (statistieke het aangetoon dat die moordsyfer onder die bruin gemeenskap nog hoër is as onder die swart gemeenskap). Tegelykertyd is hy ontevrede oor die feit dat sommige Afrikaners nie wil deelneem aan die morele herstel van Afrikaans nie. Van watter soort moraliteit hier ter sprake is – die Joods-Christelike moraal of daardie soort moraal wat ’n mens aanhang as jy jou bas wil red in ’n totalitêre regime – is nie duidelik nie, hoewel laasgenoemde meer aanneemlik lyk.

    In sy rubriek, net soos in vorige rubrieke van hom, verwys hy konstant na sy eie etniese groep, naamlik die bruin mense, en is vol lof oor die Universiteit van Stalinbos se nuwe bruin rektor, professor Russel Botman. Dit lyk ook of hy ’n spesiale bewondering koester vir mense soos Jakes Gerwel, daardie anachronistiese denker wie se politieke betrokkenheid saam met die Berlynse Muur in die vergetelheid moes geraak het.  

    Vir iemand wat ’n hoë dunk het vir sulke dinosourusse is hy besig om juis dit te bevestig wat hy wil bestry, naamlik om ’n bespotting te maak van die intellektuele vermoeëns van sy eie groep. Niemand met ’n bietjie kritiese insig sal sy twak ernstig opneem nie. Hy vind dit ’n klap in die gesig dat Die Burger per abuis die term Afrikaner-intellektuele gebruik het toe hulle ook na bruin intellektuele verwys het. Dit is duidelik dat hy ’n afkeer het van Afrikaners en die hele kwessie van baasskap van die Nasionale Party destyds. Dit lyk my nie hy besef dat die baasskap van vroeër die enigste versekering was wat hy gehad het om te keer dat Suid-Afrika nie in dieselfde Afrofascistiese gemors beland het soos alle ander Afrikalande noord van die Limpopo nie.

    Iets wat dikwels plaasvind tydens rewolusies is dat ou wonde oopgekrap word juis wanneer hulle die geleentheid kry om te genees. Lloyd is besig met sy vurige betoog noudat dinge vir die bruin mense beter begin word, met die aanstelling van Botman as rektor van die US. Geen woord van dank aan die Afrikaner wat dit vir hulle moontlik gemaak het om so maklik na die topposisies deur te stroom nie, maar net minagting vir Afrikaners vind ’n mens in sy rubriek, en dan bekla hy daardie groep se negatiewe houding oor die “nuwe” Suid-Afrika.

    So beweer hy dat die boere “die bliksem in was” toe hulle berig ontvang het van die minister van grondroof en hongersnood, Lulama Xingwana, dat hulle hul werkers beter moet behandel. Die feit dat 93% van die swart plaaswerkers op goeie terme met die boere verkeer is ’n werklikheid wat hy blykbaar nie kan sluk nie, of hy is as nuwe intellektueel – daardie soort waarna Gramsci verwys het – nie in staat om die werklikheid onder oë te neem nie. Die volksmoord op die boere laat hom kennelik koud. Hy verkies dit om sy verbeelding op die woordverwerker uit te tik en dan te maak asof hy analities besig is as om self te sien wat werklik besig is om in die land te gebeur.

    Maar goed, as hy so graag ’n voorvegter wil wees van bruin intellektuele, moet hy eers aan sy eie houding verander. Dit sal ’n goeie begin wees om homself af te vra hoekom hy dit as ’n belediging vind as iemand hom per ongeluk ’n Afrikaner noem. ’n Volgende stap sou wees om te vra wat Afrikaners presies gedoen het om so baie smaad te verdien. ’n Ander stap sou wees om te wonder of dit werklik vooruitgang sou beteken as Zebulon Dread redakteur van Die Burger sou word. Sonder om kritiese vrae te stel, soos in Lloyd se geval, sal hy verdoem wees om soos ’n skaap na die slagpale te loop en te maak asof beter dae in die vooruitsig is. Dieselfde het agter die ystergordyn gebeur toe ’n groepie intellektuele hul volk gek gemaak het met allerlei lugkastele, nare Amerikaners, die verderflike Weste, maar geen enkele fout kon vind met die 100 miljoen moorde wat onder hul neuse plaasgevind het nie.

    Miskien is dit die rede hoekom “De la Rey” vir Lloyd so bedreig laat voel. Dis nie soseer ’n botsing van waardes wat krap nie, maar ’n botsing van mentaliteite. As ’n nugter Protestantse volk hul griewe begin verhef, het die “progressiewe” intellektuele oor die algemeen nie veel teenargumente om hul onsinnige skrywes te verdedig nie. Hy wil mos nie hê dat bruin Afrikaanses “vir fools” gevat moet word nie. Nou ja, dan moet hy ook nie sulke subintellektuele prul skryf nie.

    Om die woorde van George Orwell aan te haal: You have to be an intellectual to believe such nonsense. No ordinary man could be such a fool.

    финская сауна этоФильчаков Александр Васильевич

  • Pawlik Morozof, die Boeremag en die SA polisie

    Soos dit ‘n kommunistiese of fascistiese staat betaam, is hul voortbestaan puur gebaseer op ‘n vyandbeeld waarteen agressief gereageer moet word. Die Jode en Sigeuners was die teendeel van Ariese superioriteit tydens Nazisme, en staatsvyande van die Sowjetunie was enigiemand wat die staat nie as die hoogste gesag wou erken nie. In die geval van die Sowjetstate, was die kriteria moeiliker om vas te stel wie presies die vyand was. Die oppergesag het die vryheid gehad om die bakens te skuif van wie "vriend" en wie "vyand" was, afhangende van die vereistes van die beweging.

    Hierdie Boeremag-tameletjie is ‘n klassieke voorbeeld van hoe ver die Suid-Afrikaanse regering al gegaan het om sy ware totalitêre vleuels te wys. Teenoor die vyftig babaverkragtings wat daagliks plaasvind, die 17 plaasaanvalle per week, onwettige immigrante en derglike ellendes, jaag die SAPD met fascistiese ywer agter ‘n spook aan. Die Boeremag is by verre die Suid-Afrikaanse apparatjieks se eerste prioriteit. Duisende Suid-Afrikaners sterf elke maand as gevolg van aanhitsing, plaasmoorde en die newe-effekte daarvan (soos misdaad as gevolg van honger), Mbeki se weiering om miv as ‘n probleem te erken, die kranksinnige soustrein-vir-swartesbeleid en onvermoë om werk te skep, maar die Boeremag is geteiken as staatsgevaarlik.

    Tydens Stalin se terreurveldtogte het hy gebruik gemaak van Pawlik Morozof, ‘n seun van ‘n Kossakboer wat sy "dissidente" vader aan die staat verklik het. Pavlik is later deur sy familie gedood, waardeur hy tot ‘n martelaar van die Sowjetstaat uitgeroep is. Die geskiedenis aangaande Pavlik is baie interessant en het historici al lank besig gehou, maar daar is te veel onbekendhede wat nooit goed opgehelder is nie. Die algemene konsensus onder die geskiedkundiges blyk te wees dat dit alles op ‘n relatief klein familierusie berus het wat deur die staat heeltemaal buite verhouding opgeblaas is. Die staat se patologiese behoefte aan nuwe helde en martelare bied ‘n verklaring vir hierdie ywerige soeke na ‘n nuwe gesig vir die Sowjetstaat. Dit is origens nie seker of Pavlik werklik deur sy familie gedood is nie. Die simbool is belangriker as die werklikheid. Dit vervang as’t ware die werklikheid. 

    Met hierdie verheerliking van ‘n naïewe tiener in gedagte, is ‘n mens outomaties geneig om te dink aan die "wise and pensive" nuwe gesig van Pretoria, die eunug Tshwane, en natuurlik die Boeremag, wat tot agtien jaar in voorarres moet sit voordat hulle voor die regter mag verskyn.

    Om mense van dieselfde etnisiteit as die voortvlugtiges te gebruik om hulle te arresteer is ‘n manier om die uitgangspunt te bevestig dat die staat as oppergesag erken moet word. Pawlik se familie was ondergeskik aan die staat, en diegene wat familie bo die staat wou stel is destyds ook as gevaarlike reaksionêre beskou. Dit was die doel gewees van Stalin se verheerliking van Pawlik. Wie weet, dalk gaan Oom Thabo ook ‘n standbeeld laat oprig vir die taakmaglede wat die arrestasies verrig het.

    Sulke aksies word geskep om verdeeldheid onder Afrikaners te saai. Kom ons hoop Thabo maak eendag martelare van hierdie taakmaglede. Dan kan Afrikaners hulself weer verenig met oranje, wit en blou verfblikke.

    осушитель длялобановский депутат

  • Leopold Scholtz, Westerse toleransie en die Fortuyn-opstand

    Om die waarheid te sê maak Leopold Scholtz homself skuldig aan dieselfde gedrag wat hy probeer bestry. So skryf hy in sy rubriek: “Lesers wat my skryfsels gereeld volg, sal weet dat ek dikwels skerp kritiek op die Weste – en veral Amerika – se beleid teenoor die Midde-Ooste uitspreek, iets waarvoor ek vanuit die ander kant verontwaardig verwyt word.” Hiermee wil hy ons as Westers-gesinde mense dwing om die hand in eie boesem te steek. Die res van sy rubriek maak dit duidelik.

    Net gou tussenin: Amerika word gereeld beskou as die bron van oorlog en ellende in die wêreld. ‘n Mens vergeet gerieflik dat Amerika die afgelope 60 jaar 24 uur per dag in oorlog verkeer het en die land het sedert die Tweede Wêreldoorlog geen dag vrede gehad nie. As supermoontheid doen kleiner lande en groepe voortdurend ‘n beroep op Amerika se spierkrag, waardeur Uncle Sam dikwels teen wil en dank in streekskonflikte betrokke moet raak. Selfs die ekstreem-linkse denkers Antonio Negri en Michael Hardt het betoog dat Amerika se ingrepe nie bloot daarom gaan om hul handelsbelange te beskerm nie, maar ook ‘n morele plig verteenwoordig. Hoekom sou hulle anders in lande soos Somalië betrokke geraak het?

    Scholtz wei uit in die rubriek deur te beweer dat die skuld vir die polarisering van Islam jeens die Weste by die Weste gesoek moet word. Ons moet leer dat nie alle Moslems radikaal is nie. Hy meen dat ondanks die Deense spotprentbetogings slegs ‘n klein persentasie Deense Moslems gereelde moskeebesoekers is. Dis nogal vreemd dat Scholtz geen melding maak dat nie naastenby alle Westerlinge aanhangers van George Bush se beleid is nie, en volgens Al-Kaïda is ons almal ongelowige honde en varke, iets waaroor Scholtz eweneens geen kommentaar lewer nie. Ook noem hy niks oor die feit dat Moslems in Amerika hulself eers as Amerikaners en tweedens as Moslems beskou nie. Die bekende bokser Mohammad Ali het onlangs in ‘n onderhoud gestel dat hy Bush se oorlog teen terreur steun. As Bush in sy toesprake hom tot God wend, voel Ali ook as Moslem hierdeur aangespreek.

    Waar Scholtz die Weste verwyt, neem die vermaarde Islamkenner Bernard Lewis die teenoorgestelde standpunt in. In sy boek What went wrong, probeer Lewis om ‘n antwoord te vind waarom die eens florerende Islamitiese Ryke ten onder gegaan het en die Weste – wat destyds agterlik was – vooruitgang gemaak het. Lewis erken dat hierdie ‘n baie moeilike vraag is om te beantwoord. Daar is te veel faktore wat ‘n invloed gehad het om tot ‘n enkelvoudige antwoord te kom.

    Wat Lewis wel sterk benadruk, en ek is geneig om saam te stem, is dat die Islamitiese wêreld die skuld vir hul ondergang in hulself moet soek. Om voortdurend die Jode of Westerse imperialiste vir hul ellende te verwyt, is die maklike uitweg en dit mis juis die punt. Vooruitgang berus per definisie nie op maklike uitweë nie. Die skeiding tussen kerk en staat en die wetenskaplike vooruitgang tydens die Verligting het nie oornag gebeur nie, en ook nie omdat ons voorvaders die Moslems die skuld vir hul agterlikheid gegee het nie. Hulle het juis die kennis wat hulle opgedoen het van die Arabiere en Perse gebruik om hulself vooruit te kry. Westerlinge het juis hul kennis uitgebrei, nie hul wapenarsenale nie.

    Oor die afgelope aantal jare het die olieprys ‘n nuwe rekord behaal en Iran het baie geld hieraan verdien, maar Ahmedinejad gebruik hierdie kosbare hulpmiddel om propaganda en terreur teen Amerika en Israel te saai pleks van sy mense se lewenstandaard te verbeter. Dit is hier waar die Middeleeuse kerkvader Thomas van Aquino se waarskuwing ons almal moet aanspreek: “Pasop vir die man van een boek”. Volke wat hierdie woorde as hoeksteen aanvaar, het die eerste steen gelê op die pad na vooruitgang. Elke volk moet self leer ontwikkel (“’n Volk red homself”). Ons kan dit nie namens hulle doen nie, hooguit net die weg wys wat hulle self moet bewandel.

    ‘n Interessante vraagstuk wat Scholtz te berde bring is die posisie van die Moslem wat in Europese stede gebore en getoë is. Hulle is juis diegene wat geneig is om te radikaliseer, en as rede hiervoor voer Scholtz aan dat hulle nie deur die autochtone as gelykes aanvaar word nie. Daar moet meer integrasie plaasvind. Gegewe die geskiedenis van die Jode in Europa, wat deur die geskiedenis voorbeeldig geïntegreerd was maar ondanks alles voortdurend aan pogroms en holocausts blootgestel was, twyfel ek of integrasie werklik die oplossing is. Identiteit is moontlik ‘n belangriker bepaler as integrasie om hierdie probleem aan te spreek. Marokkaanse Nederlanders het ‘n elf keer groter kans om skisofrenie te ontwikkel as blanke Nederlanders. Ek kan nie sien hoe integrasie hier iets aan kan verander nie. Ek durf byna voorstel dat segregasie belangriker is, juis omdat interne konflikte vanweë botsings tussen twee kulture ‘n oorsaak van hierdie siekte kan wees. Segregasie, oftewel homogeniteit, is belangriker om ‘n gesonde identiteit en selfbeeld te ontwikkel onder soortgenote as integrasie. Met integrasie kan ‘n mens juis die kans verhoog dat tweedegenerasie-Moslemkinders in Europa hulself benede hul blanke klasgenote gaan stel, omdat blanke Europeërs gesien word as mense wie se taal en kultuur beter inskakel by die dominante kultuur. Indien klasse op skool homogeen sou wees, verwyder ‘n mens daardie vernederende verwysingsraamwerk uit die leerlinge se direkte beleweniswêreld.

    Scholtz kon dit ook nie weerhou om Pim Fortuyn as ‘n verkrampte regse voor te stel nie, en hier maak hy ernstige oordeelsfoute. Fortuyn het byvoorbeeld gesê dat Islam ‘n agterlike kultuur is, en nie ‘n agterlike godsdiens is soos Scholtz beweer nie. In De Volkskrant van 9 Februarie staan:“Op de vraag of hij een islamhater is, zegt de lijsttrekker van Leefbaar Nederland (Fortuyn): "Ik haat de islam niet. Ik vind het een achterlijke cultuur. Ik heb veel gereisd in de wereld. En overal waar de islam de baas is, is het gewoon verschrikkelijk”

    Wat so verskriklik was, het Fortuyn onder andere verwys na die minderwaardige posisie van vroue in daardie kultuur, en nie na sy homoseksualiteit nie. Hierop sê Fortuyn: “Binnen het islamitisch cultuurgebied zijn vrouwen ondergeschikt aan mannen. Dan zeggen ze wel dat die vrouwen zich uit vrije wil helemaal met een hoofddoek bedekken. Ammehoela! Ik wil een massieve emancipatiepolitiek voor achterstandsbuurten waar deze vrouwen wonen. Die vrouwen op de universiteit met een hoofddoekje, prima. Ik maak me veel meer zorgen over die woonwijken waar islamitische vrouwen beperkt zijn tot het huishouden en wat winkelen. Dat vind ik een grof schandaal." (Bron: Algemeen Dagblad, de opkomst, moord en nasleep).

    Ek wonder egter of Scholtz Fortuyn se boeke gelees het, want Fortuyn het duidelik gestel dat hy voornaamlik teen kultuurrelativisme gekant was.Westerlinge breek hul eie kultuur af om vreemdelinge te omarm, en sommige linkses is af en toe bloot vyandig teen hul eie kultuur, soos Jan Pronk wat trots voor in ‘n protesmars loop terwyl Moslems in die agterhoede Nederlandse vroue wat aan die kant staan as “vuile kankerhoer” uitskel. Fortuyn het juis gepleit vir ‘n herwaardering van die Nederlandse kultuur.    

    Dat Pim Fortuyn dit nie kon regkry om die individu agter die groep raak te sien nie, soos Scholtz beweer, is onsin. Hy het immers met gay-Moslems geslaap. Hy was by uitstek gedrewe deur individualisme. Hoekom anders sou hy gesê het: “Weg met het subsidiesocialisme. Het heeft ertoe geleid dat miljoenen mensen aan de kant staan en niet meer weten hoe plezierig het is om iets te ondernemen. Weg bij dat loket, want daar krijg je wel je geld, maar moet je ook je ziel inleveren”. Fortuyn het goed geweet dat ondernemingsgees belangriker is vir multikulturalisme as blote integrasie. Jy kan beter werk skep as werk soek, soos die Amerikaanse droom vir ons voorhou.

    Sien, die nare Amerika kan ons inderdaad iets leer oor politiek en etnisiteit.

    Met sulke verkramptes, wie het verligtes nodig, doktor Scholtz?

    {mos_mb_discuss:13}

    lego киевФільчаков прокурор

  • Is Rwanda ons voorland?

    Ofskoon die datum van hierdie toespraak van Mbeki 1 April is, is hy blykbaar baie ernstig hieroor.

    Hierdie onsin oor Egiptenare wat swart was, is ‘n versinsel wat in Amerika ontstaan het om swart Amerikaners ‘n gevoel van trots te gee, en is al meerdere kere geloënstraf deur Egiptekenners, soos ene Hassan Saadallah beaam. Mbeki bly egter obsessief die gedagte aanhou dat die blanke beskawing benede die swart beskawingspeil verkeer.

    Die rede waarom Mbeki en ander se uitlatings belangrik is, is omdat hulle ‘n bepaalde verhouding tussen bevolkingsgroepe weergee. Sulke emosioneel belaaide taal is nie nugter en ewewigtig nie. Die implikasies van sulke taal is vir almal duidelik. ‘n Mens hoef nie op ‘n metakommunikatiewe vlak te dink om die boodskap te begryp nie. Agterdog, jaloesie en die historiese rol van koloniale ‘slagoffer’ wat gevoelens van wraak oproep, is die onderliggende boodskap. Plaas dit in konteks met die onbetrokkenheid (of selfs goedkeuring) van die res van die wêreld, die plaasmoorde, georkestreerde hongersnood en selfverryking – wat aktiewe strategieë is om etniese spanninge teen blankes verder op te laat loop – en ‘n Rwanda-agtige situasie is binne bereik. Mbeki is reg: Dit is vanwee sy strategiese beplande ruimhartigheid dat blankes (nog?) nie heeltemaal onder die voet geloop is nie. Dis net ‘n kwessie van tyd, of liewer tydsberekening voordat die bom bars, en hy sy vermeende "vyande van demokrasie" wat almal toevallig ‘n wit velkleur het, gaan uitmoor of deporteer.

    Die slagting in Rwanda in 1994 het ‘n soortgelyke verloop gehad. Die Hutu’s is in die meerderheid en is meer negroïede tipe mense. Die Tutsi’s is die minderheidsgroep en het Somaliese en Noebiese gelaatstrekke, soos skerper neuse en ‘n ietwat ligter velkleur. Die Belge het destyds die Tutsi’s as ‘beskaafder’ beskou en op ‘n hoër voetstuk geplaas wat gepaard gegaan het met meer mag en politieke gewig as die Hutu’s. Hierdie verskil tussen die twee etniese groepe is deur middel van ‘n soort dompassisteem vergroot wat die Belge ingevoer het. Daar is egter nog meer verskille. Die Tutsi’s se guerillataktieke is beter ontwikkel. Hulle kan beter organiseer en skerper aanval. Die Hutu’s daarenteen is minder gesofistikeerd in hul oorlogstaktieke, lagwekkend selfs, maar boesem die meeste vrees in vanweë hul onbeskroomde en barbaarse styl van oorlogvoering.

    ‘n Mens is geneig om te dink dat die slagting in Rwanda op impuls gebeur het. Een dag was dit stil en die volgende dag was daar oral ‘n groot bloedbad. Niks is minder waar nie. Dit was ‘n weloorwoë stap gewees van Hutu-leiers om die Tutsi’s omver te werp. Die slagting was die resultaat gewees van jarelange sluimerende konflikte. Deur te speel op mense se haat en angsgevoelens het die maghebbers hulself sodoende in die saal gehou. Hiermee gepaardgaande het die bevolking van die Hutu’s in die laaste twee dekades behoorlik gegroei, en ‘n grondkrisis het begin dreig. Meer mense moes met minder voedsel leef, wat die situasie nog nypender gemaak het. In 1989 het die prys van koffie en tee skerp gedaal, wat Rwanda se belangrikste uitvoerprodukte was en die Wêreldbank se streng maatreels en droogte in die suide het verder gehelp om die situasie haglik te maak.

    In dieselfde periode het die ‘gematigde’ Hutu-leier Habyarimana vanuit Oeganda ‘n nuwe poging aangewend om die Hutu-dissidente en Tutsi’s uit Rwanda te verdryf, om sodoende Rwanda verder in sy greep te kry. Die voortdurende konflikte het jong mans wanhopig gemaak en hulle was gevolglik maklik rekruteerbaar vir gewapende aksies. In 1993 is in Arusha ‘n soort vredesooreenkoms onderteken waarin die mag meer gelyk verdeel sou word tussen die verskillende groepe, maar Afrika sou nie Afrika gewees het as die leiers ernstig gehoor gegee het aan hierdie ooreenkoms nie. Habyarimana het meer as ‘n half miljoen kapmesse aan die Hutu’s uitgedeel om Tutsi’s mee te vermoor. Aangesien kapmesse goedkoper is as gewere, was dit die beste opsie. Die spreekwoordelike bom het gebars toe Habyarimana se vliegtuig uit die lug geskiet is wat hom en die volledige bemanning aan boord gedood het.

    Die Hutu-ekstremiste het sowel Tutsi-leiers as gematigde Hutu-leiers vermoor, en deur die RTLM radiostasie te kaap, kon hulle gemaklik die Hutu-bevolking aanhits om die "kakkerlakke"(Tutsi’s) uit te wis. Vanweë die goed georganiseerde verowering van strategiese teikens so kort na Habyarimana se dood, kan ‘n mens net konkludeer dat dit vooraf grondig beplan is. Geluide soos ‘vermoor Dallaire’ het ook oor die luidsprekers weergalm. Generaal Roméo Dallaire was die VN-vredesmagbevelvoerder wat die konflikte tussen hierdie groepe moes bedwing, en hy sou later die persoon van die hoogste rang ooit word wat ernstige posttraumatiese stres opgedoen het. Slegs toe die wêreld aandag begin gee het aan Rwanda, het die Hutu-ekstremiste op RTLM-radio ‘n ‘toontjie laer gesing’ om die Nederlandse spreekwoord te leen. In plaas van die gewone offensiewe taal, het hulle defensiewe taal begin gebruik waarin hulle die bevolking opgeroep het om hulself teen die "vyande van Rwanda" te beskerm. Dit herinner ‘n mens nogal sterk aan Mbeki se "vyande van demokrasie".

    Die raaiselagtigste deel van hierdie etniese konflik moes nog gebeur. Die konflik het heeltemaal onverklaarbaar begin word, in die sin dat dit naderhand nie etnies afgebaken was nie. Toe daar te min Tutsis oor was om te vermoor het Hutu’s mekaar te lyf gegaan en die Pigmeë, wat ongeveer 1% van die bevolking uitmaak, is ook as teiken gebrandmerk. In sommige gevalle het Hutu’s die Tutsi’s beskerm, dokters het pasiënte begin vermoor, onderwysers hul leerlinge en andersom. Om te sê dit was een groot chaos, is nog baie gering gestel.

    Die inmiddels wêreldberoemde geograaf Jared Diamond het ‘n goeie verklaring gebied vir die raaiselagtige slagting van die Hutu’s onder mekaar. In sy boek Collapse beskryf hy hoe oorbevolking een van die vernaamste oorsake hiervan was. Rwanda is die digste bevolkte land ter wêreld, en is hoog geleë. Vanwee vroeë vulkaniese aktiwiteit is die grond baie vrugbaar. Baie jong Hutus, wat eintlik al getroud moes gewees het en hul eie boerderye moes gehad het, moes nog by die huis bly omdat daar nie genoeg grond was nie. Die kombinasie van tuisbly en oorbevolking per gesin, tesame met sommige boere wat op die mees onmoontlike plekke hul plase gevestig het, soos teen heuwels of langs wispelturige riviere het ‘n noodwendige verskil in rykdom teweeg gebring. ‘n Situasie het ontstaan waardeur arm boere met ryker boere vir voedsel moes onderhandel, terwyl hulle eie plase deur gronderosie weggespoel het. ‘n Krisis, soos voorspel deur die Britse ekonoom Thomas Malthus, het ontstaan, waarby die bevolking logaritmies toegeneem het, en die voedsel slegs rekeningkundig.

    Al hierdie faktore het veroorsaak dat seuns in opstand begin kom het teen hul welvarender vaders, geskille tussen bure is hardhandig opgelos, oorlede boere se weduwees en kinders het onder mekaar begin baklei, ensovoorts. Dit is nie vreemd om Rwandese te hoor sê dat oorloë noodsaaklik is om die oorskot aan mense uit te dun en die getalle in ooreenstemming te bring met die beskikbare hoeveelheid grond nie. Die Rwandese is dus deeglik bewus van die Malthusiaanse krisis. Hoe minder voedsel en grond, hoe meer moord en doodslag.

    Ons kan konkludeer dat sulke hewige konflikte, wat nie vreemd aan Afrika is nie, deur sowel omgewingsfaktore as etniese jaloesie en agterdog veroorsaak word. Hierdie twee faktore is byna onlosmaaklik verwant aan mekaar. Die boodskap vir Suid-Afrika lê ook hierin opgesluit. Suid-Afrika het in wese genoeg vrugbare grond om almal van voedsel te voorsien, mits ‘n mens die regte tegnologie gebruik wat helaas nie tot die dampkring van die Afrikane behoort nie. Met die volksmoord op die boere is die ANC doelbewus besig om Suid-Afrika se landbousektor te saboteer om ‘n voelselskaarste te veroorsaak. Die gevolg is dat die arm bevolking afhanklik word van voedselpakette wat die plaaslike leiers na willekeur uitreik, en veral arm blankes kwalifiseer nie vir voedselpakette nie omdat hulle tot die "voormalige bevoordeeldes" behoort. Verdere etniese haat word aangewakker deur swartes aan te hits om te veg vir "hul land" wat meestal nie meer bewerk word sodra hulle dit eenmaal oorgeneem het nie. Voeg daarby die sowat miljoen swartes wat jaarliks oor die grens kom en ‘n mens kan nie anders as om af te lei dat die ANC doelbewus besig is om ‘n Malthusiaanse krisis in Suid-Afrika te skep nie. Deur so af en toe voedselpakette aan armes te verstrek, kan die ANC homself adverteer as ‘n party wat "omgee" vir sy mense.

    In Rwanda se geval kan ‘n mens argumenteer dat die natuurlike bevolkingsaanwas ‘n belangrike aanleiding tot die latere ramp was. Dit wil voorkom asof die omstandighede die etniese spanninge in die hand gewerk het, hoewel ek dit baie versigtig stel. In Suid-Afrika is dit duidelik andersom. Etniese haat veroorsaak die agteruitgang van Suid-Afrika se landbousektor. ‘n Skaarste aan voedselhulpbronne word kunsmatig veroorsaak, deels vanweë swak en kortsigtige bestuur en grotendeels uit pure moedswilligheid. As dit nie vir Thabo se geslepe kommunistiese raadgewers was om sy rassisme teen blankes net so effens onder die radar te hou nie, sou hy onbeskroomd net soos alle ander Afrika-diktators dieselfde taal teen blankes gebesig het as sy kollegas in Zimbabwe ("Ek sal tien keer ‘n Hitler wees om my doel te bereik"), Liberië ("Ek het jou Pa vermoor. Ek het jou Ma vermoor. Stem vir my as jy vrede wil hê!"), Haïti ("Onthoof alle buitelanders!") en natuurlik Rwanda ("Vermoor die kakkerlakke!").

    Die grootste tragedie is dat die res van die wêreld dit nie besef nie en onder die indruk verkeer dat die situasie nie so erg is nie, of natuurlik verklaarbaar is vanweë "het gewelddadige apartheidsverleden" soos die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake meen. Daar is weinig politieke belang in die Weste om die Afrikaners uit hul penarie te help, en interesse in die Afrikaner se sake lyk slegs van verbygaande aard te wees. Benewens die eis vir ‘n eie republiek, is dit gebiedend noodsaaklik dat blankes in Suid-Afrika wat nie wil emigreer nie, moet dink aan ‘n manier om hulself ‘n politieke bate vir die buitewêreld te maak. As die voormalige president Clinton destyds Bosniese Moslems asiel kon gee om die boodskap te versprei dat Amerika nie teen Moslems is nie, wat kan Afrikaners as politieke hefboom gebruik?

    Hoe gouer ons ‘n antwoord op hierdie vraag kan vind, hoe gouer kan ons ‘n bloedbad voorkom.

    купить липецк стенды для правки дисковОлександр Васильович Фільчаков

  • Prof. Hein Willemse se halwe waarhede

    Inderdaad kan gestel word dat die kwessie oor Afrikaans as onderrigtaal op skool die mees voor die hand liggende oorsaak was van die Soweto-opstande, maar net soos met alles in die geskiedenis kan dit nie los beskou word van die nuanses en prosesse wat dit voorafgegaan het nie. Een daarvan was dat die meerderheid swartes nie teen Afrikaans op skool gekant was nie. Soveel soos 66% van die swartes in Suid-Afrika in die sestiger- en begin sewentigerjare was ten gunste van ‘n 50-50-verdeling tussen Afrikaans en Engels op skool. Slegs in die groter stede waar Engels die handelstaal was, het die swart bevolking Afrikaans verwerp. Die regering het oormoedig gereageer oor die sukses waarmee Afrikaans elders in die swart onderwyssisteem ingefaseer was en het gedink hulle sou dieselfde sukses bereik met die swartes in Soweto. Dit was nogal ‘n ernstige berekeningsfout gewees aan die kant van die regering, maar ten minste het hulle nie 60 000 mense gemartel en vermoor soos wat die Franse met die Algeriërs gedoen het nie. Gelukkig is Frans ook nie die taal van die verdrukker nie.

    Die Soweto-opstande is naas taalbeleid, ook gevoed deur ‘n fenomeen waaroor die bekende politieke deskundige Alexis de Tocqueville geskryf het, naamlik ‘n rewolusie van stygende verwagtinge. Hierdie vorm van rewolusie vind plaas sodra ‘n mens se lewenstandaard en welvaart begin toeneem, maar die verwagtinge op ‘n beter lewe juis vinniger styg as wat die land se hulpbronne kan oplewer. Dit het ontstaan toe die regering besef het dat daar ‘n armoedeprobleem en uitsigloosheid in die townships heers, en het juis die blankes swaarder belas om die swartes ‘n toekomsperspektief te bied. Prof. Hermann Giliomee skryf hieroor in Die Afrikaners: ‘n biografie op bl. 519: "In 1975 is berig dat die lone van ‘n kwartmiljoen swartes in die nywerheid – dit was ongeveer die hele swart elite in die gemeenskaplike gebied – in die vorige jaar met gemiddeld 15 tot 20% gestyg het. Die beleidswending het reeds teen die middel van die 1970’s ‘n uitwerking begin toon. In die begroting vir 1975-1976 het die persoonlike inkomste van wittes met 7% gedaal, maar dié van die Asiërs het met 3% gestyg, dié van kleurlinge met 19% en dié van swartes met 11% […] Die regering wou swart eise om verbeterde onderwys en welsynsdienste bevredig deur die besteding aan wittes konstant te hou totdat groter gelykheid tussen die rasse bereik is."

    Daarbenewens het in 1974 die diktatoriale bewind in Portugal tot ‘n val gekom, en die Portugese kolonies Angola en Mosambiek was die toneel gewees van ‘n behoorlik gewelddadige omverwerping van die koloniale moonthede. Die omverwerping van die magshebbers het ‘n belangrike inspirasiebron geword vir swart bewussyn onder die inwoners van Soweto, en baie swart leiersfigure het hierdie inspirasie benut om hul volgelinge verder teen die blankes aan te hits. Aangesien Afrikaners geen Europese land het om na toe te vlug soos die koloniste nie, moes hulle soveel as moontlik gehoor gee aan swart griewe en terselfdertyd sorg dat hul eie oorlewing op die lang termyn verseker sou wees. Om konflik te voorkom onder sulke omstandighede is vrywel onmoontlik.

    Tog gewaar ek in prof. Willemse se betoog ‘n aspek van Afrika-politiek wat ons nie uit die oog moet verloor nie. Die indruk word voortdurend gewek dat Afrikaans, sowel die taal as politieke simbool die oorsaak is van al die voorafgegane ellende. Dis net ‘n kwessie van ‘herstel’ en dan is Suid-Afrika weldra ‘n goed geordende burgermaatskappy. Die vraag is egter: As die Afrikaners en koloniste elders in Afrika vir soveel probleme gesorg het, hoekom doen swart stamme voortdurend ‘n beroep op hulle om hul konflikte te besleg? Sodra konflik in die Ivoorkus begin oplaai, waarom vra die leiers die Franse of Belge vir militêre steun? Waarom het Lucas Mangope juis die AWB se hulp ingeroep om hom teen opstandige ANK-rebelle in 1994 te beskerm?

    Die grootste ironie in prof. Willemse se betoog is egter die titel daarvan: "As die boelie se taal ook joune is". Hierdie titel is nog sag gestel vergeleke met die huidige regime se standpunt. Hoe is dit moontlik dat ‘n taal wat die huistaal is van ‘n klein minderheid in Suid-Afrika in almal se keelgatte afgedruk word? Wat moet die Engelstalige Xhosa-elite en hul handlangers weier ten einde Engels as enigste amptelike taal in te voer?

    Die meerderheid Suid-Afrikaners sal sekerlik meer genoeë neem met ‘n betoog getiteld: "As die boelie se taal nie jou taal is nie". Met so ‘n titel mag ons dalk die waarheid verraai oor die ANK, maar natuurlik is ons soos gewoonlik weer te beskeie om prof. Willemse se party as ‘n groepie wêreldvreemde imperialiste af te maak.

    пиджак без подкладки мальчику купитьФильчаков прокуратура харьков

  • VRYEPOORT: IS JOHAN PIENAAR ‘N TROTSKIS OF MAO?S?

    Ja, u het reg gelees! Ons moet vreugde put uit ons nuutgevonde vryheid om die ANK te verheerlik. So ‘n stukkie onverdunde stalinisme het ek baie lank laas teëgekom. As hy hierdie toespraak so 20 jaar gelede gelewer het, sou ek hom graag wou voordra vir die Leninorde, maar ek is bevrees hy sal tevrede moet wees met ‘n foto van ‘n paar glimlaggende arbeiders uit ‘n Noord-Koreaanse propagandatydskrif. Ek dink nie eers Fidel Castro se ongeneeslike sikofante in Wes-Europa gaan so ver nie.

    Ek moet toegee dat my kennis van die verskillende vertakkinge van kommunisme ietwat beperk is. Daar is Maoïste, Trotskiste, Staliniste ensovoorts. Daar is ook mededingendheid onder die verskillende groeperinge. Maoïste en Trotskiste is byvoorbeeld nie baie dol op mekaar nie, hoewel altwee ywerig waak teen ‘n nuwe heersersklas wat af en toe temidde van ‘n kommunistiese bestel kan ontstaan. Hierdie anti-elite mentaliteit het selfs Trotski se lewe gekos, om maar te swyg oor Mao se mees intieme partygenote wat hy laat bombardeer het.

    Pienaar stel in sy eerste agendapunt: "Ons moet as nuwe geslag Afrikaners leer om vreesloosheid te omhels." In die konteks van Suid-Afrika anno 2006, waar jaarliks 30 000 babas verkrag word, waar weekliks 17 plaasaanvalle plaasvind, waar sowat 50 000 mense vermoor word elke jaar, moet ons soos trotse rewolusionêre nie terugdeins om onsself te laat vermoor, beroof of verkrag nie. Dit is immers vir die Groter Saak. Pienaar wil ons voorberei vir die ‘permanente rewolusie’ á la Trotski, daardie soort wat miljoene lewens gekos het.

    Alhoewel ek nie in Pienaar se persoonlike lewe kan rondsnuffel nie, vermoed ek dat hy die Roemeense kommunis Ana Pauker as lewensgesellin baie sou begeer. Pauker se eie man was in opdrag van Stalin gefusilleer, maar dit het haar vir geen sekonde met verdriet gevul nie. Haar toewyding was heeltemaal aan Stalin en die Groter Saak. Dit vind sy weerga so reg in Johan Pienaar se kraal. Hierdie besetenheid met die Rewolusie is tipies iets wat sielkundiges na die kladblokke en handboeke laat gryp en vir jarelange debatte sorg onder die geleerdes. Die proses is dieselfde: met baie sektariese godsdienste, hetsy kommunisme, hetsy siëntologie, lyk die probleme wat hulle uitwys realisites. Die argumente wat hulle bied lyk goed en passend by die probleem. Hoe meer ‘n mens egter verdiep in die probleemstelling, hoe minder maak alles sin, en die swart/wit indeling word steeds gryser. Soos wat die verwarring toeneem, bied hierdie godsdienste antwoorde wat, as ‘n mens dit nie aan die alledaagsheid toets nie, steeds vreemder word. As ons weer sien, sit ons in die middel van ‘n bloedbad en noem ons dit ‘vrede’. Die sirkel is voltooi.

    Miskien is Pienaar se pleidooi vir vreesloosheid eintlik ‘n eufemisme vir gewetenloosheid. Die manier waarop hy vryheid verabsoluteer neig verdag baie in daardie rigting. "Daar is geen druk op ons om enigiets te doen nie en daar is geen beperking sou ons alles wou doen nie." Alles is geoorloof vir die Groter Saak. Afrikaners word blootgestel aan drakoniese rassewette wat selde gesien is in die moderne wêreld, maar Pienaar huiwer nie om te beweer dat "Ons is vir die eerste keer in ons geskiedenis vry" nie. Om eksistensiële begrippe soos vryheid te verwar met politieke regte, is ‘n tipiese gedagtegang wat tuishoort in die kader van ekstreem linkse politiek. Die ietwat wêreldvreemde Jean-Paul Sartre sou trots gewees het op sy Stellenbosche protegé, hoewel Sartre op sy ou dag sy radikale vryheid en kommunistiese opvattings so effens genuanseer het. Pienaar is egter tot aan die nok toe gevul met rooi heimwee.

    Johan Pienaar is moontlik ‘n Trotskis. So skryf hy byvoorbeeld net voordat hy begin met ‘n aanhaling van John Steinbeck dat: "…die swart mense wat nou toenemend moeg raak vir die ANC se regering, is ons bondgenote in ‘n nuwe tydvak." Dit klink baie soos Trotski se ‘permanente rewolusie’, wat moet sorg dat die plebs die mag in hande het, en nie ‘n regering wat homself mettertyd gaan vervreem van die werkers nie. Nog nooit eerder was ons so vry nie, maar tegelykertyd wil Pienaar ons in opstand laat kom teen die ANK. Met ander woorde Pienaar lieg deur sy tande, maar soos dikwels die geval is met politieke ekstremiste, is hierdie soort fanatiekelinge nie vatbaar vir rede nie. Immers, as ons nog nooit eerder so vry was nie, hoekom wil hy dan in opstand kom?

    Sy rewolusionêre oogmerke vir Suid-Afrika word nog verder onderskraag deur sy tweede agendapunt, naamlik dat ons nou die effekte van vandag eers oor ‘n paar jaar mag ervaar. Vandag se rewolusie is more se vryheid. Hy sonder weer ‘wit rassiste’ en laertrek uit as die boosdoeners waarteen geageer moet word. Vanwee die volksmoord op die boere (wat Pienaar origens ontken) tesame met die enorme probleme wat die ANK in Suid-Afrika se landbousektor veroorsaak, mag ons hom dalk as Maoïs kwalifiseer. Dit val saam met die feit dat hy eienskappe wat ons as deugde (‘vryheid’,’individualisme’) beskou gebruik om in sy kommunistiese stramien te verweef, soortgelyk aan Mao se ‘massalyn’ benadering. Of miskien is Pienaar ‘n soort opportunis wat van enigiets gebruik sal maak om sy rewolusie te laat seëvier.

    Pienaar se gebrek aan insig in Suid-Afrika se rassesamestelling word goed uitgebeeld in sy laaste agendapunt, naamlik ons moet as individue optree. Die kinders van Soweto het volgens Pienaar individualisties opgetree. Nie net is hierdie opvatting een groot contradictio in terminus nie, maar om swartes as individualiste te omskryf spreek van volslae onkunde oor Suid-Afrika se politieke klimaat. Die mense van ubuntu, die mense van simunye, die people is alles behalwe individualiste. Hulle hele identiteit word deur die groep waartoe hulle behoort vasgestel. ‘n Venda sal nooit ‘n Xhosa as mede-individualis beskou nie. Siestog! Johan Pienaar, die ewige marxis.

    Hoewel, as ons werklik wil weet watter onheil in Pienaar se boesem skuil, kan ons die argument van die Nederlandse denker dr. Erik van Ree goed gebruik. In sy boek Wereldrevolutie (2005), skryf Van Ree: "Eintlik het die leniniste geen moraal nie. Hulle het nie geglo dat daar soiets soos goed en kwaad bestaan nie, maar slegs nut en skade vir die saak. Hul taktiek was hul moraal. Hulle was hul eie maat en alles was vir hulle toegestaan. Origens het die uitoefening van geweld die kommuniste geen vreugde gegee nie. Hulle het dit gesien as ‘n kwessie van goeie verstand. Oor die fascistiese kultus van geweld het hulle hulself ewe vrolik gemaak as oor die Christelike pasifisme. Gandhi en Mussolini was vir hulle een en dieselfde. Die brutale Italianer het hulle ewe belaglik gemaak met sy lofsange oor geweld as die Indiese heilige met sy geweldloosheid. As die doel die middele heilig, is geen enkele middel heilig in sigself nie. Nóg geweld, nóg geweldloosheid het enige intrinsieke waarde, maar word slegs ingesit na gelang van die omstandighede en die vereistes van die beweging. Dit is moelik om te sê aan watter moraal, die fascistiese of die kommunistiese, ‘n mens, indien hy aan die keuse gestel word, die voorkeur sou moet gee."

    Die ergste van alles moet nog kom. Sodra Pienaar sy rewolusie gekry het, sodra elke laertrekkende blanke gesuiwer is, sodra hy homself en sy strydmakkers van die staat bevry het, mag hy versteld staan oor sy prestasies. Die mense wat hy die meeste wou bevry, naamlik die swakkes en die armes, is uiteindelik die ‘kinders’ wat die rewolusie ‘verslind’ het. Die geskiedenis het nog nooit hieroor gelieg nie. Meestal volg daarna ‘n ander kommunis wat homself van Pienaar wil bevry, en so gaan dit deur.

    Iemand moet Pienaar dalk op die skouer tik en vir hom waarsku dat hy moet oppas waarvoor hy vra. Hy mag dit dalk kry.

    конструктор домикФильчаков прокурор

  • Dora Scott en die neo-verkramptes

    Ene Dora Scott is op Vryepoort ‘n platform gegun om allerlei verregaande twak oor Afrikaners kwyt te raak. Ek het haar naam gegoogle en ontdek dat dieselfde naam ook verskyn as hoofredakteur van die Stellenbosse studentekoerant Die Matie. Ek neem aan dis dieselfde persoon. In haar swak vertoog, wat eintlik nie eens die moeite werd is om op te reageer nie, beskryf sy Afrikaners as ‘n "vreesbevange, sensitiewe groep mense". Afrikaners is eerder behep met beoordelaars se "aanval" op die Afrikaner, in plaas van hul bedenklike musiektalent op Idols. Sy plaas die woord "aanval" tussen aanhalingstekens, met ander woorde dit vind nie werklik plaas nie. Die plaasmoorde en dergelike wantoestande is alles net "sogenaamd". Afrikaners "praat nie oor die geleenthede wat in die land is en geskep word nie, maar bekla die feit dat hulle nie eerste in die ry mag staan om die geleenthede te kan ontvang nie". Volgens haar is Afrikaners mense wat nie sinvol kan debatteer nie, maar voortdurend gespreksforums gebruik om hul vrese en tekortkominge uit te basuin.

    Afrikaners is haars insiens op hul knieë gedwing deur hul eie woede en onsekerheid, maar is nie bereid om ander volke te aanvaar nie. Foeitog! Arme Afrikaners. ‘n Mens moet hulle eintlik jammer kry.

    Vandag kan die parallel tussen Afrikaners en Jode uit die dertigerjare van die vorige eeu nie misgekyk word nie. In wese is daar geen verskil tussen die patroniserende nonsens wat Scott hier kwytraak en Fritz Hippler se 1940 Nazi-propagandafilm Der Ewige Jude nie. Afrikaners ly aan ‘n soort geestelike swakheid. Hulle kan nie uitreik na ander volke nie en is daarom eenvoudig net onversoenbaar met die politieke ambisies van die huidige regime. Volgende gaan sy seker sê dat Afrikaners dit verdien om uitgemoor te word, want anders as Amerikaners glo Afrikaners nie in hulself nie (??).

    Meningsopnames het aangetoon dat minder as ‘n derde van die swart Suid-Afrikaners en minder as ‘n vyfde van die Engelstalige blankes in Suid-Afrika vind dat Afrikaners onbehoorlik op voorregte aandring. Meer as 70 persent van die Afrikanergemeenskap vind dat al Suid-Afrika se tale bygestaan moet word om net so belangrik te word as Afrikaans en Engels. Daarbenewens het Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer in ‘n meningsopname gevind dat Suid-Afrika se Indiërgemeenskap nog minder tevrede is oor die huidige regime se onderwysstelsel en meer aandring op die handhawing van hul kultuur as Afrikaners. Ironies genoeg staan hierdie inligting in LitNet se argiewe, dieselfde mense wat toelaat dat Scott, Pienaar en andere sulke protofascistiese snert kwyt kan raak.

    Jean-Paul Sartre het in ‘n opstel geskryf dat anti-semitisme die Jood voortgebring het, en nie andersom nie. Ons kan dieselfde sê van Afrikaners. Rassisme, vooroordeel en xenofobie het die Afrikaner voortgebring. Kyk maar hoe het grootse Afrikaners internasionaal gepronk as "South Africans" en sodra hulle ten onder gegaan het, word hulle weer as "Afrikaners" voorgestel. Afrikaners word altyd uitgesonder as sondebok waarmee die land se ellende verklaar kan word en Scott beaam dit klakkeloos.

    Ons kan seker stel dat Dora Scott ‘n naïewe student is. Studente is mense wat so pas geleer het om kritieser en wyer te dink as wat die skoolsisteem hulle toegelaat het. Die wondere van kritiese denke het ‘n euforiese werking op die vroeë-stadium intellektuele, maar al te dikwels word polities aktiewe studente se standpunte eerder deur hormone bepaal as deur gesonde verstand, hoewel hooggeleerdes ook nie altyd hiervan gevrywaar kan word nie. Ons hoop maar haar poging is ‘n intellektuele groeipyn en dat sy weldra ewewigtiger standpunte sal inneem.

    Dit sal egter ‘n fout wees om haar standpunt te minag. Sy is ‘n teken van die tyd. Arthur Schopenhauer was 30 jaar oud toe hy sy Die Welt als Wille und Vorstellung gepubliseer het. Albert Einstein het op die ouderdom van 26 jaar sy Algemene Relatiwiteitsteorie die lig laat sien, en Nietzsche het al op sy tiende lewensjaar ‘n musiekstuk geskryf vir ‘n simfonieorkes. Vandag vlei die linkse Britse dagblad The Guardian ‘n talentlose en misdadige onderwêreldfiguur soos Puff Daddy as "Some of America’s biggest minds". The Guardian wil ons voorhou dat tekste soos "I kill for a hobby" en "Blew his brains out ’cause witnesses we don’t need" die wyse woorde is van ‘n diepsinnige intellektueel. O tempora! O mores!

    Die Verligting is besig om ‘n keerpunt te bereik. Selfs die illustere Harvard Universiteit ontkom nie aan hierdie ekstreem linkse plaag nie, soos sy president Larry Summers kan getuig. Hy was byna die slagoffer gewees van ‘n heksejag omdat hy politiek inkorrekte uitsprake durf maak het wat op die alledaagse persoon waarskynlik geen indruk sou gemaak het nie. Ons leef in ‘n tydperk waarin wetenskap onderdanig aan politiek gestel word en standpunte wat lynreg bots met wetenskaplike bevindings word massaal as waarhede gepropageer. Banaliteit en selfs barbaarsheid word opgehemel as iets esteties. Daar is nie meer so iets soos beter of slegter uitdrukkings van kuns of literatuur nie, maar slegs verskille. Puff Daddy kan in dieselfde asem genoem word as Mozart. Eintlik wil LitNet aan ons by implikasie voorgee dat Scott en Pienaar se standpunte op dieselfde vlak verkeer as die room van Suid-Afrika se denkers soos Van Wyk Louw, Hermann Giliomee, C. Louis Leipoldt en ander.

    Sulke gelykheidsgedagtes vind nie hul oorsprong in die onderklas self nie, maar in die ivoortorings van die (linkse) intellektuele elite. Hierdie geleerdes wil graag hul teoreties gefundeerde "humane" denkbeelde van bo af op die bevolking afdwing, sonder om rekening te hou met die direkte belewenisse van die mense onderaan. Die intelligentsia, soos die Britse psigiater Theodore Dalrymple gestel het, maak van die onderklas ‘n kaste. Hulle hok die onderklas in deur hul lewenswyse op te hemel. Intellektuele selfdissipliene en ambisie word gesmoor juis deurdat ‘n gebrek aan ‘n intellektuele instelling voorgehou word as iets esteties.

    Om sulke naïewe meningsvormers soos Scott ‘n platform te gee het ‘n negatiewe werking op die intellektuele tydsgees van enige generasie. Hul menings word nie krities ondersoek nie en wemel van dubbelsinnighede en onsamehangendhede. Dit is wel polities korrek en daarom geoorloof. Hierdie mense wat blind is vir die regime se terreurveldtog, is die verkramptes van ons tyd. Hulle is die neo-verkramptes.

    Die groot ironie van LitNet se Vryepoort is egter die manier waarop dit aangebied word. Die inhoudsredakteur beweer dat die debatte vanuit ‘n sielkundige en sosiologiese perspektief benader word en hou voor dat hierdie webwerf bestem is vir "ingeligte menings en standpunte". Ek sal volgende keer maar my filosofieboeke en sielkunde navorsingsartikels wat in die loop van jare my hele kamer vol lê op straat gooi en myself verdiep in die ingeligte mening van Lauren Thys en andere. Miskien is dit about time dat ek van my moral high ground afklim en met ignorance admit dat ek disconnected is.

    Sjoe! Wat ‘n moerse enlightenment beleef ek nou!

    стоматологияпрокурор Фильчаков

  • Alex Boraine: Scratching where it’s not itching

    One cannot help but question why the prosecution of former leading figures under apartheid is still considered a major priority amongst South Africa’s new ruling class. Obviously justice should be served, but the current levels of violence, murder and mayhem under ANC rule eclipses the crimes committed during apartheid by far, in effect making a mockery of the whole idea of justice, not to mention reconciliation. Had South Africa transformed into the stable, prosperous and peaceful country its citizens hoped for, the justice in this act would have been understandable. The current ANC’s feet-dragging policy towards combating AIDS and violence though, seems to be conveniently overlooked in this plea.

    The absurdity is exacerbated if one considers the tendentiousness on which the TRC was founded. In stead of a bona fide courtroom trial, in which first of all the nature of a crime has to be thoroughly examined before prosecution could take place, the TRC drew an a-priori conclusion regarding the criminal nature of apartheid and henceforth proclaimed to investigate to what extent the crimes committed could be considered crimes. In short: You are guilty, but exactly how guilty needs to be discovered, effectively leaving the administrators during the apartheid regime in a Kafkaesque "damned if you do, damned if you don’t" double bind. In doing so, the TRC placed itself in the position of the sole moral authority over South Africa, an act that portends the rise of a totalitarian regime where a minority now finds itself at the mercy of a "moral" majority.

    Boraine’s plea follows two significant events pertaining to South Africa’s past and present. Firstly former president P.W. Botha passed away, and contrary to the expectations of many South Africans, president Thabo Mbeki hailed Botha as a leader who made a significant contribution to dismantle apartheid. Messages of gratitude and scorn were echoed world wide through media and discussion forums, some calling Botha a hero and man of integrity, other calling him a Fascist, oppressor and even a war criminal.

    The other significant event was the release of the United Nations Human Development Index , where the declining state of health in South Africa is for all to see. What makes this report especially significant is the gradual increase of South Africa’s general health from 1975 onwards, reaching a plateau in 1990 and sharply declining from 1995, shortly after the ANC took power. South Africa slid down 35 places since 1990, currently ranking at 121 out of 177 countries. The main cause of this decline is attributed to the AIDS epidemic.

    Even though the TRC issued a harsh sentence towards apartheid, general health statistics paint a somewhat nuanced picture. Indeed, life expectancy amongst Africans increased significantly during white rule from Verwoerd onwards. Tuberculosis was brought well under control and infant mortality rate fell sharply. During apartheid, the economy grew at a steady 3,5% per annum, the number of black school going children increased by 250% during the first 25 years and during the last 20 years of white rule, the total number of income earners in the entire South African economy saw blacks almost double from 20% in 1975 to 37% in 1995. These contributions left TRC head Archbishop Desmond Tutu unimpressed, claiming "a bad tree cannot bear good fruit". Along with this, Tutu launched a fierce attack on F.W. de Klerk for possessing knowledge regarding the Boipatong massacre, perhaps even orchestrating it. A preposterous accusation, especially given the volatile transition period. No leader would ever risk a civil war by inciting violence amongst tribes. Only when De Klerk threatened legal action to shut down the TRC, Tutu withdrew his unfounded accusation.

    From this perspective, Boraine’s accusation to once again pay attention to past crimes merits concern. Not only has the TRC revealed its biased witch-hunting approach that paid little respect for great achievements that were made during apartheid, it also claims to be an organ superior to the rule of law. This is demonstrated further when three years ago a legal team led by Ed Fagan wanted to sue major American companies for profiteering from apartheid, as apartheid was declared a crime against humanity. Nelson Mandela and Desmond Tutu stepped in the fray discouraging the plaintiffs, with Mandela stating that South Africans do not need outside interference and are capable to deal with issues of reconciliation, reparation and transformation among themselves (the irony being that the same international interference turned Mandela into a leading symbol of hope). This makes one wonder as to the honesty of the TRC’s accusation that apartheid is a crime against humanity, a view originally held by the Communist block in the United Nations and dismissed by the West. It should surprise few that many TRC members had Communist sympathies, and the TRC hearing should therefore be seen as an elongation of Communist deceptive facade politics. After all, what damage could a legal tribunal have done that the TRC could not?

    The most reasonable assumption for the UN committee’s and Boraine’s actions would be to distract the attention away from the current political chaos that is undermining South Africa as a nation. It seems as if a need to establish a moral credibility is needed. The ANC is clearly a failing government. Ten years ago South Africa boasted as world leader in training medical doctors. Today the minister of health, dr. Manto Tshabalala Msimang advises the use of a garlic cocktail to treat HIV infections. Many qualified South Africans are leaving the country because of unpopular government policy, opinion makers have expressed doubt in South Africa’s ability to host the 2010 FIFA World Soccer event, and leftist anti-apartheid authors and poets have expressed their discontent with the ANC government. Breyten Breytenbach referred to the ANC as racist and Stalinist, André P. Brink called safety and security minister Charles Nquakula a monster and Nadine Gordimer typified some developments in South Africa as ‘very, very worrying’. Mbeki’s comradeship with Zimbabwean dictator Robert Mugabe does little to inspire confidence with white landowners, whom are according to certain experts already being threatened with genocide. Incidentally, veteran anti-apartheid politician Helen Suzman warned against Thabo Mbeki stating he is "most definitely anti-white".

    Dr. Boraine is in effect defying that very same moral principle he proclaims to uphold. The message he sends out justifies governments’ draconian anti-white laws and condones the current mayhem. To delve into the past twelve years after the end of white rule seems to reveal a certain sense of fatalism, a perception that South Africa could not be saved on its current course. This in turn reinforces governments continuing strive to turn South Africa into a once again divided country, but this time between rich and poor. Time will tell which the bigger of the two evils would be, even though many people already made up their minds on this matter. Poverty and hunger enslave people more than any "whites only" poster could.

    интернет магазин диагностического оборудования для автомобилейФильчаков прокурор отзывы

  • Is die herinvoer van die doodstraf ‘n wyse besluit?

    Die reaksie is te verstane. Misdadigers maak ‘n bespotting van alles wat orde en wetmatigheid voorstel. Moord, roof, verkragting, vrees om soggens by die deur uit te gaan, oorvol tronke en gebrek aan geregtigheid is alles faktore wat die gewone wetsgehoorsame burger wanhopig maak. Enige land of volk wat met soveel geweld geteister word, sou dieselfde gereageer het. Daar is geen ruimte meer vir die linkse kranksinniges wat ons probeer oortuig dat die daders eintlik die slagoffers is en die slagoffers die daders nie.

    ‘n Mens is onder sulke omstandighede geneig om die etiek oor die doodstraf te berde te bring, met omtrent ewe goeie "wetenskaplik gefundeerde" argumente daarvoor as daarteen. Ten gunste van of teen die doodstraf is ‘n eindelose debat sonder uitkoms. Die pro-kamp bly oor die algemeen pro- en die teen-kamp bly meestal teen (hoewel dit lyk asof Suid-Afrika se teen-kamp eensaam begin word). Hoe kan ons desnieteenstaande die eindelose debat oor hierdie kwessie beslis?

    Daar is ‘n mate van uitkoms… as ons soos kommuniste dink. Ons moet ons perspektief oor die saak wysig. In ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika moet ons maar ons etiekboeke en moraliteite by die venster uitgooi en kyk na die vereistes en taktiek wat deur die regering gevoer word. Dis per slot van rekening die ANC-regering wat teen die doodstraf is, terwyl hulle self barbaarse moordpraktyke en terreur gebruik het om aan die mag te kom, en nog steeds daartoe in staat is. Hulle sing ondanks alles voor in die koor dat hulle daarteen is. Die skynheiligheid is om van siek te word. Daarom moet ons ons woede temper en nugter kyk na wat hulle bekokstoof.

    Die ANC is ‘n rewolusionêre organisasie en geen demokratiese party nie. Tydens rewolusies vind bloedvergietings nou eenmaal plaas. Dit is deel van die "oorgangsproses". Om aan ‘n rewolusionêre organisasie ‘n sanksie soos die doodstraf toe te vertrou, kan enersyds futiel en andersyds uiters gevaarlik wees.

    Die doodstraf kan futiel wees in soverre dat dit geen effek kan hê nie. Slegs tussen 2% en 6% van alle misdadigers beland voor die regsbank en onder swartes heers daar ‘n kultuur wat misdade goedkeur maar dit veroordeel om gestraf te word. As jy gevang word, is dit jou verdiende loon: jy moet liewers nie gearresteer word nie. Die misdaad self is nie verkeerd nie. Selfs ondersoekers by die Institute for Justice and Reconciliation het al gewonder hoe dit is dat by swart volkere geen duidelike taboegrens bestaan of in stand gehou word nie. Hulle relativeer alles en skuif die oorsaak voortdurend op ander eksterne oorsake af. Die howe is nogal geneig om aan sulke oorsake die skuld te gee. Dit is ‘n wêreldwye tendens, waaroor die psigiater Theodore Dalrymple al dosyne artikels gepubliseer het om te argumenteer dat relativering misdaad juis in die hand werk.

    Daarbenewens moet ons bewus wees van die omvang van misdaad in Suid-Afrika. Die kans dat die doodstraf misdadigers afskrik, is bedenklik. Moordenaars sien self moord, roof en verkragtings elke dag om hulle heen, en is net so maklik ‘n slagoffer van geweld as hul eie slagoffers. As iemand in die gevangenis van Pretoria-Sentraal tereggestel word, handel dit om ‘n sanksie wat buite die direkte beleweniswêreld van die moordenaars val. Hulle word veel meer afgeskrik deur hul mede-misdadigers as deur ‘n abstrakte wetlike uitspraak met ‘n enkele teregstelling of teregstellings per maand (dit lyk uiters onwaarskynlik dat die staat ‘n paar honderd duisend teregstellings per jaar sal uitvoer). ‘n Mens wil byna sê dat onder sulke omstandighede die doodstraf is soos om ‘n halwe parasetamol in te neem teen ‘n aggessiewe kanker.

    Nog ‘n faktor wat die futiliteit van die doodstraf benadruk, is na aanleiding van ‘n Amerikaanse ondersoek wat uitgewys het dat die aantal moorde beduidend toeneem nadat ‘n teregstelling plaasgevind het. Die doodstraf mag selfs aweregs werk. Dit is onseker of dieselfde sal geld vir Suid-Afrika waar die meerderheid moordenaars as gevolg van bygelowe hul misdade bedryf. Met ander woorde: ons kan nie met sekerheid sê of swartes oor dieselfde oorsaak – gevolg opvattings beskik as Westerse mense nie. Navorsing sal kan uitwys hoe ons hierdie dilemma moet insien.

    Die doodstraf kan andersyds uiters gevaarlik wees. Ek dink nie dit is verantwoordelik om die ANC ‘n wapen soos die doodstraf in diel hand te stop nie. Die regering bestaan self uit verkragters, rowers en moordenaars en hulle vrees dat hulle self die slagoffers kan word van hierdie beleid. Op die oog af lyk hierdie soos ‘n seën, maar met die oplaaiende konflikte tussen die Zoeloes en Xhosas mag die doodstraf van ‘n "verkeerde" stamgenoot die begin van ‘n nuwe Difaqane ontketen. Ek vermoed dat die haat wat die ANC teen blankes aanblaas ook ‘n poging is om die aandag van die sluimerende stamkonflikte af te lei, soortgelyk aan Iran wat Israel voortdurend beledig om die onderliggende konflikte in die Islamitiese wêreld te verberg.

    Thabo Mbeki is ook besig om ANC-gesinde regters aan te stel en een van sy partygenote het al duidelik laat blyk dat minderheidsgroepe slegs ‘n bestaansreg het omdat Mbeki "ruimhartig" is teenoor hulle. Die howe – wat die laaste geregtelike versekering vir blankes bied – sal weldra hul beskerming vir minderheidsgroepe nie nakom nie en sal veroorsaak dat minderheidsgroepe oorgelewer word aan Mbeki se besluite. ‘n Paar jaar gelede het ‘n swart regter die ouers van ‘n verkragte baba met strawwe van nalatigheid bedreig terwyl hy die dader op borgtog vrygelaat het. Om die doodstraf onder sulke omstandighede te bepleit, is glad nie verstandig nie. Die ANC gaan dit gebruik om blankes tereg te stel. Gegewe die totaal gebrekkige manier waarop foreniese ondersoeke verrig of geargiveer word, kan ons nie verwag dat daar objektief met bewysmateriaal omgegaan word nie. Laat staan nog as ‘n aartsrassis soos regterpresident Hlope die saak sou verhoor.

    Ons moet egter voor oë hou dat die ANC Suid-Afrika beskou as ‘n land wat nog steeds in oorgang is, en Mbeki begin al gedagtes opper vir ‘n tweede rewolusie. ‘n Debat oor die doodstraf kan eintlik slegs gehou word as daar politieke stabiliteit heers. Soos Erik van Ree – ‘n kenner van kommunistiese bewegings – gestel het, het kommuniste geen moraal nie. Hul moraal is beperk tot nut en skade vir die saak. Die ANC/SAKP-kliek sal die doodstraf slegs toelaat as hulle daar baat by het. By implikasie word hier geopper dat juis die afskaffing van die doodstraf tot hul voordeel strek.

    As Suid-Afrika ‘n stabiele, welvarende demokrasie was, waar minderheidsregte meer werd was as bloot ‘n vergete artikel in die grondwet, sou die doodstraf soos ‘n geskikte manier gelyk het om ‘n einde te maak aan die uiterste barbarisme wat Afrika teister. Maar tot tyd en wyl, solank as wat die ANC Suid-Afrika bly teister, dink ek ons moet ‘n toontjie laer sing oor die doodstraf. Die pro-doodstrafkamp moet nie al te gemaklik en naïef glo dat geregtigheid onder die ANC sal geskied nie.

    As iemand my voortaan sou vra of ek ten gunste van of teen die doodstraf in Suid-Afrika is, dink ek my antwoord is sonder twyfel: ‘n Eie onafhanklike, welvarende, stabiele demokratiese staat, los van die ANC se kloue! Daarna sal ek eers ‘n ja- of nee-antwoord durf waag.

    светильники подвесныеФильчаков прокурор отзывы